Geseënd is dié wat rein van hart is!

Σχετικά έγγραφα
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Die genade gawes Van God:

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

1 TESSALONISENSE 1:3

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die krag / vuur van God:

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Die Sendbrief van Jakobus

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Deur Christus Alleen

deur CARIKA DU PLESSIS

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Die Vesperdiens vir Palmsondag

ישוע. familieboom van Jesus

VOLUME AUGUSTUS 2007

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

REFORMASIE. Martin Luther

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Transcript:

Geseënd is dié wat rein van hart is! Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Psalm 24:3-6; Psalm 51:12; Matteus 5:8; Romeine 12:11; 1 Johannes 3:1-3 Vooraf: Opsommend het ons met die reeks saligsprekinge ontdek: Wanneer jy besef dat jy God nodig het in jou lewe, wil en kan jy nie langer sonder Hom leef nie! Dit het gevolge: (Eerste gevolg): o na binne Met God in jou lewe, gaan jou oë oop vir die groot nood in die wêreld. Jy treur oor die stukkende wêreld. o na buite- Ons word sag teenoor mense en tree vriendelik en begripvol op. (Tweede gevolg): o na binne- As ons die diep nood van wie wêreld besef, gee God vir ons ʼn rustelose verlange dat dit anders sal word. Ons honger en dors dat geregtigheid sal begin geskied in die wêreld. o na buite- Daarom word ons barmhartig teenoor almal in nood. (Derde gevolg vandag): o na binne- en dit lei tot ʼn positiewe toewyding van onsself aan die Here en aan die saak van Sy koninkryk. Vandag se Tema: Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Teksvers: Matteus 5:8 (Afr.83): Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. (Die Boodskap): Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien. (Message): You re blessed when you get your inside world your mind and heartput right. Then you can see God in the outside world. Kom ons ontleed hierdie vers sodat ons dit beter kan verstaan: 1

1. hart waarna verwys dit? Om dit te verstaan moet ons eers kyk wat bedoel die Bybel met die term hart : As die Bybel praat van die hart, dan is dit nie die orgaan wat binne-in my klop en bloed pomp nie. Die term hart in die Bybel verwys na die kern of integrasiepunt van ons geestelike lewe, vanwaar uit ons totale geestelike lewe beheer word. Dit is die plek waar ons begeertes en gedagtes, maar ook ons karakter vorm aanneem. Dit het te doen met die toewyding en oorgawe van jou ganse lewe aan God. Dit het te doen met jou keuses, jou voorkeure en prioriteite. Dit het te doen met die diepste motiewe of bedoelings van ons lewe. Dit sluit ook die vraag in: Waarvoor lewe jy? Wat is die diepste motief van jou lewenskeuses? o Die seilkundige Freud, het ʼn groot bydrae tot die wetenskap gelewer. Hy het bo alle twyfel bevestig dat van die belangrikste keuses en besluite wat die mens maak, dikwels beïnvloed word deur diepere motiewe en drange (sommige wat in ons skuil waarvan ons nie eers bewus is nie.) Die motiewe wat ons vir ander voorhou, is baie dikwels nie eers die diepste motiverings en lojaliteite van ons lewe nie! o Pascal het by geleentheid gesê dat die hart soms redes het waarvan die verstand nie altyd weet nie! Wat beteken dit? Hierdie saligspreking sê dat dit eenvoudig so is, dat jou diepste hartsmotiewe nie altyd suiwer en edel is nie! Ons dien die Here dikwels met gemengde motiewe. Dikwels gaan dit maar nog steeds oor onsself en ons eie belange! Ons het ʼn inherente swakheid wat ons vandag moet besef, ons nie vir God kan wegsteek nie. Van daar die versugting na ʼn Rein hart voor God! 2. Wat beteken dit nou as iemand ʼn Rein hart begeer? Die Griekse woord vir rein wat hier gebruik word, is Katharos en dit beteken: vlekkeloos van skuld, skoon wees, onberispelik suiwer. ʼn Rein hart wil op God fokus en niks doen wat Hom teleurstel nie. Reinheid van hart gaan oor ʼn positiewe toewyding of oorgawe van ons ganse lewe aan die Here. Dit is iemand wat besef dat hy God nodig het en 2

