Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die genade gawes Van God:

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

1 TESSALONISENSE 1:3

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Die krag / vuur van God:

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Sendbrief van Jakobus

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Deur Christus Alleen

REFORMASIE. Martin Luther

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

ישוע. familieboom van Jesus

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

deur CARIKA DU PLESSIS

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORD, DIE IMPLIKASIE VAN HEB 5:12 VIR KERK EN TEOLOGIE

Transcript:

Mark 10:13-16 Fokus: vers 13-16 Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk. Januarie 2014

Ps-vooraf Ps 3: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 29: 1, 3, 5 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 4: 3 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 31: 15, 17, 19 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 10:13-16. Psalm as antwoord op die Woord Ps 66: 6, 7 Ons Fokus op vers 13-16 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes in Mark 10:13-16 is ons steeds in die huis van vers 10. Bewys 1 Dis eers in vers 17 dat Jesus op die pad uitgaan het. So Mark 10:13-16 gebeur in die huis van vers 10. *************** Terugblik 2 En onthou u nog wat daar gebeur het? A. Dis waar ons verlede week was. Dis waar Jesus en sy dissipels ingegaan het na sy gesprek in vers 2-9 met die Fariseërs oor egskeiding-en-weer-trou. B. Dis waar Jesus sy dissipels toe verder onderrig het oor dissipel-wees ook in ons huwelike vertel vers 11-12. 1 και vebind 13a aan die gebeure εν τη οικια in vers 10-12 (Greek grammer beyond basics bl 671; vgl ook Stein se Mark komm bl 461). Ek het egter hier met 'n nuwe episode te doen, in die sin dat hier nou ander mense by kom. In vers 10-12 hoor ek net van Jesus en sy dissipels. Hier hoor ek nou, nie net van Jesus en sy dissipels nie, maar ook van mense wat παιδια na Jesus bring. Dit lyk egter vir my asof ek steeds εν τη οικια van vers 10-12 is. Dis immers eers in vers 17 dat ek hoor dat Jesus en sy dissipels op 'n ander plek is εκπορευομενου αυτου εις οδον. 2 Vgl Mark 10,1-12.odt 3

C. Dis waar Jesus sy dissipels geleer het, om nie te skei-en-weer-te-trou nie omdat dit owerspel is. En waarom? Wel omdat ons egskeiding nooit ons eerste huwelik verbreek het nie. En die tweede huwleik dan soos 'n buite-egtelike verhouding word. En dis so omdat God die Koning van ons huwelikke is. En nie ons met ons egskeidings nie. En wat God saamgevoeg het kan geen mens breek nie. Ja dis hoe God se skeppingsdoel-en-orde vir die huwelik. ****************** D. Daarom is'it ook daar in die huis dat ons verlede week net weer besef het hoe nodig ons vir Jesus het. Verduidelik Vir Jesus wat op pad is na Judea en Jerusalem. Soos vers 1 vertel. Om daar kruis toe te gaan en te ly. Om so sy gelowige dissipel-volk in sy bloed-en-gees te doop 3 sodat ons 'n nuwe lewe kan lei ook in ons dink-en-doen oor huwelik. En sodat ons wat so maklik skei vergifnis kan kry. 3 HK Sondag 26 v/a 69-70 4

Terug by vandag Nou hieroor kon ons verlede week meer leer vanuit Mark 10:1-12. Maar nou net daarna 4 sê vers 13: En hulle het kindertjies of babatjies soos Luk 18:15 leer 5 na Hom gebring... Verduidelik 6 En hierdie hulle was waarskynlik die babatjies se pa's. Want verder aan vertel vers 13 dat die dissipels die wat (die babatjies) gebring het, bestraf het. En dan's die wat (die babatjies) gebring het ons vertaling van die Griekse woord προσφερουσιν. En nou kan 'n Griekse woord manlik of vroulik wees. En προσφερουσιν is hier 'n manlike-woord. So die wat (die babatjies) gebring het was heel waarskynlik die pa's. Want die ma's sou προσφερουσαις gewees het. *************** 4 και vebind 13a aan die gebeure εν τη οικια in vers 10-12 (Greek grammer beyond basics bl 671; vgl ook Stein se Mark komm bl 461). 5 παιδια = ons mv van παιδιόν, met die betekenis van 'kinders'. Hierdie 'kinders' kan klein babatjies wees (LXX van Gen 17:12), of ook al groter kindrs (Mat 11:16; Luk 7:32) (Baljon bl 721; NIDNTT vol 1 bl 383; Stein se Mark komm bl 462). Wanneer Lukas van hierdie selfde gebeure vertel, gebruik hy egter die woord βρε φος (Luk 18:15), wat vir ons sê dat die παιδια, die woord wat Markus gebruik, hier klein babatjies is (NIDNTT vol 1 bl 283; Stein se Mark komm bl 462). 6 In 13c word die 3de mv subjek van προσεφερον benoem met τοις προσφερουσιν = praes part akt ml/ons mv. Wat leer ek uit die ml/ons oor die 'hulle' wat die babas na Jesus aandra? Van Bruggen se Mark komm bl 221 meen dat ons hieruit kan leer dat die pa's die babas aan gedra het. 5

