ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

Die genade gawes Van God:

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

1 TESSALONISENSE 1:3

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Die krag / vuur van God:

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2. GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Elektriese Aandryfstelsels 324

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 4 WISKUNDE MODELVRAE

Vraestel 1 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae.

Transcript:

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL ASSESSERINGSTAAK NOVEMBER 2014 VRAESTEL 2 TAAL EN BEGRIP GRAAD 9 PUNTE: 80 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

ALGEMENE INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (27 punte) AFDELING B: Taalleer (40 punte) AFDELING C: Opsomming (13 punte) INSTRUKSIES Beantwoord AL die vrae. Lees die instruksies by die vrae versigtig deur. Begin elke AFDELING op ʼn nuwe bladsy. Nommer AL jou antwoorde presies soos op die vraestel Laat ʼn reël tussen die antwoorde oop. Skryf netjies en leesbaar met blou of swart ink. 2 van 14

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS 1 LEESSTUK Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. ʼn Blommeveld by die see In Augustus en September, blommetyd in Namakwaland, vat almal van die Kaap af die pad na Kamieskroon en Springbok. Namakwa Nasionale Park is waar die blomme is. Partykeer draai jy regs af vir Nieuwoudtville se plate en plate blomme, veral as jy na bolplante wil gaan kyk. Of jy ry Clanwilliam toe vir die asembenemende Pakhuispas. Mik jy Groenrivier toe met ʼn viertrek-voertuig (waarvan jy die wiele op die sandpad in die park moet afblaas), lê daar die belewenis van ʼn leeftyd vir jou voor. Sanparke se foto van hierdie blommeveld het ons op kort kennisgewing oortuig om die ompad te ry. Ons was in die vroeë lente van verlede jaar op pad na die Kgalagadioorgrenspark toe vir ʼn artikel (sien Rooi Rose, November 2012), toe ons die Parkeraad se uitnodiging kry. ʼn Tuinliefhebber kan mos nie nee sê vir twee dae tussen die blomme én teen die see nie. Watter ervaring was dit nie! Ons het tuisgegaan in luukse tente met ʼn skouspelagtige uitsig oor die see, toegerus met wit linne en elektriese komberse, aangedryf deur kragopwekkers wat ver genoeg is, sodat jy dit skaars bokant die see se gedruis kon hoor. Asof dié klas verblyf (kompleet met ʼn luukse aantrekkamer met wasbak, chemiese toilet en stort met warm water wat vir jou aangedra word) in die afgeleë Namakwaland nie 3 van 14

vreemd genoeg was nie, word jy ná ʼn dag se blommekyk boonop op ʼn daaglikse High Tea getrakteer. Die mense by die tentehotel kry dit besonder goed reg om jou ongelooflik te bederf en in die middel van nêrens soos ʼn koninklike te laat voel. Teen skemer staan al die gaste nader vir drankies om die vuur. Die Weskus kan koel raak in die aand, al is dit lente. Ons aandete van hoenderpastei en snoek met appelkooskonfyt het ʼn welkome tradisionele aanslag gehad wat by die omgewing pas. Naas die hotel is daar kampeerplekke langs die see met die mooiste Afrikaanse name, eie aan die streek. ʼn Mens kan heeljaar daar gaan tent opslaan. Daar is kompostoilette, maar geen vars water nie. Dié moet jy saambring. In die blommetyd word jy wel ryklik vir die kleine ongerief beloon: die manjifieke plate en plate blomme lyk heeltemal anders as dié wat jy binneland se kant toe aantref. Hulle het ooglopend goed by die klimaat langs die see aangepas. Daar is talle bol- en ander plante met wollerige, vetterige, fyn of harige blare wat hulle in staat stel om in hierdie uiterste toestande te kan oorleef. Die plante het ongelooflike mooi name. In die Mesembryanthemaceae-familie (vygies) kry jy sandslaai, volstruisvygie en varkiesknol en die Conophytums wat so plat groei dat dit soos klippies lyk. En dan is daar nog sporrie, bergriet, sentkannetjie, pietsnot, skilpadbos, doringviooltjie, muishondbos, koggelmandervoet, noerap en wolfdoring Onder die Karoo se 6 356 plantspesies is daar meer as 3 000 in Namakwaland. Dit sluit nie net massas blomme in nie, maar ook geofiete, dwerg-struike en sukkulente (vetplantspesies). Om die waarheid te sê, dis die tuiste van die wêreld se grootste verskeidenheid vetplante. Verder is daar ook 15 verskillende biostreke wat wissel van die Namakwalandse kusduineveld tot die soutpanne en die strandveld. www.rooirose.co.za 4 van 14

