Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Σχετικά έγγραφα
Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die genade gawes Van God:

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

1 TESSALONISENSE 1:3

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Die krag / vuur van God:

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Sendbrief van Jakobus

ישוע. familieboom van Jesus

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

REFORMASIE. Martin Luther

Die Vesperdiens vir Palmsondag

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

VOLUME AUGUSTUS 2007

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Deur Christus Alleen

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

deur CARIKA DU PLESSIS

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcript:

Dan 6:1-29 Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom. November 2012

Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Helige Gees Amen. Lofprysing Ps 125: 1, 2, 3 Verootmoediging en Versoeningsdiens. Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 5: 4, 5, 6, 7, 11 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Dan 6:1-29. Psalm as antwoord op die Woord na verklaring daarvan Ps 46: 3, 4, 6 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes... voor-verlede-week... by Dan 5 was ons getuies van Babilon se val... deur God se oordeel. n Oordeel wat Gods volk bevry het. Bewys 1 Want met die vernietiging van die Babiloniese-wêreld-ryk deur die Meders-en-Perse was 70 jaar van Babiloniese wêreld-oorheersing verby. En it het veroorsaak dat Jerusalem en die Tempel weer herbou kon word. 2 *************** Maar... nou in Dan 6... lees ons nie van n nuwe-vrye-jerusalem met die Messias uit die geslag van Dawid op die troon nie. Nee! Vers 1 vertel van Daríus, die Meder, (wat) twee en sestig jaar oud was toe hy die koningskap ontvang het. En vers 29 vertel van Daniël wat geleef het onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers. 1 Vgl Dan 5.docx 2 Esra 1:1-3 en 2Kron 36:22-23 vertel daarvan. 3

Verduidelik En dit alles sê dat God se koninkryk nog nie in sy volheid gekom het nie. Nee, koning Kores was die maghebber van die volgende magtige wêreld-ryk na die Babiloniërs. Opmerking En Darius... wat dalk n ander naam was vir Kores of dalk n onder-koning onder koning Kores was op die troon in Babel. 3 En Daniël... n ou-man van in sy tagtigs was saam met baie ander van God se volk steeds nie terug in Kanaän nie. 4 ************** Toepassing Maar beteken it nou dat God se almagtige Konings-Heerskappy waaroor ons al so baie in Daniël geleer het eintlik nie n werklikheid is nie? Beteken it dat die kerk nou maar eenmaal vasgevang sit in n nimmereindigende geskiedenis 3 Die moontlikheid bestaan dat ek die ו by במלכות דריו ש ובמלכות כור ש פרסיא kan verstaan as epeksegeties (BHNG bl het dan die betekenis van in die koninkryk van Darius, naamlik die koninkryk במלכות דריו ש ובמלכות כור ש פרסיא 245). van Kores die Pers. So beskou is Darius en Kores dan die selfde persoon (vgl ook Harman se Dan komm bl 126; Fyall ויער אלהי י ר שראל את רוח פול מלך א שור 5:26 se Danm komm bl 14-15). Nog n voorbeeld hiervan kry ek in 2Kron wat dan die betekenis het van Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die,ואת רוח תלגת פלנסר מלך א שור koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker (vgl Harman se Dan komm bl 126). Motivering om die ו by במלכות דריו ש ובמלכות כור ש פרסיא so te verstaan: Wel, so kan mens n sinsdeel soos hierdie verstaan in die lig van Dan 1:21, 10:3, en Jes 45:1; 2Kron 36:22-23; Esra 1:1-3; Jer 25:12 wat sê dat Kores die Pers die eerste koning van die Perse was en die een wat die Babiloniese-wêreld-ryk verslaan het (vgl ook Fyall se Dan komm bl 14). הצלח het die betekenis van hy was voorspoedig (Holladay bl 418). מלכות kan hierdie betekenisse hê van koninkryk/ koningskap/ regering (Holladay bl 411). Wanneer ek nie bg beredenering by sintaksis volg nie en soos bv Young se Dan komm bl 139, 299 die ו as kopula verstaan, dan het מלכות hier die betekenis van koningskap of regering omdat die ryk van die Meders en Perse een ryk was. In lyn met Young se Dan komm bl 299 verstaan ek dan Darius as iemand wat vir hom in Babel regeer het en as koning aangespreek is. 4 Vgl Ester; Vgl ook Chritekijke Ensoklopedie vol 2 bl 403 oor die Disaspora-Jode. 4

