NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

1 TESSALONISENSE 1:3

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die genade gawes Van God:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Die Sendbrief van Jakobus

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Die krag / vuur van God:

ישוע. familieboom van Jesus

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

REFORMASIE. Martin Luther

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Vesperdiens vir Palmsondag

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

VOLUME AUGUSTUS 2007

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

deur CARIKA DU PLESSIS

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 15 Ossillasies

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Deur Christus Alleen

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Ned Geref Kerk Waterkloof Geloof Hoop Liefde Sewe doopbakkies by ons deure

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2

Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Transcript:

NAGMAAL SKRIFLESING: Johannes 19:17-30 TEKS: Johannes 19:30 TEMA: Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6 Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2 Skrifberyming 16 (11-3) : 1,, 2, 3, 4, 5, 6 Psalm 40 : 5 Skrifberyming 78 (13-3) By aanvang van tafels: Matteus 11:28 By tafels: Ps 62:2-9 Ps 63:2-9 Ps 65:2-6 Ps 66:8-14 Ps 68:2-7

2 Dis net voordat die Here Jesus sterf. Hy s klaar deur een van Sy eie dissipels uitverkoop aan Sy vyande, soos n misdadiger gevang, skandelik misken deur Petrus, een van die leiersfigure onder die apostels, deur n klug van n klomp verhore, onskuldig ter dood veroordeel, beledig, bespot, gegesel, gespoeg en geslaan, gekruisig, deur ure van ondenkbare liggaamlike pyn en swaarkry, deur die hel van Godverlatenheid En nou, net voordat Hy sterf, voordat Hy Sy gees in die hande van Sy hemelse Vader oorgee, 1 sê Hy hierdie een woord in die Griekse taal, wat in Afrikaans weergegee word met: - Dit is volbring. Dis onder andere iets van n amptelike verklaring van die amptelike Middelaar tussen God en mens, van die Gestuurde, van die Gesalfde: - Dis volbring. = Dis klaar. = Dis afgehandel. = Dis gedoen. Wat is gedoen? In vers 28 staan daar: - alles; - Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: Ek is dors. Alles hier beteken: o Alles wat die Vader en die Seun en die Heilige Gees in die ewigheid al besluit het op hierdie tydstip van die wêreldgeskiedenis deur die Middelaar hier op aarde vir sondaars gedoen moes word. 1 Luk 23:46

3 o Alles wat die hemelse Vader aan Sy Seun opgedra het om vir die sondes van Sy volk te doen toe Hy Hom na hierdie wêreld toe gestuur het. o Alles wat in die Ou Testamentiese bedeling voorsê is wat gedoen moes word om sondaars te bevry. o Alles wat nodig was om die skuld wat mense met hulle sondes by God gemaak het, te betaal. o Alles wat gedoen moes word om die straf wat mense met hulle sondes voor die hemelse Regter verdien het, te dra. o Die groot Offer wat gebring moes word vir die verlossing van die wêreld. o Die bloed wat gestort moes word om God se genadeverbond met Sy uitverkorenes vir ewig vas tye maak. Álles wat deel van God se straf op die sonde uitmaak en wat die Verlosser in hulle plek vir sondaars moes kom ly, is nou klaar gedoen, dis volbring (sê die Here Jesus). Wat die Christus moes kom doen het, is uitgevoer. Dis volbring. Dis wat die Here Jesus met die een woordjie wat Hy hier sê, verklaar: hiérdie deel van Sy pligstaat as Verlosser is afgehandel. Wat sê hierdie verklaring van Hom vir ons van Hóm? Noem twee dinge: In die eerste plek is die manier waarop Hy dit stel vir ons nog n bewys van Sy nederigheid. Hy sê nie Ék het alles volbring! nie. Hy sê Dit is volbring. Die aandag is op die taak wat Hy kom doen het, nie op Hom wat dit uitgevoer het nie. Hy s nog nie daar waar die kollig op Hom en op Sy Goddelike heerlikheid val nie soos wat na Sy opstanding uit die dood uit begin gebeur het en met Sy hemelvaart voortgesit is en veral eendag by Sy wederkoms voluit gaan gebeur nie.

