e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Σχετικά έγγραφα
e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die genade gawes Van God:

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

VOORBLAD. Positief vorentoe

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Dames of susters?

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 15 Junie 2011 Jaargang 4 Uitgawe 19 VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad Sondag 19 Junie vier die Kerk Drie-eenheidsondag (Triniteitsondag). Tradisie is deel van ons verstaan van kerkwees. Soms is tradisie egter n verstarde gebruik wat uit blinde lojaliteit gevolg word. Indien die kerk lewend relevant wil wees, sal elke leerstuk moet lewe in die prediking. Triniteitsondag verwys na n leerstuk wat deur die eeue reeds vele vrae tot gevolg gehad het. In ons eie tyd duik daar telkens weer vrae na die sin en inhoud van hierdie leerstuk op. Kan ons nog werklik praat van n Triniteit? Dit is veral die nuwe teologie wat Jesus as goeie mens maar geen God nie voorhou, en dan redeneer dat daar gevolglik geen sprake van n Triniteit kan wees nie. Daarmee saam word hierdie leerstuk maklik afgemaak as dogma (en daar kleef juis n stigma aan dogma in ons tyd). Waar kom hierdie leer vandaan? Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Diegene wat hierdie leerstuk wil laat vaar, verwys na mense soos Konstantyn en ander wat hierdie dogma sogenaamd laat stel het om politieke mag te konsolideer. Sodra hierdie skakeling dan gemaak is, is die volgende stap om sodanige leerstuk as dogma vir politieke gebruik te etiketteer en dan te verwerp. Die geskiedenis is egter nie n enkelvoudige saak nie. Die oorsprong van sekere besluite moet veel verder terug gesoek word. So is dit ook met die Triniteitsleer. Die meeste van die leerstukke in die kerk het om verskeie redes ontstaan of ontwikkel. Aanslae van buite die kerk, dwalinge binne die kerk en gewoon liturgiese gebruike het afsonderlik en gesamentlik aandeel in die ontstaan van ons verskillende leerstukke. Die meeste van ons leerstukke (Christus: tweenatureleer, preëksistensie en ander) kan ook teruggevoer word na hul wortels in die Bybel self. Die Bybel is die Woord van God en enige saak wat ons kan terugvoer na hierdie bron, moet ons as van groter gesag ag. So vind ons in 2 Korintiërs 13: 13 dat die seën n Triniteitsvorm aanneem. Daar sou ook op vele ander Skrifgedeeltes gewys kon word om die wortels van die Triniteitsleerstuk wat nêrens by name genoem word nie, aan te dui. Vroeg in die geskiedenis van die kerk was dit veral die liturgie rondom die Doop wat hierdie leerstuk vorm gegee het, sonder om dit direk te noem. Tydens die Doop is van drie vrae gebruik gemaak, met n onderdompeling na elke ja. Glo jy in God die Vader, glo jy in Jesus die Here, en glo jy in die Heilige Gees? Hierdie vrae het hul oorsprong in die opdrag van Jesus in Matteus 28. In verskillende vorme is die vrae gestel en bevestiging van hierdie geloof het mense by die gemeente gevoeg. Dit beteken dat die Triniteitsleer ten nouste saam met die Doop verklaar word. Ons doop vandag steeds, en die Triniteitsleer is diep gebed in ons Doopformulier. Teen hierdie agtergrond maak die Triniteitsleer steeds sin in ons kerklike dogma en is die viering van Triniteitsondag n gepaste geleentheid. Reformatoriese kerke moet telkens hervorm na die Woord van God, die slagspreuk lui immers Ecclesia reformata semper reformanda secundum