1 TESSALONISENSE 1:3 Votum en seën Psalm 149 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 1 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense 1:3 (AV 1983/91) Psalm 43 : 3, 5 Preek: Die Here bemoedig hulle wat glo en liefhet en hoop Gebed Kollekte Skrifberyming 69 (7-2) : 1, 2 Seën Skrifberyming 78 (13-3)
2 Dis n vraag wat partykeer selfs by jarelange gelowiges opduik: - ís ek regtig op die regte koers in my geestelike lewe? - misgis ek my nie dalk wanneer ek dink dat ek n kind van die Here is nie? - is ek in die oë van die Here n ware Christen? Daar s baie Skrifgedeeltes waarin die Heilige Gees ons help om n antwoord te kry op hierdie soort vrae. Een daarvan is hierdie gedeelte, waar ons onder andere lees hoe die Here ware kinders van Hom 1 mense wat glo en liefhet en hoop bemoedig. Kom ons kyk vanaand watter lig hierdie vers ons gee op hierdie vraag wat ons partykeer sommer so uit die bloute uit kan begin pla: ís ek regtig n kind van die Here? Ons kyk eers na die feit dat hierdie n bemoediging van die gelowiges daar in Tessalonika was en dan na wat gewys het dat hulle regtig gelowiges was, kinders van die Here. 1. HIERDIE IS n BEMOEDIGING Die apostel Paulus het die boodskap van Jesus Christus op die tweede van sy drie sendingreise ook in Tessalonika verkondig. 2 Dit was destyds die hoofstad van die provinsie Macedonië, wat ook deur die Romeine regeer was. En al kon die apostel nie lank daar bly nie, as gevolg van teenstand van die Joodse gemeenskap daar en van onluste (betogings) wat hulle op tou gesit het teen Paulushulle, het die Here sy werk daar geseën: - daar t mense tot geloof 3 en tot bekering gekom, 4 soveel so dat hulle self verspreiders van die evangelie geword het, 5 en n voorbeeld vir al die gelowiges in hulle provinsie en selfs wyer. 6 En elke keer as Paulus aan hulle gedink het, het hy God gedank vir hulle. 7 1 Uitverkorenes volgens 1 Tes 1:4 2 Hand 17:1-9; 1 Tes 1:5 3 Vers 5 4 Verse 9-10 5 Vers 8 6 Vers 7 7 Vers 2
3 En dit was gedurig, want hy kon nie ophou om aan al die mooi dinge wat hy van hulle gehoor het, te dink nie. 8 En hy skrýf dit vir hulle dat hy God gedurig vir hulle dank - nie om hulle tevrede te maak met hoe hulle is en waar hulle in hulle geloofslewe is nie, want later in die brief moedig hy hulle aan om verder in gehoorsaamheid aan God en in liefde vir hulle naaste te groei; 9 - en nie om hulle hoogmoedig te maak oor wat hulle op geestelike gebied in so n kort tydjie kon regkry nie; - maar om hulle te verseker dat hulle op die regte pad is en om hulle aan te moedig om daarop aan te hou. Dit werk mos so by gelowiges: - as jy weet dat dit wat jy in jou lewe saam met die Here en vir Hom doen, reg is, dat dit sy goedkeuring wegdra, dan maak dit jou nie hoogmoedig nie, want jy weet mos dat dit alles van die Here af kom en deur Sy Gees in jou bewerk is; - dis vir jou eerder n aansporing om daarmee aan te hou en selfs nog beter daarin te vaar, want die allesoorheersende begeerte in n ware kind van die Here se lewe is mos om te lewe soos Hy wil hê dat ons moet! 10 Paulus se dank aan God oor dit wat hy van die Tessalonisense gehoor het, het vir daardie mense gewys dat die Here goedkeur wat hulle doen, en daarom was dit vir hulle n sterk aanmoediging om daarmee aan te hou en selfs nog verder daarin te groei. 2. DIE KENMERKE VAN HULLE CHRISTENSKAP Wat het die apostel van hierdie Tessalonisense gehoor, waarvoor hy God aanhoudend gedank het? Wat was by hierdie mense die duidelike tekens dat hulle regtig kinders van die Here geword het? 11 Drie dinge: - die werk 12 van hulle geloof; 8 Vers 3 9 1 Tes 4:1, 10 10 2 Kor 5:9 11 Vgl vers 4 12 έργος
