Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93
|
|
- Πολύδωρος Μητσοτάκης
- 6 χρόνια πριν
- Προβολές:
Transcript
1 1 SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93 Die Kerk Daar is ʼn ysbrekers wat in die yswoestyn van Antarktika deur die water en ys klief en beur. Die skip se name is Legio; aan die een kant lees ons WRK, die ander kant verkondig WCRC. Die onderskrif vertel van ʼn menslike inisiatief wat hierdie wonderlike skip gemaak het. Sy hawe van oorsprong is Ekumene en sy eindbestemming is die nuwe hemel. Met ʼn boeg van staal en hout word bane gebreek vir sosiale geregtigheid en humanisme. Die boeg se yster is die spykers en die hout is Golgota kruishout. Christus self is die ornamentele kop op die boeg wat alle ongeregtigheid wil bestorm. Menslik gesproke is hierdie ʼn indrukwekkende prentjie. Tog is dit totaal verkeerd. Die kerk kan nooit ʼn grootheid op sigself wees nie, nooit met mense se inisiatief as verwysingsraamwerk nie. Christus kan nie na willekeur ingespan word om mense in hulle edele kruistogte by te staan nie. Hy is nie die vaandeldraer van menslike ondernemings nie. Geen saak met menslike oorsprong kan deur denkspronge aan God toegedig word nie. Die kerk bly Christus se kerk. Die kerk bestaan omdat Christus geleef het, gesterf het, opgestaan het en ewig lewe. Die vele dwalinge wat daar bestaan in menslike nadenke oor die kerk, maak dit noodsaaklik vir ons om te bely soos ons bely, maar ook om te weet wat ons belydenis inhoudelik beteken. Kom ons kyk na die belydenis in detail. Aan nie in Tot op hede het ons bely dat ons glo in. Op bestaansvlak het ons geloof in God bely. Ons leef nou tydens die bedeling van die Heilige Gees. Ons het ook ons geloof in die Heilige Gees bely. Nou volg dìt waarvan ons oortuig is. Ons kan nie in ʼn kerk glo nie maar ons kan daaraan glo dat kerk sekere betekenisse het. Daarmee saam moet daar van meet af aan gestel word dat ons glo aan die kerk, wat beteken dat enige beskrywing wat volg, nie meetbaar en aanduibaar kan wees nie. Anders gestel, om te glo aan die kerk is om sekere sake oor kerk te stel, sake wat nie aanduibaar is nie, maar waarvan ons oortuig is. Beide die sigbare- en onsigbare kerk word by hierdie belydenis ingesluit. Net omdat mense na sekere aspekte van ons kerk kan kyk en daarmee fout vind, beteken dit nie dat ons moet ophou glo of ons geloof moet wysig nie. Die feit dat ons aan die kerk glo, beteken dat ons glo dat daar ʼn werklikheid is, ʼn ideaal is en ʼn roeping is. Die werklikheid van die kerk as grootheid naas en teenoor ons, is steeds nie ten volle onder woorde gebring nie. Ons het die ideaal om hierdie grootheid na te streef en ons het die toepas van ander se verstaan as toepassing en gegewe werklikheid. Die geloof wat ons bely, het te make met ʼn geestelike werklikheid. Ons is geroepe daartoe om met oortuiging aan sekere sake vas te hou, al lyk die kerk soveel anders as wat ons glo en bely. Die geloof wat ons bely, maak dat ons ook positief sal bly oor kerk, veral in tye
2 2 van aanslae en swakheid. Die kerk is kerk van Christus. Christus leef en sal daarom seker maak dat die kerk nie tot ʼn einde kom nie, selfs al kan denominasies ophou bestaan. Nie een van die sewe gemeentes in Klein Asië wat in Openbaring genoem word, bestaan meer nie. Tog bestaan die kerk nou al vir eeue. Die onderskeid tussen sigbare en onsigbare kerk moet nooit oorspeel word nie. Die vertaling van εκκλησιας met kerk en gemeente wys op die uitruilbaarheid van die terme. Kerk en gemeente is sinonieme en ʼn gemeente is kerk in die volle sin van die woord. Wat met ander woord oor kerk gestel word, is net so van toepassing op gemeente. Kerk Daar is ten minste twee moontlike stamwoorde wat aangebied word as oorsprong vir die woord kerk. Aan die een kant is daar diegene wat suggereer dat dit verband hou met ʼn verbuiging van kurios (Κσρίος) Here. Die kerk is inderdaad die besitting van die Here. Aan die ander kant is daar diegene wat kerk verbind met sirkel (Circe). Die woord dui op ʼn spesifieke begrensde ruimte, opsy gesit vir ʼn sekere groep of handeling. Ook dit is waar van die kerk. Die kerk is die ruimte en groep mense wat opsy gesit is vir die HERE. Lesers moet daarop bedag wees