n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

Σχετικά έγγραφα
e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

VOORBLAD. Positief vorentoe

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 TESSALONISENSE 1:3

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 3 April 2014 Jaargang 7 Uitgawe 9 VOORBLAD n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma n Kind het by die skool eerstens n skryfbord van sy skoolmaat gevat In hierdie uitgawe en vir sy ma gebring. In plaas daarvan om hom te berispe, prys sy hom Voorblad daaroor. Daarna steel hy n jas en bring dit vir haar. Hierdie keer ontvang Beroepe en standplase sy dit nog meer gretig. Soos die tyd aanstap en hy n jongman word, waag Predikante en gemeentes Agterblad hy sy hand aan nog groter diefstalle. Op n dag is hy op heterdaad betrap en word toe, met sy hande agter sy rug geboei, na die laksman gelei. Sy ma gaan in rou agterna en slaan op haar bors. Hy sê dat hy iets in haar oor wil fl uister, maar toe sy naderkom, byt hy haar onverwags aan die oor en skeur n stuk af. Sy verwyt hom oor sy oneerbiedigheid, dat hy nie genoeg gehad het aan dit waaraan hy hom reeds versondig het nie, en nou ook nog sy ma se gesig geskend het. Maar die geboeide onderbreek haar en sê: Maar as jy my destyds al gestraf het, toe ek die eerste keer die gesteelde skryfbord gebring het, sou ek nie die punt bereik het waar ek na my dood toe gelei word nie. (Uit Esopus se fabels. Piet Boshoff en Gafi e van Wyk, Scribamus 2008) Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Hierdie ou, ou fabel van Esopus (620-564 vc) leer dat dit wat nie van die begin af in toom gehou word nie, handuit sal ruk. Deur op n oordrewe manier n storie te vertel, maak die fabel sy eenvoudige punt. Ons beleef tans in Suid-Afrika n situasie wat amper fabelagtige afmetings begin aanneem. Die Openbare Beskermer se verslag bewys dat aanbouings en verbeterings aan die private woonhuiskompleks van ons Staatspresident te Nkandla gedoen is teen n koste van miljoene der miljoene rande. Die rede wat aanvanklik aangevoer is, naamlik dat die uitgawe van ver meer as R200 miljoen aangegaan is ter wille van die veiligheid van die President en sy gesin, blyk van alle waarheid gestroop te wees. Dat dinge soos superluukse hoenderhokke, beeskrale, n amfi teater en n swembad op belastingbetalers se koste gebou word as sou dit veiligheidskenmerke wees terwyl daar soveel armoede in ons land heers, skreeu ten hemele. Wat soms die ergste pla, is die gevoel van absolute magteloosheid wat n mens beleef as jy van dié dinge hoor en besef dat jy feitlik niks daaromtrent kan doen nie. Dalk kan n mens tog iets bereik deur die oordrewe uitspattigheid van n Nkandla te gebruik soos n fabel om daarmee n eenvoudige punt te probeer maak: Eendag was daar n koning. Hy wou baie graag baie gewild wees by sy mense en daarom het hy hom omring met raadgewers wat baie van hom gehou het en ja en amen gesê het op alles wat hy gedoen het. Die koning het gedink dat as hy vir hom die mooiste en grootste en blinkste huis in die hele land kan bou, dan sal al die mense hom nog meer bewonder en nog meer van hom hou. Hy gee toe vir sy raadgewers die opdrag en hulle vat sy planne en bou iets wat baie beter en groter is as wat die koning beplan het. Die koning was baie in sy skik, want oral waar hy gekom het, het hy gesien dat die mense in die land groot glimlagte op hul gesigte kry wanneer hulle hom sien. Kyk hoe lief is die mense vir my, kyk hoe bewonder hulle my!, het die koning by homself gedink. Wat hy nie besef het nie, is dat die mense vir hom gelag het, net soos hulle ook vir die hofnar in die paleis gelag het. Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels 28). Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za Ds Etienne Fourie e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Prop C (Carusta) van der Merwe (beroepafwagtend) na die Nederlandssprekende Gemeente (deeltyds) Beroep aanvaar Prop Carusta van der Merwe Prop C (Carusta) van der Merwe (beroepafwagtend) na die Nederlandssprekende Gemeente (deeltyds) PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Helene Fourie en Jos van Basten Lesers en adverteerders moet asseblief kennis neem dat daar nie die week van 28 April tot 2 Mei n e-hervormer sal verskyn nie. Nuwe Testament en Psalms Mev Helene Fourie, jare lank lidmaat van Gemeente Pretoria-Oos, is op 30 Maart in haar slaap oorlede. Sy was 84 jaar oud. Sy was lank verbonde aan die gemeentelike kerkkantoor en n geliefde lidmaat. Helene was die oudste dogter van n pionierpredikant van die Kerk, wyle dr PW Venter. Sy word oorleef deur drie getroude kinders en twee susters, Petra van Basten en Amora Nel. n Gedenkdiens word op Maandag 7 April om 10:00 gehou in die kerkgebou in Delyweg, Waterkloofpark. Die diens word waargeneem deur ds Hannes van der Merwe. Op die foto is Helene twee weke gelede saam met haar susterskind Jos van Basten. UITGEBREIDE LITURGIESE KALENDER. Die ses Sondae van die Lydenstyd is vanjaar 9, 16, 23 en 30 Maart en 6 en 13 April. Prof Natie van Wyk skryf soos volg oor die sesde Sondag van die Lydenstyd (Palmsondag) 13 April. Die sesde Sondag van die Lydenstyd staan bekend as Palmsondag. Jesus se intog in Jerusalem op n donkie (Joh 12: 12-19) word in herinnering geroep. Saam met die skare wuif ons ook ons palmtakke maar ons behoort ook te weet dat ons wuiwende hande elke nou en dan in gebalde vuiste verander. Ons behoort nou gereed te wees vir die herdenking van die heilige week. Vanselfsprekend gaan dit nie net om ons eie geloof en gebrek aan geloof nie. Hierdie gebeure sal ons help om opnuut te ontdek wie en wat Jesus Christus werklik is. Liedere wat Christus se koningskap en knegskap besing, sal gepas wees. Lesers sal opmerk dat ons hierdie inligting altyd n week vooruit plaas, om predikante die geleentheid te gee om daarvolgens vir eredienste voor te berei. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika nooi alle lidmate in die noorde van die land vriendelik uit na n bekendstellingsgeleentheid van die Nuwe Testament en Psalms: n Direkte Vertaling op Woensdag 9 April om 19:00 in die kerkgebou van die AGS Kaleideo gemeente te Fiskaalstraat 32, Glen Marais, Kempton Park. n Aand van voorlesing en musiek word beplan (die TUKS Camerata-koor van Pretoria sal onder andere optree). Lede van die Redaksionele Komitees en ander medewerkers aan hierdie vertaling sal ook by die geleentheid teenwoordig wees en die vertaling sal te koop wees (R35 vir die standaard hardebanduitgawe en R99 vir die verwerkteleeruitgawe met goud-op-snee en duimindeks). Die program behoort nie langer as n uur te duur nie. Die kleredrag is netjies informeel. 2

