Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

VOORBLAD. Dames of susters?

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar VOORBLAD 20 Maart 2013 Jaargang 6 Uitgawe 7 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Waarmee is ons besig? Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond (Eksodus 3: 5) Pas klaar gestudeer, sit ek as jong dominee met die reuk van ou olie en diesel nog vars in my ambagsmangeheue in n Kerk wat van mening is dat sy haar in n krisis bevind. En as ek so na die Kerk luister en haar moet vergelyk met n motorenjin, klink dit of sy n goeie diens nodig het. Kom ons wees eerlik: In die manier waarop mense met mekaar omgaan, is daar van die Kerk wat ek oor 42 jaar liefgekry het en in geroep is min oor. Dit voel vir my of ek langs n oop enjinkap staan en dat ek nie anders kan nie as om een van daardie lang fl uite te gee wat net n motorwerktuigkundige kan gee. Daardie fl uit wat n motoreienaar laat sidder. Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word? Die krisis word in baie gevalle gemeet in terme van kwynende lidmaatgetalle en dat die Kerk sukkel om aan te pas in n vinnig veranderende wêreld. So is daar baie ander redes vir die krisisverskynsels. Tog is alles nie verlore nie. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a In elke krisis skuil n geleentheid, mits daar n paradigmaskuif en hartsverandering plaasvind. Die Kerk het dus die keuse of sy die krisis negatief gaan hanteer, en of sy die waarheidsmoment in die gesig gaan staar as n geleentheid. Om dit te doen, sal sy haarself kontekstueel en refl eksief moet herwaardeer in terme van haar bestaan. Hierdie herwaardering behoort in die lig van God se Woord as liggaam van Christus te geskied. Wat natuurlik beteken dat daar ook n ander krisis is. Dit is nie net die Kerk wat in n krisis gedompel is nie, ook die kerk as liggaam van Christus is in die verleentheid gestel omdat sy haar identiteit in Christus versaak. n Reformatoriese Kerk wat ernstig is oor haar toekoms as gestuurde gemeenskap en liggaam van Christus, maak erns met God se Woord en sy Roepstem, en rangeer haar bestaan daarvolgens. Deur dit te doen, sal God die Kerk se begrensde en beperkte walle van tyd en ruimte oorstroom na n Kerk waarin Jesus gewoon en gewerk het en waar God steeds aan die werk is. Die Kerk behoort nie aan mense nie, maar aan God, met Jesus as hoof en Heer van die Kerk. Die vraag is: Is die stelling nog waar in die NHKA en haar strome van waarheid? Wat ek as jong dominee verder sien, is dat die meeste kerke, te midde van hul gesofi stikeerde vaardighede, in lidmate, nie haar gestuurde potensiaal bereik nie omdat sy nie die gereedskap in haar gereedskapskas positief aanwend nie. Elke mens is tog n gestuurde van God en daarom kerk. Dit is goed dat die enjinkap oop is kom ons kry die beste werktuigkundige vir die herstelwerk: Jesus Christus, die hoof en Heer van die Kerk. Miskien sal ons weer die huisgesin van die Vader, die liggaam van Christus en die tempel van die Heilige Gees wordende word. Op die vraag of daar nog hoop is vir ons Kerk deur die oë van ʼn jong dominee? Verseker! In Christus is daar altyd hoop, daarom het dit tyd geword dat ons weer biddend vra: Waarmee is ons besig en waartoe roep God ons, en sy Kerk, gemeet aan sy Roepstem en sy Woord? Ds Cobus van Nieuwenhuizen, Hartebeeshoek Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org (Tekste gebruik: Eksodus 3: 1-6; Esegiël 37: 1-17; Die Hervormer www.hervormer.co.za 47: 1-12; Johannes 3: 16; Handelinge 1 en 2) e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

