Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Die genade gawes Van God:

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

1 TESSALONISENSE 1:3

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Die krag / vuur van God:

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Die Sendbrief van Jakobus

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

ישוע. familieboom van Jesus

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

REFORMASIE. Martin Luther

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Deur Christus Alleen

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

deur CARIKA DU PLESSIS

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

VOLUME AUGUSTUS 2007

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Transcript:

Mark 10:17-31 Fokus: vers 17-22 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man. Februarie 2014

Ps-vooraf Ps 92: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 150: 1, 2, 3 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 130: 2, 4 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 86: 3, 6 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 10:17-31. Sê iets oor die konteks van Jesus wat op-weg is na die kruis. Psalm as antwoord op die Woord Ps 89: 6 Ons Fokus op vers 17-22 (lees vers 17 en vers 22) Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes in vers 17 kom daar een na Jesus toe gehardloop. Verduidelik Mattheus vertel ons hy was nog jonk So in sy twintigs. 1 Maar nogtans 'n voorspoedige man. Hy't baie besittings gehad vertel Mark 10:22. 2 So sien u hierdie ryk-jong-man? Hy kom aangehardloop. En dan val hy voor Jesus op sy knieë neer. Vertel vers 17. En dan? Wel dan vra hy 'n lewensbelangrike vraag. Toepassing 'n Vraag wat ons elkeen moet aangryp. Want hoor wat vra hierdie ryk-jong-man in vers 17. Hy vra vir Jesus: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? 1 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 227 2 Lukas vertel hy was regtig baie ryk (Luk 18:23). 3

En as Jesus dan antwoord dan gaan Jesus verder met sy dissipel-onderrig oor ons elkeen se ingang in die Koninkryk van God, waarmee Hy ook besig was in vers 13-16 Opmerking en waarby ons verlede week stil gestaan het. 3 En Jesus bly daarmee besig ook in vers 23-31 4 waarby ons as die HERE wil volgende week gaan stilstaan. *************** Maar kom ons fokus vanoggend eers net op vers 17-22. En: Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk... in sy gesprek met die ryk-jong-man. En dit gaan ook ons tema wees. En dan gaan ons stil staan: Eers by hoe die ryk-jong-man se vraag oor die ewige lewe Jesus by onderrig oor die ingang in die Koninkryk bring En daarna by die onderrig self. 1. So ons begin by hoe die ryk-jong-man se vraag oor die ewige lewe Jesus bring by onderrig oor ons ingang in God se koninkryk. En vers 17 begin hieroor vertel En toe Hy (dis nou Jesus) op die pad as'it sê: 3 Vgl Mark 10.13-16.odt 4 In Mark 10:17-31 is die Koninkryk van God en die ewige lewe, al hoewel daar tog verskille is, die selfde (Floor, Die Evangelie van die kk bl 21; Ladd, A Theology of the NT bl 72, 256; Stein se Mark komm bl 471; Stein se Mark komm bl 468). 4

(of na die pad toe 5 ) uitgaan... Opmerking 6 En dan is die pad natuurlik Jesus se pad van Galilea af na Judea en na Jerusalem en na die kruis toe. Want dis waarheen Jesus se pad gaan as ons in Mark 10 oor die pad lees. So vers 17 sê dat Jesus na die pad toe uitgegaan het. *************** Uit wat uit? Wel uit die huis waar Jesus en sy dissipels van vers 10 af was Verduidelik waar Jesus toe in vers 11-12 dissipel-onderrig gegee het oor die verkeerdheid van skei-en-weer-trou. 7 Maar dis ook daar in die huis dat Jesus in vers 13-16 dissipel-onderrig gegee het oor ons kinders se toegang tot Hom en ons eie ingang in die Koninkryk van God waaroor ons verlede week kon leer. 8 ****************** 5 εις by εις οδον is hier rigtingaanduidend (Greek grammer beyond basics bl 369). Dus, Jesus het uitgegaan na die pad toe. Die KJV vertaal met: And when he was gone forth into the way 6 Vgl Mark 10,1-12.odt 7 Vgl Mark 10,1-12.odt 8 Vgl Mark 10,13-16.odt 5

