e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Σχετικά έγγραφα
e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

VOORBLAD. Dames of susters?

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

1 TESSALONISENSE 1:3

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar VOORBLAD 17 Oktober 2013 Jaargang 6 Uitgawe 34 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Anders maar beter Die 70ste Algemene Kerkvergadering is pas agter die rug. Wat het op die vergadering gebeur? Dit was seker ons almal se bede dat die afgevaardigdes in liefde, met fyn aanvoeling, sou onderskei waarop dit regtig aankom in die kerk van die Here, naamlik liefde en geloof in Jesus Christus. Loop op sy voetspore. Bevorder sy evangelie oor die lengte en breedte van die aarde. Danksy die Here het dit gebeur. Dwarsdeur die vergadering het n mens die teenwoordigheid van die Heilige Gees aangevoel. Daar is gevoel, gehoor, gesien, beleef dat liefde vir Jesus en sy evangelie vir die afgevaardigdes die belangrikste is; beleef dat die Woord vir die teenwoordiges belangriker is as persoonlike emosie en beskouings. Namate die vergadering gevorder het, is n toename in eenheid beleef. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Die vraag is: Wat het gelei tot hierdie wonderlike gees en eenheidsdenke? Natuurlik is dit die werk van die Heilige Gees. Daar is nie net met Woord en gebed elke dag geopen en afgesluit nie, die Woord was altyd oop, meer as een keer het alles tot stilstand gekom. Terwyl n heilige stilte geheers het, is eers hardop of stil gebid. Deurgaans kon n mens aanvoel: God is hier teenwoordig. By al bogenoemde het die kleingroepbesprekings oor kerkwees defi nitief n groot rol gespeel met betrekking tot die gees van die vergadering en die besluite wat geneem is. Die kleingroepbespreking en terugvoer in die groot groep is deur Johan Herholdt, n deurwinterde fasiliteerder, gelei. Die teikengehoor was die predikante, ouderlinge en professore; afgevaardigdes vanoor die hele land. Hul ouderdomme het gewissel tussen 80 en 25. Hulle het verskillende beskouings en persepsies oor die relevante sake wat op die vergadering hanteer moes word. Teenwoordig in die groepe was persone met uiteenlopende sentimente oor die verdeeldheid in die Kerk. Aan die ander kant persone wat presies die teenoorgestelde gevoel het. As gevolg van die gebeure die afgelope aantal maande in die Kerk was party kwaad, teleurgesteld, hartseer, getraumatiseer, onseker, wanhopig. Tydens en na afl oop van die groepbesprekings was alles anders. Die groepbesprekings het geslaag. Die taal wat gepraat is, was geloofstaal. Daar was maksimum vrymoedige deelname. Daar is nie óór mekaar gepraat nie, maar mét mekaar. Oor die essensie van kerkwees, met die Woord en die belydenisskrifte op die tafel, is konsensus bereik. Maar baie meer het gebeur: Mense van dieselfde Kerk het, nieteenstaande klein verskille, mekaar werklik gevind. Hulle het besef ons is een in Christus. Ons is geroepe om mekaar lief te hê. Ons kom al die jare saam en hoort bymekaar. Ons sal nie toelaat dat sekondêre verskille ons van mekaar skei nie. Dank aan die Kommissie van die AKV, Johan Herholdt en almal wat deelgeneem het. Bo alles aan God Drie-enig ons dank, eer en aanbidding. Mag die uitkoms van hierdie vergadering ons inspireer om met die allergrootste ywer die evangelie van Jesus uit te dra. Mag ons so gemotiveer wees dat ons sal glo, met Jesus wat voorgaan, is ons beste jare nie agter die rug nie, maar voor ons. Mag hulle wat wegbeweeg het, weer terugbeweeg. Mag ons ook tot die besef kom dat moderne tegnologie en aanbiedingswyses met vrug in die Kerk op baie terreine gebruik kan word. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Prof Bieks Beukes, Durban-Suid Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep aanvaar Prop Juanita du Preez (beroepafwagtend) na Pierneef (deeltyds). (Ds Du Preez is op 13 Oktober deur ds Petri de Kock in die amp bevestig.) Prop Juanita du Preez Bydraes vir moontlike plasing in die e-hervormer moet asseblief teen Dinsdaemiddae 16:00 OP DIE LAATSTE na produksie@nhk.co.za gestuur word. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Dr Ernest Marran van Gemeente Losberg se moeder is op Dinsdag 15 Oktober oorlede. Ons innige simpatie gaan aan dr Marran en hul familie. Ds Sarel Oosthuizen van Gemeente Stilfontein-Wes se broer, Jaco (45), is skielik na n kort siekbed oorlede. Hy laat sy vrou en twee dogters van 4 en 9 jaar oud agter. Ons innige simpatie gaan aan ds Oosthuizen en die familie. Ds Jan Wilson Ds Attie Hattingh Ds Jan Wilson van Gemeente Klerksdorp-Suid, wat onlangs in n ernstige motorongeluk betrokke was, is in sy onderlyf verlam. Ons vra die Kerk se voorbidding vir ds Wilson in hierdie baie moeilike tyd. Ds Attie Hattingh van Gemeente Delareyville en sy gesin was Dinsdagaand 15 Oktober in n motorongeluk; sy bakkie het gerol. Ds Attie se een sleutelbeen is gebreek en die ander arm is ook beseer. Hy is dieselfde aand geopereer, maar is Woensdag oorgeplaas na n hospitaal in Klerksdorp vir verdere toetse en operasies. Mev Annatjie Hattingh en die kinders het net kneusplekke teen die kop. Ons wens hulle sterkte toe en vertrou dat ds Attie volkome sal herstel. Ds Arno Nieuwhof van die Stella-kombinasie se moeder is ernstig siek. Ons bid ds Nieuwhof en sy familie die Heer se nabyheid toe. AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. Ouer persone wat verplig is om vanweë hul ouderdom af te tree (in die geval van predikante, te emeriteer), ervaar dit meestal as n groot verlies in hul lewe. Angstigheid, onsekerheid en selfs depressie is dikwels simptome van hul emosionele pyn en verlange. Predikante, kerkrade en ander medegelowiges moet altyd met barmhartigheid en deernis na hierdie afgetredenes en emeriti omsien. Vir meer inligting, kontak die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448. Konteks Bybelvasvra 2013 het ten einde geloop, en ons gee graag die uitslae: Laerskool: 1ste Elsburg; 2de Sionspoort 3; 3de Culembeeck. Hoërskool: 1ste Elsburg; 2de Noordwestelike Pretoria; 3de Potchefstroom. Jong Hervormers: 1ste Elsburg; 2de Klerksdorp; 3de Potchefstroom 2. Ope afdeling: 1ste Sionspoort 1; 2de Magaliesmoot; 3de Witfontein. Gemeentes word vriendelik daaraan herinner dat die huidige boekjaar van die Bybelgenootskap (BSA) op 31 Oktober sluit. Bydraes aan die BSA moet asseblief teen Vrydag 25 Oktober aan die BSA oorbetaal word om te verseker dat dit betyds ontvang word. Bydraes wat laat ontvang word, sal nie in die verslae aan die ringsvergaderings van 2014 gerefl ekteer kan word nie. Die 2