4 - die inspanning 13 van hulle liefde; - en die volharding 14 van hulle hoop op die Here Jesus Christus. Hoor u die bekende drietal van ons Christelike lewe: geloof, liefde, hoop? Hier word nou by elkeen van hulle gesê wat hulle in n ware Christelike lewe veroorsaak/voortbring: 15 - geloof bring werke 16 voort; - liefde lei tot inspanning; - hoop gee volharding. Geloof werk. Al dink ek die mooiste dinge van my eie geloof, al kan ek dit in die hartroerendste woorde bely, as my geloof nie ook oorgaan in werklike dade van gehoorsaamheid aan die Here in goeie werke nie. dan s dit nie net n swak geloof nie, maar (hoor ons in die Bybel) n dooie geloof! 17 Een geloofswerk van die Tessalonisense waarvan ons sommer hier in hoofstuk 1 al hoor, is dat hulle die woord van die Here dadelik verder versprei het iets wat die Here mos van Sy kerk en van elke kind van Hom verwag. 18 Paulus kon God dank vir hierdie mense, omdat hulle geloof nie net gedagtes en praatjies was nie, maar n geloof wat gewerk het, gedoen het, vrug gedra het. Hy kon God ook dank vir die inspanning van hulle liefde. Hulle liefde was nie net soet woorde en mooi beloftes nie, maar n liefde wat tot inspanning gelei het. Die woord wat hier met inspanning vertaal is, verwys na harde werk. Dis die woord wat jy destyds sou gebruik as jy gewerk het tot jy papnat gesweet is en gedaan moeg is daarvan. Die jongste Afrikaanse vertaling 19 se proefuitgawe gee dit weer met: 13 κοπος 14 υποµονη 15 Hulle is subjektiewe genitiewe, genitiewe van oorsprong. 16 In Grieks enkelvoud, want gehoorsaamheid is n geheel. 17 Bv Jak 2:17, 20, 26. Vgl ook Mat 7:21-23 18 Mat 28:19; 1 Pet 2:9
5 - moeitevolle inspanning; - die moeitevolle inspanning van julle liefde. Dis nogal n verrassende term om saam met die woord liefde te hoor. Die meeste van ons asssosieer liefde eerder met aangename rustigheid as met moeite en sweet en inspanning. Maar die liefde waaroor dit hier gaan, is daardie ware, selfopofferende liefde vir ander wat ons by ons Here Jesus leer ken het, toe Hy hier op aarde geen moeite ontsien het om orals rond te gaan om mense die wonderlike geheime van die koninkryk te leer nie, 20 en toe Hy tot laat ure toe siekes gesond gemaak het en bose geeste uit mense gedryf het, 21 en toe Hy bereid was nie net om te sweet vir ons saligheid nie 22 maar om Sy bloed te laat loop, Sy lewe te gee, sodat almal wat in Hom glo, vir ewig salig en gelukkig kan wees. 23 Ware liefde is nie net soet woorde en mooi beloftes en aangename en rustige samesyn nie, maar goeie dinge wat een mens vir n ander se tydelike geluk en ewige saligheid doen in die harde werklikheid van ons alledaagse bestaan. Dis konkrete hulp wat jou partykeer laat sweet. Dis opofferings wat jou fisies en emosioneel uitput. Dis gesprekke en dade wat jou tyd vat en wat aan jou kragte vreet. Werklik liefhê is baie kere moeitevolle inspanning, harde werk. En dit geld vir ons liefde teenoor God sowel as teenoor medemense. 24 Mense wat al terugstaan as die diens aan die Here maar net n bietjie moeite van hulle verg en nog net n klein offertjie vra, kan nog nie regtig saampraat oor liefde vir God nie. 19 BDV 20 Bv Mat 4:23 21 Bv Mat 14:14-15; 15:29-32; Mark 1:32-35; 22 Luk 22:44 23 Luk 23:33; Joh 19:34 24 Vgl bv Joh 14:15; Hebr 6:10
6 En mense wat hulle eenkant hou, omdat hulle opsien teen die eise wat saamleef met ander gelowiges aan hulle kan stel, sal nie geprys kan word vir die inspanning van hulle liefde nie! Die Tessalonisense het nie gehuiwer om rus en gemak prys te gee en hulle moue op te rol in hulle liefde vir God en hulle naaste nie. En daarvoor dank die apostel die Here. En hy t God gedank vir die volharding van hulle hoop op die Here Jesus Christus, bedoelende die volharding wat hulle hoop by hulle bewerk het. Hulle t dit gelowig vasgegryp dat die Here Jesus weer gaan kom en dat Hy dan alles wat Hy vir Sy volgelinge belowe het, volledig en vir altyd en in volmaakte vorm vir hulle gaan gee. En omdat hulle van Sy wederkoms geweet het en vas geglo het dat dit gaan gebeur en daarna uitgesien het, het hulle