DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?
|
|
- Χριστιανός Νικολαΐδης
- 5 χρόνια πριν
- Προβολές:
Transcript
1 DOOPVIERING Lesing 1 Doopviering in die lig van die doop 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering? Die Algemene Sinode van 2004 besluit as volg: Die Algemene Sinode besluit om Sinodes en kerkrade weereens dringend aan te moedig om groot erns te maak met die verantwoordelike vertolking van die doop en nagmaal soos ons dit verstaan binne die Gereformeerde verstaan van die evangelie van die genade. Die Sinode moedig kerkrade aan om gesamentlike doopvierings in die erediens verder te ontwikkel en uit te bou. Die Sinode versoek gemeentes om nie met viering die suggestie van n herdoop te laat posvat nie. Die Sinode moedig kerkrade ook aan om die moontlikheid van individuele doopvierings in die erediens en in kleiner groepe in die gemeente te ontwikkel. Die Algemene Sinode van 2007 besluit as volg: Die Algemene Sinode neem bogenoemde verslag in ontvangs as vertrekpunt vir omvattende gesprek aangaande doop en doopviering. Die Algemene Sinode bevestig dat die Christelike doop vanuit die radikaliteit van die genade as onherhaalbaar beskou moet word. Met groot begrip vir die kragtige betekenis van simbole en rituele en met behoud van die Christelike doop as eenmalige sakrament (vir kinders en volwassenes) dra die Algemene Sinode dit aan Sinodes op om te besin oor toepaslike rituele waardeur gedoopte lidmate van die werklikheid van God in hulle lewe kan getuig. Sodanige rituele sou ook net gevier kon word deur persone wat hulle Christelike doop erken. Die Algemene Sinode gee aan Algemene Diensgroep Gemeente-Ontwikkeling opdrag om die Sinode te bedien met n eenvoudige en helder beleid en voorstelle aangaande doop, doopviering, kindernagmaal en kategese wat beide ons tradisie en die praktiese bedieningskonteks van ons dag in ag sal neem. Die Gemeente verstaan daarom dat: Die praktyk van doopviering reeds deur die Algemene Sinode goedgekeur is. Dat gemeentes en Sinodes aangemoedig word om doopvierings verder te ontwikkel. Gemeentes waak dat doopvierings en gepaardgaande rituele nie met herdoop verwar kan word nie. Die Sinode besluit dat ons ten opsigte van die ontwikkeling van die doopviering die geleentheid benut om: - die vrye genade van God en die vaste grond waarop ons verlossing berus te beklemtoon. - die ryk betekenis van die Christelike doop opnuut te verduidelik. 1
2 2. Wat sê die Bybel aangaande doop en doopviering? 2.1 Die doop is n verbondshandeling. Lees en bespreek Gen. 17:7, Gal. 3:29 en Rom. 4:11,16 en sê vir mekaar wat God doen en wat ouers doen wanneer n kindjie gedoop word. Ons word gedoop omdat God n verbond van genade met ons en ons kinders wil sluit. Hy het eeue gelede vir Abraham, die vader van die gelowiges gesê: Ek bring n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag (Gen. 17:7). Die doop is dus in die eerste instansie n handeling waarin God Homself aan die dopeling verbind. God is die handelende Persoon by die doop. In die tweede plek belowe ouers wat hul kinders laat doop om so n kind vir die Here groot te maak. Dit beteken dat die ouers van n gedoopte kind hom/haar moet lei en begelei om in n lewende verhouding met God te staan. 2.2 Wat was die Ou-Testamentiese tekens van die verbond? Lees Gen. 17:7 en Eks. 12:3,7,13 Die besnydenis. Die Pasga 2.3 Wat is volgens die Gereformeerde tradisie die Nuwe-Testamentiese tekens van God se verbond met ons? Lees Mt. 28:18-20, Lk. 22:14-20 en 1 Kor. 11: Die doop Die nagmaal 2.4 Kom die Christelike doop / verbondsdoop van kinders in die Nuwe Testament voor? Lees Hd 18:8 3. Wat is die doopviering dan? Met die doopviering kan gedoopte lidmate antwoord op God se verbintenis met hulle. As kind het die Here verklaar dat Hy graag vir jou n God wil wees. Met jou doopviering verklaar jy dat jy jou lewe aan Hom toewy en Hom in alles as jou God wil erken. Soos met die belydenis van geloof is die doopviering ook n geloofsverklaring. Dit vervang egter nie die belydenis van geloof nie. 2
