JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Σχετικά έγγραφα
Die genade gawes Van God:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

1 TESSALONISENSE 1:3

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die krag / vuur van God:

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Die Sendbrief van Jakobus

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

REFORMASIE. Martin Luther

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

ישוע. familieboom van Jesus

Deur Christus Alleen

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Hoofstuk 15 Ossillasies

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

deur CARIKA DU PLESSIS

VOLUME AUGUSTUS 2007

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORD, DIE IMPLIKASIE VAN HEB 5:12 VIR KERK EN TEOLOGIE

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Transcript:

JOHANNES 21:15-17 Votum en seën Psalm 145 : 1, 2, 5 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 103 : 6 (na doop) Skriflesing: Johannes 21: 15-25 (AV 1983/91) Teks: Johannes 21:15-17 (die drie opdragte aan einde van elke vers) (AV 1983/91) Preek: Die Here wil dat Sy gestuurdes Sy skape versorg Gebed Kollekte Skrifberyming 52 (11-2) : 1 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 23 : 1 Ps 28 : 8 Sb 22 (11-1) : 11

2 Hierdie praktyk in ons kerke om ouderlinge en diakens en predikante te hê, wat onder andere huisbesoek doen is dit nog nodig? Is daar nie effektiewer maniere, wat ons dalk by suksesvolle maatskappye kan gaan leer, om kerke te bestuur en om lidmate deel van die sisteem te hou nie? Dis byvoorbeeld n feit dat ouderlinge (om nou maar by hulle te bly, want vandag se preek raak veral húlle werk) by al hoe meer lidmate sukkel om afsprake vir huisbesoek te kry en dis nie net hier in ons gemeente nie, maar ook wyer, n tendens. By party huisgesinne is dit te verstane: mense is baie besig en het bitter min beskikbare tye. By ander is daar dalk iets dieperliggends, iets van n weerstand teen hierdie ander mens wat in my huis en lewe wil inkom om met my te praat oor iets wat tog my persoonlike saak is, naamlik my verhouding met die Here! Maar dis nie vir ons om te besluit wat die effektiefste manier is waarop die Here se kerk se sake georganiseer moet word nie; die Hére besluit daaroor, en het in Sy Woord vir ons gesê hoe Hy dit gedoen wil hê. En hopelik ís mense se godsdiens n diep persoonlike saak tussen hulle en die Here, maar dis nie waar dit eindig nie; want daardie Here met wie ons dan die diep persoonlike band het, het dit duidelik gemaak dat Hy Sy skape deur mense wat Hy na hulle toe stuur, geestelik wil versorg. Kom ons kyk vanoggend na hierdie feit: dat die Here Sy skape deur mense wat Hy daarvoor stuur, wil versorg. Ons kyk 1. wie die opdrag kry; 2. wat die opdrag behels; 3. wat dit vir die skape te sê het. 1. WIE DIE OPDRAG KRY Die Here Jesus is hier waar Hy na Sy opstanding uit die dood uit aan n klompie van die apostels verskyn, spesifiek met Petrus besig - Petrus wat Hom, die aand voor Sy kruisiging skandelik verloën het;