deurkollektes van Hervormingsondag (27 Oktober) moet eers in November oorbetaal word as die eerste bydraes vir die 2014-boekjaar van die BSA. Alle gemeentes in die RSA word daaraan herinner dat bydraes direk oorbetaal moet word aan die Kempton Park Administratiewe Sentrum en nie aan enige ander streekkantoor van die BSA of die ring of die Raad van Finansies nie. Gemeentes moet hul eie donateursnommer (soos dit in die gereelde fi nansiële state verskyn) as verwysing gebruik. Skakel gerus vir mev Anne-Marié Nortjé by 011 970 4010 gedurende kantoorure (08:00-16:00) indien die donateursnommer onbekend is. Die BSA se bankbesonderhede is soos volg: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, ABSA Kempton Park, takkode 632 005, rekeningnommer 260 220 748. Bevestig asseblief alle inbetalings per e-pos (nortje@biblesociety.co.za) of faks (011 970 2506). Die bydraemikpunt is R36 per belydende lidmaat. Die bestuur van die Kerkhistoriese Genootskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het besluit om voortaan nie n kongres te reël in die jaar waarin daar n gewone Algemene Kerkvergadering plaasvind nie. Die volgende kongres sal (DV) op Donderdag 30 Oktober 2014 plaasvind. Lede en belangstellendes word egter versoek om vanjaar die Heidelbergse Kategismus 450 Konferensie by te woon. Dit word op 28 en 29 Oktober aangebied deur die Departement Kerkgeskiedenis en Kerkreg van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Meer besonderhede kan verkry word van dr Wim Dreyer by wim.dreyer@up.ac.za. (Sien ook bladsy 10 by Ander nuus.) ADV SE JAAR VIR GESTREMDHEID. Respekteer en akkommodeer. Blinde persone se kos word dikwels op n sekere manier op die bord geskep om dit vir hulle maklik te maak. Sommige skep byvoorbeeld die bord soos n horlosie. Vleis op 12 uur en rys op 6 uur, ensovoorts. Vind uit of die persoon self inskep en of jy moet inskep. Vra hoe die persoon dit graag sou wou hê. Vra byvoorbeeld of jy die vleis moet sny en of die persoon dit self wil doen. Vrydagoggend 27 September se opening van die AKV deur ds Eksteen Botes, tesame met die orreluitvoering die aand, is beskikbaar op DVD teen R20 elk. Die DVD wat tydens die AKV uitgedeel is, met die boodskap van die voorsitter, visevoorsitter en sekretaris van die AKV, asook mense se belewenisse van die tweedag-gesprek oor kerkwees, is ook beskikbaar. Bestellings kan geplaas word by die ADV-kantoor by diens@diakens.co.za. Die bankbesonderhede is soos volg: Kerkgeld vir Kerkwerk, ABSA, rekening nommer 020 149 752, takkode: 532005, verwysing: u naam en DVD 70 AKV. Faks asseblief die bewys van betaling na 086 545 1379. Ds Theuns Botha Bydraes vir die bediening in Zimbabwe kan in die rekening van die Raad van Finansies inbetaal word (ABSA tjekrekening nr 020 000 287), met die verwysing 16ZPRF en die skenker se naam daarna. Intussen is die volgende skrywe van ds Theuns en Adri Botha ontvang: Die Kerk se omarming en gesindheid tydens die pas afgelope AKV en daarna het ons weer nuwe hoop en moed gegee vir die toekoms. Ons het met n swaar gemoed kennis geneem van al die woelinge en pyn van ons geliefde Kerk. Ons het ook besef dat die Kerk nou oral fi nansieel gaan begin swaar trek. Dit was egter n stewige riem onder die hart toe tydens die vergadering besluit is om onder die afgevaardigdes geld in te samel vir die Zimbabwefonds. Die Fonds het die laaste paar jaar onder groot druk verkeer met groot uitgawes en min inkomste. Maar die gesindheid onder afgevaardigdes tydens en na die vergadering het ons net opnuut laat besef dat Zimbabwe nie vergeet is nie, en nog minder ons mense. Namens die lidmate van die Hervormde Kerk en die lidmate van die Samewerkende Afrikaanse Kerke in Bulawayo waar ons bly, is ons baie dankbaar vir elkeen se bydrae met reiskoste en etes tydens die AKV, asook al die skenkings en donasies voor en na die tyd. Hierdie fondse word gebruik om behoeftige lidmate te ondersteun en ook om vergoeding aan die leraar beskikbaar te maak. Ons staan nou aan die einde van ons tweede semester van ons tweede jaar in Zimbabwe. Dit is uitsonderlike, unieke gemeentes en bediening 3

