VOORBLAD. Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Σχετικά έγγραφα
VOORBLAD. Vroom praatjies oor God

e-hervormer VOORBLAD Is n keerpunt bereik met teologiese opleiding?

e-hervormer VOORBLAD Seksualiteit en die huwelik weer in die nuus

e-hervormer VOORBLAD My wens vir 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. Positief vorentoe

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

e-hervormer VOORBLAD Nuwe webblad vir die Kerk

e-hervormer VOORBLAD Waar vind ons die ware kerk?

e-hervormer VOORBLAD Geweld teen vroue en kinders

e-hervormer VOORBLAD n Heilige algemene Christelike kerk

366 dae. Dit is nog lekker om te leef, want ons Verlosser leef. Hy het klaargespeel met die oorwinning, die angel van Skakels

e-hervormer VOORBLAD Truspieëltjies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Fokus op die uitdagings wat voorlê

e-hervormer VOORBLAD Reik uit na ons bejaardes

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

e-hervormer VOORBLAD Lentetyd en nuwe lewe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD n Aarde wat sug en kla In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

n Fabel: Jeugmisdadiger en sy ma Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot n val; wie reg doen, fl oreer soos groen blare aan n boom (Spreuke 11: Skakels

e-hervormer VOORBLAD Susters dinamies vorentoe In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Skeuring of hervorming? In hierdie uitgawe Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Anders maar beter In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

e-hervormer VOORBLAD Die pad vorentoe vir die Hervormde Kerk

e-hervormer VOORBLAD Dienende gemeenskappe bring nuwe lewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Waarmee is ons besig? Die vraag is: Wat is die krisis, en kan daar iets daaraan gedoen word?

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

e-hervormer VOORBLAD 2013 Jaar van die Gestremde

e-hervormer VOORBLAD Kerkrade praat oor kerkwees in die huidige tyd

e-hervormer VOORBLAD n Boodskap vir Jeugdag

e-hervormer VOORBLAD Wie sal ons mis? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Die werking van die Heilige Gees n voëlvlug

e-hervormer VOORBLAD Kerkplanting

e-hervormer VOORBLAD Die spel van die lewe

e-hervormer VOORBLAD Dissipline In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Predikantevergadering 2012 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die Lutherse Kerk

e-hervormer VOORBLAD Belê in die toekoms van ons kinders

e-hervormer VOORBLAD Bybelse argeologie werp lig op die Bybel

e-hervormer VOORBLAD Vernuwing en verdieping

e-hervormer VOORBLAD Die Grimm-broers, die kerk en die huwelik In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Onsigbaar, maar werklik In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Skakels

e-hervormer VOORBLAD Hoe lyk dit in die binnekring?

e-hervormer VOORBLAD Ag nee! Die krag is al weer af In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en werkruimtes Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. Ontkenning van sterflikheid

e-hervormer VOORBLAD Kerkwees in 2013 n perspektief vanuit die GKSA

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Leiers en gesagdraers wat dien In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase

e-hervormer VOORBLAD Kerk vir die toekoms In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

e-hervormer VOORBLAD Triniteitsondag In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

e-hervormer VOORBLAD Misdaadstatistieke en moraliteit In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

e-hervormer VOORBLAD Ons soek jou bloed! Hervormers bloei fluks! In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verkiesing in die land waar die geweer regeer

e-hervormer VOORBLAD U gee my nuwe krag... In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Illusie en werklikheid

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

VOORBLAD. Dames of susters?

e-hervormer VOORBLAD Gelukkige huwelik = harde (lekker) werk

e-hervormer VOORBLAD Die stille pyn van pastoraat In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Die genade gawes Van God:

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

e-hervormer VOORBLAD Sekularisasie bring geloof in lyding

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

Die krag / vuur van God:

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Transcript:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 20 Oktober 2011 Jaargang 4 Uitgawe 35 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad VOORBLAD Vrou, kniel sodat jy kan opstaan Die NHSV moes die afgelope termyn onder uiters moeilike omstandighede voortgaan. Eksterne faktore het die gordel stywer gespan: toenemende werkloosheid en armoede; korrupsie in die samelewing; onsekerheid oor die toekoms; misdaad; morele erosie in alle gemeenskappe... As ons eerlik is, sal ons erken dat die wêreld ons bang maak dit verlei ons om vas te kyk teen die onstuimige golwe om ons, en dan kan ons nie verder op die water loop nie. Maar dit het ons nie so bang gemaak soos die onmin in die Kerk nie; soos die feit dat NHSV takke gesluit is en daar selfs die uitspraak gemaak is dat die NHSV uitgedien is. Hoe is dit moontlik dat die NHSV kon oorleef te midde van al hierdie gebroke gebeure? Die antwoord is eenvoudig: Ons het oorleef, want bo alle menslike vermoë hou God alles in stand; kom Hy in Christus met n uitgestrekte hand na ons aangeloop oor die water om ons op te trek; is Hy soos die arend se vlerke wat onder sy kinders inbeweeg en hulle stuit in hul vryval na die afgrond. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Die NHSV verkies om die donkerbril af te haal en deur helder geloofslense na die lewe te kyk. Sonder ophef was duisende vrouelidmate soos borrelende fonteintjies doenig in gemeentes en gemeenskappe, het hierdie stroompies water deur die 18 streekbyeenkomste na die Kongres gevloei. Tak- en streekbesture het gesorg dat hierdie stroompies n rivier bly om uiteindelik die Hoofbestuur en Dagbestuur se hande te sterk vir die dienswerk wat ook op nasionale vlak gedoen moes word. Die NHSV Hoofbestuur en takke kon steeds aan 660 bejaardes (waarvan 220 in versorgingseenhede) in die 6 Monumenttehuise huisvesting en versorging bied. Die eerste tehuise is reeds in 1957 opgerig. Die afgelope verslagtydperk is ongeveer R1,5 miljoen aan die Monumenttehuise oorbetaal. Bykans 70 jaar reeds ken die NHSV beurse en lenings aan gemiddeld 70 Hervormde studente toe. Die afgelope termyn is meer as R1 miljoen oorbetaal. Ons opregte dank aan gemeentes wat die 2010-2011 NHSV deurkollektes ondersteun het. R257 000 is ontvang, waarvan die grootste gedeelte vir beurse en lenings aangewend word. Om armoede te help verlig, is ondersteuning verleen aan die Algemene Diakensvergadering, Ringsdiakensvergaderings, Ondersteuningsraad, Doulos en meer. Die beskeie resepteboekie Toor met min, waarvan bykans 8 000 eksemplare verkoop is, het n groot bedrag beskikbaar gestel vir armoedeverligting. Oral het takke aan mense wat honger is en koud kry middele voorsien; is na siekes, bejaardes en kinders omgesien. Dit is belangrik om dit wat werk, te behou. Dit is dwaas om n struktuur wat veiligheid en sekuriteit bied, te laat skipbreuk lei. Ons het n taak wat groter is as ons eie klein selfgesentreerde wêreld. Die NHSV is nie n sekulêre damesvereniging wat dames wil vermaak nie. Uit dankbaarheid teenoor die drie-enige God vervul die NHSV haar opdrag: om vrouelidmate geestelik te verryk en toe te rus vir hul dienswerk; onderlinge verbondenheid op gemeente-, streek- en nasionale vlak te bevorder; mense in nood te versorg; die belange van die gemeentes, Kerk en samelewing te bevorder; en noodsaaklike fondse in te samel. Ek haal my hoed af vir elkeen van die 370 kongresgangers uit alle uithoeke van die land en Dorslandstreek wat saam sê: Ons kniel, sodat ons kan opstaan. Die dienswerk moet voortgaan. Die nood van mense neem toe. Ons gemeentes, die Kerk en gemeenskap het ons nodig. Skakels Mev Marita Fourie, uittredende NHSV voorsitter Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Ds Jaap Steenkamp van Potchefstroom Die Wilge na die Kuruman-kombinasie Ds Tharina Steenkamp van Potchefstroom (deeltyds) na die Kurumankombinasie Ds Frans Redelinghuys van Oos-Londen (deeltyds) na Sasolburg Di Jaap en Tharina Steenkamp Beroep aanvaar Ds Frans Redelinghuys Dr Christo van der Merwe Ds Frans Marais Dr Wim Dreyer Ds Frans Redelinghuys van Oos-Londen (deeltyds) na Sasolburg Beroep bedank Ds Frans Marais van Grootvlei na die Grootfontein-Tsumeb-kombinasie PREDIKANTE EN GEMEENTES Dr Christo van der Merwe van Gemeente Kempton Park-Oos is aangestel as nuwe hoof van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) met ingang van 1 Januarie 2012. Hy volg prof Theuns Dreyer op wat voor die einde van die jaar emeriteer. Dr Malan Storm het op 12 Oktober bedank as lid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV). Die viseskriba, dr Wim Dreyer, funksioneer volgens die bepalings van die Kerkorde vanaf 14 Oktober 2011 as skriba van die Kommissie van die AKV. Die volgende predikante verjaar tot 28 Oktober, en word hartlik geluk gewens. ο Donderdag 20 Oktober: Ds Gert van Jaarsveld (emeritus) ο Vrydag 21 Oktober: Ds Jan Grobler (emeritus) ο Maandag 24 Oktober: Ds Johan van Wyk (Rustenburg) ο Dinsdag 25 Oktober: Prof Eddie Engelbrecht (emeritus) en ds Chris Liebenberg (Warmbad) ο Woensdag 26 Oktober: Di Hennie Nel (Potgietersrus) en Skip Scheepers (Middelburg) ο Donderdag 27 Oktober: Di Kathleen Smith (Kaapstad) en Pieter Smith (Witrivier) ο Vrydag 28 Oktober: Ds Colin Hertzog (Middelburg-Noord) Die volgende vergaderings vind tot 28 Oktober plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. ο Vrydag 21 Oktober: Finkom van die Ondersteuningsraad ο Saterdag 22 Oktober: Komitee vir Ouderlinge ο Maandag 24 Oktober: Raad vir SENTIK ο Donderdag 27 Oktober: Werkwinkel van Die Ondersteuningsraad Redaksie van Die Hervormer Raad van Finansies: Begroting ο Vrydag 28 Oktober: Raad van Finansies 2

