NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n 4 bladsy-gegewensbylae en 1 antwoordblad.
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. Skryf jou naam in die ruimtes gelaat op die ANTWOORDEBOEK en ANTWOORDBLAD. Beantwoord AL die vrae. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD. Beantwoord AFDELING B in die ANTWOORDEBOEK. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Gegewensblaaie en 'n periodieke tabel is vir jou gebruik aangeheg. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit verlang word.
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 AFDELING A Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLAD. VRAAG 1: EENWOORDITEMS Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.1 1.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer. 1.1 Eliminasie van H 2 O uit 'n alkohol (1) 1.2 Koolwaterstowwe wat trippelbindings bevat (1) 1.3 Alkane waarin 'n waterstofatoom deur 'n halogeen-atoom vervang is (1) 1.4 Die gas wat by die anode vorm tydens die elektrolise van 'n natriumchloriedoplossing (1) 1.5 Die elektrode in 'n elektrochemiese sel waar reduksie plaasvind (1) [5] VRAAG 2: PASITEMS Kies 'n item uit KOLOM B om by 'n beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A J) langs die vraagnommer (2.1 2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer. KOLOM A 2.1 'n Groep verbindings wat addisiereaksies kan ondergaan A KOLOM B natriumioonkonsentrasie 2.2 Die funksionele groep van die ketone B standaardsel 2.3 'n Faktor wat die reaksietempo kan verhoog C waterstofhalfsel 2.4 Die verwysingselektrode D alkane 2.5 'n Gevolg van eutrofisering E O - C - F G H I J tekort aan suurstof O - C - H hoë druk alkene lae temperatuur [5]
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1 3.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer. Indien die stelling ONWAAR is, korrigeer dit. 3.1 Etanol, etanoësuur en etaan is lede van dieselfde homoloë reeks. (2) 3.2 Die benseenring bestaan uit ses koolstofatome. (2) 3.3 'n Standaardsel wat 'n negatiewe emk het, kan nie as 'n galvaniese sel gebruik word nie. (2) 3.4 Verhoging van die temperatuur van 'n eksotermiese reaksie wat ewewig bereik het, sal die Kc-waarde verhoog. (2) 3.5 Die primêre voedingstowwe vir plante is C, P en K. (2) [10] VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde vir elk van die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A D) langs die vraagnommer (4.1 4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. O C O 4.1 Wanneer die groep in 'n verbinding teenwoordig is, kan die verbinding... wees. A B C propanal 1-propanol propanoon D metieletanoaat (3) 4.2 Watter EEN van die volgende verbindings is versadigd? A C 4 H 10 B C 5 H 10 C C 5 H 9 OH D C 6 H 10 (3)
Fisiese Wetenskappe/V2 5 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 4.3 Wanneer die entalpie van 'n chemiese reaksie toeneem,... A B C is H negatief. is die reaksie endotermies. sal die temperatuur in die reaksiehouer toeneem. D kan die reaksie nie spontaan plaasvind nie. (3) 4.4 Een van die stadiums tydens die industriële bereiding van yster vanuit erts word deur die vergelyking hieronder voorgestel: Fe 2 O 3 (s) + 3CO(g) 2Fe(l) + 3CO 2 (g) Die volgende veranderinge word aan die sisteem aangebring: (i) (ii) (iii) Fe 2 O 3 word bygevoeg CO 2 word verwyder CO word verwyder Watter van die veranderinge wat hierbo genoem word, sal die voorwaartse reaksie bevoordeel? A B C (i), (ii) en (iii) Slegs (i) en (ii) Slegs (ii) D Slegs (iii) (3) 4.5 Die kommersiële droë sel wat in 'n flits gebruik word, is 'n voorbeeld van 'n... sel. A B C primêre sekondêre elektrolitiese D waterstof- (3) [15] TOTAAL AFDELING A: 35