van die een magtige wêreld-ryk op die nader? Nee!... geliefdes... Nooit. Bewys Want in Dan 2... toe Nebukadneser nog geleef het het God mos in n droom aan Nebukadneser n beeld gewys wat vier wêreld-ryke uitgebeeld het. 5 Die eerste een was die Babiloniese-wêreld-ryk. Die tweede een was die wêreld-ryk van die Meders-en-Perse. Die wêreld-ryk aan bewind in Dan 6. Maar nou sie wonder dat God deur Daniël... in Dan 2:44 gewys het dat terwyl die een wêreld-ryk op die ander kom en gaan... God aan die werk is... om almagtig, oorwinnend, en verlossend sy koninkryk te laat kom. 6 Iets wat n skitterende werklikheid word in die koms van Christus. En in sy wederkoms wanneer Christus die magte van die Antichris en Satan vir ewig vernietig. En die volheid van die koninkryk van God laat kom. En al is ons nou... nog nie daar nie; en al was Daniël... in Dan 6... ook nog nie daar nie beteken dit beslis nie dat God nie aan die werk is nie. Nee... allermins. En dis wat ons vandag gaan leer hier in Dan 6 5 Vgl Dan 2,30-49.docx 6 Vgl Ferguson se Dan komm bl 57-58 5

by ons laaste preek uit die geskiedenis-deel van Daniël. Ja... ons gaan raaksien dat net soos in Babilon... God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig is... om sy Koninkryk te laat kom. En hierdie werklikheid openbaar God in die verlossing van Daniël uit die leeukuil. Maar om daar te kom moet ons eers stil staan by: Daniël se lewe Die aanslag daarop En Daniël se volharding daarin En dan gaan ons kom by Daniël se verlossing. 1. So... ons begin by Daniël se lewe. En Vers 2-11 vertel veral daarvan. Vers 2-5 vertel byvoorbeeld van koning Darius se goeie regering waarin Daniël n minister was waarin Daniël getrou gedien het en opgang gemaak het. Maar nou sit vers al vers 6 en 11 wat aandag moet trek. Want hier skitter Deut 30:6... waar Moses geprofeteer het... oor die HERE se werk in sy ballingskap-volk. 7 Want in Deut 30:6 sê Moses: En die HERE jou God sal jou hart besny 7 Vgl Waltke, An OT theology, bl 495 6

[Esegiël 36 sê die HERE sal vir sy volk n nuwe hart gee. 8 En in Joh. 3 praat Jesus van die wedergeboorte. 9 ] om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel... En presies dit sien ons in vers 6 en 11. Bewys Want vers 6 vertel van Daniël se lewe van Godsdiens. Of sy lewe van diens aan God volgens God se wet. 10 En hoekom lewe Daniël so? Wel omdat God Daniël se ou-verdorwe hart wat geneig was om te haat, 11 besny het om die HERE... lief te hê... Verduidelik En as jy God lief het... dan kan it nie meer anders nie: Dan leef jy n lewe van Godsdiens volgens God se wet. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar... sê 1Joh 5:3. *************** En kom ons by vers 11 hoor ons van Daniël se lewe van gebed. Gedagtestruktuur Nou... vers 11 kom na ons hoor van die aanslag op Daniël se lewe, 8 Vgl Waltke, An OT theology, bl 495 9 Vgl Du Toit, Openbaringsgeskiedenis van die OT bl 257 ( cבדת het die letterlike betekenis van in wet van die God van hom (vgl ook die State vertaling en KJV), wat אלהה 6) 10 dan Daniël se manier van lewe en diens aan die HERE bepaal en gereguleer het. So beskou het בדת אלהה dan die betekenis van in sy Godsdiens soos bepaal deur God se Woord (Holladay bl 403; Young se Dan komm bl 133; Lane se dan komm bl 140). 11 Sondag 2-4 7

