Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Μέγεθος: px
Εμφάνιση ξεκινά από τη σελίδα:

Download "Hoofstuk 13 -Transformatorwerking"

Transcript

1 Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Die transformator word gebruik om die spanning en stroom van n WS-sein te verander. Dit bestaan uit twee of meer windings wat op n gemeenskaplike kern gedraai is. Een van hierdie windings word die primêre winding genoem. Die res van die windings is bekend as sekondêre windings. In werking word n wisselspanning by die primêre winding aangewend. Dit veroorsaak n wisselende magnetiese veld wat n spanning in die sekondêre winding opwek. Die eienskap word wedersydse induksie genoem om die te onderskei van selfinduksie wat n eienskap is van induktors. Die simbool wat vir n transformator in kringdiagramme gebruik word, verskyn hier onder. Dus, watter is die primêre en watter is die sekondêre winding? Dit word nie in die kringdiagram getoon nie maar word van die konteks afgelei. Die primêre winding is die winding waaraan die krag verbind word. Windingsverhouding Die windingsverhouding van n transformator spesifiseer die relatiewe aantal draaie in die primêre en sekondêre windings. Die aantal draaie in die primêre winding word altyd eerste aangehaal. Byvoorbeeld, n 5:1 het 5 keer meer draaie op die primêre winding as die sekondêre winding en n 1:3 het drie maal meer draaie in die sekondêre winding as in die primêre winding. Let op dat die windingsverhouding nie die werklike aantal draaie aandui nie maar slegs die verhouding van die draaie in die primêre winding met verwysing tot die sekondêre winding. Bv. n transformator met 200 draaie in die primêre winding en 10 draaie [n die sekondêre winding is bekend as n 10:1 transformator want daar is tien maal meer draaie in die primêre as in die sekondêre winding. Die windingsverhouding word dikwels in syfers op die simbool aangedui, byv: 10:1 Primêre Winding Sekondêre Winding Spanningsverhouding 1

2 Die spannings oor die verskillende windings van n transformator volg n eenvoudige reël bekend as die transformatorbeginsel. Die Transformatorbeginsel: Die verhouding van die spanning oor die primêre winding tot die spanning oor die sekondêre winding is dieselfde as die verhouding tussen die aantal draaie in die primêre as die sekondêre winding. Dit kan matematies soos volg geskryf word. V P V S = N P N S dus V S = (V P N S ) N P Waar N P die aantal draaie in die primêre is en N S die aantal draaie in die sekondêre winding is. Bv. Sien die kring hieronder: 20:1 ~ 240 V R L V L 240 V WS word oor die primêre winding van n 20:1 transformator aangewend. Wat is die spanning oor die las? Die transformatorbeginsel bepaal dat die spanning oor die primêre winding tot die spanning oor die sekondêre winding dieselfde moet wees as die verhouding tussen die aantal draaie in die primêre tot die aantal draaie in die sekondêre winding wat 20:1 is. Dus, as die spanning oor die primêre winding 240 V is, dan moet die spanning oor die sekondêre winding een-twintigste hiervan wees, of 12 V. Dieselfde resultaat word bereik as die formule gebruik word. V S = (V P x N S) N P = (240 x 1) 20) = 12 V n Transformator met meer draaie in die sekondêre winding as in die primêre winding word n verhogingstransformator genoem want n hoër spanning sal oor die sekondêre wees as wat oor die primêre winding is. Omgekeerd, n transformator met minder draaie op die sekondêre winding as die primêre winding sal n laer spanning oor die sekondêre winding hê en word n verlagingstransformator genoem. byv. n 1:5 transformator is n verhogingstransformator terwyl n 10:1 n verlagingstransformator is. Stroomverhouding. In n transformator met n enkele sekondêre winding sal die verhouding van die stroom in die sekondêre winding tot die stroom in die primêre winding dieselfde wees as die verhouding van die aantal draaie in primêre tot die aantal draaie in die sekondêre winding (die windingsverhouding). Let daarop dat hierdie verhouding andersom is as die spanningsverhouding, dus n verhogingstransformator (wat n groter spanning oor sy sekondêr as oor sy primêr het) sal n kleiner stroomvloei in sy sekondêr hê as in sy primêr. n 2