So in die huis na Jesus se onderrig oor dissipel-wees in ons huwelike kom hier nou soos God dit in sy voorsienigheid wou 7 'n klomp pa's met hulle klein-kindertjies aan. Opmerking 8 Is'it nie wonderlik hoe God dinge laat saamval nie?! Net na die onderrig oor huwelik kom hier kindertjies aan. En huwelik en kinders pas mos bymekaar! *************** Gedagtestruktuur 9 En as die pa's met hulle kindertjies daar aan kom? Wat dan? Wel met alles wat dan in vers 13 gebeur kom daar weer 'n geleentheid vir Jesus om sy dissipels te onderrig in dissipel-wees. Opmerking 10 En verlede week het ons mos geleer dat dit een van Jesus se groot fokuspunte is op pad na die kruis. Hierdie onderrig oor ware dissipel-wees. En die onderrig in vers 13-16 gaan oor ons kinders se toegang tot Jesus. En veral vers 14 gaan hieroor. Maar daarby onderrig Jesus sy dissipels ook oor ons almal se in-gaan in die konnkryk van God. En veral vers 15-16 gaan hieroor. *************** 7 HK Sondag 10. 8 Vgl Stein se Mark komm bl 461; Edwards se Mark komm bl 306; Grogan se Mark komm bl 184 9 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 391 10 Vgl Mark 10,1-12.odt 6

En dis ook ons tema vanoggend. Ja in Mark 10:13-16 gaan dit oor: Jesus se disipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Jesus En ons eie ingang in die Koninkryk van God. 1. So kom ons begin by Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom. Opmerking En dan gaan ons vier fokuspunte hê. Eerste fokus op op die pa's. Daarna op die disipels. Dan op Jesus se onderrig oor ons kinders se toegang tot Hom. En vierdens gaan ons agterkom waarom dit so belangrik is. ************** A. So ons is eerste by die pa's wat hulle klein-kindertjies by Jesus aanbring. En vers 13 vertel daarvan as'it sê: En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat (Jesus) hulle kon aanraak... Verduidelik 11 En net hier hoor ons 11 ινα + die aor sub αψηται van α πτομαι, lei hier die doel of die intensie, waarom die 'hulle' die babas na Jesus toe dra, in. Belangrik: Ek sien dus hier die intensie van hierdie 'hulle'. Dis hulle begeerte, hulle wil, dat Jesus die babas moet α πτομαι (Greek grammer beyond basics bl 472). 7

wat hierdie pa's baie-baie graag wou hê. Dit was hulle hartsbegeerte! Jesus moes hulle kindertjies aanraak. Skrif met Skrif En Mat 19:13-15 waar Mateus hierdie selfde geskiedenis vertel leer dat hierdie aanraak die selfde is as hande-op-lê. Verduidelik 12 En hande-oplê is niks anders as seën nie. Gen 48:18 leer dit bv vir ons. 13 ***************** So hierdie pa's wil met hulle hele hart dat Jesus hulle kindertjies seën. Openbaringshistories I 14 En vanuit die OT 15 moes hierdie pa's geweet het dat seën lewe gee. Verduidelik Die ware ewige-lewe in die plek van die dood wat die vloek van die sondeval gebring het. Ons leer dit bv uit Gen 1:28 en Gen 12:2-3 en Gen 22:18 en Deut 30:19. 12 Mat 19:13 verduidelik α πτομαι verder deur te sê: Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid. Hierdie hande oplê is iets wat gebeur wanneer jy geseën word. Ja, wanneer jy geseën word, word jy die hande opgelê Presies dit doen Jesus dan ook in vers 16 ηυλογει αυτα (NIDNTT vol 2 bl 150-151, vol 3 bl 860-861; Stein se Mark komm bl 462; Groenewald se Mark komm bl 248). 13 Vgl NIDNTT vol 2 bl 151 14 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 758-760 15 Van Bruggen se Mark kom bl 223 wys my dat ek hier met Israelietiese pa's te doen het. 8

