e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Die krag / vuur van God:

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

VOORBLAD. Dames of susters?

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 11 Maart 2010 Jaargang 3 Uitgawe 6 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus Van Adam en Eva se tyd af worstel die mens maar met sy seksualiteit. Die afgelope tyd het dit weer op twee maniere na vore gekom. Die een is die hele debat rondom pornografie op TV, en die ander rondom die kerk se rol in die bevestiging van huwelike. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Dit is n valse argument dat die mens n vrye keuse het oor wat hy wil doen of nie wil doen nie. Die mens sal op grond van sy eie natuur altyd kies om sy eie begeertes en drange te bevredig. En dit is nie noodwendig altyd die regte keuse nie. Dat die mens riglyne nodig het vir die lewe, is n bekende Bybelse beginsel. Die blote feit dat God die mens verbied om van n sekere boom se vrugte te eet, is n aanduiding daarvan. Die kerk mag en moet dus vandag ook waarsku teen praktyke wat vir die mens skadelik is. Daarom wil die Hervormde Kerk ook sy stem voeg by die protes teen enige vorm van pornografi e. Jesus het die volgende uitspraak gemaak: Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees (Matt 6: 22-23). Hieruit kan n mens onder andere afl ei dat dit waarna jy kyk jou lewe en veral jou denke beïnvloed. Die verslawende effek van pornografi e en die verwronge beeld van seksualiteit wat daardeur uitgebeeld word, is ook algemeen bekend. Die uiteindelike vernietigende gevolge van pornografi ese aktiwiteite het onlangs weer duidelik in n prominente hofsaak na vore gekom. Die Bybel waarsku ons op verskeie plekke teen wellus en losbandigheid. Laat ons God se waarskuwing aan Kain ter harte neem:...die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers (Gen 4: 7). Dit alles bevestig maar net weer die Kerk se bekende standpunt dat seksualiteit iets is wat tuishoort in die lewenslange geborge ruimte van die huwelik tussen een man en een vrou. Wat laasgenoemde saak betref, is daar die afgelope tyd meermale in die media die bewering gemaak dat die Kerk nou saamwoon van mense voor die huwelik wil goedkeur. Die Kerk het dit nog nooit gesê nie. Daar is wel ondersoeke aan die gang na die moontlikheid van n kerklike huwelik sonder die noodwendige wetlike verbintenis. Maar dit is by herhaling al gestel dat die Kerk se bedoeling met so n kerklike huwelik steeds sou wees dat dit n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is. En dit is beslis nie wat onder saamwoon verstaan word nie. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Dr Gerhard Lindeque, Redakteur Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html 1 Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l

Ds Joseph Steÿn Ds Mariaan Delport BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Ds Joseph Steÿn van die Stella-kombinasie na die Kuruman-kombinasie Beroep aanvaar Ds Mariaan Delport van Krugersdorp (deeltyds) na Sionspoort (deeltyds) PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Mariaan Delport word op Sondag 14 Maart in haar nuwe gemeente, Sionspoort, ontvang en deur ds Johan van Staden van die gemeente in haar amp bevestig. Oudl Renier Labuschagne, sekunduslid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV), sal gelukwense oordra. Die erediens begin om 11:00. Voorbidding word gevra vir die volgende predikante en lidmate wat siek is: Ds Johan Wagenaar, wat reeds