3 4. Wanneer kan n lidmaat aansoek doen vir doopviering? a. Wanneer jy tot bekering gekom het. (Hd 2:38) b. Wanneer jy soos Jesus in Lk. 3:21-23 jouself aan God wil verbind m.b.t. jou roeping. c. Wanneer jy jou ou sondige lewe wil aflê en bevestig dat jy saam met Christus gesterf het en saam met Hom begrawe is, maar dat jy ook deur sy opstanding lewend geword het vir God, vgl. Rom. 6:11 en Gal. 3:27. d. Ander redes: Wanneer jy in jou geloofslewe teruggeval het en jou opnuut aan God wil toewy. Wanneer jy siek was of swaar gekry het en graag jouself opnuut aan God wil verbind. In die tweede lesing word bogenoemde volledig hanteer. 5. Terminologie : Doop en doopviering Uit hoofde van die Gereformeerde tradisie word die verbondsdoop en wat ons voortaan as doopviering sal beskryf in die Nuwe Testament met dieselfde terminologie verwoord, nl. die woord bαπτιىw. βαπτιىw word in Afrikaans met doop vertaal. Wanneer ons vanuit die Gereformeerde tradisie Mt 28:18-20 aanhaal om die verbondsdoop aan te dui, wil ons daarmee aantoon dat God n verbond met die gelowige ouer en sy/haar kind aangaan, maar terselftertyd het baie gelowiges die verlange op grond van bogenoemde teks om juis die doopviering te ondergaan. Gedoopte volwassenes wat nie met hul belydenisaflegging reeds bekeer was nie, het veral so n behoefte. Om verwarring uit te skakel maak ons dus onderskeid tussen doop en doopviering, alhoewel daar in die Bybel nie so n onderskeid bestaan nie. 6. Is die doopviering n tweede doop of herdoop? Nee, met die doopviering word die Christelike doop nie ontken nie. Die Christelike doop is n eenmalige, onherhaalbare toesegging van God se beloftes. Die doopviering probeer ook nie om die Christelike doop te vervang nie. Die doopviering is n bevestiging dat God se beloftes aan ons in vervulling gegaan het en dat ons nou n lewe in Christus deur die Heilige Gees lei. 3
4 Lesing 2 Redes vir Doopviering 1. Inleiding Ons is deeglik bewus van lidmate wat ʼn behoefte het aan doopviering soos deur die Sinode aanbeveel en goedgekeur. Hierdie lidmate het nie in die algemeen ʼn probleem met die kinder- of verbondsdoop as sodanig nie. Hulle behoefte is om n Bybelse handeling te ondergaan wat getuig van n lewende verhouding met die Here. God se pad met elkeen van ons is uniek. Sommige van ons word groot, baie bewus van God se sorg en betrokkenheid. Diegene leef doodgewoon voort in dit wat die Here beloof het en daar is by hulle geen kwessie dat hulle God met woord en daad wil behaag nie, vergelyk 2 Tim. 1:5 Ander mense het later in hulle lewe ʼn lewensveranderende ontmoeting met die lewende God. Dikwels is daar by hulle ʼn brandende begeerte om daarvan te getuig. Die doopviering bied dan die geleentheid om in die openbaar te vertel wat God in hul lewe gedoen het. Dit is ʼn geleentheid om te getuig van God se verbondstrou en dat Sy Woord waar is. As deel van die wyer familie van gemeentes binne die NG Kerk in ons stad en land, wil ons graag aan lidmate die geleentheid gee om by wyse van die doopviering uitdrukking aan hulle geloof te gee. Ons wil graag die geestelike behoefte van lidmate aanspreek en daarom die doopviering as ʼn instelling in die gemeente implementeer. Die doop van kinders en babas is inderdaad die bevestiging van God se guns en onverdiende genade. Die doopviering is n feesviering, ʼn celebration, ʼn vreugdevolle en uitbundige bevestiging en getuienis dat die Here getrou is en dat ons daarvan wil getuig. Hierdie handeling bevestig jou vaste geloof in God en getuig van jou persoonlike geloofsverbintenis. 2. Wanneer kan n lidmaat aansoek doen vir doopviering? 2.1 Bespreek : Wat het jou gedring of oortuig om die doopviering te ondergaan? a. Wanneer jy tot bekering gekom het Johannes die Doper sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom (Mt.3:2) Jesus sê: Bekeer julle, want die koninkryk van God het naby gekom. (Mt.4:17) Petrus skryf in 2 Pet.3:9 Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer 4
5 Hd.2:38 Toe antwoord Petrus hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Uit bogenoemde teksgedeeltes ontstaan die behoefte by baie lidmate om na hul bekering n doopvieringshandeling te ondergaan. Die doopviering word dan bedien aan lidmate wat hulle Christelike doop verstaan en begryp dat God n verbond met hulle en hulle ouers gesluit het. Sulke lidmate het gewoonlik ten tye van hul belydenis van hulle geloof nog nie tot bekering gekom nie en het n behoefte daaraan om in die openbaar te getuig en te bely dat hul aan God behoort. Wat is bekering? Bekering is n terugdraai na God, waardeur jy: Besef dat jy verlore is sonder Christus Jou sonde erken, bely en daarvan wegdraai Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker in geloof aanneem Die Heilige Gees erken as God binne in jou. In en deur n lewende verhouding met die Drie-enige God lewe b. Wanneer jy jou ou sondige lewe wil aflê en bevestig dat jy saam met Christus gesterf het en saam met Hom begrawe is, maar dat jy ook deur sy opstanding lewend geword het vir God. Paulus beskryf dit as volg in Rom. 6:1-11 Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe! Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Chrisus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook n totaal nuwe lewe leef. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewerk word tot n nuwe lewe. Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde. Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe. Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie. Hy het eens en vir altyd vir die sonde gesterf en nou leef Hy vir God. Julle moet dus ook verseker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle en is met Christus. In Christus reken God Jesus se soenverdienste aan die kruis vir elke gelowig toe asof hyself gesterf het. Meer nog, deur Jesus se opstanding uit die dood ontvang elke gelowige die opstanding uit die dood asof hy/sy self uit die dood opgestaan het. In wese beteken dit dat n mens in Christus n totaal nuwe mens geword het (2 Kor. 5:17-18). Jy sterf dus jou ou sondige natuur af en staan in n nuwe lewe saam met Christus op. 5
6 c. Wanneer jy soos Jesus in Lk. 3:21-23 jouself aan God wil verbind m.b.t. jou roeping. God praat en roep vandag nog mense, net soos Jesus sy dissipels geroep het, (Mt. 4:19). Mense wil soms uiterlik en prakties gestalte gee aan hul roeping en dit bevestig in die openbaar. Voordat Jesus met sy bediening begin het en deur die Heilige Gees in die woestyn weggelei is, is Hy deur Johannes gedoop, wat n toewydingsdoop was. By hierdie geleentheid het God die Vader sowel as die Heilige Gees hulle in die openbaar aan Jesus se bediening verbind. Doopviering kan dus hierdie behoefte vervul. Lk. 3:21-23 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos n duif op Hom neergedaal. Daar was ook n stem uit die hemel: Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My. d. Wanneer jy in jou geloofslewe teruggeval het en jou opnuut aan God wil toewy. In die lewe van n gelowige bly die vyand n realiteit. Die gelowige word aan versoekings blootgestel. Satan, vgl Jh 10:9-10, 1 Pet 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand die duiwel, loop rond soos n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Die gevalle wêreld, vgl. 1 Jh. 2: Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis ook nie lief vir die Vader nie. Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die valse roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld. Die wêreld en sy begeertes is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd. Ons sondige natuur, vgl. Gal. 5:16-17 Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie. e. Ander moontlike handelinge om Christus se heilswerk te vier: Paasfees Handeling: Handewassing as simbool van reininging. Voetewassing as simbool van diensbaarheid deur die voetewasser. Nagmaal Pinksterfees Handeling: Salwing met olie as simbool van die vervulling deur die Heilige Gees. Steek kerse aan as teken van vervulling met die Heilige Gees en getuienis in die wêreld. Kersfees Handeling: Steek kers aan of sit lig aan as teken en simbool dat die lig na die wêreld gekom het. 6
7 3. Kan mens meer as een keer die doopviering ondergaan? Ja, afhangend van die behoefte en die korrekte verstaan daarvan sou n mens byvoorbeeld n doopviering kon ondergaan na jou bekering, om jou kinderdoop te vier en te bevestig dat jy God Drie-enig wil dien. Later sou jy ook by byvoorbeeld tydens Paasfees n spesiale vieringshandeling kan ondergaan soos handewassing as simbool van reiniging. Nee, n mens moenie die doopviering gebruik as n bygelowige handeling, waardeur jy dit as n bo-natuurlike reddingsmiddel beskou, om jou te ontsondig nie. Dit sal n mistasting wees wat op ongeloof en onkunde berus. 4. Vorme van doopviering: Besprinkeling Begieting Onderdompeling Olie 5. Die proses van doopviering verloop as volg: ʼn Lidmaat meld by ʼn kantoor aan en spreek die behoefte uit om die doopviering te ondergaan. Tydens toerusting en voorbereiding verneem die groepleier wat aanleiding gegee het tot die versoek. ʼn Afspraak word gemaak indien nodig. Tydens so ʼn geleentheid word die persoon se verstaan van die doopviering vasgestel en daar word seker gemaak dat die geleentheid nie as ʼn herdoop verstaan word nie, maar as ʼn vierings- en getuienisgeleentheid. Tydens die doopvieringseremonie: Die lidmaat bely sy/haar geloof hardop in 2-3 sinne bv. Ek het die Here baie lief en wil Hom met my hele lewe gehoorsaam. / Deur hierdie handeling vier ek God se getrouheid in my lewe. Hy het nie opgegee toe ek ver van Hom af was nie. / Ek getuig vandag dat God betroubaar is, ek vier Sy genade. Die leraar sê voor die doopviering die volgende woorde : In die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die leraar sê na die doopviering : Hiermee bevestig jy dat jy saam met Christus gesterf het, en saam met Hom in ʼn nuwe lewe opgestaan het. Opsioneel: Die leraar kan die lidmaat gelukwens en n gebed doen. Let asseblief op die volgende: Jy moet uiteraard gepas geklee wees vir die geleentheid. Maak seker dat klere nie deursigtig is nie. Bring n handdoek en droë klere saam. Die volgende geleentheid vind plaas op By om Meld asseblief 30 minute voor die tyd aan sodat finale reëlings getref kan word. 7