3 Verlagingstransformator (wat n laer spanning oor.die sekondêr as oor die primêr het) sal n groter stroom in sy sekondêr as in sy primêr hê. Wiskundige berekening van stroom in sekondêre winding: I S I P = N P N S of I S = (I P x N P ) N S Gestel die stroom in die primêr is 1 A dan kan die stroom in die sekondêre winding soos volg bereken word: I S = (I P x N P ) N S = 1 x (20 1) = 20 A Dit is interessant om die krag verskaf deur die transformator se sekondêre winding te vergelyk met die krag wat deur die primêre winding verbruik word. Die krag verbruik in die primêre winding: P P = V P x I P = 240 x 1 = 240 W Die krag verskaf aan die las deur die sekondêre winding is: P S = V S x I S = 12 x 20 = 240 W Omdat die krag verskaf aan die sekondêre las dieselfde is as die krag verbruik deur die primêre winding het die transformator nie enige krag kwytgeraak (vrygestel) nie. In die praktyk is daar gewoonlik n klein bietjie wat deur die transformator gebruik word wat veroorsaak word deur die weerstand van die windings en werwelsroom (eddy current) wat in die transformatorkern vloei. Die vermoë van transformators om eenvoudig en effektief hoë spannings na lae spannings te verander en omgekeerd, is die rede waarom die hooftoevoerspanning in alle lande WS is aangesien dit toelaat dat die baie hoë spannings wat in die primêre verspreidingsnetwerk (wat die I 2 R verliese in die primêre distribusiekabels verminder) omgeskakel word na laer spannings soos 240 V vir huishoudelike gebruik. Impedansieverhouding Ons is nognie heeltemaal klaar met die voorbeeld wat ons gebruik nie. Ons weet dat met die spanning oor die lasweerstand en die stroomvloei daarin die weerstand bereken kan word: R L = V S I S = =.6 Ω Ons kan ook die weerstand bereken wat die primêre winding oënskynlik aan die spanningsbron bied: 3

4 R P = V P I P = = 240 Ω Let op dat die weerstand nie die werklike weerstand van die primêre winding is nie, wat tipies n weerstand van ongeveer 1 Ω het. Dis eintlik n skynbare weerstand veroorsaak deur die krag wat deur die primêre winding verbruik word. In hierdie geval word die krag deur die las in die sekondêre kring verbruik en nie deur die transformator nie. n Ander manier om dit te beskou is dat die spanningsbron vir die primêre winding sien die lasweerstand, maar die transformator het die werklike waarde van die van die weerstand verander netsoos dit die spanning en stroom verander het. n Algemene reël vir die berekening van die weerstand is soos volg: R L = V S I S = (V P N S N P ) (I P N P N S ) = (V P I P ) x (N S 2 N P 2 ) = (R P N S 2 ) N P 2 = RP x (N S N P ) 2 omgekeerd: R P = R L x (N P N S ) 2 Waar R P die oënskynlike weerstand van die primêre winding is. Die lasweerstand in die sekondêre kring veroorsaak dat n ander weerstand (maar verwant) in die primêre kring bestaan wat impedansieoordrag genoem word. Impedansie is n algemene begrip wat weerstand en reaktansie saamvat en word in die volgende hoofstuk behandel. Die vergelykings dui aan dat die weerstand in die primêre kring en die weerstand in die sekondêre kring verwant is deur die kwadraat van die windingsverhouding. Die weerstandsoordrag gedra dit op dieselfde manier as die spanningsoordrag, dus vir n verlagingstransformator, waar die spanning oor die sekondêre winding laer is as die spanning oor die primêre winding, sal die weerstand in die sekondêre ook kleiner as die weerstand in die primêre winding wees. Insgelyks, n verhogingstransformator sal die weerstand van die primêre winding verhoog tot n hoër weerstand in die sekondêre kring. Die impedansie oordrag word bepaal deur die kwadraat van die windingsverhouding, terwyl die spanningsoordrag bepaal word deur die windingsverhouding (nie die kwadraat nie). Voorbeeld: Gestel n oudioversterker is ontwerp om n 200 Ω las te voer maar n 8 Ω luidspreker word daaraan verbind. n Transformator kan gebruik word om die impedansies aan te pas. n Transformator met 200:8 of 25:1 impedansie-oordrag word benodig. Dit kan met n 5:1 transformator bewerkstellig word. Let op die windingsverhouding van 5:1 is die vierkantswortel van 25:1. Toepassings Transformators word deur amateurs gebruik in kragbronne waar die netspanning 240 V is wat verlaag moet word om geskik te wees vir amateurradioapparaat van 12 V Transformators word ook gebruik vir impedansie-aanpassing in die sender en ontvangerkringe. Voorbeeld: n Antennastelsel het tipies 50 Ω, impedansie terwyl die RF-versterker van die ontvanger gewoonlik n hoër ingangimpedansie het. Omdat maksimum kragoordrag verkry word wanneer die bron en lasweerstand goed aangepas is, kan n transformator 4

