Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Μέγεθος: px
Εμφάνιση ξεκινά από τη σελίδα:

Download "Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE"

Transcript

1 Tema: Twee is so sterk soos drie. God Drie-enig gryp in, in jou en ons lewe!. Skrifgedeelte: Prediker 4:7 12 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 22 Januarie 2012 Prediker 4: Ek het in hierdie wêreld nog meer gesien wat tot niks kom nie: daar was n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge? Ook hier kom dit tot niks. Dit bly n harde saak. Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. n Driedubbele tou breek nie maklik nie. Geliefdes, voel jy ook soms so alleen al is jy tussen mense? By die huis is jy saam met jou man en vrou, kinders of ouers, maar jy is tog eensaam? By die kerk sit jy tussen al die baie mense, maar jy voel soos n wese uit die ruimte. In die winkels voel jy of almal net op jou wil trap. By die skool dink jy niemand sien jou raak nie of gee niks vir jou om nie. Aan die anderkant, wat is jou invloed op iemand anders wat dalk so alleen is en voel? Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE EK, GOD DRIE-ENIG, GRYP IN IN JOU EN ONS LEWE! Hoe moet ek die boek Prediker probeer verstaan? Die prediker se benaming in Hebreeus is Kohelet. Die naam Kohelet beteken dat die persoon n kommunikeerder is wat n boodskap moet oorgee. Die Kohelet Bladsy 1

2 is dus n onderwyser en of n prediker, wat mense leer en iets oordra. Die skrywer was n mens tussen mense. Hy was n persoon wat geweet het hoe Israel geleef het en hoe die wêreld was. Maar bo alles is die prediker deur die Heilige Gees gelei sodat wat hy geskryf het, deel van die Bybel, God se Woord, is. Hierdie wyse mens was n eerlike waarnemer van al die fasette van die lewe en die wêreld. Hy het die verhoudinge van mense dopgehou, en hy het veral die verhouding van die mens met God in die oog gehad. Die prediker is eerlik in sy beoordeling wanneer hy beskryf hoe die mens se lewe is, as dit sonder God is. Sonder God is die mens se lewe: ydel, nietig, onverstaanbaar, gejaag na wind, onregverdig. Die skrywer sien raak wat vir die mens sonder God belangrik is: wysheid, ervaring, arbeidsaamheid, rykdom, eer, mag en reg. Die skrywer se slotsom is dat alles maar hebel is. Hebel is die skyn van waarde, dat iets of iemand sonder die Here, ten diepste waardeloos is, verganklik is en tot niks kom nie. Maar dan, geliefdes, dan kom die prediker met fantastiese openbaringe: Daar ís blydskap in die Here; Doen met vreugde wat voor jou hande is; God is Skepper en Onderhouer van alle dinge; God roep die mens om met Hom in n verhouding te staan en om met die mense rondom jou in n verhouding te staan. Die lewe met God, ís die moeite werd. Wat is Prediker 4:7-12 se oorhoofse tema? Ons moet Prediker 4:7-12 verstaan in die lig van verse 4-6. Die skrywer is besig om met die ouer leermeesters te argumenteer, spesifiek oor hulle beskouing oor werkywer. Klem om hard te werk, is belangrik, maar die rede hoekom jy hard werk is nog belangriker. In verse 4-6 word teenoor hard werk, luiheid veroordeel. Tog, jy kan nie hard werk = maak aan gelukkig wees en geluk kry nie. Nee, wees versigtig as jy iemand aanspoor om hard werk, beklemtoon die regte redes. Wat is Prediker 4:7-8 se boodskap? In vers 7-8 gaan dit juis oor n persoon wat hard werk en rykdom vergaar, maar hy is n eensame werkesel. Hy bereik deur harde werk wel rykdom, maar op n dag vra hy homself af, vir wie? Ek is alleen en deel dit met niemand nie. Ek waardeer nie my lewe nie en ek werk net omdat werk, werk is en omdat ek my finansiële doelwitte wil bereik. Maar wat nou daarvan? so what? Bladsy 2

