e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

Σχετικά έγγραφα
e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

VOORBLAD. Dames of susters?

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 24 Junie 2010 Jaargang 3 Uitgawe 20 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad VOORBLAD Illusie en werklikheid Die grootste deel van ons land is tans in n toestand van euforie. Baie mense in slegte omstandighede en armoede vergeet vir n oomblik van hul situasie en word meegevoer deur die opgewondenheid van sokkerondersteuners en die geesdriftige geblaas van die vuvuzelas (alhoewel dit vir sommige net kopseer gee). Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Suid-Afrika probeer ook om aan die wêreld n beeld voor te hou van n land van voorspoed, vrede en harmonie. Intussen weet ons almal dat dit n illusie is. Heelwat van die oorsese besoekers moes dit al ervaar en het onder misdaad deurgeloop. Die euforiese toestand in n land vol feesvieringe laat n mens egter vir n rukkie van die werklikheid vergeet. Dit is n manier van ontvlugting en ons begin die illusie leef. In n sekere sin bring sulke momente van ontvlugting en ontkenning van die werklikheid n gevoel van ontspanning en rus. Almal in die land het dit nodig. Ons gun dit veral die sokkergeesdriftiges. Na die Wêreldbeker wag daar egter die skok van die realiteite wat ons in die gesig gaan staar. Ons land en sy mense is stukkend en getraumatiseer. Dis iets waarvan mense dalk vir n rukkie vergeet het, maar dit het nie verdwyn nie. Na die sokker gaan die werklikheid van betogings, korrupsie, armoede, misdaad, geweld, swak dienslewering en gebrekkige infrastruktuur ons van die illusie bevry. Ons hoop en bid dat die regering, as alles weer na normaal teruggekeer het, iets daaraan sal doen. Ontkenning, vermyding en ontvlugting gaan nie meer langer gemoedere kalmeer nie. Blamering en beskuldigings oor apartheid gaan die situasie net vererger. Dit is tyd dat die regering die werklikheid in die oë kyk en hul verantwoordelikheid aanvaar. Dit is ons reg as landsburgers om dit van hulle te eis. Dieselfde eis geld egter ook vir elkeen van ons as gelowiges. Die Bybel leer ons immers om eers die balk uit ons eie oog te haal. Leef ons nie ook maar dikwels n illusie nie? Ons gee voor dat alles reg is in ons lewe, die kerk, ons gesin, ons besigheid, ons werk en verhoudings. n Mens kan n illusie net vir n rukkie probeer lewe, dan haal die werklikheid jou in. Dan doen ons maar dieselfde as die regering van die dag. Ons ontken, beskuldig, blameer en projekteer dikwels die oorsake van die probleem op ander. Erken jou foute, bely jou skuld, vra om vergewing en doen wat reg is. Die Bybel noem dit bekering. As ons elkeen bereid is om dit te doen in die kring waar ons leef en werk, kan die werklikheid om ons anders daar uitsien. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Ds Anet Dreyer-Krüger Gemeente Rustenburg-Suid 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Ds Johan van Greunen Ds Paul Kern Ds Jasper van der Westhuizen Ds At Mc Donald Dr Piet van Staden Ds Dawie Jacobs Ds Rudi Schoeman Ds Herman Gothan Ds Arno Nieuwhof Beroep ontvang Ds Johan van Greunen van Vaalwater na die Stella-kombinasie Beroep aanvaar Ds Dawie Jacobs van Zwartruggens na Lichtenburg-Oos Ds Paul Kern, beroepafwagtend, na Sannieshof Ds Rudi Schoeman van Schweizer-Reneke na Theresapark Beroep bedank Ds Jasper van der Westhuizen van Hendrina/Breyten na Zeerust PREDIKANTE EN GEMEENTES Emerituspredikant ds PM Smith, voorheen skriba van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV), is al vir twee weke in die Peglerae-hospitaal in Rustenburg met longontsteking. Voorbidding word vir hom gevra. Ds Herman Gothan was verlede Vrydagmiddag in n motorongeluk betrokke. Hy word tans versorg in die intensiewesorgeenheid van die Medi-Clinic in Vereeniging. Ds Gothan het borskasbeserings opgedoen en word gesedeer met asemhalingsapparaat om die longfunksie te stabiliseer. Voorbidding word vir hom gevra. Ds At Mc Donald se kankertelling het met 300% verhoog. Dit gaan nie goed met hom nie. Medici besluit tans oor n operasie wat vir hom verligting kan bring. Die Kerk se voorbidding word vir ds Mc Donald gevra. Ds Arno Nieuwhof is die afgelope naweek in die Wilgers-hospitaal opgeneem nadat hy kwaai hoofpyne ervaar het. Nadat toetse gedoen is, is hy ontslaan. Hy sterk tuis aan. Ons bid hom n spoedige herstel toe. Ds Hennie Aucamp se vrou, Clara, het n tweede rugoperasie gehad. Sy is in die Little Company of Mary-hospitaal. Ons bid haar sterkte toe. Dr Piet van Staden, wat die deeltydse beroep na die Stellenbosch/Worcesterkombinasie aanvaar het, is op Sondag 6 Junie in Worcester in die amp bevestig. Die bevestiging is waargeneem deur ds Chris le Roux. Oudl Frits Smit, lid van die Kommissie van die AKV, het n groeteboodskap namens die Kommissie van die AKV gelewer, ds Chris le Roux, voorsitter van die ring van Wes-Kaap, namens die ring, en oudl Matie Boonzaaier namens die gemeente. Ds Chris le Roux van Gemeente Stellenbosch se adres en telefoonnommer het verander. Sy woonadres is nou Froetangstraat 36, Welgevonden Estate, Stellenbosch, en sy telefoonnommer 021 889 9603. 2