VRAE OOR TEKS 1 1.1 In watter park kom die blomme voor? 1.2 Waarom sal jy Clanwilliam toe ry? 1.3 Waarom sal jy Groenrivier toe moet ry met ʼn viertrek-voertuig? 1.4 1.4.1 Wat is die skrywer van die artikel se passie? 1.4.2 Motiveer jou antwoord in 1.4.1 deur ʼn sin aan te haal uit die leesstuk. 1.5 Sê telkens of die stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer ook jou antwoord deur ʼn aanhaling uit die leesstuk. 1.5.1 Die kragopwekkers kan in die aand gehoor word. 1.5.2 Die streek waar jy gaan blomme kyk, is baie Afrikaans. 1.6 1.6.1 Sal dit goed wees om ʼn warmding in te pak? 1.6.2 Motiveer jou antwoord in 1.6.1 deur ʼn sin aan te haal uit die leesstuk. (2) (2) 1.7 Watter baie belangrike oorlewingselement moet jy onthou om in te pak? 1.8 Hoeveel plantspesies kom in Namakwaland voor? 1.9 Hoeveel verskillende tipes vygies word genoem? 1.10 1.10. 1.11 1.10.1 Wat is ʼn sukkulent? 1.10.2 Wat stel dié plante in staat om in uiterste toestande te oorleef? Watter plant lyk vir die skrywer soos klippies op die grond? (17) 5 van 14

VRAAG 2 TEKS 2 Bestudeer die inligting en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. Die ekstra myl wat ons stap om toerlede tegemoet te kom en belangrike inligting aangaande ons toere. Hoe kan Namakwa Toere help met vervoerreëlings? Indien u van Gauteng is, kan u gerus daaraan dink om met die vliegtuig of trein te reis en dan weer met die vliegtuig of trein terug. Met ander woorde u reis per trein na Kaapstad, doen die toer en na die toer vertrek u terug na Gauteng per vliegtuig, of andersom. Administrasiekoste: R100-00 per persoon. Tariewe per persoon en per een rigting, drie etes en beddegoed ingesluit: Johannesburg na Kaapstad: R2 650-00 Is daar akkommodasie beskikbaar indien ek in Kaapstad moet oornag? Colosseum Luxury Hotel (4****) City Lodge Grand West (3***) Enkelkamer R1 005 Enkelkamer R774 Dubbelkamer R1 160 Dubbelkamer R1 092 Ontbyt Volledige ontbyt ingesluit by tarief Ontbyt Volledige ontbyt ingesluit by tarief Aandete A la carte restaurant Aandete Geen restaurant Pendeldiens R385 vir 1-4 persone Lughawe Pendeldiens R280 vir 1ste persoon en R10 pp daarna Parkering Gratis Parkering Gratis WiFi Gratis Onbeperkte gebruik WiFi 15 min Gratis Ekstra koopbewys beskikbaar Ekstra Sitkamer met kroegfasiliteit Canal Walk winkelsentrum Ekstra Sitkamer met kroegfasiliteite Grand West Casino & vermaaklikheid. 6 van 14

