e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

Σχετικά έγγραφα
e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Die krag / vuur van God:

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

VOORBLAD. Dames of susters?

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 1 Julie 2010 Jaargang 3 Uitgawe 21 VOORBLAD Kerkplanting In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad Ons beleef dit al hoe meer dat predikante van die Kerk in ander lande betrokke raak by die bediening van die evangelie. Die emigrasie van lidmate bied nuwe geleenthede en uitdagings aan die Kerk. Dr Gert Volschenk deel hier sy perspektief en sy gesin se belewenis met ons lesers. Hulle situasie getuig daarvan dat waar n deur toegaan, maak God weer n venster oop. Kerkplanting is eintlik n teenstrydige begrip. Die mens kan nie die kerk stig nie. God alleen roep uit die totale menslike geslag vir Hom n kerk bymekaar. Hy alleen is die Hoof en Heer van die kerk, die begin en die einde. Ons kan alleen uit gehoorsaamheid aan God se roepstem en sy Woord die evangelie verkondig. Die geloof is deur die verkondiging van die Woord, deur hulle wat deur God gestuur is (Rom 10: 14-15). Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Wanneer ons oor kerkplanting of kerkstigting praat, kan ons nie anders nie as om in die voetspore te volg van die leermeesters voor ons, veral die apostel Paulus. Ek wil graag aansluit by enkele gedagtes van Paulus se brief aan die Filippense in ons nadenke oor kerkplanting. Die eerste gedagte rondom kerkplanting is dat die boodskap altyd Christosentries is. Ons bely dat God self sy kerk stig en onderhou deur Woord en Gees. Ons taak en roeping as diensknegte is om die evangelie van Jesus Christus te verkondig, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: Jesus Christus is Here! tot eer van God die Vader (Fil 2: 10-11). Dit is die primêre doel en roeping van die kerk om die evangelie te verkondig sodat al meer en meer mense tot geloof kan kom deur die werking van die Gees. Die tweede gedagte is Filippense 3: 7-8: Maar wat eers vir my n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee... Dit het vir ons gesin beteken om ons land en familie te verlaat, ons Kerk, medegelowiges, kollegas, historiese kerkgeboue, kansels, kerkorrel en orreliste, gevestigde administratiewe sisteme en alles wat kerkwees vir ons beteken. Ons het alles wat vir ons kosbaar is en met die Kerk geassosieer is, verlaat ter wille van Christus en die uitbreiding van sy koninkryk. Die laaste gedagte is dat ons net een wens het, en dit is om Christus ons Here te ken en die krag van sy opstanding te ervaar. Ons doen dit alles met die gesindheid wat Paulus in Filippense 4: 4-7 beskryf, naamlik met blydskap en die vrede van God. Hy is altyd by ons en ons is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee (Fil 4: 13). Ons pak dus hierdie uitdaging van kerkplanting met blydskap, geloof, volharding en entoesiasme aan, want God is met ons, Hy dra ons en gee vir ons die krag om dit te doen tot sy eer en die uitbreiding van sy koninkryk op aarde. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Die ACK Whangarei-gemeente is deel van die groter Afrikaanse Christelike Kerk van Nieu-Seeland en het ontstaan deur die Gees van God wat in die harte van mense gewerk het om in hul eie taal die Here te dien en te aanbid. Dr Gert Volschenk, Nieu-Seeland 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Ds Kobus Venter (beroepafwagtend) na Bothaville Beroep aanvaar Ds Kobus Venter (beroepafwagtend) na Bothaville Ds Kobus Venter PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds PM Smith Ds Herman Gothan Emerituspredikant ds Gert Roos is reeds twee weke lank in die Midmed-hospitaal in Middelburg. Die Kerk se voorbidding word vir ds Roos en sy vrou, Ans, gevra. Ds Roos word in September 93. Dit gaan beter met emerituspredikant ds PM Smith nadat hy ernstig siek was met longontsteking. Hy is steeds swak en voorbidding word vir hom gevra. Ds Smith is vanjaar 92 jaar oud. Ds Herman Gothan van Gemeente Heilbron is na sy motorongeluk van Vereeniging af oorgeplaas na Unitas-hospitaal in Centurion. Daar is n insnyding in sy lugpyp gemaak vir n apparaat om sy asemhaling te stimuleer, en daar is reeds tekens van verbetering. Ds Nico Brayshaw help intussen met die bearbeiding en die eredienste in die gemeente. Die volgende predikante verjaar in die komende week. Hartlik geluk! Ds Nico Brayshaw Vrydag 2 Julie: Sondag 4 Julie: Maandag 5 Julie: Woensdag 7 Julie: Donderdag 8 Julie: Di Wynand de Beer en Martin Jansen van Rensburg Ds Flip Snyders Prop Carusta van der Merwe Ds Marna Naudé Ds Geo Smit Gemeente Bothaville, wat geruime tyd reeds vakant is sedert die vertrek van ds Attie Hattingh na Delareyville, ontvang eersdaags sy nuwe predikant, ds Kobus Venter. Ds Venter het reeds sy intrek in die pastorie geneem en werk in die gemeente. Sy bevestiging sal plaasvind nadat die skole heropen het. Gemeente Sannieshof ontvang sy nuwe predikantspaar, ds en mev Paul Kern, op Sondag 25 Julie. Meer besonderhede sal later deurgegee word. Ds Paul Kern Die kamp vir minderbevoorregte kinders wat van 21 tot 27 Junie naby Hoedspruit aangebied is, het goed afgeloop. Die kamp is gereël deur Gemeente Phalaborwa en die Algemene Diakensvergadering (ADV). Die kamp is gefi nansier deur die ringe van Laeveld, Middelburg en Pretoria-Wes, en met verskeie ander bydraes, onder meer van die NHSV Hoofbestuur, Doulos-armoedebediening, die Kommissie van die ADV, en gemeentes Phalaborwa en Welgelegen-Pietersburg. 2

