Mark 9:14-29 Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind. Desember 2012
Ps-vooraf Ps 63: 1, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Helige Gees Amen. Lofprysing Ps 9: 1, 7, 9, 10 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 19: 4, 6 1
Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 119: 11, 12 2
Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 9:14-29. Psalm as antwoord op die Woord Ps 18: 3, 9 Ons Fokus op 9:21-29 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes in Mark 9:14-29 ontmoet ons Jesus op sy lydingsweg. Opmerking Want dit is mos waarop Markus fokus van Mark 8:31 af. En ons het al heelwat daaroor geleer in Mark 8:31. En ook in Mark 9:10-13. En as die HERE wil gaan ons volgende week in Mark 9:30-32 weer daarby stilstaan. ************* Ja in Mark 9:14-29 ontmoet ons Jesus op sy lydingsweg. Maar dis ie al nie. Ons ontmoet ook n pa met sy arme seun wat demoon-besete. 1 En dis waaroor dit gaan in Mark 9:14-29. Dit gaan oor: Jesus op sy lydingsweg... en n pa met n besete kind. 1 Vgl Mark 9,14-22.docx 3
En verlede week kon ons sien hoe verskriklik hierdie pa se krisis is. En dit moet ons aangryp Dit moet met ons praat. Terugblik Want hoe verskriklik moet dit net nie wees nie as jy en jou kind vasgevang sit in die lewensvernietigende slawerny van Satan en sy demoon. Opmerking Soos vers 17-22 vertel. Maar dan wanneer Jesus... die ware Christus die Enigste Een met mag om gevangenis uit die kerker van Satan uit te lei... soos Jes 42:7 oor die Christus profeteer en soos Jesus Homself van Mark 1:14 af openbaar. Ja... as hierdie Jesus dan by jou kom Om dan te twyfel in Hom. Hoe verskriklik moet dit net nie wees nie! Ja... jy sit in die skrikwekkendste slawerny. Maar wanneer die Enigste Verlosser by jou kom dan vertrou jy nie op Hom nie. Gevolgtrek Nou... dit is die krisis van die pa. Hy s deel van n ongelowige geslag. En daarby sit hy saam met sy seun vasgevang onder die slawerny van Satan. 4
Sonder Christus en sonder hoop. Opmerking Soos vers 17-22 vertel. Maar meer nog: Wanneer jy soos hierdie pa deel is van n ongelowige geslag dan s jy ook onder die oordeel van Christus. So t ons verlede week in vers 19 geleer. Bewys Dis daar in vers 19 waar Jesus vir die pa sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra?... Verduidelik 2 Woorde wat sê: Daar kom n tyd dat Jesus nie meer by die ongelowiges gaan wees nie. Maar teen hulle... in ondraaglike oordeel. Bevinding En dit moet ons aanspreek geliefdes. Laat ons tog nie besig wees met hierdie pa se sonde van ongeloof nie! *********** Maar weet u: En dit kon ons ook verlede week leer. In vers 19 is ook genade. 2 Vgl Mark 9,14-22.docx 5
Verduidelik 3 Want as Jesus vra: hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra?... dan sê Jesus ook: Daar s nog tyd. Vir eers bly die oordeel nog uit. ***************** En nou sit in hierdie tyd... hierdie genade-tyd die tyd waarin ek en u ook nou vandag leef dat Jesus wonderlik verlossend aan die werk is om sy kerk te red uit die ongelowige geslag. Ja... ons te red uit die sonde van ongeloof. En daarby... ook te red uit Satan se slawerny. Bewys En ons weet dit... want die Bybel leer ons so. Petrus leer dit bv vir ons in Hand 3:26 as hy daar sê dat God Jesus eers na (ongelowige Israel 4 ) gestuur het om sy uitverkore kerk sy in Israel te seën deur elkeen van sy boosheid van ongeloof te bekeer. En na sy hemelvaart 5 is Jesus steeds daarmee besig. Maar nou nie net onder ongelowige-israel nie. Nee! Nou is Jesus besig met sy Woord deur sy Gees 6 3 Vgl Mark 9,14-22.docx 4 Vgl Grosheide se KV op Hand vol 1 bl 59 5 Hand 3:26 sien op die bekeringswerk van Jesus ten eerste in Israel ook voor Jesus se hemelvaart (Grosheide se Hand komm vol 1 bl 121). 6 Sondag 21 v/a 54. 6
