Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Die genade gawes Van God:

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

1 TESSALONISENSE 1:3

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Die krag / vuur van God:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die Sendbrief van Jakobus

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

ישוע. familieboom van Jesus

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

deur CARIKA DU PLESSIS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

REFORMASIE. Martin Luther

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Deur Christus Alleen

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

VOLUME AUGUSTUS 2007

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Transcript:

Mark 12:18-27 Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015 Ps 104: 20, 21 - vooraf Ps 95: 1, 2, 3 - lofpsalm Ps 95: 4, 5, 6 na wet Ps 119: 35 as antwoord op die Woord Ps 107: 1, 7, 10 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 16: 4, 5 slotpsalm Lees: Mark 12:18-27. Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes vers 18 vertel dat die Sadduseërs by Jesus gekom het met vraag. wat gaan oor die opstanding uit die dood. So vertel vers 19-23. Opmerking Nou hierdie vraag was'ie opreg nie. Net-nou sal ons dieper hierop ingaan. Miskien moet ons vir nou net sê dat hierdie vraag van die Sadduseërs deel is van'ie aanslag teen Jesus. Hierdie aanslag wat nou al aan die gang vandat Jesus in Mark 11 uit Galilea in Jerusalem aangekom het. Uiteindelik loop'it uit op'ie moord op Jesus. Maar goed. Net-nou meer hieroor. Belangrik vir nou is'at as ons deur Mark 12:18-27 lees dit gaan oor Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. So kom ons gaan deur vers 18-27 en dan leer ons meer oor: die koms van die Sadduseërs wie hulle was hulle strikvraag en Jesus se reaksie daarop. Vir wat? Wel sodat ons die Woord van die HERE kan ken en kan bekeer en kan groei in ons geloof en ons lewe van dissipel-wees by Jesus. 1. So kom ons begin by vers 18. Dit vertel van die koms van die Sadduseërs.

Kyk daar staan: Toe kom daar Sadduseërs na Hom... Dis nou na Jesus toe. 1 Net 'n ruk te vore was'ie Fariseërs en die Herodiane by Jesus in'ie Tempel. So vertel vers 13-17. 2 Dis mos waar ons verlede week was. Terugblik 3 Die ouens uit die Fariseërs en die Herodiane was mos 'n kommissie of 'n afvaardiging vanaf die Godsdiens-leiers. En hulle moes Jesus in 'n gepratery kry. En Jesus uitlok om iets te sê wat Hom in die moeilikheid sou bring by die Romeine. Of Hulle moes Jesus kry om iets te sê wat Hom ongewild sou maak by die volk. Dit alles sou dit dan makliker maak vir die Godsdiens-leiers om Jesus te arresteer en aan die Romeine oor te gee om van Jesus ontslae te raak. So ja dit was die Godsdiens-leiers se sluwe moord-plan. 4 En nou'sit na hierdie dinge van vers 13-17 dat die Sadduseërs toe in vers 18 by Jesus aankom. Mattheus vertel in Mat 22:23 dat dit nog op die selfde dag was. 2. Maar nou'sie vraag: Wie is die Sadduseërs wat in vers 18 by Jesus aankom? A. Wel die Sadduseërs was 'n groep in Israel Hulle was rykes. Hulle was besitters van baie grond en goed. Hulle was leiers. 5 Baie belangrik was'at baie priesters ook Sadduseërs was. Ons leer'it bv uit Hand 5:17. 6 1 Vers 18 - Die voorsetsel-frase προς αυτον sê vir my waarheen die σαδδουκαιοι kom (Greek grammer beyond basics bl 380). αυτον = pers vnw 3de ml ev van αυ το ς wat terug wys, so meen ek vanuit die konteks, na Jesus (Greek grammer beyons basics bl 324; Edwards se Mark komm bl 365; Van Bruggen se Mark komm bl 267). 2 Vers 18 - Met και wys Markus dat die ερχονται σαδδουκαιοι προς αυτον verbind is aan die gebeure in 12:13-17 (Greek grammer beyons basics bl 671). Dis nie goed wat losstaan van mekaar nie (vgl Stein se Mark komm bl 549). Mat 22:23 wys my dat hierdie ερχονται σαδδουκαιοι προς αυτον nog op dieselfde dag gebeur het as die gebeure van 12:13-17. Dus, 'n ruk nadat die Godsdiens-leiers hulle afvaardiging bestaande uit Fariseërs en Herodiane na Jesus gestuur het om Hom in die moeilikheid te bring met iets wat Jesus sou sê iets wat toe misluk het kom die Sadduseërs nou by Jesus aan (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 267). 3 Vgl Mark 12,13-17.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 En dis hoe dit nog die heeltyd gaan vandat Jesus uit Galilea in Jerusalem aangekom het. Die Godsdiens-leiers verag Jesus. Hulle verwerp Jesus as die Messias. Hulle wil Hom nie aanneem nie. Hulle beplan 'n moord op Hom (Mark 11:11, 18, 27-33, 12:12-13) 5 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT bl 161, 163 6 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 146, 162, 164; Van Leeuwen se Mark komm bl 216; Edwards se Mark komm bl 364 1