waaroor ons netnou sal leer. En hierdie aanslag was in die vorm van wetgewing... so sê vers 8 wat bepaal dat elkeen wat gedurende dertig dae n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan (koning Darius) in die leeukuil gegooi sal word. En dan sê vers 11 dat net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, hy in sy huis gegaan het... en hy het... gebid... voor sy God, net soos hy tevore gedoen het. En nou sit veral ie laaste deel van vers 11 wat vertel van Daniël se lewe van gebed. Verduidelik Want Daniël het nie net gaan bid omdat hy benoud was oor hierdie nuwe wet nie. Nee! vers 11 sê Daniël het gaan bid net soos hy tevore gedoen het. So... gebed was deel van Daniël se lewe. 12 En hoekom? Wel... omdat God Daniël se ou-verdorwe hart wat geneig was om te haat... besny het... om Hom lief te hê. Verduidelik Maar liefde vir God ( dמן קדמת = bw דנה 11) 213). ( dכל קבל lei hier n redegewende-sin in (Holladay bl 419; K&D se Dan komm bl די 11) 12 by,עבד en het die betekenis van te vore (Holladay bl 419). Vertaling: omdat hy dit te vore gedoen het. Dus, Daniël het net dood eenvoudig voortgegaan met sy gebruik van die verlede. Hy was dus ongehoorsaam aan die koning se wet. 11d se מן קדמת דנה sê egter ook vir my wat kenmerkend was van Daniël se lewe. 8

gaan altyd saam met vertroue op God. 13 En uit ons vertrou bid ons, 14 met smeekgebede en dankgebede en lofprysinge. 15 Dit kan nie anders nie. 16 ************** Saamvat So dis Daniël se lewe... geliefdes. Dis n lewe van liefde vir die HERE. Daarom is dit ook n lewe van Godsdiens volgens die HERE se wet. En dis n lewe van vertroue op die HERE. Daarom is Daniël se lewe ook n lewe van gebed. Het ons nie n goeie God nie! Is sy verlossingswerk in die lewe van Daniël nie wonderlik nie! ************** Toepassing Maar nou moet ons tog hier nog n baie belangrike ding raak sien. En dit is dat wanneer die HERE ons harte kom besny om Hom lief te hê... en op Hom alleen te vertrou dan haat die sondige-wêreld ons. Bewys Jesus praat ook daaroor as Hy in Joh. 15:19 vir sy dissipels sê: As julle van die wêreld was, 13 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 285-286 14 Rom 10:14; vgl Calvyn, Institusie van die Christelike Godsdiens, vol 3 hoofstuk 20, par 1. en het die betekenis van en bid (Holladay bl 418). Wanneer hierdie gebed gedoen,צלא ( cומצלא = pael part van 11) 15 word קדם אלהה dan het dit gewoonlik die betekenis van n smeekbede... n Gebed waarin gevra word (NIDOTTE vol ידא + hafel part van ו = ( cומודא 11) was. 4 bl 1061). Vanuit vers 12 blyk dit ook dat Daniël met so n smeekbede besig (Holladay bl 407), en het die betekenis van loof, prys en dank (TWOT vol 2 bl 1029). 16 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 1065; Calvyn se Dan komm bl 359. 9

sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. 2. En juis daarom was daar n aanslag teen Daniël. Ons tweede punt. Van hierdie aanslag vertel vers 5-10. Dit het begin met Daniël wat uitgestyg het bo die ander ministers en landsbestuurders sodat koning Darius van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. So vertel vers 4. Iets wat hulle ontsettend jaloers op Daniël gemaak het. 17 Vers 5 vertel hoe hierdie jaloesie aaklig gemanifesteer het toe die ministers en landbestuurders een of ander fout in Daniël se regeringswerk gesoek het om hom mee te kelder. Maar toe werk it nie. Want Daniël leef n lewe van liefde. Daarom was hy getrou in sy werk vir koning Darius. Vertel vers 5 se laaste gedeelte. ************** Dit was toe dat die ministers en die landbestuurders onder mekaar begin praat het en in vers 6 gesê het: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens. 17 Vgl Calvyn se Dan komm bl 353; Fyall se Dan komm bl 86; Harman se Dan komm bl 129 10