nie langer sonder Hom kan en wil lewe nie. En dan juis sy lewe oorgee aan die Here. Die term rein kan ook verklaar word in die sin van onverdeeldheid: God wil hê dat ons harte onverdeeld aan Hom sal behoort. Daar is ʼn Engelse uitdrukking wat dit vir my die beste verwoord, naamlik singlemindedness Die Deense filosoof en teoloog Soren Kierkegaard het hierdie aspek baie raak geformuleer toe hy gesê het: Reinheid van hart beteken om net een ding in die lewe te wil of te begeer. Dit is die groot probleem in baie Christene se lewe: In daardie boks van hulle lewe is nie net God nie. Daar is ʼn klomp dinge wat saam in die boks van die lewe gehou word. Te veel van ons dien die Here ÓÓK: ons wil ÓÓK aan die Here sy deel gee, ons wil graag saam met ʼn hele klomp ander dinge wat ons is en doen, ÓÓK darem nog Christene wees en daar ons deel probeer doen. As dit gebeur dan doen ons presies dit waarteen die Here ons in Matteus 6:24 gewaarsku het: Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. Hierdie begrip is reeds deur God in die tien gebooie (Eksodus 20) opgeteken: Waar daar gepraat word van ʼn onverdeelde trou aan God. God wil ons nie deel met ander dinge van die wêreld nie. o Singlemindedness vra afsondering vir God alleen. Sodra die ÓÓK in my godsdiens en die uitleef van my geloof is, dan het die bose daarin geslaag om my hart te verdeel. o Satan se strategie is om ons net baie besig te maak. Wanneer ons besig is, word ons tyd en aandag deur soveel dinge in beslag geneem, dat ons God afskeep. Ons skeep ons gesprekke met god af, ons Bybellees en uiteindelik ons gehoorsaam wees aan God. o Sonder om God te probeer uitskuif uit ons lewens, kom die duiwel bloot eenvoudig en sit langs God drie, vier, vyf ander belange neer alles belange wat in hulleself geneem dalk heel goeie en verdienstelike sake kan wees. As dit gebeur word ons so besig en ons aandag so verdeeld dat ons self besluit om God net deels te dien. ʼn Gelowige wat so leef word kragteloos en nutteloos. Sy hart word in die Bybelse term, onrein. 3

o Die Hollandse teoloog Van Ruler het tereg gesê dat die hart nie onrein word deur wat hy in die lewe ervaar nie, maar dat die hart van binne uit onrein is. ʼn Stelling wat maar net verwoord wat Jesus self ook in Markus 7:20 gesê het: Maar, het Hy verder gesê, wat van binne af uit n mens kom, dit maak n mens onrein. Dit wat binne my is my gedagtes, my motiewe, maak dat ek van binne af onrein word. Reinheid van hart gaan ook oor ʼn commitment aan die Here. Die woord wat seker die naaste aan hierdie Engelse woord kom, is toewyding. o Die vraag waarmee ons reinheid van hart kan evalueer is: hoe diep is ons toewyding aan die Here? o Verstaan mooi: om ʼn rein hart te hê, gaan oor die begeerte om ʼn algehele oorgawe aan die Here! Dit gaan nie oor ʼn bloot oppervlakkige en skyn gee van jou lewe vir die Here nie! Nie alle diens aan God het werklike diepgang nie. Dit kan wees dat ʼn mens vir God tyd en plek inruim, maar dit doen op die periferie van jou lewe; o dat jy Hom dien en bereid is om tyd en besittings vir Hom te gee, mits dit alles nie te veeleisend raak en daar aandrang kom om alles vir Hom weg te gee nie en Hom eerste in jou lewe te stel nie o ʼn Verdere manier om ʼn rein hart te verduidelik, is om te sê dis ʼn hart wat aan die brand is vir God. Met ander woorde jou hart is passievol en aan die brand vir God se saak. o Vir Calvyn was ʼn brandende hart die simbool van geloof. ʼn Hart wat 100% committed aan God is, is immers aan die brand vir God. o Die Griekse woord vir entoesiasme entheos beteken letterlik: Om besiel te wees met Godkrag/-vuur. Ons lees in Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Die Griekse woord vir toewyding beteken letterlik om te kook. Ons moet kook vir die Here. In die res van die vers word hierdie kook vir die Here, beskryf as iemand wat in die praktyk die Here by elke geleentheid geesdriftig bly dien. 4