Webtuiste http://www.colosseum.co.za Webtuiste https://www.citylodge.co.za/cl3.php Telefoon (021) 526 4000 Telefoon (021) 535 3611 Hotel Verde Lughawe (4****) Road Lodge Airport (1*) Enkelkamer R885 Enkelkamer R550 per kamer (een of twee) Dubbelkamer R1 025 vir 2 of R1 265 vir 3 Dubbelkamer - Ontbyt Volledige ontbyt ingesluit by tarief Ontbyt R65pp Slegs kontinentale ontbyt Aandete A la carte restaurant Aandete Geen restaurant Pendeldiens Gratis Pendeldiens R30pp per rit (lughawe - hotel - lughawe) Parkering Gratis Parkering Gratis WiFi Gratis WiFi 15 min. gratis Ekstra koopbewys beskikbaar Ekstra Sitkamer met kroegfasiliteit Ekstra - Gimnasium Webtuiste http://www.bonhotels.co.za/hotelverde Webtuiste https://www.roadlodge.co.za Telefoon (021) 380 5500 Telefoon (021) 934 7303 www.namakwatoere.com VRAE OOR TEKS 2 2.1 Hoeveel rand sal dit jou uit die sak jaag indien jy alleen vanaf Johannesburg, Kaap toe en terug per trein reis, met behulp van Namakwa (2) Toere? 2.2 Waar sal jy die goedkoopste verblyf kry as jy in Kaapstad moet oorslaap? 2.3 Waar sal jy oornag indien jy naby ʼn groot winkelsentrum wil wees? 2.4 2.4.1 Waar sal jy oornag indien jy nie begroot het om rond te ry nie? 2.4.2 Wat is jou motivering vir jou antwoord in vraag 2.4.1? 2.5 Op watter TWEE maniere kan die hotelle gekontak word? (2) 2.6 Watter hotel met twee of meer sterre sal die goedkoopste wees, indien julle 3 vriende is wat wil oornag? 2.7 In watter hotel sal jy tuisgaan as jy wil dobbel? 7 van 14

(10) TOTAAL AFDELING A: 27 AFDELING B: TAALLEER VRAAG 3 Gebruik onderstaande leesstuk om die taalvrae te beantwoord. TEKS 3 Artikel Blommegalery!! 1 Blomme vorm ʼn belangrike deel van plantlewe en bly nog een van die groot wonders van die natuur. Daar is ook blomlose plante soos mossoorte, varings en ligene, maar daar bestaan duisende ander soorte wat pragtige en besondere blomme dra. Sommiges groei en dra binne ʼn seisoen hul blomme en staan bekend as eenjarige blomme. Ander plante soos meerjarige struike dra jaar na jaar blomme in hul bepaalde seisoen. 2 Daar is ook unieke plante wat selde blom, soos bv. die blou Brasiliaanse Amyrillis (Empress of Brazil) wat glo net elke 57 jaar blom. Party orgideë se blomtye is ook ver uit mekaar. Dan is daar ook woestynplante soos die eeuplant (Agave) wat net een keer in sy leeftyd blom. Dus neem dit ongeveer 25 tot 30 jaar om te blom en vrek dan kort na die blomperiode. Nog ʼn plant wat lank neem om te blom is die koningin van die Andes. Hierdie plant neem tussen 80 en 125 jaar voor dit blom, dis te sê as dit in sy natuurlike omgewing is. 3 Bome, rankplante, struike, lelies, jaarplante en huisplante dra meestal almal pragtige blomme. Veldblomme kom nog in groot dele van die wêreld se park-areas voor en ander gewilde blomsoorte, soos bv. angeliere, word dikwels in kweekhuise, tuine en in huishoudings gekweek en versorg. 8 van 14

4 So dra sekere blomme simboliese betekenis wat ons aan Bybelse temas laat dink. Daar is plante met name soos: Jesuskroon, in Engels genoem Crown of thorns: (Euphorbia milii), wat geel, maar ook helderrooi, blomme dra. Hierdie plante kan in die haglikste omstandighede en klimaat oorleef. Dan is daar die blom van die rankervrugplant, die granadilla (ook bekend as grenadella, passion fruit ) en ander blomme soos die purperwinde, wat ook bekend staan as Maria se mantel, die 10-gebooieplant, asook die Madonnalelies, ook genoem St. Josefslelies, wat met Paasfees geassosieer word. 5 Gedurende die Victoriaanse tyd het simboliek van blomme (blomme-boodskappies) hoogty gevier. Klein handruikertjies, bekend as Tussie-Mussies is graag as geskenkies gegee. Die ruikertjie was toegevou in ʼn kant-doilie en vasgebind met ʼn satynlintjie. 6 Blomme van veral kruiesoorte, word gebruik as geneesmiddels en dit is ook bekend dat sommige blomme eetbaar is en deel kan uitmaak van disse. Die blomme van roosblare, appelbloeisels, en viooltjies kan dien as pragtige nagereg- of koekgarnering. Die Romeine het bv. aan hul vleis- en slaaidisse smaak verleen deur die gebruik van gousblomme gemeng met asyn. 7 ʼn Blomsoort wat amper soos die krisant lyk, maar van ʼn heel ander wêrelddeel kom, is die Dahlia. Die Dahlia was bekend by die Asteke vir medisinale eienskappe en dit is vandag die nasionale blom van Mexiko. Sommige soorte Dahlias is afkomstig uit Guatemala. Hierdie groep blomme kry hul naam vanaf die Sweedse botanikus, dr. Anders Dahl en daar is tans ongeveer 20 verskillende spesies. 8 Rose was en is en bly een van die mees geliefde blomsoorte en is tans nog meer gewild as ooit te vore. By troues, feesviertye, die geboorte van ʼn kind, verjaarsdae en natuurlik ook by spoggeleenthede. Rose is baie deur die Romeine gebruik en roosblare is oral gestrooi met feesgeleenthede. 9 van 14