8 Lesing 3 Die betekenis van die doopviering Regte redes vir die Doopviering Sake waaroor ons saamstem: Jy ondergaan nie die doopviering as gevolg van bygeloof nie, bv. as jy jou doop vier, sal jy ophou om bepaalde sondes te doen. Jy ondergaan nie die doopviering onder druk van ander mense nie. Die doopviering is n persoonlike saak wat jy met die Here uitgemaak het. Sosiale (geestelike) druk van ander is nie hier ter sprake nie. Jy doen dit ook nie ter wille van sosiale eenvormigheid nie. Jy ondergaan nie die doopviering in die hoop dat so n stap van gehoorsaamheid punte by God sal verdien nie. Die doopviering voeg niks by die genadewerk van Christus by nie. Jy ondergaan nie die doopviering as bewys dat jy op n hoër geestelike vlak as ander gelowiges funksioneer nie. Tydens hierdie geleentheid: Vier jy die genadewerk van Christus. Getuig jy van n lewende verhouding met Christus en dat jy sy dissipel is. Vier jy jou inlywing in die liggaam van Christus. (Kol 2:11-12) 1. Om die doopviering ten volle te benut behoort jy aan die geestelike pad te dink wat jy tot nou toe met God geloop het. Bespreek nou in groepsverband die volgende vrae met mekaar: 1.1 Gesels oor jou lewe voor jy Jesus Christus as Saligmaker leer ken het. 1.2 Hoe het die Here jou gered? Vertel van jou bekering: hoe, waar, wanneer, tydperk? 8
9 1.3 Vertel va jou lewe nadat jy die Here leer ken het: Wat het verander? Vertel van jou nuwe gesindheid, dade en belangstellings. 2. Stel nou jou lewe bewustelik onder beheer van die Heilige Gees: 2.1 Verklaar dat jy begeer om deel te hê aan God se Koninkryk vgl Mt. 5:3 Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 2.2 Bely enige sondes waarvan jy nou bewus is. 2.3 Aanvaar God se vergifnis op grond van 1 Jh. 1:8-9 - As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 2.4 Nooi die Heilige Gees om die beheer van jou lewe oor te neem. (Hierdie materiaal is n verwerking van NG Moreletapark en ons wil hiermee erkening en dank gee aan Moreletapark gemeente) 9
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea 12: 7 "Wat jy moet doen is om na jou God toe terug te keer:
Διαβάστε περισσότεραDie genade gawes Van God:
Die genade gawes Van God: 1Kor. 12:1-18 1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode
Διαβάστε περισσότερα1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.
Tema: Wedergeboorte Skrifgedeelte: Johannes 3:1-18 - Teksverse: 3,16 1 Petrus 1:1-9 - Teksvers: 3 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 14 Augustus 2011 Johannes 3:1-18 1 EN daar was n man uit die Fariseërs
Διαβάστε περισσότεραWedergeboorte, bekering en geloofsekerheid
Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Joh 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus
Διαβάστε περισσότεραReeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2
Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Vir enige Christengelowige, en vir enige gemeente, is niks meer belangrik as jou kennis van die Drie-enige God
Διαβάστε περισσότεραJunie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.
Junie 2010 Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Ps-vooraf Ps 80:1 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat
Διαβάστε περισσότεραRom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)
Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
Διαβάστε περισσότεραMark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.
Mark 10:13-16 Fokus: vers 13-16 Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 3: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons
Διαβάστε περισσότεραTeks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus
Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, 18-20 God se Seun, Jesus Christus Vanoggend is ons by ons tweede tema: Deur die Kragveld van die Gees ONTMOET ek God Drie-enig: Wie is God die Seun?, of God
Διαβάστε περισσότερα1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.
Wat moet ek doen om gered te word? 37 Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: Broers, wat moet ons doen? 38 Petrus antwoord hulle: Kom tot inkeer en
Διαβάστε περισσότεραMarkus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.
Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Februarie 2017 Ps 89: 1, 2 vooraf Ps 89: 6, 7 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet
Διαβάστε περισσότεραMark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.
Mark 9:14-29 Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Desember 2012 Ps-vooraf Ps 63: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom?