Ds Corné Lemmens Ds David du Plessis Ds Giel Malan Prop Antionette Janse van Rensburg BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang en aanvaar Die volgende benoemings is vir die tydperk 1 Februarie tot 31 Mei 2013. Die predikante bly steeds in hul eie gemeentes betrokke gedurende die benoemingstydperk. Ds Corné Lemmens van Villieria (deelsorg) na Wonderboompoort (benoeming) Ds Giel Malan van Newlands (deeltyds) na Wonderboompoort (benoeming) Ds David du Plessis van Wonderboom-Suid (deeltyds) na Wonderboompoort (benoeming) Prop Antionette Janse van Rensburg (beroepafwagtend) na Wonderboompoort (benoeming) Vakante standplaas Gemeente Saffierkus in Amanzimtoti beplan om eersdaags te beroep en wag aansoeke in van predikante wat in deeltydse of deelsorghoedanigheid in die gemeente kan werk. Die gemeente bestaan uit 130 belydende lidmate, waarvan die helfte bo 55 jaar oud is. Die omvang van die verantwoordelikheid en vergoeding is onderhandelbaar. Die kerkraad behou die reg voor om enige of geen van die geadverteerde aansoeke te aanvaar of nie. Navrae kan gerig word aan Celia Biggs by 031 903 7970 of 082 410 5444. Aansoeke sluit op 15 April 2013. CV s kan gestuur word na cbiggs@telkomsa.net. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed na produksie@nhk.co.za. Di Petrus (Gerdau/Hartbeesfontein) en André (Londen) Harmzen se moeder, tannie Santjie Harmzen, is die aand van 15 Maart in haar slaap oorlede. Sy is ook die moeder van diak Herman Harmzen van Gemeente Klerksdorp-Doringkruin en Linda Botha, vrou van ds Gerrie Botha van Gemeente Viljoenskroon. Ons innige meegevoel gaan aan die familie. Proff Andries Breytenbach, Bart Oberholzer en Johan Buitendag Op Vrydag 15 Maart het die Departement Ou-Testamentiese Wetenskap aan UP se Fakulteit Teologie by n spesiale geleentheid erkenning gegee aan die bydraes van proff Bart Oberholzer en Andries Breytenbach. Prof Jurie le Roux (emeritus) het in sy huldigingsrede uitgewys hoe prof Oberholzer deel was van die nuwe stimulus vir die bestudering van die Ou Testament in Suid-Afrika, en waardering uitgespreek vir die manier waarop hy kritiese teologiebeoefening sinvol by onderrig en prediking geïntegreer het. Dr Ananda Geyser-Fouché (Dept OT, UP) het verwys na prof Breytenbach se uitstekende kennis van Hebreeus en sy sonderlinge vermoë om die teks van die Ou Testament te interpreteer, terwyl hy ook met sy omdigtings van die Psalms en Gesange n kosbare bydrae tot die Liedboek van die Kerk gemaak het. Ds Gerrit Kritzinger (Bybelgenootskap van SA) het in sy huldigingsrede verwys na die reusebydrae wat prof Oberholzer reeds vanaf 1966 tot die Nuwe Afrikaanse Vertaling (wat uiteindelik in 1983 verskyn het) gelewer het (as grondvertaler en lid van die Eindredaksie), en ook die Bybel vir Dowes (deesdae uitgegee as Bybel vir Almal) waarvan hy projekleier was. Prof Breytenbach se betrokkenheid by Bybelvertaling het ook reeds by die 1983- vertaling begin, terwyl hy n sleutelrol gespeel het in die vertaling van die Bybel in 2

Suid-Ndebele wat verlede jaar verskyn het. Prof Breytenbach is van die begin van 2013 af ook voltyds betrokke by die Bybelgenootskap se huidige vertaalprojek, Die Bybel in Afrikaans: n direkte vertaling. Die volgende besluite is onder andere deur die Kommissie van die AKV geneem tydens hul vergadering van 7 en 8 Maart: Dr Johann Beukes van Gemeente Weltevreden is as lid van die Kuratorium aangewys. Dr Hennie Botes van Naboomspruit se aansoek om aan die einde van Mei 2013 te emeriteer, is goedgekeur. Die bedanking van ds Wynand Rademeyer van Vivo op 10 Desember 2012 is aanvaar. Die bedanking van ds Hardie Kotzé van