geruime tyd siek is, operasies gehad het en tans waterpokkies het Ds Renier Lee na n knievervangingsoperasie Ds Johan Mouton Ds Johann de Bruin Ds Sonia van Wyk Ds Jan Schroeder na n heupvervanging Prof Ben Engelbrecht Mev Christa Steyn, vrou van ds Wimpie Steyn Dr Wilhelm Coetzer, wat reeds weer werk Mnr Manie Dreyer, wat ook reeds weer werk Oudl Johan Pont, wat n operasie ondergaan Oudl Jan Oberholzer Ds Faan Visser Die volgende predikante verjaar in die komende week, en word hartlik geluk gewens: Vrydag 12 Maart: Ds Jaco Dreyer Saterdag 13 Maart: Ds Rudi Rust Dinsdag 16 Maart: Di Gerrie Botha en Arie Kuyper Woensdag 17 Maart: Dr Daan van Wyk (sr) Donderdag 18 Maart: Di Pieter de K Furstenberg, Robby Pienaar en Piet (PS) van Staden (emeritus) Verskeie predikante en lidmate van die Kerk neem op Sondag 14 Maart deel aan die Argus-fietswedren. Hulle word sterkte toegewens. Dr Wouter van Wyk van SENTIK en sy vrou Susan, mev Linda Futcher van Debiteure by die Sinodale Kerkkantoor, en prof Piet Venter van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria neem onder andere deel. Linda Futcher Prof Ernest van Eck se besonderhede wat in die Almanak van 2010 verskyn (bladsy 163), het verander. Sy adres is nou Woonstel 1, Huis Kiaat, 2

Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria, Groenkloof 0182; posadres TPS 15, Posbus 12320, Hatfi eld 0028; kontaknommers 012 420 3804 (k), 012 420 5599 (h), 012 344 2233 (h) en 082 413 2332 (s). Gemeentes Durban-Suid en Saffierkus het albei besluit om deeltydse standplase te skep. Die aansoek van albei gemeentes dien hierdie week voor die Kommissie van die AKV. Indien goedkeuring deur die Ringskommissie en die Kommissie van die AKV gegee word, sal die gemeentes voort kan gaan met hul beroepswerksaamhede. Gemeentes kan nominasies voorlê vir die toekenning van n erepenning vir besondere dienslewering in die Kerk. Die nominasies moet die sekretaris van die Kommissie van die AKV voor 31 Mei 2010 bereik. Die reglement vir toekenning is beskikbaar op die Kerk se webblad. Nominasies vir die toekenning van die HCM Fourie-erepenning sluit ook op 31 Mei 2010. Die oproepbriewe na die 69ste AKV word volgende week aan gemeentes gestuur. Ampsdraers en lidmate word uitgenooi na die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) se Aktualiteitsdag wat op versoek van die Kommissie van die AKV gereël word. Dit vind plaas op Dinsdag 27 April by Gemeente Montana. Aktuele sake wat tans in die Kerk onder bespreking is, sal gedebatteer word. n Volledige program is op die webwerf beskikbaar. Inskrywingsgeld is R100 per persoon, en sluit verversings en n ete in. Registreer asseblief voor 9 April by mev Betsie Brits, by 012 420 5393 of betsie.brits@up.ac.za. Die bankbesonderhede vir die inbetaling van die registrasiegeld is soos volg: Kerkgeld vir Kerkwerk, ABSA, rekening nr 020 149 752, takkode 63 20 05, verwysing 2013K, gevolg deur u voorletters en van. Is jy na 1980 gebore, of jonk van gees? Die jongmense van Gemeente Noordelike Pretoria bied op Sondag 14 Maart om 18:00 die jeugbediening Magtige Dreuning aan by 12de Laan 512, Gezina. Neem duvets en kussings saam sodat julle gemaklik na die DVD kan kyk. Julle gaan vooraf lofl iedere saamsing, en daar sal versnaperinge wees. Besoek magtigedreuning@gmail.com vir meer inligting. Versoek: Bydraes vir Bybels. Die Afrika Instituut vir Missiologie (AIM) bied van 16 tot 18 April n gemeenskapsprojek aan in die voormalige Wesparkkerkgebou. Die projek vorm deel van die formele leerplan, en beoog om