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se fi nansiële boekjaar sluit op 31 Oktober. Gemeentes word vriendelik versoek om hul jaarlikse bydraes aan die Bybelgenootskap teen Vrydag 28 Oktober oor te betaal sodat dit betyds ontvang kan word vir insluiting in volgende jaar se verslae aan die ringsvergaderings. Die deurkollektes van Hervormingsondag (30 Oktober) moet asseblief eers in November oorbetaal word as die eerste bydraes vir die 2012 boekjaar van die Bybelgenootskap. Aangesien daar op 1 November 2011 n herindeling van die Hervormde Kerk se twee streke by die Bybelgenootskap plaasvind, moet die bydraes van alle gemeentes in die RSA vanaf dié datum by die Kempton Park Administratiewe Sentrum van die Bybelgenootskap inbetaal word. Bydraes moet verkieslik elektronies oorbetaal word. Die bankbesonderhede is soos volg: Bybelgenootskap van SA ABSA Kempton Park Takkode: 632005 Rekeningnommer: 260 220 748 Gemeentes moet hul donateursnommer as verwysing gebruik wanneer oorbetalings gemaak word. Indien oorbetalings nie direk in die bankrekening van die Bybelgenootskap gedoen kan word nie, kan dit gepos word na Posbus 2002, Kempton Park 1620. Dr Kálmán Papp kan by 011 970 4010 of 083 703 3773 geskakel word indien daar enige navrae is. Gemeente Pietermaritzburg benodig predikante om een of meer eredienste te lei gedurende Oktober, November en Desember. Kontak ds Frans Ras by 082 416 3922 of fhras@worldonline.co.za, of Ilze Vorster by 082 302 2569 of nhkpmb@gmail.com. Gemeente Magaliesmoot benodig die dienste van n orrelis wat die begeleiding tydens oggenddienste kan waarneem. Diensaanvaarding 1 Desember 2011. Die gemeente is geleë tussen Pretoria en die Hartbeespoortdam. Kontak ds David Barnard by 083 441 1789. Teken voor die einde van Oktober per SMS in op Konteks, en wen n gra s webblad vir die gemeente! Die gemeente wat gedurende Oktober die meeste SMSintekeninge vir Konteks 2012 stuur, wen n gra s webbladontwerp van Delitech IT solu ons (www.delitech.co.za). Konteks kos in 2012 R140 vir 10 uitgawes, en intekenaars se volkleurtydskri e word maandeliks na die gemeente-adres gepos. Teken in deur n SMS met die volgende formaat na 45633 te stuur: NHK Gemeentenaam Intekenaar (bv NHK Philadelphia GJ du Toit). Let daarop dat elke SMS met NHK (in hoofle ers) móét begin. Elke SMS kos R1,50. Die gemeente wat die gra s webblad wen, sal aan die begin van November in die e-hervormer aangekondig word. NHSV beurse en lenings 2012. Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk kwalifi seer vir die toekennings. Die lenings/beurse wissel van R2 000 tot R6 000. Aansoekvorms kan aangevra word van 012 325 0117 of nhsvadmin@nhk.co.za. Besoek ook die webwerf www.nhsv.co.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November 2011. Geen laat aansoeke word aanvaar nie. Kontak die NHSV kantoor vir meer inligting. Beurs beskikbaar vir Hervormde student. n Lidmaat van Gemeente Potchefstroom Die Wilge wil graag n (behoeftige) student help. Die beurs behels 3