5 gebruik word om die impedansie van die antenna en impedansie van die RF-versterker aan te pas. Opsomming n Wisselspanning aangewend aan die primêre winding van n transformator wek n wisselende magnetiese veld op wat n spanning in die sekondêre winding induseer. Dit word wedersydse induktansie genoem. Die verhouding tussen die spanning oor die primêre winding en die spanning oor die sekondêre winding is dieselfde as die verhouding van die aantal windings op die primêre winding tot die aantal windings op die sekondêre winding. (windingsverhouding). V S = (VP x N S ) (NP n Transformator met meer windings op die sekondêre winding as op die primêre winding is n verhogingstransformator en een met minder windings op die sekondêre winding as op die primêre winding is n verlagingstransformator. Die verhouding van die stroom in die sekondêr tot die stroom in die primêr is die omgekeerde hiervan, dus: I S = ( I P N P ) ( N S Let op dat die krag in die primêre kring dieselfde is as die krag in die sekondêre kring, dus verbruik n perfekte transformator geen krag nie.net soos spannings en strome in n transformator oorgedra word, verander die lasweerstand ook die skynbare weerstand in die primêre winding. R P = R L x (N P N S ) 2 Hersieningsvrae 1 Die beginsel van werking van n transformator berus op: a. Statiese elektrisiteit b. Spanningsverskil c. Elektrostaties. d. Elektromagnetiese oordrag 2 In transformators word energie van een spoel na n ander oorgedra d.m.v.: a. Induktiewe koppeling. b. Statiese ontlading. c. Kapasitansie. d. Elektriese geleiding. 3 n Transformator met n windingsverhouding van 1:8 word genoem: a n Verlagingstransformator. a. b n Verhogingstransformator. c. Laestroomtransformator. d. n Hoogspanningstransformator. 5

6 4 Op n transformators se naamplaat verskyn n syfer van 1:4. As 12 V WS by die primêre winding aangewend word, wat is die spanning oor die sekondêre winding se aansluitpunte: a. 3 V. b. 48 V. c. 16 V. d. 8 V. 5 Op watter elektriese beginsel berus die werking van n transformator: a. Strooikapasitansie. b. Wedersydse induktansie. c. Werwelstrome. d. Kringweerstand. 6 Wat is die windingsverhouding van and transformator om n oudioversterker met afvoerimpedansie van 200 ohm aan te pas met n luidspreker met n lasweerstand van 10 ohm? a. 4,47 tot 1. b. 14,14 tot 1. c. 20 tot 1. d. 400 tot 1. 7 Die werkingbeginsel van n transformator kan beskryf word as: a. n Wisselende magnetiese veld wat n geleier sny en n spanningsverskil opwek. b. n Wisselende elektriese veld wat geleier sny en n spanningsverskil opwek: c. n Wisselende stroomvloei in n geleier wat n statiese magnetiese veld laat ontstaan: d. n Wisselende spanning oor n geleier wat n statiese magnetiese veld laat ontstaan. 8 n Impedansie-aanpassingtransformator het n windingsverhouding van 10:1. As n mikrofoon met 500 ohm impedansie aan die winding met minder draaie verbind word sal dit reg werk as dit verbind word aan n las van: a. 5 ohm. b. 50 ohm. c. 50 k ohm. d. 500 k ohm. 9 n Transformator met draaie op die primêre winding en 30 draaie op die sekondêre winding word verbind aan die netspanning van 240 V WS. Wat sal die sekondêre spanning wees? a volt. b. 240 volt. c. 30 volt d. 6 volt. 10 In die primêre winding van n 5:1 transformator vloei 1 A. Die stroom in die sekondêre winding is: a. 40 ma b. 200 ma c. 5 A d. 25 A 6

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Wanneer stroom deur n weerstand vloei, sal die weerstand krag verbruik en hitte opwek. Hierdie eienskap word in baie elektriese toestelle toegepas, byvoorbeeld

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor n Tipiese induktor bestaan uit n draadspoel wat selfondersteunend of om n spoelvorm gedraai mag wees. Wanneer n stroom deur n geleier vloei, ontstaan n magnetiese

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 120 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer Elektroniese stroombane is gewoonlik saamgestel van komponente wat by elektroniese winkels aangekoop kan word. Een van die komponente is die weerstand, en is bloot

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur - - GRAAD FINALE ASSESSERING ERING VRAESTEL NOVEMBER 06 TOTAAL: AL: 50 TYD: 3 uur - - INSTRUKSIES:. Hierdie vraestel bestaan uit 0 vrae.. Beantwoord alle vrae. 3. Toon alle stappe in die berekenings. 4.