Terugblik A. 9 En die belangrike van verlede week is dat die belofte van die Koninkryk van God Ja die belofte van die nuwe-tyd wat Christus bring sonder sonde Satan en dood die nuwe-tyd van die nuwe aarde en volmaakte verbondsgemeenskap by God dat dit ook vir ons verbondskinders is. En juis daarom is'it so belangrik dat ons ons kinders na Jesus moet lei. Want dis alleen by Jesus dat ons kinders die Koninkryk ingaan. Bewys 10 Want Jesus is die Poort. Hy is die Weg en die Waarheid. Hy is die goeie Herder wat ons Koninkryk toe lei. En dit was veral in Mark 10:14 waar ons hierdie waarheid by Jesus kon leer. **************** B. 11 Maar met die kindertjies daar by Jesus het Jesus ook geleer oor ons elkeen se eie ingang in die Koninkryk. En dit het Jesus gedoen toe Hy in vers 15 gesê het: Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie 9 Vgl Mark 10,13-16.odt 10 So leer ons mos bv in Joh 10. 11 Vgl Mark 10,13-16.odt 6

soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En toe in vers 16 gewys het hoe 'n kindjie die Koninkryk ontvang toe Jesus sy arms om (die kindertjies) geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën het. Verduidelik En dis hoe ons die Koninkryk van God ontvang en ingaan. Dit kan alleen as Jesus ons seën terwyl ons niks doen nie. Niks nie! Nes daardie hulpelose kindertjies. Niks! Want ons kan niks doen nie. In ons self is ons hulpeloos, verlore, totaal verdorwe, nie in staat om enige iets te doen om die in-gaan in die Koninkryk te verdien nie. Nee! Wat ons nodig het is Jesus wat ons seën met sonde-vergifnis en 'n herstelde verhouding met God sodat ons ewig by God kan wees in die Koninkryk op die nuwe aarde. ****************** Terug by vandag En dis wat Jesus ons in vers 13-16 oor ons in-gaan in die Koninkryk geleer het. En nou sit Jesus hierdie onderrig voort in vers 17-31. 7

Bewys 12 Ons hoor'it as Jesus bv in vers 23 sê: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! En in vers 24: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! So nes in vers 13-16 is Jesus in vers 17-31 ook besig met onderrig oor in-gaan in die Koninkryk. En so is'it ook in vers 17-22 waarby vanoggend gaan stil staan. *************** Hoe? Wel wanneer Jesus die ryk-jong-man se vraag antwoord. Die vraag van vers 17 waar hy vra: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? Verduidelik Want die ewige lewe is die lewe wat ons in die Koninkryk van God het. 12 Vgl Stein se Mark komm bl 466,471; Edwards se mark komm bl 309; Van Leeuwen se Mark komm bl 184 8

Bewys 13 Ons sien dit bv as Jesus in Mark 9:43 sê: as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan... En dan net 'n entjie verder in Mark 9:47 sê Jesus: as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word... So hoor u dit? In-gaan in die ewige lewe en in-gaan in die Koninkryk is vir Jesus die selfde ding. Ons kan ook sê dat die ewige lewe die nuwe lewe by God is in die Koninkryk. 14 **************** So nes in vers 13-16 gaan'it in vers 17-22 met die ryk-jong-man se vraag oor die ewige lewe steeds oor ons elkeen se in-gaan in die Koninkryk van God. 2. En dit bring ons by ons tweede punt: Jesus se onderrig self in sy gesprek met die ryk-jong-man 13 Die ryk-man verstaan ζωην αιωνιον hier waarskynlik uit Dan 12:2 - En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. Hier leer ons dat ζωην αιωνιον staan teenoor die HERE se strafgerig oor die goddeloses (vgl ook Mat 25:46). ζωην αιωνιον is dus die opstandings-lewe, bevry van die ewige straf, by die HERE in volkome herstelde verbondsgemeenskap in 'die eeu wat kom'... Ewige lewe is dus hier iets wat in die toekoms lê (NIDNTT vol 2 bl 480, vol 3 bl 832; TDNT vol 2 bl 863-864). vgl ook TDNT vol 2 bl 864 voetnoot 277; 14 Vgl Floor, Die Evangelie van die kk bl 21; Ladd, A Theology of the NT bl 72, 256; Stein se Mark komm bl 471; Stein se Mark komm bl 468 9