in Zimbabwe. Ek en my vrou, Adri, en die lidmate van die twee gemeentes is u net dank verskuldig. Ons besef dat baie self swaar kry en waardeer daarom elkeen se bydrae ten seerste. Opregte egte Zimbabwiese broederlike groete! STUDIEBEURS: MAATSKAPLIKE WERKER. Aansoeke word ingewag vir die Robbie Schilz-beurs ten bedrae van R40 000 per jaar, vir studie in maatskaplike werk vir die akademiese jare 2014 tot 2017. Die suksesvolle kandidaat moet gekeur wees deur die Universiteit van Pretoria vir maatskaplike studies, asook n belydende lidmaat van die Nederduitsch Hervormde Kerk wees. Die beurs is beskikbaar vir die eerste of n daaropvolgende studiejaar. Aansoekvorms is op aanvraag beskikbaar van jnvh@otmt.org of faks 012 323 2127 en moet ingedien word nie later nie as 15 November 2013. NHSV: Beurse en lenings vir 2014. Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk kwalifi seer vir die toekennings. Die lenings/beurse wissel van R3 000 tot R8 000. Aansoekvorms kan afgelaai word by die NHSV se webadres, by www.nhsv.org.za, onder NHSV kantoor, pro forma-dokumente. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November 2013. Geen laat aansoeke word aanvaar nie. NHSV-takke moet asseblief kennis neem dat die 47ste Nasionale NHSV-kongres plaasvind op 17, 18 en 19 Julie 2014 in die Aula, Universiteit van Pretoria. Dit is vanjaar feitlik 500 jaar sedert Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het. Hierdie gebeure word jaarliks op die Sondag naaste aan 31 Oktober deur Protestantse kerke regoor die wêreld gevier as die begin van die Kerkhervorming. Vir dié geleentheid het die Kommissie van die AKV n aantal boekmerke laat druk wat aan al die gemeentes van ons Kerk beskikbaar gestel word. Elke gemeente ontvang n aantal boekmerke proporsioneel tot die hoeveelheid belydende lidmate van die gemeente, en die kerkraad word versoek om dit op Hervormingsondag aan lidmate uit te deel. Verteenwoordigers van die ringe van Potchefstroom, Heidelberg, Zoutpansberg, Klerksdorp en Heilbron het reeds hierdie gemeentes se boekmerke ontvang met die versoek om dit verder te versprei. Die Pretoria-ringe kan hul boekmerke onder die Dirk van der Hoffgebou kom afhaal waar hul tydskrifte ook afgelewer word. Gemeentes en ringe wat hul boekmerke kan kom afhaal en versprei, word versoek om voor Maandag 21 Oktober met mev Karen Breedt reëlings te tref. Die boekmerke wat teen dié datum nog nie afgehaal is nie, sal aan die betrokke gemeentes gepos word. Op Saterdag 30 November vier die Maranatha Reformed Church of Christ (MRCC) hul 90ste bestaansjaar in die Goddefroysaal in die Dirk van der Hoffgebou in Pretoria. Die verrigtinge duur van 09:00 tot 16:00. Kontak ds Modisaotsile Motloba by 012 322 8885 x262 of mrcc@nhk.co.za vir meer inligting. SENTIK stel ou kategeseboeke wat nie meer in die Kerk gebruik word nie, gratis beskikbaar tot 25 Oktober. Reël met mev Susann van Zyl by 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054 of sentik@nhk.co.za om dit by die Sinodale Kerkkantoor te kom afhaal. Spesiale eredienste en feesnaweke Gemeente Wonderboompoort: 60-jaar-viering: Sixties Dankfees 25, 26 en 27 Oktober hv Mansfi eldlaan en Eloffstraat, Eloffsdal, Pretoria Vrydagaand 25ste: Vanaf 16:00 wegneemete Hamburgers en skyfi es @ R25; koeldrank ook te koop Bestel by Riana (082 440 2201) Saterdag 26ste: 08:00 opening 4