Fisiese Wetenskappe/V2 6 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 AFDELING B INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Formules en substitusies moet in ALLE berekeninge getoon word. 3. VRAAG 5 Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af. 5.1 Skryf die struktuurformules en IUPAC-name neer vir die produk(te) wat vorm wanneer die volgende verbindings met mekaar reageer: 5.1.1 Siklohekseen en HCl (3) 5.1.2 CH 3 CH 2 C CH CH 3 en HBr CH 3 (3) 5.2 Die volgende vergelykings stel chemiese reaksies voor: Reaksie 1: A + HBr CH 3 -CH 2 -CH 2 Br + H 2 O Reaksie 2: CH 3 -CH 2 -CH 2 Br NaOH A + NaBr 5.2.1 Noem die tipe reaksie in reaksie 2. (1) 5.2.2 Skryf die struktuurformule neer vir organiese verbinding A. (2) 5.3 Kraking is 'n proses wat vandag algemeen in die oliebedryf gebruik word. 5.3.1 Wat word met kraking bedoel? (2) 5.3.2 Waarom word kraking in die brandstofbedryf gebruik? (2) 5.3.3 Gee 'n rede vir die verskil in die smeltpunte en kookpunte van die volgende twee verbindings wat produkte van 'n spesifieke krakingsproses is: VERBIN- SMELTPUNT ( C) KOOKPUNT ( C) DING Butaan -138-1 Heptaan -91 89 (2) 5.3.4 In watter fase (gas, vloeistof of vaste stof) is elk van die volgende as dit as brandstof gebruik word: (a) (b) Butaan Heptaan (2) [17]
Fisiese Wetenskappe/V2 7 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 6 Jana wil vasstel hoe molekulêre massa die kookpunte van die eerste agt reguitkettingalkohole beïnvloed. 6.1 Watter eienskap van die alkohole mag hierdie 'n gevaarlike ondersoek maak? (1) 6.2 Struktuurisomere kan 'n uitwerking op die resultaat van hierdie ondersoek hê. Alkohole met meer as twee koolstofatome het meer as een struktuurisomeer. 6.2.1 Skryf die struktuurformules en IUPAC-name neer van die struktuurisomere van die alkohol wat drie koolstofatome het. (6) 6.2.2 Jana kies heptaan-1-ol as een van die verbindings vir die ondersoek. Watter EEN van die verbindings genoem in VRAAG 6.2.1 moet sy gebruik om die ondersoek 'n regverdige ondersoek te maak? (1) 6.2.3 Verduidelik die noodsaaklikheid van hierdie keuse in VRAAG 6.2.2. (2) 6.3 Ontwerp 'n ondersoek wat Jana kan uitvoer. Gebruik die volgende opskrifte in jou ontwerp. VRAAG 7 6.3.1 Hipotese (2) 6.3.2 Voorsorgmaatreëls (1) 6.3.3 Apparaat (4) 6.3.4 Metode (3) [20] Kano probeer om 'n vuur langs die pad te maak terwyl hy op 'n koue wintersmôre vir die skoolbus wag. Hy vind dat die vuur beter brand as hy dit aanblaas. 7.1 Gebruik die botsingsteorie om te verduidelik waarom die vuur beter brand as hy dit aanblaas. (2) 7.2 Noem EEN ander metode wat Kano kan gebruik om sy vuur vinniger te laat brand, en verduidelik waarom hierdie metode die gewenste uitwerking sal hê. (2) 7.3 Verduidelik kortliks waarom die rede genoem in VRAAG 7.1 dit baie gevaarlik maak vir Kano om die vuur te los sonder om dit deeglik te blus wanneer die bus opdaag. (2) 7.4 Kano gebruik 'n vuurhoutjie om die vuur aan te steek. Wat word die energie wat deur die vuurhoutjie verskaf word, genoem? (1) [7]
