e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

Die genade gawes Van God:

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

VOORBLAD. Dames of susters?

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 21 Januarie 2010 Jaargang 2 Uitgawe 45 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding? Deel van die unieke aard van die Hervormde Kerk is ons klem op eie opleiding van ons predikante. In 2009 het ons die 100-jarige bestaan van die Kuratorium gevier, met n gedenkalbum wat hierdie jaar gepubliseer sal word. Intussen het die opleiding van ons toekomstige predikante rustig sy gang gegaan. Oor sewe jaar vier ons saam met die Universiteit van Pretoria (UP) die 100 jaar van Hervormers as dosente aan die Fakulteit Teologie. Nadat die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) 20 jaar later ook by UP aangesluit het, was daar vir meer as n halfeeu die Fakulteit Teologie Afdeling A en B. Met die nuwe demokrasie het n nuwe bedeling by UP gerealiseer en is die twee afdelings saamgevoeg om een ekumeniese Fakulteit te vorm. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Hierdie jaar is die aanvangsjaar van die nuutste kontrak wat met UP beding is. Die vorige kontrakte was vir vyfjaartermyne, terwyl die nuwe kontrak vyf dosente verseker en geen hernuwingsdatum het nie. Die Fakulteit se profi el het ook verander. Die Presbiteriane het ook intussen deel geword van die Fakulteit, en daar is ander kerke wat onderhandel om in te koop in die ekumeniese Fakulteit. Die Hervormde dosente het in die tussentyd voortgegaan om hul akademiese insette te lewer en het n groot invloed op die inhoud van die leermateriaal en die kwaliteit van opleiding wat gegee word. Hul werkslading het vergroot aangesien klasse ook in Engels gegee moet word. Om te verseker dat die opleiding steeds aan die behoefte van die Kerk voldoen, is daar voortgesette gesprekke tussen die Kuratorium en die dosente. Die Fakulteit is ekumenies en kan daarom nie aan al die verwagtinge van die Kerk voldoen nie. Daar is gelukkig twee feite wat hierdie leemte ondervang. Die nuwe kontrak maak, soos die vorige kontrakte, voorsiening vir kerkeie asook kerkspesifi eke modules. Die dosente en die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) in die besonder is verantwoordelik vir die aanbied van hierdie leermateriaal. Dit is veral by die HTK dat die studente as spesifi ek Hervormde predikante geslyp word. Hoe meer kerke inkoop by die Fakulteit, hoe groter gaan die taak van die HTK word om te verseker dat ons studente steeds in die Hervormde idioom dink en praat. Wat die studente betref, wil dit lyk asof die grootste keerpunt in die Kerk se toekom- stige voorsiening juis hier plaasvind. n Vinnige kykie na die registrasie van studente oor die afgelope 25 jaar maak ons die volgende wys: In 1987 was daar 43 studente wat vir die eerste jaar ingeskryf het, met n totaal van 160 studente oor die ses jaar versprei. Dit beteken dat daar in 1987 meer eerstejaars was as die totale getal studente in 2004 (39), 2005 (39), 2006 (40) en 2008 (38). Gelukkig het daar nou drie jaar na mekaar 10 of meer studente aangemeld as eerstejaars. Dit het tot gevolg dat die totale getal Hervormers tot meer as 50 gestyg het. Dit beloof in die toekoms n konstante voorsiening van predikante aan die Kerk. Die Kerk moet die studente ondersteun en aanmoedig. Van die 43 wat in 1987 begin het, het net 22 in 1992 afstudeer. Die predikante van die toekoms word nóú gevorm dra hulle asseblief in u gebede. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Dr Johan Otto, Voorsitter: Kuratorium vir Teologiese Opleiding 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak asseblief ef die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Beroep ontvang Ds Gerrie Senekal van Lichtenburg na Gemeente Tzaneen Vakante standplaas Ds Gerrie Senekal Gemeente Theresapark se huidige predikant aanvaar op Sondag 28 Februarie emeritaat. Die gemeente wil so gou moontlik daarna die vakante volsorgstandplaas vul, en wag daarom aansoeke in van predikante wat oor minstens 10 jaar ervaring in die bediening beskik. Daar sal van kandidate verwag word om, na indiening van die aansoek en CV met n kort beskrywing van persoonlike visie en vaardighede, in gesprek te tree met die beroepskomitee, die gemeente op n Sondag saam met sy/haar gade te besoek en die erediens te lei. Die Kerkraad behou die reg om n predikant te beroep wat nie aansoek gedoen het nie. Ds Louis Pienaar Ds Johan du Toit Aansoeke moet die gemeente voor 31 Januarie bereik. Rig aansoeke aan die skriba, Hennie Venter, by Posbus 43524, Theresapark 0155, of per e-pos na nhtheresapark@absamail.co.za. Vir meer inligting, kontak die gemeentelike kerkkantoor by 012 542 3568 of 073 099 3699. PREDIKANTE EN GEMEENTES Velkanker is by ds Louis Pienaar van Gemeente Pretoria gediagnoseer. Ds Pienaar en sy gesin word sterkte toegebid. Emerituspredikant ds Johan du Toit en sy vrou, Rina, is op 30 Desember deur gewapende rowers in hul huis oorval. Hulle het genadiglik ongedeerd daarvan afgekom. Ds Johan Greyling van Tarlton besoek Harare hierdie naweek. Die volgende predikante verjaar van 21 tot 29 Januarie, en word hartlik geluk gewens: Donderdag 21 Januarie: Vrydag 22 Januarie: Saterdag 23 Januarie: Sondag 24 Januarie: Maandag 25 Januarie: Dinsdag 26 Januarie: Woensdag 27 Januarie: Donderdag 28 Januarie: Vrydag 29 Januarie: Di Stephen de Beer, Gerrie Senekal en dr Johan Nel Ds Wim Slabbert Dr Wouter van Wyk en ds Jan Wallis Prop Marius Kramer Di Riaan Botha, Pierre Kotzé en Stephan (Oppies) Opperman Di Marita Engelbrecht, Richard van der Westhuizen en dr Marthinus Pretorius Ds Elmien Snyman Ds Sanet van der Walt Dr Jaco Beyers, di Eduard Engelbrecht en Heloïse Herbst Op n buitengewone vergadering van die ring van Pietermaritzburg op Saterdag 16 Januarie is goedgekeur dat die lidmate by Amanzimtoti afstig van Gemeente Durban-Suid en n selfstandige gemeente vorm. Die Moderamen sal by sy vergadering op 28 Januarie die saak verder in opdrag van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) hanteer. 2