dat vertalers die woord εκκλησιας vertaal met kerk en gemeente. Die woord (samestelling van uit - εκ en roep -καλεω ) εκκλησιας hou verband met die wat uitgeroep is. Gelowiges is inderdaad diegene wat uit die sondige wêreld tot redding geroep is. Dit is raadsaam om nie te kies vir net een betekenisverband nie, juis omdat die kerk ook ʼn komplekse entiteit is. Die predikate 1 (algemene katolieke, apostoliese) wat gebruik word om die kerk te beskryf, kan ook nooit imperatiewe 2 word nie, al is skiet die kerk te kort in soveel opsigte. Die katolieke verwys na die breedte van die kerk, die heilige verwys na die (teologiese) diepte van die kerk. Die kerk het ontstaan by die uitstorting van die Heilige Gees. Pinkster het die gelowiges uit hulle binnekamer na die wêreld gestuur. Met Pinkster is die Apostels se harte, denke en monde gevul met die heilsaamheid van die Christusgebeure. God stig die kerk te midde van die geskiedenis en dan beweeg die kerk saam met die mensdom deur die geskiedenis. Dit beteken wel ook dat die kerk deur die geskiedenis gevorm (en soms selfs vervorm is). Tog bly dit kerk van Christus. Christus regeer sy kerk. Na al die menslike magsvergrype bly dit steeds bruid van Christus. Kerk kan 1 Volgens WAT: logika) Eienskap of verhouding rakende die onderwerp van 'n proposisie (PROPOSISIE 4): 'n Proposisie (bestaan) uit 'n predikaat en een of meer argumente (onderwerpe)... Die proposisie "Driena is mooi" bevat... die predikaat "is mooi" en die argument (onderwerp) "Driena" (H. Waher: Chomsky, 1984, 31). In die deskriptiewe frase (Die huidige koning van Frankryk is getroud) is 'n aantal eienskappe of predikate losgemaak van die bestaan (A.M.T. Meyer: Sisteem, 1959, 15). b Eienskap of waardeoordeel: 2 (taalkunde) (Latyn) Gebiedende wyse van 'n werkwoord; werkwoord van gebod; werkwoord (vorm) wat die gebiedende wyse aandui, waardeur beveel of versoek word dat iets werklikheid sal word of ook 'n aansporing en vermaning uitgedruk word: Die imperatief wees in: "Wees 'n man!" Onderstreep op bladsy 90 al die imperatiewe. 2 (filosofie) (Sede)wet, (sede)gebod: Die besliste, kategoriese karakter van die etiese imperatief. Kategoriese imperatief (van Kant), onvoorwaardelike sedegebod, hoogste sedewet, afgeskei van elke neweoorweging en onafhanklik van alle gevolge wat daaruit kan voortvloei;
3 3 nooit op die pad van die demokrasie homself begewe nie. Die kerk kan ook nie deur een persoon bestuur word nie. God regeer deur Woord en Sakrament. Die kerk is ʼn tussenverskynsel, dit is ʼn voorlopige maatreël. Tussen hemelvaart en wederkoms is die kerk ʼn tussentydse maatreël. Die kerk is simbool van God se geduld. Dit is waar op meer as een vlak. Eerstens is die kerk die simbool van God se geduld, gewoon omdat die kerk bestaan. Daarmee saam is die kerk teken van God se geduld omdat daar na mense uitgereik word. God het ook geduld met diegene wat die Evangelie wil verketter. Kerk is teken van genadige geduld. Die kerk is die instrument van keuse; God kies om die Evangelie te versprei deur mense te gebruik. Hy rus hierdie mense toe en orden hulle op ʼn besondere manier, dit is kerk. Die kerk dra deur al die eeue steeds dieselfde boodskap van genade. Hierdie boodskap is in die Bybel neergepen. God gebruik die kerk, die kerk gebruik die Bybel as instrument om dieselfde eeue oue boodskap van vergifnis te verkondig. Die kerk se wese en opdrag is ten diepste met mekaar verweef. Die kerk verkondig en dit is ook die opdrag om te verkondig dat Jesus die Here is. Die ruimte van gelowiges wat kerk genoem word, se opdrag is om al hoe meer in die ruimte in te roep deur prediking en uitdeel van sakramente. Dit moet die kerk doen totdat die ruimte ophou bestaan (wederkoms). Die finale doel van die kerk is om oorbodig te wees. Die kerk kan dit nooit uit eie wese bereik nie, die kerk kan maar net uitsien na die wederkoms en daarheen werk (deur te verkondig). Woordverkondiging is sentraal tot die wese van die kerk. Sosiale aktivisme, barmhartigheidsdiens, kultuurwerk of enige ander sosiale interaksie is van sekondêre belang vir die kerk. Een Daar is verskeie perspektiewe op hierdie saak. Die ekumene beweging sou graag op hierdie woord wou klem plaas en stel dat organisatoriese