straatkinders en ander verwaarloosde kinders in daardie omgewing te bereik deur n naweek te konsentreer op die 4de, 5de en 6de bedes van die Onse Vader. AIM beplan om minstens 100 Bybels oor die naweek te versprei. Lidmate, weldoeners, gemeentes en ringe word versoek om n fi nansiële bydrae te lewer tot die aankoop van die Bybels. Kontak mev Clarika Hattingh (evangelisasie@nhk.co.za / 012 322 8885) of mev Sarie Roux (kassier@nhk.co.za / 012 322 8885) ten opsigte van die oorbetaling van die geld. AIM se adresbesonderhede is soos volg: Afrika Instituut vir Missiologie, Posbus 2368, Pretoria 0001. Die bankbesonderhede is die volgende: Afrika Instituut vir Missiologie; tjekrekening nommer 40-6187-8535; bankkode 323-145; BIC-kode 335-545; SWIFT-adres ABSA 2AJJ CPT; IBANnommer 406-1878-535. Gemeente Pretoria-Tuine beskik oor n vakature vir n orrelis. Die pos is onmiddellik beskikbaar, en die kandidaat moet tydens oggend- en aanddienste optree (aanddienste vind plaas gedurende skooltye tot einde September, uitgesluit Junie en Julie). Daar is ook n sanggroep. Vergoeding is volgens skaal. Kontak dr André Botma by 012 460 7768 of andre.botma@telkomsa.net, of Clarence Marks by 012 379 6898 of nhktuine@gmail.com. 3

Van Sondag 7 Maart af is die eredienstye van Gemeente Mosselbaai soos volg: 08:00 op Stilbaai en 10:00 op Mosselbaai. Gebruikers van die Almanak moet enige wysigings aan inligting asseblief deurgee aan mev Karen Breedt, 012 322 8885 x257 of karen@nhk.co.za, sodat dit betyds op die stelsel aangebring kan word. Die groot proses om volgende jaar se Almanak saam te stel, het reeds begin. Verdere wysigings aan die 2010-uitgawe sal nou net in uitsonderlike gevalle in die e-hervormer aangekondig word. Konserte en dames- en mannebyeenkomste Gemeente Bothaville se NHSV bied op Saterdagoggend 13 Maart n Damestee aan met Ronéll Erasmus. Kontak Doutie by 056 515 2673 gedurende kantoorure. n Opwindende oggendtee en konsert ten bate van Louis Trichardt Monumenttehuis en aangebied deur die huisbestuur vind plaas op Saterdag 13 Maart by Gemeente Rietvallei. Die koste is R60 per persoon. Die kunstenaars wat optree, is Rianda Fourie en Henry van Dyk. Verskeie uitstallers neem deel, en daar sal n prystrekking wees. Kontak Ismé Dalton by 082 962 2870 vir meer besonderhede. Die naweek van 23 tot 25 April bied Lindie Gouws van My World n Kom inkonferensie aan vir vroue in samewerking met Gemeente Gaborone. Julius Magan sal die lof en aanbidding lei. Kaartjies is P300 of R330. Dit sluit tee/koffi e/ beskuit en n ligte middagete vir Saterdag in, asook ander verrassings. Vrydag 18:00 tot 21:30, Saterdag 09:00 tot 16:00, en Sondag erediens. Vir navrae en besprekings, kontak Sanette Mostert by 00267 714 53499. Kampe en toere Via Dolorosa Paasnaweek 2010 (1 tot 5 April 2010). Kom deel as gesin in die herdenking van die simboliese kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Selfsorg-kampering op die plaas Silwerstroom in Mpumalanga (geleë tussen Machadodorp, Lydenburg en Belfast) teen R250 per persoon. Kinders tussen 2 en 6 jaar betaal R125. Dagbesoekers kan ook aan die verrigtinge deelneem en betaal R40 per persoon. Eredienste gedurende die naweek word gelei deur ds Jaco Vogel. Vir navrae/besprekings, skakel Christo by 082 554 9653, Annelie by 082 415 2602, of Bernadette by 082 923 7531. Daar is nog 10 plekke beskikbaar vir die toer na die 2010 Passiespel. Beleef Rome, Oberammergau en die Passiespel, die Swartwoud, Switserland en Parys vir R32 500. Of beleef die Passiespel (sonder