II 16 En daarby het die HERE se seën jou bewaar en genade en vrede gegee. Vertel Num 6:24-26. III En deur die profeet Jesaja beloof die HERE so wonderlik as Hy in Jes 44:3 sê: Ek sal my Gees op jou (kinders) giet en my seën op jou nakomelinge. En het Johannes-die-doper nie in Mark 1:8 gesê dat Jesus die Een is wat ons met die Heilige Gees doop nie. Ja Hy het! Ja Jesus is die Een wat die seën van die lewe-gewende 17 Gees soos Jesaja daaroor profeteer 'n werklikheid maak 18 ook vir ons kinders. ***************** En nou kom hierdie pa's by die huis van Mark 10:10 aan. En hulle wil dit so graag hê. Dis hulle hartsbegeerte: 'Jesus raak tog ons kindertjies aan. Seën hulle Here!' ***************** B. En die dissipels? Wel die tweede deel van vers 13 sê: Maar die dissipels het die wat (die kindertjies) gebring het, bestraf. Wat 'n tragiek!! 16 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 760-762 17 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 766, vol 3 bl 1075-1077; Young se Jes komm vol 3 bl 167; Reformation study Bible bl 1014. 18 Vgl TWOT vol 1 bl 132; TDNT vol 2 bl 763 9

Opmerking En dis die tweede fokuspunt by Jesus se onderrig oor ons kinders se toegang tot Hom. Ja die dissipels het die wat (die kindertjies) gebring het, bestraf. Maar hoekom? Verduidelik 19 Wel vers 13 sê nie. Maar wat ons wel weet is dat Jesus se dissipel-onderrig in Mark 9:33-50 nog nie grondgevat het nie. Daardie onderrig spesifiek in Mark 9:35 toe Jesus ons geleer het om te bekeer van die sonde van selfgesentreerdheid en om die grootste te wil wees 20 en diensknegte te word. Ook van hierdie kindertjies wat in daardie tyd nie baie belangik was nie. 21 ******************* Ja as daardie onderrig grondgevat het sou die dissipels hierdie pa's met hulle kindertjies laat tuis voel het. Maar nee! die dissipels het die wat (die kindertjies) gebring het, bestraf. ****************** 19 Vgl Stein se Mark komm bl 462 20 Mark 9:34 21 Vgl NIDNTT vol 1 bl 285, vol 2 bl 262; Van Bruggen se Mark komm bl 210; Edwards se Mark komm bl 288; Stein se Mark komm bl 444; Evans se Mark komm bl 93. 10

Oorgang Nou toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem... Sê vers 14. Verduidelik 22 Ons kan ook sê dat die dissipels Jesus baie kwaad gemaak het. Hulle het sy heilige toorn laat ontvlam. C. Maar dan wis Jesus sy dissipels nie uit nie. Nee! In sy groot genade onderrig Jesus hulle verder. 23 Opmerking En dis ons derde fokuspunt: Jesus se onderrig oor ons kinders se toegang tot Hom. En ons hoor daarvan as Jesus in vers 14 sê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie... Verduidelik 24 So die dissipels moes ophou om pa's met kindertjies van Jesus weg te hou. Want hierdie kindertjies moes toegang tot Jesus hê. ***************** 22 ηγανακτησε = aor ind aktvan α γανακτεώ, met die betekenis van 'Hy was verotwaardig'/ 'Hy was kwaad' sekerlik omdat Hy mos nou al oor hierdie saak onderrig het (9:35-37) (Baljon bl 4; Van Leeuwen se Mark komm bl 179). 23 Vgl Edwards se Mark komm bl 306; Van Bruggen se Mark komm bl 223 24 μη κωλυετε = μη + praes imperat akt van κωλυ ω, met die betekenis van 'moenie verhinder nie'. Met die praes imperat (vgl ook Stein se Mark komm bl 463), so meen ek, sê Jesus vir sy dissipels dat hulle met hulle bestaande handeling moet ophou (Binnewerk bl 35) Om pa's en hulle babas van Jesus af weg te hou mag nie gebeur nie. 11