Of in sy diens aan God soos God beveel. En toe vind hulle dit... in die hart... in die kern... in die wese... van Daniël se Godsdiens. **************** En wat was daardie wese van Daniël se Godsdiens? Wel... vers 11 vertel daarvan. Vers 11 wat sê dat Daniël in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem. En dat Daniël gebid het in die rigting van Jerusalem. 18 Verduidelik En nou sit hierdie feit dat Daniël bid in die rigting van Jerusalem wat ons uitbring by die wese van die ware Godsdiens. Want as Daniël bid in die rigting van Jerusalem bid hy ook in die rigting van die Tempel. 19 En die Tempel was die simbool van die HERE se teenwoordigheid by sy OT-kerk. 20 Maar tegelyk was die Tempel met sy offerdiens ook n simbool van Christus... deur wie ons tot die enigste ware God kan gaan; deur wie die enigste ware God... ons Vader word... en ons sy geliefde kinders; 18 Vgl 1Kon 8:46-48; K&D se Dan komm bl 213; NIDOTTE vol 2 bl 1080, vol 3 bl 904, vol 4 bl 1061; Van Genderen se KV op 1Kon vol 1 bl 168. 19 Vgl Van Genderen se KV op 1Kon vol 1 bl 168. 20 Daarom dat die HERE eens vir Moses... in Eks 25:8... gesê het: Ook moet hulle vir My n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. 11

deur Wie ons die enigste Ware God in liefde kan dien. 21 Ja... die Tempel met sy offerdiens was n afskaduwing van Joh. 14:6 waar Christus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 22 Gevolgtrek En nou was dit die wonderlike belewing en uitlewing van hierdie hart van ons Godsdiens waarmee Daniël besig was as hy daar in sy huis in die rigting van die Tempel gebid het. As OT-gelowige was hy besig om deur Christus... afgeskadu in die Tempel... na die Vader te gaan. En as kind van God Alle geestelike en liggaamlike behoeftes 23 van Hom af te smeek en Hom daarvoor te dank. ************ Maar... nou was it ook op hierdie wese van ons ware Godsdiens dat die jaloerse ministers en landsbestuurders gekonsentreer het toe hulle besluit het om in Daniël se Godsdiens n rede te soek om hom aan te kla. Soos vers 6 vertel. Daarom dat hulle in vers 7 na koning Darius toe is. En in vers 8 hulle bose plan voor die koning gelê het wat ingehou het dat die koning n verordening moet uitvaardig en n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae n versoek rig 21 1Joh 1:14; 2:19-22; Kol 2:9; Vgl Vos, Biblical theology bl 154-155; Waltke, An OT thology bl 741-742; Rushdoony se Dan komm bl 43. 22 Dit was n afskaduwing van Heb 7:25 wat praat van Christus wat volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 23 Sondag 45 v/a 118 12

