NAGMAAL TITUS 3:4 Votum Seën Psalm 145 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 25 : 5 Gebed Skriflesing: Titus 3:1-7 (AV 1983/91) Teks: Titus 3:4 (AV 1983/91) Preek: Jesus Christus is die verskyning van God se goedheid Verkorte Formulier vir die viering van die Heilige Nagmaal Skrifberyming 18-1 (9) : 4 Teks by begin van tafel-bediening: 1 Johannes 4:9 Skriflesing by tafels: Skrifberyming 17-2 (18) : 1, 4, 5, 6, 7, 8 Gebed Kollekte Psalm 145 : 5 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91) 1
Daar s party plekke in die Bybel hierdie klein woordjies wat só baie sê. Dink byvoorbeeld aan die woordjie nogtans, byvoorbeeld - in Psalm 73: die gelowige wat glad nie die Here se manier van werk verstaan nie, en nogtans by die Here rus vind; 1 - In Habakuk 3: die Here se volk wat totale ruïnering in die gesig staar, en nogtans in die Here bly jubel. 2 Hier kry ons die woordjie maar. Álles lyk vir sondaars verlore, máár... Dis asof die hele evangelie die goeie nuus van die Bybel in hierdie een woordjie opgesluit is: - álles lyk verlore, máár in Jesus Christus het God se goedheid verskyn. Kom ons luister vanoggend na die evangelie soos dit as t ware in hierdie maar opgesluit lê. Ons kyk eers na wat was, en dan na: maar wat toe gebeur het. 1. WAT WAS Die maar in ons teksvers kontrasteer dit wat ná hierdie maar staan (van die goedheid van God) met dit wat vóór hierdie maar staan (van die slegtheid van die mens). 1 Ps 73:23 (AV 1933/53) 2 Hab 3:18 (AV 1933/53) 2
Paulus skryf hier vir mense wat klaar deur die goedheid van God verander is, maar dis nie hoe hulle altyd was nie. Hulle was voorheen heidene, ongelowiges, mense wat sonder die ware God geleef het. Hulle was in God se oë - onverstandig: nie noodwendig ongeleerd nie, maar geestelik onverstandig, n dwaas, want dis wat jy is as jy die ware God nie as God erken nie; - ongehoorsaam: rebelle, mense wat hulle aan God se wette nie steur nie; - op die verkeerde pad: mense wat die Here nie volg nie, maar deur ander gelowe of filosofieë of lewensbeskouings aan die neus gelei word; - verslaaf aan allerlei begeertes en singenot: mense in wie se lewens die drange van hulle liggame en die plesiere van die lewe hulle base is; - kwaadwillig en jaloers: mense vir wie ander mense basies vyande is kompeteerders, vir wie jy dit nie gun om te wen nie; - self haatlik en haters van ander mense: mense wat so optree dat hulle ander mense rede gee om hulle te haat en wat self altyd redes kry om ander mense te haat. Natuurlik word hierdie negatiewe dinge wat hier genoem word, baie kere by mense gekamoefleer deur skynvriendelikheid en -beleefdheid, en tog, in werklikheid is dít (soos vers 3 dit beskryf) hoe die gelowiges daar op Kreta eers was. Máár toe gebeur daar iets... 3
2. MAAR WAT TOE GEBEUR HET Die goedheid van God ons Verlosser en Sy liefde vir die mens het toe verskyn. Hoor u wat hier van God gesê word? - Hy is Verlosser. - Hy is goed. - Hy is lief vir die mens. God ís Verlosser: - Hy verlos Noag en sy gesin uit die sondvloed; - Hy verlos Israel uit die slawerny in Egipte en later uit die ballingskap in Babel; - Hy verlos Josef uit die tronk, Jona uit die vis, siekes van siektes, demoon-besetenes van demone; - en die hele Bybel gaan eintlik oor hoe God mense van sonde en Satan en dood verlos! Hy is Verlosser. En Hy ís goed 3 groothartig en welwillend en vriendelik en vrygewig. En Hy is lief vir die mens. 4 3 χρηστοτης. Vgl ook Efes 2:4, 7 4 ϕιλανθρωπια 4