studiegelde, inskrywingsfooie en verblyf; die student is verantwoordelik vir sakgeld, aankoop van boeke, vervoer, klerasie, persoonlike benodigdhede, kos, ensovoorts. Universiteit: Noordwes-Universiteit (Pukke). Rigting: LLB-studente sal voorkeur geniet. Vereistes: Dissipline en prestasie (die beurs verval met die eerste druipvak). Aansoeke en navrae aan ds Jaap Steenkamp by jaapsteenkamp@nhk.co.za; dit moet vergesel wees van die laaste twee jaar se skoolrapporte/puntestate, n CV, n motivering, en n getuigskrif van n leraar of begeleidende brief van die kerkraad. Die Voortgesette Teologiese Toerusting vir Predikante (VTT) vind op Dinsdag 8 en Woensdag 9 November plaas. Die tema is Toekoms, Kerk en waagmoed. Die kursus, wat om 09:00 begin, word by Gemeente Wapadrant aangebied en die koste beloop R300 per persoon. Stel mev Betsie Brits asseblief voor 25 Oktober in kennis indien u die kursus wil bywoon: per e-pos by betsie.brits@up.ac.za of per faks by 012 420 4303. U word vriendelik versoek om die registrasiefooi vooraf elektronies of per bankdeposito te betaal. Die bankbesonderhede is soos volg: Kerkgeld vir Kerkwerk ABSA Rekening nr 020 149 752 Kode nr 63 20 05 Verwysing: 2013K VTT gevolg deur die naam van die kursusganger Ds Larry van der Walt is besig met n produksie wat die gebeure rondom die geboorte van Jesus vertel vanuit die oë van die mense rondom Hom. Die produksie is veral gemik op die verwagting van die Messias (Advent), en die verhaal word vertel deur middel van musiek, drama en ander media. Dit vorm ook deel van n groter produksiereeks wat handel oor die lewe van Jesus en wat sal saamloop met die liturgiese jaar. Die produksie sal op die planke wees van 20 tot 27 November 2011. Ds Larry benodig akteurs in die Pretoria-omgewing wat kan sing. Daar moet ook koste aangegaan word vir kostuums, stelopset, rekwisiete, toerusting en reis. Enigeen wat op enige manier by die produksie betrokke wil raak, kan ds Larry kontak by 082 666 0261 of larry@newtestament.co.za. Eerstejaarskampe 2012 ο ο ο Potchefstroom-Studente: Dinsdag 10 tot Vrydag 13 Januarie R800 per persoon, verblyf, etes en n T-hemp ingesluit Kontak dr Rudy Denton by 082 459 9710 of rudy@nhk.co.za of Terzie Denton by 082 475 4618 of Marle Geel by 082 861 2799 Stellenbosch Hervormers Aanvangskamp 2012 Gaan jy by Maties swot? Kom kamp saam met ons Saterdag 21 Januarie tot Dinsdag 24 Januarie. Ons kom by die kerk byeen vanaf 12:00 en vertrek 13:00 na die kampterrein. Besonderhede sal gestuur word. Kontak ds Chris le Roux by 082 905 0818 of stellenbosch@nhk.co.za. Philadelphia Tuks Eerstejaarskamp 2012 Dit is amper weer sulke tyd! Ja, tyd vir n nuwe jaar met nuwe moontlikhede, n nuwe begin en die afskop van n reis, n onvergeetlike reis op universiteit. Ons wil elke graad 12-leerder en elke ander persoon wat volgende jaar as eerstejaar in Pretoria kom studeer, uitnooi om op n besonderse manier kennis te maak met die studentelewe. 4