Maar hoekom? 25 Wel dit leer Jesus as Hy in die laaste deel van vers 14 sê:... want aan sulkes of: aan mense wat soos hierdie kindertjies is 26 behoort die koninkryk van God. Verduidelik 27 So hoor u waarom hierdie kindertjies toegang tot Jesus moet hê? Dis omdat die Koninkryk aan hulle behoort en aan mense wat soos hulle is. Ja aan sulkes behoort die Koninkryk van God aan hierdie kindertjies en aan mense wat soos hulle is. Opmerking En ons gaan net-nou ingaan op hierdie ding dat die Koninkryk ook behoort aan mense wat soos hierdie kindertjies is. Maar vir nou bly ons eers by die waarheid dat die Koninkryk van God ook aan hierdie kindertjies behoort. 25 Met γαρ lei Jesus 'n sin in waarmee Hy die rede gee en waarom dit so belangrik is dat die dissipels moet toelaat dat die babas na Hom toe kom en waarom hulle nie die babas moet verhinder nie (14a-d) (vgl Greek grammer beyond basics bl 674; Evans se Mark komm bl 94; Van Leeuwen se Mark komm bl 180). 26 των τοιουτων = gen mv van τοιου τος, en is 'n vergelykende vnw wat hier substantief gebruik word. Die betekenis is dan: 'van die's wat so is' (Baljon bl 985). Die lidwoord (των) wys baie spesifiek treug na die babas, wat deur die pa's wat na Jesus aangedra word. Dus: geparafraseerd staan hier: 'van die mense wat soos hierdie babas is' (Baljon bl 985; Stein se Mark komm bl 463). 27 Wat belangrik is, is dat των τοιουτων 'van die mense wat soos hierdie babas is' beslis nie babas uitsluit nie. Nee, Jesus sluit met hierdie uitspraak hierdie babas en die mense, wat soos hulle is, in (vgl Stein se Mark komm bl 463; Edwards se Mark komm bl 306; Calvyn se komm op die sinop Evang vol 2 bl 391; Groenewald se Mark komm bl 249; Van Bruggen se Mark komm bl 223; Floor, Die Heilige doop in die NT, bl 87-88). 12

Ja hierdie kindertjies moet toegang tot Jesus hê want aan sulkes behoort die koninkryk van God. ****************** Oorgang Maar wat beteken dit as Jesus in vers 14 sê: Die Koninkryk behoort aan hiedie kindertjies? En waarom moet hierdie kindertjies aan wie die koninkryk behoort dan toegang tot Jesus hê? Opmerking En die antwoorde op hierdie vrae is belangrik. Dit moet ons aangryp en wys hoe ontsaglik belangrik dit is dat ons ons kinders toegang tot Jesus gee. D. En dis ons vierde fokuspunt by Jesus se dissipel-onderrig oor ons kinders se toegang tot Hom. Ja wat beteken dit as Jesus sê: die Koninkryk behoort aan hierdie kindertjies. Verduidelik Wel dit beteken dat die volheid van die Koninkryk van God op die nuwe-aarde sonder sonde en Satan en dood in volmaakte verbondsgemeenskap by God 28 vir hierdie kindertjies bedoel 29 is. 28 Vgl Ladd, A theology of the NT, bl 72-74 29 Vgl Floor, Die heilige Doop in die NT, bl 87-89 13