Διαβάστε περισσότερα

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme KLASTOETS GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae.. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika Graad 11 Fisika Kennisarea: Meganika 1.1 Skalare en vektore Skalaar: n Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar wat nie rigting het nie. Skalaar Voorbeelde: massa (6 kg); tyd (5 s); afstand (2

Διαβάστε περισσότερα

Elektriese Aandryfstelsels 324

Elektriese Aandryfstelsels 324 Elektriese Aandryfstelsels 324 Stappermotors Dr. P.J Randewijk Universiteit Stellenbosch Dep. Elektriese & Elektroniese Ingenieurswese Stephan J. Chapman Hoofstuk 9 (5 de Uitgawe) 1 / 24 Raamwerk 1 Stappermotors

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE PUNTE:: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ʼn formuleblad. 2 ELEKTRIESE

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM Province of the ETERN CAPE EDUCATION NIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool M MA CA A C S RT / RG / RM F SF J/O P R Verduideliking

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150 Wiskunde Graad 1 Vraestel 01 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord

Διαβάστε περισσότερα

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se EamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

Διαβάστε περισσότερα

SENIOR GRAAD 11 PUNTE: 200

SENIOR GRAAD 11 PUNTE: 200 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 20122 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MEMORANDUM PUNTE: 200 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. b 2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

Διαβάστε περισσότερα

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK 1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK NASIEN MEMORANDUM : September 014 V.1 VRAAG 1 1.1 C 1. D 1.3 C 1.4 D 1.5 B 1.6 D 1.7 B 1.8 B 1.9 D 1.10 B [0] VRAAG.1.1 Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GAAD 12 NASIONAE SENIO SETIFIKAAT GAAD 12 EEKTIESE TEGNOOGIE FEBUAIE/MAAT 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 1 formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DBE/Feb. Mrt. 2012

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 28 Magnetiese Velde

Hoofstuk 28 Magnetiese Velde Hoofstuk 28 Magnetiese Velde Uitkomste Nadat hierdie hoofstuk voltooi is, moet die student: (i) Magnetiese veld kan definieer en die grootte daarvan bereken; (ii) Vergelykings kan aflei om die radius,

Διαβάστε περισσότερα

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde Wes-Kaap Onderwys Departement Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules Graad 12 Wiskunde Razzia Ebrahim Senior Kurrikulumbeplanner: Wiskunde E-pos: Razzia.Ebrahim@wced.info / Razzia.Ebrahim@westerncape.gov.za

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 28- Metings

Hoofstuk 28- Metings Hoofstuk 28- Metings Metings is belangrik om te bepaal of apparaat reg werk en om foute op te spoor. Hierdie hoofstuk beskryf sommige metings wat vir amateurs van belang is en die toetsapparaat wat ons

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 25 Antennas

Hoofstuk 25 Antennas Hoofstuk 25 Antennas Antennas verander elektriese energie, wat geleiers benodig om dit te gelei, na elektromagnetiese energie, wat in die ruimte uitgestraal kan word. n Elektriese stroom wat in n geleier

Διαβάστε περισσότερα

Elektriese Aandryfstelsels 324

Elektriese Aandryfstelsels 324 Elektriese Aandryfstelsels 324 Industriële Motor Beheer Dr. P.J Randewijk Universiteit Stellenbosch Dep. Elektriese & Elektroniese Ingenieurswese Stephan J. Chapman Hoofstuk 6.8 (5 de Uitgawe) 1 / 47 Raamwerk

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MODEL 2014 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DBE/2014

Διαβάστε περισσότερα

Die genade gawes Van God:

Die genade gawes Van God: Die genade gawes Van God: 1Kor. 12:1-18 1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode

Διαβάστε περισσότερα

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings In Hoofstuk 4 is effekgrootte-indekse bespreek vir verskille tussen die gemiddeldes van twee groepe metings (onafhanklik of afhanklik). In die geval