om sy uitverkore-kerk te verlos uit die ongelowige mensdom reg oor die wêreld... ook hier by ons vanoggend. Ja Jesus is besig om ook ons te red uit die sonde van ongeloof. En daarby... ook uit Satan se slawerny. En dis waarop ons nou gaan fokus wanneer ons in vers 21-29 gaan stilstaan by: Jesus se verlossing van die pa En agterna: Jesus se les vir sy dissipels. Ja ons gaan meer leer oor hoe Jesus sy kerk verlos uit die sonde van ongeloof. En daarby... uit Satan se slawerny. Toepassing En laat ons dan gelowig luister. Laat ons Jesus soek wat ons verlos uit ongeloof. En daarby... uit Satan se slawerny. *************** Maar goed. Kom ons begin meer daaroor leer. 1. En ons begin by Jesus se verlossing van die pa in vers 21-27. A. En Jesus neem sy eerste stap met sy vraag in vers 21. Gedagtestruktuur Dis na die pa in vers 17-18 vir Jesus vertel het van die demoon wat lewensvernietigend in sy seun heers. En dat die dissipels nie die demoon kon uitdryf nie. Dis ook na Jesus in vers 19 vir die pa begin wys het 7
dat sy grootste krisis nie die demoon is nie. Ook nie die dissipels wat hom nie kon uitdryf nie. Maar die feit dat die pa deel is van die ongelowige geslag. 7 Nou daarna het Jesus in vers 19 die pa beveel om die seun na Hom toe te bring. Maar dadelik het die demoon aaklig gemanifesteer. Bewys Vers 20 vertel dat die (demoon die seun) dadelik stuiptrekkings laat kry (het), en (dat die seun) op die grond neer geval (het) en rond (gerol het) met skuim in die mond. ************** Dis toe dat Jesus in vers 21 vir ie pa gevra het: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En dan sit met hierdie vraag dat Jesus sy eerste stap neem om die pa uit ongeloof te verlos. Want met hierdie vraag breek Jesus hierdie pa se hart oop sodat hy met sy eie woorde begin praat oor sy ongeloof. Verduidelik Want kyk net wat gebeur. Jesus vra: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En dan antwoord die pa in vers 21-22 met: Van sy kindsdae af; en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, 7 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 202 8
ontferm U oor ons en help ons. En nou sit in hierdie laaste woorde dat ons die pa se ongeloof raaksien as hy sê:... Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons. Want so sê die pa eintlik: Ek twyfel in jou, Jesus. Jy is die een wat wonders doen demone uitdryf. Die dinge doen wat die profete gesê het die Christus sal doen. Maar ek twyfel in jou. Ja ek sit onder die tirannie van Satan. En jy doen alles wat wys dat jy die enigste Verlosser is. Maar ek kan net nie vertrou nie. Ja... as jy kan... help ons! Maar ek twyfel of jy regtig die mag het om te kan... 8 Gevolgtrek Sien u wat doen Jesus se vraag? Jesus breek hierdie pa se hart oop om openlik te praat oor sy twyfel en ongeloof. ************* 8 ει τι δυνασαι βοηθησον ημιν σπλαγχνισθεις εφ ημας ει +praes ind akt + aor imperat akt = eerste klas voorwaarde sin (Greek grammer beyond basics bl 689). Hierdie soort voorwaarde sin het die betekenis van as u iets kan doen... en ek neem aan U kan... maar tog is ek nie seker nie... help dan vir ons... (Greek grammer beyond basics bl 690-693; Stein se Mark komm bl 434; Van Bruggen se Mark komm bl 203; Evans se Mark komm bl 52). Gevolgtrek: In hierdie voorwaarde sin bely die pa dus twyfel/ongeloof in Jesus as se vermoë, sy mag in hierdie situasie (vgl ook Evans se Mark komm bl 52; Stein se Mark komm bl 434; Edwards se Mark komm bl 279). Dis heel anders as die melaatse van Mark 1:40, wat met volle sekerheid oor Jesus se mag, sê: As U wil, kan U my reinig. (Van Bruggen se Mark komm bl 203) 9