Ds Stephan van Tonder is op die oomblik in Suid-Afrika vanuit Saoedi-Arabië waar hy n lektor in Engels is. Hy sal in Suid-Afrika wees tot einde Augustus, want hy help met die Spaanssprekende spanne se interpretasie tydens die Wêreldbekertoernooi. Ds Van Tonder is tans beroepafwagtend, en beskikbaar vir preekbeurte vanaf 11 Julie. Kontak hom by 083 415 5677. Die volgende predikante verjaar in die komende week, en word hartlik geluk gewens. Saterdag 26 Junie: Maandag 28 Junie: Woensdag 30 Junie: Donderdag 1 Julie: Vrydag 2 Julie: Ds Leslie Kern Di Coen de Lange en Elsie Pretorius Ds Koos Jansen van Rensburg Di Willie Botha, Marlize Gasson en Maryka Potgieter Di Wynand de Beer en Martin Jansen van Rensburg Ds Willem Slabbert Prof Hennie van der Westhuizen Prof Theuns Dreyer in gesprek met prof Jan Barkhuizen Gemeente Pretoria-Noord het ds Willem Slabbert beroep nadat toestemming ontvang is dat die standplaas gewysig kan word na deelversorging. Die gemeente het vroeër twee volledig versorgde standplase gehad. Alle verwagting is dat ds Slabbert die beroep sal aanvaar en met nuwe ywer sal werk om die standplaas weer na volledige versorging te wysig. Die kerkraad en gemeente word sterkte toegebid. Die Stella-kombinasie hoop dat ds Johan van Greunen die beroep daarheen sal aanvaar. Die kombinasie is reeds geruime tyd vakant en vanweë die uitgestrektheid is dit noodsaaklik dat daar so gou moontlik bearbeiding kom. Prof Hennie van der Westhuizen en ander predikante in die omgewing help so ver moontlik met die hou van eredienste. Die ring van Zeerust het weer moed geskep nadat ds Dawie Jacobs van Zwartruggens die beroep na Lichtenburg-Oos aanvaar het. Ds Paul Kern het die beroep na Gemeente Sannieshof aanvaar en word op Sondag 25 Julie deur die gemeente ontvang. Die standplaas Zeerust is nog vakant en nou ook Gemeente Zwartruggens. Prof Jan Barkhuizen, wat etlike jare gelede by die Universiteit van Pretoria uitgetree het waar hy hoofsaaklik Grieks gedoseer het, het ook later as predikant van die Kerk geëmeriteer. Hy en sy vrou, Ann, is aktief in Gemeente Strand waar hy dikwels help met Bybelstudie, hou van eredienste en hantering van probleme wat aan hom opgedra is. Eie aan sy aard bly hy beskeie en op die agtergrond. Prof Barkhuizen hou hom steeds met sy studiewerk besig. Hy is as brontaalkenner benoem by die Afrikaanse Bybelvertaling en is daarom ook verantwoordelik vir die fi nale kontrolering van n paar boeke van die Nuwe Testament. Tans is hy betrokke by die fi nale Redaksiekomitee van die Afrikaanse Bybelvertaling waar hy die enigste brontaalkenner van die Nuwe Testament en ook die enigste Hervormer in die Komitee is. Hulle werk die Nuwe Testament letterlik woord vir woord en teks vir teks deur. CUM is besig met die voorbereiding van n Afrikaanse Interliniêre Vertaling van die Nuwe Testament (daar bestaan slegs n Engelse Interliniêre Vertaling van die Ou Testament, wat in Amerika gedruk is en wat deur van ons predikante besit of gebruik word). Prof Barkhuizen is genader om ook daar op hoë vlak betrokke te wees. Dit behels dat hy daagliks besig is met die kontrolering van die Grieks en die direkte vertaling daarvan. Tussendeur is hy betrokke by verskeie studente in die buiteland wat hom kontak vir hulp met hul navorsing op die gebied van sy eie navorsing. Hy en Ann vertrek op 30 Augustus vir n maand na Engeland waar hy weer in Oxford gaan werk aan sy eie navorsing. Die Kerk is trots op hom en ons beste wense vergesel hom. 3