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 15 Ossillasies

Hoofstuk 15 Ossillasies Hoofstuk 15 Ossillasies Na voltooiing van die hoofstuk, moet die student die vlg kan doen: (i) Eenvoudige harmoniese beweging (EHB) kan beskryf en formules kan aflei en toepas om die verplasing, snelheid

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10-jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASONAE SENOR SERTFKAAT GRAAD 1 EEKTRESE TEGNOOGE MEMORANDUM MODE 008 PUNTE: 00 TYD: 3 uur Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye. Elektriese Tegnologie DoE/Model008 NSTRUKSES: A vrae moet beantwoord

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwyskompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLEK VAN SUD-AFRKA HOOFDREKTORAAT KURRKULUM BESTUUR GRAAD LEERDER ONDERSTEUNNGSPROGRAM

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASONAE SENO SETFKAAT GAAD 2 EEKTESE TEGNOOGE FEBUAE/MAAT 29 PUNTE: 2 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 2 bladsye en formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DoE/Febr. Maart 29 NSTUKSES EN NGTNG. 2.

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V2 CHEMIE MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013) RIGLYNE VIR NASIEN

Διαβάστε περισσότερα

Nadat die hoofstuk voltooi is, moet die student:

Nadat die hoofstuk voltooi is, moet die student: Hoofstuk 18 Temperatuur en Warmte Nadat die hoofstuk voltooi is, moet die student: Die Nulde Wet van Termodinamika kan beskryf; Temperatuur kan meet en omskakel vanaf een temp.skaal na n ander; Termiese

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MEMORANDUM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MEMORANDUM PUNTE:: 200 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye. (SEPTEMBER 2012) ELEKTRIESE

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10

NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10 Updated January 2015 NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10 Vak: Fisiese Wetenskappe Punte: 125 Onderwyser: S. Bouwer Datum: 12 Nov 2015 Moderator: M. Aspeling Tyd: 2 ure Vraestel No.: Vraestel

Διαβάστε περισσότερα

HOOFSTUK 5. Verbande tussen veranderlikes

HOOFSTUK 5. Verbande tussen veranderlikes HOOFSTUK 5 Verbande tussen veranderlikes In hierdie hoofstuk word gekyk na verskeie soorte verbande. Na aanleiding van die verskillende soorte metingskale (kyk paragraaf.1), kry die volgende verbande tussen

Διαβάστε περισσότερα

Fisiese Wetenskappe Vraestel 1. Afdeling A. Vraag 1: Eenwoorditems

Fisiese Wetenskappe Vraestel 1. Afdeling A. Vraag 1: Eenwoorditems Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 Afdeling A Vraag 1: Eenwoorditems Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die korrekte woord/ term langs die vraagnommer (1.1 1.5) in die ANTWOORDBOEK

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GAAD 12 NASONAE SENO SETFKAAT GAAD 12 EEKTESE TEGNOOGE NOEMBE 2014 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DBE/November 2014 NSS

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com Wiskunde

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur *ELCTDM* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye insluitend formulebladsye. 2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10 PUNTE: 150 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye saam met inligtingsblad INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel OpenStax-CNX module: m3060 Ontdek die eienskappe van 'n sirkel Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 WISKUNDE 2 Graad

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit: 'n vraestel van

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *Iwis2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die

Διαβάστε περισσότερα

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 014 FISIESE WETENSKAPPE 1/ MEMORANDUM GRAAD 1 Stuur na : Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Posbus 1513 Lyttelton 0140 E-pos : assessment@impak.co.za Tel. nr. : 087 150 33 Faks : 086 556 8595

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MODEL 2007 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om assebleif Wiskundige Geletterdheid/V1 2 VRAAG 1 1.1.1

Διαβάστε περισσότερα

TEGNIESE TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 WISKUNDE GRAAD TechMaths G10_Afr_Cover LB.indd /10/22 3:52 PM

TEGNIESE TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 WISKUNDE GRAAD TechMaths G10_Afr_Cover LB.indd /10/22 3:52 PM TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 GRAAD 10 TEGNIESE WISKUNDE 2154 TechMaths G10_Afr_Cover LB.indd 1-3 2015/10/22 3:52 PM GRAAD 10 TEGNIESE WISKUNDE Ontwikkel en gefinansier as n voortgesette projek van die Sasol