Jongmense: Kom kuberklets en kuier oor dit wat vir julle belangrik is! Lekkerkerker is n virtuele geloofsgemeenskap vir jongmense. Nou het julle n eie ruimte om met mekaar te gesels, geloofsversterking te vind en idees uit te ruil. Lekkerkerker gaan jongmense met mekaar verbind. Gaan kyk by www.lekkerkerker.blogspot.com. Die amptelike loodsing is op 1 Februarie, maar gaan kyk en laat weet ons intussen wat jy dink! Op Sondag 24 Januarie van 18:00 tot 19:30 bied die jongmense van Gemeente Wonderboompoort in Eloffsdal die jeugbediening Magtige Dreuning aan. Die teikengroep is die jonges tussen 13 en 30. Gemeentes word versoek om hierdie inisiatief vir jongmense uit al die ringe van Pretoria goed te ondersteun. Kontak ds Johann de Bruyn by 012 335 0040 of cjdb@vodamail.co.za met getalle vanaf u gemeente vir voorbereidings, of indien u meer inligting verlang. Gebruikers van die Almanak moet enige wysigings aan inligting asseblief deurgee aan mev Karen Breedt, 012 322 8885 x257 of karen@nhk.co.za, sodat dit op die stelsel aangebring kan word. Voorstelle vir en kommentaar oor die Almanak kan gestuur word aan die redakteur, ds Kálmán Papp, by papp@biblesociety.co.za. Die volgende veranderings kan nou aangebring word in die 2010-uitgawe: Bl 87: Die voorsitter van Gemeente Kruin se ouderlinge is oudl MJ Hesselink (Jannie), 011 764 1082 / 082 964 9916 / jannie@sbhlawyers.co.za. Hul NHSV-voorsitter is mev LEM Coetzee (Louise), 011 660 4257 / 076 474 2822 / l.coetzee65@telkomsa.net. Ds Kobus Pienaar se nuwe e-posadres is ajpienaar@gmail.com. Ble 98, 136 en 155: Ds Paul (JP) Janse van Rensburg van Gemeente Primrose is deeltyds en nie deelsorg nie. Bl 166: Prof Alex Antonites se vrou se naam is Marié, nie Marita nie. Bl 167: Ds Hennie (HN) Botha se vrou se naam is Annatjie, nie Elna nie. Bl 168: Ds Paul (PP) Jooste het ook n e-posadres. Dit is diejoostes@vodamail.co.za. Bl 170: Ds At (AS) van den Berg se huidige adres is Posbus 766, Gansbaai 7220, en sy kontakbesonderhede tel 028 384 2465 / 078 153 4468. Bl 170: Dr Hennie en Magda van Deventer se nuwe adres is Machteld Postmus 4, Alexanderstraat 372, Brooklyn 0181, en hul huistelefoonnommer 012 346 2653. Voormalige Moderator van die Maranatha Reformed Church of Christ (MRCC) en leraar van Ramotse (Klipdrif) MRCC-gemeente, ds Alfred Rivombo, het n dringende versoek gerig namens n lidmaat, mev Catherine Ledwaba. Sy wag op die skenking van n nier. Die bloedgroep moet B of O wees. Kontak haar man, Willem Ledwaba, by 072 975 3249 of ds Rivombo by 073 509 3371. Ds Stephen Jonker, n voormalige NG-predikant, het agt jaar gelede na Australië geëmigreer en by die Presbiteriaanse Kerk aangesluit. Die afgelope ses jaar het hy dié Kerk in South Grafton bedien. Nou werk hy vir die Roseville Presbiteriaanse Kerk in Sydney en behartig hy as assistent vir die leraar die bediening onder Suid-Afrikaners in Sydney. Persone wat reeds in Sydney woon of wat beplan om daarheen te verhuis, kan hom kontak by sajon@tpg.com.au. 3