Rome) na Parys vir R30 000. Alle lug- en landreëlings, oornag en 2 etes per dag, lughawebelasting en toegangsgelde ingesluit. Skakel ds André Ungerer by 018 468 5129 of 082 940 8201 dadelik om plek te bevestig. Ander kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Losberg in Fochville bied n Jagpakket aan. Die fondse gaan aangewend word vir diakonale dienswerk soos ouetehuise, kinderhuise, buitengewone onderwys, barmhartigheid, ensovoorts. Daar is 5 pryse wat gewen kan word vir slegs R50. n Blouwildebees, n blesbok, n lam, n vark en 4 kg biltong. Inskrywings kan gedoen word deur die gemeentelike kerkkantoor te skakel by 018 771 2617, u kaartjie te bespreek, die vraag te beantwoord, en dan u geld deur die internet te betaal en die bewys na dieselfde nommer te faks. Die vraag is: Waarvoor word die fondse aangewend? Trekking vind plaas op 2 Julie 2010 tydens die Biltongaand. Rekeningnaam Ned Herv Kerk van Afrika 4

Gemeente Losberg Rekening 2; rekeningnommer 4075270375; bank ABSA; verwysing Jagnr... (kaartjienommer). Gemeente Losberg is ook besig om fondse in te samel vir die basaar op 28 Mei. n Replika van n 1931 Chevrolet Roaster, handgemaak van rooshout op n skaal van 1:14, is aan die gemeente geskenk. U koop n kaartjie teen R10 en maak dan n aanbod (wat u vir die replika sal betaal). U kan die kaartjie bespreek by die gemeentelike kerkkantoor (018 771 2617) en u aanbod maak, die geld deur die internet betaal en die bewys faks na dieselfde nommer. Die sluitingsdatum is 28 Mei 2010. Rekeningnaam: Ned Herv Kerk van Afrika Gemeente Losberg Rekening 2; rekeningnommer 4075270375; bank ABSA; verwysing Chevnr... (kaartjienommer). Gemeente Randburg laat weet dat hul kompetisie vir n bootreis verlede jaar gewen is deur iemand wat op die advertensie in die e-hervormer gereageer het! As deel van die gemeente se jaarlikse basaar (5 Junie 2010), waarvan die totale wins vir barmhartigheid aangewend word, loods hulle nou die volgende kompetisie: Wen n vakansie vir twee na Egipte. Die prys sluit in: retoer ekonomiese vliegtuigkaartjies van Johannesburg-Kaïro-Aswan-Luxor-Kaïro-Johannesburg; lughawebelasting; vervoer tussen lughawe, hotel en hawe; 3 nagte op Nylboot (alle etes ingesluit); 2 nagte in Kaïro (bed en ontbyt). Kaartjies is beskikbaar teen n donasie van R100 by admin@nhk-randburg.co.za, elna@nhk-randburg.co.za of 011 787 4983. Aspirantsangers tussen die ouderdomme van 13 en 23 jaar kan deelneem aan n Afrikaanse sangkompetisie by Gemeente Ottosdal op Saterdag 31 Julie vanaf 14:00. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 16 Julie. Die eerste, tweede en derde pryse is onderskeidelik R3 000, R1 500 en R500. Navrae kan gerig word aan Adri Botha by 082 403 5051. Basaars en markte Gemeente Horison Roodepoort hou kermis op Saterdag 13 Maart van 08:30 af. Die saamkuier op hul kerkterrein in Georginiastraat, Horison begin egter reeds Vrydagaand 12 Maart met n skaap op die spit. Die koste daaraan verbonde is R40 per persoon. Saterdag begin hulle die dag met ontbyt. Alles wat jy op n kermis kan kry, sal daar wees asook n Amerikaanse veiling. Kontak ds David Barnard by 083 441 1789, Jannie Breedt by 082 456 8009, of Pieter van Wyk by 082 579 5104 vir meer besonderhede. Gemeente Waterberg hou n Arabiese basaar op Vrydag 26 en Saterdag 27 Maart. Almal is welkom om saam te kuier. Kosstalletjies, gebak en speletjies vir die kinders, skyfskiet, ensovoorts. Kamele om op te ry, 8 buikdansers wat Vrydagaand optree dit gaan n basaar wees wat nie gou vergeet sal word nie! Kontak die gemeentelike kerkkantoor by 014 717 3355 vir meer inligting. Gemeente Vaalharts hou op Saterdag 1 Mei Kontreifees op die sportgronde van Hoërskool Hartswater. Daar gaan fi etswedrenne wees, rugby, uitstallings en vele meer. Kontak Riaan Esterhuizen by 053 474 0289 of 082 453 6889 vir meer inligting. ANDER NUUS Die Ondersteuningsraad in Vanderbijlpark het voor 1 April 2010 die volgende meubels nodig om n kantoor vir n nuwe maatskaplike werker toe te rus: Lessenaar Boekrak 5