B. Maar nou los Jesus dit nie daar nie. Nee dadelik neem Jesus die tweede stap waarmee Jesus die pa nou reguit wys op sy sonde van ongeloof. Daarom dat Jesus in vers 23 vir die pa sê: Wat dit betref as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. Verduidelik 9 En met hierdie sin wat Jesus begin met: Wat dit betref sê Jesus vir ie pa: Wat dit betref maw wat jou woorde van nou-net betref toe jy gesê het: as U iets kan doen... help ons. Weet jy of Ek kan is nie die groot isue nie. Want Ek het die mag om te kan. 10 Want Ek is die Christus in mag die Seun van God. So ja dit gaan nie oor of Ek kan nie. Want Ek is die Christus in mag om te kan. 9 το ει δυνασαι πιστευσαι Die το word hier gebruik om dit wat Jesus nou sê as n sterk verklaring/stelling te beklemtoon (Greek grammer beyond basics bl 237). Jesus gebruik die το egter ook om dit wat Hy nou sê baie sterk te koppel aan die direkte woorde (ει τι δυνασαι) wat die pa nou net in 22c-d gebruik het (Greek grammer beyond basics bl 238). Die OAV vertaling vertaal met die το met: Wat dit betref... Ek dink mens kan ook die το parafraseer met: met betrekking tot dit wat jy nou net oor kan of inherente vermoë of krag gesê het... (Greek grammer beyond basics bl 238; Van Bruggen se Mark komm bl 203). 10 Jesus se wonderwerke, wat Hy nou al doen van Mark 1:14-8:26 af, en wat hierdie pa moes van kennis geneem het was, word δυ ναμις genoem en is n duidelike openbaring van Jesus se mag / sy kan / sy inherente vermoë (δυνασαι) ook in hierdie situasie (TDNT vol 2 bl 301-302; NIDNTT vol 2 bl 601,603). Met die wonderwerke van Jesus (sy δυ ναμις) verkondig Jesus ook dat Hy die ware Christus in krag is (NIDNTT vol 2 bl 603) Jes 9:5; 11:2; Miga 5:4; Ps 110:1-2 oor wie die OT profete geprofeteer het (Jes 29:18; 35:5-6; 42:6-7,22; 61:1-2; Mat 11:1-5) (TDNT vol 2 bl 299). Gevolgtrek: In 22c wys die pa vir ons sy twyfel/ongeloof in Jesus as die Christus in mag soos die OT oor Hom profeteer en soos Jesus duidelik met sy prediking en wonders tot dus ver gewys het. 10
Die vraag is of jy kan glo in My of jy kan vertrou op My. Want alle dinge is moontlik vir die een wat glo. ************* Ja dis wat Jesus vir hierdie pa sê as Jesus in vers 23 vir hom sê: Wat dit betref as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. Dit gaan nie oor of Jesus kan nie. Dit gaan oor of die pa kan glo in Jesus. En so is Jesus besig om vir hierdie pa te wys op sy sonde van nie-vertrou-nie. Verduidelik 11 Ja... Jesus wys vir hierdie pa dat hy met sy ongeloof-sonde besig is met die selfde sonde as waarmee Adam en Eva besig was toe hulle in die Paradys gesondig het. Want na Satan vir Adam en Eva verlei het vir hulle in Gen 3:5 gesê het dat hulle soos God kan wees as hulle ongehoorsaam aan God word wou hulle God nie meer ernstig opvat nie. Hulle wou God nie meer glo nie. Hulle wou nie meer op God vertrou nie. Nee! Hulle wou los van God hulle eie gode wees 11 Vgl Reformation studdy Bible bl 13; Waltke, An OT theology bl 263; Waltke se Gen komm bl 103; Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek vol 1 bl 539, vol 3 bl 87-88, vol 4 bl 76. 11