verbum Dei. Die Skrif self bevestig die fondasies van die Triniteitsleer. Ons sal telkens na al ons tradisies moet kyk en vra na die oorsprong. Sodra die betekenis van ons dogma vir onsself sin maak, sal ons dit lewendig kan aanbied in ons liturgie en aanbidding. Die gemeenskap het nood aan opregte, Skrifgefundeerde, lewende leerstukke. Dr Johan Otto Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za *** Hierdie e-hervormer verskyn op Woensdag 15 Die Hervormer www.hervormer.co.za Junie, omdat Donderdag 16 Junie Jeugdag is. e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep aanvaar Prop Maritza Botha na Coligny (deeltyds) Vakante standplaas Prop Maritza Botha Aansoeke vir die vakante deeltydse standplaas van Gemeente Onverwacht word ingewag. Onverwacht is n groeiende plattelandse gemeente in die Bosveld, met n sterk industriële gemeenskap. Daar word heelwat uitbreidings verwag met die nuwe kragstasie wat in aanbou is. Onverwacht is deel van die ring van Potgietersrus. Ds Adriaan Roets Dr Frikkie Labuschagne Prof Yolanda Dreyer Die gemeente het in Februarie 2011 uit ± 650 lidmate (406 belydende lidmate) bestaan. Die gemeente is ingedeel in 37 wyke met ongeveer 200 besoekpunte. Oor die algemeen is die kerkbesoek met eredienste goed en die Kinderkerk word ook goed bygewoon. Betrokkenheid by ander gemeentelike aktiwiteite soos die karnaval en ander fondsinsamelings is redelik. Finansieel is die gemeente selfversorgend. Naas die standplaas met deeltydse versorging word die gemeente tans deur ds Coenraad Strydom in die voltydse standplaas bedien. Naas Woordverkondiging 1 erediens per maand en bediening van die sakramente, moet die kandidaat ook betrokke wees by die Kinderkerk, laerskooljeug, bejaardebediening en die Kerk se diensgroepe. Werkverdeling tussen die predikante in die gemeente geskied volgens n bedieningsplan wat jaarliks deur die ouderlingevergadering opgestel word. n Mededingende vergoedingspakket sal onderhandel word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 18 Junie 2011. Vir die voorgeskrewe aansoekvorm en ander inligting, kontak Hanlie Thirion (kerkkantoor) voor 13:00 by 014 763 4944 of per e-pos by admin@onverwachtgemeente.co.za, of ds Coenraad Strydom by 084 506 1917, 014 763 2595 of coenstrydom@lantic.net. PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Adriaan Roets van Gemeente Swartkop het sodanig herstel na n lang en ernstige siekbed dat hy weer met sy werk kon begin. Hy word seën en volkome herstel toegebid. Ds Roets is aangewys as die nuwe voorsitter van die Proponentseksamenkommissie. Dr Frikkie Labuschagne, predikant van Gemeente Sasolburg, is benoem as buitengewone dosent by die Noordwes-Universiteit. Hy word van harte geluk gewens en sterkte toegebid. Prof Yolanda Dreyer, professor in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria, is benoem as departementshoof. Ons wens haar geluk met die besondere onderskeiding en bid haar seën toe. Die volgende predikante verjaar tot 24 Junie, en word hartlik geluk gewens. Woensdag 15 Junie: Dr Rudy Denton (Potchefstroom-Studente) Donderdag 16 Junie: Dr Jan Truter (Letsitele) 2