(of dit biddend afsmeek van 24 )... enige god of mens behalwe... (die koning) in die leeukuil gegooi sal word. **************** En hierdie wetgewing het reguit ingegaan teen die ware Godsdiens. En heel eerste moet ons sê dat hierdie wetgewing nie Daniël verbied het om die HERE te aanbid en te dien nie. Dit het net mooi niemand in die hele wêreld-ryk van die Meders-en-Perse verbied om hulle eie god te aanbid en te dien nie. Verduidelik En hoekom nie? Wel... omdat daar godsdiensvryheid in die wêreld-ryk van die Meders-enPerse was. Esra 1 vertel dan hoe Kores die OT-kerk toegelaat het om terug te keer na Juda om die Tempel van die HERE weer te herbou en daar die HERE se erediens weer in te stel. 25 So... hierdie wetgewing het nie vir Daniël verbied om die HERE te aanbid nie. *************** Maar hoe het dit dan ingegaan teen die ware Godsdiens? ( bיבעה het die betekenis van hy rig n versoek/ bid om guns te ontvang/ genade te ontvang terwyl jy totaal בעו 8) 24 afhanklik is van die een vir wie jy vra. Vanuit vers 12 waar Daniël se vyande hom vang blyk dit ook dat dit hier gaan om bid/vra/verwag van guns en genade (Holladay bl 400; TWOT vol 2 bl 995-996; K&D se Dan komm bl 210). 25 Vgl K&D se Dan komm bl 211. 13

Verduidelik Wel... deur Daniël te verbied om deur Christus... wat vir Daniël afgeskadu was in die Tempel... tot God in gebed te gaan en God te dien. Want dis wat hierdie wet beteken het... as it verbied het dat n versoek (ge)rig (mag word) aan enige god of mens behalwe aan (die koning)... Want die Meders-en-Perse het hulle koning gesien as n verteenwoordiger van alle mense se gode. In hulle koning het alle gode gelyk geword. Hy was vir jou die weg en die waarheid jou middelaar... deur wie jy tot jou god gaan. Hy was die een wat dit vir jou moontlik gemaak het om jou god te dien. 26 **************** Gevolgtrek So... sien u Sataniese-aard van hierdie wetgewing? Dis n wet wat sê: In Darius is alle gode gelyk. Jahwe is nes die ander. Dis n wet wat sê: Die middelaar na God toe gee die mens. En nie God nie! Toepassing Ja... dis ie aanslag teen Daniël. Maar ook teen alle die kinders van God deur die eeue op allerhande verskillende maniere. Dis n aanslag wat ons God en sy Christus wil laat verloën. Voorbeelde Dit was die aanslag teen die kerk in Pergamus in die dae waarin Antipas (Christus se) getroue getuie... gedood is. 26 Vgl Young se Dan komm bl 133-134. 14

Ja... met sy wrede vervolging wou Satan hê dat die kerk van Pergamus Christus moes verloën. So vertel Openb 2:13. Dis ie aanslag van die valse-rooms-katolieke kerk... as hulle leer dat ons deur sogenaamde heilige-mense tot God moet bid. En nie alleen deur Christus nie. 27 Dis die aanslag vandag as kerke saam met ander vals-gelowe saamwerk aan die uitbou van menseregte-wetgewing. Opmerking En dis iets wat gebeur... hier in ons land. En die GKSA neem daaraan deel. 28 Want... ja... saam met die Moslems en die Jode kan ons daarop aandring dat n verpleegster die reg het om te weier om aborsies te doen en dat werkers die reg het om hulle Godsdienstige dae te vier. 29 Maar dan het ons ook in die proses al het ons dit goed bedoel die enigste God se wet gelyk gestel aan die Moslems en die Jode se god en hulle wet. En ons het ons hoogste Profeet en Leraar, Jesus Christus, gelyk gestel aan Mohammed, die profeet van die Moslems. 30 27 NGB art 26; Vgl Calvyn, Institusie van die Christelike Godsdiens, vol 3 hoofstuk 20 par 21-27. 28 Vgl http://academic.sun.ac.za/theology/religious-charter/handves%2021%20okt.pdf; http://afrikaans.news24.com/suid-afrika/nuus/handves-opgestel-vir-godsdiensregte-20101114; http://www.nwu.ac.za/af/p-news/pm_1034_a.html 29 Vgl SUID-AFRIKAANSE HANDVES VAN GODSDIENSREGTE EN -VRYHEDE (Soos onderskryf op 21 Oktober 2010).pdf (http://rapidlibrary.com/files/handves-vir-godsdiensregte-vorderingsverslag-doc_ulcxybxqwyi89on.html ) 15