volhard in die lewe saam met die Here. Om te volhard, beteken nie maar net om alles wat op jou pad kom, gelate te verdra en oor jou te laat stroom terwyl jy maak asof dit jou nie raak nie. Dis heidense Stoïsisme. Volharding is om uit te hou as dinge moeilik gaan én om, selfs terwyl dit moeilik gaan, positief aan te hou om dit wat goed en reg is, te doen. Volharding is om uit te hou en aan te hou, al is die pad partykeer langer en moeiliker as wat jy gedink het dit gaan wees en al is daar allerhande stemme wat jou lok om van jou koers af te wyk. Hierdie Tessalonisense het sommer gou nadat hulle Christene geword het, allerhande teenstand en verdrukking beleef, 25 maar hulle t aangehou met die werke van die geloof en met die inspanning wat liefhê van hulle geverg het. Hulle hoop, hulle oog wat vir die wenpaal gekyk het, hierdie lewensanker wat Christene het, wat agter die hemelse voorhangsel vas is, 26 het hulle geestelike stamina gegee vir hierdie wedloop waaraan hulle nou ook deelnemers geword het. 25 1 Tes 2:14; 2 Tes 1:4 26 Hebr 6:19
7 En ook dáárvoor het Paulus God gedank: vir die volharding wat hulle hoop by hulle bewerk het. Die werk van hulle geloof, die inspanning van hulle liefde en die volharding van hulle hoop dáárvoor het Paulus God onophoudelik gedank. En dit vir hulle geskryf, sodat hulle ook seker kan wees dat hulle op die regte pad is en aangemoedig sal wees om vol te hou op die regte pad en nog meer te groei daarin TOEPASSING Verstaan u nou hoe hierdie deel Skrifdeel ons help met die vraag: - ís ek regtig n kind van die Here? - verbeel ek my nie maar net dat ek glo nie? Hier laat die Heilige Gees ons in die dankbaarheid van die Here se apostel sien hoe ware gelowiges se lewens lyk, en kan ons onsself dus daaraan gaan toets. Is u iemand wat mooi dinge van geloof en van u eie geloof kan sê, maar as u uit die kerkatmosfeer uit is, dan dink u maar oor dinge soos wat die meeste mense van ons tyd daaroor dink, en dan klink u geselskap maar net soos die van enige ander mens van ons tyd, en dan doen u maar die dinge wat almal in ons tyd doen, al weet u dat baie daarvan streng gesproke nie reg is volgens die Bybel nie? Of dink u gedagtes wat heilige mense behoort te dink en is u geselskap dié van iemand vir wie Jesus Christus die allerbelangrikste is en doen u die werke waartoe die Here ons in die Bybel aanpor? Is die werk van die geloof in u lewe? Dan ís u n regte kind van die Here Hou u daarvan om oor liefde te praat en kan u huil as u mooi liefdeswoorde of liefdesmusiek hoor, maar n ander mens help tot die sweet jou aftap en vir God en jou naaste opoffer tot dit jou seermaak daarvoor sien u nie kans nie?
8 Of is u een van daardie mense wat moeite sal doen om die Here te dien, al is u hoe besig, al is u hoe moeg, al sukkel u met pyn en swakheid? Is u een van daardie mense - wat ander sal help as hulle nie tyd het nie, al is u self hoe besig, - wat siekes sal bystaan, al is u eie liggaam self nie so sterk en gesond nie, - wat moedeloos moed sal inpraat, al sukkel u self partykeer om positief te bly, - wat altyd nog n bietjie tyd en krag sal hê as u die lewenspad vir iemand makliker kan maak of veral as u die pad vir iemand anders na die Here toe n bietjie gelyker kan maak? En dit alles nie omdat u n goeie naam by mense wil hê nie, maar omdat u dit vir u Here doen, vir Hom wat ú so en meer liefhet. As u die harde werk wat liefhê kan wees, uit ervaring ken, dan is u n regte kind van die Here. En as u deurdruk met hierdie geloofswerke en liefdesmoeites, ten spyte van alles wat u daarvan wil loskry, omdat u al in u geestesoog daar voor by die wenpaal die Here Jesus Christus sien, dan is u n regte kind van God. En as u n regte kind van God is, dan is hierdie sinne in die Bybel n aanmoediging van die Here om so aan te gaan en selfs nog meer te groei in hierdie lewe as kind van God AMEN