oor ons elkeen se ingang in die Koninkryk. En in hierdie onderrig fokus ons op: die Aanleiding daartoe. die Aanvang daarvan. Jesus se groot Antwoord daarin. En die Afloop na alles. **************** A. So ons begin by die Aanleiding. En vers 17 vertel daarvan as'it sê: toe (Jesus) na die pad toe uitgaan, hardloop (die ryk-jong-man) na Hom toe en val voor Hom op die knieë... Verduidelik 15 So daar's iets wat hom dryf wat hom pla. So erg dat hy aan die hardloop raak. En dan by Jesus val hy op sy knieë. En as hy praat in vers 17 sê hy: Goeie Meester Of: 'goeie Rabbi'. 16 Opmerking Want dis wat Meester die Griekse woord is διδα σκαλος 15 προσδραμων = aor part nom van προστρε χω. Wat is die funksie van die part hier? Ek meen dit dui op die handeling wat εις verrig net voor hy Jesus begin vra het (Greek grammer beyond basics bl 624-625). Dus, 'nadat daarheen gehardloop het' (Baljon bl 838-839). Hierdie man se hardloop wys my op die dringendheid... dalk angs... waarmee hy na Jesus kom (NIDNTT vol 2 bl 85; TDNT vol 1 bl 738; Van Leeuwen se Mark komm bl 181; Van Bruggen se Mark komm bl 225; Groenewald se Mark komm bl 251; Stein se Mark komm bl 468). 16 Waarskynlik noem hierdie εις Jesus met die titel διδασκαλε omdat Jesus soos 'n tipiese Rabi want dis wat διδασκαλε beteken (Joh 1:38; 20:16) van daardie tyd geleer het. Ja, 'n Rabi het dissipels gehad wat hom gevolg het en hy het hulle onderrig in die Woord van die HERE (NIDNTT vol 3 bl 767). En so was dit met Jesus En Hy het dit goed gedoen Mark 1:27-28,38-39,45; 3:7-10 (comm on the NT use of the OT bl 200). 10

in Aramees die taal wat Jesus-hulle gepraat het beteken. Verduidelik 17 En dadelik sien ons die ryk-jong-man se respek vir Jesus. Want in daardie tyd het jy nie voor 'n Joodse Rabbi op jou knieë neer geval nie. Jy't ook nie vir hom goeie Rabbi gesê nie. Al het jy baie respek vir hom gehad. **************** So hierdie ryk-jong-man het iets wat hom onrustig en beangs maak. En dan kom hy al hardlopende na Jesus. Jesus wat vir hom 'n goeie Meester is. Jesus wat hom iets moet leer sodat hy rus kan kry. ************* Maar nou'sit as hy vra dat ons agterkom wat hom so pla. Want in vers 17 sê hy: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? So hoor u wat maak ryk-jong-man so beangs? Hy weet nie hoe erf hy die ewige-lewe in die Koninkryk van God nie. Dis sy angs! Sy krisis! 17 Vgl NIDNTT vol 2 bl 85; TDNT vol 1 bl 738; Van Leeuwen se Mark komm bl 181; Van Bruggen se Mark komm bl 225; Groenewald se Mark komm bl 251; Stein se Mark komm bl 468 11

Toepassing En myne? En u sin? Wat's ons krisis? Is'it my Wendy-huis waar ek bly wat ek dalk gaan verloor? Of is'it om uit te kom met my salaris. Of my werk wat ek dalk gaan verloor. Of my kanker wat nie einde kry nie? Ja wat is ons grootste krisis? Wat maak ons beangs? Verduidelik 18 Weet u: Hierdie ryk-jong-man het besef wat ons almal wat vandag hier sit se grootste krisis is. Hy't besef dat ons van nature vervreemd van die lewe van God is. Ja vreemd van die ewige lewe by God in die Koninkryk. Soos Efes 4:18 ons leer. Vreemd sedert die dae van Gen 3 en die sondeval. Vreemd terwyl ons swerf buite die paradys in 'n woestyn van swaarkry en haat en oorlog en dood tot in die God verlatenheid van die hel omdat ons sondaars is. 18 Vgl Heyns, Dogmatiek, bl 128; Schaeffer, Death in the city, bl 21-24. 12