U moet tog nooit die onsin glo dat God eintlik die mens haat, en eers deur Sy Seun omgekoop moes word voordat Hy weer iets goeds vir mense sou doen nie. God het die mens, hierdie kategorie van Sy skepsels, lief. 5 Anders as mense, wat van die sondeval van Adam en Eva af, van nature vyandig teenoor God is, is Hy nie so teenoor mense nie. Sy basiese ingesteldheid teenoor hierdie wese wat Hy geskep het, is dié van liefde. 6 Dis eers as sondaar-mense hulle doelbewus en aanhoudend teen Hom versit en ander mense sonder berou en bekering met hulle sondes besoedel en verwoes, wat Sy liefde Sy regverdige toorn word, wat die agterkant van die vuur van Sy liefde n vlam word wat hulle verteer. God is Verlosser, goed en lief vir die mens. Maar wat nou gebeur het, is dat hierdie Verlosser-God se liefde en goedheid vir die mens verskyn het. Sy goedheid en mens-liefde is natuurlik van die vroegste tye af bekend Adam en Eva het dit al geken en beleef, en dwarsdeur die Ou Testement word die werking van hierdie goedheid en liefde van God beskryf en besing. 7 5 Vgl ook Joh 3:16 6 So anders as die mens se eie basiese (sondige) ingesteldheid teenoor ander mense (vgl vers 3). 7 Vgl uit oorvloedige voorbeeld bv Exod 34:6; 2 Kron 30:18; Ps 103:8-14 5
Maar op n punt het dit verskyn En kon mense dit sien soos nooit voorheen nie. 8 Hierdie verskyning van God se goedheid en mens-liefde verwys na die geboorte en die lewe en die werk van die Seun van God, ons Here Jesus Christus, op hierdie aarde. 9 In hoe Hy was en opgetree het teenoor mense, in wat Hy vir mense gedoen het, veral uiteindelik daar aan die kruis, sien jy glashelder die goedheid van God en Sy liefde vir die mens. Jesus se lewe en werk hier op aarde was die perfekte verduideliking en demonstrering van God se goedheid en mens-liefde. Daarom kan n mens sê: - Jesus Christus is die verskyning van God se goedheid en liefde. Ook nadat Hy uit die dood opgestaan en in die hemel opgevaar het, is dit eitnlik nog steeds so net op n ander manier. Wanneer die Heilige Gees wat Hy uitgestort het, n mens tot geloof bring jou laat verstaan wat die Here Jesus gedoen het om jou ook te verlos, dan s dit asof daar n wêreld vir jou oopgaan, dan word God se goedheid en liefde vir jou geestelike oë sigbaar, dan sién jy in Jesus dat God vir jóú ook goed is en jóú ook liefhet. 8 Dit was voorheen nie so sigbaar nie, o.a. omdat God se tyd vir die openbaring daarvan nog nie gekom het nie. 9 Sien ook 2 Tim 1:10; Hebr 9:26 6
Ook vir ons geloofsoë is Hy die verskyning van God se liefde. Dís die maar TOEPASSING Eintlik moes ons nie vanoggend hier gewees het as n gemeente, as mense wat aan die Here behoort nie. Eintlik moes hier nie n nagmaalstafel vir ons gedek gewees het nie. Al die dinge wat hier vers 3 van heidene en ongelowiges staan, leef op een of manier by ons ook: - geestelike dwaasheid; - ongehoorsaamheid aan opdragte van God; - in baie dinge nog op verkeerde paaie; - slawe van die lekker lewe ; - soveel verkeerdhede in ons gesindheid en optrede teenoor ander mense. En dan praat ons nog nie eers van ons elkeen se karakter-sondes en van die kerk-sondes en die volk-sondes waaraan ons elkeen skuldig is nie! Ons moes eintlik nie naby God kon kom nie. Máár... 7
Wonderlike nuus! Evangelie! Daar s n maar! - die maar van God se goedheid en liefde vir die mens; - die maar van Jesus Christus; - die maar van die nagmaalstafel wat vir ons gedek is. Ons moes nie as verlostes hier gewees het nie, máár... As ons dan nou hierdie maar, wat die Heilige Gees deur Titus 3:4 en deur die nagmaal vanoggend weer in ons harte indryf, hóór, hoe kan ons dan netnou hier uitstap en weer in dit wat was in die sondes wat ons voor vanoggend se maar nog gedoen het terugval...? AMEN 8