wat op hulself vertrou. ************** En met hierdie selfde sonde is die pa besig as hy in ongeloof twyfel in Jesus. Want met sy ongeloof wys hy dat hy nes Adam los van Koning Jesus los van die Christus los van die Seun van God wil staan. En nes ie res van Adam se die ongelowige geslag sy eie god wil wees vol selfvertroue wat in Jesus twyfel. Maar dan sie krisis dat jy deel is van die ongelowige geslag onder die oordeel van Christus. En nie deel is van die gelowige-kerk by Christus wat deel in Christus se verlossing nie. ************** Toepassing En nou moet hierdie sonde ons aangryp... geliefdes. Want is hierdie nie ook my krisis... en u krisis nie? Is ons nie van nature mense wat los van God en van Christus ons eie gode wil wees nie? Mense wat ongelowig... sonder vertroue... self in beheer wil wees van ons lewens? Ja... Ons is! Dis hoe ons elkeen van nature is. 12 12 Vgl Sondag 2-4 12
En nou kom wys Jesus ons vanoggend op hierdie sonde. Hierdie sonde wat ons deel maak van die ongelowige geslag in opstand teen Christus. Maar ook onder die oordeel van Christus. ************** C. Maar weet u: As Jesus besig is met die verlossing van hierdie pa wys Jesus hom met vers 23 nie net op sy sonde nie. Opmerking En dit bring ons as te ware by n derde stap in Jesus se verlossing van die pa. Want met hierdie selfde vers 23 verkondig Jesus ook die blye boodskap van verlossing wat sê: alle dinge is moontlik vir die een wat glo. Verduidelik En dadelik moet ons sê: Jesus is nie besig om hier te verkondig dat geloof n soort tower-krag is waarmee die een wat glo alles kan kry wat hy of sy wil hê nie. 13 Nee! Dis die dwaalleer van baie charismatiese predikers en voorspoed-teologie-predikers. Voorbeelde Een van hulle Fred Price leer bv dat as ek n Rolls Royce wil hê moet ek die geloofs-krag hê 13 Vgl Ridderbos, De komst van het KK bl 114; Van der Walt, Die Messias het gekom, bl 197-199; Van Bruggens se Mark komm bl 130; Edwards se Mark komm bl 280. 13
om n Rolls Royce te kry. As ek by God kom met net n fiets-geloof kan ek nie verwag om n Rolls Royce te kry nie. 14 n Ander een Kenith Hagin leer bv dat ons vertroue in ons geloof moet kry en vermeerder. Want geloof is die mag waarmee ons dinge kan verkry. 15 Hulle sal ook leer dat ons nie moet bid en vir God sê: laat U wil geskied nie. Nee! Dit wat jy met jou vaste-geloof spreek dit sal jy kry. En daarom moet jy nie bid: HERE, laat u wil geskied nie. 16 Want dan wys jy dat jy eintlik nie vertroue het dat jou geloof vir jou alles wat jy wil hê moontlik maak nie. *************** Maar dis nie wat Jesus in vers 23 leer nie. Dis n Godslasterlike dwaalleer. En ons moet bedag wees daarop. Want ons kry dit in Christelike tydskrifte en boeke en televisie programme en kanale soos TBN. 17 14 Vgl Macarthur, Charismatic Chaos, bl 349. 15 Vgl Macarthur, Charismatic Chaos, bl 346. 16 Vgl Macarthur, Charismatic Chaos, bl 348-349. 17 Vgl Macarthur, Charismatic Chaos, bl 347. 14