3 - wat drie keer in die openbaar ontken het dat daar enige band tussen hom en Jesus is. Nou wás daar al, kort na Jesus se opstanding uit die dood uit, n persoonlike verskyning van Jesus aan Petrus, waar Hy so kan n mens aanvaar die band tussen hulle twee heel gemaak het. 1 Maar Petrus se verloëning het waarskynlik ook skade gedoen aan sy aansien by die ander apostels en dalk selfs by ander gelowiges wat daarvan gehoor het; en daarom herstel die Here Jesus ook vir Petrus as apostel en as die aanvanklike leiersfiguur onder die apostels, 2 openlik voor getuies in sy amp. Vir elkeen van die drie kere wat hy Jesus verloën het, 3 moet hy nou voor die ander apostels wat daar teenwoordig is, sy liefde vir die Here bely. 4 En in hierdie proses gee die Here vir hom hierdie opdragte wat ons gehoor het: laat My lammers en my skape wei, en pas hulle op. Maar nou moet u goed verstaan dat dit nie net Petrus se persoonlike opdrag was nie. Behalwe dat dit onmoontlik vir een mens sou wees om al die Here se skape op te pas, het Petrus as aanvanklike voorloper en woordvoerder van die apostels, ál die apostels verteenwoordig en is die opdragte wat hý kry, hulle álmal se werk. Maar selfs die twaalf apostels kon hiérdie spesifieke opdragte, oor die versorging van die Here se lammers en skape, nie volledig uitvoer nie; - die kerk het so vinnig en so wyd uitgebrei dat hulle twaalf onmoontlik op al die plekke waar daar Christelike kerke was, aandag aan al die gelowiges en hulle kinders kon gee; - en in elk geval sou hulle mos nie vir altyd hier op aarde lewe nie, sodat hierdie werk na hulle dood noodgedwonge deur ander mense gedoen moes word. En hierdie ander mense, wat hierdie deel van die apostels se taak om die skape en lammers te versorg geërf het, is die ouderlinge. Die ouderlinge, wat in alle kerke behoort te wees, 5 is soos herders wat vir die skape moet sorg. 1 Luk 24:34; 1 Kor 15:5 2 Vgl bv Luk 22:32; Hand 2:14 3 Bv Mat 26:69-75 4 Om die Here se werk te kan gaan doen, moet daar (eers) liefde in jou hart vir die Here wees. 5 Hand 14:23; 1 Tim 3:1-7, 15; Tit 1:5.

4 o Vir die ouderlinge in Efese het die apostel Paulus gesê: Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg 6 o En hierdie einste Petrus, wat homself n mede-ouderling noem, skryf in sy eerste brief vir die ouderlinge: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is 7 Die opdragte waarvan ons dan in hierdie verse hoor, is vir die apostel Petrus gegee, en deur hom vir ál die apostels, en van hulle af het dit oorgegaan op die ouderlinge in die kerk. 2. WAT DIE OPDRAG INHOU In hierdie gesprek met Petrus gee die Here Jesus drie opdragte: - Laat my lammers wei. 8 - Pas my skape op. 9 - Laat my skape wei. Om lammers en skape te laat wei, beteken om te sorg dat hulle kos het, sodat dié wat klein is, kan groei, en dié wat al groot is, sterk en gesond kan wees. Die kinders van die Here klein en groot moet met die Woord van die Here gevoed word: - die Woord moet vir hulle geleer word, sodat hulle dit ken; - die insig en die wysheid daarin, en die perspektiewe wat dit gee, moet vir hulle deurgegee word; - met die vermanings en waarskuwings daarin moet hulle op die regte pad gehou word; - met die troos en bemoediging wat daarin vervat is, moet hulle opgetel word. Die lammers en skape moet laat wei word... En om die skape op te pas, beteken om álles vir hulle te doen wat n herder vir sy skape doen. 6 Hand 20:28 (AV 1933/53) 7 1 Pet 5:1-2 (AV 1933/53) 8 βοςκω 9 ποιµαινω

5 In die Ou Testament is daar n hele paar gedeeltes wat beskryf wat n herder alles vir sy skape doen en behoort te doen. 10 In Esegiël 34 hoor ons byvoorbeeld dat herders vir die skape moet sorg, dat hulle die swakkes moet help, die siekes moet dokter, die wonde moet versorg van dié wat seergekry het, dié wat weggedwaal is, moet terugbring, dié wat weggeraak het, moet soek. 11 Petrus en die ander apostels en die ouderlinge moet dus kyk dat God se kinders geestelik op die regte pad is, en - as hulle verkeerd begin dink en glo en leef, hulle reghelp; - as hulle begin twyfel of kleingelowig raak, hulle help om weer sterk te word en vas te staan in die geloof; - as hulle deur medegelowiges seergemaak is, help dat daar vrede en versoening kom, ens. Pas die skape op. Let op dat die Here Jesus nie net die volwasse lidmate gehelp wil hê nie, maar ook die kleineres, die dooplidmate die lammers in die kudde. En let op dat Hy hier nie maar net sê dat daar vir die kúdde gesorg moet word nie, maar vir die lammers en die skape. Dit wys op die individuele sorg. Dis nie maar net die gemeente as geheel wat geestelik versorg moet word nie, maar die afsonderlike skape en lammers. Soos die herders van destyds vir elke skaap en lammetjie n naam gehad het 12 en vir elkeen individueel omgegee het, so moet daar aan elke lidmaat, klein en groot, se spesifieke geestelike nood en behoeftes aandag gegee word. En let op dat die skape en lammers vir wie herderlik gesorg moet word, die Hére s n is. Hy praat elke keer van My lammers, My skape, My skape. 10 Bv Ps 23; Jer 3:15; 23:2-4; Eseg 34 11 Eseg 34:2, 4, 16 12 Joh 10:3