Saamvat Maar goed... kom ons gaan eers terug na die teks van Dan 6 en die jaloerse ministers en landsbestuurders se aanslag teen Daniël. Dit was n aanslag met voorgestelde wetgewing wat reguit ingegaan het teen die wese van die ware-godsdiens. So kon ons leer uit vers 7-8. ************* Vers 9 vertel dat die jaloerse ministers en landsbestuurders ook wou hê dat hierde wet volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik (sou wees). Verduidelik So hierdie wet moes werklik nie kon verander nie. En toe? Wel vers 10 sê: Daarop [maw na die ministers en landsbestuurders se voorlegging oor die voorgestelde wetgewing 31 ] het koning Daríus die bevelskrif en die verbod geskrywe. Verduidelik Sommer so maklik. Geen teestribbeling van die kant van Darius nie. Miskien was it omdat hierdie wet heeltemal by sy heidense idees dat die koning die verteenwoordiger van die gode is 30 Vgl Gardner se Openb komm bl 183 het die betekenis van gevolglik (Holladay bl 419), en lei hier n sin in wat vir my sê wat gebeur het na die כל קבל דנה 31 setraps en die hoofde met die koning gespreek het en die beplande wetgewing bekend gemaak het. Die LXX vertaal met τότε, wat die betekenis het van toe (L&S bl 711). 16

ingepas het. 32 *************** En nou sie vraag: Gaan Daniël die HERE verloën vir 30 dae en n rustige ou-dag beleef? Of gaan Daniël volhard in die ware Godsdiens? Om dan uiteindelik n verskriklike onrustige ou-dag te beleef en dalk n leeukuil-dood sterf? 3. En hierdie vrae bring ons by ons derde punt waar it gaan oor Daniël se volharding. En Daniël het volhard... geliefdes. Daniël het die HERE en sy Christus nie gelos nie. Bewys Vers 11 vertel daarvan... as it sê: En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het. En Daniël het volhard tot die einde. Want vers 17 sê: Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. ************* 32 Vgl Young se dan komm bl 134; K&D se Dan komm bl 211-212 17

Gevolgtrek So... Daniël het die ware God en sy Christus nie gelos nie al sou dit sy dood beteken. Ja... Daniël het volhard. En dis so belangrik... om so te volhard. Want in Dan 12:12 praat die HERE 33 met Daniël en dan sê die HERE: Welgeluksalig is hy wat bly verwag... Verduidelik 34 En dan is hierdie bly verwag dieselfde as om te volhard soos Daniël al beteken dit dat jy wreedaardig dood gemaak kan word. Want dis alleen hulle wat volhard wat welgeluksalig is. Kan u sien waarom dit so belangrik is om soos Daniël te volhard. Skrif met Skrif Jesus leer dit ook as Hy in Mark 13:13 sê: En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 35 Verduidelik En dan sit nie ons daad van volhard wat ons red nie. So asof ons met volharding ons eie verlossers word nie. 33 Dan 12:7 sê dis die Man met Wit Linne klere wat met Daniël praat. Vanuit Dan 10:5-6 leer ons dat dit die HERE is. Openb 1:12-15 wys ons dat dit niemand anders is nie as ons HERE Jesus (vgl Fyall se Dan komm bl 153-154). 34 Vgl Young se Dan komm bl 264; Harman se Dan komm bl 309; Fyall se Dan komm bl 192. 35 Vgl Young se Dan komm bl 264 18

Nee... Dis Christus wat red. Hy is altyd ons Enigste Verlosser. Hy is altyd die enigste Weg en die Waarheid na die Vader toe. 36 Daarom dat Daniël bly volhard het in die ware Godsdiens; bly volhard het om in die rigting van die Tempel te bid wat vir hom op Christus gewys het. Want sonder Christus is hy nie by die ware God... en die ewige lewe nie. Daarom dat ook ons moet volhard agter Christus aan. Want sonder Christus is ons verlore. Want Hy is die Enigste weg na God toe. Maar hoe? as bang word? as hulle jou dreig met die leeukuil? **************** Wel... geliefdes... deur te maak soos Daniël wat nie net volhard het in die ware Godsdiens nie maar ook volhard het in gebed. Verduidelik Want dis hoe Daniël kon volhard in die ware Godsdiens. En dis hoe kinders van God deur die eeue volhard het. Ons volhard nie uit ons eie krag nie! Ons volhard op ons knieë. As ons ons eie sondigeheid en swakheid besef. 36 Joh. 14:6 19