So... laat ons dit tog duidelik weet: Wanneer Jesus hier in vers 23 die Evangelie verkondig dat alle dinge moontlik is vir die een wat glo dan leer Jesus nie dat geloof n soort mag is waarmee ek alles kan kry wat ek wil hê nie. Verduidelik 18 Nee, die geloof waarvan Jesus praat in vers 23... Is geloof waarmee ek my sonde besef van om los van God en los van Christus self my eie god te probeer wees vol selfvertroue. Dis geloof waarmee ek berou het oor my sonde. Dis geloof wat besef dat ek niks kan doen om myself te bevry uit die ongelowige geslag nie en uit die slawerny van Satan nie. Dis geloof wat besef: Ek kan my self nie red met my eie geloofskrag nie. Dis geloof wat daarom in swakheid vertrou op Jesus wat waarlik die Christus die Seun van God is met almag om te red. Daarom is dit geloof wat weet dat alle dinge vir Jesus moontlik is. Want by God is alle dinge moontlik. En dis wie Jesus is Hy is Immanuel Hy is God met ons. Daarom is dit geloof wat wegdraai van enige vertroue op iets in my. Dis geloof met absoluut geen selfvertroue nie. Maar alleen vertroue op Jesus by wie alles moontlik is terwyl ek weet en bely hoe geneig ek is om my eie god te wees en op my self te wil vertrou in plaas van op Jesus. ************** 18 Vgl Ridderbos, De komst van het KK bl 114; Van der Walt, Die Messias het gekom, bl 197-199; Van Bruggens se Mark komm bl 130; Edwards se Mark komm bl 280 15
D. En weet u: Nou sie wonder dat Jesus hierdie pa met sy kragtige Goddelike Woord waarmee die sonde uitwys... en die Evangelie preek uit die ongelowige geslag losruk... en hierdie ware geloof in hom opwek. 19 Opmerking En ons sou kon sê: dis ie vierde stap in die verlossing van hierdie pa. En ons sien dit as ons van vers 23 na vers 24 gaan. Want kyk wat sê vers 24: En dadelik (dis nou net na Jesus die pa op sy sonde gewys het en die Evangelie verkondig het) roep die vader... met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Verduidelik 20 Sien u dit? Jesus het hierdie pa verlos uit die ongelowige geslag! Want kyk! Hy t nou ware geloof. n Ware-geloof wat sy sonde van nie-vertrou-nie besef. En dit bely Maar ook n ware-geloof wat met vertroue vasgryp aan Jesus die Christus-in-mag... die enigste Verlosser... by wie alles moontlik is vir die een wat glo. 19 Sondag 7 v/a 21; Sondag 21 v/a 54; Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 204. 20 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 204; Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek vol 1 bl 539. 16
Daarom dat die pa met trane dit uit skreeu: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! ************** En dan is hierdie geloof nie die aaklige selfvertroue wat baie charismatiese predikers verkondig nie. Die aaklige selfvertroue wat van geloof n mag probeer maak waarmee ek alles wat ek wil by Jesus wil afpers. Nee! Hierdie pa gryp met n ware geloof aan Jesus vas terwyl hy besef en bely hoe hy nog worstel met die sonde van ongeloof in Jesus... en vertroue op homself. 21 Maar tog gryp hy... al is dit met swakheid... in geloof aan Jesus vas. Aan Jesus by Wie alles moontlik is vir die een wat glo al worstel jy nog met ongeloof. 22 ************** Selfondersoek En so verlos Jesus hierdie pa... uit die ongelowige geslag. Maar nou sie vraag: Is ek en u al so verlos? Het Jesus al verlossend in ons kom werk? Het ons al besef dat ons grootste sonde-krisis is dat ons los van Christus wil staan... omdat ons van nature deel is van Adam en sy ongelowige geslag wat nes Adam... gehoorsaam geword het aan Satan se leuen dat ons soos God kan wees... 21 Vgl Edwards se Mark komm bl 280. 22 Vgl Cole se Mark komm bl 221. 17