3 Geliefdes, hier wil ek myself onderbreek deur u te vra: Onthou jy die preek oor God se Sinergie? Wat beteken Sinergie nou weer? Kom ons lees Romeine 8:28 (AFR1983) 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Hierdie woord vir meewerk, συνεργέω synergeō is die Griekse werkwoord. Die Engelse woord is synergy. Die Griekse synergeo beteken werk saam met, en medewerker. Dit beteken dat twee of meer dinge saam n groter effek het as wat hulle alleen sou hê. Dit beteken dus dat as jy saam met iemand anders iets doen, dan is die effek daarvan baie groter as wat dit sou wees wanneer julle een-een iets sou gedoen het, dat die 1 + 1, maar net 2 sal wees. Nou met sinergie, verbeter dit na 1+1=3 Nou kan ons Pred. 4:9-12 probeer verstaan. Hierdie is n getalspreuk wat in twee gedeel is, aan die begin van vers 9 en aan die einde van vers 12. 9a - Twee vaar beter as een 12b - n driedubbele tou breek nie maklik nie. Nou bewys die Kohelet waarom dit sinloos is om n eensame werkesel te wees en dat dit nog meer sinloos is as alles net om jouself draai. Die waarheid van hierdie spreuk, is dat dit baie voordelig is om n medemens aan jou sy te hê. Die skrywer haal 3 voorbeelde aan. 1. As jy op reis is, veral daardie tyd te voet, is dit baie beter om nie alleen te wees nie. As die een dalk val en seerkry, kan die ander een hom help. Alleen kan jy dalk nie jou bestemming bereik nie, maar wel saam met iemand anders. 2. Ook, as jy op pad is, kan die weer dalk baie sleg wees. Dit kan reën en sneeu. Alleen sal jy heel waarskynlik verkluim en sterf. Met iemand anders by jou, kan julle liggaamshitte mekaar warm hou. Die eerste betekenis hier is dus nie seksuele saamslaap nie, maar mekaar laat oorleef. 3. As jy alleen op reis is, kan die rowers jou oorval. Maar as julle twee saam is, gaan die rowers jou dalk uitlos, want twee is mos saam baie sterker as een. Bladsy 3

4 Nou kom die sinergie boodskap weer in. Twee is beter as een, n driedubbele tou breek nie maklik nie. Wanneer twee mense saamstaan, dan is hulle so sterk soos drie! Dis mos pas gesê, op reis is twee mense saam baie meer beskerm teen beserings, koue en misdaad. As jy alleen is, is jy soos n enkel tou wat regtig baie gou gaan breek. As jy twee is, dan breek jy glad nie maklik nie en julle saam staan baie sterk. Dus: <TWEE IS SO STERK SOOS DRIE> Die prediker kom en verkondig nou binne die konteks, dat dit baie meer voordeel het om die wêreld saam met ander in te gaan. Jy kan hoe hard werk, alleen, maar jy gaan steeds eensaam bly en voel of niks waarde het nie. Jy kan dalk op jou eie baie eiendom en geld in die bank hê, maar wat beteken dit vir jou alleen? Niks, absoluut niks! In Luk. 12:13-21 word dieselfde boodskap gegee. Jesus sê in vers 15: Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van besittings nie. Dan vertel Jesus die gelykenis van die ryk man wat sy skure al groter bou. Op die ou end sterf daardie alleen maar ryk man, maar dit gee geen voordeel aan geliefdes nie. Dan sê Jesus: so gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie. Hier in Lukas 12 leer Jesus ons dat jy en ek eerste n verhouding met Hom moet hê, met God Drie-Enig moet hê. En as ons n verhouding met God Drie-Enig het, dan sal ons noodwendig ook n verhouding met ander wil hê. Geliefdes, om die rede sê God vandag vir jou: EK, GOD DRIE-ENIG GRYP IN IN JOU EN ONS LEWE! God die Vader het jou gemaak, maar nie laat staan nie. God die Seun het in jou plek aan die kruis gesterf en hel deurgemaak. Jesus Christus verlos jou van jou sonde. God die Heilige Gees woon nou in jou sodat jy kan glo dat Jesus jou verlos. Die Heilige Gees laat jou nou hoor wat vandag se Woord boodskap is. Toepassing in: Persoonlike lewe. Die boodskap is: Jy is swak op jou eie, maar saam met n mede-kind van God, is julle 2 so sterk soos 3. Dan kan julle, julle geloof in God, julle verlossing in Chris- Bladsy 4