Maar as die volheid van die Konikryk vir jou bedoel is dan kom daar nog iets by. En hierdie iets kan ons ook Koninkryksgawes noem. 30 En hierdie Koninkryksgawes is om nou al in hierdie lewe sondervergifnis en die ewige-lewe en verbondsgemeenskap met God en 'n nuwe-lewe vir Hom te hê. 31 So as Jesus in vers 14 sê: aan sulkes behoort die koninkryk van God beteken dit dat hierdie Konikryksgawes ook aan hierdie kindertjies behoort. ***************** Openbaringshistories 32 En hoekom? Wel omdat God reeds in die OT beloof dat hierdie Konikryksgawes ook vir kindertjies is. Bewys Ons sien'it bv in Gen 17:7 en Jes 44:3 en Jes 59:21 en Jer 31:31-34 en Jer 32:39 om maar 'n paar voorbeelde te noem. **************** So sien u waarom Jesus in vers 14 sê: aan sulkes behoort die koninkryk van God. Jesus sê dit want die Koninkryksgawes het die HERE belowe vir gelowiges en hulle kinders reeds al in die OT. 30 Vgl Ladd, A theology of the NT, bl 72-80 31 Vgl Ladd, A theology of the NT, bl 72 32 Vgl Floor, Die heilige Doop in die NT, bl 88 **************** 14

Maar waarom is toegang tot Jesus dan so belangrik? Waarom is Jesus so ernstig as Hy in vers 14 sê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie...? Is dit nie genoeg dat die Koninkryk van God ook vir die kindertjies bedoel is nie? Ja waarom is toegang tot Jesus so belangrik? Verduidelik 33 Wel omdat dit alleen by Koning Jesus is dat ons en ons kinders die Koninkryksgawes kan ontvang. Daardie gawes van sondevergifnis en die ewige lewe en verbondgemeenskap met die HERE en 'n nuwe-lewe vir Hom. En dis so belangrik! Want sonder hierdie gawes sal die Koninkryk nooit aan ons en ons kindertjies behoort nie. Bewys I Want dis net Jesus wat oppad is na Judea en Jerusalem en die kruis wat sondervergifnis kan gee. 34 II Dis net Jesus wat sy lewe aan die kruis kan gee dat (ons en ons kindertjies) lewe en oorvloed kan hê. 35 III Dis net Jesus wat met sy bloed ware verbondsgemeenskap kan bring 33 Vgl Edwards se Mark komm bl 306-307; Van Bruggen se Mark komm bl 223 34 Mark 10:45 35 Joh 10:10 15

en 'n nuwe lewe vir die HERE. 36 ***************** Ja dis net Jesus wat kan maak dat hierdie kindertjies vir wie die Koninkryk bedoel is ook die Koninkryk kan ontvang sodat dit aan hulle kan behoort. Toepassing Daarom dat Jesus in vers 14 sê: Laat die kindertjies na My toe kom... *************** En nou'sie vraag: Doen ons dit geliefdes? Doen ons dit as ons aanhou-en-aanhou om nie huisgodsdiens te hou nie? Doen ons dit as ons sommer maar net wegbly van die erediens en die Woordbediening? Dis so belangriks saak geliefdes! Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie... Ook nie as jy hulle by die skool gaan aflaai nie. So maak seker wie jou kind se onderwysers is. Vra jouself af: Gaan hulle my verbondskind na Jesus toe vat? En geliefde onderwysers: Waarna toe vat julle die kinders? Na wiskunde-geletterdheid toe? 36 Mark 14:24; Rom 6:18 16

Of Darwin toe? Of na 'n goeie job toe? Of vat julle kinders na Jesus toe? ******************** Oorgang So geliefdes dit is Jesus se dissipel-onderrig oor ons kinders se toegang tot Hom. En dit het alles begin in vers 13 by die pa's wat so graag wou hê dat Jesus hulle kindertjies seën. En die dissipels wat nie wou nie. En Jesus wat toe in vers 14 gesê het: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Saamvat Ja vir hierdie kindertjeis is die Koninkryk soos die HERE dit al in die OT in sy verbondsbeloftes beloof het. Maar juis daarom moet ons kinders by Jesus uitkom want by Jesus alleen ontvang ons kinders die Koninkryk sodat dit aan hulle behoort. **************** Maar nou'sit nie al wat Jeus met vers 14 leer nie. Nee! Jesus leer ook iets vir ons almal. 37 37 Vgl Stein se Mark komm bl 463; Edwards se Mark komm bl 306; Calvyn se komm op die sinop Evang vol 2 bl 391; Groenewald se Mark komm bl 249; Van Bruggen se Mark komm bl 223; Floor, Die Heilige doop in die NT, bl 87-88 17