Verduidelik 7 So dit het dan ook beteken dat die Sadduseërs deel was van'ie Godsdiens-leiers. Want vanuit Mark 11:27 leer ons dat die Godsdiens-leiers bestaan het uit die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge. Toepassing 8 En wat sê dit? Wel net een ding. En dis dat die Sadduseërs beslis nie na Jesus kom met goeie bedoelings nie. Hulle is immers deel van'ie Godsdiens-leiers met hulle sluwe moord-plan. B. Maar nou's hier nog iets. Want kyk wat sê vers 18. Hier staan: Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie... So die Sadduseërs sou nie vanoggend saam met ons kon bely: Ek glo... die opstanding van die liggaam en 'n ewige lewe op'ie nuwe aarde nie. 9 Verduidelik 10 Dit terwyl die Skrif hierdie waarheid tog baie duidelik leer. Byvoorbeeld in Jes 25:8 en Jes 26:19 en Jes 53:10 en Eseg 37:1-4 en Hos 13:14 en Dan 12:1-2 en Ps 73:23. Maar die Sadduseërs het hierdie waarheid nie geglo nie. Verduidelik 11 Miskien was'it omdat hulle nie die Profete en die Psalms as die Woord van die HERE aanvaar het nie. Hulle het net Genesis-Deuteronomium aanvaar as die Woord van die HERE. Maar tog ook daar het die HERE die opstandig uit die dood beloof. Ons sal net-nou by vers 26-27 meer daaroor leer. Opmerking Maar hoekom het die Sadduseërs nie die opstanding geglo nie? Wel vir die antwoord op hierdie vraag sal ons ook moet wag. Jesus gee dit in vers 24-27. C. Vir nou'sit belangrik om net ook te sien dat hierdie ongeloof in'ie opstanding die Sadduseërs ontsaglike hier-en-nou mense gemaak het. 7 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 146, 162, 164; Van Leeuwen se Mark komm bl 216; Edwards se Mark komm bl 364 8 Vgl Stein se Mark komm bl 549; Van Bruggen se Mark komm bl 267 9 Vgl Luk 20:34-35; TDNT vol 1 bl 369-370; Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 163 10 Vgl TDNT vol 1 bl 369-370; Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 163 11 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 161-164 2

Verduidelik 12 Want sonder die toekoms van die opstanding en die nuwe aarde daarmee saam was al waaroor'it vir die Sadduseërs gegaan het die hier-en-nou se goeie lewe en rykdom en mag om mense te manipuleer om jou goeie lewe en rykdom te beskerm. Toepassing En dadelik moet ons raaksien dat hierdie ongeloof in die opstanding die Sadduseërs baie ernstig met Jesus laat verskil het. Jesus verkondig die verlossende koningsheerskappy van God wat verlos uit die slawe bande van sonde en Satan wat van ons mense maak vir wie dit net gaan oor ek en my goeie lewe en my rykdom en my mag. Die sonde wat my teen God laat rebelleer en my my naaste in liefdeloosheid laat vertrap. Ja Jesus verkondig die verlossende koningsheerskappy van God wat uit hierdie sonde bevry en ons mense maak wat God en ons naaste met selfopofferende liefde dien. Nou hiervan het die Sadduseërs met hulle fokus op'ie hier-en-nou goeie lewe en mag en rykdom niks gehou nie. En by dit alles het Jesus in Mark 11:15-17 toe Hy al die geldmaak-projekte in die Tempel gestop het waar'ie Sadduseër-preisters in beheer gewys dat hulle mag nie bestand is voor sy Messiaanse Goddelike gesag nie. En ook daarvan het die Sadduseërs niks gehou nie. Hulle wou Jesus dood maak daaroor sê Mark 11:18 vir ons. So regtig as die Sadduseërs in vers 18 by Jesus aankom dan'sit nie met goeie bedoelings nie. Oorgang Ook nie as hulle hulle vraag vra nie. Want dis wat die Sadduseërs toe kom doen het. Want kyk wat sê vers 18. Daar staan: Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê... Opmerking En wat die Sadduseërs vra kry ons in vers 19-23. 12 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT, bl 163 3

3. En dan'sit 'n strikvraag. Dis 'n vraag waarmee hulle Jesus wil vang. En dit gaan ons agterkom as ons nou deur vers 19-23 gaan werk. Opmerking So ons kon in vers 18 meer leer oor'ie koms van die Sadduseërs en wie hulle is en hulle vyandigheid. Kom ons kyk nou in vers 19-23 na hulle strikvraag en hulle doel daarmee. A. Nou in vers 19 gee die Sadduseërs iets van 'n inleiding by hulle vraag. En dan begin hulle met: Meester Verduidelik 13 Hoor julle? Dis nes die Fariseërs en die Herodiane. Hulle het mos ook vir Jesus so genoem. 14 Ja nes'ie Fariseërs en die Herodiane noem'ie Sadduseërs vir Jesus ook Meester. So asof hulle respek het vir Jesus. Natuurlik is'it lot skynheiligheid. Want in daardie vyandige harte is daar niks respek vir Jesus nie. B. Maar hoor wat sê hulle verder in vers 19. Hulle sê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek. Nou die Sadduseërs praat hier oor Deut 25:5-6 waar'ie HERE deur Moses die swaershuwelik beveel het. 15 Die swaershuwelik was 'n huwelik wat die HERE beveel het vir as ek bv soos dood gaan sonder kinders. Dan moes my broer my vrou trou en vir my kinders maak. Verduidelik 16 Nou vir ons klink'it baie vreemd. Maar dis 'n OT-wet met 'n baie belangrike doel. Want hierdie 'swaershuwelik-wet' was deel van die HERE se 'verlosser-wette'. Ons kry die 'verlosser-wette' bv in Lev 25 en Num 35 en ook in Deut 25. Hierdie 'verlosser-wette' het bepaal dat in elke gesin 'n broer moet wees 13 Vgl Mark 12,13-17.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 14 Vgl vers 14 15 Vgl Refornation study Bible bl 1439; Van Bruggen se Mark komm bl 268 16 Vgl TWOT vol 1 bl 144; NIDOTTE vol 1 bl 790; Reformation study Bible bl 371 4