5 tus, julle vervulling met die Heilige Gees soveel meer uitlewe. Moenie so op jou eie aangaan nie. Huwelikslewe. Hier kom nog n som by. geliefde Efesiërs 5:31-32 (AFR1983): 31 Daar staan in die Skrif: Daarom sal n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. 32 Hierin lê daar n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. Letterlik staan hier, dat jy van jou ouers skei en dat jy as man en vrou nou verbind word. Die Engels is join, be unite to, devoted to, attach to. Dit beteken ook om gegom te word. Sjoe, dit is sterk gesê, maar dit is presies wat die Here hier sê: Ek trou julle, Ek verbind julle, julle twee word nou een. Jesus Christus het Sy lewe vir die Kerk en vir julle as getroudes gegee sodat julle ook julle lewe vir mekaar en vir God sal gee. Dan skop die ander som in: 2 getroudes, wat saam 1 is, is so sterk soos 3! Gesinslewe. In die gesin kan elkeen so maklik maar net sy eie rigting ingaan. So gou stry julle en maak mekaar seer. Nee, die huisgesin is die rots waar Christus Sy Kerk op bou. Een-een poer-poer mens maar net aan. Saam is julle reg om die wêreld in te gaan. Kerk So maklik is jy en ek geneig om vir mense weg te skram. Jy sluip die kerk in en verdwyn weer daarna. Of, jy sien niemand anders raak nie, ook nie die een langs jou wie se trane loop tydens die diens nie. Kom ons maak dit een van ons baie belangrike doelwitte: let op mekaar, reik uit na mekaar en trek mekaar nader. So moet ons ook as gemeentes na mekaar uitreik, binne kerkverband en buite kerkverband. Vriendekring... Werk... Gemeenskap... Bladsy 5

6 Kom ons sluit af: Op jou eie kan jy iets vir die Here doen, maar die invloed en uitwerking daarvan is klein. God drie-enig gryp in, in jou en ons lewe! Saam met geliefdes en medegelowiges, kan jy ook iets doen, dan is julle/ons baie sterker. Dan is julle 2 soos sterk soos 3 en die diens aan God 3 keer soveel groter as wat jy dit alleen sou doen. AMEN. Bladsy 6

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode. Tema: Wedergeboorte Skrifgedeelte: Johannes 3:1-18 - Teksverse: 3,16 1 Petrus 1:1-9 - Teksvers: 3 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 14 Augustus 2011 Johannes 3:1-18 1 EN daar was n man uit die Fariseërs

Διαβάστε περισσότερα

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Hosea se boodskap is Keer terug na God. 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea 12: 7 "Wat jy moet doen is om na jou God toe terug te keer:

Διαβάστε περισσότερα

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Mark 10:13-16 Fokus: vers 13-16 Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 3: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

Διαβάστε περισσότερα

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Rom 14:1-9 Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 123: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie... Mattheus 7:1-5 Breek radikaal met n lewe van god-en-regter-wees oor ander en leef radikaal nuut vir God. Dit moet uitkom in nederig-sagmoedige dien van mekaar in die stryd teen ons sonde. Oktober 2018

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). September 2014 Ps-vooraf Ps 10: 8, 9, 10 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die

Διαβάστε περισσότερα

Die genade gawes Van God:

Die genade gawes Van God: Die genade gawes Van God: 1Kor. 12:1-18 1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode

Διαβάστε περισσότερα

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Joh 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus

Διαβάστε περισσότερα

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie 2010 Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Ps-vooraf Ps 80:1 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat

Διαβάστε περισσότερα

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Mark 9:14-29 Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Desember 2012 Ps-vooraf Ps 63: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom?