Fisiese Wetenskappe/V2 8 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 8 'n Leerder ondersoek 'n metode om die tempo waarteen waterstofgas in die reaksie tussen sink en soutsuur ontwikkel, te verhoog. 8.1 Deur een van die reaksietoestande te verander, verkry sy die grafiek hieronder waarin: Kurwe X die aanvanklike toestand voorstel Kurwe Y die veranderde toestand wat 'n hoër reaksietempo gelewer het, voorstel Breuk van molekule met 'n gegewe kinetiese energie X Kinetiese energie 8.1.1 Watter reaksietoestand het die leerder verander? (2) 8.1.2 Pas die botsingsteorie toe en verduidelik waarom die veranderde toestand tot 'n hoër reaksietempo lei. (3) 8.2 Sy verander toe nog 'n toestand waarvan die effek deur die grafiek hieronder voorgestel word. Weereens stel: Kurwe X die aanvanklike toestand voor Kurwe Y die veranderde toestand, wat 'n hoër reaksietempo gelewer het, voor X Y Potensiële energie P Q Reaksie-koördinaat 8.2.1 Watter reaksietoestand het die leerder verander? (2) 8.2.2 Wat word die energiewaarde genoem wat deur die volgende voorgestel word: (a) P (1)
Fisiese Wetenskappe/V2 9 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 (b) Q (1) [9] VRAAG 9 William wil die ewewigskonstante vir die ontbinding van kalsiumkarbonaat (CaCO 3 ) bepaal. Hy verseël 2,0 g CaCO 3 in 'n geëvakueerde 1,0 dm 3 -metaalfles en verbind 'n drukmeter aan die fles. Die fles word in 'n oond geplaas en verhit tot 'n temperatuur van 800 C waarby ewewig volgens die volgende vergelyking bereik word: CaCO 3 (s) CaO(s) + CO 2 (g) H > 0 Die grafiek verkry van druk teenoor tyd vir die ontbinding van kalsiumkarbonaat, word hieronder aangetoon. druk t 0 t 1 t 2 t 3 9.1 Hoe verander die tempo van die terugwaartse reaksie vanaf t 0 tot t 1? (2) 9.2 Wat is die rede vir die horisontale lyn tussen t 2 en t 3? (1) 9.3 Teken 'n sketsgrafiek om aan te toon hoe die massa van CaCO 3 vir die periode t 0 tot t 3 verander. (4) 9.4 Gedurende 'n kragonderbreking val die temperatuur van die oond tot 500 C. Watter uitwerking (skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE) het die afname in temperatuur op die volgende: 9.4.1 Die tempo van die voorwaartse reaksie (1) 9.4.2 Die konsentrasie van CO 2 (1) 9.4.3 Die waarde van K c (1) 9.5 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 9.4.3. (4) 9.6 Toe ewewig by 800 C bereik is, was die konsentrasie CO 2 teenwoordig in die fles 1,4 x 10-2 mol dm -3. Bereken die ewewigskonstante (K c ) by 800 C vir hierdie reaksie. (2) [16] tyd
Fisiese Wetenskappe/V2 10 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 10 Tina wil die uitwerking wat die oppervlakte van die metaalplate, wat as elektrodes in 'n galvaniese sel gebruik word, op die emk van die sel het, ondersoek. Sy stel die volgende Zn/Pb-sel onder standaardtoestande op en meet die emk. A B V Zn Pb 10.1 Watter elektrode sal 'n toename in massa toon wanneer hierdie sel in werking is? (1) 10.2 Skryf die vergelyking neer van die halfreaksie wat by die anode plaasvind. (2) 10.3 Bereken die emk wat jy sal verwag Tina op die voltmeter behoort te lees. (4) 10.4 Noem TWEE veranderlikes wat tydens hierdie ondersoek beheer moet word. (2) 10.5 Tina vervang nou die twee metaalplate met metaalplate wat groter oppervlaktes het, en neem weer die lesing. 