wat die gesin se verlosser moet wees. Dit was sy werk om bv sy broers en susters se grond terug te koop as hulle dit deur armoede verloor het. Dit was ook sy werk om sy broers en susters wat slawe geword het oor hulle skuld los te koop. En dan moes hy ook sorg dat as daar 'n broer sonder kinders dood gegaan het hy vir sy broer kinders maak 'n nageslag. So sien julle die doel van hierdie 'verlosser-wette'? Jy moes 'n broer hê wat jou verlosser is jou waarborg dat die HERE se verbondsbeloftes van land en 'n nageslag 'n werklikheid word vir jou. Openbaringshistories 17 En hierdie 'verlosser-wette' het natuurlik die Evangelie verkondig van die Verlosser van Israel hulle Groot-Broer uit Juda en Dawid die Messias. Ps 72:12-14 sê dis Hy wat die behoeftige red... Hy sal hulle siel verlos van verdrukking... en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë. Nou die Sadduseërs het natuurlik nie hierdie Evangelie van die 'verlosser-wette' in hulle koppe gehad toe hulle by Jesus die Verlosser en Messias aangekom het en hulle vraag begin het met Deut 25:5-6 nie. Maar goed. Dis hoe hulle hul vraag begin. Dis'ie inleiding van hulle vraag. En ons kry'it hier in vers 19. C. Kom ons gaan aan na vers 20-22. Hier vertel'ie Sadduseërs 'n storie. Hulle vertel dat daar sewe broers was, en die eerste het n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat. En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so. En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe. So dis'ie storie. 17 Vgl TWOT vol 1 bl 144; NIDOTTE vol 1 bl 792-793 5

Verduidelik 18 Sien julle wat doen'ie Sadduseërs. Hulle storie is 'n praktiese toepassing van Deut 25:5-6. Maar dan'sit 'n hartseer storie. Want hierdie ou kry nooit 'n nageslag nie. Hy gaan dood sonder kinders. En sy ses broers kan vir hom kinders maak nie. Nie een leef lank genoeg nie. Uiteindelik gaan sy vrou ook dood. Sy vrou wat nou intussen sewe mans gehad het. D. En dan kom'ie vraag 19 in vers 23. Kom ons kyk nou daarna. Kyk die Sadduseërs vra: In die opstanding dan... maw wanneer die nuwe tyd van'ie Koninkryk aanbreek 20 wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad of was met haar getroud. 21 En nou moet ons mooi kyk waarmee die Sadduseërs besig is. Hierdie is geen goed bedoelde vragie nie. Want kyk wat doen die Sadduseërs. Hulle is besig om 'n aaklige strik vir Jesus te span. Verduidelik 22 Want in Mark 10:1-12 het Jesus vanuit Gen 1:27 en Gen 2:24 geleer dat 'n huwelik lewenslank is tussen een man en een vrou en dat jy daarom nie mag skei en weer trou nie. Maar hoe nou gemaak met hierdie storie van'ie Sadduseërs en hulle vraag? Verduidelik 23 Ja Jesus staan daar in die Tempel. 18 In vers 20-22 skets die Sadduseërs nou vir Jesus 'n scenario van 'n vrou wat getroud was met sewe broers. Hierdie scenario is 'n praktiese voorbeeld van die toepassing van die losser-wetgewing tov die swaershuwelik (vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 216; Stein se Mark komm bl 549-550, 553). Die ουν (20a) wys my dat hierdie scenario voortvloei uit die 'swaershuwelik-inleiding' waarmee die Sadduseërs hulle gesprek met Jesus begin het (Greek grammer beyond basics bl 673; Stein se Mark komm bl 553; Edwards se Mark komm bl 366; Evans se Mark komm bl 254). 19 Vers 23 - τινος = vraende vnw gen ml ev van τις. Met hierdie vraende vnw vra die Sadduseërs 'n vraag aan Jesus wat inhou dat Hy iemand moet identifiseer (Greek grammer beyons basics bl 345). Die konstruk τινος αυτων εσται γυνη het dan die betekenis van 'die vrou van wie uit hulle (partitiewe gen; Greek grammer beyond basics bl 84) sal sy wees?'. Jesus word dus gevra om te identifiseer watter broer uit die sewe in die opstanding die man van hierdie vrou sal wees. 20 Vers 23 - Die voorsetsel-frase εν τη... αναστασει dui hier op 'n spesifieke tydperk of tydstip waarin of waarop die hoof-ww plaasvind Dus: 'in die tydperk van die opstanding' of 'op die moment van die opstanding' (Greek grammer beyond basics bl 372). Evans se Mark komm bl 254 wys my dat εν τη... αναστασει 'n uitdrukking is wat praat van opstanding en die nuwe tyd van die volheid van die Koninkryk. Dit gaan dus hier oor meer as 'n tydstip... dit gaan eerder oor 'n tydperk. 21 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 268 22 Vgl Evans se Mark komm bl 251; Edwards se Mark komm bl 367 6