Ons moet besef dat om ʼn rein hart te kry, nie ʼn oppervlakkige saak is nie. Ons moet weet dat die reiniging van ʼn hart ʼn pynlike operasie is, omdat ʼn hele klomp van ons ydel begeertes, wense en drome moet sterf in die proses. Slegs die Gees van God kan ons hierin begelei en ʼn bereidheid gee om ʼn volle oorgawe aan God te maak. Hierdie is iets wat ʼn mens nie uit sy eie kan doen nie. Dit is alleen moontlik deur Jesus se genade en Sy verlossing aan die kruis. Robert Schuller het hierdie toewyding aan die Here gesien as vier stappe vier stappe om jou ʼn rein hart te gee: 1. WISE UP Jy besef jy het God nodiger as enigiets of enigiemand anders in die lewe. 2. CLEAN UP Jy maak jou lewe skoon van allerhande blokkasies dinge wat jou van God weghou. 3. GIVE UP Jy laat staan alle dinge wat jou fokus van God wegneem. 4. TAKE UP Jy neem God se roeping om dit te doen wat Hy van jou vra om te doen, ter harte. Mag ons dit ook doen wat Dawid gedoen het in Psalm 51:12 gebid: Skep vir my n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Bid vir God vir ʼn rein hart. ʼn Hart wat committed is aan God. ʼn Hart toegewy aan God. ʼn Hart wat singlemindedness is. ʼn Hart onverdeeld wat net aan God behoort. 3. Wat is die WINS? In hierdie saligspreking belowe Jesus nou dat iemand wat ʼn rein hart het, geseënd is. Hierdie Griekse woord geseënd (makario μακαριοι) beteken nie jy is Lucky nie. Dit beteken nie dat jy ʼn gelukskans het nie. Nee dit verwys na ʼn diep genade en guns wat God verseker oor jou lewe stort. Dit verwys na die volheid van God wat in jou lewe kom. Dit plaas jou onder God se seën! Wie onder God se seën lewe, is ʼn mens wat ten volle tevrede is, maak nie saak wat jou omstandighede is nie, want jy is in die teenwoordigheid van God! Hierdie woord verskil van die woord happy waar daar gesê word dat jy happy is omdat jy goeie omstandighede (good luck) beleef het. 5