Ons kamp van Saterdag 21 Januarie tot Woensdag 25 Januarie by n kampterrein naby Brits. Kom maak kennis met medestudente en vind die A-Z uit van wat die lewe op universiteit vir jou inhou. Ons prop die dae vol prettige aktiwiteite, van boeresport en nagmars tot hindernisbane en laataandsokkie. Sluit aan by die groep op Facebook TUKS NHK Philadelphia EJK 2012 om seker te maak jy bly op die hoogte en om n proeseltjie te kry van wat kom. Registreer op ons webtuiste www.philadelphia.co.za. Op die registrasievorm verskyn alle inligting oor benodigdhede, betaling, ensomeer. As jy n vriend of vriendin na die kamp bring, kry jy R50 afslag op die vasgestelde prys. Vir meer besonderhede, kontak ons bemarker Aniena by 082 293 9755, kampbestuurder Timo by 083 426 3599, of een van ons predikante, ds Martin Slabbert by 082 655 4787 of dr Sanrie de Beer by 083 226 1866. ο Bloemfontein Kougom Eerstejaarskamp Ons nooi alle eerstejaars van 2012 wat in Bloemfontein kom studeer om saam met ons te gaan kamp. Dit gaan soos altyd n wonderlike ervaring wees en daar is beslis geen beter manier om vriende te maak en deel te word van die studentelewe nie. Die kamp is van Sondag 8 tot Donderdag 12 Januarie en kos R660 per persoon. Kontak ds Willem Dykema by 082 560 4772 of die kampvoorsitter Giselle Fourie by 082 649 6527 vir meer inligting. Konserte en feeste GEMEENTE RICHARDSBAAI FONDSINSAMELINGSPROJEK Vrydag 28 Oktober en Vrydag 4 November Toneelstuk As ons twee eers getroud is... Die gemeente se nou al bekende en berugte toneelspelers gaan weer almal se lagspiere tot die uiterste beproef! Kerkgebou: hv Krewelkring en Moorish Idol, Meerensee 28 Oktober @ R100 per persoon 4 November R1 200 per tafel 10 persone per tafel (vir besighede) Kontak Veronica Coetzer by 072 130 8608 of 035 753 4860 Sondag 30 Oktober 17:00: Gemeente Wesmoot: Saamsingfees Saam met Hendrik en Marinda Kerkgebou, hv Hjalmer- en Attiestraat, Booysens Toegang gratis Navrae aan ds Fanie Beukes by 012 377 3736 of faniebeukes@yahoo.com ALLEN KERKORRELS Na 40 jaar van digitale klank steeds die leier in orrelbou Skakel ons vandag vir n gra s demonstrasie Tel 012 991 4930 Faks 086 667 4680 Sel 079 497 2647 Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Hartebeeshoek: Fonteinedal Lenteloop: Saterdag 29 Oktober Hekke open 06:00 en ons begin 07:00 stap Bring jou man, kind, vriende en beste vriend aan n leiband saam Kaartjies: 5km R20 en 10km R25 Prystrekking met kontantpryse Te koop: vetkoek en maalvleis; pannekoek; koffi e, tee en koeldrank 5