Kampe en toere Gemeente Hartebeeshoek bied n Vrouekamp aan van 5 tot 7 Februarie by Mopani Lodge net buite Pretoria. Die aanbieder is ds Janine Bevolo-Manders, en die tema Bon Voyage 2010 in. Hulle gaan onder andere gesels oor: Ons Opperbevelhebber (God); SOS sy onmiskenbare stem (gebed); GPS God se posisioneringsisteem (die Woord); Die roer tongtippietoets; Span die seile (my wil vs God se wil); Die Wind (die Heilige Gees); Die Anker (Jesus Christus/ geloofsekerheid); Die eindbestemming; Alle hande aan boord (geestelike groei); Rowerskepe (dinge wat my aandag aftrek); Die vrag/vrag oorboord (skuldgevoelens/vergifnis). Kontak Janine by bevolo@arestan.co.za vir meer besonderhede. Kom toer saam met Konteks. Daar is net enkele plekke oor. Van 15 tot 19 Maart 2010 toer ons onder leiding van dr Hennie van Deventer na die Natalse Middellande. Die koste beloop R3 750 per persoon wat deel (R800 ekstra vir enkelakkommodasie). Skakel Marius of Leana Wiese van Afton Toere by 033 330 5256 of 082 374 2995. Volledige inligting verskyn in Konteks van Augustus 2009. Daar is ook nog net n paar plekke beskikbaar vir die toer wat onder leiding van ds André Ungerer na die 2010 Passiespel onderneem word. Die vertrekdatum is 8 Junie 2010. Kontak ds Ungerer of sy vrou, Esbé, by 018 468 5129, 082 940 8201 of nhrngzpg@mweb.co.za. Nog n pelgrimstoer vir Christene na Oberammergau en Israel via Switserland vind van 28 Mei tot 8 Junie 2010 plaas. Die toerleier is dr Hennie Botes. Kontak dr Botes by 014 743 0209 of hjbotes@worldonline.co.za. Sportbyeenkomste en -kompetisies Gemeente Klerksdorp-Oos Môrester bied op Saterdag 23 Januarie vir die 10de keer die Novac-fietswedren aan in Klerksdorp. Die wegspring is by die Portugese saal, en die wedren benut beide die Palmfontein- en Faan Meintjies-pad. Ryers kan inskryf vir 70 km, 35 km en 10 km. Daar is ook n kinderren van ongeveer 1 km. Elkeen wat die wedren voltooi, ontvang n medalje en kom in aanmerking vir die gelukstrekkings. Daar is kontantpryse vir die wenners en in sommige gevalle vir die naaswenners. Daar sal ook kosstalletjies wees. Lootjies is beskikbaar teen R50 vir die kans om n Mirida Matts 20 V bergfi ets ter waarde van R3 400 te wen. Navrae kan gerig word aan Veronica Blake by 082 969 1302. Basaars en markte Gemeente Nelspruit hou op Saterdag 30 Januarie die 5de Maroelafees op die kerkterrein in Belladonnastraat, Nelspruit. Dit is midde-in die hoogseisoen van die maroela, en al die aktiwiteite vind plaas rondom hierdie besonderse inheemse vrug. Hulle begin reeds om 08:00 en sal tot laat bedrywig wees. Toegang is gratis! Vir meer inligting, kontak die gemeentelike kerkkantoor by 013 741 1455. ANDER NUUS Die amptelike opening van die Afrika Instituut vir Missiologie (AIM) geskied op Dinsdag 26 Januarie in die Dirk van der Hoffgebou, Jacob Maréstraat, Pretoria. Persone wat dit wil bywoon, moet asseblief vooraf bevestig. Die program sien soos volg daaruit: 08:30 Skrifl esing, gebed en sang (Prof Piet van der Merwe) 4