Die Almanak-inligting van 73 gemeentes en 15 ringe is nog uitstaande, ten spyte van herhaalde aanmanings. Die besonderhede moet teen Maandag 5 Julie OP DIE LAATSTE gestuur word na karen@nhk.co.za. Die verdere hantering van die inligting en die samestelling van die nuwe Almanak is n lang proses, wat nou onnodig vertraag word. Dit is gemeentes se verantwoordelikheid om korrekte en opgedateerde inligting vir opname in die Almanak te voorsien. Spesiale eredienste en feesnaweke Gemeente Bloemfontein-Wes vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar oor die naweke van 13-15 en 20-22 Augustus. Daar is reeds begin met die samestelling van n feesprogram en gedenkalbum. Oudlidmate wat die feesvieringe wil bywoon of dokumente, foto s en staaltjies aan die gemeente wil stuur, kan die skriba, Santie Hamman, kontak by 082 829 7468, of die sekretariële beampte, Willemien Bloem, by 083 658 6753. Stuur enige bydrae per e-pos na wilred@telkomsa.net of ljstrauss@lantic.net. Kampe en toere 27 September tot 1 Oktober: Ondersteuningsraadkamp Koste R750 per kind Kontak Suzanne van Deventer by oraad@telkomsa.net, 012 325 2320 of 071 684 7789 om n kind te borg Ander kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Losberg in Fochville: Jagpakket trekking 2 Julie Vir diakonale dienswerk 5 pryse te wen vir R50: blouwildebees, blesbok, lam, vark en 4 kg biltong Skakel 018 771 2617 om in te skryf Gemeente Ottosdal: Afrikaanse sangkompetisie Saterdag 31 Julie Aspirantsangers tussen 13 en 23 jaar, wen R3 000, R1 500 of R500 Sluitingsdatum vir inskrywings Vrydag 16 Julie Navrae aan Adri Botha by 082 403 5051 Gemeente Vanderbijlpark-Suid: Jagpakket sluit 16 Julie Wen wild ter waarde van R6 000 en verblyf R50 inskrywingsgeld (inskrywingsvorm by info@nhksuid.co.za) Kontak Anneline Grey by 016 932 2744 (kantoorure) of info@nhksuid.co.za Gemeente Roedtan: Buffeljagkompetisie trekking 14 Augustus R50 per kaartjie 1ste prys: Buffelkoei, 2 blouwildebeeste, koedoe, blesbok, rooibok en akkommodasie vir 10 vir vier dae 2de prys: Voëljag en akkommodasie vir 10 vir twee dae Kontak ds Thys Redelinghuys by jagkompetisie@gmail.com, 082 416 7724, of faks 086 518 9110 Bankrekening: Absa Spaar; takkode 632 005; rekeningnommer 924 227 4630 Gemeente Derdepoort: Vleis Wildswors R38 per kg en wildsvleissalami s R100 elk Boerewors, maalvleis en kookvleis ook beskikbaar Skakel ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 om te bestel Gemeente Derdepoort: Sonkrag Vervang geisers met sonkragtoestelle Kontak ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 3