en dan nie meer op God wil vertrou nie... maar self God wil wees... met vertroue alleen maar op myself? Het Jesus ons al op daardie punt gebring dat ons hierdie sonde-krisis besef. En besef dat dit ons vyande van Jesus maak en onder sy oordeel bring? Het Jesus ons al op daardie punt gebring dat ons met trane dit uitroep... soos hierdie pa dat Jesus ons tog sal kom verlos van ons ongeloof? Besef ons dat Jesus dit vanoggend doen met die woorde van Mark 9:14-29! ************** Geliefdes... kom ons besef dit! Laat ons tog nie vandag Jesus se roepstem verag nie. Kom ons gaan daarom na Jesus toe. Kom ons bid soos hierdie pa... met sy woorde in vers 24: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Troos Want weet u: Wanneer ek so na Jesus gaan... dan kan ek weet: Ek is deel van Jesus se kerk wat God voor die grondlegging van die wêreld uitverkies het. Deel van Jesus se kerk vir wie Hy kom verlos. 18
Dan kan ek weet: Jesus se woorde in Joh. 6:37 is ook vir my. Daar waar Jesus sê: Al(mal) wat die Vader My gee (in die uitverkiesing 23 ), sal na My toe kom (omdat Ek geloof in hulle opwek 24 ); en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. *************** E. En dan? Wel... dan is ons deur die geloof by die Christus. Dan is ons nie meer deel van die ongelowige geslag nie. Maar n kinders van God. Bewys Want almal wat (vir Jesus) aangeneem het so hoor ons in Joh. 1:12 aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word... Deel te word van Jesus se gelowige broers en susters vir wie Jesus alles moontlik maak. Soos Jesus beloof in vers 23. En daarom hierdie pa... en ook vir ons... bevry uit Satan se slawerny. 25 Opmerking En dis Jesus se vyfde stap in die verlossing van die pa. 23 DL 1:7 24 Joh. 6:44; Sondag 21 v/a 54. 25 Vgl Groenewald se Mark komm bl 227 19
Vers 25-27 vertel daarvan...as it sê: En... Jesus... het... die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie. En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood. Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan. Verduidelik Sien u Jesus se almag. Sy verlossingsmag... Sy bevrydingsmag. Sy mag waarmee Hy alles wat God vir ons beloof vir ons moontlik maak. 26 *************** Nou ja... en dit alles... geliefdes vertel vir ons van Jesus se verlossing van die pa. Jesus verlos hierdie pa uit die ongelowige geslag. Want Jesus bring hierdie pa tot n ware geloof. En daarby verlos Jesus hom en sy seun uit Satan se slawerny. 26 Vgl Pop, Bijbelse Woorden en hun geheim bl 196; TDNT vol 3 bl 55; Ridderbose se KV op Mat vol 1 bl 130-131; Ridderbos, de Komst van het koninkrijk, bl 104-105 20
Ja... dis die verlossing van die pa. 2. Maar nou s daar n baie belangrike les... in vers 28-29 vir die dissipels... agterna. Opmerking En dis ons tweede hoofpunt waarmee ons ook nou gaan afsluit. ************ Nou... in vers 28 is die dissipels aan die woord. Dis na al die gebeure rondom die pa en sy seun. Hulle is êrens saam met Jesus alleen in n huis. En dan vra hulle vir Jesus: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? Verduidelik 27 Ja... waarom kon net U en nie ook ons die demoon uitdryf nie? **************** En dit moes seker iets gewees het wat die dissipels gepla het. Bewys 28 Want in Mark 3:15 al hoor ons dat Jesus vir sy dissipels mag gegee het om siektes te genees en die duiwels uit te dryf. 27 Met ημεις plaas die dissipels klem op hulself. Dis asof hulle hiermee sê: Waarom kom U die demoon uitdryf maar ons nie? (Greek grammer beyon basics bl 321). 28 Vgl Grogan se Mark komm bl 174 21
