e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

Die genade gawes Van God:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

VOORBLAD. Positief vorentoe

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

VOORBLAD. Dames of susters?

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 28 Augustus 2014 Jaargang 7 Uitgawe 28 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets (Prediker 4: 9) Kragonderbrekings is nie meer nuus vir Suid-Afrikaners nie, maar onlangs is Centurion se gemeenskap meer intens deur kragonderbrekings geraak. Kabeldiewe het een substasie na die ander beroof en groot skade aangerig. Groot dele van Centurion was vir etlike dae sonder krag. Dit was geen verrassing nie dat mense gekla het en die owerhede verwyt het oor onverantwoordelikheid en nalatigheid hoekom is reaksie so traag, hoekom word substasies nie bewaak nie? Maar waaroor ek verras was, is hoe mense se harte en huise in n krisistyd vir mekaar oopgegaan het. Deur sosialemediagroepe het dié wat nog krag gehad het oop uitnodigings aan vreemdelinge gerig: As daar dalk n mamma is wat vir haar baba warm melkies moet gee of dalk n warm bad benodig of dalk net n koppie koffi e wil maak, my huis staan oop, enige een is welkom, ek help graag. Vir my is dit half ongekend dat mense so hartlik teenoor mekaar optree. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Hierdie is net een voorbeeld van vele: Die raadslid het in persoonlike hoedanigheid gesorg dat inligting reg deur die nag aangestuur word, die buurtwag het ekstra eenhede na die donker dele van die buurt gestuur om te help patrolleer, ander het vir die herstelspan by die substasie kos en koffi e aangedra, mans het kragopwekkers beskikbaar gestel vir skole en besighede So kan ek nog talle voorbeelde noem van hoe die woord gemeenskap in die middel van die winter in Centurion n werkwoord geword het. Die opmerklike was dat niks gekoördineerd plaasgevind het nie. Dit was spontane medemenslikheid wat meegewerk het om nood te verlig. Dit is ook blywend, want toe die substasie maande later weer beroof is, daag tientalle voertuie vanuit die gemeenskap op om te help beskerm. Dit is volgens die tegnologiefi losoof Pierre Lévy een van die uitstaande kenmerke van wat deesdae kollektiewe intelligensie genoem word. Die krag wat gesamentlik opgesluit is in n groep individue is altyd meer as die krag van die sterkste individu in die groep. Bemiddeld deur tegnologie, byvoorbeeld Facebook, word n nuwe soort gemeenskap gebou wat nie noodwendig gebonde is aan fi siese grense en lokaliteit nie n virtuele gemeenskap. Inligting word intyds met mekaar gedeel en nuwe probleme vir die samelewing word kollektief benader. Dog beteken dit nie omdat hierdie gemeenskappe tegnologies gedrewe is dat dit slegs klinies is en dat menslikheid verlore gaan nie. Inteendeel, tegnologie ontsluit n spontaniteit van geleenthede wat aangegryp word om selfs méér menslik en bedag teenoor mekaar te wees. Meer mense weet nou meer van mense en meer harte gaan oop. Dit laat my wonder, is dit nie ook hoe die geloofsgemeenskap moet wees nie? Ek meen daar is waarde daarin om ook so oor die geloofsgemeenskap te dink. Dan is niemand belangriker as die ander nie, want elkeen se deelname, hoe gering ook al, versterk die liggaam van Christus. Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets (Pred 4: 9). Dalk moet ons meer ernstig ondersoek hoe tegnologie ook Skakels hiérmee kan help. Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za Ds Deon du Toit e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za 1

