e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Σχετικά έγγραφα
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

VOORBLAD. Positief vorentoe

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Dames of susters?

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 17 Julie 2014 Jaargang 7 Uitgawe 22 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad VOORBLAD Susters dinamies vorentoe Dinamies vorentoe Dit staan op die logo van die NHSV. En met die 47ste Nasionale Kongres wat vanaand n aanvang neem, is dit steeds duidelik: Vroue is dinamies werksaam in elke gemeente van die NHK. Vroue in die Kerk lewer reeds vir langer as n eeu onbaatsugtig diens aan hul medegelowiges. Die struktuur wat deur die Algemene Kerkvergadering daargestel is, die NHSV, is byna 75 jaar oud. Met dit in gedagte is die tema van die Kongres geneem uit Psalm 16: 6: n Pragtige deel is vir my afgemeet. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Wanneer n mens terugkyk, is dit baie duidelik dat die rol van vroue in die NHK met verloop van tyd verander het. Aanvanklik het vrouegroepe in gemeentes spontaan die hand uitgereik na behoeftiges, verarmdes en verstrooides. Hierdie werksaamhede het mettertyd uitgebrei om, behalwe gemeentelike armsorg, ook fondse in te samel vir kerkgeboue, orrels, matte, die versorging van bejaardes, ensovoorts. Dit het tot gevolg gehad dat baie lidmate die NSHV as sinoniem met fondsinsameling geag het. Dit is egter n uitgediende standpunt. Vrouelidmate is onlosmaaklik deel van die gesprek oor kerkwees. Tydens die Kongres word tyd ingeruim vir gesprek rondom vrouwees en kerkwees. Daar moet nuut gedink word oor die rol van vroue in die Kerk en in die gemeentes. Daar moet veral ag geslaan word op die behoeftes van vrouelidmate en wat ons kan doen om daardie behoeftes te hanteer. Aspekte waarmee die vrouelidmaat gekonfronteer word in haar daaglikse lewe, is in ag geneem. Dinamiese sprekers is gekies om vrouelidmate pitkos te gee: Dr Wim Dreyer, voorsitter van die Kommissie van die AKV, open die Kongres met n oordenking. Hy lei ook die gesprek oor vrouwees en kerkwees. Mev Marita Fourie: NHSV 75 n Kosbare pêrel. Sy lewer n terugblik op die NHSV sodat dit wat goed was in die verlede, gebruik kan word om die toekoms op te bou. Mev Elmien Botha: Stoei met die gorilla dis die moeite werd! Sy deel die pakkie wat sy van God ontvang het, die lief en die leed, en hoe die deel wat sy ontvang het ook vir haar mooi is. Ds Liesel Krause-Wiid: Wanneer woorde ontbreek Die gesprek gaan oor trauma, hoe om beter te verstaan, te verwerk en uit te reik na ander. Prof Stephan Joubert: Hoop is n werkwoord! Die dames word Saterdag weggestuur met die Goddelike opdrag om n verskil te gaan maak in hul eie leefwêreld. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za Hierdie gesprekke gaan deurgetrek word na die streekkonferensies in 2015 waar vroulidmate aktief sal meepraat en dink oor vrouwees in die kerk in ons moderne tyd. Vandaar die oproep. Kom susters slaan die hande steeds vaster in mekaar tot troue liefde-arbeid om Christus ons geskaar Wil by ons swakke pogings, u liefde ons laat blyk, en deur ons diens bevorder, u heerlik Koninkryk! Mev Tessa Coetzer Voorsitter NHSV 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Beroep aanvaar Prop A (Annézel) Otto (beroepafwagtend) na Sionspoort (deeltyds) Vakante standplaas Prop Annézel