eenheid ʼn opdrag en ʼn saak van geloof is. Dit is nie noodwendig verkeerd om op een saak die klem te plaas en dan vanuit daardie klem te redeneer nie. Die vraag is net of daar in die belydenis sprake is van organisatoriese eenheid al dan nie. Die kinkel in die kabel is dat die wese van die woord een beredeneer moet word. Waar is die een ter sprake. Gaan dit oor ʼn oorhoofse ekumeniese administrasie onder een naam? Lei die belydenis ons tot daardie eenheid as ideaal nastreef, selfs al is dit geografies, kultureel en andersins menslik haas onmoontlik? Is die leidraad wat ons vind in die woorde gegrond op die leer van die Apostels nie juis aanduiding dat die eenheid in teologiese terme gevind moet word nie? Dit is een kerk omdat daar een Here is, een Christus is. Die kerk as liggaam van Christus kan nie anders as om een te wees nie. In Christus is die kerk een. Menslik gesproke is daar verskillende denominasies, verskillende tale, verskillende volkskerke. Die bepalende is nie die menslike werklikheid nie, maar die sin Gewer naamlik Christus. Buite Hom om kan daar geen eenheid wees nie. Hy is die middelaar en die middelpunt.
4 4 Heilige Heilig verwys na dit wat aan God toegewy is. Die kerk is heilig nie uit eie wese of oortuiging nie, maar juis omdat dit God se kerk is. Die kerk is ook die ruimte waarbinne samesyn met God moontlik is. Die Roomse kerk stel in ecclesiam salus est, terwyl die Reformasie stel extra ecclesiam non salus ets. Rooms in die kerk is die heil. Protestante buite die kerk is daar nie heil (moontlik) nie. Beide stel die saak baie duidelik en dit is dat die kerk die ruimte van die Heilige God is. Dit is die Woord wat red, in die kerk word die Woord verkondig en die sakramente bedien, hierdie aktiwiteite wek geloof in mense se harte en dit bring mense by die saligheid uit. Sonder die kerk sou die ganse mensdom verlore gewees het. Om geheilig te wees, beteken om uitgeroep en afgesonder te wees. Dit is alles deel van die kern van die kerk se bestaan. Die kerk as heilige entiteit kan nie juridies verstaan word nie. Geen regspraak het die kerk heilig verklaar nie. Die heiligheid van die kerk is ook nie ʼn ontologiese saak nie. Die kerk is heilig omdat die kerk aan God behoort, vir God afgesonder is, deur God regeer word. God maak die kerk heilig in Christus. Die kerk kan dan nooit ʼn eie grootheid wees nie, Christus bepaal die kerk. Die kerk is ook heilig omdat die kerk Christus se liggaam is. Christus identifiseer sò met die kerk dat Hy aan Paulus stel; waarom vervolg jy My?. Dit terwyl Paulus die kerk vervolg het. Die kerk is heilig in terme van oorsprong en bestemming, afgesonder deur God vir diens aan God. Enige persoon wat die heiligheid wil inperk tot sedelike uitsprake, wil terugval in die moralisme van die wet. Kerk is heilig op grond van God se goedgunstigheid, nie omdat dit ʼn ingebore eienskap is nie. Algemene - (katolieke) Daar bestaan baie verwarring by mense oor hierdie saak. Dit spruit onder andere uit die selfbenaming van die Roomse kerk. Die Roomse kerk het daarin geslaag om mense in die gewoonte te laat kom om na hierdie kerk te verwys as die Rooms-Katolieke-, of net as die Katolieke kerk. Dit is ʼn mistasting. Die word: Katoliek verwys nie na ʼn besondere denominasie hier op aarde nie. Die kerk met ʼn hoofsetel in Rome, is die Roomse kerk. Maar wat beteken katoliek dan? Katoliek verwys nie na die uitbreiding van die kerk oor die ganse wêreld heen nie. Hierdie belydenis oor die kerk was van meet af aan een van die aspekte wat bely is. Katoliek kan daarom nie geografies verstaan word nie. Dieselfde geld enige verstaan van tyd. Die katolieke kerk bestaan oor eeue heen. Katoliek verwys ook nie na taal, liturgie of enige ekumeniese struktuur nie. Ignatius van Antiochië het gestel dat die katolieke kerk is daar waar Christus is. Die moontlikheid dat daar op enige plek twee of meer in sy naam kan vergader, skimp na die betekenis van katoliek. In Christus word alle gelowiges saam verbind tot ʼn eenheid. Hierdie algemene versameling van gelowiges is die katolieke kerk. Kerkwees is ʼn gawe van God en daarom moet ons katoliek verstaan as ʼn term wat geestelike diepte aandui en nie bloot meganies verstaan kan word nie.