Schweizer-Reneke op 19 November 2012 is aanvaar. Die bedanking van ds Jaap Steenkamp van Potchefstroom Die Wilge op 2 Maart 2013 is aanvaar. Oudl Paul Vorster is in terme van Ordinansie 3.10.1 (viii) as ouderlinglid van die Kommissie van die AKV verkies. Gemeente Ottosdal se aansoek om hul standplaas te wysig van volle versorging na gedeeltelike versorging is goedgekeur. Gemeente Vanderbiljpark-Oos se aansoek om hul standplaas te wysig van volle versorging na deeltydse bediening is goedgekeur. Gemeente Oos-Moot se aansoek om die skep van n benoemingstandplaas is goedgekeur. Gemeente El-Flora se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede vir n tydperk van drie maande is goedgekeur tot einde Mei 2013. Gemeente Wonderboompoort se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede vir n tydperk van drie maande is goedgekeur tot einde Mei 2013. Dit word as n uitsonderlike reëling beskou en word op n ad hoc-basis verder bestuur. Die Ringskommissie van Noordelike Pretoria word versoek om op n kontinue basis betrokke te bly in die bestuur van die aangeleentheid. Gemeentes Theresapark en Pretoria-Tuine se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede vir n onbepaalde tyd of totdat sake vir die gemeentes genormaliseer het, word goedgekeur. Gemeente Heidelberg se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede word in beginsel vir n periode van drie maande, tot einde Mei 2013, goedgekeur, met die veronderstelling dat die Ringskommissie van Heidelberg die saak behoorlik verreken en goedkeuring verleen. Gemeente Jeffreysbaai se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede vir n tydperk van drie maande word goedgekeur tot einde Mei 2013. Gemeente Vanderbijlpark-Suid se aansoek om uitstel van beroepswerksaamhede vir n tydperk van 12 maande word goedgekeur tot einde Februarie 2014. Gemeente Witfieldse werkooreenkoms met ds Theo Janse van Nieuwenhuizen vir die tydperk 1 Mei 2013 tot 30 April 2014 word goedgekeur. Gemeente Setlaars se aansoek om van prof John Gericke se dienste gebruik te maak as pastorale hulp vir n verdere periode van 12 maande word goedgekeur. Gemeente Chrissiesmeer se aansoek om met dr Frans Boshoff n werkooreenkoms aan te gaan tot einde Julie 2014 word goedgekeur. Gemeente Sonlandpark se aansoek om van ds Piet van Wyk se dienste gebruik te maak as pastorale hulp wanneer hy einde Julie 2013 emeriteer, word goedgekeur. Dr Piet van Staden Dr Piet van Staden van Stellenbosch/Worcester het op Woensdag 13 Maart die HTK se eerste openbare lesing van die jaar waargeneem. Sy lesing oor Hervormde Teologie is aangebied onder die opskrif Bakens, drumpels en webbe. Hy het aangedui dat teologiebeoefening noodwendig n kreatiewe onderneming is, onder meer omdat dit van taal gebruik maak en omdat alle tekste narratiewe 3

gapings bevat wat deur die leser self gevul moet word. Die leser dra dus by tot die betekenis van die teks. Dr Van Staden het verwys na die begrip liminaliteit wat deur die antropoloë Arnold van Gennep en Victor Turner ontwikkel is, en dit toegepas op teologiebeoefening en die kerk. Die begrip kom van die woord limen in Latyn wat beteken drumpel. Dit verwys na die middelste van drie fases in n oorgangsproses, waar die eerste fase die afskeid van ou vastighede behels, die middelste fase die disoriëntasie en vloeibare oorgang op die drumpel, en die laaste fase waarin nuwe vastigheid gevind word. Die drumpelfase kan ontwrigtend en bedreigend wees omdat ou vastighede bevraagteken word. Tegelyk ervaar baie mense dit as ʼn tyd van opwinding en avontuur waartydens nuwe moontlikhede ondersoek en nuwe energie