Saterdag 18 Junie: Dr Elsabé Kloppers (Kerkmusiek) en ds Danie Malan (Johannesburg) Sondag 19 Junie: Ds Willem Sauer (Groot Marico) Maandag 20 Junie: Ds Annelie Botha (Mafeking) Dinsdag 21 Junie: Ds Hennie van der Linde (Vliegepoort) Woensdag 22 Junie: Ds Rudi Schoeman (Theresapark) Donderdag 23 Junie: Ds Piet van Wyk (emeritus) Vrydag 24 Junie: Di Piet Botha (emeritus) en Niklaas Janse van Rensburg (emeritus) Prop Pieter Bester Prof Bart Oberholzer Prop Pieter le Roux Prof Schalk Botha Ds Peet Kruger Die Kommissie van die AKV het by sy vergadering op 9 en 10 Junie prop Pieter Bester, voorheen predikant van die NG Kerk, en prop Pieter le Roux, voormalige predikant van die Hervormde Kerk, toegelaat tot die evangeliebediening. Hulle is ook albei beroepbaar gestel. Die Kommissie het ook die aansoeke van ses ander persone om tot die evangeliebediening toegelaat te word, behandel. Prof Theuns Dreyer en die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, tree albei aan die einde van 2011 af. Hul poste word binnekort in die e-hervormer geadverteer. Die Kommissie van die AKV het die aansoek van ds Gert Beukes om vervroegde emeritaat goedgekeur. Die Kommissie het kennis geneem dat ds Jan de Wet, prof Lourens Steenkamp en ds Jan van Immerzeel voor die Kommissie se vergadering in September emeriteer. Dit was vir die Kommissie van die AKV n kosbare geleentheid om op Donderdag 9 Junie saam met prof Bart en mev Jienie Oberholzer (60 jaar in die amp), prof Schalk en mev Babsie Botha (50 jaar in die amp) en ds Peet en mev Beatrix Kruger (50 jaar in die amp) middagete te geniet. Dr Daan van Wyk, dr Malan Storm en ds Dries Beukes het iets oor dié besondere mense en hul bediening meegedeel, waarna hulle self enkele kosbare gedagtes uitgespreek het. Die gebruiklike oorkondes van die Kommissie is aan elkeen oorhandig; daarin is waardering vir hul werk en toewyding aan die Kerk betuig. Twee van hul kollegas, ds Kálmán Papp en ds Koos Viljoen, kon nie die geleentheid bywoon nie omdat hulle fi sies te swak was. Die Kerk bid hierdie predikante en hul gades die Heer se seën toe. Die gemeentes Bloemhof en Christiana word tans bedien deur ds Hardie Kotzé van Schweizer-Reneke en dr Stephan Hoffman van Vaalharts. Ds Kotzé lei twee eredienste per maand in Bloemhof, behartig die krisispastoraat en doen op n jaarlikse basis huisbesoek. Hy lei ook een erediens per maand in Christiana. Dr Hoffman lei twee eredienste in Christiana, behartig die krisispastoraat en doen jaarliks huisbesoek. Die twee gemeentes het uitstel van die Kommissie van die AKV ontvang om tydelik hul beroepswerksaamhede op te skort. Tydens die Kommissie van die AKV se vergadering van 9 en 10 Junie is ook aan die volgende sake aandag gegee: Die agenda van die buitengewone sitting van die 69ste AKV. Op Maandag 20 Junie word informeel gesprek gevoer met die komitee wat die beswaardes verteenwoordig. Benoeming van n tweede organiserende sekretaris vanuit die Hervormde Kerk by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ds Jan de Wet emeriteer later vanjaar en in sy plek moet n predikant benoem word. Die advertensie oor die pos verskyn elders in hierdie nuusbrief. Die finansiële jaarstate van die Raad van Finansies is goedgekeur. Die jaarlikse samesprekings tussen die Kommissie, die Kuratorium, die Dosentevergadering en die Proponentseksamenkommissie het plaasgevind. Al die dosente en lede van die Kuratorium was teenwoordig en slegs een lid van die Proponentseksamenkommissie kon vanweë siekte nie 3