Bewys Want hoor mooi wat sê Jesus in vers 14. Hy sê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Verduidelik 38 En onthou u: Ons het netnou gesê dat Jesus met die woord sulkes praat oor die kindertjies van vers 13 maar ook oor mense wat soos hulle is. En nou'sit net hier as Jesus sê dat die Koninkryk behoort aan mense wat soos die kindertjies van vers 13 is dat Jesus met ons almal praat. Bewys+Selfondersoek Want die Koninkryk van God en die ewige lewe by God daarin is nie maar net vir almal nie. Nee! Dis vir mense wat is soos die kindertjies van vers 13. En dit leer Jesus baie duidelik in vers 14 as Hy sê: aan sulkes behoort die koninkryk van God. ****************** So is ons? Is ek en u soos een van daardie kindertjies? En behoort die Koninkryk van God daarom aan ons? Dis so belangrik om sekerheid hieroor te hê!! 38 Sien voetnoot 26-27 18

En weet u: Nou gee Jesus sekerheid as Hy verder praat in vers 15 en met wat Hy doen in vers 16. 39 2. En dit bring ons nou by ons tweede hoofpunt wat gaan oor Jesus se leer oor ons elkeen se ingang in die Koninkryk. Nou Jesus begin aan ons sekerheid gee dat ook ons soos een van vers 13 se kindertjies is en dat die Koninkryk daarom aan ons behoort as Hy in vers 15 sê: Voorwaar Ek sê vir julle... Verduidelik 40 En met hierdie voorwaar Ek sê vir julle sê Jesus: 'Let nou op. Want dit wat nou kom is ontsaglik belangrik.' Ja Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God Of: die Koninkryksgawes van God 41 nie soos n kindjie ontvang nie, sal (in die volkomenheid van die koninkryk van God 42 ) 39 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 391; Stein se Mark komm bl 463; Edwards se Mark komm bl 307. 40 Vgl NIDNTT vol 1 bl 98-99 41 Veral die woord δε χομαι wys my dat dit hier gaan om die kk as gawe. Dit gaan hier om die wonderlike gawes wat die God se heerskappy wat Christus werklikheid maak vir ons mee bring (Ladd, A Theology of the NT, bl 72). Wat belangrik is van hierdie gawes, is dat ons dit nou en hier besit sodat 14e se 'die kk behoort aan' nou en hier 'n werklikheid is (Ladd, A Theology of the NT, bl 72). Hierdie gawes van die kk is ware verlossing, vegifnis, ewige lewe, verbondsgemeenskap met God en die nuwe lewe vir Hom. 42 ου μη + aor sub dep van ει σε ρχομαι = 'n beklemtoonde negatief wat geld vir die toekoms (Binnewerk bl 16; Stein se Mark komm bl 464). Dus: 'hy sal verseker nie in die toekoms ingaan '/ 'daar is nie 'n manier dat hy in die toekoms sal ingaan...' Dus: Die ontvangs van die kk en die kk wat aan my behoort is iets wat in die hede gebeur. Maar die ingaan in die kk gebeur in die toekoms (vgl ook Stein se Mark komm bl 464). Dis veral εις by εις αυτην wat my wys dat die toekomstige kk 'n ruimte is waarin die volheid van die gawes van die kk geniet kan word die ewige lewe in volkome verbondsgemeenskap met God op 'n totaal hestelde aarde vgl bv Mark 10:17,23; Luk 13:28-29; Jes 25:8; 65:17 (Greek 19

nooit ingaan nie. ************** So nou is die vraag: Hoe ontvang 'n kindjie die Koninkryk van God? Opmerking En dis 'n belangrike vraag. Want dis alleen wanneer ons die Koninkryk soos 'n kindjie ontvang dat die Koninkryk aan ons behoort en ons daarin sal kan gaan. So ja Hoe ontvang 'n kindjie die Koninkryk van God? Verduidelik 43 Ontvang 'n kindjie die Koninkryk omdat 'n kindjie so oulik en so onskuldig is? Nee! Nee 'n Kindjie ontvang nie die Koninkryk omdat 'n kindjie iets doen of onskuldig is nie. Want 'n kindjie is totaal hulpeloos. En daarby is 'n kindjie nie onskuldig nie. Bewys Dawid leer dit as hy in Ps 51:7 sê: Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. ***************** grammer beyond basics bl 369; Ladd, A Theology of the NT, bl 64). Dis dan dat Satan en sy demone en almal wat hom gevolg het vernietig sal word Mat 25:41; Mat 13:28-29 (Ladd, A Theology of the NT, bl 64). 43 Vgl Edwards se Mark komm bl 307 20