Gemeente Derdepoort: Barmhartigheidsprojek Donasies benodig van blikkieskos, niebederfbare kos, klere en breekgoed Sal dit kom haal! Skakel ds Peet Swanepoel by 072 372 6933 of 012 800 2402 Basaars en markte Vrydag 2 Julie: Gemeente Losberg Biltongaand Wilds- en beesbiltong, brode, konfyte, kaas en ander lekkernye Trekking van jagpakket Thys die Bosveldklong sing en behartig veiling van Bloubul- en Springbokmemorabilia Kontak ds Ernest Marran by 018 771 2340 of 082 444 1089 Einde Julie: Bulawayo 15 gesinne Benodig koekmeel, suiker en enigiets wat by n basaar verkoop kan word Moenie te groot wees om na Zimbabwe te vervoer nie Geldelike bydraes ook welkom Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 of fanie@nhk.co.za Vrydag 30 Julie tot Sondag 1 Augustus: Gemeente Buffelspoort Buffelfees ATKV Buffelspoort (Mooinooi) Burger le Roux (wenner Supersterre 2010), Jennifer Zamudio, Guillaume en Staaldraad Bergwedloop oor 5, 10 en 15 km Kunsmarkstalletjies en baie vermaak Kontak ds Neels van Tonder by 072 633 3367 of nvtonder@vodamail.co.za Vrydag 30 tot Saterdag 31 Julie: Gemeente Premiermyn Warmwinterfees Zonderwaterweg, Cullinan (R515) Smulkos, pretvermaak vir kinders, vlooimark en veiling Wen n Ford Bantam-bakkie vir slegs R100 Wenner bekendgemaak op 17 September tydens NHSV se Stomstreke en kuieraand Navrae aan Alta by 082 682 1252, Annetjie by 082 921 8200 of Piet by 083 230 1135 Saterdag 11 September: Gemeente Meyerspark Stoepsittersfees Fondsinsameling vir blanke plakkerskampe in Pretoria Wen n 1.3 Ford Bantam-bakkie vir slegs R250 Kontak Fred Paynter by 083 226 8299 of mwpaynt@mweb.co.za, of die skriba, Simon Kotze, by nhmeyerspark@lantic.net ANDER NUUS Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) kom op Donderdag 15 Julie in n buitengewone vergadering byeen. Dit sal waarskynlik die tweede laaste vergadering van die huidige Kommissie wees voor die 69ste AKV. Die Moderamen vergader op Donderdag 22 Julie in n voldagvergadering. In opdrag van die Kommissie van die AKV word gesprekke met predikante, ampsdraers en lidmate gevoer. Ds Peet Esterhuizen Beplanning vir die 69ste AKV vorder goed en is op skedule. Op Vrydag 2 Julie kom die Administrateur en personeel wat betrokke is by die reëlings byeen om met die beplanning wat reeds verlede jaar begin het, voort te gaan. Omdat die Aula nie beskikbaar is as vergaderplek nie, moet heelwat aanpassings gedoen word 4