Διαβάστε περισσότερα

Graad 11 Fisiese Wetenskappe. Meganika. Hersieningsoefening. Vrae

Graad 11 Fisiese Wetenskappe. Meganika. Hersieningsoefening. Vrae 1. Definieer: Graad 11 Fisiese Wetenskappe Meganika Hersieningsoefening Vrae 1.1. Krag 1.2. Resultante krag 1.3. Ewewig 1.4. Normaalkrag 1.5. Wrywingskrag 1.6. Traagheid 1.7. Gravitasieveld 1.8. Gewig

Διαβάστε περισσότερα

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse Week 1 n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender Platinum is gevind in n landelike area wat aan n stam behoort. Platinum is n baie waardevolle metaal. Grondmonsters wys dat platinum slegs 500 m onder

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7 Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Januarie 2012 Ps-vooraf Ps 95:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 216 WISKUNDE V2 PUNTE: 15 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn spesiale antwoordeboek. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 216) INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HODIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 1 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Διαβάστε περισσότερα

Materie en Materiale Atoomkombinasies: Molekulêre Struktuur en Intermolekulêre Kragte

Materie en Materiale Atoomkombinasies: Molekulêre Struktuur en Intermolekulêre Kragte Graad 11 Fisiese Wetenskap Materie en Materiale Atoomkombinasies: Molekulêre Struktuur en Intermolekulêre Kragte 1. Definieer: Hersieningsoefening Vrae 1.1. Bindingslengte 1.2. Bindingsenergie 1.3. Kovalente

Διαβάστε περισσότερα

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is.

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is. 1 AFDELING A Antwoord SLEGS op die spesiale ANTWOORDBLAD. As jy die lyntjiespapier van die eksamenboek gebruik vir hierdie afdeling gaan die vraag nie gemerk word nie en jy verbeur jou punte vir die vraag.

Διαβάστε περισσότερα

KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018

KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018 KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018 GRAAD 12 TYD: 3 UUR EKSAMINATORE: KWOD PLC TOTAAL: 150 MODERATORS: A WESSELS & MZ MOERAT INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WISKUNDIGE GELETTERDHEID WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL GRAAD 2-REKORDEKSAMEN 04 September 207 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 0 bladsye. SACAI WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL KOPIEREG VOORBEHOU 207 GRAAD 2-REKORDEKSAMEN

Διαβάστε περισσότερα

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Hosea se boodskap is Keer terug na God. 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea 12: 7 "Wat jy moet doen is om na jou God toe terug te keer:

Διαβάστε περισσότερα

TEGNIESE TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS

TEGNIESE TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS GRAAD 10 TEGNIESE WISKUNDE ONDERWYSERSGIDS TechMaths G10_Afr_Cover TG.indd 1-3 2015/10/22 4:22 PM TEGNIESE WISKUNDE GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS Ontwikkel en gefinansier

Διαβάστε περισσότερα

( ) ( ) BYLAE A Metode om presiese vertrouensinterval vir. enψ te bepaal. A.1 Twee onafhanklike groepe: Dit geld dat indien x 1

( ) ( ) BYLAE A Metode om presiese vertrouensinterval vir. enψ te bepaal. A.1 Twee onafhanklike groepe: Dit geld dat indien x 1 YLAE A Metode om presese vertrousterval vr δ,δ ψ te bepaal. A. Twee oafhaklke groepe: t geld dat d x x metgs s ut ormaalverdeelde populases, dat T v ( ) p ( x x ) s / + / e-strale t-verdelg het met v +

Διαβάστε περισσότερα

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE Tema: Twee is so sterk soos drie. God Drie-enig gryp in, in jou en ons lewe!. Skrifgedeelte: Prediker 4:7 12 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 22 Januarie 2012 Prediker 4:7 12 7 8 9 10 11 12 Ek het

Διαβάστε περισσότερα

ANALISE VAN KOVARIANSIE

ANALISE VAN KOVARIANSIE University of Pretoria etd Smith, F J (2003) 260 BYLAES BYLAE A ANALISE VAN KOVARIANSIE Wanneer die beskrywende statistiek en korrelasies tussen s ondersoek word, word daar waargeneem dat daar betekenisvolle

Διαβάστε περισσότερα

EKSAMENMEMO'S Die uitdrukking is ongedefinieerd vir 3x - 9 = 0 Deling deur nul is ongedefinieerd. â 3x = 9 â x =

EKSAMENMEMO'S Die uitdrukking is ongedefinieerd vir 3x - 9 = 0 Deling deur nul is ongedefinieerd. â 3x = 9 â x = EKSAENE'S NASINALE EKSEPLAAR VRAESTEL.. ie uitdrukking is ongedefinieerd vir - 9 0 eling deur nul is ongedefinieerd. â 9 â. ( ) & - 6 + 9... ➋ â â... ➊ ALGERA EN VERGELYKINGS EN NGELYKHEE [7].. ( - )(