Die volk is rondom Hom. Hulle hou van Hom. Iets wat maak dat die Godsdiens-leiers tot so ver nie vir Jesus kon vang nie. 24 Maar nou kom die Sadduseërs met hierdie vraag. En hoe Jesus nou gaan antwoord kan Hom baie maklik vreeslik ongewild maak. I Want sê Jesus: 'Ek weet nie'. Wel dan gaan die volk nie meer van Jesus hou nie. Want 'n Messias moet met wysheid kan regeer. II Begin Jesus allerhande uitsprake maak oor wie nou met hierdie vrou getroud moet wees gaan Jesus sy leer in Mark 10:1-12 weerspreek. III En daarby in die terrein in beweeg van huwelik en trou en skei en weer trou en al daardie dinge wat vandag nog geweldig sensitief is en mense sommer baie vinnig kan kwaad maak vir jou. So die Sadduseërs het met hierdie vraag die bedoeling om Jesus in moeilike situasie te sit. Hulle wil Hom of belaglik maak. Of hulle wil dat daar 'n gestry moet begin oor dit wat Jesus antwoord. En in albei gevalle gaan die volk nie meer so baie van Jesus hou nie. En dis wat die Godsdiens-leiers soek. Want dit gaan'it vir hulle baie makliker maak om Jesus te arresteer. 4. En nou'sie vraag: Hoe gaan Jesus reageer. Dis waarop ons nou gaan fokus in vers 24-27. Toepassing En nou'sit in hierdie reaksie van Jesus dat Jesus nie net met die Sadduseërs gaan praat nie. Nee Jesus praat met ons elkeen. Regtig met elkeen van ons. So daarom moet ons regtig ook luister. vir Jesus se lering vir ons. Luister vir Jesus se waarskuwings aan ons. Luister vir Jesus se oproep tot bekering tot ons. Luister vir die Evangelie wat Jesus verkondig aan ons. A. So kom ons begin by Jesus se reaksie in vers 24. Dis waar Jesus vir die Sadduseërs sê: Is dit nie daarom dat julle dwaal... nie? 23 Vgl Evans se Mark komm bl 254; Edwards se Mark komm bl 367; Remarage after divorce in Today's Chrurch 3 views, bl 11-16; Van Bruggen se Mark komm bl 268; Stein se Mark komm bl 553 24 Mark 11:18 en 12:12 wys'it vir ons. 7