Kontak Elma Williams by 082 562 5244 of Estelle Bezuidenhoudt by 072 882 9922 Basaars en markte Saterdag 29 Oktober: Gemeente Montana: Bokkefees hv Jan Bantjies- en Azanzastraat, Montana Vanaf 08:00 7de Laan akteurs, verskeie sangers Boogskiet vir volwassenes en kinders, SAJWV Jagboogtabel Kom verbeter jou telling en kuier saam met jou gesin Perderitte, speletjies, windgeweerskiet Wildsgeregte, biltong, gebak, vleis en wors, pannekoek, groente, afval en pap, en baie meer Kontak Susan of Koos by die gemeentelike kerkkantoor by 012 567 1753 Saterdag 29 Oktober: Gemeente Vryburg: Stellaland Republiekvleisfees 11:00 tot laat! hv Livingstone- en Van Niekerkstraat, Vryburg Tradisionele disse soos afval en skaapkop Volop vleis, skape op veiling, n ton boerewors Kontak ds Jasper van der Westhuizen by 083 415 2555 Saterdag 29 Oktober: Gemeente Kruin: Lekker Karnaval hv Steinmann- en CR Swart-straat, Wilropark, Roodepoort Al die tradisionele basaarlekkernye Met groot POTJIEKOSKOMPETISIE Almal welkom Navrae aan Poppie J van Vuuren 011 768 6831 (08:00 tot 13:00) of 083 293 2718 Saterdag 5 November: Gemeente Koster: Kersmark 09:00 tot 14:00 hv Sauer-, Union- en Merrimanstraat Verskeie handgemaakte produkte en gebak Teetuin Kontak Paula by 082 585 7487 of Grieta by 082 945 2828 Saterdag 17 Desember: Gemeente Wesmoot: Christusfeesmark By Makro Wonderboom Stalletjies teen R200 bespreek nou Met Lance James, Rodeo Girls, Hendrik Britz en Miranda Toegang gratis Kontak Carla Greyling by 082 376 9239 Saterdag 28 Januarie 2012: Gemeente Nelspruit Maroelafees en Buitelewe-ekspo Beplan nou reeds! By Nelspruit Rugbyklub In hoogseisoen van die maroela Van 08:00 tot laatmiddag, toegang gratis Gesinsvermaak Verskeie maroelaprodukte, geregte, resepteboeke te koop Woonwaens, tente, kampeertoerusting, veldvoertuie, kragopwekkers Kontak gemeentelike kerkkantoor by 013 741 1455 vir meer inligting 6