6 Dis n geweldige woord vir ouderlinge: - broers, die Here vertrou Sý skape aan julle sorg toe. Natuurlik beteken dit nie dat ons ooit die plek van die Here Jesus in die lewe van hierdie skape en lammers moet probeer inneem nie. Ons geestelike sorg vir hulle beteken juis dat ons hulle altyd moet wys op hulle ware Herder, die Here Jesus Christus, 13 sodat die Heilige Gees, wat in God se kinders woon en hulle aan Christus vasbind, ons werk kan gebruik om hulle na Hóm toe te vat, wat Sy lewe aan die kruis vir hulle afgelê het, sodat hulle sondes vergewe kan word, hulle met God versoen kan wees en hulle die ware lewe die ewige by God kan kry Laat hulle wei. Pas hulle op. Dís die opdrag waarmee die Here eers die apostels en later die ouderlinge na Sy mense toe gestuur het. 3. WAT DIT VIR DIE SKAPE TE SÊ HET Kom ons begin waar die vorige punt geëindig het. Hierdie opdragte van die Here sê vir elke gelowige én vir gelowiges se kinders dat jy die Here s n is: - jy is Sý skaap, Sý lammetjie. Jy behoort nie aan die ouderling nie, en jy behoort nie aan die predikant nie, en jy behoort ook nie aan die kerk in die sin dat die kerk een of ander spesiale houvas op jou het nie. Jy is die Here s n. Jou godsdiens is in die eerste plek n diep persoonlike saak tussen jou en jou ware Herder, die Here. As daardie persoonlike deel nie daar is nie, is jy geestelik dood. 13 1 Pet 2:25; Joh 10:11 e.v.

7 Maar daar eindig dit nie. Dáárdie Here, wat jy sê dat jy ken en vir Wie jy volg, het dit goedgedink om vir gewone mense, wat ook sondaars is en gedurig vergewing nodig het, die gawes daarvoor en opdrag daartoe te gee om jou geestelik te laat wei en op te pas. Hy t nie een van ons gevra of ons dink dis n goeie idee nie. Hy t dit besluit en ons beveel om dit so te doen. Wie sal in elk geval beter as Hy met Sy volmakte liefde vir Sy lammers en skape weet wat vir hulle die beste gaan werk?! Hy t ook vir ons die vereistes gegee waaraan mense wat hierdie werk moet doen, moet beantwoord (byvoorbeeld in 1 Tim 3:1-7), sodat ons in die kerk die soort mense as ouderlinge kan aanwys wat Hý wil gebruik. U groot Herder stuur onder-herders om u volgens Sy opdrag geestelik te laat wei en op te pas. En as die Here dan wil hê dat ons deur ouderlinge geestelik versorg moet word, dan sê dit vir ons dat ons onsself én ons kinders beskikbaar moet stel vir hierdie werk wat hulle doen, en dan moet ons hulle, met hulle lering en vermanings en vertroostings en aanmoedigings ontvang as gestuurdes van ons Here. Daar s selfs situasies wanneer ons die ouderlinge móét laat kom om vir ons te bid. 14 Ons kan nie vir ouderlinge sê: Wat het jy met my geloofslewe te doen? nie. Die Hére stuur hulle dan om ons geestelik te laat wei en op te pas. Onthou die opdrag van die Here in Hebreërs 13:17: Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie En onthou wat die Here Jesus gesê het en wat in Johannes 13:20 opgeteken is: 14 Jak 5:14

8 -... wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My In n regte kerk is daar ouderlinge, deur wie die Here Sy lammers en skape laat wei en oppas AMEN