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER CAMI Sagteware gekoppel aa KABV: Wiskue Die hooffokus areas i ie VOO-Wiskue- kurrikulum: NOMMER FOKUS AREA 1 Fuksies Getalpatroe, rye e reeks 3 Fiasies, groei e iterval 4 Algebra 5 Differesiaal rekee 6

Διαβάστε περισσότερα

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 12

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 12 - 1 - KABV: Wiskue Graa 1 Die hooffokus areas i ie VOO-Wiskue- kurrikulum: NOMMER FOKUS AREA 1 Fuksies Getalpatroe, rye e reeks 3 Fiasies, groei e iterval 4 Algebra 5 Differesiaal rekee 6 Waarskylikhei

Διαβάστε περισσότερα

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Robertson (14/08/2016) Ef 3:14 21 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader [van onse Here Jesus Christus], (15) van wie elke geslag [/familie/gemeenskap] in die

Διαβάστε περισσότερα

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Mark 10:13-16 Fokus: vers 13-16 Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 3: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

Διαβάστε περισσότερα

EXPLORE EXPLORE. Natuurwetenskappe Graad 8-B (CAPS) Natuurwetenskappe. Graad 8-B. Leerder Werkboek

EXPLORE EXPLORE. Natuurwetenskappe Graad 8-B (CAPS) Natuurwetenskappe. Graad 8-B. Leerder Werkboek Natuurwetenskappe Graad 8-B (CAPS) Natuurwetenskappe Graad 8-B Is jy nuuskierig oor die wêreld rondom jou? Ontdek hierdie wêreld deur Natuurwetenskappe! EXPLORE EXPLORE Werkboek 8-B dek: Energie en Verandering

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Διαβάστε περισσότερα

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp SKRIFLESING: Johannes 7:1-9 TEKS: Johannes 7:6 TEMA: Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp Psalm 92 : 1, 2 Psalm 119 : 33, 36 Psalm 25 : 2 Psalm 25 : 6 1 Hierdie preek gaan nie oor die

Διαβάστε περισσότερα

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS: Pretoria- 1 Skriflesing: Heidelbergse Kategismus: Teks: Sing- SAMESANG: Ps 49:4 TYDENS EREDIENS: Ps 40:8; Ps 25:3; Ps 19:4 As ons in Handelinge 16 kan begin, broeder en suster, dan staan in die een hoofstuk

Διαβάστε περισσότερα

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Mark 9:14-29 Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Desember 2012 Ps-vooraf Ps 63: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom?

Διαβάστε περισσότερα

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Joh 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus

Διαβάστε περισσότερα

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer KWARTAAL 1 LESPLAN 4 FISIESE WETENSKAPPE CHEMIE GRAAD 11 TOTALE TYD: KENNISAREA MATERIE EN MATERIALE 23 DAE Kwartaal 1 Atoomverbindings: Molekulêre struktuur n Chemiese

Διαβάστε περισσότερα

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1 ONDERWERP Eksponente en wortelvorme Vergelykings en ongelykhede Getalpatrone Analitiese Meetkunde GRAAD 11_Kwartaal 1 INHOUD 1. Vereenvoudig uitdrukkings en los vergelykings op deur van die eksponentwette

Διαβάστε περισσότερα

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Vir enige Christengelowige, en vir enige gemeente, is niks meer belangrik as jou kennis van die Drie-enige God

Διαβάστε περισσότερα

PracMaths. Trigonometrie is Maklik Graad 10 & 11. Seeliger ~ Mouton. Set by / Opgestel deur

PracMaths. Trigonometrie is Maklik Graad 10 & 11. Seeliger ~ Mouton. Set by / Opgestel deur PracMaths Trigonometrie is Maklik Graad 0 & Set by / Ogestel deur Seeliger ~ Mouton Trigonometrie is Maklik Graad 0 & ~ PS JNM PULISHERS (Pty) Ltd 07 PO ox 955 WTERKLOOF 05 Tel: (0) 60 907 Fax: (0) 60

Διαβάστε περισσότερα

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Februarie 2017 Ps 89: 1, 2 vooraf Ps 89: 6, 7 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet

Διαβάστε περισσότερα

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IPHSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende gegewensblasye. 2 FISIESE WETENSKAPPE V1

Διαβάστε περισσότερα

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels KLASTOETS GRAAD FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels PUNTE: 45 TYD: uur INSTRUKSIES EN INLIGTING. Beantwoord AL die vrae. 2. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: EMIE (V2) NOVEMBER 2017 PUNTE: 150 TYD: 3 uur ierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 4 gegewensblaaie. Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November

Διαβάστε περισσότερα

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIORSERTIFIKT-EKSMEN FISIESE WETENSKPPE: FISIK (V1) 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie. Fisiese Wetenskappe/V1 DE/016 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.. 3.