BEROEPE EN WERKRUIMTES Vakante werkruimte Gemeente Rustenburg Jac van Belkum het n werkruimte vir deeltydse bediening. Die standplaas het vakant geraak met die vertrek van ds Suzelle Lange. Jac van Belkum bestaan uit 166 belydende lidmate (218 dooplidmate). Die werkopdrag en vergoeding sal met elke aansoeker bepreek word. Aansoeke sluit op 20 September 2014. Vir meer inligting, skakel mev Hester Coetzee (skriba) by 083 324 9983 of ds Johnny Young (konsulent) by 083 730 0706. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Mev Tienie Stoltz, vrou van ds Dirk Stoltz en moeder van ds Gerhard Stoltz, is na nege dae uit die hospitaal ontslaan na die operasie om die battery in haar diepbreinstimulator (DBS) te vervang. Die prosedure was suksesvol, sy loop weer en haar spraak is weer sterk. Die DBS maak n enorme verskil om die simptome van Parkinson se siekte te verbeter. Ons bid ds en mev Stoltz baie sterkte toe. FINAAL VIR LANDWYE BYBELVASVRA Hoewel ons nog die laaste stuiptrekkings van die winter ervaar, is die lente in die lug. En dit beteken net een ding: Die fi nale rondte van die Landwye Bybelvasvra is om die draai! Gemeentes wat saam wil kamp en nog nie bespreek het nie, moet vinnig speel. Die saamgesels oor gesinsbediening vind ook dieselfde naweek plaas, dus is die plek beperk! Datum: 26-28 September Plek: Kwaggasrus Kampterrein Koste: R380 per persoon (vir die kampnaweek) R50 per persoon (dagbesoekersfooi vir die Vasvradag) Besonderhede vir betaling: Tjeks uitgemaak aan Raad van Finansies Elektroniese inbetalings: ABSA, rekening nommer 0020000287 Verwysing 16RVGS & Gemeentenaam E-pos bewys van betaling na kassier@nhk.co.za en bybelvasvra@gmail.com AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. Adviseer bejaardes taktvol en met die nodige deernis oor gereelde voorkomende onderhoud aan hul huis of woonstel, byvoorbeeld verf, krane, elektrisiteit, pype en houtwerk. Dit is belangrik sodat ongelukke en groot uitgawes betyds voorkom kan word. Let veral op oorlaaide muurproppe wat n brandgevaar inhou. Indien moontlik, bied hulp en ondersteuning aan. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448. PREEKBEURTE IN DULLSTROOM. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die gemeente bied gratis verblyf vir n predikant en sy/haar gade in ruil vir die gratis preek; een voorskoolse kind kan gehuisves word. Daar word voorsien vir twee nagte; indien u n ekstra nag wil oorbly en ekstra mense bring, moet u dit vooraf met Jan Bette by 073 790 3357 bespreek; die derde nag en ekstra mense is op u eie koste. Kontak Johanna by 072 116 3353 of nhkdullstroom@gmail.com. 2

September is Bloedskenkmaand en ons wil graag soveel Hervormers moontlik daarby betrek. Hoewel daar nie meer n bloedskenkkliniek by die Sinodale Kerkkantoor sal plaasvind nie, word gemeentes aangemoedig om so n geleentheid te reël. Kontak Belinda Botha, skakelpraktisyn, by 012 391 2551 of 082 419 1171. Spesiale eredienste en feesnaweke Vrydag 12 tot Sondag 14 September: Voetsporefees Aangebied deur die RDV van die ring van Losberg Hoërskool Jan Viljoen se sportgronde (Randfontein) Kunstenaars: Gerrie Pretorius, Fredi Nest, Dillon Lerm, NRG, Marli (lyndansers), Tanya V, Maritza, Jerome Alden, Tommy Oliver en die Kannie Worries Boere-orkes Ook: rodeo, hondevertoning, uitstallers, modelkompetisie, pretpark, kosstalletjies en baie meer Die fees sluit af met n gesamentlike ringserediens Kontak Mac van Zyl (082 806 7650) of Elize Coetzee (074 561 5385) Droogte n Gedig oor dankbaarheid jare van droogte, van dissels wat gedy: geen vinke in die weiland of paddas in die vlei die diere moes gevoer word: kuilvoer, hawer en hooi n bietjie water of molasse vir die ram en lammerooi die wag was lank sou woorde weer soos wolke teen die blou lugkastele, piramides, katedrale, selfs n Babeltoring bou? toe bars die donder en die weerlig los oor my verdroogde en verskroeide plaas: oornag staan kosmos langs die pad en in die lande wit, pienk en pers, populiere jubel silwer in die bos die rivier vind weer n bedding deur die slyk en mos en met sy soom langs bot die treurwilgers oplaas ongelowig wat ek is, kniel ek en vou my hande want dié is n gedig, n sonnet nogal, sien ek verbaas WL van der Merwe (Uit: Nuwe stemme 3. 2005) Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 5 September, en word hartlik geluk gewens: Donderdag 28 Augustus: Ds GC (Gert) van Staden (emeritus) Vrydag 29 Augustus: Ds J (Jan) van Immerzeel (emeritus) Sondag 31 Augustus: Ds JH (Koos) Naudé (Venterskroon/emeritus) Maandag 1 September: Ds WRT (Tertius) Hindley (emeritus) Woensdag 3 September: Ds JM (Marthinus) van Staden (Gaborone) Donderdag 4 September: Ds MD (Giel) Malan (Wonderboompoort) Vrydag 5 September: Ds D (Deirdre) van der Merwe (Bethlehem/Reitz) 3