Otto Gemeente Grimbeekpark in Potchefstroom het n werksruimte vir deeltydse bediening met gedeeltelike versorging geskep wat per werksooreenkoms jaarliks gevul kan word. Die werkopdrag en samestelling van die versorgingsvoordele sal met geskikte aansoekers bespreek word. Benewens blootstelling aan ampswerk in die breë, is die vestiging en uitbou van jeugbediening en die bediening aan jong gesinne die primêre bedoeling van die opdrag. Die kerkraad behou die reg voor om ook kandidate wat nie aansoek doen nie, te oorweeg asook om die pos te vul wanneer dit geleë is. In oorleg met die hoof van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) kan n student in sy of haar fi nale jaar ook oorweeg word. Aansoeke kan gerig word aan die voorsitter van die komitee verantwoordelik vir die beroepswerksaamhede, oudl Phonnie Smit, by pbd.psmit@offinet.co.za. Aansoeke kan ingedien word tot 18 Julie 2014. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Ds Martin Fouché van Gemeente Riebeeckstad in Welkom se vader is Sondagaand 6 Julie in die ouderdom van 91 jaar oorlede. Die roudiens het op Donderdag 10 Julie in Reitz plaasgevind. Ons innige simpatie gaan aan ds Fouché en hul familie. Die kontaknommers van Gemeente Heilbron is nou: Kerkkantoor 058 852 1737 en ds Nico Brayshaw 058 852 3950. TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS. Die AKV het besluit dat die deurkollektes van Sondae 27 Julie en 3 Augustus aan die Teologiese Opleidingsfonds afgestaan word. Gemeentes betaal dan die deurkollektes oor in die Fonds se rekening by ABSA: Teologiese Opleidingsfonds, rekeningnommer 404 863 2649. September is Bloedskenkmaand en ons wil graag soveel Hervormers moontlik daarby betrek. Dit sal interessant wees om uit te vind watter predikant, manlike lidmaat en vroulike lidmaat in die Nederduitsch Hervormde Kerk al die meeste eenhede bloed geskenk het. Stuur asseblief n e-pos met BLOEDSKENK in die onderwerpreël aan egf@global.co.za en gee jou naam, hoeveel eenhede jy al geskenk het en in watter een van die gemelde drie kategorieë jy val. Wie weet, miskien kan daar n prys gewen word! Die e-hervormer se nuusbrokkies oor die Hervormde Kerk word nou al vir meer as ses jaar elke week elektronies uitgestuur aan n groeiende leserspubliek. Maar hoe ontvang jy jou e-hervormer? En wanneer? Het jy geweet dat enigeen self op die e-hervormer kan inteken, en dat dit gratis is? Jy hoef nie te wag dat jou gemeente of familie of vriende dit vir jou aanstuur nie; jy kan self daarop inteken en dit ontvang sodra dit uitgestuur word. Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za met die boodskap Teken in op e-hervormer as onderwerp. En as jy van vriende 2

of familie (in enige gemeente, in enige kerk, of op enige plek in die wêreld) weet wat ook graag die e-hervormer sal wil lees, kan jy hulle gerus nooi om dieselfde te doen. MENINGSPEILING OOR KOMMUNIKASIE IN DIE KERK. SENTIK het n vraelys wat kan vasstel hoe effektief die kerklike kommunikasie is en wat lesers se mening oor die inhoud, formaat en waarde van die kerklike publikasies is, by die onderstaande skakel geplaas. Ons sal dit waardeer indien ons lesers die vraelys sal invul deur die toepaslike kode te omkring. Verskaf asseblief ook die persoonlike inligting individuele antwoorde sal vertroulik gehou word, en slegs gesamentlike statistieke sal bekendgemaak word. U naam sal dus nie aan u antwoorde