08:00 tot 9:30: Sixties Ballroom-ontbyt (Ou Kerkie) 09:45 tot 10:30: Hondeskool 10:30 tot 11:00: Harley Davidson-motorfi etse 11:00 tot 11:30: Dansgroep en stalletjies Eetgoed, krap-en-koop, teetuin, naaldwerk, speletjies, Sixties Boutique Groente, vrugte en plante, boeke en CD s Sondag 27ste: 11:00 erediens en Nagmaal Verversings in die saal Navrae by 083 288 2779 Gemeente Klerksdorp-Oos Môrester: 60-jaar-viering Dankdiens op Sondag 3 November om 10:00 Almal wat n verbintenis met die gemeente gehad het welkom Daarna fotosessie en vingerete Bevestig met Pieter Greyling (018 468 8221 of greyatt@telkomsa.net) om ete by te woon Stuur foto s van doop, troues en belydenis van geloof in die gemeente ook aan Pieter Gemeente Goede Hoop (Piet Plessis): 100 jaar Feesnaweek 29 November tot 1 Desember Basaar en hoeksteenoprigting (met optrede deur sanger Pieter Smith) asook Voorbereiding Saterdag en Nagmaal en Danksegging met Doop Sondag Gedenkalbum teen R440 plus posgeld Kontak Dolla Coetzee by dollacoetzee@telkomsa.net of 073 170 5325 om te bestel Navrae aan ds Arno Nieuwhof by 073 240 6030 of arnonieuwhof@gmail.com of op sy Facebook-blad Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 25 Oktober, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 17 Oktober: Prof JH (Jan) Barkhuizen (emeritus) Vrydag 18 Oktober: Di WP (WP) Prinsloo (emeritus), JBJ (Kiewiet) van Deventer (Malelane) en JH (Johan) van Staden (Sionspoort) Saterdag 19 Oktober: Ds HN (Hein) Kloppers (Krugerdorp-Oos/ Noordrand) Sondag 20 Oktober: Ds GJ (Gert) van Jaarsveld (emeritus) Maandag 21 Oktober: Ds JD (Jan) Grobler (emeritus) Donderdag 24 Oktober: Ds JJ (Johan) van Wyk (Rustenburg) Vrydag 25 Oktober: Prof E (Eddie) Engelbrecht (emeritus) en ds CG (Chris) Liebenberg (Waterberg) Beplande vergaderings Donderdag 17 Oktober: Dinsdag 22 Oktober: Woensdag 23 Oktober: Donderdag 24 Oktober: Vrydag 25 Oktober: TOIBO ADV-kommunikasie OSR-werkwinkel Raad van Finansies Raad van Finansies Finkom van die OSR 5