4 Hy s hier nog die Dienaar, die Een wat opdragte moet uitvoer, die Een wat gehoorsaam moet wees, al kos dit Hom Sy lewe. Dis die nederige Jesus wat hier praat, nog nie die verhoogde Hére van die hemel en die aarde nie. Maar in die tweede plek is hierdie verklaring van Jesus (Dit is volbring), ook n bewys van Sy volmaakte Verlosserskap. Hy t álles volbring. Daar hoef by dit wat Hy gedoen het, nooit weer enige iets bygedoen te word nie. Nooit weer hoef enige sondaar wat in Hom glo, iets verder te doen om van sondes verlos te word nie. Daar s niks meer straf-op-sondes wat deur gelowiges gedra moet word nie. Die idee van n vagevuur, waar gelowiges na hulle dood nog eers moet boet vir sondes wat kwansuis hier op aarde nie afgehandel is nie, voordat hulle hemel toe kan gaan, is direk in stryd met wat die Here Jesus hier verklaar: - Dis volbring. - Die straf is gedra, kláár, álles! Ja, die hemelse Vader tug nog wel Sy kinders tydens hulle aardse lewe, maar dis nie meer die straf van die hemelse Regter op sondes nie dis die liefdevolle dissipline van n volmaakte Vader wat jou slyp en skaaf om dié kind te word wat Hy jou gemaak het om te wees Hoekom straf God my so? is iets wat n kind van die Here nie meer behoort te sê nadat jy Christus aan die kruis hoor sê het Dit is volbring nie. Niks hoef ooit bygedoen te word nie. Niks van wat Jesus gedoen het, hoef ook ooit weer herhaal te word nie, oorgedoen te word nie.

5 Die diere-offers wat in die Ou Testameniese tyd vir die sondes geoffer is, moes gedurig herhaal word jaar in, jaar uit; want hulle kon nie regtig vir die sondes van mense betaal nie, en was maar net kennisgewingborde van die ware Offer wat eendag gebring sou word. Maar toe die Here Jesus Homself as die ware Lam van God aan die kruis vir die sondes offer, toe is die saak tussen die gelowige sondaar en God daarmee afgehandel, klaargemaak, en hoef hierdie offer nooit weer op enige manier herhaal te word nie. 2 In die wêreld van destyds is daar baie kere op betaalde rekenings die Griekse woord τετέλεσται geskryf, wat beteken: - dis betaal; - die rekening is afgehandel; - die skuld is weg; - jou blaadjie is skoon. Dís die woord wat die Here Jesus hier aan die kruis sê: - τετέλεσται; - dis afgehandel; - daar hoef nie weer op hierdie saak teruggekom te word nie; - dis verby. Verstaan u wat dit beteken? Mense wat in die geloof aan die Here Jesus vasgryp, hoef nooit weer terug te draai na hulle sondes toe, asof daar nog onafgehandel sake daar-rondom is nie, asof daar nog skuld is waaroor hulle hulle moet bekommer, waaroor hulle met angs vir die oordeelsdag hoef wakker te lê nie. Jesus het hierdie saak vir ons afgehandel. Dis álles volbring, ten volle betaal eens en vir altyd As u dan aan die nagmaalstafel sit, en in u geestesoog die Gekruisigde sien Sy gebreekte liggaam en Sy bloed wat gestort is, en as u gelowig die broodjie eet en die slukkie wyn drink en deur die Heilige Gees van u eenheid met Christus bewus gemaak word, hóór Hom dan sê: 2 Bv Hebr 10:10-12

6 - Dit is volbring. En as ons dan netnou met hierdie Dit is volbring in ons ore weer die lewe daarbuite instap, hoe kan ons dan weer gaan skuld maak? AMEN