Lessenaarstoel Twee stoele vir kliënte 2 liasseerkabinette Kontak Susan Warrington by 016 981 4099. Die Nuwe Hart Stigting wil n bydrae lewer om moraliteitsherstel in Suid- Afrika teweeg te bring. Moraliteit het te doen met die keuses wat mense elke dag maak. Vir n Christen is die Bybel die onbetwisbare Brondokument. Hierdie geleentheid word deur die Stigting in samewerking met die Kantoor vir Morele Leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Die konferensie vind in Krugersdorp plaas van 21 tot 23 April. Aanlynregistrasie by www.nuwehart.com, of skakel Drienie by 011 665 2017. Die volgende vergaderings vind in die komende week plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Donderdag 11 Maart en Vrydag 12 Maart: Donderdag 18 Maart: Vrydag 19 Maart: Kommissie van die AKV Die Ondersteuningsraad (Finkom) Dagbestuur van die ADV KOMMENTAAR Mag ek n stuiwertjie in die armbeurs gooi? Ek het met gemengde gevoelens die berig van ds Thinus van Staden oor Neels Jackson se artikel gelees. Jackson bring n belangrike saak onder ons aandag, en hoewel ek volle begrip het vir ds Van Staden se standpunte, dink ek ons moenie die saak wat Jackson stel, tereg of nie, sonder meer afmaak nie. Nie dat ds Van Staden dit doen nie. Sy skitterende opmerkings oor Christus wat in die middelpunt van ALLES staan, beginnende by die Kerk en ons as lidmate, van wie af dit moet uitkring die wêreld in sodat die lig van Christus die hele wêreld sal verlig, is baie waar. Maar nou staan ons tog voor die werklikheid dat ou maniere en norme deur baie jongmense nie meer geag of gevolg word nie. Dit beteken dat ons in die Kerk hierdie waardes met groter krag en doelgerigtheid moet verkondig, omdat dit juis norme is wat uit die Bybel kom. Mag almal, van ons af tot in die vertes van die uithoeke van die aarde, leer om uit dankbaarheid vir wat Christus vir ons gedoen het (en steeds doen), ook hierdie norme met blydskap te omhels en ons eie te maak, tot die eer van die Een wat dit vir ons kom leer het. Hy MAG by ons aandring om sy norme en waardes ons eie te maak, want Hy vra nie van ons wat Hy nie self bereid was om te doen nie! Mag ons Jesus Christus se wette van LIEFDE, bedagsaamheid en n uitreik na die wêreld uitleef tot n voorbeeld vir die wêreld, sodat almal op aarde tot geloof in Hom sal kom en sy genade sal leer ken. Ds Dirk Stoltz (emeritus) Die e-hervormer behoort nie as n instrument gebruik te word om administratiewe byvoegings en regstellings in die Almanak aan te kondig nie. Die ellelange lyste van wysigings wat in die laaste tyd in die e-hervormer aangekondig is (veral in die uitgawe van 4 Maart), gaan die sukses van die e-hervormer as n nuusmedium in die Kerk kelder. Buitendien, die perhandwysiging van administratiewe inligting is tydrowend, onakkuraat en word selde werklik toegepas. Ek stel voor alle administratiewe inligting wat in die Almanak geplaas is, word in n skakel op die Kerk se webwerf opgeneem, en alle wysigings word eenmalig elektronies deur die Kerkkantoor daar aangebring. Gemeentes kan dus bloot deur middel van die amptelike webwerf enige korrekte inligting daar opspoor. Gemeentes wat nie van rekenaartegnologie gebruikmaak nie, 6