So... ja... n mens kan hierdie vraag van die dissipels verstaan: Waarom kon (net U en nie ook) ons hom... uitdrywe nie? *************** En dan kom Jesus se antwoord in vers 29: Hierdie geslag (of hierdie demone 29 ) kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie. En weet u: met hierdie antwoord leer Jesus sy dissipels maar ook vir ons... n baie belangrike les. En dis die les dat ons nie net een keer in ons lewens... soos die pa in vers 24... dit met trane moet uitroep: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Nee! Dit moet vir ons in alle erns... ja heilige erns... n lewenswyse word. Verduidelik Want deur ons hele lewe het ons Jesus nodig. Altyd en oral en in elke lewensituasie moet Jesus ons Enigste Verlosser wees. Want nooit ooit kan ons op ons eie staande bly teen die aanslae van die wêreld en Satan en sy demone nie. Nee... Jesus moet altyd... van oomblik tot oomblik ons Verlosser wees aan wie ons vasgryp deur die geloof. 29 το γενος onsydige naamwoord. Omdat dit onsydig is kan die antesedent nie γενεα απιστος wees nie. γενεα απιστος is tog ml. Dit lyk dus eerder asof die antesedent die το πνευμα το αλαλον και κωφον is, wat ook onsydig is. Die konteks van 28b sê dit ook (vgl Evans se Mark komm bl 53; Stein se Mark komm bl 435). 22
Die dissipels het dit vergeet... toe die pa met sy seun by hulle gekom het. 30 Hulle het vergeet alles is moontlik alleen by Jesus. En dat ons deur die geloof alles alleen van Jesus moet verwag Ook en veral in ons stryd teen Satan en sy demone. En nou leer Jesus dit vir hulle... en vir ons... in vers 29. Ja... deur sy Woord bekeer Jesus ons... en leer Jesus ons: Leef deur die geloof. Leef met die besef van ons eie sondigheid en swakheid en nietigheid. En gryp deur die geloof aan Jesus vas... altyd. Daarom dat Jesus in vers 29 sê: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie. Verduidelik 31 Want gebed... is geloof aan die woord. Gebed is geloof wat met trane uitroep: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Ek glo Here... maak die beloftes van u Koninkryk die beloftes van verlossing vir my n werklikheid in elke oomblik van my lewe! En weet u: Jesus is ontsettend ernstig hieroor. Daarom praat Hy nie net van gebed nie... Maar ook van vas. 30 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 205; Grogan se Mark komm bl 174 31 Vgl TDNT vol 2 bl 803-804 23
Verduidelik 32 Want HERE se bedoeling met vas... en sonder kos bly is dat jy daardeur die swakheid van jou menswees moet besef. En dan soveel meer jou self in nederige geloof... aan Jesus oorgee en alles van Hom verwag. ****************** Slot Geliefdes... in Mark 9:14-29 ontmoet ons Jesus... op sy lydingsweg. En n pa... wie se kind besete was. En in alles wat hier gebeur leer ons Jesus ken as die Een wat sy kerk kom verlos uit die ongelowige geslag en daarby... uit Satan se slawerny. En as die Een wat sy kerk baie ernstig oproep om n lewe te leef van geloof alleen in Hom. Bevinding **************** Is u deel van hierdie kerk... geliefde? Is u...? Weet u: Ons kan dit weet... seker weet wanneer Jesus ons deur sy Gees dag vir dag in ons sondigheid en swakheid en nietigheid... weer en weer biddend laat uitroep: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Amen. Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord Ps 18: 3, 9 32 Vgl TDNT vol 4 bl 928,932; a Brakel, Het redelijk Godsdienst vol 2 bl 491-493 24
Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 66: 1, 6, 7 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 40: 3, 4, 5 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 25