Ja hierdie ryk-jong-man het die leegheid en hartseer van ons bestaan beleef waaroor Jeremia eenmaal in Klaagl 1:16 geskryf het. Daar waar Jeremia sê: Daarom ween ek, my oog, my oog loop af in water, want ver van my is die trooster wat my verkwik... **************** En dan dryf hierdie krisis die ryk-jong-man na Jesus toe!! En ons? Het ek en u al hierdie krisis besef? Het ons toe na Jesus gehardloop? En voor Hom neergeval? **************** B. Nou dis die Aanleiding tot Jesus se onderrig. En nou's ons by die Aanvang daarvan in vers 18-20. En die Aanvang bestaan uit vier dele: Vers 18 vers 19 en weer vers 19 en vers 20. I Nou in vers 18 Waarom noem jy My goed?... antwoord Jesus die ryk-jong-man met: Verduidelik 19 En hoor mooi: Jesus sê nie: 'jy mag My nie goed noem nie.' Nee Jesus sê: Waarom noem jy My goed?... So Jesus wil hê hierdie jong-man moet dink oor: 'Wie is Jesus regtig'. En: 'Wie is Jesus vir my?' 19 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 225-226; Van Leeuwen se Mark komm bl 182 13

En dan maak Jesus hierdie dink-vraag ernstiger as Hy verder-aan in vers 18 sê: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. Verduidelik 20 So jong-man dink na! Wie is hierdie Rabbi hier voor jou? As Hy goed is is Hy nie dalk God nie? En as Hy is Wat dan? Gaan jy sy onderrig glo? Gaan jy Hom vertrou en volg? **************** Toepassing 21 Weet u: Waarskynlik het die ryk-jong-man die antwoord op Jesus se vraag nie geken nie. Maar ons ken dit. Ons weet dat Jesus God is en goed is! Bewys Want van 2011 af is ons besig om meer te leer oor Jesus uit Markus. En dan begin Mark 1:1 met: Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. En met wonderwerk op wonderwerk 20 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 226; English se Mark komm bl 177; Cole se Mark komm bl 237 21 Vgl English se Mark komm bl 177 14

wys Jesus ons dat Hy waarlik God is. En as Jesus Homself die Seun van die mens noem dan'sit omdat Hy die vervulling is van Dan 7:14 wat oor die Oorwinnende Messias profeteer as die Seun van die Mens. Die Een wat Jesaja in Jes 9:5 Sterke God noem en Vredevors. En daarom Waaragtig die Goeie Rabbi is. Die Leraar van God af wat self God is. En wat aan ons die verborge raad en wil van God aan gaande ons verlossing ten volle bekend maak. 22 Selfondersoek En nou'sie vraag: Glo ons Hom? Aanvaar ons sy onderrig oor ons ingang in die Koninkryk? Hê geliefdes? ******************* II Maar goed. Kom ons gaan terug na die Aanvang van Jesus se onderrig. Want daar's ook 'n tweede deel. Gedagtestruktuur Die ryk-jong-man het in vers 17 gesê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? In vers 18 het Jesus geantwoord: Waarom noem jy My goed? 22 Sondag 12 v/a 31 15

Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. En dit was die eerste deel van die Aanvang van Jesus se onderrig. In vers 19 kry ons die tweede deel as Jesus vir die ryk-jong-man sê: Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder. *************** En nou wil mens dadelik vra: 'Here waarom vertel U vir hierdie jong-man van die wet?' 'Waarom vertel U nie die Evangelie van vers 13-16 waar U ons geleer het dat ons die Koninkryk ontvang uit genade alleen deur U wat seën?' 'Ja hoekom die wet?' Verduidelik 23 Wel omdat ons nooit getroos kan word in ons angs oor die ewige lewe as ons nie eers ons werklike sonde-krisis besef nie. Want dis ons elkeen se sonde wat ons die ewige lewe in die Koninkryk laat mis. 23 Sondag 1-2; Vgl ook Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 394-395 16