verbind word nie. Ons moet die voltooide vraelyste voor 24:00 op Vrydag 25 Julie ontvang. http://www.itrresolutions.co.za/nhka2014/vraelys.html VOEDSELNOODLENIGING IN DIE PLATINUMGORDEL. Ds Neels van Tonder van Gemeente Buffelspoort skryf soos volg: Die berig dat die staking verby is, het nie meegebring dat die krisis in die platinumgordel oor is nie. Kontrakteurs en subkontrakteurs is aangesê om vir minstens nog vier weke van die myne af te bly. Vir daardie gesinne beteken dit dat hulle steeds sonder inkomste sit. Sommige kontrakteurs het reeds kennis gekry dat hulle volledig afgelê word en dus geen werk meer het nie. Die nuusmedia berig nie oor hierdie gevolge nie. Ons het groot waardering vir hulp wat reeds aan die gesinne in die huidige Rustenburg-krisis verleen is. Ons wil steeds die vrymoedigheid neem om te vra dat gemeentes sal probeer om vol te hou met hulpverlening. Al die skenkings word in pakkies per gesin verpak. Klein verpakkings van produkte maak die opmaak van kospakkies baie makliker. Eenhede van byvoorbeeld 750 ml olie, 1-2 kg suiker, ensomeer, is makliker om dadelik te verpak as produkte wat in groot mates of volumes kom. Wanneer die produkte in houers herverpak moet word, word die indruk geskep dat van hierdie produkte reeds oopgemaak of oud is. Tans het ons n ooraanbod aan meel moet dus nie in hierdie stadium nog meel skenk nie. Produkte waarmee lidmate kan help, is die volgende: Kookmiddels: Kookolie (verkieslik 750 ml), sout, peper, kruie en speserye. Kos: Ontbytkos (weetbix, all bran, hawermout), beskuit, provita, koffi e, suiker, tee, (milo of warm sjokolade as bederf), langlewemelk, eiers, kaas, weense worsies. Wat met koelgeriewe gebring kan word: Gevriesde groente, vleis (soos hoenderstukkies). Pasta: Spaghetti, macaroni, pastageurmiddels of -souse, pakkies sop. Groente en blikkieskos: Gevriesde of vars groente, aartappels, boontjies, wortels, pampoen, patats. Gedroogde produkte: Sousboontjies, rys, sojaboontjies, sojavleis, toppers. Blikkies met vleis: Boeliebief, tuna, frikkadelle, worsies, sop, sardientjies. Smeermiddels: Margarien, grondboontjiebotter, marmite, Bovril, konfyt. Lekkernye (vir kinders): Lekkergoed, koeldrank, koekies, aartappelskyfi es, pakkies grondboontjies en rosyntjies. Babaprodukte: Babakos, babamelkpoeier, Purity, babadoeke, formulemelk, wet wipes, Vaseline, babalyfpoeier, babasjampoe, oorstokkies, babatandepasta en tandeborsels, babakomberse, komberse. Toiletware: Seep, sjampoe en opknappers, skeerskuim, room, weggooibare skeermesse, deodorant, tandborsels, tandepasta, oorstokkies, Savlon, sanitêre doekies, toiletpapier, waslappe, handdoeke. Skoonmaakmiddels: Skottelgoedopwasmiddels, seeppoeier (500 g 1 kg), kombuis- en badkamerskoonmaakmiddels soos Handy Andy, Domestos, Jik, besems, moppe, stofl appe, waslappe, vadoeke, Vim, staalwol, potskuurders, goldilocks. Medisyne: Hoofpynpille, pynstillers vir kinders, Vicks, hoesmiddels, pleisters, verkouemedisyne. 3