Kampe en toere 27 September tot 1 Oktober: Ondersteuningsraadkamp Koste R750 per kind Kontak Suzanne van Deventer by oraad@telkomsa.net, 012 325 2320 of 071 684 7789 om n kind te borg Ander kompetisies en fondsinsamelings Gemeentes Primrose en Primrose-Oos: Saadjieprojek Wil Bybels voorsien aan 4 laerskole Kontak Antoinette Jacobs by 071 672 6794 met n donasie (kontant of Bybels) Gemeente Paarl: Kerkbouprojek Donasies van gemeentes welkom Rekening Ned Herv Kerk Paarl; ABSA; rekeningnommer 740 580 256; taknommer 335 010; verwysing naam van gemeente Gemeente Philadelphia: Auto Pedigree Toer die Droom Fietstoer Samel fondse in vir minderbevoorregte kinders Donasies welkom Rekening: NHK Philadelphia; ABSA (tjek); rekeningnommer 054 058 0065; takkode 63 20 05; verwysing Droom Faks bewys van betaling en kontakbesonderhede na 086 503 2855 Om R30-donasie te maak, SMS die woord dream na 42220 Gemeente Losberg in Fochville: Jagpakket trekking 2 Julie Vir diakonale dienswerk 5 pryse te wen vir R50: blouwildebees, blesbok, lam, vark en 4 kg biltong Skakel 018 771 2617 om in te skryf Gemeente Ottosdal: Afrikaanse sangkompetisie Saterdag 31 Julie Aspirantsangers tussen 13 en 23 jaar, wen R3 000, R1 500 of R500 Sluitingsdatum vir inskrywings Vrydag 16 Julie Navrae aan Adri Botha by 082 403 5051 Gemeente Vanderbijlpark-Suid: Jagpakket sluit 16 Julie Wen wild ter waarde van R6 000 en verblyf R50 inskrywingsgeld (inskrywingsvorm by info@nhksuid.co.za) Kontak Anneline Grey by 016 932 2744 (kantoorure) of info@nhksuid.co.za Gemeente Roedtan: Buffeljagkompetisie trekking 14 Augustus R50 per kaartjie 1ste prys: Buffelkoei, 2 blouwildebeeste, koedoe, blesbok, rooibok en akkommodasie vir 10 vir vier dae 2de prys: Voëljag en akkommodasie vir 10 vir twee dae Kontak ds Thys Redelinghuys by 082 416 7724, faks 0865 189 110, of jagkompetisie@gmail.com Bankrekening: Absa Spaar; takkode 632 005; rekeningnommer 924 227 4630 Gemeente Derdepoort: Vleis Wildswors R38 per kg en wildsvleissalami s R100 elk Boerewors, maalvleis en kookvleis ook beskikbaar Skakel ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 om te bestel Gemeente Derdepoort: Sonkrag Vervang geisers met sonkragtoestelle Kontak ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 4