10.5.1 Hoe verwag jy sal hierdie nuwe emk vergelyk met die een wat in VRAAG 10.3 bereken is? (Skryf slegs KLEINER AS, GROTER AS of GELYK AAN neer.) (1) 10.5.1 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 10.5.1. (2) 10.6 Tina vebind nou 'n resistor met 'n lae weerstand tussen terminale A en B. Sy neem waar dat die lesing op die voltmeter onmiddellik val. 10.6.1 Gee 'n rede vir hierdie waarneming. (2) 10.6.2 Na verloop van tyd merk sy 'n verdere geleidelike afname in die lesing op die voltmeter. Gee 'n rede vir hierdie waarneming. (2) [16]
Fisiese Wetenskappe/V2 11 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 11 11.1 In 'n aluminiumsmelter word aluminiummetaal van bauxiet, 'n gehidrateerde aluminiumoksied, verkry deur 'n elektrolitiese proses. 11.1.1 Skryf die energie-omsetting neer wat in 'n elektrolitiese sel plaasvind. (2) 11.1.2 Skryf die vergelyking neer van die halfreaksie wat verantwoordelik is vir die vorming van aluminiummetaal in 'n smelter. (2) 11.1.3 Verduidelik in terme van die relatiewe sterkte van oksideermiddels waarom die elektrolitiese vervaardiging van aluminium baie meer elektriese energie as dié van yster of koper vereis. (2) 11.1.4 Noem TWEE voordele wat die gebruik van aluminium bo dié van yster het. (2) 11.2 'n Enorme aluminiumsmelter word vir Coega in die Oos-Kaap beplan. Wanneer in werking, sal die smelter 1 350 MW elektrisiteit, of 4% van die land se totale energie, verbruik. Daar word beraam dat 5 200 werksgeleenthede tydens die hoogtepunt van die konstruksie geskep sal word. Ongeveer 1 000 arbeiders sal op 'n voltydse basis permanent in diens geneem word, en tussen 200 en 300 voltydse subkontrakteurs sal ook direk by die smelter betrokke wees. [Bron: Engineering News (http://www.engineeringnews.co.za) en Groundwork (www.groundwork.org.za)] 11.2.1 Deur die huidige Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese realiteite in ag te neem, noem EEN rede waarom die aluminiumsmelter: (a) Nie gebou behoort te word nie (1) (b) Gebou behoort te word (1) 11.2.2 Noem EEN rede waarom omgewingsaktiviste die oprigting van die smelter teenstaan. (1) [11]
Fisiese Wetenskappe/V2 12 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 VRAAG 12 Lees die stuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die kunsmisbedryf staan sentraal tot plantegroei en die produksie van brandstowwe, soos hieronder geïllustreer: Kunsmisbedryf PLANTE- GROEI VOEDSELgewasse biobrandstowwe STEENKOOL brandstowwe Plante is 'n belangrike natuurlike hulpbron. Saam met al hul baie ander voordele, produseer hulle ook: Voedsel deur fotosintese en Steenkool deur plantverrotting en kompaktering oor miljoene jare. Steenkool is 'n nieherwinbare hulpbron en word deur die nywerheid gebruik, byvoorbeeld SASOL om brandstof te produseer. Wêreldwye kommer oor die produksie van brandstowwe sluit die volgende in: Die groeiende tekorte aan beide brandstof en voedsel Die uitputting van nieherwinbare hulpbronne Bevolkingsgroei en toenemende eise aan natuurlike hulpbronne Aardverwarming, klimaatsverandering en omgewingsverval 'n Groeiende aanvraag na brandstof, tesame met die verwagte tekorte, verdiep die soeke na alternatiewe maniere van brandstofproduksie. Sommige organisasies is ten gunste van die produksie van biobrandstowwe vanuit gewasse en beweer dat dit in die stryd teen klimaatsverandering