WAT IS ARMOEDE? Die bedelaar by die robot? Of die inwoner in die plakkerskamp? Jy sal verstom wees oor hoeveel wyer dit strek. Kyk hierdie kort (2 minute) videogreep van die ADV se Werkgroep: Armoede om iets meer daarvan te verstaan. Om dit op Youtube te kyk, klik hier (https://www.youtube.com/watch?v=woiur48owlw) en om dit in goeie kwaliteit af te laai, klik hier (https://www.dropbox.com/s/mffkvs5374g1j6k/wat%20is%20armoede.mp4 14,5 Mb). Vir n formaat om dit op n slimfoon af te laai, klik hier (https://www.dropbox.com/s/9qw8jcu2n45ic29/wat%20is%20armoede%20-%20smartphone.mp4 5,9 Mb). ADV SE JAAR VIR ARMOEDE. Werk moet geskep word, want sonder werk voel mense soms dat hulle nie n doel het nie. Dit beteken nie altyd werk waar geld verdien word nie dit kan ook goedkeuring en erkenning gee as n mens iets vir iemand anders beteken. n Groep werklose vroue kan begin om n diens te lewer deur byvoorbeeld bejaardes se vensters te gaan was, hul inkopies te gaan doen, n stukkie te gaan voorlees, hul hare te was, hul naels en voete te versorg, of soms net n bietjie te gesels. n Paar vroue kan afvalmateriaal en wol gebruik om komberse te maak vir minderbevoorregtes. Onthou ook dat daar baie werkende ma s is wat hulp nodig het tydens vakansies as die kleuterskole sluit; vroue kan hulself bekwaam en adverteer om sodoende hulself te help. Kontak ds Martin Jansen van Rensburg van die Werkgroep vir Armoede by mvr2@telkomsa.net indien jy by hierdie belangrike opdrag betrokke wil raak. EVALUERING VAN VOORNEMENDE TEOLOGIESTUDENTE. Matrikulante asook persone wat reeds gematrikuleer het, kan aansoek doen vir evaluering om Teologie te studeer. Die sluitingsdatum vir inhandiging van volledig voltooide aansoeke is 13 Junie 2014. Die evaluering geskied by die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria op Vrydag 18 Julie 2014. Aansoekvorms kan aangevra word van die Studentebeampte, Kuratorium vir die Teologiese Opleiding, Posbus 2368, Pretoria 0001; tel 012 420 5393; faks 012 420 4303; of per e-pos van betsie.brits@up.ac.za. AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. Ouer persone met swak sig, veral alleenlopendes, kan maklik vereensaam. Gaan kuier gereeld vir so n persoon en, waar moontlik, help so n persoon om steeds aan aktiwiteite in die omgewing deel te neem. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448. Spesiale eredienste en feesnaweke Op Sondag 13 April om 11:00 word die nuwe kerkgebou van Gemeente Van der Hoff in Groblersdal ingewy. Oudlidmate van die gemeente is welkom om die geleentheid by te woon. Rig navrae aan ds Johan du Preez by 072 461 0993. Eredienste in Durban-Suid. Gedurende die vakansie en oor al die langnaweke is daar eredienste in Durban-Suid om 08:30. Op Goeie Vrydag is die erediens en Nagmaal ook om 08:30 in die kerkgebou by Beaconweg 137, Bluff. Navrae kan gerig word aan prof Bieks Beukes by beukesm@telkomsa.net of 072 036 4960. Neem vroegtydig kennis: Op 31 Januarie 2015 word Gemeente Horison Roodepoort 50 jaar oud. n Feesnaweek word beplan: Vrydagaand 30 Januarie kamermusiekgeleentheid met klassieke musiekuitvoeringe in die kerkgebou. Navrae aan Jenneke ter Wolbeek by 082 687 2291. Saterdag 31 Januarie potjiekoskuier by die kerk. Die hoogtepunt is die Nagmaaldiens op Sondag 1 Februarie om 09:00. Alle oudlidmate en belangstellendes word hartlik uitgenooi om in dankbaarheid teenoor die Here en met vreugde hierdie mylpaal in die gemeente se geskiedenis te kom meemaak. Navrae aan dr Gerhard Nel by 082 8235 074 of gnel@nhk.co.za. 3