die geleentheid bywoon nie. Dr Jaco Beyers is verwelkom as dosent van die Kerk. Sake waaroor daar soms onduidelikheid is by die toelating en hertoelating van kandidate tot die evangeliebediening, is deur die nuwe Proponentseksamenkommissie genoem. Die sake is bespreek en uitgeklaar. Die dosente van die Kerk het genoem dat die verdagmakery teenoor hulle onregmatig voortgaan in die Kerk. Dr André Ungerer, lid van die Kuratorium, het n memorandum namens die Kuratorium voorgehou oor hoe die saak in die Kerk hanteer behoort te word. Daar is kennis geneem van mosies van waardering en vertroue van n aantal ringsvergaderings vir die werk van die dosente aan die Universiteit. Die Kommissie het ook sy dank en waardering namens die Kerk aan die dosente oorgedra vir hul toegewyde werk. Die Kerk is onder meer trots daarop dat die dekaan, prof Johan Buitendag, n dosent van die Kerk is. Daar is melding gemaak van die daarstel van n Ekumeniese Adviesraad. Die afgelope naweek het n groep van 32 persone van die Glasgow Cumberland Presbyterian Church, Kentucky, VSA, en van die Westminister Presbyterian Church, Raonoke, Wes-Virginië, VSA, in Suid-Afrika aangekom. Hulle is gaste van Gemeente Ottosdal en die ring van Maquassi, waar hulle met opleiding en sendingarbeid by die MRCC Wolmaransstad en MRCC Setlagole help. Hulle besoek skole, bied terapeutiese programme vir ouers en kleuterskoolonderwysers aan, en die predikante in die groep hou met die plaaslike predikante van die gebiede byeenkomste om hulpmiddele beskikbaar te stel en te verneem na behoeftes vir opvolgende besoeke. Op Setlagole het hulle reeds n pomp vir die boorgat geskenk. Met hierdie besoek wil hulle die nuwe pastorie van lopende water voorsien en die badkamer verder toerus. Die span bestaan uit bekwame mense vir elke veld van bediening. Dit is vir die ring n voorreg om reeds die afgelope dekade n band met dié Kerk te hê en hulle vir die derde keer te ontvang. Sondag het eerwaarde Tim Stutler en ds Theuns Botha saam die erediens in Ottosdal gelei, waar die groep tuisgegaan het vir die naweek. Hulle vertrek weer op 29 Junie terug na die VSA. ORREL TE KOOP. Gemeente Laer Suidkus beskik oor n klein een-manuaal pyporrel wat hulle van die hand wil sit. Die orrel is in n perfek werkende toestand, en word jaarliks versien en gestem. Dit beskik oor 9 registers, en is geskik vir begeleiding in kleiner gemeentes. Die orrel het te klein geraak vir die behoeftes van Laer Suidkus, maar hulle wil graag sien dat die orrel in een van ons gemeentes gebruik word. Kontak ds Jacques Pieterse by jacquesjean@vodamail.co.za, of by 082 458 4482 of 039 682 1059. Verskeie gemeentes se inligting vir die Almanak van 2012 is steeds uitstaande die inligting moes die Sinodale Kerkkantoor reeds teen 31 Mei bereik het. Die besonderhede moet asseblief teen Maandag 20 Junie op die laatste gestuur word aan mev Karen Breedt by faksnommer 012 320 3279 of karen@nhk.co.za. Dit is gemeentes se verantwoordelikheid om korrekte en opgedateerde inligting vir opname in die Almanak te voorsien. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Gemeente Wonderboompoort beskik oor blyplek in Eloffsdal, Pretoria: Huis Eloff (alle ouderdomme). Ruim nuut uitgeverfde kamers met gesamentlike badkamer in gang teen R1 500 per maand vir enkeling. Ingesluit: water en ligte, parkering, gesamentlike kombuis. Naby Mayville Mall en Eugene Maraishospitaal. Kontak Johan Erickson (jr) by 082 212 2137. 4