Maar hoe ontvang 'n kindjie dan die Koninkryk van God? Wel dit wys Jesus ons met wat Hy doen in vers 16. 44 Want vers 16 sê: En (Jesus) het sy arms om (die kindertjies) geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën. Verduidelik 45 Sien u hoe ontvang kindertjies die Koninkryk van God. Hulle ontvang dit terwyl hulle niks niks niks doen nie. Ja hulle ontvang die koninkryk terwyl hulle net mooi niks kan doen nie. Hulle ontvang dus die koninkryk uit genade alleen deur Jesus alleen wat seën. *************** Toepassing Ja dis hoe ons die Koninkryk ontvang soos 'n kindjie. Ons ontvang dit toe ons nog niks kon doen nie. Toe ons nog niks kon verdien nie. Toe ons nog totaal verdorwe was. Ja as ons die Koninkryk ontvang dan ontvang ons dit omdat Jesus ons seën terwyl ons soos babatjies niks doen om die seën van Jesus te verdien nie. Niks!! 44 Vgl ook Stein se Mark komm bl 464; Van Bruggen se Mark komm bl 223 45 Vgl Edwards se Mark komm bl 307 21

Openbaringshistories 46 En weet u: Jesus is besig met sy seën-werk as Hy hier in Mark 10 oppad is na Judea en Jerusalemen en die kruis om aan die kruis sy lewe te gee en in ons plek ons hel se straf gedra het toe Hy geskreeu het: 'My God, My God waarom het u my verlaat.' 47 Sodat ons deur Jeus die seën van die lewe en die Koninkryk van God kan ontvang. ***************** Selfondersoek So geliefdes: Het Jesus al vir u geseën en vir my? En dis so belangrik om seker te wees. Bewys Want dis hoe 'n kindjie die koninkryk van God ontvang. Hulle ontvang dit as Jesus hulle seën. So leer Jesus ons met vers 16 as Hy die kindertjies seën. En in vers 15 sê: Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 46 Vgl van Bruggen se Mark komm bl 223 47 Mat 27:46 22

So wat Jesus hier in vers 15 sê is dat elkeen wat nie deur Hom geseën is nie en so die Koninkryk van God ontvang het nie, nooit daar in sal gaan nie. So het Jesus vir u en vir my al geseën? **************** Slot Weet u: Ons kan weet. Die HERE gee vir ons sekerheid daaroor. Want in Hand 3:26 preek Petrus en dan sê hy dat God... sy Kind Jesus... gestuur het om (ons) te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer. Geloofsekerheid So het dit al gebeur? Het u al en ek al bekeer na Jesus toe en op ons knieë gestaan en gesê: 'Here seën my! Seën my!! Want Here ek kan niks doen nie. Ek is te verlore om iets te kan doen. Ek's totaal hulpeloos soos 'n kindjie. Daarom Here seën my en maak my deel van U koninkryk!' **************** Weet u: As dit in ons lewens in opregtheid gebeur en deur ons lewens gebeur dan het Jesus ons geseën met bekering na Hom toe 23

om by Hom die seën van die lewe in die Koninkryk van God te kan hê. ******************* En dan? Weet u dan kan dit net nie meer anders nie. Dan vat ons ons kindertjies na Jesus toe. En ons doen dit as ons met die liefde van Jesus wat in ons brand vir hulle van Jesus vertel. Want dis met daardie woord dat Jesus ons kindertjies na Hom toe laat kom. Sodat Hy hulle kan seën. En hulle so die koninkryk kan ontvang. Amen. Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord Ps 66: 6, 7 Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 16: 1, 2, 3 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 72: 1, 10, 11 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 24