En dan neersak op ons knieë en smekend belydend bid: HERE, red my om te volhard! 37 *************** Troos En weet u: As ons so volhard in die gebed... kan ons weet: Ek s een van God se uitverkore kinders... in wie Hy kom werk... deur sy Gees van gebed 38 sodat ek kan bid. 39 Ja... dan kan ek weet: Die belofte van Ps 37:24 is ook vir my... waar Dawid sê: As (ek) val, dan stort (ek) nie neer nie; want die HERE ondersteun (my) hand. 4. En dan?... Dan kan ons ook van verlossing hoor. En die koninkryk wat kom. Dis wat met Daniël gebeur het. God het Daniël verlos. En dis ons vierde punt waarmee ons afsluit. Ja... God het vir Daniël uit die leeukuil verlos. En net hier sien ons ook hoe God terwyl die Meders-en-Perse die wêreld regeer sy onvernietigbare koninkryk laat kom. Vers 19 begin daarvan vertel. 37 Sondag 52 v/a 127; DL 5:2; Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 973; Wiliamson, The Heidelberg Catechism, bl 231 38 Vgl DL 5:2; Sag 12:10 39 Vgl Calvyn, Institusie van die Christelike Godsdiens, boek 3 hfdt 20 par 1; Van der Waal, Dordtse leerreëls verdor nie, bl 108-109; Reformation study Bible bl 1626 20

Gedagtestruktuur Dis nou na vers 17 toe Daniël... teen die aand se kant in die leeukuil gegooi is. En koning Darius die leeukuil in vers 18 verseël het sodat Daniël geen kans gehad het om uit te kom nie. Nou... na hierdie gebeure... vertel vers 19 ons dat Darius se nag nie soos gewoonlik verloop het nie. Hy t nie geëet nie... sy vrouens moes ie naby hom kom nie. Hy t ook nie geslaap nie. 40 En lees ons vers 20 dan sit asof Darius die volgende oggend net nie gou genoeg by die leeukuil kan kom nie. 41 Vers 21 vertel dat Darius... by die leeukuil met n droewige stem na Daniël geroep en gesê het: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God... in staat om jou van die leeus te verlos? Verduidelik En nou wys vers 19-21 ons twee dinge. A. Die een is dat koning Darius van Daniël gehou het. Daniël het immers sy koninkryk sommer baie goed regeer. Vers 4-5 vertel daarvan. 42 En Darius het natuurlik nie besef 40 Vgl Young se Dan komm bl 137; Ferguson se Dan komm bl 129 41 Vers 20 wys my dat die koning omtrent nie kon wag om by die leeukuil uit te kom nie... met dagbreek... terwyl hy hom haas (vgl Fyall se Dan komm bl 90). ב שפרפרא en 20) ( aבנגהא wat albei die betekenis het van met/in dagbreek (Holladay bl 413,424) beklemtoon dat die koning baie vroeg opgestaan het... net toe dit begin lig word. Dit wys op sy angstigheid om by Daniël te kom (Harman se Dan komm bl 144). 42 Vgl Harman se Dan komm bl 141; 21) ( aעציב het die betekenis van... van hartseer/jammerte (Holladay bl 417). Darius se hart was vol kommer, vol gedagtes wat hom seermaak (NIDOTTE vol 3 bl 482). 21