9 Die orgidee verdien melding. Dié rare blomme jaag versamelaars duisende rande uit die sak en hul besondere blomme maak hulle al hoe meer gewild. Vroeër was orgideë net deur versamelaars en kenners gekweek. Deesdae word al hoe meer van hierdie besondere blomme deur die publiek aangekoop en as spogplante in huise vertoon. Verwerk vanuit: http://natuur.afrikaanse gids.info/blomme.htm VRAE OOR TEKS 3 3.1 Waarom word Brasiliaanse Amyrillis met ʼn hoofletter geskryf? (par.2) 3.2 Watter tipe selfstandige naamwoord is kweekhuise? (par.3) 3.3 Watter soort voornaamwoord is ons wat in paragraaf 4 voorkom? 3.4 Watter soort voornaamwoord is hul in paragraaf 6? 3.5 Watter soort byvoeglike naamwoord is Klein wat in paragraaf 5 voorkom? 3.6 Sê telkens of die volgende woorde ʼn simpleks of ʼn kompleks is. 3.6.1 boodskap (par.5) 3.6.2 gemeng (par. 6) 3.7 Gee die basisvorm van die volgende woorde. 3.7.1 feesgeleenthede (par. 8) 3.7.2 publiek (par. 9) 3.8 Sê telkens waarvoor die volgende afkortings staan. 3.8.1 bv. (par 3) 3.8.2 dr. (par 7) 3.9 Kyk na die onderstaande sin en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. Blomme vorm ʼn belangrike deel van plantlewe en bly nog een van die groot wonders van die natuur. (par.1) 3.9.1 Vorm ʼn algemene vraagsin uit bostaande sin. (2) 3.9.2 Vorm ʼn spesifieke vraagsin uit bostaande sin. (2) 3.9.3 Is die sin ʼn enkelvoudige of ʼn saamgestelde sin. 3.9.4 Sou jy sê dat bostaande sin ʼn veralgemening is? 3.9.5 Skryf die skrywer se woorde (bogenoemde sin) in die indirekte rede (2) o oor. 3.9.6 Skryf die sin in die verlede tyd. (2) 3.10 Is die werkwoord gekweek (par. 9) ʼn oorganklike of ʼn onoorganklike 10 van 14

werkwoord. 3.11 Skryf die skeibare werkwoord neer wat in paragraaf 9 voorkom. 3.12 Gee die infinitief wat in paragraaf 2 voorkom. 3.13 Gee ʼn sinoniem vir die woord tydens. (par.5) 3.14 Gee ʼn antoniem vir die woord giftig uit paragraaf 6. (26) VRAAG 4 Kyk na die strokie en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS 2 Strokie 1 Spesiaal vir jou!! = BLOMME 2 Plastiek!!! My gunsteling! 3 Ek haat plastiekblomme. Plastiekblomme is altyd vol stof. VRAE OOR TEKS 2 4.1 Maak gebruik van ʼn eufemisme om die eerste sin in spraakborrel 3 oor te skryf. (2) 4.2 Gebruik die voegwoord want om die twee sinne in die derde spraakborrel bymekaar te voeg. (2) 11 van 14