Διαβάστε περισσότεραSAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:
Pretoria- 1 Skriflesing: Heidelbergse Kategismus: Teks: Sing- SAMESANG: Ps 49:4 TYDENS EREDIENS: Ps 40:8; Ps 25:3; Ps 19:4 As ons in Handelinge 16 kan begin, broeder en suster, dan staan in die een hoofstuk
Διαβάστε περισσότεραEXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn
EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI Dr. Malan van Rhyn 1. Hoe lyk kerke wat nie groei nie? Hulle wend nie ʼn poging aan om te groei nie. Hulle dra nie die Woord uit nie. Hulle bid
Διαβάστε περισσότεραNAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2
NAGMAAL SKRIFLESING: Johannes 19:17-30 TEKS: Johannes 19:30 TEMA: Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6 Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2 Skrifberyming 16 (11-3) : 1,, 2, 3, 4, 5, 6 Psalm 40 : 5 Skrifberyming
Διαβάστε περισσότεραDie krag / vuur van God:
Die krag / vuur van God: Mt. 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige
Διαβάστε περισσότεραOEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).
Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). September 2014 Ps-vooraf Ps 10: 8, 9, 10 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die
Διαβάστε περισσότεραRom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)
Rom 14:1-9 Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 123: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
Διαβάστε περισσότεραOktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...
Mattheus 7:1-5 Breek radikaal met n lewe van god-en-regter-wees oor ander en leef radikaal nuut vir God. Dit moet uitkom in nederig-sagmoedige dien van mekaar in die stryd teen ons sonde. Oktober 2018
Διαβάστε περισσότεραEf 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed
Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Robertson (14/08/2016) Ef 3:14 21 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader [van onse Here Jesus Christus], (15) van wie elke geslag [/familie/gemeenskap] in die
Διαβάστε περισσότεραEfes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom
Efes 6:1-4 Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom Junie 2013 Ps-vooraf Ps 105: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is
Διαβάστε περισσότεραRom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)
Rom 15:1-7 Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Desember 2013 Ps-vooraf Ps 96: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
Διαβάστε περισσότεραJunie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.
Junie 2010 Openbaring 2:12-17 Fokus: vers 12-17 Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon. Ps-vooraf Ps 24:4 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).
Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7 Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Januarie 2012 Ps-vooraf Ps 95:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons
Διαβάστε περισσότεραMark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.
Mark 10:17-31 Fokus: vers 23-31 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my
Διαβάστε περισσότεραJulie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.
Julie 2016 Mark 13:9-13 Jesus se dissipel-onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waar die Tempel verwoes word en die finale koms van die Koninkryk op pad is (c). Ps 72: 1, 2 - vooraf Ps 96: 1, 2 -
Διαβάστε περισσότεραPrediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE
Tema: Twee is so sterk soos drie. God Drie-enig gryp in, in jou en ons lewe!. Skrifgedeelte: Prediker 4:7 12 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 22 Januarie 2012 Prediker 4:7 12 7 8 9 10 11 12 Ek het
Διαβάστε περισσότεραApril Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese
April 2010 Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese Ps-vooraf Ps 5:4,6 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting
Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting November 2014 Ps-vooraf Ps 42: 2, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na
Διαβάστε περισσότεραMark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.
Mark 10:17-31 Fokus: vers 17-22 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
Διαβάστε περισσότεραGeseënd is dié wat rein van hart is!
Geseënd is dié wat rein van hart is! Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Psalm 24:3-6; Psalm 51:12; Matteus 5:8; Romeine 12:11; 1 Johannes 3:1-3 Vooraf: Opsommend het ons met die reeks saligsprekinge
Διαβάστε περισσότεραMat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers
Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers 25-26. Mei 2016 Ps 104: 1, 19, 20, 21 - vooraf Ps 8: 1, 3, 4, 5, 7 - lofpsalm Ps 2: 4, 6 na wet Ps 146: 1, 3 as antwoord op die Woord Ps 65: 4,
Διαβάστε περισσότεραMattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.
Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 vooraf Ps 103: 1, 10, 11 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet Ps 119: 7 as antwoord op die Woord Ps 34: 1,
Διαβάστε περισσότεραVir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp
SKRIFLESING: Johannes 7:1-9 TEKS: Johannes 7:6 TEMA: Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp Psalm 92 : 1, 2 Psalm 119 : 33, 36 Psalm 25 : 2 Psalm 25 : 6 1 Hierdie preek gaan nie oor die
Διαβάστε περισσότεραMark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.
Junie 2015 Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. Ps 75: 1, 2 - vooraf Ps 75: 4, 5, 6 - lofpsalm Ps 99: 1, 4 na wet Ps 97:
Διαβάστε περισσότεραNOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur
- - GRAAD FINALE ASSESSERING ERING VRAESTEL NOVEMBER 06 TOTAAL: AL: 50 TYD: 3 uur - - INSTRUKSIES:. Hierdie vraestel bestaan uit 0 vrae.. Beantwoord alle vrae. 3. Toon alle stappe in die berekenings. 4.