So die Sadduseërs dwaal. In vers 27 sê Jesus dit weer: Julle dwaal... grootliks. Verduidelik 25 En as jy dwaal dwaal jy weg van'ie HERE se Woord van sy waarheid van sy wil. Jy dwaal weg van die HERE self. So as jy dwaal is'ie uit-einde dat jy nie 'n verbondsverhouding met die HERE het nie. Want jy's weg van die HERE vreemd vir die HERE. Skrif met Skrif En dis verskriklik. In Jer 42:20 sê die HERE: julle het gedwaal ten koste van julle lewe... So as jy dwaal is jy op pad na die dood. Uiteindelik in die hel. So sien julle? Die Sadduseërs met hulle opstand teen Jesus met hulle sluwe strikvraag vir Jesus met hulle ongeloof in die opstanding dwaal. 26 Dis Jesus se baie ernstige waarskuwing in vers 24 en vers 27. B. Maar wat'sie rede hiervoor? Wel Jesus sê'it in vers 24. Kyk Hy sê: Is dit nie daarom dat julle dwaal nie... of vir hierdie rede dat julle dwaal nie. 27 En hoor nou. Hier kom'ie rede as Jesus in vers 24 sê 28 (dis om 29 )dat julle die Skrifte 25 Vers 24 - πλανασθε = praes ind med/pas van πλανα ω. Ek meen, in navolging van Baljon bl 784, dat ek hier met die passiewe betekenis te doen het. Dus: 'julle is tot dwaling gebring en is nou dwalend en verlore' (vgl ook NIDOTTE vol 319). Jy dwaal wanneer jy nie meer op die pad van die HERE wandel nie... met ander woorde nie meer by sy Waarheid bly nie, ongehoosaam daaraan is vgl Jes 53:6 (NIDNTT vol 2 bl 558; Edwards se Mark komm bl 367). In die Lxx vertaal πλανα ω baie maal die Hebreeuse woord תהעה (TDNT vol 6 bl 233). Dit gaan dan baie sterk daaroor om op die verkeerde sondaar-pad sonder God vervreemd van God en sy Woord verlore te wees... uiteindelik die dood deelagtig te wees... en nie die lewe nie Ps 119:110; Spr 7:25-26; Jes 47:15; 53:6; Jer 42:20; Eseg 44:10 (NIDOTTE vol 4 bl 319-320; TWOT vol 2 bl 977; Young se Jes komm vol 3 bl 349; Mackey se Jer komm vol 2 bl 405). Jesus sê dus hier aan die Sadduseërs, met sy aankondiging dat hulle dwaal, dat hulle op die oomblik nie by die HERE en sy wil is nie... iets wat hulle in die dood stort. 26 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 269 27 Vers 24 - Die voorsetsel-frase δια τουτο wys my op die rede/oorsaak vir die Sadduseërs se πλανα ω (Greek grammer beyons basics bl 369; Evans se Mark komm bl 254). Hulle is besig met πλανα ω 'as gevolg van hierdie'/ 'vir hierdie rede'. 28 Vers 24 - Die aanwysende vnw τουτο wys in hierdie geval vorentoe na μη ειδοτες τας γραφας μηδε την δυναμιν του θεου. Ek kies vir hierdie opsien ogv Mattheus se weergawe in Mat 22:29 wat nie die δια τουτο het nie maar μη ειδοτες τας γραφας μηδε την δυναμιν του θεου dadelik koppel aan πλανασθε ο ιησους ειπεν αυτοις πλανασθε μη ειδοτες τας γραφας μηδε την δυναμιν του θεου (Greek grammer beyond basics bl 333; Van Leeuwen se Mark komm bl 217; Evans se Mark komm bl 254). Dus: Die groot rede wat Jesus gee vir waarom die Sadduseërs πλανα ω is μη ειδοτες τας γραφας μηδε την δυναμιν του θεου (Evans se Mark komm bl 254; Stein se Mark komm bl 553-554; Edwards se Mark komm bl 367; Comm on the NT use of the OT, bl 215). 29 Vers 24 - μη ειδοτες = μη + perf part akt mv van ει δω (Baljon bl 269). Die perf het hier 'n praes betekenis (Baljon bl 269; Greek grammer beyond basics bl 579). Hierdie gebruik van die perf hou in dat die klem lê op die gevolg van die ww. Dus, die klem by die μη ειδοτες-handeling is dat die Sadduseërs μη ειδοτες... hulle verkeer dus in 'n toestand van μη ειδοτες (Greek grammer beyond basics bl 580). Ek meen verder dat die part hier redegewend is juis omdat dit verbind is aan δια τουτο en die τουτο van δια τουτο verder beskryf (vgl ook Greek grammer beyond basics bl 631; Van 8

of'ie Woord of'ie Bybel 30 nie ken nie? Verduidelik 31 Nou as Jesus vir'ie Sadduseërs sê hulle dwaal omdat hulle nie die Skrifte nie ken nie dan beteken'it beslis nie hulle weet'ie wat in die Bybel staan'ie. Bewys Hulle het dan nou-net in vers 19 aangehaal uit Deut 25:5-6. En as Jesus in vers 26 aanhaal uit Eks 3:6 en vir'ie Sadduseërs vra: het julle nie gelees in die boek van Moses... nie?. dan's daar net een antwoord. 32 En dit is: 'ja ons het'. So dis duidelik. Die Sadduseërs weet wat staan in die Skrifte. Maar wat beteken'it dan as Jesus in vers 24 sê:... julle dwaal (om)dat julle die Skrifte... nie ken nie? Verduidelik 33 Wel die woordjie ken beteken beslis dat jy die Bybel moet ken. Jy moet dit leer en weet wat daarin staan. Anders ken jy nie die Skrifte nie. Maar Maar ken beteken ook meer. Want ken in vers 24 beteken ook om te glo. Dis om terwyl jy lees en leer ken te bid: 'HERE maak'ie waarheid van U Skrifte deel van my lewe. HERE bekeer my met hierdie waarheid. Maak my lewend en nuut met U Woord.' Maar so op hierdie manier het die Sadduseërs nie die Skrifte geken nie. Toepassing Daarom dat hulle met koppe propvol Bybel in vyandskap leef met Jesus. Daarom dat hulle met koppe propvol Bybel nie glo in die opstanding nie. Daarom dat hulle met koppe propvol Bybel wegdwaal van die HERE af op pad na die hel. Leeuwen se Mark komm bl 217). 30 Vgl TDNT vol 1 bl 751-752 31 Vgl Edwards se Mark komm bl 367 32 Vers 26 - Met ουκ lei Jesus 'n retoriese vraag in waarop mens 'n 'ja' antwoord verwag en waarmee Jesus die Sadduseërs betrokke maak. Hulle moet reageer met 'n 'Ja ons het' (Binnewerk bl 112, 119). 33 Vers 24 - ει δω staan baie direk in verband met ידהע (Baljon bl 269), en het die betekenis van 'ken'/ 'verstaan' (Stein se Mark komm bl 553-554), maar dan is dit ook ken en verstaan wat jou raak, wat jou laat beleef, wat jou laat optree... Dis nie ken en verstaan van feite wat na buite jou bly nie. Nee, dis ken en verstaan van feite wat jou lewe raak, en beïnvloed (Pop, Bijbelse woorden en hun geheim bl 329-330; NIDOTTE vol 2 bl 413). 9