en omgewingsverval sal help. Ander argumenteer daarteen en beweer dat die onbedoelde gevolge daarvan negatiewe uitwerkinge op die wêreld se verhongerende bevolking kan hê. 12.1 Watter argument word vir die volgende gebruik: 12.1.1 Ter ondersteuning van die produksie van biobrandstowwe (1) 12.1.2 Teen die produksie van biobrandstowwe (1) 12.2 Wat is 'n nieherwinbare hulpbron? (1) 12.3 Noem TWEE risiko's verbonde aan die gebruik van steenkool of olie vir brandstofproduksie. (2) 12.4 Noem TWEE redes waarom die toename in brandstofpryse tot verhoogde voedselpryse lei. (2)
Fisiese Wetenskappe/V2 13 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 12.5 Waarom is die oordadige gebruik van kunsmisstowwe problematies? Verduidelik. (3) 12.6 Die Haber-proses word in die produksie van kunsmisstowwe gebruik. 12.6.1 Die Haber-proses voorsien een primêre voedingstof vir plante. Noem hierdie voedingstof. (1) 12.6.2 Watter funksie verrig hierdie voedingstof in plante? (1) 12.6.3 Noem TWEE maniere waarop die Haber-proses van brandstof afhanklik is. (2) 12.6.4 Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking neer vir die chemiese verandering wat in die Haber-proses plaasvind. (3) 12.6.5 Noem EEN nadeel van die gebruik van anorganiese kunsmisstowwe wat deur die Haber-proses berei word. (2) [19] TOTAAL AFDELING B: GROOTTOTAAL: 115 150
Fisiese Wetenskappe/V2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) TABEL 1: FISIESE KONSTANTES/TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE Standaarddruk Standard pressure Molêre gasvolume by STD Molar gas volume at STP Standaardtemperatuur Standard temperature p 1,013 x 10 5 Pa -1 V m 22,4 dm 3 mol T 273 K TABEL 2: FORMULES/ TABLE 2: FORMULAE m n= M n c= V E = E E / cell cathode anode E sel = E katode E anode m c= MV E cell = E E / reduction oxidation E sel = E reduksie E oksidasie E cell = E E / oxidising agent reducing agent E sel = E oksideermiddel E reduseermiddel
Fisiese Wetenskappe/V2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE /TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS 1 (I) 2 (II) 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 (III) 14 (IV) 15 (V) 16 (VI) 17 (VII) 18 (VIII) 2,1 1 H 1 2 He 4 1,0 3 Li 7 1,5 4 Be 9 2,0 5 B 11 2,5 6 C 12 3,0 7 N 14 3,5 8 O 16 4,0 9 F 19 10 Ne 20 0,9 11 Na 23 1,2 12 Mg 24 1,5 13 Al 27 1,8 14 Si 28 2,1 15 P 31 2,5 16 S 32 3,0 17 Cl 35,5 18 Ar 40 0,8 19 K 39 1,0 20 Ca 40 1,3 21 Sc 45 1,5 22 Ti 48 1,6 23 V 51 1,6 24 Cr 52 1,5 25 Mn 55 1,8 26 Fe 56 1,8 27 Co 59 1,8 28 Ni 59 1,9 29 Cu 63,5 1,6 30 Zn 65 1,6 31 Ga 70 1,8 32 Ge 73 2,0 33 As 75 2,4 34 Se 79 2,8 35 Br 80 36 Kr 84 0,8 37 Rb 86 1,0 38 Sr 88 1,2 39 Y 89 1,4 40 Zr 91 41 Nb 92 1,8 42 Mo 96 1,9 43 Tc 2,2 44 Ru 101 2,2 45 Rh 103 2,2 46 Pd 106 1,9 47 Ag 108 1,7 48 Cd 112 1,7 49 In 115 1,8 50 Sn 119 1,9 51 Sb 122 2,1 52 Te 128 2,5 53 I 127 54 Xe 131 0,7 55 Cs 133 0,9 56 Ba 137 57 La 139 1,6 72 Hf 179 73 Ta 181 74 W 184 75 Re 186 76 Os 190 77 Ir 192 78 Pt 195 79 Au 197 80 Hg 201 1,8 81 Tl 204 1,8 82 Pb 207 1,9 83 Bi 209 2,0 84 Po 2,5 85 At 86 Rn 0,7 87 Fr 0,9 88 Ra 226 89 Ac 58 Ce 140 59 Pr 141 60 Nd 144 61 Pm 62 Sm 150 63 Eu 152 64 Gd 157 65 Tb 159 66 Dy 163 67 Ho 165 68 Er 167 69 Tm 169 70 Yb 173 71 Lu 175 90 Th 232 91 Pa 92 U 238 93 Np 94 Pu 95 Am 96 Cm 97 Bk 98 Cf 99 Es 100 Fm 101 Md 102 No 103 Lr 29 Cu 63,5 1,9 Symbol Simbool Electronegativity Elektronegatiwiteit Approximate relative atomic mass Benaderde relatiewe atoommassa Atomic number Atoomgetal KEY/SLEUTEL