Διαβάστε περισσότερα

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Vir enige Christengelowige, en vir enige gemeente, is niks meer belangrik as jou kennis van die Drie-enige God

Διαβάστε περισσότερα

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, 18-20 God se Seun, Jesus Christus Vanoggend is ons by ons tweede tema: Deur die Kragveld van die Gees ONTMOET ek God Drie-enig: Wie is God die Seun?, of God

Διαβάστε περισσότερα

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring. Julie 2016 Mark 13:9-13 Jesus se dissipel-onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waar die Tempel verwoes word en die finale koms van die Koninkryk op pad is (c). Ps 72: 1, 2 - vooraf Ps 96: 1, 2 -

Διαβάστε περισσότερα

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Februarie 2017 Ps 89: 1, 2 vooraf Ps 89: 6, 7 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet

Διαβάστε περισσότερα

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers 25-26. Mei 2016 Ps 104: 1, 19, 20, 21 - vooraf Ps 8: 1, 3, 4, 5, 7 - lofpsalm Ps 2: 4, 6 na wet Ps 146: 1, 3 as antwoord op die Woord Ps 65: 4,

Διαβάστε περισσότερα

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon. Junie 2010 Openbaring 2:12-17 Fokus: vers 12-17 Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon. Ps-vooraf Ps 24:4 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting November 2014 Ps-vooraf Ps 42: 2, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na

Διαβάστε περισσότερα

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man. Mark 10:17-31 Fokus: vers 17-22 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

Διαβάστε περισσότερα

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS: Pretoria- 1 Skriflesing: Heidelbergse Kategismus: Teks: Sing- SAMESANG: Ps 49:4 TYDENS EREDIENS: Ps 40:8; Ps 25:3; Ps 19:4 As ons in Handelinge 16 kan begin, broeder en suster, dan staan in die een hoofstuk

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7 Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Januarie 2012 Ps-vooraf Ps 95:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons

Διαβάστε περισσότερα

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom Efes 6:1-4 Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom Junie 2013 Ps-vooraf Ps 105: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is

Διαβάστε περισσότερα

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Geseënd is dié wat rein van hart is! Geseënd is dié wat rein van hart is! Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Psalm 24:3-6; Psalm 51:12; Matteus 5:8; Romeine 12:11; 1 Johannes 3:1-3 Vooraf: Opsommend het ons met die reeks saligsprekinge

Διαβάστε περισσότερα

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 vooraf Ps 103: 1, 10, 11 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet Ps 119: 7 as antwoord op die Woord Ps 34: 1,

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur - - GRAAD FINALE ASSESSERING ERING VRAESTEL NOVEMBER 06 TOTAAL: AL: 50 TYD: 3 uur - - INSTRUKSIES:. Hierdie vraestel bestaan uit 0 vrae.. Beantwoord alle vrae. 3. Toon alle stappe in die berekenings. 4.

Διαβάστε περισσότερα

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Rom 15:1-7 Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Desember 2013 Ps-vooraf Ps 96: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Dan 7:1-28 Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Januarie 2015 Ps-vooraf Ps 57: 1, 5; Ps 18: 1, 14 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp

Διαβάστε περισσότερα

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra Romeine 14 Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra 24 September 2014 Inleiding Geliefdes die tema waaroor'it nou gaan is: Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? Toepassing En dan gaan dit sekerlik

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby. Die regering van die Kerk 1Tim 3:8-10 1Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby. November 2014 Ps-vooraf Ps 28: 6, 7, 8 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:

Διαβάστε περισσότερα

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. Junie 2015 Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. Ps 75: 1, 2 - vooraf Ps 75: 4, 5, 6 - lofpsalm Ps 99: 1, 4 na wet Ps 97:

Διαβάστε περισσότερα

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō. Wat moet ek doen om gered te word? 37 Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: Broers, wat moet ons doen? 38 Petrus antwoord hulle: Kom tot inkeer en

Διαβάστε περισσότερα

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels. Mark 10:17-31 Fokus: vers 23-31 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my

Διαβάστε περισσότερα

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese April 2010 Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese Ps-vooraf Ps 5:4,6 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak

Διαβάστε περισσότερα

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015 Mark 12:18-27 Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015 Ps 104: 20, 21 - vooraf Ps 95: 1, 2, 3 - lofpsalm Ps 95: 4, 5, 6 na wet Ps 119: 35

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2 NAGMAAL SKRIFLESING: Johannes 19:17-30 TEKS: Johannes 19:30 TEMA: Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6 Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2 Skrifberyming 16 (11-3) : 1,, 2, 3, 4, 5, 6 Psalm 40 : 5 Skrifberyming

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp. Die regering van die Kerk 1Tim 3:8 Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp. Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 16: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na

Διαβάστε περισσότερα

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika Graad 11 Fisika Kennisarea: Meganika 1.1 Skalare en vektore Skalaar: n Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar wat nie rigting het nie. Skalaar Voorbeelde: massa (6 kg); tyd (5 s); afstand (2

Διαβάστε περισσότερα

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Robertson (14/08/2016) Ef 3:14 21 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader [van onse Here Jesus Christus], (15) van wie elke geslag [/familie/gemeenskap] in die

Διαβάστε περισσότερα

1 TESSALONISENSE 1:3

1 TESSALONISENSE 1:3 1 TESSALONISENSE 1:3 Votum en seën Psalm 149 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 1 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense 1:3 (AV 1983/91) Psalm 43 : 3, 5 Preek: Die Here bemoedig hulle wat glo en

Διαβάστε περισσότερα

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 104: 1, 2, 8, 9 vooraf Ps 33: 1, 9, 10 lofpsalm Ps

Διαβάστε περισσότερα

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp SKRIFLESING: Johannes 7:1-9 TEKS: Johannes 7:6 TEMA: Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp Psalm 92 : 1, 2 Psalm 119 : 33, 36 Psalm 25 : 2 Psalm 25 : 6 1 Hierdie preek gaan nie oor die

Διαβάστε περισσότερα

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus. 2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld? September 2017 Ps 68: 1, 2 vooraf Ps

Διαβάστε περισσότερα

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom. Dan 6:1-29 Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom. November 2012 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

Διαβάστε περισσότερα

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel Junie 2016 Ps 146: 1, 3 - vooraf Ps 68: 1, 7, 9 - lofpsalm Ps 99: 1, 4, 5 na wet Ps 48: 1, 4, 5 as antwoord op die Woord Ps 63: 2, 3, 6

Διαβάστε περισσότερα

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie! SKRIFLESING: Lukas 12:1-12 TEKS: Lukas 12:4-5 TEMA: Vrees God, nie mense nie! Psalm 118 : 2, 3 Psalm 25 : 3 Psalm 95 : 2, 4 Psalm 25 : 6 Ook: Ps. 2 : 6 1 Daar s baie vrees in omloop: - vrees vir misdaad;

Διαβάστε περισσότερα

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering? DOOPVIERING Lesing 1 Doopviering in die lig van die doop 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering? Die Algemene Sinode van 2004 besluit as volg: Die Algemene Sinode besluit om Sinodes en kerkrade

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 120 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI Dr. Malan van Rhyn 1. Hoe lyk kerke wat nie groei nie? Hulle wend nie ʼn poging aan om te groei nie. Hulle dra nie die Woord uit nie. Hulle bid

Διαβάστε περισσότερα

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63 JOHANNES 21:15-17 Votum en seën Psalm 145 : 1, 2, 5 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders

Διαβάστε περισσότερα

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c; Pretoria-. 1 Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41 Teks: 1 Korinthiërs 6:13c; Sing- SAMESANG: Ps 106:1,20 TYDENS EREDIENS: Ps 84:6; Ps 119:6; Ps 145:1,12

Διαβάστε περισσότερα

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

DIE BOODSKAP OP DIE BERG... DIE BOODSKAP OP DIE BERG... God die Seun se beskrywing van gelukkige mense en hul vreemde lewenstyl Dr. Jacobus de Koning 1 INHOUD HOOFSTUK 1 4 Wat is hier aan die gang? HOOFSTUK 2 14 Die gelukkige afhanklikes...

Διαβάστε περισσότερα

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET: KERSFEES 2017 EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! DESEMBER 2017 ~ JANUARIE 2018 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS Teks & Vers: Gestuurde Liefde ONS GESELS MET: DS. GEVERS VAN DIE BYBELGENOOTSKAP RIEËTTE VENTER

Διαβάστε περισσότερα

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se EamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

Διαβάστε περισσότερα

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114 Uitgawe 114 30 Junie 2017 saam met Koersvas 114 1 Artikel 7 DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150 Wiskunde Graad 1 Vraestel 01 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord

Διαβάστε περισσότερα

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus Jakobus hoofstuk 1 Hierdie Bybelstudie notas oor die brief van Jakobus, is saamgestel deur ds. Willem Louw, leraar van die NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark. Agtergrond Die Skrywer: Die skrywer is Jakobus:

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d). Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d). Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 13: 1, 3, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:

Διαβάστε περισσότερα

Die krag / vuur van God:

Die krag / vuur van God: Die krag / vuur van God: Mt. 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige

Διαβάστε περισσότερα

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied. Psalm 13 Van klaaglied tot loflied. Augustus 2014 Ps-vooraf Ps 138: 1, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en

Διαβάστε περισσότερα

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ ע מ נ וא ל immanuel Welkom, O Stille Nag Van Vrede Nuwe Liedboek 358 Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis; Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, Kersfees kom

Διαβάστε περισσότερα

Die Sendbrief van Jakobus

Die Sendbrief van Jakobus Die Sendbrief van Jakobus Hoofstuk 4 Vers 1-12 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het

Διαβάστε περισσότερα

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93 1 SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93 Die Kerk Daar is ʼn ysbrekers wat in die yswoestyn van Antarktika deur die water en ys klief en beur. Die skip se name is Legio; aan die een

Διαβάστε περισσότερα

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning EKSODUS Van slawerny tot aanbidding Dr J de Koning 1 INHOUD Inleidend 3 Hoofstuk 1 Eksodus 1-2: n Hopelose situasie en n wonderlike God 11 Hoofstuk 2 Eksodus 3: Die vreemde verterende vuur God 26 Hoofstuk

Διαβάστε περισσότερα

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie 1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik ook baie Bybelverse.

Διαβάστε περισσότερα

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou 1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik asseblief baie

Διαβάστε περισσότερα

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem! God is groter Vandag wil ek graag u aandag vra vir die tema God is groter. Dit gaan dus nie oor ʼn onderwerp, een van die miljoene onderwerpe in die skepping nie. Dit gaan oor ʼn persoon. Dan ook nie oor

Διαβάστε περισσότερα

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie 1a και οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie Met και word nog 'n gedagte aan die voorafgaande 10:52 gevoeg (vgl Greek grammer beyond basics bl 671). οτε = bw van tyd (Baljon bl 701) en lei 'n tyd-bysin

Διαβάστε περισσότερα

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016 Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016 Ps 42: 1, 5 vooraf Ps 43: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 22: 1, 6 na wet Ps 22: 9, 10, 11 as antwoord

Διαβάστε περισσότερα

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91) NAGMAAL TITUS 3:4 Votum Seën Psalm 145 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 25 : 5 Gebed Skriflesing: Titus 3:1-7 (AV 1983/91) Teks: Titus 3:4 (AV 1983/91) Preek:

Διαβάστε περισσότερα

ישוע. familieboom van Jesus

ישוע. familieboom van Jesus ישוע familieboom van Jesus Jan Hendrik & Wilna Gous 29 jaar! ישוע familieboom van Jesus MATTEUS 1 : 1 17 JESUS SE VOOROUERS 1 My verhaal oor Jesus Christus begin met sy geslagsregister. Daarin staan

Διαβάστε περισσότερα

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87 1 SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87 Gekruisig Die Heidelbergse Kategismus stel : Vraag 39: Sit daar iets meer in dat Christus juis gekruisig is en nie op 'n ander manier gesterf het

Διαβάστε περισσότερα

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word: Profeteer, Profesie en Gesigte sien Daar is geen godsdiens wat nie daarop aanspraak maak dat dit ook besondere openbaringsmiddele het nie. Die Christelike Godsdiens het dit ook; ons besondere openbaringsmiddel

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Wanneer stroom deur n weerstand vloei, sal die weerstand krag verbruik en hitte opwek. Hierdie eienskap word in baie elektriese toestelle toegepas, byvoorbeeld

Διαβάστε περισσότερα

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org G.A. Hadjiantoniou, Ph.D., LL.B. Die Pos uit Patmos Treffende boodskappe oor die briewe aan die sewe gemeentes van

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1

Διαβάστε περισσότερα

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126 1 Uitgawe 126-8 Desember 2017 saam met Koersvas 126 Die onderbreek die kommentaar op die Nederlandse Geloofsbelydenis met die plaas van n artikel wat verband hou met Kersfees. Ons sal vroeg in 2018 weer

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor n Tipiese induktor bestaan uit n draadspoel wat selfondersteunend of om n spoelvorm gedraai mag wees. Wanneer n stroom deur n geleier vloei, ontstaan n magnetiese

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *Iwis2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die

Διαβάστε περισσότερα

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 014 FISIESE WETENSKAPPE 1/ MEMORANDUM GRAAD 1 Stuur na : Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Posbus 1513 Lyttelton 0140 E-pos : assessment@impak.co.za Tel. nr. : 087 150 33 Faks : 086 556 8595

Διαβάστε περισσότερα

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~ 1 Donderdag SKRIFGEDEELTE: EKSODUS 4:10 17 FOKUSGEDEELTE: EKSODUS 4:14B Aäron Die Here sal hierdie jaar ook vir ons voorsien Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende

Διαβάστε περισσότερα

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse Week 1 n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender Platinum is gevind in n landelike area wat aan n stam behoort. Platinum is n baie waardevolle metaal. Grondmonsters wys dat platinum slegs 500 m onder

Διαβάστε περισσότερα

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die. Selibaat Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1 Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die konsep vandag deur Melissa Opperman Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening

Διαβάστε περισσότερα

REFORMASIE. Martin Luther

REFORMASIE. Martin Luther REFORMASIE 500 Martin Luther Inhoudsopgawe Kort biografie van Martin Luther 1 Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland 2 Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518 8 Die geskiedenis van

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10-jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

Διαβάστε περισσότερα

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF? 0 WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF? IS DIE BYBEL WAAR? IS DIE BYBEL VOLLEDIG? IS DAAR FOUTE IN DIE BYBEL? HOEKOM KLEEF DAAR N STIGMA AAN DIE GETAL 13? LEES OOK OOR ANDER GETALLE ONWEERLEGBARE NUMERIESE

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Die transformator word gebruik om die spanning en stroom van n WS-sein te verander. Dit bestaan uit twee of meer windings wat op n gemeenskaplike kern gedraai is. Een