kan afsonderlik per brief verwittig word om korreksies in die Almanak per hand aan te bring. Alles moet in werking gestel word om die e-hervormer werklik nuuswaardig te hou. ADVERTENSIES Len Loader, Bellville Selfsorg-gastehuis met slaapplek vir 4 mense in Pringlebaai, Wes-Kaap te huur. Liefl ike uitsig oor Valsbaai en die berge. Rustige kleindorpie-atmosfeer. Beskikbaar heel jaar. Ten volle toegerus en met skoonmaakdiens. R500 per nag vir die huis. Skakel 083 309 0829. *** Advertensies waarin n private individu of instansie die begunstigde is, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann by faksnommer 086 630 5153 of produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020-000-287; takkode 632-005; verwysing: SENTIK Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. AGTERBLAD n Korporatiewe identiteit vir die Hervormde Kerk Tydens die vergadering van die Kommissie van die AKV op 11 Maart is die Kerk se nuwe korporatiewe beeld amptelik bekendgestel. Die Kommissie het reeds aan die einde van 2009 n dokument aanvaar wat as raamwerk vir ons kerklike kommunikasie dien. Daarin bevestig ons weer eens ons roeping om te getuig van God se liefde in Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Heer van die kerk. Ons kommunikasie na binne en na buite refl ekteer die vrug van God se Gees in ons lewens, en daarom moet ons kommunikasie altyd spreek van ons geloof, ons hoop en ons liefde vir God en ander mense. Hierby sluit die Kerk se tema vir 2010, Saam in diens, baie nou aan. Ons woorde en dade gaan egter hand aan hand met die beeld wat ons uitstraal. Die Kommissie van die AKV het daarom besluit dat die Kerk se roeping voortaan ook visueel gekommunikeer moet word. SENTIK se personeel onder leiding van dr Wian Kloppers het na uitgebreide konsultasie met n wye spektrum instansies in die Kerk met n reeks ontwerpe vorendag gekom. Die ontwerpe word saamgebind deur gemeenskaplike elemente, terwyl dit ook ruimte laat vir die eie aard van elke instansie. Elemente van die nuwe visuele voorstelling van die Kerk se identiteit is reeds die afgelope tyd in die kerklike publikasies gebruik. Die kenmerkende kurwes (geboë lyne) in die ontwerpe suggereer die wêreld wat op vele maniere voor ons oop lê, en wat ons met die evangelie wil bereik. Die beeld van die voetewassing (vgl Johannes 13) dui op die Kerk se roeping om soos die Here Jesus self na hierdie wêreld uit te reik en onselfsugtig te dien. Die Kerkwapen dien steeds as die geboortemerk van ons Kerk om te wys waar ons vandaan kom. 7

Tydens n geleentheid in die Dirk van der Hoffgebou is skryfbehoeftes met die nuwe korporatiewe ontwerpe aan n verskeidenheid verteenwoordigers van kerklike rade en instansies oorhandig. Daar is ook n reeks aanwysingsborde met dieselfde grafi ese temas op die terrein van die Sinodale Kerkkantoor aangebring om vir besoekers te wys waar watter kantore geleë is. Gemeentes is welkom om hierdie korporatiewe ontwerpe ook deel te maak van hul eie werk en kommunikasie. So bevestig ons immers ons band met mekaar, en dra ons almal daartoe by dat ons die Kerk se roeping en visie aan die wêreld kommunikeer. SENTIK versoek egter dat gemeentes wat dit wil doen, met hulle sal kontak maak sodat daar nie mettertyd allerlei variasies ontstaan wat verwarring veroorsaak nie. Dr Wouter van Wyk Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8