Ja Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte... nie ken nie? C. Maar Jesus sê nog iets 34 in vers 24. Hy sê: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie? Verduidelik Nou as Jesus praat van die Krag van God het elke Israeliet dadelik gedink aan die verlossing uit Egipte. 35 Want dit was alles deur die krag van God. 36 En lees mens aan na die profete sien jy bv in Jes 2:10-22 en Jes 40:10 dat as God sy Koninkryk laat kom en sy nuwe aarde skep en sy gelowiges verlos dit alles gebeur deur die krag van God. 37 Maar nou ken die Sadduseërs nie hierdie krag van God nie. Sê Jesus in vers 24. Verduidelik 38 En dan'sit net soos met die Skrifte. Die Sadduseërs lees deur Eksodus. Hulle weet van die krag van God in die verlossing uit Egipte. Maar nooit is'it kennis wat hulle in hulle harte aangryp nie. Nooit is'it kennis wat hulle laat bid en sê: 'HERE U is groot! HERE wees tog ook my God! En laat my besef dat U 'n werklikheid is. En HERE laat my ook deel in die verlossing deur U krag.' So ken die Sadduseërs nie die Skrifte nie en ook nie die krag van God nie. Daarom dwaal hulle weg van die HERE. Daarom aanvaar hulle Jesus nie as Messias nie. Daarom glo hulle nie die opstanding nie. Toepassing En ons? Ken ons die Skrifte en die krag van God. Ken ons dit werklik? Of is ons koppe net vol Bybel? Ken ons die Skrifte so dat die waarheid daarvan my bekeer en my lei in 'n nuwe lewe. Ken ons die krag van God so dat God deur sy verlossende almag my God geword het 34 Vers 24 - Met μηδε voorafgegaan deur μη (24c) sê Jesus hier: 'omdat nie... en ook nie...'/ 'omdat nie... en net so ook nie...' (Baljon bl 614). Jesus voeg dus nou nog iets by wat die Sadduseërs nie ken nie... iets wat net so belangrik is. 35 en die tien plae... en hoe die HERE die rooi see gekloof het sodat Israel op droë-grond daardeur is. 36 Vgl TDNT vol 2 bl 290-292 37 Vgl TDNT vol 2 bl 295 38 Vgl Groenewald se Mark komm bl 302; Van Leeuwen se Mark komm bl 217; Evans se Mark komm bl 254; Cole se Mark komm bl 270; English se Mark komm bl 195-196; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 50 10

en dat God en sy krag 'n werklikheid in my lewe is? Dis'ie selfondersoek vraag as Jesus in vers 24 vir die Sadduseërs sê: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie? D. Maar nou reageer Jesus verder in vers 25. Verduidelik 39 En wat nou hier gebeur is'at die Sadduseërs in vers 23 hulle strikvraag gevra het. Daai vraag oor met watter een van die sewe broers die arme vrou in die opstanding getroud moet wees. Want nou was sy met almal getroud. Soos die een gegaan het het die ander een gekom. In vers 24 sê Jesus toe vir hulle:... julle dwaal (om)dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie. Maar nou in vers 25 gaan Jesus vir die Sadduseërs prakties wys hoe hulle dwaal omdat hulle nie die Skrifte en ook nie die krag van God ken nie. Hoe? Wel Jesus doen'it as Hy vir'ie Sadduseërs in vers 25 sê: Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie maar is soos engele wat in die hemele is. Verduidelik 40 So sien julle wat doen Jesus hier? Jesus wys die Sadduseërs hoe verkeerd hulle dink. Hulle dink dat dinge soos dit nou is ook so moet wees in die opstanding. So as jy nou getroud is moet jy ook in die opstanding getroud wees. Daarom is die vrou met die sewe mans 'n probleem en dink hulle dat hulle Jesus met so 'n probleem-vraag kan uitvang. Maar nou kom Jesus en Hy wys'ie Sadduseërs dat hulle verkeerd dink. Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie... Maar hoekom dink die Sadduseërs so verkeerd? 39 Vers 25 - Ek meen nie dat γαρ hier 'n redegewende sin inlei nie. Met γαρ lei Jesus 'n sin in waarmee Hy nou, nadat Hy die Sadduseërs daarop gewys het dat hulle πλανα ω omdat hulle η ειδοτες τας γραφας μηδε την δυναμιν του θεου, gaan verduidelik hoe ons bestaan nadat ons uit die dood opgestaan het en weer lewe (vgl Greek grammer beyond basics bl 673; Cole se Mark komm bl 270). Ek sal dan die γαρ soos volg parafraseer: 'En ja om nou na julle vraag toe terug te keer...' 40 Vgl Stein se Mark komm bl 554; Cole se Mark komm bl 270 11