n Gedig vir Lydenstyd Dit is volbring mens sien pas voor die oomblik van die dood glo prente van tevore, kiekies uit n laai wat lank daar lê: die skoolkonsert, die groot party, son op die agterstoep, n skaaprib bruin gebraai straks het die Heiland só op golgota gesien: net voor die sterwe goeie dinge, hoe Hy slaap terwyl dissipels roei, die vroue wat Hom dien die bruilofsvrolikheid en hoe die wyn opraak dalk was getsémané te naby, al die angs, sy lyf te stukkend van die kats en spykers, te vol pyn verwarring in die tuin het almal uitmekaar gedryf hoe kon Hy nog aan kana dink by hisop en asyn? tog moes Hy dit onthou hoe hul vry uit kon vaar voor Hy, bloed oor die ribbes, kon vergeef: dis klaar IL de Villiers (Uit: Leviet en vreemdeling, 1978) Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 11 April, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 3 April: Ds D (David) Barnard (Magaliesmoot) Vrydag 4 April: Ds GS (Stephan) Botha (Klerksdorp-Oos Môrester / Klerksdorp-Wilkoppies) Saterdag 5 April: Dr T (Tanya) van Wyk (beroepafwagtend) Sondag 6 April: Ds TH (Theo) Janse van Nieuwenhuizen (emeritus) Maandag 7 April: Di C (Corné) Lemmens (Villieria / Wonderboompoort), FJ (Frans) Redelinghuys (Sasolburg) en dr HT (Hennie) van Deventer (emeritus) Dinsdag 8 April: Ds M (Marius) Bacon (Warmbad) Vrydag 11 April Ds G van R (Gys) Els (Brackenhurst) Beplande vergaderings Maandag 7 April: Woensdag 9 April: Donderdag 10 April: Vrydag 11 April: Saterdag 12 April: Kernkomitee: Finansies en Administrasie OSR Finkom ADV Dagbestuur Komitee vir Bybelverspreiding (by Bybelhuis in Kempton Park) Kommissie van die AKV Moderamen Allegaartjie Agter elke suksesvolle mens is daar n klomp hardwerkende mense. (Chinese spreekwoord) 4