opgewek word. Die kerk, en ons teologiebeoefening, is tans in n vloeibare fase waar vastigheid in die ou formaat nie meer sekerheid bied nie, en waar ons soek na vastigheid in n nuwe vorm. As dit reg verstaan en bestuur word, kan die kerk baie daarby baat en gereed wees om ʼn betekenisvolle plek in die samelewing in te neem. Die Kommissie van die AKV het besluit om gedurende 2013 voort te gaan met die reeks preeksketse wat aan predikante van die Kerk uitgestuur word. Op hierdie manier gee ons gestalte aan ons gerigtheid op die Skrif en ons onderlinge verbondenheid terwyl ons mekaar dien en van mekaar leer. n Preekskets wat ds Neels van Tonder vir die Lydenstyd geskryf het, is op Dinsdag 19 Maart aan predikante gestuur. Dit kan by Bybelstudiegeleenthede of saam met n eredienswerkgroep benut word. Hierdie reeks preeksketse is bloot as hulpmiddel vir predikante bedoel, wat vry is om self te besluit of en hoe hulle daarvan gebruik kan maak. Lidmate kan gaan na www.nhka.org So werk ons Toerusting In Christus se voetspore vir agtergrondinligting oor die betrokke teksgedeeltes wat gesprek in die gemeente kan stimuleer. Die NHSV Hoofbestuur is tans besig om die bestaande toerustingspakket te hersien. Hulle wil n kompakte toerustingspakket beskikbaar stel wat modern en funksioneel is. n Behoeftebepalingsvraelys is verlede week aan predikantsvroue en NHSV voorsitters gestuur. Baie dankie aan die dames wat reeds hul vraelys teruggestuur het. Indien u dit nie ontvang het nie, kan u die vraelys op die webwerf afl aai by www.nhsv.org.za onder NHSV kantoor pro forma dokumente of dit van die NHSV kantoor aanvra. Ons versoek dat u n tydjie sal skep om hierdie vraelys in te vul en terug te stuur aan die NHSV Hoofbestuur. U kan dit faks na 086 274 0466 of per e-pos stuur na nhsvadmin@nhk.co.za. ADV se Jaar vir Gestremdheid: Respekteer en akkommodeer. Die persoon met n gestremdheid het dieselfde emosies en behoeftes as ek en jy en verdien dieselfde geleenthede. ADV-videogrepe. Gaan kyk gerus na grepe van die dienswerk wat ons Kerk se diakonaat doen (klik telkens om n kort videogreep te vertoon): DPS-stelsel (Kinderhuise) http://www.diakens.co.za/index.php/wat-doen-ons-alles/kindersorg/kinderhuise-dps-stelsel.html TOIBO (Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys) http://www.diakens.co.za/index.php/wat-doen-ons-alles/gestremdes/toibo.html RDV s leer oor barmhartigheid http://www.diakens.co.za/ AGB-wenk: Verbreek die afsydigheid teenoor ouer persone deur betrokke te raak by projekte in jou omgewing wat omgee vir bejaardes. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die AGB by 082 786 8448. Vakature vir n administratiewe beampte. Gemeente Wonderboom in Annlin, Pretoria, het n uitdagende pos vir n professionele, selfgemotiveerde persoon met goeie rekenaar- en fi nansiële vaardigheid. Hierdie persoon is die gemeente 4

se eerste kontakpunt, en daarom is goeie menseverhoudings en kommunikasie van uiterste belang. As die administratiewe beampte van die gemeente is jy verantwoordelik vir alle kantoor- en administratiewe dienste, alle kassierstake, bevordering van kerklike publikasies, instandhouding van elektroniese databasisse en skakeling na binne en buite die gemeente. Dit is n halfdagpos op normale weeksdae, en op Sondae word van jou verwag dat die kantoor n uur na die erediens oop sal wees. Die volgende is vereistes vir die pos: n Naskoolse kwalifi kasie. Formele opleiding in Microsoft Offi ce (Word, Excel, Outlook, PowerPoint). Pastel- of verwante stelselervaring. Geldige rybewys. Kontak een van die volgende persone vir meer besonderhede: Piet Mulder 079 