Aansoeke word ingewag vir die pos van Sekretaris in Kerkverband by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Bybelgenootskap wil graag in oorleg met die Kommissie van die AKV n opvolger vir ds Jan de Wet aanwys, wat op 1 Februarie 2012 diens moet aanvaar. Kwalifikasies en ervaring: Die aansoeker moet n geordende leraar van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wees, met 10 tot 15 jaar ervaring in gemeentelike bediening; moet oor n diepgaande kennis beskik van die teologiese denke van die NHKA en ander kerke waar van toepassing; moet die strukture van die Kerk goed ken en in voeling wees en bly met die kerk in die wydste sin van die woord; moet oor kennis van en n positiewe gesindheid teenoor die Bybelgenootskap beskik; en moet ondervinding hê van ekumeniese skakeling met ander kerke en/of teoloë en met gemak ekumenies kan kommunikeer en beweeg. Vaardighede: Die aansoeker moet oor uitstekende taal- en kommunikasievaardigheid beskik, deeglik onderlê wees in die skryf van artikels, briewe en verslae waardeur die beeld van die Bybelgenootskap uitgedra word, uit die aard van die pos ten volle tweetalig wees, ten volle rekenaarvaardig wees vir ten minste MS Offi ce, oor administratiewe vaardigheid beskik en in spanverband kan werk, moet mense kan motiveer en inspireer, en oor goeie organisasievermoë beskik. Persoonlikheidseienskappe: Die aansoeker moet n entoesiastiese persoon wees, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en diplomaties kan kommunikeer, koersvas maar aanpasbaar in veranderde omstandighede wees, beginselvas wees en hoë etiese standaarde handhaaf, oor selfdissipline, geduld en deursettingsvermoë beskik, en gesag met grasie en empatie kan handhaaf. Pligte en verantwoordelikhede: Die aansoeker moet die promosie en bekendstelling van die Bybelgenootskap en Bybelwerk aan kerke, organisasies en individue op n beplande wyse en soos ooreengekom hanteer. Dit behels onder meer besoeke aan gemeentes, ringe, ander kerkvergaderings, sinodes (volgens die struktuur van die verskillende kerke wat die persoon se verantwoordelikheid is) en ander instansies soos besighede, organisasies, skole, ensovoorts, asook persoonlike kontak en skakeling met individue. Bekendstellingsplanne en n bemarkingstrategie moet aan die hand van bestaande aksieplanne opgestel word. Spesiale projekte vir fondsinsameling word gedoen in streekverband, tussen streke van die Bybelgenootskap, en word ook van tyd tot tyd op nasionale vlak aangepak. Daar word van die Sekretaris verwag om daarby betrokke te wees. Interne vergaderings, streekraadsvergaderings en nasionale vergaderings moet bygewoon word. Die aansoeker moet bereid wees om soms uitstedig te wees. Vergoedingspakket: Onderhandelbaar met die traktementskale van die NHKA as riglyn. Diensaanvaarding: 1 Februarie 2012 of so gou moontlik. Die suksesvolle kandidaat sal by Bybelhuis in Kempton Park werksaam wees. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Julie 2011. Navrae en aansoeke: Kontak die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, by 012 322 8885. Meer inligting oor die profi el kan ook van die Administrateur aangevra word. Stuur aansoeke met CV aan die Mannekragbestuurder (mnr Piet Beukes), Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos piet@nhk.co.za; faks 086 630 5150. Toere 26 tot 30 September: 2011 Konteks-toer na Laeveld Onder leiding van dr Hennie van Deventer 5