5 5 So verstaan verwys katoliek nie na ʼn internasionale organisasie nie, maar ʼn geestelike versameling van uitverkorenes wat versprei is oor tyd en ruimte heen. Apostolies (Gegrond op die leer van die Apostels) Die suiwere inhoud van die Bybel moet uitkom in die suiwerheid van die kerk. Die kerk moet die boodskap van die Evangelie getrou verkondig. Daar is geen ander bron vir die kerk om navraag te doen oor sy eie wese en oorsprong as net die Bybel nie. Die kern van die Evangelie is die kerk se waarborg dat hy getrou bly aan sy taak en roeping. Om af te wyk van die suiwere boodskap, is om die kerk menslike inisiatief te maak en dan sal dit gebeur dat daar geen plek in die kerk is vir God self nie. Gemeenskap van heiliges gemeenskap van heilighede Die byvoeging van die gemeenskap van heiliges lyk vir baie om bloot herhaling te wees. Van Niftrik maak in sy boek, Kleine Dogmatiek tog die punt dat die Latyn teks na twee kante sny en dat die twee sake met mekaar verband hou. Die teks van die Heidelbergse Kategismus blyk ook die twee sake saam te interpreteer. Dit gaan nie net om die saamwees van die mense wat gered is (heiliges) in die kerk nie, dit gaan ook oor die saam deel in die heilige sake (dinge) wat aan gelowiges toevertrou is. Woord en Sakrament is die geheiligde instrumente in die kerk. Dit sou dan nie verkeerd wees nie om die verwysing na sanctorum communionem te verstaan as die deelname aan die sakramente en mekaar. Die Heidelbergse Kategismus en die Nederlandse Geloofsbelydenis stel dit so: Belydenisskrifte Die NGB stel die volgende: Artikel 27 DIE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK Ons glo en bely 'n enige katolieke of algemene kerk, 'n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees. Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is 'n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms 'n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het - soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat nie voor Baäl gekniel het nie. Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot `ʼn sekere plek of sekere persone nie, maar is die oor die hele wêreld versprei en verstrooi. Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig. Artikel 28 ELKEEN IS VERPLIG OM BY DIE WARE KERK AAN TE SLUIT Ons glo - aangesien hierdie heilige vergadering 'n versameling is van hulle wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie - dat niemand, wat sy stand en status ook al is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te sluit en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal - as lede van een en dieselfde liggaam - aan sy leer en tug te onderwerp, die nek onder die juk van Jesus Christus te buig en volgens die gawes wat God aan elkeen gegee het, die broers in die opbou van hulle geloof te dien. En om dit beter te kan doen, is dit volgens die Woord van God die plig van alle gelowiges om hulle af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie, en hulle by dié vergadering aan te sluit, waar God dit ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen wees en daarvoor die dood- of lyfstraf oplê. Daarom handel almal wat hulle van hierdie ware kerk
6 6 afskei of nie daarby aansluit nie, in stryd met die bevel van God. Die Heidelbergse Kategismus stel: Sondag 21: 54 Vraag: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan 'n lewende lid is en ewig sal bly. 55 Vraag: Wat verstaan jy onder die gemeenskap van die heiliges? Antwoord: Ten eerste dat die gelowiges, almal saam en elkeen afsonderlik, as lede met die Here Christus gemeenskap en aan al sy skatte en gawes deel het. Ten tweede dat elkeen verplig is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend. Nicea stel: in unam catholicam atque apostolicam Ecclesiam (Latyn). εἰς μίαν ἁγίαν καθολικὴν καὶ ἀποστολικὴν ἐκκλησίαν (Grieks) Apostoliese belydenis stel: sanctam Ecclesiam catholicam, sanctorum communionem
Die genade gawes Van God:
Die genade gawes Van God: 1Kor. 12:1-18 1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer. Hosea 12: 7 "Wat jy moet doen is om na jou God toe terug te keer:
Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)
Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114
Uitgawe 114 30 Junie 2017 saam met Koersvas 114 1 Artikel 7 DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur
- - GRAAD FINALE ASSESSERING ERING VRAESTEL NOVEMBER 06 TOTAAL: AL: 50 TYD: 3 uur - - INSTRUKSIES:. Hierdie vraestel bestaan uit 0 vrae.. Beantwoord alle vrae. 3. Toon alle stappe in die berekenings. 4.
EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn
EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI Dr. Malan van Rhyn 1. Hoe lyk kerke wat nie groei nie? Hulle wend nie ʼn poging aan om te groei nie. Hulle dra nie die Woord uit nie. Hulle bid
Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.
Mark 9:14-29 Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Desember 2012 Ps-vooraf Ps 63: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom?
Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)
Rom 14:1-9 Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 123: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese
April 2010 Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese Ps-vooraf Ps 5:4,6 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak
Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus
Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, 18-20 God se Seun, Jesus Christus Vanoggend is ons by ons tweede tema: Deur die Kragveld van die Gees ONTMOET ek God Drie-enig: Wie is God die Seun?, of God
Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.
Junie 2010 Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Ps-vooraf Ps 80:1 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat
Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed
Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed Robertson (14/08/2016) Ef 3:14 21 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader [van onse Here Jesus Christus], (15) van wie elke geslag [/familie/gemeenskap] in die
Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2
Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Vir enige Christengelowige, en vir enige gemeente, is niks meer belangrik as jou kennis van die Drie-enige God
Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid
Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Joh 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus
DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?
DOOPVIERING Lesing 1 Doopviering in die lig van die doop 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering? Die Algemene Sinode van 2004 besluit as volg: Die Algemene Sinode besluit om Sinodes en kerkrade
1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.
Tema: Wedergeboorte Skrifgedeelte: Johannes 3:1-18 - Teksverse: 3,16 1 Petrus 1:1-9 - Teksvers: 3 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 14 Augustus 2011 Johannes 3:1-18 1 EN daar was n man uit die Fariseërs
Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp
SKRIFLESING: Johannes 7:1-9 TEKS: Johannes 7:6 TEMA: Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp Psalm 92 : 1, 2 Psalm 119 : 33, 36 Psalm 25 : 2 Psalm 25 : 6 1 Hierdie preek gaan nie oor die
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.
Mark 10:13-16 Fokus: vers 13-16 Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 3: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons
Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika
Graad 11 Fisika Kennisarea: Meganika 1.1 Skalare en vektore Skalaar: n Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar wat nie rigting het nie. Skalaar Voorbeelde: massa (6 kg); tyd (5 s); afstand (2
Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE
Tema: Twee is so sterk soos drie. God Drie-enig gryp in, in jou en ons lewe!. Skrifgedeelte: Prediker 4:7 12 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 22 Januarie 2012 Prediker 4:7 12 7 8 9 10 11 12 Ek het
Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150
Wiskunde Graad 1 Vraestel 01 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord
Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom
Efes 6:1-4 Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom Junie 2013 Ps-vooraf Ps 105: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is
SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:
Pretoria- 1 Skriflesing: Heidelbergse Kategismus: Teks: Sing- SAMESANG: Ps 49:4 TYDENS EREDIENS: Ps 40:8; Ps 25:3; Ps 19:4 As ons in Handelinge 16 kan begin, broeder en suster, dan staan in die een hoofstuk
Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).
Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7 Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Januarie 2012 Ps-vooraf Ps 95:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons
SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87
1 SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87 Gekruisig Die Heidelbergse Kategismus stel : Vraag 39: Sit daar iets meer in dat Christus juis gekruisig is en nie op 'n ander manier gesterf het
Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.
Junie 2010 Openbaring 2:12-17 Fokus: vers 12-17 Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon. Ps-vooraf Ps 24:4 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE
Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.
Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal. Februarie 2017 Ps 89: 1, 2 vooraf Ps 89: 6, 7 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet
1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.
