Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Σχετικά έγγραφα
Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Geseënd is dié wat rein van hart is!

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

1 TESSALONISENSE 1:3

Die genade gawes Van God:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die krag / vuur van God:

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Die Sendbrief van Jakobus

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

ישוע. familieboom van Jesus

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

REFORMASIE. Martin Luther

Deur Christus Alleen

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

deur CARIKA DU PLESSIS

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

VOLUME AUGUSTUS 2007

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Transcript:

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 104: 1, 2, 8, 9 vooraf Ps 33: 1, 9, 10 lofpsalm Ps 65: 2, 3 na wet Ps 103: 1, 10, 11 as antwoord op die Woord Ps 136: 1, 18, 19, 20 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 18: 1, 3, 9 slotpsalm Lees: Mattheus 6:9-13 Fokus: vers 11-13 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes ons he-dit al oor-n-oor hie-in Mat 6:1-18 gesê. Wan-dis net so belangrik. Jesus leer ons hier: Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en nuut leef met God-gesentreerdheid. Dis-ie groot tema in Mat 6:1-8. Ook in Jesus se voorbeeld-gebed in vers 9-13 en hier in vers 11-13 waar Jesus ons leer om te bid met: Onse Vader... gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde... en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Verduidelik 1 En dadelik wil mens sê: Wag so bietjie. Ek kan nog verstaan dat vers 9-10 se bedes God-gesentreerd is. Daai drie U s waar ons verlede week was wys-it: laat u Naam (of u self) geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied... Opmerking En verlede week kon ons n klomp lewens belangrike goed hier leer. Maar nou kom ons in vers 11-13. En hei as jy hier deur lees dan kan jy-it nie mis-ie. Die fokus skuif nou na ons toe. Daai herhaling van ons wys-it. 1 Vgl Floor, Die Evangelie van die Koninkryk, bl. 27; France se Mat komm. bl. 243, 247; Morris se Mat komm. bl. 146; Turnur se Mat komm. bl. 188; Grosheide se Mat komm. bl. 74; Hendriksen se Mat komm. bl. 325; Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl. 383. Ook die voegwoord και by vers 12 en vers 13 bind vers 11-13 tot eenheid saam (Ridderbos se Mat komm. bl. 134).

Bewys Onse Vader... gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe, en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Toepassing 2 En dis net so wonderlik. Dis troos. Ons kan hierdie goed ons elke dag se kos vergifnis en verlossing en bewaring ui-die kloue van Satan vir Vader vra want Hy gee regtig om. Maar en hierdie is nou so belangrik. Jesus se gebed het nie eweskielik self-of-ons-gesentreerd geraak nie. Nee in hierdie troos van Jesus se gebed waar-it regtig oor ons gaan bly Jesus se gebed steeds n voorbeeld van n God-gesentreerde gebed. En met hierdie God-gesentreerde gebed wys Jesus wat daar in ons God-gesentreerde dissipel-harte moet wees. Jesus wys ons ook op die self-gesentreerdheid in ons harte waarmee ons moet breek sodat ons ook God-gesentreerde gebede kan bid. En nou gaan ons hierdie waarheid raaksien soos ons deur vers 11-13 gaan werk. 1. So kom ons begin by Vers 11. Jesus leer ons daar om te bid: A. Onse Vader 3... gee ons vandag ons daaglikse brood. Verduidelik 4 Nou hierdie brood is regte brood. Jesus praat nie hier oor iets soos nagmaal-brood nie. Nee Jesus praat van regte brood wat jy elke dag eet. Maar nie net brood-ie. As Jesus hier praat van brood dan-sit ook n manier waarop Jesus praat oor al ons kos. Bewys n Plek waar mens-it op n vreemde manier raaksien 2 Vgl Van Bruggen se Mat komm. bl. 112 3 δος = aor gebed-imperatief 2de ev, wat hier terugwys na Onse Vader van vers 9 (vgl. Greek Grammar beyond basics bl. 487-488, 720; Turnur se Mat komm. bl. 186; Nolland se Mat komm. bl. 289; Riddebos se Mat komm. bl. 133; Grosheide se Mat komm. bl. 74; Morris se Mat komm. bl. 146; Calvyn se komm. op die Sinop Evang vol 1 bl. 322). 4 Vgl. TDNT vol 1 bl. 477; NIDNTT vol 1 bl. 249-250 1

is in Jes 65:25. Die HERE praa-daar oor hoe-it sal wees in-ie volheid van-ie koninkryk. En dan sê die HERE: Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees... En nou-saai woord voedsel belangrik. Wan-dis ons vertaling van-ie Hebreeuse woord legem wat brood is. So op-ie nuwe aarde in-ie HERE se vrede-ryk sal-ie slang se brood stof wees. So sê die HERE hier in Jes 65:25. Maar dadelik sien ons-it hê? Brood is-ie altyd net brood nie. Brood is n manier om te praat van al jou kos. Op-ie nuwe aarde is-ie slang se kos of sy brood stof. So as Jesus ons in Mat 6:11 in sy God-gesentreerde gebed leer om te bid met: Onse Vader... gee ons vandag ons daaglikse brood Dan gaan-aai brood oor al ons kos. Verduidelik 5 En-aai daagliks praat oor dit wat ons elke dag nodig het om van te leef. So in vers 11 leer Jesus ons om te bid: Onse Vader gee tog vir ons vandag ons kos wat ons vir vandag nodig het om van te leef. B. En nou moet ons iets begin raak sien. En dis Jesus se fokus? Jesus se fokus is op ons. 6 Dit gaan hier oor ons kos wat ons vir vandag nodig het om van te leef. Maar hier-s nog iets. Sien julle Jesus se fokus op vandag. 7 Bewys Onse Vader gee tog vir ons vandag ons kos wat ons vir vandag nodig het om van te leef. So hoekom hierdie fokus op vandag. 5 Vir die betekenis van επιουσιον sien TDNT vol 2 bl. 599, vol 7 bl. 272; NIDNTT vol 1 bl. 251; Turnur se Mat komm. bl. 188; Ridderbos se Mat komm. bl. 134; 6 ημιν = pers vnw. 1ste mv. dat. Die datief is n datief van bevoordeelde person (Greek Grammar beyond basics bl. 142-143). 7 Vgl. TDNT vol 7 bl. 273; Nolland se Mat komm. bl. 290; France se Mat komm. bl. 248 2

Hoekom-ie iets soos: Onse Vader gee vir ons hierdie jaar ons kos wat ons vir hierdie jaar gaan nodig hê. Verduidelik 8 Wel omdat Jesus met sy God-gesentreerde gebed besig is om te wys wat in n God-gesentreerde dissipel-hart moet aangaan en wa-daai self-gesentreerdheid is waarmee ons moet breek sodat ons ook God-gesentreerd kan bid. Terugblik 9 En dis radikaal! As ek en jy na Jesus toe bekeer en Hom aanneem en in Hom glo dan maak Jesus dat God ons Vader word. En dis wonderlik! Maar ook radikaal. Want Vader word vir ons al meer alles. Hy word eerste. Hy wor-die belangrikste. Daarom bid ons ook met Mat 6:9-10: Onse Vader... laat u Naam geheilig word... Ook in my hart Vader En laat u wil gegedoen word... Ook deur my Vader. Gee dat U wil al meer my wil sal word. En dan? Wel ons Vader verhoor. En deur Jesus wat deur-ie geloof en deur-ie Gees in ons harte woon soos Paulus ons leer in Rom 8:9-10 en Efes 3:17 maak Hy-it n werklikheid. Deur sy Gees maak Jesus Vader se koningsheerskappy al meer en meer werklikheid in my lewe. En dit maak dat ek Vader al meer heilig. Opmerking Ons kon-it verlede week sien by vers 9-10. Ons Vader word al belangriker vir my. Al meer eertse. Ek word al meer vol ontsag vir ons Vader se heiligheid sy geregtigheid maar ook sy intieme Vader-liefde. En dan? Wel-ie direkte gevolg daarvan is-at ons dan bid: 8 Vgl. Morris se Mat komm. bl. 146-147; Ridderbos se Mat komm. bl. 134; France se Mat komm. bl. 247-249; Turnur se Mat komm. bl. 188; Calvyn se komm. op die Sinop Evang vol 1 bl. 323. 9 Vgl. Mattheus 6,9-10.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3

Onse Vader gee ons vandag ons kos wat ons vir vandag nodig het. Hoekom? Wel omdat ons Vader eerste staan. Ek weet: Ek-s sy kind. Hy-t my lief. Hy gee om. En Hy en nie self-gesentreerde ek nie sorg vir my. En van dag tot dag vertrou ek ons Vader daarvoor. Ek vra Hom ook nie vir n jaar se kos nie. Want op geen manier moet ons Vadre uit my gedagtes verdwyn nie. Nee van dag-tot-dag is Hy my Vader wat vir my sorg. En elke dag vra ek Hom daarvoor. Toepassing So wat wys Jesus in ons harte uit met sy God-gesentreerde gebed? Heilig ons God in ons harte as Vader met n lewe van vertroue van dag tot dag op Hom alleen ook as dit kom by my elke dag se kos en klere en lewe? Of heilig ek myself in my hart as-ie een wat in hoogmoedige trots self sal voorsien? So ja wat gaan aan in ons harte? C. So kom ons kyk na n paar voorbeelde wat ons kan help in ons selfondersoek. Voorbeelde I 10 In Luk 12:16-19 vertel Jesus van hierdie ryk boer: s(y) grond het goed gedra. En hy het by homself geredeneer... Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie? Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel. En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Verduidelik So wie-t hierdie ryk boer geheilig in sy hart as-it kom by sy elke dag se lewe? 10 Vgl. Calvyn se komm. op die sinop Evang vol 1 bl. 323-324; Van Bruggen se Mat komm. bl. 112; Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl. 240-241. 4

Wel-it was-ie God nie. God was-ie vir Hom die belangrikste nie. Nee hy-t homself geheilig. Hy was vir homself-ie belangrikste. Toepssing En ek en jy? Wat wys my lewe me-daai fokus op geld-maak en hoe ek dit kan regkry oor my hart? II 11 Maar beteken-it nou ek moet nooit vir-ie toekoms beplan en hard werk en spaar nie? Wel nee ons moet. Bewys Spr 6:6-8 sê: Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. En so moet ons ook besig wees. Maar sê nou-it gaan goed met jou beplanning. Jy werk hard. Jy spaar. Jy maak goed geld. En dan op n dag kom-aar n ou aan en hy vra jou om finansiëel by te dra vir n Christelike skool in Daspoort. Ons wil die skool-fonds so laag as moontlik maak en ons wil regtig die kiders bereik me-die Evangelie en n regtige Bybelse lewens-en-wêreld beskouing aan hulle leer in elke vak. Toepassing Wat gaan jy doen? Gaan jy God heilig in jou hart? Gaan Hy eerste staan? Gaan jy jou hand diep in jou sak steek en baie uithaal en bid: Onse Vader... laat u Naam geheilig word hier in Daspoort laat (daarom) u koninkryk kom ook deur hierdie projek (en) gee ons vandag ons daaglikse brood. Of gaan jy sê: Sjoe dis n edel gedagte. Maar om nou geld te gee. Dit pas-ie by my spaar-plan nie. Wie het dan eerste gestaan? Wel Jy 11 Vgl. Calvyn se komm. op die sinop Evang vol 1 bl. 323-324; Van Bruggen se Mat komm. bl. 112; Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl. 240-241. 5

En-it het sigbaar geword toe jou vertroue op jou self om vir-ie toekoms te voorsien jou gekeer het om vir-ie HERE te gee. III 12 Hier s nog n voorbeeld. Ons as Afrianers in elk geval hier in Daspoort en Booysens en Claremont en Hermanstad sit in n haglike ekonomiese en politiese situasie. Baie van ons sit sonder werk. Ons word uitgebuit. Ons word misbruik. Ons word armer. Daar s regtig ouens wat net nie meer kos en bly-plek het nie. So wat nou? Wel ons stig hierdie organisasie. Later word dit ons bevrydingsbeweging. Wonderlik! Toepassing So wie staan eerste? Is-it die Afrikaner en ons vryheidstryd op politieke en ekonomiese terrein? Of God? terwyl ons bid: Onse Vader... laat u Naam geheilig word, (deur) u koninkryk (te laat) kom Ook hier in my hart... (en) gee ons (hier in Daspoort) vandag ons daaglikse brood. En help ons om-it uit te deel aan ouens wat nie het nie. IV 13 Of ek-s hierdie pa? En my lewe is vol spanning en bekommernis. Want ek het deesdae net geen idee meer hoe ek kos op-ie tafel kry nie. Ek s agter met skool-geld. Spanning maak-at ek en my vrou meer baklei. Ek raak geïriteerd me-die kinders. Toepassing So wat wys hierdie spanning en bekommernis oor wie ek heilig in my hart? Wat wys-it oor wie eerste staan in my hart? Wel dis ek. En dan? Wel ek leef met bekommernis en spanning want ek s nie God nie. 12 Vgl. Goudzwaard, Idols of our time, bl. 50. 13 Vgl. France se Mat komm. bl. 247; Welch, Depression looking UP from stubborn Darkness, bl. 133-134 6

Ek het goed begin dra en voor sorg wat net God kan doen. Omdat ek myself heilig in my hart. Ek-sie belangrikste. En daai belangrike ek kan-ie bekommernisse laat gaan nie. Daai ek moet die Een wees wat sorg. En-it word sigbaar skrikwekkend in ek my bekommernis spanning depressie. V 14 Sien julle wat het ons nodig? Ons het nodig om na Jesus toe te gaan wat sê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is... 15 met geestelike armoede en-ie sonde-skuld van self-gesentreerdheid plus al-aai issues soos depressie angs spanning. Want by Jesus is ons by die Een wa-dit werklikheid maak om vir geestelik bankrot ouens wat na Hom toe bekeer met net sonde-skuld te sê: Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 16 En daarbinne word God ons Vader. Opmerking 17 Ons kon-it al sien soos ons deur Jesus se Bergpredikasie beweeg het. En God as ons Vader is net so goed so heilig so vol omgee-liefde. En ons het nodig om net al hoe voller en voller te word met ontsag en liefde vir Hom. Ons het nodig dat ons Hom net al meer en meer in ons harte heilig. Ons het nodig dat Vader net al meer en meer die belangrikste word. Daarom gee Jesus sy God-gesentreerde gebed: Onse Vader... laat u Naam geheilig word Ook in my hart laat u koninkryk (daarom 18 ) kom Ook in my hart. 14 Vgl. Welch, When Pople are big and God is Small, bl. 231. 15 Mat 11:28 16 Mat 5:3 17 Vgl. Ladd, A Theology of the New Testament, bl. 84-85 18 Vgl. Mattheus 6,9-10.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 7

En juis daarom Vader vra ek U ook: gee ons vandag ons daaglikse brood... Want ook hier wil ek U heilig Vader. U is die enigste God wat waarlik sorg. Oorgang Ons Vader is ook die Enigste God wat waarlik kan vergeef en ons sonde-skuld kan weg neem. En ook hierdie waarheid moet ons in ons harte heilig. 2. So kom ons gaan aan na Vers 12 toe dan kyk ons hoe werk-it. A. Jesus leer ons daar om te bid: Ons Vader... vergeef ons ons skulde... Verduidelik 19 Of: Vergeef ons Vader die skulde wat ons by U gemaak het en nou moet betaal. 20 En dis hoe God in sy Woord praat oor ons sonde. Dit bring ons in-ie skuld by God. En ons moet betaal. Die straf daarvooor moet ons dra. Bewys In Num 5:6-7 byvoorbeeld staan daar: As n man of vrou... sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, word dié siel skuldig... Nog iets van ons sonde-skuld is-a-dit ons verhouding met God verwoes. 21 Bewys In Jes 59:1-2 byvoorbeeld sê God: julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God... En hierdie verhouding kan net reg kom as ons sonde-skuld wat nou teen ons name staan betaal is en weg geneem is sodat ons nie meer skuldig is nie. B. Wat nou belangrik is is-a-die Fariseër-wettisiste in-ie tyd toe Jesus op aarde was en eintlik alle wettisiste deur-ie geskiedenis sê dat ons ons sonde-skuld self kan af betaal. 22 19 Vgl. TDNT vol 5 bl. 861; 20 Omdat οφειληματα (12a) verwant is aan die ww ο φει λω vertstaan ek τα οφειληματα ημων (12a) as n subjek gen (vgl Baljon bl 715; Greek Grammar beyond basics bl 113). 21 Vgl. Ridderbos se Mat komm. bl. 134; Grosheide se Mat komm. bl. 74-75 22 Vgl. TDNT vol 5 bl. 562 8

Opmerking 23 Ontou julle daar uit Mat 5. Ons het mos daar baie geleer oor wettisisme. n Wettisis is ek wat dink ek kan met wat ek doen by God verdien. Nou die Fariseërs het gedink jy kan jou sonde-skuld af betaal met jou goeie-lewe. Verduidelik 24 Hulle het gedink dat daar op-ie oordeelsdag iets soos hierdie sie-so skaaltjies gaan wees. In-ie eenkantste bakkie gaan al jou sonde-skuld lê. In-ie ander kantste bakkie al jou goeiewerke. En as jou goeie-werke net so tikkie swaarder weeg dan s jy reg. C. En Jesus? Wel Jesus leer anders. Jesus het ons die waarheid kom leer. Verduidelik 25 Jesus leer dat ons arm van gees is totaal en al geestelik bankrot geestelike bedelaars. En al wat ons het is hierdie enorme lot sonde-skuld wat ons self net nooit kan betaal nie. En daarmee verdien ons God se regverdige oordeel. Paulus sê in Rom 6:23 die loon van die sonde is die dood... in die hel sê Openb 21:8. Opmerking In Mat 18:23-35 vertel Jesus n storie n gelykenis waarin Hy hierdie skrikwekkende waarheid verduidelik. Dit sou eintlik lekker gewees het om daarop in te gaan. Maar ons gaan nie nou tyd hê nie. Miskien volgende week by vers 14-15 waarit weer gaan oor sonde eb vergifnis. Bevinding Maar wat nou belangrik is is-at hierdie ons moet angryp. Ons leef so baie maal sonder-at ons sonde-skuld werklikheid ons tref. 23 Vgl. Mattheus 5 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 24 Vgl. TDNT vol 5 bl. 562 25 Vgl TDNT vol 5 bl 563; Reformation study Bible bl 1391 9

Maar dis n werklikheid wat ons verhouding met God afbreek en ons vir ewig in-ie hel gaan laat wees. D. Maar dan hier binne in kom Jesus. En in Mat 6:12 leer Hy ons bid met: Ons Vader... vergeef ons ons skulde... Verduidelik 26 En daai vergewe he-die betekenis van: Vader va-dit vir ons weg. Skryf-it af. Maak-at ons nie die regverdige straf daarop hoef te dra nie. Opmerking Nou ons gaan-ie nou ingaan op hoe Ons Vader hierdie vergewing doen nie. En wa-dit alles inhou nie. As die HERE wil sal ons volgende week by vers 14-15. Vir nou-sit net belangrik om hierdie wonder te sien. As ons met hierdie gebed wat Jesus ons leer na ons Vader toe gaan en Hom vra: Ons Vader... vergeef ons ons skulde... dan vat ons Vader ons enorme sonde-skuld weg. Uit genade alleen. En Vader herstel ons verhouding met Hom. Uit genade alleen. Dis net so wonderlik. En as die HERE wil sal ons volgende week probeer om lekker diep hier in te gaan. Oorgang Maar nou-sit nie al wat Jesus ons in Mat 6:12 leer nie. Nee Jesus wys ons ook hoe n God-gesentreerde dissipel-hart lyk waaruit hierdie smeek-gebed kom dat Vader ons sal vergewe. En Jesus wys-it in-ie tweede deel van vers 12. So kom ons fokus nou daarop. E. Kyk Jesus sê daar: vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Verduidelik 27 Of soos ons ook daai ouens 26 Vir die betekenis van α φι ημι (12a en 12b) sien Baljon bl 137-138; TDNT vol 1 bl 510; NIDNTT vol 1 bl 698, 699, 701; Morris se Mat komm bl 147; 27 Omdat ο φειλε της (12b) verwant is aan die ww ο φει λω vertstaan ek τοις οφειλεταις ημων (12a) as n objek gen (vgl Baljon bl 714; Greek Grammar beyond basics bl 116-117). 10

wat met hulle sonde teen ons skuld by ons gemaak het se sonde-skuld afskryf wegvat sodat dit nie meer daar is nie. Hoor hoe sê Jesus-it in Luk 11:4. Daar s Jesus ook besig om sy dissipels te leer bid en dan sê Jesus: vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is. Verduidelik 28 En as ek na my Grammatika boeke en woordeboeke kyk dan lyk-it my of Jesus se soos in Mat 6:12 baie die selfde betekenis het as Jeus se want in Luk 11:4. So Jesus gee hier n rede waarom ons Vader ons sonde-skuld vergewe. Dis omdat ons ook daai ouens wat met hulle sonde teen ons skuld by ons gemaak het se sonde-skuld afskryf sodat dit nie meer daar is nie. Verduidelik 29 Maar maar dan is hierdie ons-wat-vergewe-rede net nooit n rede waarmee ons ons eie skuld-vergifnis by ons Vader verdien nie. Hoekom nie? Wel omdat ons dan terug is by die wettiese Fariseër-teologie wat sê dat jy jou vergifnis by God verdien me-die goeie werke wat jy doen. So vergeef net die ouens wat teen jou sondig en sie daar. Jy t nog n stukkie van jou sonde-skuld by God af gewerk. Nou nee. Dis nie hoe-it werk nie. Want ons het dit mos net-nou gesien. Jesus leer dat ons sondeskuld net so enorm is bv in Mat 18 dat ons-it nooit kan afwerk nie. En by-it alles, Jes 64:6 leer dat selfs ons beste goeie werke soos byvoorbeeld om te vergeef nog steeds is soos n besoedelde kleed... bevuil met sonde. So nee daai soos ons ook ons skuldenaars vergewe is nie n rede in die sin da-dit vir ons sê hoe ons vefgifnis by God verdien nie. 28 ως by ως και ημεις αφιεμεν τοις οφειλεταις ημων (12b) kan n redegewende sin inlei of ook n bysin van vergelyking (vgl Greek Grammar beyond basics bl 674, 675). Omdaty Jesus in Luk 11:4 waar Hy hierdie selfde bede ook gee γαρ ipv ως gebruik verstaan ek mm hier as n voegwoord wat n redegewende sin inlei. 29 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 224; Ladd, A Theology of the New Testament, bl 78; France se Mat komm bl 250; Vgl bv ook Mat 18:23-25 waar ons vergewe-handeling op die van die Vader sin volg. 11

So hoe is dit dan die rede vir waarom ons Vader vergewe? Verduidelik 30 Wel omdat Jesus daarmee vir ons iets sê oor wat in ons harte aangaan. Want as ek by God aankom en ek bid: vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe dan sê ek daarmee ook: Vader vergeef my want U Seun Jesus sê in Mat 5:3-5 Salig is die wat arm van gees is... Salig is die wat treur... Salig is die sagmoediges... En Vader dit het nou in my hart begin gebeur. Dit gebeur al meer. Jesus wys my deur sy Woord en Gees dat my sonde-skuld onbetaalbaar is en dat ek geestelik bankrot is arm is n bedelaar is. Deur sy Gees en Woord bring Jesus my daarby om met ware berou hieroor te treur. En Vader hierdie sonde-besef vat al meer elke stukkie self-gesentreerde hoogmoed uit my hart weg en dit maak my sagmoedig nederig. En daarom Vader omdat ek besef hoe skrikwekkend skuldig ek is en omdat dit my hart nederig en sagmoedig gemaak het het ek nie meer n harde hart wat ouens wat teen my gesondig het nie wil vergewe nie. En nou kom ek so voor U Vader en ek vra skryf my skuld ook af uit genade ek smeek U. En dis wat Jesus ons wys as Hy ons in sy God-gesentreerde gebed leer om te bid met: en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Jesus wys ons: In dissipels se harte staan self-gesentreerde hooegmoedige harde-hart ek sonder vergifnis vir ander nie meer sentraal nie nie meer eerste nie. Daai ek is nie meer die belangrikste nie. 30 Vgl Van Bruggen se Mat komm bl 112, 114; Geldenhuis se Luk komm bl 321; Morris se Mat komm bl 147; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 327; Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 391-392. 12

Hoekom nie? Verduidelik 31 Wel omdat as Jesus verlossend in ons lewens in kom dan bekeer Hy ons harte weg van-aai self-gesentreerde ek af. En dan? Wel dan bring Jesus ons deur sy Gees met sy Woord in n ontmoeting met God soos God is. Toepassing En dis wat ek en jy nodig het. So so nodig het. Daai ontmoeting met God. Want dis alleen so n ontmoeting met God wat ons weg-ruk uit ons self-gesentreerde hooegmoedige harde-hart ek sonder vergifnis vir ander. F. En Jesus doen-it. Hy bring ons deur sy Gees met sy Woord in-aai ontmoeting met God. Jesus he-dit voor laas week gedoen toe Hy ons daar in Mat 6:9 God gewys het as Onse Vader wat in die hemele is... Verduidelik I 32 God is die Een in die hemele. En dit wys ons op God se Verhewenheid Sy gans andersheid. Pred 5:1 sê: God is in die hemel, en jy op die aarde. En hierdie gans andersheid van God is ook sy heligheid. Want dis wa-die basiese betekenis van heilig is. Dis anders eenkant verhewe. II So met Onse Vader wat in die hemele is... wys Jesus ons ook na Jes 6:1-3 toe waar-it gaan oor ons God se heiligheid. Jesus wys ons na wat Jesaja in die tempel gesien het: In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op n hoë en verhewe troon... Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg. 31 Joh. 1:18; 14:6,9; 1Tim 2:5 32 Vgl. Mattheus 6,9.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 13

En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol! Die ontsagwekkendheid verhewenheid Gans andersheid van God! God se heerlikheid sy belangrikheid sy almagtige ontsagwekkendheid. Sondelose serafs is net weg-geblaas! III En as ons as sondaars God so ontmoet!? Dit kan nie anders nie. Ons beleef wat Jesaja beleef het. In Jes 6:5 sê hy: Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is n man onrein van lippe en woon onder n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien! Ons reaksie van vrees Ons reaksie van sondebesef. Ons reaksie van: Ek is geestelik bankrot! Ons reaksie van: Al wat ek het is enorme sonde-skuld. Ons reaksie van treur met ware berou. En dan? My harde hoogmoedige hart word sag! Ek begin vergeef! IV Maar dan daar in Mat 6:9 laat Jesus ons God ook ontmoet as Vader: Onse Vader wat in die hemele is... Die Een wat soos die verlore seun se pa is wat in Luk 15:20 toe (sy verlore sondaar seun wat tot bekering gekom het) nog ver was... hom gesien en innig jammer vir hom gevoel het en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen het. V En dan? Dan gaan ons ook. Met n hart wat Jesus deur sy Woord en Gees daar in Mat 6:9 byvoorbeeld vol laat word het met onstsag vir God en vol laat word het met die liefde wat God vir ons het gaan ons. En ons bid soos Jesus ons in Mat 6:12 leer: vergeef ons ons skulde... En dan kom-it net: soos ons ook ons skuldenaars vergewe Toepassing So geliefdes wat sê Jesus se God-gesentreerde gebed 14

van Ons Vader... vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe oor wat in ons harte aangaan? Wat wys my bitterheid my leef in woede my leef met hierdie wraak-gedagtes my leef met ek-sal-jou-nooit-vergewe-nie my lewe vol depressie en niks vreugde as gevolg daarvan oor wat in my hart aangaan? Verduidelik 33 Wel-it wys: Ek besef nog nie my enorme sonde-skuld nie. Ek besef net glad nie hoe arm van gees ek is nie. Dit wys dat ek nog nie gekom het by treur met ware berou oor my sonde nie. Dit wys ek nog n harde hoogmedige hart het. Bo alles wys-it. Ek mis in my lewe n waaragtige ontmoeting met God. So bekeer na Jesus toe. By Hom ontmoet jy God. 3. So kom ons beweeg aan na Vers 13 toe. En wat Jesus ons daar met sy God-gesentreerde gebed wys oor-ie God-gesentreerdheid wat in ons harte moet wees en-ie self-gesentreerdheid waarmee ons moet breek. Kyk Jesus sê daar: Onse Vader... lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Opmerking Nou ons gaan nie hier in al-ie detail kan ingaan nie. Die tyd begin ons inhaal. So ek gaan probeer kort wees en saamvat. A. Jesus sê in vers 13: Onse Vader... lei ons nie in versoeking nie... Verduidelik 34 So wat-s hierdie versoeking waarvan Jesus praat? Wel dis n situasie dis iets wat gebeur waarin ek sonde gaan doen waarin ek in liefdeloosheid teen God gaan kies om nie sy wil te doen nie. Dis n situasie dis iets wat gebeur waarin ek nie vir Jesus gaan kies nie waarin ek nie vir Jesus gaan navolg nie. 33 Vgl. Welch, Depression looking UP from stubborn darkness, bl. 137 34 Vir die betekenis van πειρασμο ς sien Baljon bl 758; TDNT vol 6 bl 28-29; Ridderbos se Mat komm bl 135. 15

B. So wat veroorsaak hierdie versoeking-situasie? Verduidelik 35 Wel-ie tweede deel van vers 13 wys ons: lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. So ja dis-ie Een wa-daai versoeking-situaseis veroorsaak. So wie of wat is-ie Bose? Verduidelik 36 I Wel dis Satan! Bewys Paulus wys-it in 1Kor 7:5 Onttrek julle nie aan mekaar nie sê Paulus vir twee getroudes behalwe met wedersydse ooreenstemming vir n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie. Satan was ook-ie Een wat vir Jesus in-ie woestyn versoek het. Sê Mat 4:3. II Maar-ie bose wa-daai versoeking-situasie veroorsaak kan ook ons eie sondige verdorwe begeertes wees. Bewys Jakobus leer-it in Jak 1:13-14 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Toepassing 37 So Jesus leer ons in Mat 6:13 om te bid: Vader lei ons tog weg van-aai versoeking-situasies waar aanslae van Satan en sy demone en my eie sondig-verdorwe begeertes gaan maak dat ek my rug draai op U en U wil en gaan kies teen Jesus vir sonde en Satan. 35 Vgl NIDNTT vol 1 bl 566, 567; Ridderbos se Mat komm bl 135-136; Turnur se Mat komm bl 189; France se Mat komm bl 251; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 327. 36 Vgl. NIDNTT vol 1 bl. 565-566; TDNT vol 6 bl. 560-561; Nolland se Mat komm. bl. 291; France se Mat komm. bl. 251; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 329. 37 Vgl Heidelbergse Kategismus, Sondag 52 v/a 127; Ridderbos se Mat komm bl 136; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 326; Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 392. 16

C. So wat sê Jesus met sy God-gesentreerde gebed oor wat in dissipels se harte moet wees? In ons harte waaruit hierdie gebed moet borrel? Verduidelik 38 Wel ons harte moet vol wees me-die besef van hoe ontsettend swak ons is. Op ons eie kan ons net nooit weerstand bied teen-ie Bose en sy versoking-situasies nie. Dis hoekom ons hierdie gebed nodig het. Bewys Jesus he-dit Petrus-hulle in-ie tuin van Getsemane gesê. Daar in Mat 26:41 sê Jesus vir hulle: Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. En Petrus hulle? Wel in hoogmoed het hulle hul nie gesteur aan Jesus nie. Petrus-hulle het gedink hulle kan self weerstand bied teen-ie verseoking-situasies wat Satan en ons eie sondig-verdorwe begeertes skep. En toe? Wel toe bid hulle nie. En toe kom hulle in-aai versoeking. Mat 26:56 vertel dat hulle almal hul rug op Jesus gedraai en gevlug het. Mat 26:69-75 vertel dat Petrus vir Jesus drie maal verloën het. Toepassing So sien julle wat wys Jesus ons in Mat 6:13? n Dissipel-hart waaruit vers 13 se gebed kom breek radikaal met self-gesentreerde hoogmoedige self-vertroue. In God-gesentreerde vertroue op God alleen vra ons: Onse Vader... lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Slot En ons Vader kan! Ons sien-it daar aan-ie iende van vers 13 waar Jesus sy God-gesentreerde voorbeeld-gebed afsluit. Daar waar Jesus sê: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid... Verduidelik I En as Jesus sê da-die Koninkryk aan ons Vader behoort dan praat Jesus van ons Vader se almagtig-soewereine ewige Koningsheerskappy oor alles. 38 Vgl Heidelbergese Kategismus, Sondag 52 v/a 127; NIDNTT vol 3 bl 803; Morris se Mat komm bl 148; France se Mat komm bl 251; Nolland se Mat komm bl 292; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 326. 17

Maar wat ons Vader ook in hierdie sondig-verlore wêreld laat inbreek. En ons Vader doen-it deur Koning Jesus. En dis wanneer Vader deur Koning Jesus sy Koninkryk nou-en-hier laat kom dat ons Vader ons ook bewaar sodat Satan en ons bose begeertes ons nooit verlore sal laat gaan nie want in Joh 10:28 sê Jesus: niemand sal (my dissipels) uit my hand ruk nie. II En-it staan vas. Want dis-ie ne-die Koninkryk wat aan Vader behoort nie. Nee dis ook-ie krag. Want aan U behoort die koninkryk en die krag... En hierdie krag van ons Vader is sy almagtige krag. Bewys Jesus wys-it vir ons as Hy in Mat 19:26 sê: by God is alle dinge moontlik. Toepassing 39 So ons Vader het die mag om ons te bewaar teen Satan se versoeking-situasies. En as ons dan onder Satan se aanslae moet ly dan kan ons weet: ons Vader sal die uitkoms en oorwinnning verseker laat aanbreek. 40 III Want as Jesus in Mat 6:13 sy gebed afsluit dan leer Hy ons om te bid met: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid... En dis juis omdat die heerlikheid aan ons Vader behoort dat ons seker kan wees dat daar uiteindelik oorwinning sal wees. Verduidelik 41 Daai heerlikheid wat aan Vader behoort is ons vertaling van die Griekse woord doxa. Die Hebreeus is kawood. 39 η δυναμις het die betekenis van 'die mag'/ 'die krag' (Baljon bl 249). Wanneer ek hier hoor dat η δυναμις aan God behoort, dan gaan dit oor sy 'almag' vgl Mat 19:26 waar Jesus sê: παρα δε θεω παντα δυνατα εστι ; vgl ook Gen 18:14; Job 42:2; Jer 32:27 (TDNT vol 2 bl 306). 40 Rom 8:28; 1Kor 10:13 41 η δοξα het die betekenis van 'die glans of sigbare verskyning van God' (Eks 16:10; 40:34; Ps 145:5; Luk 2:9; Luk 9:29; 2Pet 1:17; Openb 21:23)/ 'die krag'/ 'die eer'/ 'die heerlikheid'/ 'die belangrikheid' (Baljon bl 243; TDNT vol 2 bl 243, 247; TWOT vol 1 bl 426). Wanneer dan aan God die δοξα behoort beteken dit dat δοξα in die eintlike sin aan Hom alleen behoort en dat Hy daarom alleen God is... en dan as sodanig erken moet word (Pop, Bijbelse Woorden en hun geheim, bl 286). 18

En dit gaan oor ons Vader oor God se belangrikheid sy majesteit sy ontsagwekkendheid dit gaan oor sy eerste-wees vir almal vir elke mens vir elke engel vir die ganse skepping. Dis omdat God die Een is met die allermeeste doxa wat maak dat die hele skepping deur ontsag vir Hom vervul moet word en Hom moet heilig. Satan en almal aan sy kant wat ons in versoeking wil lei doen-it nie. Maar ons Vader sal daarvoor sorg. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid... Bewys Daarom sal Hy Homself heilig. Uiteindelik in-ie eindoordeel wanneer Hy Satan sal vernietig. Openb 20:7-10 vertel daarvan. Daar aan-ie einde by die eindoordeel sal die Satan... uitgaan om die nasies te verlei... en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel die n beeld van Jesus se dissipel-kerk en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind... Nou Eseg 38 vertel van hierdie selfde gebeurtenis. En dan sê HERE in vers 22-23: En Ek sal met hom in die gereg gaan... en... vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is. So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken... Dis dan dat ons ons Vader volmaak sal heilig volmaak sal ons sy wil doen. Want dan sal ons Vader se Koninkryk in volheid hier wees. Jesus sal daarvor sorg. Amen. 19