877 3280 / Henri Vorster 082 469 7752 / Dawie van der Merwe 082 575 6284. Aansoeke sluit op 5 April. Korrespondensie sal net met suksesvolle kandidate gevoer word. Indien jy nie binne 7 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Gemeente Declercqville in Klerksdorp beskik oor n vakature vir n orrelis. Stuur aansoeke na die gemeentelike kerkkantoor vir aandag Marie: faks 086 589 3343 of m.swanepoel@lantic.net. Vir navrae, kontak Kobus by 084 513 7588. Gemeente Wonderboompoort bied n koelkamer te koop aan. Dit is n losstaande buitekoelkamer in goeie toestand, 2,6 m hoog, 3 m wyd en 2,4 m diep. Die temperatuur kan beheer word tussen 2 en 10 o C. Daar is geen rakke aan die binnekant nie. Kontantaanbiedinge word ingewag tot 31 Maart. Die beste aanbod sal aanvaar word. Die koper moet asseblief self reël dat die koelkamer afgehaal word. Kontak Sieg Schwarzer (skriba) by 012 335 4181, 083 288 2779 of siegfrieds@telkomsa.net. Spesiale eredienste en feesnaweke Gemeente Goede Hoop (Piet Plessis): 100 jaar Feesnaweek 29 November tot 1 Desember 2013 Basaar met sanger Pieter Smit, Nagmaal en hoeksteenoprigting op fondasie van eerste sinksaaltjie Gedenkalbum deur prof Hennie van der Westhuizen (prys later bekend) Navrae en bestellings aan ds Arno Nieuwhof by 073 240 6030 of arnonieuwhof@gmail.com of op sy Facebook-blad Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 29 Maart, en word hartlik geluk gewens. Woensdag 20 Maart: Di Hannelie Botha (beroepafwagtend), André Harmzen (buiteland) en Lou Swanepoel (emeritus) Donderdag 21 Maart: Ds Paul Jooste (emeritus) Saterdag 23 Maart: Ds Bernie Sneygans (Hartebeestpoort) Sondag 24 Maart: Ds Janine Bevolo-Manders (Witfontein) Maandag 25 Maart: Ds Barnie van der Walt (Bybelgenootskap) Dinsdag 26 Maart: Di Dirk Stoltz (emeritus) en Anton Swanepoel (emeritus) Woensdag 27 Maart: Ds Barry van Schalkwyk (Drie Riviere-Oos) Donderdag 28 Maart: Di Lorret de Leeuw (Hendrina), Mariët Robbertze (Magaliesmoot) en Jaco van Sittert (Randburg) Vrydag 29 Maart: Dr Frans Boshoff (emeritus), di Jan-Harm Barkhuizen (Weskus) en Petri van Rooyen (Joachim Prinsloo/ Ruskoppies) 5

Beplande vergaderings Woensdag 20 Maart: Woensdag 27 Maart: Direksie van Ons Tuis Bestuur van die Ondersteuningsraad Kursusse en toerusting HTK oop gesprek oor die Kerk se teologiese opleiding Vrydag 19 April van 14:00 af By die Sinodale Kerkkantoor in Pretoria Inleiers prof Ernest van Eck en dr Kobus Labuschagne Alle lidmate en ampsdraers welkom Konserte en feeste Vrydag 19 April om 19:00: Gemeente Ventersdorp Griekse aand met Yoti die Griekse Boertjie Aansitete tydens die optrede Volwassenes R100 per persoon Laerskoolkinders en jonger R50 per persoon Kontak Ina van Vuren by 084 602 7300 of die gemeentelike kerkkantoor by 018 264 2245 Vrydag 10 Mei om 19:00: Gemeente Witbank Konsert met Jammies Jamneck (komediant) en sy kinders (kontreisangers) By Klipfontein-laerskool Vingerete ingesluit, wyn en koeldrank voor optrede en in pouse beskikbaar Volwassenes R100 elk, laerskoolkinders en jonger R50 elk Navrae aan Nick van Niekerk by 082 894 7916 of Rachel Bothma by 013 697 0455 Kampe en toere Vrouekamp 2013: 19 tot 21 April Mopani Lodge, net buite Pretoria Sprekers ds Janine Bevolo-Manders en ds Marna Naudé Piekniek, kenmekaar en lofprysing Vrydagaand Pretloop Saterdagoggend, aromaterapiesessie, high tea R550 per persoon (akkommodasie en etes ingesluit) Bespreking met betaling van R200 deposito Kontak Jana Peenze by 083 734 5426 of janapeenze@vodamail.co.za of Stefanie Theron by 082 825 7944 of stef1@absamail.co.za 6