Wat moet ek doen om gered te word? 37 Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: Broers, wat moet ons doen? 38 Petrus antwoord hulle: Kom tot inkeer en
Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.
Die regering van die Kerk 1Tim 3:8-10 1Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby. November 2014 Ps-vooraf Ps 28: 6, 7, 8 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:
Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting
Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting November 2014 Ps-vooraf Ps 42: 2, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na
NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2
NAGMAAL SKRIFLESING: Johannes 19:17-30 TEKS: Johannes 19:30 TEMA: Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6 Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2 Skrifberyming 16 (11-3) : 1,, 2, 3, 4, 5, 6 Psalm 40 : 5 Skrifberyming
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 120 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar
Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)
Rom 15:1-7 Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j) Desember 2013 Ps-vooraf Ps 96: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal
Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...
Mattheus 7:1-5 Breek radikaal met n lewe van god-en-regter-wees oor ander en leef radikaal nuut vir God. Dit moet uitkom in nederig-sagmoedige dien van mekaar in die stryd teen ons sonde. Oktober 2018
Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.
Junie 2015 Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. Ps 75: 1, 2 - vooraf Ps 75: 4, 5, 6 - lofpsalm Ps 99: 1, 4 na wet Ps 97:
Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).
Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b). September 2014 Ps-vooraf Ps 10: 8, 9, 10 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die
1 TESSALONISENSE 1:3
1 TESSALONISENSE 1:3 Votum en seën Psalm 149 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 1 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense 1:3 (AV 1983/91) Psalm 43 : 3, 5 Preek: Die Here bemoedig hulle wat glo en
Geseënd is dié wat rein van hart is!
Geseënd is dié wat rein van hart is! Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Psalm 24:3-6; Psalm 51:12; Matteus 5:8; Romeine 12:11; 1 Johannes 3:1-3 Vooraf: Opsommend het ons met die reeks saligsprekinge
Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).
Dan 7:1-28 Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Januarie 2015 Ps-vooraf Ps 57: 1, 5; Ps 18: 1, 14 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp
Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.
Julie 2016 Mark 13:9-13 Jesus se dissipel-onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waar die Tempel verwoes word en die finale koms van die Koninkryk op pad is (c). Ps 72: 1, 2 - vooraf Ps 96: 1, 2 -
Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.
Die regering van die Kerk 1Tim 3:8 Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp. Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 16: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na
Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.
Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se EamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee
Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.
Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan. Januarie 2018 Ps 145: 1, 5, 6, 7 vooraf Ps 103: 1, 10, 11 lofpsalm Ps 79: 5, 6 na wet Ps 119: 7 as antwoord op die Woord Ps 34: 1,
Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra
Romeine 14 Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra 24 September 2014 Inleiding Geliefdes die tema waaroor'it nou gaan is: Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? Toepassing En dan gaan dit sekerlik
Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015
Mark 12:18-27 Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015 Ps 104: 20, 21 - vooraf Ps 95: 1, 2, 3 - lofpsalm Ps 95: 4, 5, 6 na wet Ps 119: 35
ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ
ע מ נ וא ל immanuel Welkom, O Stille Nag Van Vrede Nuwe Liedboek 358 Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis; Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, Kersfees kom
Hoofstuk 13 -Transformatorwerking
Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Die transformator word gebruik om die spanning en stroom van n WS-sein te verander. Dit bestaan uit twee of meer windings wat op n gemeenskaplike kern gedraai is. Een
GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *Iwis2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die
Die krag / vuur van God:
Die krag / vuur van God: Mt. 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige
NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)
NAGMAAL TITUS 3:4 Votum Seën Psalm 145 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 25 : 5 Gebed Skriflesing: Titus 3:1-7 (AV 1983/91) Teks: Titus 3:4 (AV 1983/91) Preek:
Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;
Pretoria-. 1 Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41 Teks: 1 Korinthiërs 6:13c; Sing- SAMESANG: Ps 106:1,20 TYDENS EREDIENS: Ps 84:6; Ps 119:6; Ps 145:1,12
DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS
DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS DIE GESKIEDENIS VAN HIERDIE STANDPUNTINNAME VAN DIE KERKRAAD VAN LEVUBU TEEN DIE ALGEMENE
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.