Makarios is die mens wat in die wêreld is, maar onafhanklik van die wêreld is. Sy tevredenheid kom van God en nie van goeie omstandighede nie. Hoekom is jy geseënd? Hoekom? Wat is die WINS? Want hulle sal God sien! Jy kry die definitiewe geleentheid om God te sien! Om in Sy teenwoordigheid te kom en deur Hom begelei te word. 4. Wat beteken dit om God te sien? Onthou niemand in die Ou Testament kon God van aangesig tot aangesig sien en bly leef nie! Nie eers die beste vriend van God nie! God het Moses in ʼn rotsskeur weggesteek en hy kon darem van agter af ʼn skynsel van God sien! (Eksodus 33) Paulus het op pad na Damaskus vir God ontmoet. Hy het net ʼn helder lig gesien Nou kan jy jou indink watter geweldige belofte Jesus self hier kom gee! Die belofte om God te sien! Hoe moet ons dit verstaan? o Die eerste voor-die-hand-liggende betekenis is dat dit ʼn toekomsgerigte belofte van Jesus is dat ons God eendag van aangesig tot aangesig in die hiernamaals sal sien. Die beloftes word in Openbaring herhaal. Daar is net sekere mense, die wat deur die bloed van die Lam van God gereinig is, die wat geklee is met God se heiligheid, wat in Sy teenwoordigheid sal kom. Iets wat Jesus se genadige verlossing vir ons moontlik maak. Dit is wat Hy hier beloof. Ons Gaan God sien! Wat ʼn fantastiese voorreg! Dit maak alles die moeite werd! o Die tweede betekenis van hierdie belofte van Jesus, is nl. Dat die wat rein van hart leef, hier op aarde die voorreg ontvang om God in ʼn sekere sin te sien. Dit gaan nie hier om ʼn fisieke sien van God nie, maar eintlik om ʼn diepere unieke sekerheid ten opsigte van God, wat so goed, of selfs beter is as ʼn letterlike sien van God! o Die geheim wat Jesus in Mt.5:8 vir ons hier meedeel, is dat die soort sien, alles te make het met die aard en die gerigtheid van ons hart. As ons hart troebel, onsuiwer en verdeel is, sal ons God se spore in die wêreld en in ons eie lewe nooit sien nie. Maar as ons suiwer en rein van hart is, sal ons nou al God se teenwoordigheid smaak. Voorbeeld: 6

Toe die Rus Yuri Gagarin die eerste man wat in ʼn wentelbaan om die aarde geplaas is van sy pioniersreis in die ruimte na die aarde teruggekeer het, vra ʼn verslaggewer aan hom: Meneer Gagarin, het u dalk vir God daar bo gesien? Gagarin se antwoord was: Nee, ek het oral gekyk. Al wat ek gesien het, was onmeetlike ruimtes, ontelbare hemelliggame en sterre teen die donkerte van die heelal. God? Van Hom het ek net mooi niks gesien nie. Toe dieselfde vraag gevra is aan die Amerikaner John Glenn wat ʼn paar maande na Gagarin teruggekeer het van ʼn soortgelyke reis het hy geantwoord: Nee, ek het God nie gesien nie. Maar dit was hoegenaamd nie nodig nie. Want nog voordat ek my ruimtepak aangetrek het, het ek God gesien. Ek het Hom al op die aarde gesien. Ek het Hom in ʼn krip in Betlehem sien lê. Ek het Hom tussen mense gesien, vasgespyker aan ʼn kruis. God? Van Hom het ek net mooi alles gesien die volle God, die ware God, die genadige God. o Die Gees van God wat in jou woon, lei jou om God te sien. Jy sal weet wanneer jy binne Sy wil optree. Jy sal God se stem herken en jy sal Sy wil kan onderskei as Hy Homself aan jou openbaar. Moses het later nadat Hy God van agter gesien het vanuit die rotsskeur, ontdek dat daar ʼn beter manier is hoe hy God elke dag kan sien. Hy het ʼn tent eenkant buite die laer gaan opslaan en dit die tent van ontmoeting genoem. Daar het Hy elke dag vir God persoonlik ontmoet. Na so ʼn ontmoeting was self die heerlikheid van God se teenwoordigheid op sy gesig opmerklik. Almal het geweet God is daar by Moses teenwoordig. Selfs die wolkkolom wat oor die ontmoetingsplek kom hang het, was tekenend van God se teenwoordigheid. o Vandag nog praat God op verskillende wyses met sy kinders wat ʼn rein hart begeer, ʼn heilige lewenswandel saam met God nastreef. God praat veral met ons deur Sy Woord, deur Sy Gees, deur ons gewete, deur gebeure en omstandighede en deur mense. Wat ʼn kosbare voorreg is dit nie! Jesus het begeer om in ʼn diep verhouding met ons te wandel. ʼn Verhouding waarin ons Hom elke dag as die lewende God kan beleef en ervaar en in gesprek met Hom kan tree. Daarom wil Hy ons bederf met hierdie buitengewone voorreg: Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. AMEN 7