Fisiese Wetenskappe/V2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS E Halfreaksie/Half-reactions (V) Increasing oxidising ability/toenemende oksiderende vermoë F 2(g) + 2e 2F + 2,87 Co 3+ + e Co 2+ + 1,81 H 2O 2 + 2H + +2e 2H 2O +1,77 MnO 4 + 8H+ + 5e Mn 2+ + 4H 2O + 1,51 Cl 2(g) + 2e 2Cl + 1,36 Cr 2O 2 7 + 14H+ + 6e 2Cr 3+ + 7H 2O + 1,33 O 2(g) + 4H + + 4e 2H 2O + 1,23 MnO 2 + 4H + + 2e Mn 2+ + 2H 2O + 1,23 Pt 2+ + 2e Pt + 1,20 Br 2(l) + 2e 2Br + 1,07 NO 3 + 4H+ + 3e NO(g) + 2H 2O + 0,96 Hg 2+ + 2e Hg(l) + 0,85 Ag + + e Ag + 0,80 NO 3 + 2H+ + e NO 2(g) + H 2O + 0,80 Fe 3+ + e Fe 2+ + 0,77 O 2(g) + 2H + + 2e H 2O 2 + 0,68 I 2 + 2e 2I + 0,54 Cu + + e Cu + 0,52 SO 2 + 4H + + 4e S + 2H 2O + 0,45 2H 2O + O 2 + 4e 4OH + 0,40 Cu 2+ + 2e Cu + 0,34 SO 2 4 + 4H+ + 2e SO 2(g) + 2H 2O + 0,17 Cu 2+ + e Cu + + 0,16 Sn 4+ + 2e Sn 2+ + 0,15 S + 2H + + 2e H 2S(g) + 0,14 2H + + 2e H 2(g) 0,00 Fe 3+ + 3e Fe 0,06 Pb 2+ + 2e Pb 0,13 Sn 2+ + 2e Sn 0,14 Ni 2+ + 2e Ni 0,27 Co 2+ + 2e Co 0,28 Cd 2+ + 2e Cd 0,40 Cr 3+ + e Cr 2+ 0,41 Fe 2+ + 2e Fe 0,44 Cr 3+ + 3e Cr 0,74 Zn 2+ + 2e Zn 0,76 2H 2O + 2e H 2(g) + 2OH 0,83 Cr 2+ + 2e Cr 0,91 Mn 2+ + 2e Mn 1,18 Al 3+ + 3e Al 1,66 Mg 2+ + 2e Mg 2,36 Na + + e Na 2,71 Ca 2+ + 2e Ca 2,87 Sr 2+ + 2e Sr 2,89 Ba 2+ + 2e Ba 2,90 Cs + + e - Cs - 2,92 K + + e K 2,93 Li + + e Li 3,05 Increasing reducing ability/toenemende reduserende vermoë
Fisiese Wetenskappe/V2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS Increasing oxidising ability/toenemende oksiderende vermoë Halfreaksies/Half-reactions E (V) Li + + e Li 3,05 K + + e K 2,93 Cs + + e Cs 2,92 Ba 2+ + 2e Ba 2,90 Sr 2+ + 2e Sr 2,89 Ca 2+ + 2e Ca 2,87 Na + + e Na 2,71 Mg 2+ + 2e Mg 2,36 Al 3+ + 3e Al 1,66 Mn 2+ + 2e Mn 1,18 Cr 2+ + 2e Cr 0,91 2H 2O + 2e H 2(g) + 2OH 0,83 Zn 2+ + 2e Zn 0,76 Cr 3+ + 3e Cr 0,74 Fe 2+ + 2e Fe 0,44 Cr 3+ + e Cr 2+ 0,41 Cd 2+ + 2e Cd 0,40 Co 2+ + 2e Co 0,28 Ni 2+ + 2e Ni 0,27 Sn 2+ + 2e Sn 0,14 Pb 2+ + 2e Pb 0,13 Fe 3+ + 3e Fe 0,06 2H + + 2e H 2(g) 0,00 S + 2H + + 2e H 2S(g) + 0,14 Sn 4+ + 2e Sn 2+ + 0,15 Cu 2+ + e Cu + + 0,16 SO 2 4 + 4H+ + 2e SO 2(g) + 2H 2O + 0,17 Cu 2+ + 2e Cu + 0,34 2H 2O + O 2 + 4e 4OH + 0,40 SO 2 + 4H + + 4e S + 2H 2O + 0,45 Cu + + e Cu + 0,52 I 2 + 2e 2I + 0,54 O 2(g) + 2H + + 2e H 2O 2 + 0,68 Fe 3+ + e Fe 2+ + 0,77 NO 3 + 2H+ + e NO 2(g) + H 2O + 0,80 Ag + + e Ag + 0,80 Hg 2+ + 2e Hg(l) + 0,85 NO 3 + 4H+ + 3e NO(g) + 2H 2O + 0,96 Br 2(l) + 2e 2Br + 1,07 Pt 2+ + 2 e Pt + 1,20 MnO 2 + 4H + + 2e Mn 2+ + 2H 2O + 1,23 O 2(g) + 4H + + 4e 2H 2O + 1,23 Cr 2O 2 7 + 14H+ + 6e 2Cr 3+ + 7H 2O + 1,33 Cl 2(g) + 2e 2Cl + 1,36 MnO 4 + 8H+ + 5e Mn 2+ + 4H 2O + 1,51 H 2O 2 + 2H + +2 e 2H 2O +1,77 Co 3+ + e Co 2+ + 1,81 F 2(g) + 2e 2F + 2,87 Increasing reducing ability/toenemende reduserende vermoë
Fisiese Wetenskappe/V2 DoE/Voorbereidende Eksamen 2008 NAAM: FISIESE WETENSKAPPE V2 GRAAD 12-ANTWOORDBLAD VRAAG 1 VRAAG 2 1.1 (1) 2.1 (1) 1.2 (1) 2.2 (1) 1.3 (1) 2.3 (1) 1.4 (1) 2.4 (1) 1.5 (1) 2.5 (1) [5] [5] VRAAG 3 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 VRAAG 4 (2) (2) (2) (2) (2) [10] 4.1 A B C D 4.2 A B C D 4.3 A B C D 4.4 A B C D 4.5 A B C D (5 x 3) [15] TOTAAL AFDELING A: 35