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD WISKUNDE V NOVEMBER 00 MEMORANDUM PUNTE: 0 Hierdie memorandum bestaan uit bladsye. Wiskunde/V DBE/November 00 NOTA: As n kandidaat n vraag TWEE keer beantwoord, merk

Διαβάστε περισσότερα

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika KLASTOETS GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1 MEMORANDUM GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Leeruitkomste en Assesseringstandaarde LU1 LU2 LU3 AS 11.1.1: Beplan en voer n ondersoek uit om data stelselmatig te versamel

Διαβάστε περισσότερα

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika Meestes vi tanspaante 5.1 Meganika KENNISAREA: MEGANIKA Meganika Vektoe in twee dimensies Newton se bewegingswette Newton se univesele gavitasiewet EENHEID 1 VEKTORE IN TWEE DIMENSIES Skalae en vektoe

Διαβάστε περισσότερα

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF? 0 WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF? IS DIE BYBEL WAAR? IS DIE BYBEL VOLLEDIG? IS DAAR FOUTE IN DIE BYBEL? HOEKOM KLEEF DAAR N STIGMA AAN DIE GETAL 13? LEES OOK OOR ANDER GETALLE ONWEERLEGBARE NUMERIESE

Διαβάστε περισσότερα

HOOFSTUK 8 BESPREKING

HOOFSTUK 8 BESPREKING University of Pretoria etd Smith, F J (2003) 165 HOOFSTUK 8 BESPREKING Daar is bevind dat die narkosetegniek midasolam plus ketamien moontlik n beter neurologiese uitkoms as sufentaniel tot gevolg het.

Διαβάστε περισσότερα

Afstandswaarneming LWR314

Afstandswaarneming LWR314 Afstandswaarneming LWR314 Definisie Die bestudering van n voorwerp sonder om werkik kontak maak met die voorwerp onder bestudering. Dit behels die meeting van die fisiese eienskappe van die voorwerp oor

Διαβάστε περισσότερα

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Dan 7:1-28 Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Januarie 2015 Ps-vooraf Ps 57: 1, 5; Ps 18: 1, 14 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp

Διαβάστε περισσότερα

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Rom 15:1-7 Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Desember 2013 Ps-vooraf Ps 96: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GAAD 12 NASONAE SENO SEFKAA GAAD 12 EEKESE EGNOOGE FEBUAE/MAA 2015 PUNE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad. Elektriese egnologie 2 DBE/Feb. Mrt. 2015 NSUKSES

Διαβάστε περισσότερα

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Rom 14:1-9 Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 123: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE)

FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE) VOORBEREIDENDE EKSAMEN GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (EMIE) SEPTEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 UUR ierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 4 inligtingsblaaie en 'n grafiekpapier. Fisiese Wetenskappe

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 1 SEPTEMBER 018 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye insluitend ʼn -bladsy gegewensblad. FISIESE WETENSKAPPE V1

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n 4 bladsy-gegewensbylae en 1 antwoordblad.

Διαβάστε περισσότερα

Besproeiing van aartappels CHIPS

Besproeiing van aartappels CHIPS Besproeiing van aartappels 2018 CHIPS www.potatoes.co.za Voorwoord Hoewel aartappel een van die gewasse is wat water die doeltreffendste in voedsel omsit, is die plante sensitief vir watertekorte vandat

Διαβάστε περισσότερα

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). September 2014 Ps-vooraf Ps 10: 8, 9, 10 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die

Διαβάστε περισσότερα

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 vooraf Ps 103: 1, 10, 11 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet Ps 119: 7 as antwoord op die Woord Ps 34: 1,

Διαβάστε περισσότερα

Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak.

Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak. Eksamen vraestel 1 Fisika Vektore Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak. Voeg die ko-lineêre vertikale vektore en die ko-lineêre horisontale vektore

Διαβάστε περισσότερα