Skoolbenodigdhede: Penne, potlode, uitveërs, inkleurpotlode, skryfblokke. Dierekos: Hondekos, katkos, voëltjiesaad. Finansiële bydraes: Gemeentes kan bydra tot die Kerk se Rampfonds (Raad van Finansies, ABSA Bosmanstraat, tjekrekening 020 000 287, verwysing 16RAMP + donateur se naam). Individue kan bydra tot Projek 21, ABSA, takkode 632005, tjekrekening 407 119 9298; vermeld asseblief jou naam en van op die oorbetaling. Jy kan ook R20 skenk deur RUST en jou naam te SMS na 40156. Vir verdere hulp of besonderhede kan ds Neels van Tonder gekontak word by 072 633 3367, of per e-pos by nvtonder@vodamail.co.za. HULP AAN GEMEENTE IN BULAWAYO. Persone wat die gemeente fi nansieel wil ondersteun, kan ds Theuns Botha kontak by camelhors@gmail.com. Inbetalings kan gedoen word by ABSA, rekening Raad van Finansies, rekeningnommer 020-000-287, takkode: 632-005, verwysing 16BULA + naam (bv 16BULA Wapadrant). Gemeentes moet asseblief NET die gemeentenaam of individu se voorletters en van intik. Betalingsbewyse kan gestuur word na ds Theuns Botha by e-posadres camelhors@gmail.com. U kan ook aansluit by hul Facebookblad-lidmate by https://www.facebook.com/pages/afrikaanse-samewerkende-kerke-bulawayodutch-reformed-churches/137302096362582 HOOF: HERVORMDE TEOLOGIESE KOLLEGE Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wag aansoeke in vir die pos van Hoof van die HTK wat gesetel is aan die Universiteit van Pretoria. Die pos moet gevul word vanaf 2015. Van die Hoof van die HTK sal onder andere die volgende verwag word: Praktykvorming van teologiestudente met die oog op gemeentelike bediening in die NHKA. Ontwikkeling van n toepaslike kurrikulum vir die HTK ten opsigte van praktykvorming. Ontwikkeling van toepaslike kursusmateriaal vir gemeentes en predikante. Toerusting van ampsdraers en lidmate. Fasilitering van bepaalde prosesse in gemeentes. Ontwikkeling van bedieningsvaardighede van predikante. Ontwikkeling van leierskapsvaardighede. Skakeling met soortgelyke kolleges en opleidingsentra in die binne- en buiteland. Oorhoofse bestuur van die Hervormde Teologiese Studies (HTS) in samewerking met die redakteur en redaksie. Die geskikte kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen: n Geordende predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Oor n Doktorsgraad in die teologie beskik. n PhD in Praktiese Teologie en n kwalifi kasie in Bestuurswetenskap sal aanbevelings wees. Moet gesonde en gebalanseerde interpersoonlike verhoudings handhaaf en teologiestudente pastoraal kan begelei. Op die hoogte wees van die huidige teologiese diskoers en daaraan kan deelneem. Rekenaarvaardig wees. Aansoekers moet die volgende dokumente indien: Volledige CV. Gesertifi seerde kopieë van kwalifi kasies. Name en kontakbesonderhede van twee referente. n Selfevaluering van hoogstens een bladsy. n Visie vir die uitbou van die HTK. Inligting oor die HTK is beskikbaar by piet@nhk.co.za. Van kandidate mag verwag word om n MBTI-vraelys te voltooi. 4

Ds Denise Schmidt Ds Dries Beukes Die pos bied die volgende voordele: n Kontrakaanstelling vir 5 jaar. Traktement in lyn met die Kerk se skale. Behuisingstoelaag. Verlof soos per verlofreglement van predikante in die Kerkorde (langverlof is nie van toepassing op hierdie pos nie). Motortoelaag. Aansoeke moet voor of op 31 Julie 2014 ingedien word by mnr Piet Beukes, per faks by 086 630 5150 of per e-pos by piet@nhk.co.za. HALFDAG SEKRETARIËLE POS: GEMEENTE NABOOMSPRUIT Volledig Afrikaans en Engels magtig Akkuraat en georganiseerd Vriendelik, eerlik en betroubaar Rekenaarvaardig Goeie administratiewe vaardighede Koördinering van funksies vorm deel van die pos Ondervinding sterk aanbeveel Handig aansoeke in by die gemeentelike kerkkantoor of e-pos aansoek met CV na nhknbs@telkomsa.net Navrae: 014 743 1325 Spesiale eredienste en feesnaweke