Mark 10:17-31 Fokus: vers 23-31 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my
JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12
JUNIE-EKSAMEN 014 FISIESE WETENSKAPPE 1/ MEMORANDUM GRAAD 1 Stuur na : Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Posbus 1513 Lyttelton 0140 E-pos : assessment@impak.co.za Tel. nr. : 087 150 33 Faks : 086 556 8595
Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel
Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel Junie 2016 Ps 146: 1, 3 - vooraf Ps 68: 1, 7, 9 - lofpsalm Ps 99: 1, 4, 5 na wet Ps 48: 1, 4, 5 as antwoord op die Woord Ps 63: 2, 3, 6
Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur
CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com Wiskunde
HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE
HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE In hierdie Hoofstuk word die etiek in die Kolossensebrief ondersoek. Inleidend word gekyk na die betekenis van die terme etiek, indikatief, imperatief en paranese soos
Die Sendbrief van Jakobus
Die Sendbrief van Jakobus Hoofstuk 4 Vers 1-12 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het
Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers
Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers 25-26. Mei 2016 Ps 104: 1, 19, 20, 21 - vooraf Ps 8: 1, 3, 4, 5, 7 - lofpsalm Ps 2: 4, 6 na wet Ps 146: 1, 3 as antwoord op die Woord Ps 65: 4,
Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.
Dan 6:1-29 Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom. November 2012 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63
JOHANNES 21:15-17 Votum en seën Psalm 145 : 1, 2, 5 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders
1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie
1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik ook baie Bybelverse.
1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou
1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik asseblief baie
GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM
Province of the ETERN CAPE EDUCATION NIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool M MA CA A C S RT / RG / RM F SF J/O P R Verduideliking
Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!
SKRIFLESING: Lukas 12:1-12 TEKS: Lukas 12:4-5 TEMA: Vrees God, nie mense nie! Psalm 118 : 2, 3 Psalm 25 : 3 Psalm 95 : 2, 4 Psalm 25 : 6 Ook: Ps. 2 : 6 1 Daar s baie vrees in omloop: - vrees vir misdaad;
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.
Mark 10:17-31 Fokus: vers 17-22 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man. Februarie 2014 Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
DIE BOODSKAP OP DIE BERG...
DIE BOODSKAP OP DIE BERG... God die Seun se beskrywing van gelukkige mense en hul vreemde lewenstyl Dr. Jacobus de Koning 1 INHOUD HOOFSTUK 1 4 Wat is hier aan die gang? HOOFSTUK 2 14 Die gelukkige afhanklikes...
Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.
Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 104: 1, 2, 8, 9 vooraf Ps 33: 1, 9, 10 lofpsalm Ps
Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:
KERSFEES 2017 EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! DESEMBER 2017 ~ JANUARIE 2018 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS Teks & Vers: Gestuurde Liefde ONS GESELS MET: DS. GEVERS VAN DIE BYBELGENOOTSKAP RIEËTTE VENTER
K OERSVAS REDAKSIONEEL. Jaargang 6 Uitgawe Oktober In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings
1 K OERSVAS Jaargang 6 Uitgawe 123 27 Oktober 2017 In hierdie uitgawe: Redaksioneel Berigte en Kennisgewings REDAKSIONEEL Reformasie 500 Vyfhonderd jaar na die eerste stimulus tot die Reformasie is die
September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.
2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld? September 2017 Ps 68: 1, 2 vooraf Ps
GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 216 WISKUNDE V2 PUNTE: 15 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn spesiale antwoordeboek. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 216) INSTRUKSIES EN INLIGTING
Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde
Wes-Kaap Onderwys Departement Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules Graad 12 Wiskunde Razzia Ebrahim Senior Kurrikulumbeplanner: Wiskunde E-pos: Razzia.Ebrahim@wced.info / Razzia.Ebrahim@westerncape.gov.za
οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie
1a και οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie Met και word nog 'n gedagte aan die voorafgaande 10:52 gevoeg (vgl Greek grammer beyond basics bl 671). οτε = bw van tyd (Baljon bl 701) en lei 'n tyd-bysin
Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.
Selibaat Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1 Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die konsep vandag deur Melissa Opperman Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening
EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning
EKSODUS Van slawerny tot aanbidding Dr J de Koning 1 INHOUD Inleidend 3 Hoofstuk 1 Eksodus 1-2: n Hopelose situasie en n wonderlike God 11 Hoofstuk 2 Eksodus 3: Die vreemde verterende vuur God 26 Hoofstuk
God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!
God is groter Vandag wil ek graag u aandag vra vir die tema God is groter. Dit gaan dus nie oor ʼn onderwerp, een van die miljoene onderwerpe in die skepping nie. Dit gaan oor ʼn persoon. Dan ook nie oor
Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.