4.3 Ek haat plastiekblomme. Skryf bostaande sin in die lydende vorm. (2) (6) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig deur en redigeer die foute wat daarin voorkom. Skryf die hele stuk oor in jou antwoordboek en ONDERSTREEP die regstellings wat jy aangebring het. (8) Hart, siel en tonne lewe Nog vόόr Garies, nét na Bitterfontein, kan jy by die Groenrivierbord links draai op ʼn grondpad wat jou tot by die hek van die reservaat neem. ʼn entjie verder is die kantoor waar dagpermitte teen R24 by Piet en Mariaan schreuder gekoop kan word. Die park het ʼn skoonheid, rustigheid en veiligheid wat almal van ons vandag soek, sê Mariaan. Hulle het onlangs ʼn wees-babajakkals grootgemaak wat ondanks sy eie familie in die veld, steeds vir sy mensouers kom kuier. Dis ʼn geisoleerde bestaan maar vir die veld en see is hul harte groot, ook vir mense wat die liefde daarvoor deel. Net oor die volgende bult, soos ʼn onverwagse prentjie wat voor jou ontvou, lê die atlantiese Oseaan vlak voor jou uitgestrek. Jy weet dadelik dis ʼn spesiale plek wanneer die son agter die wolke uitskuif en die blomme hul baadjies in geel pers en oranja oopgooi. Verwerk vanaf: http://www.beeld.com/bylae/2013-11-01 TOTAAL AFDELING B: 40 12 van 14

AFDELING C: OPSOMMING VRAAG 6 In die teks hieronder word AGT WENKE vir die keuse van troublomme genoem. Som hierdie AGT WENKE puntsgewys en in volsinne op. Jou opsomming mag nie meer as 80 woorde wees nie. Dui die aantal woorde wat jy gebruik het aan. Kies die regte troublomme. Daar is geen verkeerde of regte manier wanneer jy jou blomme kies nie. Dit is enige bruid se persoonlike keuse. Daarby is dit ook nodig om ʼn basiese kennis te hê van watter blomme goed sal inpas by die tema wat jy gekies het. Jy kan waardevolle kennis inwin deur na baie trou-tydskrifte en fotograwe se werk te kyk wat blomme en dekor aanbetref. Voordat jy te opgewonde raak, maak eers die somme. Party blomrangskikkings mag dalk nie realisties wees nadat jy vir alles anders begroot het nie. Dit is baie belangrik om te weet hoeveel jy het om te spandeer aan blomme. Kleur speel die belangrikste rol in die keuse van jou blomme. Die kleure wat gekies word moet die bruidsrok, tema, onthaal en klere van die res van die bruid se gevolg komplimenteer. Kleure wat gekies word volgens die seisoen sal ʼn groot impak hê op jou begroting. 13 van 14

Blomme in seisoen speel ʼn baie belangrike rol, veral as jy ʼn klein begroting het. Buite- seisoen-blomme kan ingevoer word, maar is baie duur. Daar gaan baie foto s van die bruid en bruidegom geneem word en dus is dit belangrik om aandag aan die ruiker sowel as die skouerruikers te gee. Die bruidsruiker is die belangrikste rangskikking van die hele troue, en as jy nie baie blomme kan bekostig nie, moenie op jou ruiker bespaar nie. Die bruidsruiker moet mooier wees as al die ander ruikers. Die bruidsmeisies se ruikers kan kleiner wees as die bruid se handruiker, miskien in ʼn ander styl, maar nog steeds dieselfde kleure. Alternatiewelik kan die bruidsmeisies geen handruikers dra nie, maar eerder ʼn groot blom in die hare, blomkransies of ʼn blomarmband. TOTAAL AFDELING C: 13 GROOTTOTAAL 80 14 van 14

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM NOVEMBER 2014 VRAESTEL 2 TAAL EN BEGRIP GRAAD 9 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye.

AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG 1 1.1 Namakwa Nasionale Park 1.2 Om die Pakhuispas te besoek 1.3 Dis ʼn sandpad 1.4 1.4.1 Tuine / tuinmaak 1.4.2 ʼn Tuinliefhebber kan mos nie nee sê vir twee dae tussen die blomme en teen die see nie. 1.5 1.5.1 WAAR kragopwekkers wat ver genoeg is sodat jy dit skaars bokant (2) die see se gedruis kan hoor. 1.5.2 WAAR MET DIE MOOSTE Afrikaanse name, eie aan die streek. (2) 1.6 1.6.1 Ja 1.6.2 Die weskus kan koel raak in die aand, al is dit lente. 1.7 Water 1.8 Meer as 3 000 1.9 4 1.10.1 Vetplantspesie / ʼn vetplant 1.10.2 Wollerige, vetterige, fyn of harige blare 1.11 Conophytums (17) Bladsy 2 van 6