En ons sonde leer ons ken alleen uit die wet. Bewys 24 Paulus leer'it bv in Rom 3:20 as hy sê: deur die wet is die kennis van sonde. ***************** Daarom dat Jesus in vers 19 by die Aanvang van sy onderrig oor ons in-gaan in die Koninkryk vir die ryk-jong-man sê: Jy ken die gebooie... III Maar nou's daar nog 'n vraag oor vers 19. Opmerking En dis die derde deel by die Aanvang van Jesus se onderrig. Mens wil vra: 'Maar Here waarom praat U in vers 19 net oor die tweede tafel van die wet.' 'Waarom praat U net oor die wette wat gaan oor liefde vir ons naaste?' 'Hoekom praat U nie oor die liefde vir God nie? Hoekom hoor ons nie van: Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie?' Verduidelik 25 Wel omdat ons liefde vir God wys in die manier 24 Vgl ook Sondag 1-2 25 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 227; Grogan se Mark komm bl 187 17

waarop ons ons naaste lief het. Bewys Want hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê. So leer die apostel ons in 1Joh 4:21. So dis waarom Jesus in vers 19 as Hy vir die ryk-jong-man sê: Jy ken die gebooie alleen hamer op die gebooie wat gaan oor werklike selfopofferende liefde vir mekaar. Verduidelik 26 Want dis hierdie man se sonde. Hy het God nie waarlik lief gehad nie. En dit het vieslik uit gepeul in 'n skynheilige-liefde vir sy naaste. Opmerking En by vers 21 sal ons nog meer daaroor leer. **************** IV Maar goed. Kom ons gaan terug na die Aanvang van Jesus se onderrig oor ons ingang in die Koninkryk. Saamvat In vers 18 het Jesus die ryk-jongman laat na-dink oor Wie Jesus regtig is. 26 Vgl Stein se Mark komm bl 470 18

In vers 19 het Jesus gewys dat die wet ons sonde-krisis uitwys wat maak dat ons die Koninkryk mis. Maar nou in vers 20 praat nie Jesus nie maar die ryk-jong-man. En dan sê hy vir Jesus: Meester, al hierdie (gebooie) het ek onderhou van my jeug af. En net hier sien ons die ryk-jong-man se oppervlakkige Fariseër-agtige verstaan van die wet. Verduidelik 27 Paulus het ook gedink voor sy bekering 28 dat hy die wet onderhou het. Paulus vertel daarvan in Fil 3:5-6 as hy sê: Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin... wat die wet betref, n Fariseër... wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Tot Paulus met Jesus te doen gekry het. Toe kom hy agter dat sy onberispelikheid nie eers amper onberispelik was nie. Maar eintlik 'n totaal bose oppervlakkige plig-pleging wat net mooi niks te doen het met die ware selfopofferende liefde vir die HERE en vir mekaar wat die wet eis nie. 27 Vgl Greijdanus se Fil komm bl 275; Edwards se Mark komm bl 311 28 Hand 9 19

Dit was onberispelikheid sonder liefde wat jou uit eindelik die ewige lewe in die Koninkryk laat mis vir ewig in die hel. ************** En hierdie ryk-jong-man het iets hiervan besef. Bewys 29 Want wanneer Mattheus oor hom vertel dat hy vir Jesus gesê het: Al hierdie (gebooie) het ek onderhou van my jeug af. dan vertel Mattheus ook dat die ryk-jong-man toe direk daarna vir Jesus gevra het: Wat kom ek nog kort? 30 Verduidelik So hierdie ryk-jong-man het besef hy't 'n krisis. Hy't die leegheid van oppervlakkige wetsnakoming besef. Oorgang En dit het hom gepla. En weet u: Beangs gemaak. Na Jesus toe laat hardloop. dan los Jesus ons nie. ************** Wanneer ons so voor Jesus kom C. Nee Jesus gee ons die groot Antwoord. Hy wys ons op ons werklike sonde-krisis. Maar Jesus wys ons ook die Evangelie. Die goeie-nuus dat Hy die Koning-Verlosser is wat vir elkeen wat Hom gelowig volg 29 Vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 183; Stein se Mark komm bl 469; Van Bruggen se Mark komm bl 227 30 Mat 19:20 20