Konteks-leserstoer na Turkye: 2 tot 18 Oktober 2013 15 dae op die voetspore van Paulus, Johannes en die eerste Christene Toerleier: Prof Ernest van Eck Plek vir slegs 30 bespreek betyds! Kontak prof Van Eck by 012 420 3804 / 082 413 2332 / ernest.vaneck@up.ac.za of Louise Geyser (reisagent) by 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za Toer saam na Israel en Egipte: 28 November tot 7 Desember 2013 Beleef God in die voetspore van Jesus Toerleiers: Ds Fanie Beukes en dr Francois Carr Vir meer inligting, kontak ds Beukes by 073 167 1183 of per e-pos by faniebeukes@yahoo.com Sportbyeenkomste Donderdag 4 April: Gemeente Paarl: Gholfdag Paarl-gholfklub 4-bal Beterbal-alliansie Geborgde putjies en bowwe R500 tot R1 500 Inskrywingsfooi R1 200 per 4-bal / R300 per persoon Skryf in by Paarl-gholfklub 021 863 1140 Kontak Frikkie van der Merwe by 082 462 0540 of ds Johan van Rensburg by 083 384 0219 Kompetisies en fondsinsamelings Gemeentes Hartbeesfontein en Gerdau: Fondsinsameling 1000 Wen- n-boerdery en Noag-se-ark-skildery Geleentheid om R50 000 in te samel Pakket van 50 kompetisieboekies met 11 kaartjies in elke boekie Betaal R5 000 vir pakket van R55 000 50 pryse te wen, in totaal meer as R100 000 werd Wen plaasdiere, bokke, varke, duiwe en vele meer! Trekking in Oktober 2013 Kontak Barry of Marthie Pretorius van Hartbeesfontein by 018 431 0331, faks 086 550 1874 of barrypret@lantic.net Verdere navrae aan ds Petrus Harmzen by 082 777 4253 Basaars en markte Saterdag 25 Mei 09:00 tot 14:00 Gemeente Mafeking: Diamantstormloop By Wouter de Vos Rugbystadion in die dorp Verskeie stalletjies en vlooimark Musiek deur Lichvaal Stereo vanaf die rugbystadion Verskeie diamante met gesamentlike waarde van R20 000 te wen Koop n kaartjie teen R100 en ontvang n pakkie diamantgruis Sif die vreemde voorwerp daarin uit en kwalifi seer dalk om n diamant te wen! Navrae aan Kallie of Nelia Landsberg (079 893 9031 of 083 665 6239) Bemark en verkoop u produkte stalletjies R300 elk Navrae aan ds Annelie Botha (082 650 3494) of Magda Redelinghuys (082 825 1913) ANDER NUUS Die OSR Pretoria fokus van 25 tot 28 Maart op die laerskoolkinders by wie die maatskaplike werkers betrokke is. Die doel is om die kinders konstruktief tydens 7

die vakansie besig te hou. Die koste beloop ongeveer R180 per kind vir die vier dae, en sluit uitstappies, vervoer en middagetes in. Indien u enige verdere inligting benodig of n skenking wil maak, kan Natasha van Tonder by 012 325 2320 / oraadpretoria@nhk.co.za gekontak word. Nuwe nasionale fondsinsamelingsprojek op 31 Mei. Plakkers te koop @ R10 elk. Daar is 5 soorte plakkers te koop: diere; algemene welsyn in gemeenskap; kinders; gestremdheid; onderwys. Deur n plakker te dra op 31 Mei wys jy dat jy jou belasting betaal het ten bate van jou gunsteling niewinsgewende organisasie. Om seker te maak dat jou tekkies nie n verleentheid is nie, is daar n spesiale paar veters te koop @ R30. As deel van die plakker is daar ook n kleiner plakker wat jy op jou selfoon kan plak. Bestel jou plakkers van TOIBO. Kontak Arina Jooste by 012 320 7644 / 082 560 5213. Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid Vrydag 7 Junie om 19:30 in die Aula Romanz en Nianell Besprekings by skool 012 800 1071 (kantoorure) / Marietjie 083 294 8246 (naure) / Lizet 082 550 6960 Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks van ongeveer 110 woorde (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Die advertensie moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. AGTERBLAD Publikasies vir April 2013 Redakteur: Dr André Ungerer Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mev Francis Nel 8