Beplande vergaderings Donderdag 28 Augustus: Woensdag 3 September: Donderdag 4 September: Vrydag 5 September: Ons Tuis Direksie Direksie van die Kinderhuise Kommissie van die AKV Kommissie van die AKV Kursusse en toerusting Departement Ou Testament by Fakulteit Teologie (UP) Dinsdag 2 September 09:00 tot 11:30 Simposium oor die boek Jeremia 09:15 Georg Fischer (Innsbruck): Jeremiah, a prophet for South Africa 10:00 Gerlinde Baumann (Marburg): Jeremiah, Jerusalem, suffering and empathy 10:45 Thomas Römer (Paris/Lausanne): The redaction of three great prophets as a reaction to the crisis of Babylonian exile Kontak prof Alphonso Groenewald by Alphonso.Groenewald@up.ac.za Hervormde Teologiese Kollege: Gesprek met die Bybel Woensdag 3 September 19:00 tot 21:00 Universiteit van Pretoria, Fakulteit Teologie, Kamer 1-11 Tema: Homoseksualiteit (inleier prof Piet Geyser) Bevestig asseblief vooraf indien u gaan bywoon Kontak mev Betsie Brits by 012 420 5393 / betsie.brits@up.ac.za Predikantevergadering 2014: Woensdag 10 September Tema: Kom ons vertel... Gemeente Montana, hv Jan Bantjies- en Azanzaweg, Montana Registrasie 08:30; opening 09:00; tot ongeveer 14:00 R180 per persoon, geen koste vir emeriti Gelde kan vooraf elektronies inbetaal word: Bank: ABSA Rekeningnaam: Kerkgeld vir Kerkwerk Rekeningnommer: 020-149-752 Takkode: 632-005 Verwysing: 1540K + voorletters en van Stuur bewys van betaling na kassier@nhk.co.za / 086 633 2913 (faks) (Bring n kombers of kampstoel saam vir u eie gebruik) Verskonings aan ds Marius Bacon by baconm@telkomsa.net / 083 297 6135 Konferensie oor Gesins- en Jeugbediening & Bybelvasvra 26-28 September Kwaggasrus Kampterrein Predikante, kerkraadslede, jeugmentors, ouers, jongmense en ander welkom Koste: R380 per persoon (2 nagte, 3 dae) kamp-akkommodasie en 5 etes ingesluit (chalets beskikbaar teen hoër tariewe) Vir inligting en besprekings rakende konferensie, skakel di Thinus van Staden (084 589 7035) of Marthinus van Staden (+267 7130 7197) Vir inligting en besprekings rakende Bybelvasvra, skakel di Stephen de Beer (083 781 2955) of Marius Bacon (083 297 6135) Allegaartjie Ek mis mooi kerke. Ek kan nie die heiligheid of nodige stilte vind in n aaklige gebou vol projektors, skerms, klanktoerusting, tromstelle, hotelkandelare, slagspreuke, draperings en verhoë nie, ek moet platteland toe ry of oorsee vlug vir vrede. (Nataniël, in Sarie September 2014) 4

Beskikbare behuising Skryfwenke Mense sal altyd verskil oor wat n goeie of swak skryfstyl is. Kommunikeerders (sprekers en skrywers) se taalgebruik moet egter so goed en effektief moontlik op die konteks afgestem wees. Een van die besondere steuringe wat kommunikasie kan belemmer, is hoogdrawendheid. In n deftigheidstrewe word dikwels onnodig ingewikkelde of geleerde woorde gebruik, oordrewe waardige of plegtige woorde en uitdrukkings in meestal lang en lomp geformuleerde sinne. Om jou aangesprokene te probeer beïndruk met jou meerderwaardige kennis, jou hoë sosiale of kulturele status terwyl jy goed weet dat die persoon jou moontlik nie gaan verstaan nie, is nie goeie kommunikasie nie. Formaliteit het sy plek in taal, maar moenie hoogdrawende woorde laat uitslaan waar hulle ontuis is nie (Johan Spies 1982). Spies sê ook om die taal n soort amptelike voorkoms te gee, is om die taal rybroek en kamaste aan te trek. Die resultaat is dikwels vae en onverstaanbare taal. Kyk na die volgende voorbeelde: Ek rig hierdie skrywe aan u met betrekking tot die onderhawige geval. (Betekenis: Ek verwys na die volgende probleem.) Verstrek asseblief u domicilium citandi et executandi vir die doeleindes van u belastingaanslag. (Betekenis: Verstrek asseblief u vaste adres vir alle regsdoeleindes.) In die kader van n optimale deelname word van iedere deelnemer n ruim dosis selfwerksaamheid verwag. (Betekenis: Mense moet self n bydrae maak.) Indien pluralisme nie oor n breë spektrum in gesamentlike besluitnemingsprosesse en bestaanstrukture geakkommodeer word nie, kan dit tot n konfl iksituasie lei wat die hele subkontinent sal polariseer en radikaliseer. (Betekenis: Almal moet deel hê in die bestuur van die land, anders kan dit tot chaos en geweld lei.) (Bron: Norme vir Afrikaans. Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. WAM Carstens. 5de uitgawe, 2011) Konserte en feeste Vrydag 5 September: Gemeente Montana Konsert met Burgerd en Zita Ten bate van barmhartigheid in ring van Noordelike Pretoria Wegneemetes vanaf 17:00, konsert 18:30 Volwassenes R80, kinders R30 Kaartjies beskikbaar by Montana-kerkkantoor 012 567 1753 5