Skakel dr Van Deventer (toerleier) by 082 786 8448 of Marius Wiese (toergids) by 082 374 2995 Sportbyeenkomste tot einde Junie 2011 Donderdag 16 Junie (Jeugdag): Diakens van ring van Losberg: Gholfdag Blyvooruitzicht-gholfbaan (Wes-Rand) Borge en spelers welkom Kontak Johan Booysen by 082 447 4859 of Mac van Zyl by 082 806 7650 Saterdag 25 Junie: Gemeente Naboomspruit: Gholfdag Naboomspruit-gholfklub Borgskap vir bowwe R1 000 Borge vir pryse en verversings welkom Inskrywings per speler R150 Aandetes vir spelers en hul gades Kontak gemeentelike kerkkantoor by 014 743 1325, of Karin Prinsloo by 082 486 8219 Ander kompetisies tot einde Junie 2011 Gemeente Laeveld: Jagkompetisie 1ste prys: buffelkoei (volbordpakket alle kos en drank, voertuie, akkommodasie vir 5 nagte, afslag ingesluit) 2de prys: leeuwyfi e (volbordpakket soos hierbo) 3de prys: elandkoei (akkommodasie vir 6 persone vir 2 nagte) R50 per kaartjie (koop 10 en kry 1 kaartjie gratis) Sluitingsdatum 26 Junie Kontak ds Gerhard Viviers by 073 900 9190 of 015 309 9580 ANDER NUUS Dit gebeur gereeld dat berigte vir die e-hervormer op n Donderdag ontvang word. Normaalweg word die nuusbrief op n Woensdag saamgestel, wat interne gesprek oor inhoud en noukeurige uitleg behels. Woensdagmiddag word die konsep aan die redakteur, subredakteur en sekretaris van SENTIK gestuur vir goedkeuring, en vroeg Donderdag word die fi nale twee weergawes (volledige en drukkersvriendelike weergawes) gereed gemaak om uitgestuur te word. Bydraes moet dus asseblief teen 08:00 op n Woensdag by produksie@nhk.co.za ontvang word. Onthou, die e-hervormer is maar een van vele ander belangrike take wat aan spertyd onderworpe is! Ons gee met leedwese kennis dat Annatjie Swart, wat n jarelange personeellid in die Afdeling Interne Oudit by die Sinodale Kerkkantoor was, Dinsdagaand 14 Junie in die ouderdom van 77 oorlede is. Ons innigste meegevoel gaan aan haar naasbestaandes. Annatjie Swart Ons het ook met leedwese kennis geneem van die afsterwe van Adri Bekker op 10 Junie. Adri was 33 jaar lank verbonde aan Die Ondersteuningsraad, waarvan sy die afgelope 14 jaar deel van die Bestuurskorps was. Sy het diep spore getrap met haar dienswerk in die Kerk. Haar begrafnis het plaasgevind op 15 Junie om 15:00 te Mooinooi. Ons bid haar eggenoot Bert, en die kinders, Frik, Bertus en Marlinet, die Here se troos toe. Behuising vir bejaardes: Daar is tans n eenslaapkamerwoonstel beskikbaar te Annie Schilz, Parkerstraat, Riviera, teen R180 500. Hierdie woonstelle is naby n winkelsentrum, veilige parkering en busroetes. Etes word nie ingesluit 6

nie, maar word voorsien teen n minimale fooi. Die Seniorstuis Dienssentrum is op die perseel en lewer weekliks sosiale programme asook kliniekdienste, vervoer, ensovoorts. Hierdie woonstel is vir n selfversorgende bejaarde wat nog baie energie het om betrokke te raak by al die aktiwiteite. 24-uur-versorgingsdienste word deur Ons Tuis verskaf op dieselfde perseel. Vir meer inligting, kontak mev Dalene Hornsveld by 012 329 3707. Die Ondersteuningsraad het die afgelope jaar vier motors weens diefstal verloor. Daar word tans dringend gesoek na goedversorgde tweedehandse voertuie in die prysklas van ongeveer R50 000. Die kilometerlesing moet verkieslik nie 100 000 oorskry nie. Lidmate wat bewus is van beskikbare voertuie kan Mariaan Steenkamp skakel by 012 322 8885. Weens logistieke redes sal slegs voertuie in die omgewing van Pretoria oorweeg kan word. Die Ondersteuningsraad beskik vanaf 1 Julie 2011 oor die volgende vakatures: Programbestuurder; mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; area Vanderbijlpark/Heidelberg/ Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Tarlton/Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Vanderbijlpark