Διαβάστε περισσότερα

deur CARIKA DU PLESSIS

deur CARIKA DU PLESSIS DIE VERHAAL VAN DIE SAMARITAANSE VROU IN JOHANNES 4:1-30 BINNE DIE KONTEKS VAN DIE OU NABYE OOSTERSE KULTURELE VERWAGTINGE EN DIE SIMBOLIESE GEBRUIK VAN WATER AS `N GOUE STROOM WAT VLOEI DEUR DIE VIERDE

Διαβάστε περισσότερα

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes VERSE VERSE VAN VAN VERSET VEROOTMOEDIGING deur E. van Nantes PERSEPSIE So tydjie gelede, in die nuus op die televisie Word dit afgemaak as ʼn leuen, ʼn blote persepsie Misdaad in hierdie land is geensins

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM Province of the ETERN CAPE EDUCATION NIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool M MA CA A C S RT / RG / RM F SF J/O P R Verduideliking

Διαβάστε περισσότερα

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS DIE GESKIEDENIS VAN HIERDIE STANDPUNTINNAME VAN DIE KERKRAAD VAN LEVUBU TEEN DIE ALGEMENE

Διαβάστε περισσότερα

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika Meestes vi tanspaante 5.1 Meganika KENNISAREA: MEGANIKA Meganika Vektoe in twee dimensies Newton se bewegingswette Newton se univesele gavitasiewet EENHEID 1 VEKTORE IN TWEE DIMENSIES Skalae en vektoe

Διαβάστε περισσότερα

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Die Vesperdiens vir Palmsondag 1 Die Vesperdiens vir Palmsondag Na die Wegsending van die Neënde Uur gaan die priester en die diaken in by die sydeure van die Heiligdom, nadat hulle gebuig het in die rigting van die Biskop se troon,

Διαβάστε περισσότερα

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word! Maleagi 1. Inleiding Die naam Maleagi beteken My boodskapper. Ons weet nie of dit die profeet se regte naam was en of dit net 'n gebruiksnaam / skuilnaam / pseudoniem vir hom was nie. is die Hebreeuse

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WISKUNDIGE GELETTERDHEID WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL GRAAD 2-REKORDEKSAMEN 04 September 207 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 0 bladsye. SACAI WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL KOPIEREG VOORBEHOU 207 GRAAD 2-REKORDEKSAMEN

Διαβάστε περισσότερα

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde Wes-Kaap Onderwys Departement Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules Graad 12 Wiskunde Razzia Ebrahim Senior Kurrikulumbeplanner: Wiskunde E-pos: Razzia.Ebrahim@wced.info / Razzia.Ebrahim@westerncape.gov.za

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer Elektroniese stroombane is gewoonlik saamgestel van komponente wat by elektroniese winkels aangekoop kan word. Een van die komponente is die weerstand, en is bloot

Διαβάστε περισσότερα

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK 1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK NASIEN MEMORANDUM : September 014 V.1 VRAAG 1 1.1 C 1. D 1.3 C 1.4 D 1.5 B 1.6 D 1.7 B 1.8 B 1.9 D 1.10 B [0] VRAAG.1.1 Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp

Διαβάστε περισσότερα

bab.la Φράσεις: Προσωπική Αλληλογραφία Ευχές ολλανδικά-ολλανδικά

bab.la Φράσεις: Προσωπική Αλληλογραφία Ευχές ολλανδικά-ολλανδικά Ευχές : Γάμος Van harte gefeliciteerd. Wij wensen jullie alle geluk in de wereld. Van harte gefeliciteerd. Wij wensen jullie alle geluk in de wereld. Gefeliciteerd en de beste wensen voor jullie huwelijk.

Διαβάστε περισσότερα

Vir meer inligting besoek ons webwerf by

Vir meer inligting besoek ons webwerf by Vir meer inligting besoek ons webwerf by www.zs6mrk.org Januarie / Februarie 2011 Jaargang 47/nr.3 Elektronies 42 Posbus 13653 Wav erley 0135 VOORSITTER Thys Maree ZS6MJM. 012-3321415; 082-5656087; mareemj@intekom.co.za

Διαβάστε περισσότερα