08:40 Direkteursrede: Edinburgh 1910 Suid-Afrika 2010: Realistiese sendinguitdagings vir die kleiner Protestantse kerke (Prof Natie van Wyk) 09:40 Oorhandiging van n Laudatio aan prof Van der Merwe 10:00 Tee en verversings Die Dosentevergadering begin om 10:30. Die evaluering van voornemende teologiestudente vind by die Universiteit van Pretoria plaas gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie van elke jaar. Matrikulante asook persone wat reeds gematrikuleer het, kan aansoek doen vir evaluering om as student van die Hervormde Kerk te studeer. Aansoekvorms kan aangevra word vanaf die Administrateur, Kuratorium vir die Teologiese Opleiding, Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos betsie.brits@up.ac.za; tel 012 420 5393; faks 012 420 4303. Die sluitingsdatum vir inhandiging van volledig voltooide aansoeke is 30 April van elke jaar. Die volgende vergaderings vind in die komende week plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Vrydag 22 Januarie: ADV Dagbestuur en Ondersteuningsraad se Finansiële Komitee Maandag 25 Januarie: Komitee wat n toerustingspakket skryf vir ouderlinge Dinsdag 26 Januarie: Opening van AIM en die Dosentevergadering Woensdag 27 Januarie: Ondersteuningsraad se Bestuursvergadering Donderdag 28 Januarie: Moderamen van die Kommissie van die AKV Vrydag 29 Januarie: Predikantepensioenfonds en Personeelpensioenfonds KOMMENTAAR Goeiemôre aan almal op die redaksie. Te wonderlik om weer vanoggend die e-hervormer te kon kry. Dankie vir elkeen se harde werk om vir ons te vertel hoe dit met die res van ons familie gaan. Hoop die ruskansie was lekker en ek bid julle baie seën toe vir 2010! Elba Swart ADVERTENSIES Advertensievoorwaardes Advertensies waarin n private individu of instansie die begunstigde is, kan in die e-hervormer geplaas word, op die volgende voorwaardes: Dit bestaan uit teks alleen (geen grafi ka nie), en daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann by produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 630 5153. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Asseblief, moenie vra dat ons uitsonderings maak nie! Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R100 per plasing, vir n maksimum van 50 woorde per advertensie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: 5

Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: SENTIK Ads Met die uitgawe van 4 Februarie breek ons derde jaargang aan. Die koste per advertensieplasing sal dan verhoog tot R114 om voorsiening te maak vir BTW. AGTERBLAD Bybelvasvra 2010 Die Bybelvasvra konsentreer vanjaar op die pastorale briewe (1 en 2 Timoteus en Titus). Dr Gerhard Nel het n Bybelstudiegids daaroor geskryf, wat tans deur SENTIK vir publikasie hanteer word. Die boekie behoort vroeg in die tweede kwartaal vir gemeentes beskikbaar te wees. Hou Die Hervormer en die webtuiste van Konteks dop! BELANGRIKE DATUMS Gemeentevasvra: Soos deur gemeentes besluit Ringsvasvra: Moet verkieslik afgehandel wees voor einde Julie Streekvasvra: Moet asseblief afgehandel wees voor einde Augustus (Let op die nuwe streekindelings!) Landswye finaal: 11 September 2010 om 08:00 by Noordwestelike Pretoria BESTEK Vir gemeentes: Soos besluit deur gemeentes Vir die ringsvasvra: Soos besluit deur die betrokke ringskomitees vir gesinsorg Vir die streekvasvra en landswye finaal Laerskool: 1 en 2 Timoteus Hoërskool: 1 en 2 Timoteus en Titus (plus agtergrond uit boekie van dr Gerhard Nel) Naskool: 1 en 2 Timoteus en Titus (plus agtergrond uit boekie van dr Gerhard Nel) In die volgende drie uitgawes van Konteks verskyn artikels van dr Nel oor 1 Timoteus (Maart), 2 Timoteus (April) en Titus (Mei). REËLS EN STREEKINDELING Maak seker van die reëls en die streek waarbinne julle gemeente deelneem. Baie sterkte met die jeugbediening in die gemeentes! Ds Stephen de Beer Komitee vir Landswye Bybelvasvra Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 6