Kursusse en toerusting Prof Elsabé Kloppers DIPLOMA IN HIMNOLOGIE EN LITURGIE. Hierdie Diploma bied n uitstekende geleentheid om meer oor die erediens en die kerklied te leer daarvan kan almal getuig wat die kursus reeds gedoen het. Dit is veral sinvol waar die predikant, orrelis en sangleiers in n gemeente dit gesamentlik bywoon. Die volgende kursus begin op 12 April 2014 en vind in Pretoria plaas. Dit loop oor twee jaar en daar is drie byeenkomste per jaar. Die koste is R900 per jaar. Kerkrade word versoek om die koste vir hul predikante en orreliste te help dra. Belangstellendes kan met prof Elsabé Kloppers kontak maak by kloppec@unisa.ac.za of elsabekloppers@gmail.com. HTK: Gesprek met die Bybel Woensdagaand 16 April om 19:00 Van Selms-leeskamer, Fakulteit Teologie, UP Tema: Het die kerk historiese-jesus-navorsing nodig? Alle belangstellendes welkom Beskikbare behuising Behuising vir en versorging van bejaarde persone Kontak Hannelie Fourie van Ons Tuis-Monumenttehuise 012 325 1857 x202 / www.otmt.org Kamers vir selfversorgende bejaardes Huis Tafelberger in Monte Vista, Kaapstad Navrae aan mev Anna Hanekom by 021 872 6301 of ds Kathleen Smith by 021 551 5264 Konserte en feeste Saterdag 12 April: Gemeente Horison Roodepoort Osbraai-en-sang-geleentheid Etes vanaf 16:00 te koop Sit daarna in Barnyard-styl in die saal aan Luister na opkomende kunstenaar Esti Potgieter Kaartjies R100 (sluit ete en toegang tot sanggeleentheid in) Navrae aan dr Gerhard Nel by 082 823 5074 / gnel@nhk.co.za Kampe en toere Vrouekamp 2014: 16-18 Mei Vir dames van alle gemeentes By Paradeisos-kampterrein, naby Kameeldrift, ongeveer 30 km buite Pretoria 5

Tema: Wat is nuus? Temavers: Jesaja 25: 7a (NLV): Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring... Sprekers: Di Janine Bevolo-Manders en Antionette Janse van Rensburg Kampgelde R550 per persoon Navrae aan Jana Peenze by 083 734 5426 / janapeenze@vodamail.co.za of Stefanie Theron by 082 825 7944 / stef1@absamail.co.za Konteks-leserstoer na Turkye: Vertrek 5 Oktober 15 dae op die voetspore van die eerste Christene Toerleier: Ds Dries Beukes 012 654 3198 / 083 447 7943 Vir meer inligting, kontak Louise Geyser (formele reisagent) 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za Gaan na www.konteks.co.za Inligting en skakels Konteks-leserstoer vir volledige inligting en besprekingsvorm Kom toer saam deur Israel Toerleier: Ds Fanie Beukes (NHKA Wesmoot) Datum: 23 November tot 1 Desember Navrae aan ds Fanie by 073 167 1183 / faniebeukes@yahoo.com Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Hartebeeshoek: Pretdraf/stap by Fonteine Saterdag 12 April (hekke open om 06:00, stap/draf begin stiptelik om 07:00) 5 km en 10 km Inskrywings: 5 km = R30; 10 km = R40 Te koop: vetkoek-en-maalvleis, pannekoek, koffi e, tee, koeldrank Kontantpryse en kleiner trekkings Navrae: Elma Williams 082 562 5244 / Brian Williams 082 417 4482 Hierdie is n winterwarmerprojek: Bring asseblief n kombers saam sodat ons n persoon wat minderbevoorreg is, kan help Gemeente Naboomspruit: Naboom Fiesta 19 April Ons is op soek na die Bosveld se beste storieverteller As jy n mooi storie het om te vertel, kontak die organiseerders Groot pryse te wen Kontak Jan Claassen by two.oceans@yahoo.com / 084 400 5137 of Rene van Tonder by fiesta@nhknaboomspruit.co.za 6

Gemeente Witfield: Boog- en geweerjagkompetisie Sluitingsdatum 31 Mei, trekking 1 Junie Kaartjies: R100 donasie, wen wild en verblyf Kontak Alida Reed 082 228 3552 / Chaan Bezuidenhout 082 853 5895 Basaars en markte Saterdag 24 Mei: Gemeente Groeneweide in Germiston 4x4-familiedag Stalletjies teen R100 vir die dag vir enige produk uitgesluit kos en koeldrank Inskrywing vir 4x4-kompetisie teen R100 pryse te wen Kwads / vierwielers teen R50 vir 10 ritte om die baan vir pret, geen pryse By die 4x4-baan tussen Elsburg en Elspark in Brugstraat Kontak Ria Kruger by 082 417 8508 Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. AGTERBLAD Gebed vir die week U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon. (Psalm 4: 8-9) jojoencourages.com Redakteur: Ds David Barnard Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mej Izelle Marx 7