Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Σχετικά έγγραφα
Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die genade gawes Van God:

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

1 TESSALONISENSE 1:3

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Die krag / vuur van God:

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Die Sendbrief van Jakobus

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

ישוע. familieboom van Jesus

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Deur Christus Alleen

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

REFORMASIE. Martin Luther

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

deur CARIKA DU PLESSIS

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

bab.la Φράσεις: Προσωπική Αλληλογραφία Ευχές ολλανδικά-ολλανδικά

Vir meer inligting besoek ons webwerf by

Transcript:

Tema: Twee is so sterk soos drie. God Drie-enig gryp in, in jou en ons lewe!. Skrifgedeelte: Prediker 4:7 12 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 22 Januarie 2012 Prediker 4:7 12 7 8 9 10 11 12 Ek het in hierdie wêreld nog meer gesien wat tot niks kom nie: daar was n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge? Ook hier kom dit tot niks. Dit bly n harde saak. Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. n Driedubbele tou breek nie maklik nie. Geliefdes, voel jy ook soms so alleen al is jy tussen mense? By die huis is jy saam met jou man en vrou, kinders of ouers, maar jy is tog eensaam? By die kerk sit jy tussen al die baie mense, maar jy voel soos n wese uit die ruimte. In die winkels voel jy of almal net op jou wil trap. By die skool dink jy niemand sien jou raak nie of gee niks vir jou om nie. Aan die anderkant, wat is jou invloed op iemand anders wat dalk so alleen is en voel? Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE EK, GOD DRIE-ENIG, GRYP IN IN JOU EN ONS LEWE! Hoe moet ek die boek Prediker probeer verstaan? Die prediker se benaming in Hebreeus is Kohelet. Die naam Kohelet beteken dat die persoon n kommunikeerder is wat n boodskap moet oorgee. Die Kohelet Bladsy 1

is dus n onderwyser en of n prediker, wat mense leer en iets oordra. Die skrywer was n mens tussen mense. Hy was n persoon wat geweet het hoe Israel geleef het en hoe die wêreld was. Maar bo alles is die prediker deur die Heilige Gees gelei sodat wat hy geskryf het, deel van die Bybel, God se Woord, is. Hierdie wyse mens was n eerlike waarnemer van al die fasette van die lewe en die wêreld. Hy het die verhoudinge van mense dopgehou, en hy het veral die verhouding van die mens met God in die oog gehad. Die prediker is eerlik in sy beoordeling wanneer hy beskryf hoe die mens se lewe is, as dit sonder God is. Sonder God is die mens se lewe: ydel, nietig, onverstaanbaar, gejaag na wind, onregverdig. Die skrywer sien raak wat vir die mens sonder God belangrik is: wysheid, ervaring, arbeidsaamheid, rykdom, eer, mag en reg. Die skrywer se slotsom is dat alles maar hebel is. Hebel is die skyn van waarde, dat iets of iemand sonder die Here, ten diepste waardeloos is, verganklik is en tot niks kom nie. Maar dan, geliefdes, dan kom die prediker met fantastiese openbaringe: Daar ís blydskap in die Here; Doen met vreugde wat voor jou hande is; God is Skepper en Onderhouer van alle dinge; God roep die mens om met Hom in n verhouding te staan en om met die mense rondom jou in n verhouding te staan. Die lewe met God, ís die moeite werd. Wat is Prediker 4:7-12 se oorhoofse tema? Ons moet Prediker 4:7-12 verstaan in die lig van verse 4-6. Die skrywer is besig om met die ouer leermeesters te argumenteer, spesifiek oor hulle beskouing oor werkywer. Klem om hard te werk, is belangrik, maar die rede hoekom jy hard werk is nog belangriker. In verse 4-6 word teenoor hard werk, luiheid veroordeel. Tog, jy kan nie hard werk = maak aan gelukkig wees en geluk kry nie. Nee, wees versigtig as jy iemand aanspoor om hard werk, beklemtoon die regte redes. Wat is Prediker 4:7-8 se boodskap? In vers 7-8 gaan dit juis oor n persoon wat hard werk en rykdom vergaar, maar hy is n eensame werkesel. Hy bereik deur harde werk wel rykdom, maar op n dag vra hy homself af, vir wie? Ek is alleen en deel dit met niemand nie. Ek waardeer nie my lewe nie en ek werk net omdat werk, werk is en omdat ek my finansiële doelwitte wil bereik. Maar wat nou daarvan? so what? Bladsy 2

Geliefdes, hier wil ek myself onderbreek deur u te vra: Onthou jy die preek oor God se Sinergie? Wat beteken Sinergie nou weer? Kom ons lees Romeine 8:28 (AFR1983) 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Hierdie woord vir meewerk, συνεργέω synergeō is die Griekse werkwoord. Die Engelse woord is synergy. Die Griekse synergeo beteken werk saam met, en medewerker. Dit beteken dat twee of meer dinge saam n groter effek het as wat hulle alleen sou hê. Dit beteken dus dat as jy saam met iemand anders iets doen, dan is die effek daarvan baie groter as wat dit sou wees wanneer julle een-een iets sou gedoen het, dat die 1 + 1, maar net 2 sal wees. Nou met sinergie, verbeter dit na 1+1=3 Nou kan ons Pred. 4:9-12 probeer verstaan. Hierdie is n getalspreuk wat in twee gedeel is, aan die begin van vers 9 en aan die einde van vers 12. 9a - Twee vaar beter as een 12b - n driedubbele tou breek nie maklik nie. Nou bewys die Kohelet waarom dit sinloos is om n eensame werkesel te wees en dat dit nog meer sinloos is as alles net om jouself draai. Die waarheid van hierdie spreuk, is dat dit baie voordelig is om n medemens aan jou sy te hê. Die skrywer haal 3 voorbeelde aan. 1. As jy op reis is, veral daardie tyd te voet, is dit baie beter om nie alleen te wees nie. As die een dalk val en seerkry, kan die ander een hom help. Alleen kan jy dalk nie jou bestemming bereik nie, maar wel saam met iemand anders. 2. Ook, as jy op pad is, kan die weer dalk baie sleg wees. Dit kan reën en sneeu. Alleen sal jy heel waarskynlik verkluim en sterf. Met iemand anders by jou, kan julle liggaamshitte mekaar warm hou. Die eerste betekenis hier is dus nie seksuele saamslaap nie, maar mekaar laat oorleef. 3. As jy alleen op reis is, kan die rowers jou oorval. Maar as julle twee saam is, gaan die rowers jou dalk uitlos, want twee is mos saam baie sterker as een. Bladsy 3