Saterdag 6 September om 09:30: Konsert Fondsinsameling vir Louis Trichardt Monumenttehuis in Danville Panfl uitoggend en heerlike tee en verversings n Lentebries met Ryan Walt en Stephan Sterling Kerkgebou van Gemeente Erasmia Kalkheuwelstraat, Christoburg (Erasmia) Vir kaartjies (R60) skakel Sannie Duvenhage (012 654 5246) Sportbyeenkomste Vrydag 12 September: Gemeente Bronkhorstspruit: Gholfdag Plek: Bronkhorstspruit Gholfklub Formaat: 4BBB Afslaan: 11:00 Koste: R250 per speler Kontak Attie Botha by 083 627 4263 / attiebotha@telkomsa.net Kompetisies en fondsinsamelings Bulawayo: Gemeente-hulpfonds 2014: Kompetisie Vir pastorale bediening aan bejaarde en behoeftige lidmate Wen vleis of kontant vleis sal deur u naaste slaghuis gelewer word Inskrywings in veelvoude van R20 Trekking Saterdag 6 September 2014 Navrae aan Marlene van der Merwe in Pretoria: 072 436 6714 Gemeente Hartbeesfontein: Wen-wen-wen-kompetisie 2015 Koop 50 kompetisieboekies (11 kaartjies per boekie) = totaal van 550 kaartjies Kaartjie kos R100 dus 50 boekies = R55 000 in kontantwaarde Betaal slegs R5 000 vir 50 boekies (550 kaartjies) Samel vir uself, u gemeente, skool, instansie of klub R50 000 in Verskeie pryse (vleisbeeste, kontant, rekenaar, diamant, ens) Verkoopte kaartjies moet die gemeente teen 15 Mei 2015 bereik Kontak skriba Manus van Staden by 082 707 9398 Basaars en markte Vrydag 29 Augustus: Gemeente Barberton: Lentefees en dans Coronation Park Optrede en musiek deur Anne-Mari vanaf 19:00 Lentefees van 12:00 tot laat Eet- en drinkgoed, winskopies Kontak ds Petrus Dreyer 082 453 8094 / Eureka 082 751 6837 nhk@wi-net.biz 6

Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Springs Fonteinefees Sportterrein van Dr Johan Jurgens Hoërskool, Witweg, Springs Gemeente: NHK Springs-Oos Vrydagaand: DJ Ossewa Saterdagaand: Osbraai met Snotkop Baie kompetisies, uitstallers, kosstalletjies Kontak Catrien Prinsloo by 083 437 1039 Vrydagmiddag 29 en Saterdag 30 Augustus Gemeente Wonderboom-Suid: Jaarlikse Basaar 10de Laan, tussen De Beer- en Naudestraat, Wonderboom-Suid Beroemde pap-en-kaiings, kapokaartappels-en-lewer, ens Bestellings kan geplaas word! Stalletjies vir elke smaak en keuse Ontmoet ons eie sjef Navrae aan George Rademeyer by 083 702 9292 of dawie@infopark.co.za Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Gemeente Tzaneen Hanekraaikarnaval: Van vroeg tot laat Agathastraat 18, Tzaneen Beroemde ontbyt, biltong-en-droëwors-stalletjie Baie vermaak vir kleuters, kinders en jongmense Kontak gemeentelike kerkkantoor by 015 307 4508 (Maryna Roodt) of ds Richard van der Westhuizen by 015 307 4789 Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Gemeente Rustenburg-Suid Willerste Noordweste Fees by Kockstraat 153 Vrydagaand 18:30: Jakkals (Jakkie Louw) en Leo (Kevin Leo) R100 volwassenes, R40 skoolkinders Navrae aan Lindy 081 019 3977 / Frikkie 082 445 4336 Saterdag: Fees Jeugarena, troeteldierfotokompetisie, kunsmark, basaarlekkernye Wen n aand by Akwaaba Lodge en Roofdierpark Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Oesfees op Ottosdal Vrydagaand: Met Manie Jackson en n ete op die Oesfeesterrein Saterdag: Uitstallers, lekkernye, hope vermaak vir die kinders Navrae aan gemeentelike kantoor by 018 571 0200 of ottosdal@nhk.co.za Saterdag 30 Augustus: Gemeente Mafeking: Reënboogfees Gaskunstenaars: Betty-Jean, Rudi Roos en Ricardo Muller (gratis toegang) Skenk R50 en wen moontlik R10 000, R5 000 of R3 000 kontant! Veiling van unieke handvervaardigde meubels, speelgoed, olieverfskildery en vele meer Vermaak vir kleingoed en jeugdiges Verskeidenheid te eet en drink Navrae aan Kallie 079 893 9031 / Nelia 083 665 6239 Saterdag 30 Augustus: Gemeente Ventersdorp: Basaar Gesinsdag vir almal, baie te ete en te drinke Vleis te koop onder meer heerlike boerewors en sosaties Navrae aan ds Marius Jansen van Vuren by 072 850 4960 of Nico Kock by 083 204 6715 of die gemeentelike kerkkantoor by 018 264 2245 7

Vrydag 5 September: Gemeente Swartkop Basaar (Dankfees) 14:00 tot laat Irelandlaan 107, Eldoraigne Saterdag 25 Oktober 09:00-17:00: Gemeente Kempton Park-Oos Kontreifees met kunstenaars Willem Botha en Monique Verskeie uitstallers (daar is nog plek vir uitstallers kontak ons gerus) Kosstalletjies en vermaak vir kinders Toegang: R50 per volwassene, R25 per laerskoolkind, voorskool gratis Navrae aan ds Anneline Geyer by 082 924 7344 / anneline@kpo.co.za Saterdag 29 November: Gemeente Wesmoot: Kersmark By Makro in Wonderboom Enige gemeente wat wil saamwerk, kan ds Fanie Beukes kontak 073 167 1183 / faniebeukes@yahoo.com ANDER NUUS Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur na produksie@nhk.co.za. Anonieme bydraes word nie gebruik nie, en die fi nale besluit oor plasing berus by die redakteur. Vrydag 5 September: Loslitdag R10 per plakker (R4 vir TOIBO en R6 aan Raad vir Persone met Gestremdhede) Kry of bestel jou plakkers by: Arina Jooste 012 320 7644 / toibo@nhk.co.za Susan Moore 012 322 8885 x252 / mannekrag@nhk.co.za Koop sommer 10 of 20 en verkoop dit weer verder! Saterdag 6 September: Super 10 Spinnathon Ten bate van Beeld-Kinderfonds Van 07:00 tot 17:00 aan waterkant van Centurion Mall Kry inligting oor inskrywingsfooie en reëls by Adrie van Staden 011 976 2273 / 073 749 2697 / info@beeldkinderfonds.co.za Insig Vaardigheidsopleiding: Studente van 15 jaar tot baie oud Kursusse in sweistegnieke, konstruksiestaalwerke, ketelmakery / verkoeling / haarkappery en skoonheid Billike pryse, kampus in Naboomspruit op wildsplaas met verblyf Volgende volwaardige kursus 22 September tot 31 Oktober Vakansie-kortkursusse ook vir skoliere Navrae aan dr Tom Theunissen 082 291 7490 (sweis) Mnr B Bosman 084 586 0500 (verkoeling) Mev L Ehrke 061 610 9814 (hare/skoonheid) 8

Maandag 13 Oktober 08:30 tot 16:00 Seminaar: Teks, kateder, kansel Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus R350 per persoon voor 1 Oktober Navrae aan dr Jacobus de Bruyn by 072 606 1661 of Elmien Scott by 018 299 1607 Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit 15,5 cm breed x 6,5 cm hoog wees. (Let asseblief op die nuwe groottevoorskrif.) Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafika of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). (Die prys styg met ingang van Januarie 2015.) Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. AGTERBLAD Gebed vir die week U raak die pen aan en die woorde begin dans. U raak aan die fl uit en die note skitter. U raak aan die verfkwas en die kleure sing. Só kom daar sin en skoonheid in alles wat bestaan omdat Ú daar is. (Dag Hammarskjöld) Redakteur: Subredakteur: Kerknuus: Teksversorger: Uitlegkunstenaar: Ds David Barnard Ds Etienne Fourie Dr Wouter van Wyk Mev Tessa Oppermann Mev Francis Nel 9