20/2016 Liewe Ouers Dit is so n voorreg om deel van n personeelkorps te wees waar mense meet soveel passie en toewyding werk. Ek het vir me. Ester Cloete gevra om vir ons te vertel hoe dit hier by ons met Wiskunde gaan. Dit is seldsaam om n Wiskunde-onderwyseres te kry wat poëties kan raak, maar hier op Menlo-bodem gebeur dit wel! Sy stel dit so mooi: Om n bul te pak as jy nie bang is nie, is niks. Om hom nié te pak nie as jy wel bang is, is ook niks, maar om n bul te pak as jy bang is - dis IETS! Vir baie kinders op skool is hierdie bul beslis Wiskunde. Dit gaan baie maal eerder oor waagmoed en selfvertroue as aanleg en eerder oor vasberadenheid as vermoë. Sonder selfvetroue werk somme nie sommer uit nie. In die Wiskunde-departement kan ons gewoonlik nie saam lag as dit by eksamenflaters kom nie. Dis nou nie dat daar nie flaters is nie - dit is maar net dat dit nie vir ander mense snaaks is nie. As n leerder egter van n ewewydige verspreiding in plaas van n eweredige verspreiding praat, of nuutskeppings maak, soos ooreensydige hoeke of byter hoeke (dit kan n hond of haai soort hoek wees) is dit vir ons Wiskundeonderwysers skreeusnaaks! In hierdie eksamen byvoorbeeld duik die volgende interessante oplossing, om die linkerkant aan die regterkant van n identiteit te bewys, op: bonatuurlike kragte het die ekstra sin θ en cos θ verwyder en daarom is dit nou gelyk aan tan θ tada! Die media maak baie maal die Wiskunde-bul nog meer dreigend en n mens sien gereeld opskrifte wat enige leerder se waagmoed tot in sy sokkies laat sak, vandaar n groter uitdaging vir Wiskunde-onderwysers om passie en liefde oor te dra en leerders oor te wen na die wêreld van syfers. n Oud- Wiskunde-onderwyser hier, mnr. Böhmer, se woorde: Is die Wiskunde nie wonderlik nie?! word nog steeds gereeld hier in die Wiskunde-klasse gehoor. Ons missie is om stereotipering van Wiskunde by Die Hoërskool Menlopark te faktoriseer, te differensieer en te elimineer. Tydens klasgee word gepoog om alle tipes leerders te bereik linkerbrein, regterbrein, aandag-afleibaar, eksak, meer kreatief noem maar op! Daar word wiskundige grappe gemaak en in vergelykings gepraat, uitdagings word gestel, kompetisies gehou en pryse word oorhandig (al is dit net n suigstokkie). Tegnologies word daar gewoeker met visualizers, dataprojektors en allerlei rekenaarprogramme. Mnr. Oosthuizen het selfs sy eie webwerf, www.ihatemath.co.za hier leer leerders om van Wiskunde te hou! Met gratis ekstra klasse van Maandag tot Donderdag vir die verskillende grade, word die ekstra myl geloop, die Wiskunde-bul word getem, gepaai en gou mak gemaak - soos n lammetjie. Hier is Wiskunde nie n probleem nie: eerder n uitdaging waarvoor daar nie teruggedeins word nie nie deur die onderwysers of die leerders nie. Met ons jaarlikse deelname aan die Wiskunde Olimpiades, word die laterale wiskundige denkers ingespan. Die pi - kompetisie ( ) wat elke jaar op 14 Maart, op pi -dag ( ) gehou word, ins- -reer leerders om die desimale van dié unieke irrasionale getal te memoriseer en voor te dra. Wiskunde is orals rondom ons, soos mnr. Smit ook weer tydens n eksamentoesigsessie in die saal uitgewys het: Die verhouding van die aantal brildraers tot die totaal is n rasionale getal: 20% van leerders dra n trui en n baadjie! Die waarskynlikheid dat n leerder linkshandig is, is (asof almal dit nie reeds uitgewerk het nie!) Verlede jaar was ons matriekuitslae in Wiskunde die beste van enige gemengde skool in Suid Afrika. Algeheel was ons derde in die land. Hier is n passie vir Wiskunde, n vreugde in vergelykings en n glimlag oor oplossings. Ons kan met dankbaarheid sê: hier by Die Hoërskool Menlopark maak tan en cos sin! Op bl. 3 is n uitdaging of twee wat die matrieks reeds baasgeraak het ons glo die ouers sal dit met gemak kan aanpak én kafdraf! Matriekleerders kan ouers se antwoorde nagaan! Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking en skakeling
04/08 Dogtershokkie: Noordvaal (tot 09/08) 05/08 Muurbal: NJSA Topskole (tot 08/08) Netbal: SA-Kampioenskappe (tot 07/08) Tennis: AHMP o/15-dogterstoernooi (tot 06/08) 08/08 Skoolvakansiedag 09/08 Skoolvakansiedag - Vrouedag 13/08 Rugby: Beeld-trofee kwartfinale Wintersport wynveiling (Saal, 18:00 - kontak sport@menlopark.co.za) 3/09 Menlofees Kom bid saam elke Donderdagoggend van ± 07:15 af in die sitkamer van die koshuis. Ma's wat omgee" @ 083 543 3959 Efesiërs 2:8-9 (1983-vertaling) Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie. En daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. ABSOLUT OMGEE Almal het gaan stem, maar almal kon nog nie saamstem nie. Drie Menlomeisies het egter saamgestem dat hulle die stemdag wil gebruik om uit te reik en deel van Groot FM se Reach for a Dream -projek te wees. Lindie Strydom van GROOT FM 90.5 en Hannah Jabulani van die "Reach for a Dream"-span, het besluit om Hendrik Janssens, n leukemie-leier se droom, om 'n kunstenaar te word, te bewaarheid. Hendrik is 16 jaar oud en is drie maande gelede met leukemie gediagnoseer. Die drie graad 10-dogters, Heike Melcher, Nanette Rossouw en Frances de Klerk het saam met me. Mariana de Klerk by die Artbox 858 galery in Elarduspark gaan kuier, waar Hendrik n kunsles ontvang het. Hulle het sommer saam met hom ingeval en heerlik aan n kunswerk gewerk. Hendrik het geskenkpakke met 'n groot verskeidenheid kunsmateriale asook 'n kreatiewe geskenkpak van Die Hoërskool Menlopark se Kuns Departement, ontvang. Baie dankie aan me. De Klerk, Heike, Nanette en Frances wat Menlo se hartklop met ander mense gaan deel het.
Ons slinternuwe Matriekraad vir die termyn 2016 2017 is Dinsdag tydens skooltyd aangekondig. Die harte het vinnig geklop en almal was opgewonde om te hoor wie die harde werkers en voorlopers vir die volgende jaar sal wees. Baie geluk aan die volgende graad 11-leerders wat tot die Matriekraad verkies is. Ons is saam met julle bly en glo dat julle n groot verskil aan die Menlo-hartklop sal maak. Seuns Emile Brandt, Stefan Buter, Albert Cloete, Ewan Cornelius, Divan du Plessis, Hans-Peter Fechter, Nandus Grobbelaar, Heinrich Hofmeyr, Zander Honiball, Chris-Jasper Jooste, Estevan Louw, Graeme McCreath, Rohan Meyer, Gustav Rohde, Neil Roode, Leo Serton, Mark Smit, Chaan Strydom, Dirk Thuynsma, Barry van der Vyver, Eric van der Walt, Riaan van der Westhuizen, Jan-Harm van Helsdingen, Harm van Jaarsveld, Michàel van Schalkwyk, Francois van Tonder, Jeff van Zyl en Jansen Viljoen Meisies Zaskia Bisschoff, Zinské Botes, Jenna Cawood, Erna Cloete, Marni de Wet, Tarinda Diemont, Isabella du Plessis, Elré Engelbrecht, Miyanke Ferreira, Marli Grobler, Romain Groenewald, Lieze Heyns, Anieke Kruger, Chanté Lombaard, Meraki Matthee, Alrike Mocke, Adele Nel, Lorraine Oosthuizen, Carmén Pieterse, Veronique Sheppard, Clarise Smit, Suné Stander, Jani Struwig, Anita Strydom, Lisa van der Walt, Christine van Heerden, Nadia van Rooyen en Bianca Viljoen Uitdaging aan die ouers! Drie seuns (Hein, Hans en Hanno) en twee meisies (Izelle en Ilze) moet in n ry staan om n groepfoto te neem. Bepaal die waarskynlikheid dat Hanno langs Ilze staan op die foto. Die som tot oneindig van n meetkundige reeks A, is 16. As elke term in reeks A gekwadreer word, is die som tot oneindig. Bewys dat en toon al jou stappe! Bepaal vervolgens die som tot oneindig van die derdemagte van die terme van reeks A.
VERANDERING OP REKORDEKSAMEN- ROOSTER Aandag alle matrieks: daar het n verandering op die rekordeksamenrooster (vanaf die department) plaasgevind rakende Geskiedenis (vraestel 1), Besigheidstudies en English HL (paper 2). Klik hier vir die opgedateerde rekordeksamenrooster. LENTESKOOL VIR MATRIEKS n Lenteskool vir matrieks word by die skool aangebied om leerders die geleentheid te bied om maksimaal voor te berei vir die eindeksamen en om enige onsekerhede wat in die rekordeksamen opgeduik het, uit te klaar. Klasse sal vanaf Vrydag, 30 September tot Woensdag, 5 Oktober geskeduleer word in Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Fisika, Chemie, IT, RTT, Lewenswetenskap, Geografie (kaartwerk) en English FAL. n Minimum van 15 leerders per vak word vereis en elke vak sal in drie, twee en n half-uur sessies, aangebied word. Koste beloop R180,00 per vak en is met inskrywing betaalbaar by me. Elbeth Vermaak. Sluitingsdatum is 19 Augustus 2016. Absolut akademie! Super graad sesse by die Super 6 Akademiese Uitdaging - n heerlike dag vir jonk en ouer! Die pers bus is nie sommer net nog n bus nie, dit is n baie pers, groot pretbus. n Baie groot bederf het ses graad 6-leerders van 16 laerskole te beurt geval, toe hulle met groot oë Vrydag, 29 Julie op dié bus geklim het om te kom deelneem aan die Super 6 Akademiese Uitdaging by ons skool. Hier op Menlo-bodem word hulle toe oorrompel met die mees fassinerende van akademiese uitdagings wat mens jou kan indink en uitdink! Die Menloonderwysers wys hulle staal en kreatiwiteit en daar word gedink, gespeel en gewoeker. Dit was vir ons verstommend om te sien wat hierdie graad sesse reeds weet hulle is sommer slaggereed vir die hoërskool! Die uitdaging is hierdie jaar deur Laerskool Lynnwood gewen, met Laerskool Menlopark in die tweede plek en Laerskool Anton van Wouw in die derde plek. Elke deelnemertjie het die dag terdeë geniet en was Vydagaand stokflou na n dag se gewoel en gewerskaf. Ons bedank graag ons Matriek- en Parkieraadslede wat die hele dag betrokke was, asook Roelof Jordaan, Renate van Tonder en Malene Rohde wat die aand so vlot laat verloop het. Ons wil graag vir Stephnie s restaurant bedank vir hulle borg van die super verversings vir die ouers en gaste. Alles was keurig en heerlik. Dit was waarlik n aand sonder gelyke! Ons Menlo-rugbymanne woeker met voorspoed in die Beeld-trofee kompetisie. Die eerstespan teken n oorwinning aan teen Hoërskool Kemptonpark van 38-17. Vyf drieë (Dirk Thuynsma - 1, Brian Bouwer - 1, Tiaan Fourie - 1 en Earl Douwie - 2), vyf doelskoppe en n strafskop verseker die eerstespan se vordering na die volgende rondte van hierdie kompetisie. Die o/16a-span was te sterk vir Hoërskool Rustenburg en spog ook met n wentelling van 24-17. Al 4 spanne dring deur na die Beeld-trofee kwarteindrondte wat op Saterdag, 13 Augustus 2016 beslis word. Klik hier vir die bepalings van die kwartfinale.
0/14A EERSTES O/16A O/15A Menlo-meisieshokkie verower die stad... beker na beker na beker! Die Stadsbeker-finaal het Saterdagoggend op n hoogtepunt afgeskop toe die o/14a-dogtershokkiespan, in hulle afdeling, die Stadsbeker met 8:1 ingepalm het! Min het ons besef dat dit net die begin van groot dinge vir die dag was. Kort hierna het die o/15a-, die o/16a- én die o/18a-span in hulle afdelings die Stadsbekers ingehark! Absolut asemrowend! o/14a wen Garsfontein 8:1 o/15a wen AHMP 4:1 o/16a Menlo wen Garsfontein 4:0 Eerstespan wen Waterkloof 5:2 (met die 8 sekondes doelskiet) Hierdie prestasie laat mens verstom en verwonderd en bowenal baie dankbaar. Dit is so n ongelooflike voorreg wanneer sulke harde werk beloon word met groot sukses. Baie geluk aan elke hokkiedogter, afrigter, bestuurder, ouer en ondersteuner. Na die absolut opwinding die afgelope naweek, wens ons die hokkiedogters sterkte toe vir die Noordvaaltoernooi wat hierdie naweek plaasvind - klik hier vir die naweek se bepalings. S T A D S B E K E R W E N N E R S
Menlo-landlopers laat waai deur die liga. Ons dogters beklee tans die sewende plek in die liga en ons seuns, die negende plek. Hiermee die algehele plekke wat ons behaal asook n paar uitblinkers in die ligabyeenkoms by Hoërskool FH Odendaal: Juniordogters: 3de Juniorseuns: 7de Seniordogters: 6de Seniorseuns: 9de Juniordogters (4 km), 0/14-ouderdomsgroep: Joané le Roux (3de), Karla Grobler (6de) en Mira Kaffka (13de) Juniordogters (4 km), o/15-ouderdomsgroep: Ivana Venn (30ste), Bianca le Grange (36ste) en Sydney Broadhurst (39ste) Juniorseuns (4 km), o/14-ouderdomsgroep: Ethan van den Berg (3de), Rossouw Venter (26ste) en Carlo Smit (64ste) Juniorseuns (4 km), o/15-ouderdomsgroep: Rouxan le Roux (13de), Vuk Despot (38ste) en Josua van Helsdingen (58ste) Seniordogters (4 km), o/16-ouderdomsgroep: Mila Geldenhuys (8ste), Lisa Brink (20ste) en Maric Streso (30ste) Seniordogters (4 km), o/17- ouderdomsgroep: Anice le Roux (16de), Anita Strydom (21ste) en Jenna Cawood (24ste) Seniordogters (4 km), o/19-ouderdomsgroep: Hanri le Roux (18de), Julie le Riche (20ste) en Sadie Schalkwyk (24ste) Seniorseuns (6 km), o/16- ouderdomsgroep: Melt von Molendorff (33ste), Calvin Stoltz (42ste) en Matthew Penning (47ste) Seniorseuns (6 km), o/17-ouderdomsgroep: Kean van der Linde (20ste), Estevan Louw (29ste) en Juandré Lombard (77ste) Seniorseuns (6 km), o/19-ouderdomsgroep: Robert Bester (4de), Jansen Viljoen (39ste) en Reuben Stoltz (62ste) Menlo-netbal is tops! Menlo-netbalmeisies bewys gereeld dat ons een van die topnetbalskole in Suid- Afrika is. Hierdie naweek neem die o/16a- en die eerstespan deel aan die SA-kampioenskappe. Ons weet elke speelster is gereed om alles in die stryd te werp, elke oomblik van elke wedstryd. Baie sterkte en geniet die goeie en harde netbal. Absolut netbal - absolut trots! Die wonderlike Augustus-winde waai dalk woes, maar vir tennis draai die wind altyd reg. Baie sterkte aan ons o/15-dogters, Tinese Dippenaar, Caty van Rensburg, Noélle van der Walt, Danélle van der Walt, Lize Bernard, Mieke Vermeulen en Megan Barnard wat ons gaan verteenwoordig by AHMP se jaarlikse o/15-tennistoernooi wat plaasvind vanaf 4 tot 6 Augustus. Die o/15-seuns, William Wilson, Stegmann Kruger, Rudolph Nel, Luan Burger, Wayne Willemse, Gideon Munnik en Josua van Helsdingen moet Menlo se naam gaan hoog hou by die AHS o/15-tennistoernooi vanaf 5 tot 8 Augustus! Sterkte manne! Die Marilie Moolman tennistoernooi vind in Cradock plaas vanaf 10 tot 14 Augustus en die volgende Menlospelers gaan die koue trotseer om die ander deelnemers met hulle afslane te probeer troef: Seuns: Gerhard Swart (graad 10), Dewald Greyling (graad 11), Jean Klopper (graad 11), Stegmann Kruger (graad 9), Herman van Zyl (graad 12), Ruard Muller (graad 10) en Brendan Vorster (graad 10) Dogters: Danielle Arndt (graad 10), Karla Esterhuyse (graad 11), Tinese Dippenaar (graad 9), Noélle van der Walt (graad 8) en Danélle van der Walt (graad 8) Baie dankie aan elke tennisspeler wat skool- en vakansiedae opoffer om n bars hou te speel. Ons lief julle 40-stroop!
Seunshokkie: Soveel seën, dit reën goud en silwer! Om n seunshokkiespan te hê wat deurdring na die Noordvaal-finaal toe, is baie goed, maar om in al drie ouderdomsgroepe n span te hê wat deurgedring het na die finaal, is iets buitengewoon. Om met daardie drie spanne dan twee silwermedaljes en n gouemedalje huis toe te bring is natuurlik absolut uitsonderlik! Die o/14a-span ontvang n silwermedalje (Menlo 1, Uplands 2); Die o/16a-span wen goud (Menlo 5, Nelspruit 1); en Die o/18a-span spog met die silwermedalje (Menlo 0, Potch Gim 2). 12 Spanne het in elke ouderdomsgroep meegeding en elke span het hierdie naweek vyf wedstryde gespeel. Die Hoërskool Menlopark het nie slegs die medaljes ontvang nie, maar is ook aangewys as die die beste seunshokkieskool in die Noordvaal-kompetisie - dalk Noord, maar glad nie vaal nie! Baie geluk aan elke hokkieman wat met harde werk, oneindige ure se oefening en opoffering die Noordvaal ophelder. n Groot dankie van die seunshokkie: Sulke ongelooflike uitslae is nie moontlik sonder die ondersteuning nie. Elkeen langs die veld, maak die wen op die veld nog meer wonderlik! Van elke seun aan elke ondersteuner - baie dankie! n Spesiale woord van dank aan me. Nicolette Brandt en Emile Brandt wat so hard gewerk het om die o/16-toernooi, wat by Die Hoërskool Menlopark aangebied is, vlot te laat verloop. Julle het Menlo-hokkie se hande sterk gemaak ons waardeer julle baie! Ouers wat ouer geword het hierdie naweek dié hokkie maak n ma grys! Dit gebeur nie sommer dat n gesin op een dag n kind in elke ouderdomsgroep van die Noordvaal-finaal het nie. Die Janse van Rensburg-seuns het tussen hulle, 15 wedstryde gespeel en is huistoe met een gouemedalje en twee silwermedaljes! Daar is nog talle ander ouers wat moes rondjaag tussen die meisies- en die seunswedstryde en selfs party wat meer as een kind in dieselfde span gehad het natuurlik dubbele spanning en dan - na hierdie naweek, gelukkig ook, dubbele vreugde. Baie dankie vir elke ouer se ondersteuning en aanmoediging. Menlo-mense maak Menlo-magic!
Chris Ehlers (graad 10) se judoprestasies laat mens effens versigtig verby hom stap. Hy is die trotse eienaar van n bruin belt en hy verower drie bronsmedaljes tydens die Suid-Afrikaanse Ope Judo kampioenskappe wat vanaf 26 Junie tot 2 Julie plaasgevind het. Hy verwerf hierdie medaljes in die o/17-ouderdomsgroep in die volgende kategorieë: Nage-no-kata, individueel asook in die spanafdelings. Baie geluk, Chris! Lize Bekker (graad 8) is n jong dame wat weet hoe om die snare te tokkel! Sy het tydens die Centurion Eisteddfod die snaar by die woord gevoeg en met haar viool absolut presteer in die volgende afdelings: Concerto (14 jaar en onder): A++ Program (14 jaar en onder): A+ Barok (graad 5): A+ Romanties (graad 5): A+ Bladlees (graad 5): A+ 20ste eeu (graad 5): A Hierdie Parkie kan mens deur n ring trek. Alichia van Heerden in graad 9 neem deel aan ringbal en word die afgelope drie jaar in die Gauteng Noord span vir ringbal ingesluit. Sy het gedurende Julie deelgeneem aan die nasionale toernooi in Pretoria waar hulle n SA-span aangekondig het. Alichia is ingesluit in die o/15 SA-span. Absolut Alichia! Hier is die afgelope week se uitslae: Die Menlo-gholfers hou ons skool se naam absolut stylvol hoog op die gholfbaan! A Liga: Menlo 1 vs. AHS 1 - verloor 36-54 A-Liga: Menlo 1 vs. AHS 3 - wen 33-30 B Liga: Menlo 2 vs. PBHS 3 - wen 3-1 C Liga: Menlo 3 vs. Centurion 1-2 elk n Oscar wink vir hierdie akteur! Leroux van Diemen (graad 10) het die afgelope vakansie deelgeneem aan n internasionale drama- en talentkompetisie in Orlando Florida, is aangewys as wenner van n beurs en is toegelaat tot die NYFA (New York Film Academy) om in New York te gaan studeer. Hy is tans ook deel van n internasionale filmspan wat hier in Suid-Afrika n film skiet. Leroux vertolk die rol van Paul Fisher, die seun van die advokaat Braam Fisher wat Nelson Mandela as advokaat verteenwoordig het in die Rivonia-verhoor. Die film se naam is dan ook Rivonia en dit word deur Hollandse- en Duitse-filmvervaardigers geskiet. Hierdie Menloakteur neem ook deel aan verskeie toneelstukke en aan n Disney musiekproduksie wat later vanjaar by die Brooklyn-teater op die planke sal wees. Van hierdie besige akteur gaan ons nog baie hoor!
Akademie vir Leeruitnemendheid Loopbaan- en vakkeuse Leer die volgende: STUDIEMETODES Johan le Roux 071 863 6849 Verbeter memorisering Verhoog fokus en aandag Bekamp aandagafleibaarheid en stres Bepaling en inoefening van leervoorkeure Uitsoek van sleutelwoorde en hoofgedagtes Verhoog motivering Beplanning van huiswerk en studie Vasstelling en hantering van leerprobleme Musiek tydens studie Weet jy nie watter loopbaan om te kies nie? Weet jy nie hoe om tussen verskillende loopbaanmoontlikhede te kies nie? Twyfel jy of jy die regte keuse gemaak het? Wil jy jou vakkeuse moontlik verander? Ons voorsien n volledige verslag met voorkeurloopbane wat by jou pas en jou sal help om by jou voorkeurloopbaan uit te kom. Verdere dienste: Breinprofiele Studiemetodes Navrae en afsprake: Johan le Roux: 071 863 6849
POS BESKIKBAAR VIR SKOLIER Administrasie en ontvangs by mediese praktyk in Waterkloof-/Hazelwood-area vir n 17- of 18-jarige skooldogter Tye: Maandae tot Donderdae: 15:00-17:00 Vrydae: 14:00-17:00 R40,00 per uur (eie vervoer) Kontak: Alna (072 632 9063) CHALET BY SONDELA TE HUUR 6-bed selfsorg chalet 30 September tot 7 Oktober 2016 (7 nagte) R10 500,00 Tyddeel in Oktober-vakansie gleuf ook te koop Kontak: M. Oosthuizen (082 335 9219)