Nou kom die sinergie boodskap weer in. Twee is beter as een, n driedubbele tou breek nie maklik nie. Wanneer twee mense saamstaan, dan is hulle so sterk soos drie! Dis mos pas gesê, op reis is twee mense saam baie meer beskerm teen beserings, koue en misdaad. As jy alleen is, is jy soos n enkel tou wat regtig baie gou gaan breek. As jy twee is, dan breek jy glad nie maklik nie en julle saam staan baie sterk. Dus: <TWEE IS SO STERK SOOS DRIE> Die prediker kom en verkondig nou binne die konteks, dat dit baie meer voordeel het om die wêreld saam met ander in te gaan. Jy kan hoe hard werk, alleen, maar jy gaan steeds eensaam bly en voel of niks waarde het nie. Jy kan dalk op jou eie baie eiendom en geld in die bank hê, maar wat beteken dit vir jou alleen? Niks, absoluut niks! In Luk. 12:13-21 word dieselfde boodskap gegee. Jesus sê in vers 15: Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van besittings nie. Dan vertel Jesus die gelykenis van die ryk man wat sy skure al groter bou. Op die ou end sterf daardie alleen maar ryk man, maar dit gee geen voordeel aan geliefdes nie. Dan sê Jesus: so gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie. Hier in Lukas 12 leer Jesus ons dat jy en ek eerste n verhouding met Hom moet hê, met God Drie-Enig moet hê. En as ons n verhouding met God Drie-Enig het, dan sal ons noodwendig ook n verhouding met ander wil hê. Geliefdes, om die rede sê God vandag vir jou: EK, GOD DRIE-ENIG GRYP IN IN JOU EN ONS LEWE! God die Vader het jou gemaak, maar nie laat staan nie. God die Seun het in jou plek aan die kruis gesterf en hel deurgemaak. Jesus Christus verlos jou van jou sonde. God die Heilige Gees woon nou in jou sodat jy kan glo dat Jesus jou verlos. Die Heilige Gees laat jou nou hoor wat vandag se Woord boodskap is. Toepassing in: Persoonlike lewe. Die boodskap is: Jy is swak op jou eie, maar saam met n mede-kind van God, is julle 2 so sterk soos 3. Dan kan julle, julle geloof in God, julle verlossing in Chris- Bladsy 4

tus, julle vervulling met die Heilige Gees soveel meer uitlewe. Moenie so op jou eie aangaan nie. Huwelikslewe. Hier kom nog n som by. geliefde Efesiërs 5:31-32 (AFR1983): 31 Daar staan in die Skrif: Daarom sal n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. 32 Hierin lê daar n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. Letterlik staan hier, dat jy van jou ouers skei en dat jy as man en vrou nou verbind word. Die Engels is join, be unite to, devoted to, attach to. Dit beteken ook om gegom te word. Sjoe, dit is sterk gesê, maar dit is presies wat die Here hier sê: Ek trou julle, Ek verbind julle, julle twee word nou een. Jesus Christus het Sy lewe vir die Kerk en vir julle as getroudes gegee sodat julle ook julle lewe vir mekaar en vir God sal gee. Dan skop die ander som in: 2 getroudes, wat saam 1 is, is so sterk soos 3! Gesinslewe. In die gesin kan elkeen so maklik maar net sy eie rigting ingaan. So gou stry julle en maak mekaar seer. Nee, die huisgesin is die rots waar Christus Sy Kerk op bou. Een-een poer-poer mens maar net aan. Saam is julle reg om die wêreld in te gaan. Kerk So maklik is jy en ek geneig om vir mense weg te skram. Jy sluip die kerk in en verdwyn weer daarna. Of, jy sien niemand anders raak nie, ook nie die een langs jou wie se trane loop tydens die diens nie. Kom ons maak dit een van ons baie belangrike doelwitte: let op mekaar, reik uit na mekaar en trek mekaar nader. So moet ons ook as gemeentes na mekaar uitreik, binne kerkverband en buite kerkverband. Vriendekring... Werk... Gemeenskap... Bladsy 5

Kom ons sluit af: Op jou eie kan jy iets vir die Here doen, maar die invloed en uitwerking daarvan is klein. God drie-enig gryp in, in jou en ons lewe! Saam met geliefdes en medegelowiges, kan jy ook iets doen, dan is julle/ons baie sterker. Dan is julle 2 soos sterk soos 3 en die diens aan God 3 keer soveel groter as wat jy dit alleen sou doen. AMEN. Bladsy 6