Maatskaplike Hulpwerker; area Krugersdorp (onmiddellik beskikbaar) Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Die To Care Foundation is genader deur n instansie wat gestremde mense oplei en in die werkplek plaas. Lidmate met enige fi siese gestremdheid, insluitende blindes en swaksiendes, en wat opleiding wil ontvang om by bestaande maatskappye te kan werk, kan dr Wouter van Wyk kontak by 012 322 2081 of info@tocare.co.za. Dit sal n bonus wees as hulle graad 12 geslaag het of enige ander sertifi kaat het. Sommige sal permanent aangestel word en die ander sal die geleentheid kry om n leerlingskap te deurloop. Gedurende Maart is n versoek van LD (Lukas) Veldman in die e-hervormer geplaas in n poging om sy broer en vyf susters op te spoor. Hy is n 45-jarige blanke man van Welkom wat op 6 maande wees gelaat is na n motorongeluk. Die gedrukte media het Lukas intussen baie gehelp. Anna is gevind as gevolg van n advertensie in Beeld. Susan is gevind deur middel van Rapport. Linda is gevind deur n vriend se speurwerk. Wilma kon tot Augustus 2010 nagespeur word, na n posadres in die Paarl. Martha M Veldman en Michael H Veldman se spore loop dood by twee verskillende nywerheidskole MM Veldman by HS van der Walt in die Paarl (1980 s), en MH Veldman by die Constantia-seunskool (1980-1990 s). Sondag 19 Junie: Nasionale Biddag vir Blindes Bid asseblief vir al ons blinde lidmate en die ondersteunende organisasies Kersfees in Julie. Die Barnyard-teater in Menlyn bied op Woensdag 6 Julie n spesiale liefdadigheidskonsert vir pensioenarisse aan. Daar sal kos bedien en (Kers)geskenke uitgedeel word. Kom geniet SUPER TROUPERS teen net R60 (in plaas van die normale R125) per kaartjie. Die deure open om 10:30 en die verrigtinge begin om 12:00. Hierdie is n geleentheid om nie mis te loop nie! Die volgende vergaderings vind tot 24 Junie plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. 7

Maandag 20 Junie: Kommissie van die AKV Woensdag 22 Junie: Finkom van Die Ondersteuningsraad Donderdag 23 Junie: Werkwinkel van Die Ondersteuningsraad ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. AGTERBLAD Vader-Seun-Gees Die Julie 2011-uitgawe van Die Hervormer word volgende week aan gemeentes gestuur. In hierdie uitgawe skryf die redakteur, dr Gerhard Lindeque, oor die misterie van die Drie-eenheid. Die beeld van water was nog altyd een van die maniere om hierdie misterie vir ons verteerbaar te maak. Net soos water in drie verskillende vorms kan voorkom, naamlik vloeistof, stoom en ys, en tog in wese dieselfde bly, so leer ons dieselfde God op drie verskillende maniere in die Bybel ken. Tydens die behandeling van dr Gert Malan se boekie Die Ons Vader-gebed (Les 16) met die oog op vanjaar se Bybelvasvra, het lidmate navraag gedoen oor die outeur en die Hervormde Kerk se siening(s) oor die bestaan van die duiwel. Was/is die duiwel/ Satan bloot n mitologiese fi guur, of het hy werklik bestaan? Lees onder meer dr Malan se reaksie hierop. Daar is ook berigte oor n sendinguitreik uit die VSA, n nuwe geloofsbelydenis vir die Verenigende Presbiteriaanse Kerk van Suider-Afrika, die onlangse Voortgesette Teologiese Toerusting (VTT), Roedtan se 50-jaar-vierings, en die afsluiting van die debat oor ds Jaap Steenkamp se artikel Glo is nie meer net glo nie. *** Besoek www.hervormer.co.za en lees wat in uitgawes sedert Januarie/Februarie 2008 verskyn het. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8