Verduidelik 41 Wel dis omdat hulle nie die Skrifte en'nie die krag van God ken nie. Hulle lees Bybel maar die werklikheid van'ie God van die Bybel het hulle nog nie aangegryp nie. God is nie 'n werklikheid in hulle lewens nie. God staan nie sentraal in hulle dink-en-doen nie. Daarom kan die Sadduseërs net nie uit hulle boksie van hier-en-nou dink nie. Omdat God en sy Krag nie sentraal in hulle dink-en-doen staan nie kan hulle net nie dink dat God in die opstanding alles radikaal nuut gaan maak nie. Toepassing En net hier moet ons weer selfondersoek doen. Hoe dink ek en jy? Het ons God waarlik vanuit die Skrifte leer ken? So dat God sentraal staan in ons dink-en-doen. Voorbeelde As ons worstel met lewens-krisisse en probleme As ek depressief is As iemand met slim teorieë God se skepping in ses dae belaglik wil maak As ek my totale verlorenheid in my sonde besef Ken ek dan die Skrifte en die krag van God. So dat ek my oorgee aan die God van alle mag. En sê: 'HERE red my uit my sonde en my lewens-krisisse en gee vir my en my kinders kos en 'n plek om te slaap en hou my deur U krag aan U waarheid vas.' En beleef ek dan die vrede om deur hierdie God in van alle mag verlos te wees en vas gehou te word? Hê geliefdes? Of dwaal ons weg van God soos die Sadduseërs omdat ons nie die Skrifte en ook nie die krag van God ken nie. Dis wat Jesus ons leer in vers 25. E. Maar dit bring ons by Jesus se reaksie in vers 26-27. 42 Dis waar Jesus sê: 41 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 269; Edwards se Mark komm bl 368; Stein se Mark komm bl 554; Groenewald se Mark komm bl 302; Helberg, In die Skriflig, Jesus Christus se begronding van die opstanding in die OT en implikasies daarvan bl 2. 42 Vers 26 - Met δε voeg Jesus nou nog iets by. Jesus het reeds die verkeerde denke van die Sadduseërs tov ons opstandingsbestaan afgewys... en wat daarmee saamgaan (vers 25). Maar nou gaan Jesus nog iets byvoeg (Greek grammer beyond basics bl 671; Van Bruggen se Mark komm bl 270). 12

En wat die dode betref, dat hulle opstaa het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos... nie?... Verduidelik 43 So Jesus vat nou die Sadduseërs na Eks 3 toe waar ons hoor dat die... HERE aan (Moses) in n vuurvlam uit n doringbos verskyn het... En dan sê Jesus in vers 26-27: En wat die dode betref, dat hulle opstaan het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom (in Eks 3:6 gesê) het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie? God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Verduidelik 44 Nou in vers 25 het Jesus die Sadduseërs gewys hoe verkeerd hulle dink oor die opstanding-lewe. Hulle dink alles soos'it nou is moet in die tyd van die opstanding ook wees soos nou. Nou in vers 26-27 gaan Jesus hulle wys dat hulle ongeloof in die opstanding ook verkeerd is. Maar hoe? Wel Jesus vat in vers 26-27 die Sadduseërs na die Skrifte toe na Eks 3:6 waar God aan Moses sê: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. Verduidelik 45 En wat sê God hiermee? Wel God vat Moses terug na Gen 17:7 waar God aan Abraham gesê het: Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou... om vir jou n God te wees en vir jou nageslag ná jou. So as God in Eks 3:6 sê: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob beteken'it net een ding. En dit is: God staan steeds in 'n verbondsverhouding 43 Vers 26 - Die voorsetsel-frase επι της βατου het die betekenis van 'op/by die doringbos' (Baljon bl 157; Greek grammer beyond basics bl 376). So verwys Jesus na die plek in die boek van Moses waarop Jesus nou die Sadduseërs fokus (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 270; Van Leeuwen se Mark komm bl 218). Hiermee verwys Jesus dan na Eks 3:1-12 (vgl Comm on the NT use of the OT bl 215)... Die deel wat handel oor ὤφθη δ ὲ αὐτ ῷ ἄγγελος κυρίου ἐν φλογ ὶ πυρὸς ἐκ το ῦ βά του (Eks 3:2 Lxx). 44 Vers 26 - Met die voorsetsel-frase περι... των νεκρων οτι εγειρονται wys Jesus ons waaroor dit nou spesifiek gaan as Hy die Sadduseërs 'n retoriese vraag vra (Greek grammer beyons basics bl 379). Jesus vra hierdie vraag want Hy wil nou spesifiek fokus op die dode en dat hulle opstaan (vgl Evans se Mark komm bl 255). Waar Jesus in vers 25 op die vraag van die Sadduseërs en ons bestaan in die opstanding gefokus het, konsentreer Jesus dus nou hier op die waarheid van die opstanding self. Jesus spreek dus nou hier die eintlike dwaling van die Sadduseërs aan (Van Bruggen se Mark komm bl 270). 45 Vers 26 - Ek meen dat die gen konstruk ο θεος αβρααμ 'n gen is waarmee die verbonsverhouding tussen God en Abraham beskryf word vgl Gen 17:7 Lxx - κα ὶ στήσω τὴν διαθήκην μου ἀν ὰ μέσον ἐμο ῦ κα ὶ ἀν ὰ μέσον σο ῦ κα ὶ ἀν ὰ μέσον το ῦ σπέρματός σου μετ ὰ σ ὲ εἰς γενεὰς αὐτῶν εἰς διαθήκην αἰώ νιον εἶνα ί σου θεὸ ς κα ὶ το ῦ σπέρματός σου μετ ὰ σ έ (vgl Helberg, In die Skriflig, Jesus Christus se begronding van die opstanding in die OT en die implikasies daarvan, bl 3). 13