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.
Die regering van die Kerk 1Tim 3:8 Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp. Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 16: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na
Διαβάστε περισσότεραMattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.
Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 104: 1, 2, 8, 9 vooraf Ps 33: 1, 9, 10 lofpsalm Ps
Διαβάστε περισσότερα1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie
1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik ook baie Bybelverse.
Διαβάστε περισσότερα1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou
1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik asseblief baie
Διαβάστε περισσότεραOEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 120 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar
Διαβάστε περισσότεραWiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150
Wiskunde Graad 1 Vraestel 01 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord
Διαβάστε περισσότερα1 TESSALONISENSE 1:3
1 TESSALONISENSE 1:3 Votum en seën Psalm 149 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 1 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense 1:3 (AV 1983/91) Psalm 43 : 3, 5 Preek: Die Here bemoedig hulle wat glo en
Διαβάστε περισσότεραJOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63
JOHANNES 21:15-17 Votum en seën Psalm 145 : 1, 2, 5 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders
Διαβάστε περισσότεραDie Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93
1 SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93 Die Kerk Daar is ʼn ysbrekers wat in die yswoestyn van Antarktika deur die water en ys klief en beur. Die skip se name is Legio; aan die een
Διαβάστε περισσότεραUitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114
Uitgawe 114 30 Junie 2017 saam met Koersvas 114 1 Artikel 7 DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid
Διαβάστε περισσότεραGraad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika
Graad 11 Fisika Kennisarea: Meganika 1.1 Skalare en vektore Skalaar: n Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar wat nie rigting het nie. Skalaar Voorbeelde: massa (6 kg); tyd (5 s); afstand (2
Διαβάστε περισσότεραRomeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra
Romeine 14 Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra 24 September 2014 Inleiding Geliefdes die tema waaroor'it nou gaan is: Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? Toepassing En dan gaan dit sekerlik
Διαβάστε περισσότεραDis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!
SKRIFLESING: Lukas 12:1-12 TEKS: Lukas 12:4-5 TEMA: Vrees God, nie mense nie! Psalm 118 : 2, 3 Psalm 25 : 3 Psalm 95 : 2, 4 Psalm 25 : 6 Ook: Ps. 2 : 6 1 Daar s baie vrees in omloop: - vrees vir misdaad;
Διαβάστε περισσότεραDan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).
Dan 7:1-28 Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Januarie 2015 Ps-vooraf Ps 57: 1, 5; Ps 18: 1, 14 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.
Die regering van die Kerk 1Tim 3:8-10 1Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby. November 2014 Ps-vooraf Ps 28: 6, 7, 8 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:
Διαβάστε περισσότεραSKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87
1 SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87 Gekruisig Die Heidelbergse Kategismus stel : Vraag 39: Sit daar iets meer in dat Christus juis gekruisig is en nie op 'n ander manier gesterf het
Διαβάστε περισσότεραNAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)
NAGMAAL TITUS 3:4 Votum Seën Psalm 145 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 25 : 5 Gebed Skriflesing: Titus 3:1-7 (AV 1983/91) Teks: Titus 3:4 (AV 1983/91) Preek:
Διαβάστε περισσότεραDIE BOODSKAP OP DIE BERG...
DIE BOODSKAP OP DIE BERG... God die Seun se beskrywing van gelukkige mense en hul vreemde lewenstyl Dr. Jacobus de Koning 1 INHOUD HOOFSTUK 1 4 Wat is hier aan die gang? HOOFSTUK 2 14 Die gelukkige afhanklikes...
Διαβάστε περισσότεραDan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.
Dan 6:1-29 Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom. November 2012 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
Διαβάστε περισσότεραMark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015
Mark 12:18-27 Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015 Ps 104: 20, 21 - vooraf Ps 95: 1, 2, 3 - lofpsalm Ps 95: 4, 5, 6 na wet Ps 119: 35
Διαβάστε περισσότεραHierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.
Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se EamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee
Διαβάστε περισσότεραSkriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;
Pretoria-. 1 Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41 Teks: 1 Korinthiërs 6:13c; Sing- SAMESANG: Ps 106:1,20 TYDENS EREDIENS: Ps 84:6; Ps 119:6; Ps 145:1,12
Διαβάστε περισσότεραDie Sendbrief van Jakobus
Die Sendbrief van Jakobus Hoofstuk 4 Vers 1-12 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het
Διαβάστε περισσότεραTeks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:
KERSFEES 2017 EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! DESEMBER 2017 ~ JANUARIE 2018 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS Teks & Vers: Gestuurde Liefde ONS GESELS MET: DS. GEVERS VAN DIE BYBELGENOOTSKAP RIEËTTE VENTER
Διαβάστε περισσότεραSeptember Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.