om sake vlot te laat verloop. Die uitstekende samewerking van die kerkraad en predikant, ds Peet Esterhuizen, van Gemeente Wonderboom help om probleme uit die weg te ruim. Die vorige Administrateur, mnr Leon de Munnik, is lid van die kerkraad en met sy kennis van reëlings vir n AKV word sake verder vergemaklik. Die gemeente het reeds hul lapa vergroot sodat afgevaardigdes gemaklik geakkommodeer kan word tydens teepouses. Die volgende vergaderings vind in die komende week plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Maandag 5 Julie: Ons Tuis Beleggingskomitee Ons Tuis Finansiële Komitee KOMMENTAAR Na aanleiding van die voorbladberig van 24 Junie wil ek net noem dat daar op voetsoolvlak, weg van die raadskamers, kantore, konsistories, ensovoorts, tog n groot mate van welwillendheid onder baie Suid-Afrikaners te bespeur is. Mense van alle vlakke kom bymekaar en deel die enorme Sokkerskouspel wat deur miljoene mense wêreldwyd aanskou en geniet word. Suid-Afrika is nie die eerste land in die wêreld wat so n byeenkoms hou nie, daar is baie ander lande wat dit gedoen het, en natuurlik spook hulle vir jare daarna om die las wat so n skouspel teweeg gebring het, te verlig. As ons egter voortgaan met die gedurige negatiwiteit en swartgalligheid, sal Suid- Afrika nooit verander nie. Ek is nie naïef oor alles wat mense daagliks tot vervelens toe opnoem nie. Die vraag wat ek my moet afvra, is: Wat doen ek? Wat doen ek, wat deel was van die toepassing van die onreg van die verlede, om dinge te verbeter? Natuurlik gaan die volmaakte Suid-Afrika nie gou gebeur nie. Maar omdat ek n navolger van Jesus is, kan ek tog n verskil maak. Terloops, daar is steeds van die ouer mense wat nie die Engelse kan of wil vergewe nie, al noem hulle hulself Christene. Die laaste twee paragrawe van ds Dreyer-Krüger se berig is baie belangrik. As ons almal doen wat daar staan, gaan daar reeds n verskil wees, al is dit net by n individu. Kom ons raak betrokke, kom ons wees en leef kerk buite die mooi geboue wat so baie van ons as die begin en einde van Christenskap beskou. Die grootste vreugde wat n mens kry, is wanneer jy onder andere n brood na n shelter toe neem en vir hulle wat nie het nie, gee en nog meer, om saam met hulle rondom die Woord van die Here te verkeer en te bid. Wanneer jy daar is, vra jy nie hoekom jy daar is nie, jy loop in die voetspore van Jesus, jy is kerk in aksie. En dít is nie n illusie nie! ADVERTENSIES RIETFONTEIN-OORNAG (PRETORIA) Selfsorgeenhede geriefl ik, netjies, stil, selektief naby hospitale, hoofweë, sentrums mandjie-ontbyt op aanvraag bekostigbaar veilige parkering Kontak Adaleen by 083 345 7717 Danie le Roux, Vaalpark Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling 5

gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. Advertensies kan ook in Konteks geplaas word. Reël dit asseblief met mej Izelle Marx by 012 322 8885 x238 of grafies@nhk.co.za. Die koste is soos volg: Halfblad (185 x 125 mm): R1 600 (+ BTW) Kwartblad (90 x 125 mm): R800 (+ BTW) Agtsteblad (90 x 60 mm): R500 (+ BTW) Snuffelgids (met n maksimum van 40 woorde): R100 (+ BTW) AGTERBLAD Van der Hoff se Dasprojek 2010 Van der Hoff Teologiese Vereniging verkoop vanjaar weer dasse om die fondse van Van der Hoff te steun en om waar nodig hulp aan studente te verleen. Op 24 Maart 1924 het die Hervormde Kerk hierdie vereniging vir hul teologiestudente gestig. Die doel was om die teologiestudente van die Kerk saam te bind en hulle die geleentheid te gee om mekaar te slyp en te leer. Van der Hoff het vanjaar n ledetal van 55 studente. Die bestuur bestaan uit vier lede, en daar is n aantal konvenors wat verantwoordelik is vir die onderskeie projekte. Daar is vanjaar twee verskillende dasontwerpe. Die dasse kos R110 elk. Vir navrae en bestellings, kontak Lisa-Mari Swanepoel by 083 943 4561, of stuur n e-pos na lisamari.swanepoel@gmail.com. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 6