Gemeente Derdepoort: Barmhartigheidsprojek Donasies benodig van blikkieskos, niebederfbare kos, klere en breekgoed Sal dit kom haal! Skakel ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 Basaars en markte Saterdag 26 Junie: Gemeente Bloemhof basaar Kontak Helen by 053 433 1222 of 079 377 5008 Saterdag 26 Junie: Ring van Noordelike Pretoria Joy X Fest Om buitelandse besoekers aan ons kultuur en disse bekend te stel Tradisionele disse en drinkgoed, ou motors en masjiene, jagpakkette Kamp- en akkommodasieverskaffers, die CSO en ander Stories in Spaans, Duits, Engels en Frans op groot skerms Die aand tradisionele kampvuurkonsert Kontak Cathrina Cronje by 072 237 8601 of Phillip Bester by 082 333 3657 of joyxfest@gmail.com Vrydag 2 Julie: Gemeente Losberg Biltongaand Wilds- en beesbiltong, brode, konfyte, kaas en ander lekkernye Trekking van jagpakket Thys die Bosveldklong sing en behartig veiling van Bloubul- en Springbokmemorabilia Kontak ds Ernest Marran by 018 771 2340 of 082 444 1089 Einde Julie: Bulawayo 15 gesinne Benodig koekmeel, suiker en enigiets wat by n basaar verkoop kan word Moenie te groot wees om na Zimbabwe te vervoer nie Geldelike bydraes ook welkom Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 of fanie@nhk.co.za ANDER NUUS Daar is nog talle geloofsbriewe vir die 69ste AKV uitstaande. Kerkrade word versoek om die briewe aan te stuur na die kantoor van die sekretaris. Verblyfreëlings vir afgevaardigdes moet ook so gou moontlik gereël word. Die reünie van Voortrekkertehuis is verlede Saterdag met n gesellige middagete op die Proefplaas by die Sportgronde van die Universiteit van Pretoria gehou. Die bestuur, bestaande uit ds Dries Beukes (voorsitter) en ds Roelf Coertze (sekretaris/kassier), het die puik funksie gereël. Getrou aan die Voortrekkertradisie is hulle eenparig herkies in hul onderskeie poste. Emerituspredikant dr Hennie van Deventer sal voortaan ook betrokke wees. Prof Bart Oberholzer is steeds huisvader. Oudinwoners van Voortrekker word versoek om nou reeds hul adresse en telefoonnommers aan die bestuur te stuur sodat almal betyds gekontak kan word oor volgende jaar se byeenkoms. Ds Martin Jansen van Rensburg en sy vrou, Hannetjie Die Algemene Diakensvergadering (ADV) en Gemeente Phalaborwa het op Maandag 21 Junie n groep van ongeveer 55 minderbevoorregte kinders op n avontuurkamp in die Blyderiviervallei geneem. Hulle het vroeg van die Sinodale Kerkkantoor in Pretoria af vertrek. Die groep staan onder leiding van ds Martin Jansen van Rensburg en kampkommandant Nico Kellerman, wat deur ongeveer 20 ander volwassenes bygestaan word. Die klomp tieners gaan onder meer n bootrit op die Blyderivier meemaak, foefi eslaaid (ja, dis regtig hoe dit in die nuutste Pharos tweetalige woordeboek staan!) ry, lantern bekruip en n rehabilitasiesentrum vir jagluiperds en arende besoek. Die tema vir die kamp 5

is n Legkaart van hoop, en hulle doen daagliks Bybelstudie aan die hand van gepaste Skrifgedeeltes. Die koste van die kamp word gedek deur welwillende donateurs met bydraes uit gemeentes in die ringe van Middelburg, Pretoria en Zoutpansberg. To Care benodig materiaal wat vir naaldwerkklasse gebruik kan word. Indien daar lidmate is wat rolle materiaal en garing kan skenk wat in n naaldwerkprojek gebruik kan word, kan hulle dr Wouter van Wyk kontak by 012 322 8885 x261 of wouter@nhk.co.za. Daar is geen vergaderings beplan vir die week van 25 Junie tot 2 Julie nie. ADVERTENSIES WONING IN AFTREEOORD BESKIKBAAR Pragtige, ruim tweeslaapkamer-woonstel in Deo Gratia-aftreeoord langs die NH Gemeente Wapadrant. Een badkamer met aparte toilet. Toegemaakte sonstoep, agterplaas onder dak, ideaal vir wasmasjiene, strykgeriewe, ensovoorts. Motorhuis wat in huis oopmaak, pragtige, klein, versorgde tuin, veilig omhein met elektrifi sering en veiligheidshek. Prys R710 000. Kontak Ria by 012 348 6464 of Hennie by 082 786 8448. Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: e-hervormer Ads. AGTERBLAD In die SENTIK-boekwinkel Die hersiene weergawe (2010) van die Toerustingskursus vir Ouderlinge is nou beskikbaar. Bestel die gedrukte handleiding van mev Susann van Zyl by 012 322 8885 x291 of sentik@nhk.co.za. Die koste is R25 per hardekopie eksemplaar (posgeld uitgesluit). Indien gemeentes die drukwerk self wil behartig, kan die teks elektronies deur mev Betsie Brits van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) aan hulle gestuur word. Kontak haar by betsie.brits@up.ac.za. Die DVD Ongebroke harte wat onder leiding van die ADV gemaak is, kyk na die tipiese probleme waarmee moderne gesinne mag worstel, soos MIV/vigs, drank- en dwelmmisbruik en dissipline. Die DVD kan gehaal-en-betaal word by mev Susann van Zyl van die SENTIK-boekwinkel teen R80 per kopie, of bestel word van mev Marié van Niekerk by 012 322 8885 x221 of kinderhuise@nhk.co.za. Dit kan onder andere gebruik word tydens Bybelstudies, gemeentekampe, huweliksverrykingskursusse en kinderleiding. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 6