die ewige lewe in die Koninkryk van God inlei. Opmerking En dis waar ons nou is. In vers 17 kon ons leer oor die Aanleiding tot Jesus se onderrig oor ons ingang in die koninkryk. In vers 18-20 was ons by die Aanvang van Jesus se onderrig. En nou in vers 21 kom ons by Jesus se groot Antwoord aan die ryk-jong-man. Opmerking En hierdie antwoord van Jesus is vol omgee 31 en liefde. Ja dis vol van die liefde van God vir sy verlore-volk. Die liefde van God wat maak dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 32 Bewys Want kyk wat sê vers 21. Nog voor Jesus enige iets sê staan daar: En Jesus het hom aangekyk (met omgee) en hom liefgekry... 31 εμβλεψας = aor part akt van ε μβλε πω. Die aor part dui hier, so meen ek, op gepaardgaande omstandighede by die hoof ww (Greek grammer beyond basics bl 640-642). εμβλεψας het dan die betekenis van: 'Jesus het na hom gekyk met omgee...' (NIDNTT vol 3 bl 519)... vgl Mark 6:34. 32 α γαπα ω van Jesus is in die Sinop Evang die openbaring van God se liefde vir sy verlore volk, wat Hom bring daartoe om te verlos. Dit wat Jesus hier gaan sê, is dus in liefde en dui die weg aan na die ewige lewe... uit liefde (NIDNTT vol 2 bl 543). 21

En dan vanuit hierdie liefde gee Jesus vir die ryk-jong-man die groot antwoord op sy krisis as Jesus in vers 21 met hom praat. *************** I En die heel eerste ding wat Jesus vir die ryk-jong-man wys is sy werklike sonde-krisis. En ons hoor'it as Jesus in vers 21 vir hom sê: Een ding kom jy kort gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... Verduidelik 33 En wat Jesus vir die ryk-jong-man sê is: 'Weet jy Op die oomblik is Mammon die geldgod jou god. Jys 'n slaaf van Mammon. Mammon hou jou weg van die HERE. Hy hou jou ook weg van ware liefde vir die HERE wat sigbaar word in selfopofferende liefde vir jou naaste. Daardie liefde wat so selfopofferend lief het dat jy selfs jou lewe vir jou vriende sal gee 34.' II Maar dis nie al nie. Jesus vertel ook die goeie nuus **************** 33 κτηματα = akk mv van κτη μα het die betekenis van 'besittings',wat dan veral verwys na eiendom/grond... By die Jode het hierdie dinge ook bekend gestaan as Mammon. Hierdie man het dus baie Mammon gehad (Baljon bl 542; NIDNTT vol 2 bl 837, 845). In hierdie geval was hierdie baie eiendomme en groot rykdom soos boeie of kettings wat hierdie ryk-man van Jesus af weg gehou het (NIDNTT vol 2 bl 846; Edwards se Mark komm bl 313; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 401; Evans se Mark komm bl 100; Van Bruggen se Mark komm bl 229). 34 Joh 15:13 22

oor hoe die ryk-jong-man verlos kan word en die ewige lewe in die Koninkryk kan ingaan. En ons hoor'it as Jesus in vers 21 sê: Een ding kom jy kort gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... kom dan hier... en volg My. Verduidelik 35 En wat Jesus hier sê is: 'Bekeer jou.' Want dis wat bekering is. Dis radikaal breek met Mammon. Verkoop alles wat jy het!! Gee alles wat jy het weg vir die armes!! Hoor U hoe radikaal is Jesus? Ja breek radikaal met Mammon. En volg My! Ja volg vir Jesus. Dis bekering. Dis om radikaal breek met die sonde. En dan na Jesus toe te gaan en Hom te volg. 35 Wat belangrik is, is dat 10:28 my wys dat volg (α κολουθεώ) van Jesus direk voorafgegaan word deur verlaat van alles (α φιήμι ) dit waartoe Jesus die ryk-jong-man in vers 21 oproep. Dis twee goed wat altyd saam-gaan vgl ook 1:18; Luk 5:11 (TDNT vol 1 bl 213; NIDNTT vol 1 bl 482). Hierdie α φιήμι en α κολουθεώ is ook wat gebeur wanneer Jesus oproep tot bekering (Mark 1:15)... die praktyk daarvan sien ons in 1:18,20; 10:21, 28, 29 (vgl Stein se Mark komm bl 470-471). Dit is 'n radikale breek met wat boos is en 'n radikale oorgawe aan Jesus... wat ons ewige lewe toe lei. Dit is 'n radikale breek met alles wat ons van Jesus af weg hou 10:21 is voorbeeld hiervan (TDNT vol 4 bl 1002-1003). 23