met Abraham en Isak en Jakob. 46 Verduidelik 47 En hierdie verbonsverhouding bestaan steeds al is Abraham en Isak en Jakob in die tyd van Moses omtrent al 400 jaar dood. En wat sê'it as God steeds 400 jaar na Abraham-hulle se dood steeds sy verbonsdverhouding met Abraham-hulle het? Wel dat Abraham-hulle steeds op een of ander manier moet leef. 48 En presies dit sê Jesus in vers 27: God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Verduidelik 49 Daarom ook dat Abraham-hulle sal opstaan. 50 So sien julle wat sê Jesus in vers 26-27 vir die Sadduseërs? Jesus sê op grond van wat in Eks 3:6 gebeur het ja op grond van die Skrifte dat God se verbonsverhouding die absolute vasstaande waarborg is vir die opstanding uit die dood. 51 Toepassing Hoor julle die Evangelie?!! Die dood sal nie die laaste sê hê nie ook nie oor Jesus wat die Sadduseërs wil dood hê nie. Nee! God en sy verbondsverhouding het die laaste sê. Ja as God jou God is as God sy verbondverhouding met jou het dan sal jy opstaan uit die dood. Want God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Dis wat Jesus in vers 27 sê. F. Nou'sie vraag: Wat sê'it vir'ie Sadduseërs daar by Jesus? Wel daaroor praat Jesus in die laaste deel van vers 27. Dis waar Jesus vir die Sadduseërs sê: Julle dwaal dus grootliks. 46 'n Verbondsverhouding waarin God ook aan hulle die belofte van die land Kanaan waar sal maak soos die HERE in Gen 17:8 beloof het. 47 Vers 26 - εγω ο θεος αβρααμ = nominale sin. So is dit ook in die Hebreeus van Eks 3:6 (BHNG bl 40, 299). Die doel van 'n nominale sin is om 'n 'toestand' of 'n stand van sake te beskryf (vgl BHNG bl 272, 273; A grammer of Biblical Hebrew bl 530; Hebreeuse spraakkuns bl 235; Stein se Mark komm bl 555). Dus: Daar by die brandende doringbos waar God met Moses praat en sê: εγω ο θεος αβρααμ και ο θεος ισαακ και ο θεος ιακωβ... heers die toestand van 'n verbondsverhouding tussen God en αβρααμ και ισαακ και ιακωβ steeds, al is hulle omtrent al 400 jaar fisies dood... Die fisiese dood kon dus nie hierdie verbonsverhouding laat ophou nie (vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 218; Van Bruggen se Mark komm bl 270; Stein se Mark komm bl 555). 48 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 270; Stein se Mark komm bl 555; Cole se Mark komm bl 271 49 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 270; Edwards se Mark komm bl 369; Evans se Mark komm bl 256 50 sodat hulle hier op die nuwe aarde die verbonsbelofte van die beloofde land wat God aan hulle gemaak het... maar wat hulle in hierdie lewe nie ontvang het nie sal kan ontvang. 51 Vgl Reformation study Bible bl 1439 14

Verduidelik Julle dwaal Julle wat vir Jesus nie aanneem as Messias nie. Julle wat Hom wil dood hê. Julle wat nie glo in die opstanding nie. Julle dwaal weg van God af. So wat wys'ie Sadduseërs met hulle lewens? Wel dat hulle dood is. Geestelik dood op-pad na die ewige dood in die hel. Want by God in 'n verbondverhouding met God lewe jy. Ook in die opstanding. Want God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Sê Jesus in vers 27. En hoekom? Hoekom is daar hierdie dwaling by die Sadduseërs? Wel Jesus wys dis omdat hulle nooit waarlik die Skrifte en ook die krag van God (ge)ken (het) nie. Slot En nou'sie vraag vanoggend vir my en vir jou: Ken ons die Skrifte en die krag van God? Dis'ie groot vraag hier in Mark 12:18-27 Verduidelik Ja het ons al uit die Skrifte waaragtig vir Jesus leer ken. Paulus sê in 1Kor 1:24 dat Jesus die krag van God is. Ja het ons al vir Jesus leer ken? En Hom gevra om ons Verlosser te wees sodat God ook ons God kan wees. Hê geliefdes? Ken ons die Skrifte en die krag van God? So dat ek al meer begin besef dat God 'n lewende werklikheid is. Weet julle: As dit in my en jou lewe gebeur dat ons die Skrifte begin ken en vir Jesus die krag van God dan moet ons weet: God het verlossend deur sy krag in ons kom werk. Want uit ons eie kan ons nie die Skrifte ken nie ook nie die krag van God nie. Nee uit ons eie dwaal ons. Maar uit genade alleen open Jesus die krag van God verstande om die Skrifte te verstaan Luk 24:45 vertel daarvan. Sodat ons die Skrifte kan ken en die krag van God. En kan deel in die opstanding wat kom wat Jesus klaar ingegaan het. Amen. 15