Kursusse en toerusting Gemeente Montana: Mans- en Dameskonferensie Saterdag 2 November 08:30 tot 11:30 Met prof Stephan Joubert Tema: Gee om vir mekaar se harte R30 per persoon Bespreek by Esmé (012 567 1753) Voortgesette Teologiese Toerusting vir Predikante (VTT) Dinsdag 5 en Woensdag 6 November Tema: Geloofsonderskeiding By Gemeente Wapadrant R350 per persoon Predikante wat die VTT wil bywoon, moet mev Betsie Brits voor 21 Oktober per e-pos (betsie.brits@up.ac.za) of per faks (012 420 4303) of telefonies (012 420 5393) in kennis stel Die registrasiefooi moet verkieslik vooraf elektronies of per bankdeposito inbetaal word Rekening: Kerkgeld vir Kerkwerk, ABSA rekening nommer 020 149 752, kode 63 20 05, verwysing 2013K VTT gevolg deur die naam van die kursusganger VTT 2014. Baie gemeentes is reeds besig met die beplanning van volgende jaar se program. Die volgende datums word vir 2014 se VTT beplan: Dinsdag 10 Junie en Woensdag 11 Junie Dinsdag 4 November en 5 November Beskikbare behuising Gemeente Philadelphia het akkommodasie beskikbaar vir n student. Dit bestaan uit n privaatkamer met gemeenskaplike ablusie en kombuis. Dit is binne stapafstand van die Universiteit en daar is veilige parkering. Die koste is R2 860 per maand, wat skoonmaakdienste een maal per week insluit. Kontak Elize Fourie by 012 362 7237 tussen 08:30 en 12:30 op weeksdae, of dr Sanrie de Beer by 083 226 1866, of stuur n e-pos na philadelphia@nhk.co.za. Ons Tuis (Riviera, Pretoria), tehuis vir versorging van verswakte bejaardes, het tans plek beskikbaar. Ons bied u n volledige versorgingsfasiliteit wat insluit: 24-uur mediese versorging, 3 maaltye per dag, sekuriteit, en gereelde sosiale aktiwiteite. 6

Vir meer besonderhede, skakel matrone E Mans by 012 329 3623. Aansoekvorms kan afgetrek word op www.otmt.org, of kontak H Fourie by 012 325 1857 om aansoekvorms aan u te stuur. Louis Trichardt Monumenttehuis in Danville bied enkel- en dubbelkamerinwoning vir bejaardes wat nog selfversorgend kan funksioneer. Aangename huislike atmosfeer, 2 x etes ingesluit by losies, billike tariewe. Gereelde sosiale programme. Vir meer inligting, kontak mev Marie Hunter by 012 386 5310. Andries-Marié Oosthuizen Monumenttehuis in Parys 24-uur versorging met drie maaltye word voorsien Tans is daar beskikbare kamers: 2 enkelkamers suidekant @ R5 800 2 beddens in die 4-bed-kamer @ R5 800 Kontak matrone Botha by 056 811 2185 vir meer besonderhede Piet Potgieter Monumenttehuis in Mokopane (Potgietersrus) Die volgende akkommodasie is tans beskikbaar: 4 x kamers met eie geriewe, ontbyt en middagete ingesluit Geskik vir selfversorgende bejaardes wat self hul kamer en wasgoed kan doen Rustige, plattelandse dorp ideaal vir aftrede Kontak bestuurder, mev Mariana van Tonder, by 015 491 6314 Konserte en feeste Vrydag 25 Oktober om 19:00: Gemeente Strand Konsert met Kurt Darren By Hoërskool Hottentots-Holland R120 volwassenes en R80 laerskoolkinders Navrae aan Douw Steyn by 071 382 1900 Kampe en toere Toer saam na Israel en Egipte: 28 November tot 7 Desember 2013 Beleef God in die voetspore van Jesus Toerleiers: Ds Fanie Beukes en dr Francois Carr Vir meer inligting, kontak ds Beukes by 073 167 1183 of per e-pos by faniebeukes@yahoo.com Leef jou droom en besoek Israel saam met my 26 Maart tot 5 April 2014 Toerleier: Dr André Ungerer Besigtig ook die wonder van Petra in Jordanië Geniet die piramides en sfi nks as bonus op pad huis toe Skakel 018 468 5129 of 082 940 8201 E-pos: andreung@telkomsa.net Konteks-leserstoer na Turkye: 1 tot 17 Mei 2014 15 dae op die voetspore van Paulus, Johannes en die eerste Christene Toerleier: Prof Ernest van Eck Kontak prof Van Eck by 012 420 3804 / 082 413 2332 / ernest.vaneck@up.ac.za of Louise Geyser (reisagent) by 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za 7

Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Bethal: Stap vir Bybels Saterdag 19 Oktober om 09:00 By Hoërskool Hoogenhout Stap: 2,5 km (R20) en 4,9 km (R25) Draf: 4,9 km (R25) Fietsry: 10 km (R20) en 20 km (R25) Gelukkige trekkings Inskrywingsvorms beskikbaar by die skole of gemeentelike kerkkantoor of op die terrein die oggend Donasievorms ook beskikbaar Kontak Elmari van Rensburg by 082 781 0750 / Angela Nel by 082 784 6709 / Lietie Swanepoel by 082 771 4112 / Elzet Maritz by 084 521 1579 Gemeente Bergsig: Bybelloop Saterdag 19 Oktober 09:00 tot 11:00 By Suiderbergskool In Denyssenlaan, Mountain View R20 per persoon Inskrywingsvorm beskikbaar by kerk of op die terrein vanaf 08:00 Donasievorms ook beskikbaar Kontak ds Freddie Nortjé by 074 308 7332 / Oudl Hannes de Wet by 082 424 3560 / Tina van der Schyff by 078 682 7093 Gemeente Bronkhorstspruit: Karp-hengelkompetisie Saterdag 16 November Plek: Vlooikopdam Eerste prys: Slagos Koste: R150 per hengelaar met 2 stokke (vir hengelaar wat hengel vir die slagos as 1ste prys) R100 per kind wat hengel vir die kinderprys Kontak Frans le Roux 082 892 1325 / Achom Prinsloo 072 345 2025 Gemeente Witfield: Boog- en geweerjagkompetisie Sluitingsdatum 31 Mei 2014, trekking 1 Junie 2014 (Die kompetisie se sluitingsdatum van 31 Augustus 2013 is verleng na 31 Mei 2014 en die trekking uitgestel na 1 Junie 2014, omdat die kaartjieverkope tot dusver nie die prysgeld regverdig nie. 8

Navrae aan Alida Reed by 011 826 4625 op Dinsdae, Woensdae en Vrydae 09:30-14:00.) Kaartjies: R100 donasie 1ste prys: Koedoebul, sebra, blouwildebees, 2 rooibokke, 2 blesbokke plus 5 dae en 4 nagte verblyf 2de prys: Blouwildebees, sebra, rooibok, blesbok plus 4 dae en 3 nagte verblyf 3de prys: Blouwildebees, rooibok, blesbok plus 3 dae en 2 nagte verblyf Geborg deur Chaan Bezuidenhout Plaas se professionele jagter kan gebruik word Kontak Alida Reed by 082 228 3552 of Chaan Bezuidenhout by 082 853 5895 Basaars en markte Saterdag 26 Oktober: Gemeente Kempton Park-Oos KPO Lekker Kuier Kontreifees Uitstallers en kosstalletjies Gaskunstenaar Die Flooze (Sorina) Toegang R20 per persoon Kom geniet n heerlike dag Kontak Anneline by 082 924 7344 of Marius by 072 778 1033 Vrydag 1 November vanaf 17:00: Gemeente Benoryn in Benoni Kers-nagmark Heerlike kosse te kies en keur Kerkgebou hv Struben- en De Miststraat, Rynfi eld Uitstallers welkom Kontak ds Marlize Gasson by 072 117 0317 Saterdag 2 November: NHSV Gemeente Warmbad: Kersmark Kerksaal, Ludorfstraat (tussen Mentz- en Groblerstraat) Kothuis-, gebak- en vleisstalletjies Vars groente Lekker boereontbyt, kaartjies te koop @ R40 per persoon By Suzi van Dyk 083 310 4943 / gemeentelike kerkkantoor 014 736 3124 Saterdag 9 November vanaf 08:00: Gemeente Bronkhorstspruit: Basaar Tema: Wilde Weste Meganiese bul, kosstalletjies en ander lekkernye Kindertafel, ons alombekende boerewors en vele meer Navrae by 013 932 2929 / 083 448 9560 9