2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld? September 2017 Ps 68: 1, 2 vooraf Ps
Διαβάστε περισσότεραPsalm 13. Van klaaglied tot loflied.
Psalm 13 Van klaaglied tot loflied. Augustus 2014 Ps-vooraf Ps 138: 1, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en
Διαβάστε περισσότεραMark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel
Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel Junie 2016 Ps 146: 1, 3 - vooraf Ps 68: 1, 7, 9 - lofpsalm Ps 99: 1, 4, 5 na wet Ps 48: 1, 4, 5 as antwoord op die Woord Ps 63: 2, 3, 6
Διαβάστε περισσότεραל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ
ע מ נ וא ל immanuel Welkom, O Stille Nag Van Vrede Nuwe Liedboek 358 Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis; Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, Kersfees kom
Διαβάστε περισσότεραJakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus
Jakobus hoofstuk 1 Hierdie Bybelstudie notas oor die brief van Jakobus, is saamgestel deur ds. Willem Louw, leraar van die NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark. Agtergrond Die Skrywer: Die skrywer is Jakobus:
Διαβάστε περισσότεραDie regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).
Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d). Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 13: 1, 3, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:
Διαβάστε περισσότεραDIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS
DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS DIE GESKIEDENIS VAN HIERDIE STANDPUNTINNAME VAN DIE KERKRAAD VAN LEVUBU TEEN DIE ALGEMENE
Διαβάστε περισσότεραEKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning
EKSODUS Van slawerny tot aanbidding Dr J de Koning 1 INHOUD Inleidend 3 Hoofstuk 1 Eksodus 1-2: n Hopelose situasie en n wonderlike God 11 Hoofstuk 2 Eksodus 3: Die vreemde verterende vuur God 26 Hoofstuk
Διαβάστε περισσότεραGod is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!
God is groter Vandag wil ek graag u aandag vra vir die tema God is groter. Dit gaan dus nie oor ʼn onderwerp, een van die miljoene onderwerpe in die skepping nie. Dit gaan oor ʼn persoon. Dan ook nie oor
Διαβάστε περισσότεραGRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *Iwis2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die
Διαβάστε περισσότεραGRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM
Province of the ETERN CAPE EDUCATION NIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool M MA CA A C S RT / RG / RM F SF J/O P R Verduideliking
Διαβάστε περισσότεραHoofstuk 13 -Transformatorwerking
Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Die transformator word gebruik om die spanning en stroom van n WS-sein te verander. Dit bestaan uit twee of meer windings wat op n gemeenskaplike kern gedraai is. Een
Διαβάστε περισσότεραNed Geref Kerk Waterkloof Geloof Hoop Liefde Sewe doopbakkies by ons deure
1 Ned Geref Kerk Waterkloof Geloof Hoop Liefde Sewe doopbakkies by ons deure Vandag, Sondag 12 Februarie 2017, by die eerste Nagmaalgeleentheid van hierdie jaar, neem ons doopbakkies ter wille van doopherinnering
Διαβάστε περισσότεραοτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie
1a και οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie Met και word nog 'n gedagte aan die voorafgaande 10:52 gevoeg (vgl Greek grammer beyond basics bl 671). οτε = bw van tyd (Baljon bl 701) en lei 'n tyd-bysin
Διαβάστε περισσότεραWiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur
CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com Wiskunde
Διαβάστε περισσότεραMark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016
Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016 Ps 42: 1, 5 vooraf Ps 43: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 22: 1, 6 na wet Ps 22: 9, 10, 11 as antwoord
Διαβάστε περισσότεραOEFENVRAESTEL VRAESTEL 2
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10-jaareindvraestel verwag kan word. Dus is
Διαβάστε περισσότεραDaar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:
Profeteer, Profesie en Gesigte sien Daar is geen godsdiens wat nie daarop aanspraak maak dat dit ook besondere openbaringsmiddele het nie. Die Christelike Godsdiens het dit ook; ons besondere openbaringsmiddel
Διαβάστε περισσότεραHoofstuk 9 Induktansie in die Induktor
Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor n Tipiese induktor bestaan uit n draadspoel wat selfondersteunend of om n spoelvorm gedraai mag wees. Wanneer n stroom deur n geleier vloei, ontstaan n magnetiese
Διαβάστε περισσότεραVOLUME AUGUSTUS 2007
VOLUME 12.10 AUGUSTUS 2007 Teologie en Doelwitte van die Misleide Kerk Prof. Johan Malan Die misleide kerk van die eindtyd is nie alleenlik die produk van menslike oordeelsfoute as gevolg van n gebrek
Διαβάστε περισσότεραNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1
Διαβάστε περισσότεραHOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE
HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE In hierdie Hoofstuk word die etiek in die Kolossensebrief ondersoek. Inleidend word gekyk na die betekenis van die terme etiek, indikatief, imperatief en paranese soos
Διαβάστε περισσότεραDie Vesperdiens vir Palmsondag
1 Die Vesperdiens vir Palmsondag Na die Wegsending van die Neënde Uur gaan die priester en die diaken in by die sydeure van die Heiligdom, nadat hulle gebuig het in die rigting van die Biskop se troon,
Διαβάστε περισσότεραWeek 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse
Week 1 n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender Platinum is gevind in n landelike area wat aan n stam behoort. Platinum is n baie waardevolle metaal. Grondmonsters wys dat platinum slegs 500 m onder
Διαβάστε περισσότεραdeur CARIKA DU PLESSIS
DIE VERHAAL VAN DIE SAMARITAANSE VROU IN JOHANNES 4:1-30 BINNE DIE KONTEKS VAN DIE OU NABYE OOSTERSE KULTURELE VERWAGTINGE EN DIE SIMBOLIESE GEBRUIK VAN WATER AS `N GOUE STROOM WAT VLOEI DEUR DIE VIERDE
Διαβάστε περισσότερα1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~
1 Donderdag SKRIFGEDEELTE: EKSODUS 4:10 17 FOKUSGEDEELTE: EKSODUS 4:14B Aäron Die Here sal hierdie jaar ook vir ons voorsien Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende
Διαβάστε περισσότεραDeur Christus Alleen
Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org G.A. Hadjiantoniou, Ph.D., LL.B. Die Pos uit Patmos Treffende boodskappe oor die briewe aan die sewe gemeentes van
Διαβάστε περισσότεραSelibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.
Selibaat Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1 Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die konsep vandag deur Melissa Opperman Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening
Διαβάστε περισσότεραישוע. familieboom van Jesus
ישוע familieboom van Jesus Jan Hendrik & Wilna Gous 29 jaar! ישוע familieboom van Jesus MATTEUS 1 : 1 17 JESUS SE VOOROUERS 1 My verhaal oor Jesus Christus begin met sy geslagsregister. Daarin staan
Διαβάστε περισσότεραWISKUNDIGE GELETTERDHEID
WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL GRAAD 2-REKORDEKSAMEN 04 September 207 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 0 bladsye. SACAI WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL KOPIEREG VOORBEHOU 207 GRAAD 2-REKORDEKSAMEN
Διαβάστε περισσότεραALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING
ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING 1. Die Algemene Sinode van die GKSA het vanaf 4-13 Januarie in Potchefstroom vergader. Uit die Suid-Kaap se Gereformeerde Kerke was di. Emile Naude, Hennie Reinecke,
Διαβάστε περισσότεραREFORMASIE. Martin Luther
REFORMASIE 500 Martin Luther Inhoudsopgawe Kort biografie van Martin Luther 1 Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland 2 Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518 8 Die geskiedenis van
Διαβάστε περισσότεραJUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12
JUNIE-EKSAMEN 014 FISIESE WETENSKAPPE 1/ MEMORANDUM GRAAD 1 Stuur na : Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Posbus 1513 Lyttelton 0140 E-pos : assessment@impak.co.za Tel. nr. : 087 150 33 Faks : 086 556 8595
Διαβάστε περισσότεραWIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?
0 WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF? IS DIE BYBEL WAAR? IS DIE BYBEL VOLLEDIG? IS DAAR FOUTE IN DIE BYBEL? HOEKOM KLEEF DAAR N STIGMA AAN DIE GETAL 13? LEES OOK OOR ANDER GETALLE ONWEERLEGBARE NUMERIESE
Διαβάστε περισσότεραGRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 216 WISKUNDE V2 PUNTE: 15 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn spesiale antwoordeboek. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 216) INSTRUKSIES EN INLIGTING
Διαβάστε περισσότερα1. Bybelse agtergrond tot die verstaan van die Heilige Gees.
Hoofstuk 2 Pneumatologie Inleiding tot die denke oor die pneumatologie. Vos (1984:10) beskryf die pneumatologie as die lewensasem van die teologie. Die vraag na die werking van die Heilige Gees is een
Διαβάστε περισσότεραGRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM
Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HODIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 1 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM
Διαβάστε περισσότεραKAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK
1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK NASIEN MEMORANDUM : September 014 V.1 VRAAG 1 1.1 C 1. D 1.3 C 1.4 D 1.5 B 1.6 D 1.7 B 1.8 B 1.9 D 1.10 B [0] VRAAG.1.1 Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp
Διαβάστε περισσότεραHOOFSTUK 1 INLEIDING. 1.1 Inleiding
8 HOOFSTUK 1 INLEIDING 1.1 Inleiding Die debat rondom die Christologiese interpretasie van die Ou Testament en in besonder die Psalter, het die afgelope paar jare binne die Afrikaans-sprekende Christen-gemeenskap
Διαβάστε περισσότερα