Opmerking 36 En dis so anders as wat die Fariseërs geleer het. Hulle het ook bekering verkondig. Hulle het ook gesê: 'breek met jou sonde.' Maar daarna het hulle gesê: 'En doen die wet en verdien so die ewige lewe in die Koninkryk.' Maar nie Jesus nie. Nee! Jesus sê: en kom hier... en volg My. ***************** Hoekom? Wel omdat Jesus in Mark 10 op pad is na Judea en Jerusalem en die kruis. nie... om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee... Soos Mark 10:45 vertel sodat elkeen wat... Hom (gelowig volg 37 ), nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe (in die Koninkryk) kan hê. 38 by Jesus uit genade alleen. Opmerking Daarom dat Jesus in vers 21 ook sê:... gaan verkoop alles wat jy het, 36 Vgl Waltke, A OT theology, bl 282-283 37 Joh 10:27-28 38 Joh 3:16 24

en gee dit aan die armes, en jy sal n skat in die hemel hê... Verduidelik 39 En hierdie skat in die hemel is niks anders as die ewige lewe in die Koninkryk nie. **************** III Maar weet u: Daar's ook 'n derde ding wat Jesus vanuit vers 21 vir die ryk-jong-man sê. En dit is: 'luister My Evangelie is genade alleen. Dis nie die wettiese bekering van die Fariseërs nie. Dis kom-na-my-toe Want by My is die lewe. Maar My Evangelie is nie goedkoop nie.' Want hoor weer mooi wat sê Jesus in vers 21. Hy sê: Een ding kom jy kort gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... kom dan hier, neem die kruis op en volg My. Verduidelik 40 Hoor u dit: Jesus praat van kruis opneem. Want dis die manier waarop jy Jesus volg. 39 1Tim 6:17-19 leer my dat die doel van so 'n θησαυρον εν ουρανω is dat ek ek die ewige lewe kan verkry/ in besit kan neem/ erf (vgl Knight se 1Tim komm bl 274; Groenewald se Mark komm bl 253). Wanneer Jesus hier praat van θησαυρον εν ουρανω is Hy dus steeds besig om te praat oor die ζωην αιωνιον, wat die ryk-man wil erf (vers 17; Mat 13:44) (NIDNTT vol 2 bl 823). 40 Vgl Stein se Mark komm bl 78-79; Baljon bl 34; TDNT vol 1 bl 213; NIDNTT vol 1 bl 480 25

Om Jesus te volg is nooit los van kruis dra nie. Dis twee goed wat altyd saam gaan. 41 En kruis dra is gelyk aan verloën jou-self. Dit het Jesus ons al in Mark 8:34 geleer. Ja kruis opneem is 'n lewe van totale radikale oorgawe aan die Here Jesus. Ja kruis opneem is 'n lewe waarin ek sê: 'Here, niks meer van my nie. Nie meer my wil nie. Maar u wil eerste in my lewe selfs tot die dood.' Ja kruis opneem is om te kom by 'n lewe van Gal 2:20 waarin ek sê: Ek (met my begeertes my wil my voorkeure my toekoms my geld my hele lewe) is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. ***************** Toepassing Sien U Jesus se Evangelie vir in-gaan in die Koninkryk van God? Dis wonderlik!! Vir elkeen wat bekeer na Jesus toe is daar lewe! Maar Jesus se Evangelie is nie goedkoop nie. Nie goedkoop soos die kerk baie maal is 41 αρας = aor part akt van αι ρω. Ek meen dat Jesus die ryk-man, en vir my, hier meer leer oor die manier waarop hy Hom moet volg (Greek grammer beyond basics bl 627). 26

met 'n vinnige gebedjie van: Jesus ek aanvaar u offer aan die kruis. En dan 'n vinnige Ja Ja Ja by belydenis van geloof. En dan's alles oraait met my siel nie. Nee! Jesus se Evangelie oor in-gaan in die Koninkryk is diep en ryk en vol genade en verniet vir elkeen wat Hom volg. Maar dis nie goedkoop nie. Want Jesus stap kruis toe om met sy bloed dissipels van mense te maak. Dissipels wat deur ons hele lewe weer al meer sê: 'Here Jesus ek wil niks meer wees nie. Ek wil nie meer leef nie. Maar ek wil hê dat U lewe, o Here, van totale gehoorsame oorgawe aan God en liefde vir God en U naaste 'n werklikheid word in my! Al moet ek op die straat bly en ter wille van U Naam en U Evangelie ly. En dankie dat ek by U sekerheid kan hê oor die ewige lewe en my ingaan in die Koninkryk.' ****************** 27

D. En toe? Hoe het alles toe Afgeloop? Opmerking En hiermee sluit ons af. Wel vers 22 vertel ons van die Afloop as'it sê: Maar (ryk-jong-man) het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Verduidelik 42 Weet u: Jesus het die eenmaal in Mat 6:24 gesê: Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! En toe? Wel toe haat hierdie ryk-jong-man vir Jesus. En hy volg vir Mammon. Ja toe kies hy teen die Evangelie van kruis dra en totale oorgawe aan die Here en die ewige lewe uit genade alleen vir Mammon. want hy het baie besittings gehad. **************** 42 Vgl Evans se Mark komm bl 100; Van Bruggen se Mark komm bl 229 28

Toepassing 43 Is'it nie tragies nie?! En dalk is ons nou half verlig dat ons in Daspoort bly. Want hier het ons darem nie so baie besittings nie. I Maar as jy in 'n Wendy bly by jou boy-friend. En Jesus sê: 'Volg My En hou op saam-bly.' En jy weet as jy uittrek Dan's jy ewe skielik vrek ryk. sit jy op straat. II En as Jesus vir jou sê: 'Volg My En weet jy: Hierdie skei-en-weer-trou-ding vir redes wat Ek nie in My Woord gee nie is nie reg nie. Ek het mos daaroor gepraat in Mark 10:11-12.' Dan sê ons: 'Nee Jesus! Nou gaan U net heeltemal te ver. Wat van my lewensgeluk in 'n huwelik soos ek dit verkies?' III En as Jesus sê: 'Volg My' En dan verder praat met Mal 3:10 waar die HERE sê: Bring die hele tiende na die skathuis... Dan sê ons: 'Here maar U kan mos sien ek gaan nie uit kom nie.' 43 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 401 29

En dan vertrou ek myself en my eie ekonomiese insigte in plaas van vir Jesus. En so sal ons seker 'n hele klomp toepassings kan maak. Slot En ewe skielik kom ek agter dat ek baie soos die ryk-jong-man is wat treurig geword het oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Opmerking Nou as die HERE wil leer Jesus ons volgende week in vers 23-32 meer oor hierdie saak wanneer Hy spesiaal sy dissipels onderrig in vers 23-27 en hulle vertroos in vers 28-31. Vir nou geliefdes kom ons doen net een-iets as die ryk-jong-man. anders Die ryk-jong-man het bedroef weggegaan. Kom ons bly by Jesus op ons knieë. En kom ons bid in lyn met wat Jesus ons verlede-week in vers 15-16 geleer het. Kom ons bid: 'Here, gee ons die ewige lewe en die Koninkryk uit genade alleen deur U wat seën. En seën ons deur ons van ons booshede te bekeer sodat ons kan bekeer en dissipels kan word wat met ons kruise U kan volg. Amen. 30

Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord Ps 89: 6 Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 18: 12, 13, 14 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 36: 2, 3 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 31