Vrydag 22 en Saterdag 23 November: Gemeente Noordelike Pretoria Bielie-van- n-makietie-fees Moot: 12de Laan 512, Gezina Met Liza Brönner (nuwe Liefl ing) en Wikus Botma Vrydagaand om 19:00: Ete by kerslig in die saal Koeldrank te koop of bring n wyntjie en glas saam Etekaartjies tot 15 November te koop by Pikkie 083 404 5552 / Sarel 083 554 3397 / Mirna 082 307 7314 Volwassenes = R50, persone oor 65 en kinders onder 12 = R25 Saterdag vanaf 08:00: Iets vir almal Allerhande kosstalletjies, teetuin met gebak, koeldrank, pannekoek... Witolifanttafel, musiek, speletjies vir die kinders, lootjies en pryse te wen Uitstallers teen R50 n stalletjie 11:00 Liza en Wikus bring stoel of kombers Navrae aan Ria Smit by 236mms@gmail.com Saterdag 30 November: Gemeente Strand: Basaar Plek: Saal van NG Moedergemeente Adres: hv Birkenhead- en Faganstraat Van vroeg tot laat met alles en nog wat Kom besoek ons en ondersteun ons as u in die omgewing is Navrae aan Douw Steyn by 071 382 1900 ANDER NUUS Die NG Kerk hou Sinode. Die 15de Algemene Sinode van die NG Kerk het plaasgevind gedurende die week van 6 tot 10 Oktober. Die Sinode is gehou in die historiese Veremarksaal in Port Elizabeth. 200 afgevaardigdes van die 10 streeksinodes het die Sinode bygewoon. Prof Nelis Niemand is die voorsitter, dr Braam Hanekom die assessor en dr Johan Ernst die aktuarius. Dr Kobus Gerber tree op as die algemene sekretaris van die Moderatuur. Verskeie sake op die agenda het ook deel gevorm van die gesprek van die AKV. Dr Wim Dreyer en ds Leon Geel het die Sinode as verteenwoordigers van die NHKA bygewoon. Meer oor die Sinode verskyn in die November 2013-uitgawe van Die Hervormer. UP FAKULTEIT TEOLOGIE Heidelbergse Kategismus 450 Konferensie 28-29 Oktober Aangebied deur die Departement Kerkgeskiedenis en Kerkreg Proff Eberhard Busch, Natie van Wyk, Christina Landman, D Ottati Drr Kobus Labuschagne, Wim Dreyer, Johan van der Merwe Navrae aan dr Wim Dreyer by wim.dreyer@up.ac.za Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met 10

betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. AGTERBLAD Almanak / Bybelse Dagboek 2014 Die 2014-uitgawe van die Almanak/Bybelse Dagboek sal waarskynlik voor die einde van Oktober by die Sinodale Kerkkantoor afgelewer word. Gemeentes word versoek om hul bestelling dringend aan mev Susann van Zyl van SENTIK deur te gee. In die verlede is die hoeveelheid wat die vorige jaar deur n gemeente bestel is, outomaties vir die gemeente gereed gemaak, maar ons vra vriendelik dat elke gemeente daadwerklik sal moeite doen om die Almanak / Bybelse Dagboek aan lidmate te bemark sodat n nuwe (groter) bestelling geplaas kan word. Onthou ook dat dit n ideale Kersgeskenk is! Gemeentes moet ook vooraf seker maak dat reëlings getref is ten opsigte van hul uitstaande rekenings by die Kerkkantoor. Plaas u bestellings by Susann, by 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054, of per e-pos by sentik@nhk.co.za. Redakteur: Dr André Ungerer Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mej Izelle Marx 11