met watter bose plan die ministers en die landsbestuurders besig was nie. B. Die tweede ding... is koning Darius se onmag. Hy is hierdie magtige koning. Hy glo dat hy die gode verteenwoordig. Maar hy kan nie sy eie wet verander om Daniël se lewe te red nie. Hy s n slagoffer van sy eie mens-uit-gedinkte strukture en wette wat op die ou-einde lewensvernietigend is. 43 ************ En weet u:... Nou sit binne in hierdie haglike situasie van wetgewing wat die ware Godsdiens verag van Daniël wat deur hierdie wetgewing vervolg word en van wêreldmagte wat in hulle eie sisteme verstrengel raak sonder om ware hoop en lewe te gee... dat God ons wys... hoe Hy almagtig verlossend aan die werk is. En hoe die ewige koninkryk lyk... wat Hy laat kom. En God wys it as Daniël... vanuit die leeukuil... in vers 22-23 met koning Darius praat en sê: Mag die koning vir ewig lewe! My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie... Openbaringshistories 44 En net hier... met Daniël tussen rustige leeus skitter die dagbreek-strale van God se ewige Koninkryk... sy vrede-ryk... wat Christus bring. 43 Vgl Young se Dan komm bl 136; Harman se dan komm bl 142; Fyall se Dan komm bl 88-89; Rushdoony se Dan komm bl 43. 44 Vgl Ferguson se Dan komm bl 129 22

Want daar in die kuil vol leeus Gaan it soos in God se ryk van ewige-verde soos Jes 11:6-8 ons daarvan vertel waar die wolf by die lam wei, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee (is) bymekaar, en n klein seuntjie sal hulle aanja. Slot En Daniël sal by die leeus oornag... soos Adam eens in die paradys. Gevolgtrek Sien u die wonderlike Evangelie ************* wat die HERE verkondig met Daniël in die leeukuil? Ja... die HERE wys ons sy mag wat net almagtig baie groter is as Darius sin... al heers hy met die ryk van die Meders-en-Perse oor die hele wêreld. Die HERE wys ons sy almag wat triomfeer oor wette wat sy ware Godsdiens verag. Die HERE wys ons sy almag waarmee Hy sy Koninkryk laat kom van lewe-en-vrede. Terwyl Darius onmagtig moet toekyk hoe die dood oor hom heers. ************* En dis wat ons in die eerste 6 hoofstukke van Daniël leer... geliefdes. God is soewerein-almagtig. Sy heerskappy is ewig en onstuitbaar. En daarby laat God sy ewige koninkryk van lewe-en-vrede oorwinnend... verlossend... en met oordeel kom. Dit terwyl wêreldheersers dink hulle is onoorwinlik. En weet u: Daniël... en elkeen... wat leef soos Daniël met liefde vir die HERE 23

en vertroue alleen op die HERE wat die HERE uit genade alleen in ons lewens kom gee het; en dan volhard in die ware Godsdiens nie uit ons eie nie... maar omdat die HERE ons laat bid kan weet: Die HERE sal ons bewaar. Ja... Hy sal ons siel bewaar. En ons laat ingaan in sy vrede-ryk... al dreig die vyand met die dood. Bewys Paulus praat daaroor as hy aan die einde van sy lewe die doodsvonnis in die gesig staar wat uiteindelik ook voltrek is. Maar steeds kan hy dan sê: die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. **************** En die ander?... Wat in haat geleef het... en die kerk vervolg het? Wel... vers 25 vertel van hulle as it ons wys op die uiteinde van die jaloerse ministers en landsbestuurders wat toe in die leeukuil gegooi (is); en... nog nie die bodem van die kuil bereik (het) nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel. En dit het gebeur want dis reg by God leer Paulus in 2Tes 1:6-8 om aan die wat (ons) verdruk, verdrukking te vergelde, 24

en aan (ons) wat verdruk word, verligting te gee... in sy vrede-ryk wat die HERE almagtig laat kom... waaroor ons so bie kon leer in die eerste ses hoofstukke van die Boek Daniël. Antwoorddiens Amen. Psalm as antwoord op die Woord Ps 46: 3, 4, 6 Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 28: 1, 2, 6, 7 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 125: 4, 5, 7 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 25