Sondag 27 Julie: Gemeente Klerksdorp-Suid Bevestiging van ds Denise Schmidt Dr André Ungerer sal die Kommissie van die AKV verteenwoordig Sondag 14 September: Gemeente Swartkop Emeritaataanvaarding van ds Dries Beukes Prof Theuns Dreyer sal namens die Kommissie van die AKV optree Mnr Elmar Struwig sal namens die Raad van Finansies groete oordra Oudl Jan Beukes van die Kommissie van die AKV (en broer van ds Dries) sal ook teenwoordig wees Winter Nog n gedig vir die winter Nou lê die aarde nagtelang en week in die donker stil genade van die reën, en skemer huise en takke daeliks bleek deur die wit mistigheid en suising heen. Dis alles ryk en rustig van die swaar geheime wasdom wat sy paaie vind deur warm aarde na elke skeut en blaar, en ver en naby alles duister bind in vog en vrugbaarheid en groot verlange; tot ons n helder middag skielik sien die gras blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis? NP van Wyk Louw (Vier gebede by jaargetye in die Boland. Mei-Julie 1937. Uit: Versamelde gedigte 1981) 5

Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 25 Julie, en word hartlik geluk gewens: Di W (Willem) Dykema (Bloemfontein), JJ (Johan) Greyling (Tarlton) en JF (Hannes) van der Merwe (Pretoria-Oos) Ds MM (Mari) du Plessis-Manders (Suidoos- Witbank) en dr GJ (Gert) Volschenk (buiteland) Di JA (Hannes) Jansen van Rensburg (Brakpan- Harmonie), SFC (Coetzee) Ras (Edenvale) en AJ (Adam) Zwarts (emeritus) Ds FGJ (Kalfi e) Loots (emeritus) Ds J (Juanita) du Preez (Pierneef) Ds PJHS (Henk) Pienaar (Bosmansrust) Donderdag 17 Julie: Sondag 20 Julie: Maandag 21 Julie: Dinsdag 22 Julie: Woensdag 23 Julie: Donderdag 24 Julie: Beplande vergaderings 17 tot 19 Julie: NHSV Kongres Maandag 21 Julie: Kernkomitee: Finansies en Administrasie Dinsdag 22 Julie: ADV Kommunikasie Beurskomitee Komitee vir Herskrywing van Kerkorde Woensdag 23 Julie: OSR Bestuursvergadering Donderdag 24 Julie: Redaksie van Die Hervormer ADV Finkom Bejaardesorg Bestuurskomitee Vrydag 25 Julie: Moderamen OSR Finkom SP Engelbrecht-museum Allegaartjie Baie mense se reputasie sal nie hul karakter herken as hulle mekaar op straat sou raakloop nie. (Elbert Hubbard) Beskikbare behuising Behuising vir en versorging van bejaarde persone Kontak Hannelie Fourie van Ons Tuis en Monumenttehuise (OTMT) 012 325 1857 x202 / www.otmt.org Kamers vir selfversorgende bejaardes Huis Tafelberger in Monte Vista, Kaapstad Navrae aan mev Anna Hanekom by 021 872 6301 of ds Kathleen Smith by 021 551 5264 Konserte en feeste Vrydag 1 Augustus: Gemeente Bronkhorstspruit Musiekaand met Jakkie Louw Plek: De Oude Werf Tyd: 18:30 vir 19:00 Kaartjies: R100 per persoon, R50 vir laerskoolkinders Navrae: 013 932 2929 / 083 448 9563 Saterdag 23 Augustus: Gemeente Noordelike Pretoria word 80 Optrede van Liza Brönner 10:00 in die kerkgebou 6

Daarna plaasontbyt en lekker kuier (sap en koffi e ingesluit) R100 vir volwassenes, R60 vir persone bo 65 en laerskoolkinders (voorskoolkinders gratis) 12de Laan 512, Gezina, Pretoria Bespreek vroegtydig by Marian Jordaan 082 937 7562 of gemeentelike kerkkantoor 012 335 9148 Vrydag 5 September: Gemeente Montana Konsert met Burgerd en Zita Ten bate van barmhartigheid in ring van Noordelike Pretoria Wegneemetes vanaf 17:00, konsert 18:30 Volwassenes R80, kinders R30 Kaartjies beskikbaar by Montana-kerkkantoor 012 567 1753 Kampe en toere Konteks-leserstoer na Turkye: Vertrek 5 Oktober 15 dae op die voetspore van die eerste Christene Toerleier: Ds Dries Beukes 012 654 3198 / 083 447 7943 Vir meer inligting, kontak Louise Geyser (formele reisagent) 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za Gaan na www.konteks.co.za Inligting en skakels Konteks-leserstoer vir volledige inligting en besprekingsvorm Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Rooihuiskraal: 4x4-pretdag vir die hele gesin Saterdag 2 Augustus n Kosstalletjie en springkasteel vir kinders met volwasse toesig terwyl ouers die roete ry Inligting en besprekingsvorms by www.ebs4x4.co.za Gemeente Witfield: Fondsinsameling 18 pragtige liggewig kaskarre gebou van pyp en aluminiumplate Te huur @ R400 per kaskar of R5 000 vir 18 kaskarre Kontak ds Theo Janse van Nieuwenhuizen by 083 232 5101 / 011 826 4017 of Alida Reed by 082 228 3552 of skakel kantoor op Dinsdae, Woensdae of Vrydae tussen 09:30 en 14:30 by 011 826 4625 Gemeente Sasolburg-Suid: Vakansie te wen 15-19 September 2014 Selfsorg by Crystal Springs vir 4 volwassenes en twee kinders Slegs R50 As jy kan doen met n blaaskans, kontak Tobie by 083 327 1500 Bulawayo: Gemeente-hulpfonds 2014: Kompetisie Vir pastorale bediening aan bejaarde en behoeftige lidmate Wen vleis of kontant vleis sal deur u naaste slaghuis gelewer word Inskrywings in veelvoude van R20 Trekking Saterdag 6 September 2014 Navrae aan Marlene van der Merwe in Pretoria: 072 436 6714 Basaars en markte Saterdag 30 Augustus: Gemeente Mafeking: Basaar Tema: Reënboogfees 09:00 tot 15:00 op die kerkterrein, hv Tillardstraat en Nelson Mandelaweg 7

Snuisterye, handwerkartikels, tuisgebak, plante en troeteldiere te koop Speletjies vir die jongspan Veiling van onder andere plaaslik vervaardigde houtwerkartikels Besoek die restaurant en kosstalletjies uitsluitlik deur gemeentelede bedryf Navrae oor fees aan Kallie en Nelia Landsberg 079 893 9031 / 083 665 6239 Nie-kosstalletjies teen R200 elk beskikbaar Kontak Magda by 0828251913 of magda.redelinghuys@gmail.com ANDER NUUS Die Ondersteuningsraad (OSR) as welsynsorganisasie van die Hervormde Kerk het amptelik as SEB-organisasie geregistreer (BEE: Black Economic Empowerment). Hierdie registrasiesertifkaat kan van mev Ansie Cromhout by 012 322 8885 x290 of oraad@nhk.co.za aangevra word indien enige persone/ instansies/maatskappye donasies/skenkings wil maak. Al meer donateurs is slegs geneë om skenkings te maak aan welsynsorganisasies wat SEB-status het. Met die OSR se SEB-status sal daadwerklik gepoog word om meer donateurs te werf om die fi nansiële volhoubaarheid van die OSR te probeer verseker. Donderdag 31 Julie 17:00 tot 22:00 Konferensie: Die Belydenis en die onderwys By Gereformeerde Kerk Die Kandelaar Ligte ete beskikbaar teen R30 Bespreek vooraf vir ete by 012 332 4535 / kerkkantoor@gkkandelaar.co.za Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. 8

Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000- 287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. AGTERBLAD Gebed vir die week Here, dink aan u kerk. Onthou tog om haar te verlos van die bose en om haar in u liefde te vervolmaak. Bring vanuit die vier windrigtings haar geheiligdes na u koninkryk want aan U behoort die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. (Die Didache c 100) Redakteur: Ds David Barnard Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mej Izelle Marx 9