ANDER NUUS Mnr Elmar Struwig is aangestel as nuwe administrateur van die Kerk met ingang van 1 Februarie 2012. Hy volg mnr Kobus Viljoen op wat teen die einde van die jaar aftree. Die Ondersteuningsraad in Pretoria reël twee Kersfunksies vir hul behoeftige bejaardes en behoeftige kinders tussen 1 en 11 jaar. Enige persoon wat n bydrae wil maak, kan Esta Stieler kontak by 012 325 2320 / 1 / 2 / 3 / 4. Mnr Elmar Struwig DIE ONDERSTEUNINGSRAAD: VAKATURE Ring van Rustenburg Kerklik-Maatskaplike Werker Halfdagpos beskikbaar in Rustenburg Vir lewering van pleegsorgtoesigdienste by Diakonale Pleegsorghuis asook dienslewering aan lidmate van die Hervormde Kerk Ononderhandelbare vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe, geldige bestuurslisensie, ervaring in statutêre werk, en vereenselwiging met etos van die Hervormde Kerk. Salaris bepaal deur jare ervaring. Aansoeke aan mev Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of faks 012 322 5787 DIE ONDERSTEUNINGSRAAD: ANDER VAKATURES ο Programbestuurder (halfdagpos): Minimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring n aanwins; Rustenburg/ Potchefstroom/Klerksdorp ο Maatskaplike Werkers: Tarlton, Krugersdorp, Pretoria en Brakpan (2) ο Maatskaplike Hulpwerkers: Klerksdorp en Brakpan Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Beurse vir opleiding as onderwysers, en vir gekwalifi seerde onderwysers vir verdere opleiding in 2012. Prospektus en aansoekvorms beskikbaar by die Sekretaris, Dokkies Opvoedkundige Trust, Privaatsak X01, Umbilo 4075. Stuur n faks na 031 261 9000 en verskaf n e-posadres. Onthou: Aansoeke vir 2012 sluit op 30 Oktober 2011! Besoek www.dokkiestrust.za.org. Ondersteun Beeld-Kinderfonds, maak n donasie van R25 of meer, en wen dalk een van 3 groot pryse: n Peugeot 207; n luukse skeepsreis vir 2 persone na Madagaskar en Réunion; of 7 nagte in n villa in Mosambiek. Die kompetisie sluit op 6 November. SMS PEUGEOT na 32541 teen R25 per SMS. Meer as 10 000 kinders word jaarliks gehelp met die fondse. Bydraes aan Beeld-Kinderfonds is belastingaftrekbaar! Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die 7

plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R114 per plasing. (Die prys styg in Januarie adverteer dus nou!) Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: u naam + e-hervormer Ads KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad by www.nhk.co.za gestuur word. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Oor die kommentaar in die e-hervormer van 29 September: Daar is net een evangelie. As n mens bely dat Jesus lewe, dan moet n mens jouself mos beskikbaar stel dat Hy deur jou kan lewe. Mens mag mos nie deur menslike voorkeure sekere gedeeltes van sy leringe ignoreer nie. Mens moet jouself mos in alle opsigte aan Hom as jou Here onderwerp. George Small AGTERBLAD Kerklike publikasies Lees in Konteks van November/Desember 2011 Ons nuwe Kerkjaar begin op 27 November Die Kerk se boodskap aan ons kinders Bylaag oor gesinsbediening Besoek ook www.konteks.co.za Lees in Die Hervormer van November 2011 Ons volg in Christus se voetspore Die Hervormde Kerk in gebed Wat maak die Christendom uniek? Besoek ook www.hervormer.co.za Hierdie uitgawes van Konteks en Die Hervormer sal volgende week beskikbaar wees. Bybelse Dagboek/Almanak 2012 R110 (posgeld uitgesluit) Hierdie Dagboek sluit aan by die ritme van die Kerkjaar. Beskikbaar teen die middel van November. Bestel by sentik@nhk.co.za of by u gemeentelike kantoor Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Drr Frikkie Labuschagne en Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8