VRAAG 2 TEKS 2 2.1 R5 400 (2) 2.2 Road Lodge Airport 2.3 Colosseum Luxury Hotel 2.4 2.4.1 Hotel Verde Lughawe 2.4.2 Pendeldiens is gratis 2.5 Webtuiste Telefonies (2) 2.6 Hotel Verde Lughawe 2.7 City Lodge Grand West (10) AFDELING B TAAL TOTAAL AFDELING A: 27 VRAAG 3 TEKS 1 ARTIKEL 3.1 Eienaam 3.2 Soortnaam 3.3 Persoonlike voornaamwoord 3.4 Wederkerende voornaamwoord 3.5 Attributiewe 3.6 3.6.1 Simpleks 3.6.2 Kompleks 3.7 3.7.1 Fees + geleentheid 3.7.2 Publiek 3.8 Bladsy 3 van 6

3.8.1 Byvoorbeeld 3.8.2 doktor 3.9 3.9.1 Wat vorm ʼn belangrike deel van plantlewe en bly nog een van die groot wonders van die natuur? (2) 3.9.2 Vorm blomme ʼn belangrike deel van plantlewe en bly dit nog een van die groot wonders van die natuur? (2) 3.9.3 Saamgestelde sin 3.9.4 Nee 3.9.5 Die skrywer meen dat blomme ʼn belangrike deel van plantlewe vorm en dat dit nog een van die groot wonders van die natuur bly. (2) 3.9.6 Blomme het ʼn belangrike deel van plantlewe gevorm en bly nog een van die groot wonders van die natuur. (2) 3.10 Oorganklik 3.11 Aangekoop 3.12 Om te blom 3.13 Gedurende 3.14 eetbaar (26) VRAAG 4 TEKS 2 STROKIE 4.1 Ek hou nie van plastiekblomme nie (2) 4.2 Ek haat plastiekblomme, want dit is altyd vol stof. (2) 4.3 Plastiekblomme word deur ma gehaat. (2) (6) Bladsy 4 van 6

VRAAG 5 REDIGERING Hart, siel en tonne lewe Nog voor Garies, nét na Bitterfontein, kan jy by die Groenrivier-bord links draai op ʼn grondpad wat jou tot by die hek van die reservaat neem. ʼn Entjie verder is die kantoor waar dagpermitte teen R 24-00 by Piet en Mariaan Schreuder gekoop kan word. Die park het ʼn skoonheid, rustigheid en veiligheid wat almal van ons vandag soek, sê Mariaan. Hulle het onlangs ʼn wees-babajakkals grootgemaak wat ondanks sy eie familie in die veld, steeds vir sy mens-ouers kom kuier. Dis ʼn geïsoleerde bestaan, maar vir die veld en see is hul harte groot, ook vir mense wat die liefde daarvoor deel. Net oor die volgende bult, soos ʼn onverwagse prentjie wat voor jou ontvou, lê die Atlantiese Oseaan vlak voor jou uitgestrek. Jy weet dadelik dis ʼn spesiale plek wanneer die son agter die wolke uitskuif en die blomme hul baadjies in geel, pers en oranje oopgooi. Verwerk vanaf: http://www.beeld.com/bylae/2013-11-01 (8) TOTAAL AFDELING B: 40 Bladsy 5 van 6

AFDELING C: OPSOMMING VRAAG 6 1. Die blomme is die bruid se keuse. 2. Om kennis in te win kyk na trou tydskrifte en fotograwe se werk. 3. Jy moet ʼn begroting hê. 4. Die kleure is belangrik vir jou rok, tema en trouklere. 5. In seisoen blomme is goedkoper. 6. Gee baie aandag aan skouerruikers vir foto s. 7. Moenie spaar op bruidsruiker nie hy moet die mooiste wees. 8. Bruidsmeisies se ruikers moet inpas, maar kleiner wees. 1 punt per wenk = 8 punte 5 punte vir taal en spelling - 0-2 foute - 3-5 foute - 6-8 foute - 8-10 foute - 11-13 foute - 13+ foute 5 punte 4 punte 3 punte 2 punte 1 punt 0 punte TOTAAL AFDELING C: 13 GROOTTOTAAL 80 Bladsy 6 van 6