Psalm 13 Van klaaglied tot loflied. Augustus 2014 Ps-vooraf Ps 138: 1, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10-jaareindvraestel verwag kan word. Dus is
VOLUME AUGUSTUS 2007
VOLUME 12.10 AUGUSTUS 2007 Teologie en Doelwitte van die Misleide Kerk Prof. Johan Malan Die misleide kerk van die eindtyd is nie alleenlik die produk van menslike oordeelsfoute as gevolg van n gebrek
Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus
Jakobus hoofstuk 1 Hierdie Bybelstudie notas oor die brief van Jakobus, is saamgestel deur ds. Willem Louw, leraar van die NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark. Agtergrond Die Skrywer: Die skrywer is Jakobus:
Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126
1 Uitgawe 126-8 Desember 2017 saam met Koersvas 126 Die onderbreek die kommentaar op die Nederlandse Geloofsbelydenis met die plaas van n artikel wat verband hou met Kersfees. Ons sal vroeg in 2018 weer
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL GRAAD 2-REKORDEKSAMEN 04 September 207 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 0 bladsye. SACAI WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL KOPIEREG VOORBEHOU 207 GRAAD 2-REKORDEKSAMEN
Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).
Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7 Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d). Oktober 2014 Ps-vooraf Ps 13: 1, 3, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge:
1. Bybelse agtergrond tot die verstaan van die Heilige Gees.
Hoofstuk 2 Pneumatologie Inleiding tot die denke oor die pneumatologie. Vos (1984:10) beskryf die pneumatologie as die lewensasem van die teologie. Die vraag na die werking van die Heilige Gees is een
Deur Christus Alleen
Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org G.A. Hadjiantoniou, Ph.D., LL.B. Die Pos uit Patmos Treffende boodskappe oor die briewe aan die sewe gemeentes van
HOOFSTUK 1 INLEIDING. 1.1 Inleiding
8 HOOFSTUK 1 INLEIDING 1.1 Inleiding Die debat rondom die Christologiese interpretasie van die Ou Testament en in besonder die Psalter, het die afgelope paar jare binne die Afrikaans-sprekende Christen-gemeenskap
GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM
Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HODIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 1 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1
Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:
Profeteer, Profesie en Gesigte sien Daar is geen godsdiens wat nie daarop aanspraak maak dat dit ook besondere openbaringsmiddele het nie. Die Christelike Godsdiens het dit ook; ons besondere openbaringsmiddel
Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.
Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Wanneer stroom deur n weerstand vloei, sal die weerstand krag verbruik en hitte opwek. Hierdie eienskap word in baie elektriese toestelle toegepas, byvoorbeeld
ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING
ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING 1. Die Algemene Sinode van die GKSA het vanaf 4-13 Januarie in Potchefstroom vergader. Uit die Suid-Kaap se Gereformeerde Kerke was di. Emile Naude, Hennie Reinecke,
REFORMASIE. Martin Luther
REFORMASIE 500 Martin Luther Inhoudsopgawe Kort biografie van Martin Luther 1 Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland 2 Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518 8 Die geskiedenis van
deur CARIKA DU PLESSIS
DIE VERHAAL VAN DIE SAMARITAANSE VROU IN JOHANNES 4:1-30 BINNE DIE KONTEKS VAN DIE OU NABYE OOSTERSE KULTURELE VERWAGTINGE EN DIE SIMBOLIESE GEBRUIK VAN WATER AS `N GOUE STROOM WAT VLOEI DEUR DIE VIERDE
Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία
Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία H.P.M. van Rhyn 10319298 Proefskrif voorgelê vir die graad
Meesters vir transparante. 5.1 Meganika
Meestes vi tanspaante 5.1 Meganika KENNISAREA: MEGANIKA Meganika Vektoe in twee dimensies Newton se bewegingswette Newton se univesele gavitasiewet EENHEID 1 VEKTORE IN TWEE DIMENSIES Skalae en vektoe
Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016
Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016 Ps 42: 1, 5 vooraf Ps 43: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 22: 1, 6 na wet Ps 22: 9, 10, 11 as antwoord
Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse
Week 1 n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender Platinum is gevind in n landelike area wat aan n stam behoort. Platinum is n baie waardevolle metaal. Grondmonsters wys dat platinum slegs 500 m onder
KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK
1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK NASIEN MEMORANDUM : September 014 V.1 VRAAG 1 1.1 C 1. D 1.3 C 1.4 D 1.5 B 1.6 D 1.7 B 1.8 B 1.9 D 1.10 B [0] VRAAG.1.1 Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp