Junie 2010 Openbaring 2:12-17 Fokus: vers 12-17 Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.
Ps-vooraf Ps 24:4 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen. Seëngroet Geliefdes: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 45:1,3,5,6 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet - Ps 1:1,4 1
Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 119:38,42 2
Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Openb 2:12-17. Psalm in antwoord op die Woord Ps 26:1,3,7 Ons Fokus val op al 6 verse Skrifverklaring Inleiding. Geliefdes... het u al ooit daaraan gedink?... Hoe dit moet wees... om by Satan te woon. Nou... presies dit... het die gemeente in Pergamus beleef... Hulle het gewoon waar die troon van die Satan is.... Ons hoor dit in vers 13. En nou gaan ons vanoggend hierby stilstaan... By... Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus... waar Satan woon. Maar voor ons daarby kom... kom ons verfris gou ons gedagtes oor Openbaring 1 tot 3 waarmee ons verlede vakansie begin het... en as die HERE wil... hierdie vakansie wil klaar maak. ************************** Kanoniek A. Nou... die eerste ding... wat ons moet onthou is dat Johannes op die Romeinse tronk-eiland Patmos was toe hy hierdie Openbaring... van God af ontvang het. 3
En Johannes was daar ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. 1 En dit sê vir ons net een ding... Die kerk... en die evangelie... was nie altyd goeie nuus vir die wêreldheersers nie. Tot vandag toe is dit so... Die ware kerk... wat die ware evangelie verkondig... beleef stryd. B. Die tweede ding wat ons moet onthou... is dat Johannes met die heel eerste gesig... wat hy gesien het... vir Christus gesien het. Johannes het vir Christus tussen 7 goue kandelaars gesien. En in Openb 1:20 sê Christus self vir ons.. dat daardie 7 kandelaars... 7 gemeentes van klein Asië voor stel... Maar te gelyk so leer ons uit die res van die Skrif stel daardie 7 kandelaars ook elkeen van Christus se plaaslike kerke voor... reg deur die geskiedenis van die NT. C. Die derde ding... wat ons moet onthou is dat Christus... daar tussen die kandelaars uit... met Johannes begin praat het 2... 1 Openb 1:9 2 Begin in Openb 1:17 4
En wanneer ons in Openb 2 lees... praat Christus nog steeds. Hy praat met Johannes oor elkeen van die 7 gemeentes... En dit wat Christus sê moet Johannes neerskryf... in n brief. Daar moet n brief na elke gemeente toe gaan... Maar nou is dit belangrik geliefdes... om raak te sien dat elke gemeente se brief... nie net vir hulle bedoel is nie. Nee... elke gemeente van Christus... deur die eeue... moet hierdie briewe lees. Ons hoor dit aan die einde van elke brief. Daar waar ons hoor: Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Hoor u dit? Dis nie net een gemeente wat moet hoor wat die Gees vir daardie spesifieke gemeente sê nie. Nee!... al die gemeentes op elke plek... ook ons hier in Daspoort... moet biddend... nederig luister na die leer van Christus... vir ons... in ons tyd... in elkeen van hierdie 7 briewe. Ja, in elke brief moet ons Christus se troos hoor... sy bemoediging... en sy vermaning hoor... om te volhard om n ware kerk te wees... hier waar ons elke dag leef... in n sondige wêreld waar die kerk dit nie altyd maklik het nie. ********************** 5
En presies dit... gaan ons vanoggend... in Christus se brief aan Pergamus... daar waar Satan woon... hoor. Ons gaan hoor van Christus se gemeente... se Belewenis Bemoediging Berisping En hulle belofte... daar in Pegamus waar die Satan woon... En ons gaan leer... wat dit vir ons sê. 1. Kom ons begin dan... by die belewenis... van die gemeente... Geliefdes... die gemeente in Pergamus... woon... by Satan se troon Ons hoor dit in vers 13. En woon is nogal iets permanents... As jy op n plek... woon... kan jy nie maar net jou goedjies vat en trek nie. 3 En nou is die probleem... dat hierdie gemeente woon... by Satan se troon. Wie? En Satan... is die vyand van Christus en sy kerk... Soos n moordenaar loer hy op die kerk van Pergamus om haar deur sy moord en bedrieëry te verwoes. 4 Maar dis nie al nie. In Peragmus loer Satan nie net op die kerk nie... In Pergamus sit Satan ook op die troon. 3 κατοικει ς sien op permanente inwoning (Mounce se Openb komm bl 79). 4 Art 12 NGB 6
Verduidelik Met ander woorde: Satan regeer in Pergamus... Van sy troon af oefen Satan sy mag uit 5... op so n manier... dat die gewone mense van Pergamus lewe... volgens Satan se insettinge en verordeninge. 6 Maar nou is dit belangrik... dat ons moet raaksien dat wanneer Satan regeer... hy deur mense regeer. 7 En daar in Pergamus was Satan se menslike handlangers... die Romeinse owerheid... n Owerheid... in wie se koppe dit nie eers op gekom het dat hulle eintlik dienaars van God is... soos Paulus in Rom 13:4 leer nie. 8 Daarom dat elke burger van Pergamus se afgodsdiens... baie mooi deur die wet beskerm is... en deur die owerheid bevorder is... Daar was net een voorwaarde... n belangrike voorwaarde... Jy moes die keiser ook vereer. Jy moes hom Here noem... en hom as die Here vereer... Doen dit... en jy was vry... om jou eie Godsdiens in rustigheid te beoefen. 9 5 NIDNTT vol 2 bl 615; Baljon bl 439. 6 Efes 2:1-3 7 Vgl Mounce se Openb komm bl 79. 8 Vgl ook Ps 2:10-12 9 Vgl Duvenhage, Dekor van die NT, bl 53. 7
Gevolgtrek Nou... dit... geliefdes... was alles dinge wat die kerk in Pergamus daagliks beleef het... ************************ Toepassing En ons?... Wat beleef ons elke dag? Wie sit op die troon in die Suid Afrikaanse regering? Erken en bely die ANC... dat hulle dienaars van die enigste ware God... en sy Christus is? Erken hulle... dat die HERE Jahwe die enigste wetgewer is... En dat hulle bedienaars van sy wet moet wees... En as hulle dit nie doen nie?... Wie sit op die troon in SA? As aborsies wettig gemaak word... Wie sit op die troon? Is dit nie hy... wat van die begin af n mensemoordenaar is nie. 10 As die dag van die Here... nie meer n rusdag is nie... die winkels oop is... en ons daar gaan koop... Vir wie se wet is die mense van... dierbaar Suid-Afrika nog lief? En eweskielik is Pergamus se omstandighede... nie meer so ver verwyderd van ons sin nie... nie waar nie geliefdes? ************************* Maar kom ons gaan net eers terug na Pergamus toe... Hoe het die gemeente hierdie belewenis hanteer? 10 Joh 8:44 8
Wel... hulle het nie klippe gegooi nie... ook nie bande gebrand nie... en nie pyp-bomme in hulle garages gemaak nie. ********************** Maar... wat het hulle dan gedoen? Ons hoor dit in vers 13. Christus se gemeente het vas gehou... aan sy Naam en die geloof in Hom... nie verloën nie. Verduidelik En... geliefdes... as jy vashou aan die Naam van Christus... dan hou jy vas aan die volle openbaring van Christus soos ons dit in sy Woord kry... En daarby getuig jy... Oral waar jy kom... By jou werk... in jou huis... met dit wat jy sê... en dit wat jy doen. 11 Ja, daar waar Satan op die troon sit... hou jy vas aan die Waarheid... dat Christus die enigste Verlosser is... Jy hou vas aan die waarheid... dat Hy die gesalfde Seun van God is... die Christus.. die Koning van die Kosmos. Net soos vir Dawid die profeet van Ps 110 is Christus... jou Here... vir wie die HERE gesê het: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak n voetbank vir u voete. U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: 11 2Tes 2:15; Heb 4:14; 6:18; 10:23; NIDNTT vol 3 bl 717; Greijdanus se Openb KV bl 63; NIDNTT vol 2 bl 634; NIGTC van Openb bl 246 9
Heers te midde van u vyande. Ja, heers daar waar Satan se troon is!!... En dan verkondig ons hierdie waarhede... daar waar Satan se troon is!!... ********************* Antipas het dit gedoen... Ons Here Jesus se getroue getuie... En toe s hy dood gemaak... Dis wat die gemeente daar in Pergamus beleef het... geliefdes... Toepassing Nou... hier by ons gaan dit deur die genade van die HERE nog nie so nie... Ons het nog baie vryheid... Laat ons dit tog nie misbruik nie. Maar... ook hier word nie meer erken... dat Christus alleen die Koning is nie... en dat Hy die enigste Verlosser is nie... Ons sien dit bv as die National Policy on RELIGION AND EDUCATION in par 22-23 en in par 28 en 35... van onderwysers verwag om glad nie van n Godsienstig basis... of fondament... klas te gee nie. 12 ******************** Ja, in Pergamus het Satan op die troon gesit... En die gemeente het die invloed daarvan elke dag beleef... 12 Vgl National Policy on RELIGION AND EDUCATION par 20; Vgl National Policy on RELIGION AND EDUCATION par 22-23; 28; 35 10
Invloede wat vir ons nie heeltemal so vreemd is nie... 2. Maar juis daarom het Christus se kerke bemoediging nodig... Kom ons kyk daarom nou... na die gemeente in Pergamus se bemoediging. Jesus doen dit in vers 13... as Hy sê: Ek ken jou werke... Alles... die nood... die lyding... Antipas se dood... alles. 13 En hierdie dinge gaan nie maar by Hom verby nie. 14 Nee, Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote. 15... Christus weet hoe die gemeente... met groot swaarkry... aangehou het... om te volhard... En hiermee moet die gemeente aanhou... So is dit die wil van ons Here... ook vir ons hier in Daspoort. 16 ******************* Maar... hoe... kan die gemeente daar in Pergamus volhard?... As die staat besig is... om die lidmate te vermoor. Hoe kan ons volhard?... As jy jou werk dalk kan verloor... As jy n verskriklike goddelose baas het... wat die lewe vir jou moeilik maak... Hoe kan ons volhard... waar Satan op die troon sit? 13 Vir die betekenis van οἶδα sien Renn bl 571; Greijdanus se Openba KV bl 54; NIGTC se Openb komm bl 253. 14 Jes 40:27 15 Ps 116:15 16 Ons hoor dit in Mat 10:22. Daar waar Christus sê: julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. (en hoe het die gemeente van Pergamus dit nie beleef nie) Maar so sê Christus verder wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 11
Alleen... en alleen op een manier... En dit is... in Christus. Christus bewaar sy kerk deur sy Woord en Gees. 17 Daarom laat Hy ons deur sy Woord en Gees met ons geloof-oë verder kyk... as die troon van Satan. Hy laat ons Hom sien... soos Hy Homself openbaar in vers 12. Daar waar ons hoor... dat Hy die een is met die skerp tweesnydende swaard... wat uit sy mond uitgaan... soos ons hoor in Openb 1:16. Openbaringshistories. En as ons hoor van Christus se skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan... gaan ons gedagtes na Jes 11 waar Jesaja profeteer van die komende Christus... en dan sê: daar sal n takkie uitspruit uit die stomp van Isai (die pa van Dawid),... en... Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. 18 En van daar gaan ons gedagtes na Openb 19 en 20 waar ons hoor... hoe Christus by sy wederkoms uittrek... in die finale oorlog teen Satan... en sy menslike handlangers... Dis dan dat uit sy mond sal gaan (die) skerp swaard om die nasies daarmee te slaan... Waarvan Jesaja geprofeteer het... en wat ons raaksien in Openb 2:12... wanneer ons verder kyk... 17 Sondag 21 v/a 54; DL 5:8; Reformation studdy Bible bl 1627. 18 Jes 11:1-4 12
as die troon van Satan in Pergamus... en SA. Dis dan dat Satan... wat nou op die troon sit... in die poel van vuur en swael gegooi sal word. Soos ons hoor in Openb 20:10. 19 Ook die laaste vyand... die dood... sal Christus dan vernietig. 20 ******************** En so... geliefdes deur hierdie evangelie... laat die Heilige Gees ons vertrou. Daagliks laat die Heilige Gees ons... ons eie nietigheid besef. Daagliks laat Hy ons na Christus toe vlug... Hy laat ons vertrou op ons ewige Koning... uit wie se hand niemand ons kan ruk nie. 21 Deur wie se krag ons kan volhard... ********************* Ja... Christus ken ons werke... En dan bemoedig Christus sy gemeentes... wat woon... by die Satan se troon... Maar... weet u... juis omdat Christus ons ken... alles van ons ken... het Hy ook enkele dinge teen die gemeente in Pergamus gehad. 3. Daarom dat ons in vers 14-16 Christus se berisping hoor... Sy genadige oproep tot bekering... Want selfs daar waar sy gemeentes by Satan woon... 19 Dat dit Christus is wat in Openb 20:10 aan die werk is blyk vanuit die res van die Skrif soos ons bely in Sondag 19 v/a 52. 20 Vgl 1Kor 15:26; Openb 20:14 21 Joh 10:28; DL 5:10; Sondag 12 v/a 31; Reymond, A new systematic theology, bl 792. 13
ja juis daar... wil Christus dat ons heilig en sonder gebrek voor God in liefde sal wees. 22 Toepassing Daarom dat Christus nie maar net sy gemeente los as daar foute by hulle is nie... Nee, Hy roep hulle tot bekering. En nou moet ons fyn luister as Christus hier roep, geliefdes... want hierdie Woord is ook vir ons... ******************* Nou... daar in Pergamus... was die gemeente se sonde... dat hulle sonde geakkommodeer het... Hulle het dwaalleraars geakkommodeer. Hulle het gesê: ag... kom ons los hulle maar eers... Hoekom moet ons altyd so streng wees... Verduidelik Hierdie dwaalleraars het vas gehou... aan die leer van Bileam en aan die leer van die Nikolaiete. En hierdie twee leerstellings die Bileamiete en die Nikolaiete sin was baie die selfde. 23 Maar kom ons fokus nou eers op die Bileamiete... want oor hulle geen ons Here in vers 14 vir ons heelwat inligting.... ******************** Bileam was die een wat (vir) Balak geleer het om n struikelblok voor die kinders van Israel te werp... 22 Efes 1:4 23 Vgl Mounce se Openb komm bl 81; Greijdanus se Openb komm KV, bl 64; NIGTC se Openb komm bl 251. 14
of... om Israel tot sonde te verlei. Die geskiedenis van Bileam en Balak en Israel lees ons in Num 22 tot 25 en in Num 31. Dit het alles gebeur met Israel se trek van Egipte na Kanaän. Op Israel se pad moes hulle by Moab verby. Dit het die Moabiete... en Balak... hulle koning bang gemaak. 24 So bang... dat Balak die towenaar-profeet... Bileam... gehuur het... om Israel te kom vervloek. 25 Maar... in sy genade keer die HERE toe Bileam se vloek om in n wonderlike seën-profesie oor Israel. 26 Maar toe kom Bileam met die slinkse plan by Balak... Hulle moes dit reg kry om Israel te laat sondig... Want dan sou Israel self die HERE se straf oor hulle bring. 27 Nou... die plan het so gewerk. A. Balak moes sorg... dat daar Moabitiese meisies... vir die Israeliete beskikbaar moes wees. B. Hierdie meisies moes dan die Israeliete verlei om met hulle te hoereer. 24 Num 22:1-3 25 Vgl Greijdanus se Openb komm KV bl 64 26 Num 22-24 27 Num 31:16 15
C. Die volgende ding... wat die meisies moes doen... was om die Israeliete uit te nooi na hulle afgod-eredienste toe. Daar sou die Israeliete dan lekker kon weglê aan afgodsoffer-vleis en daarmee saam ook sommer n bietjie kon aanbid. ************************* En toe gebeur dit alles net so 28... En straf van die HERE het nie uit gebly nie. Hy het Israel met n plaag getref sodat 24 000 daar gesterf het. Opmerking Maar... nou is dit belangrik... dat ons sal sien... wat die kern sonde hier was... Want dan gaan ons agter kom... wat die Bileamiete in Pergamus se gemeente gedoen het... en ons gaan agter kom... hoe die moderne Bileamiete vandag nog by ons aan die werk is. ******************** Die kern sonde was... dat Israel vergeet het... dat die HERE in Lev 19:2 vir hulle gesê het: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. Ja, Israel was n afgesonder vir die HERE. Maar hier by Moab het Israel die grens van heiligheid wat die HERE gestel het... toe Hy in Gen 3:15 gesê het: Ek stel vyandskap tussen die kerk en die duiwel, tussen die kerk en die sondige wêreld... verwoes. 28 Num 25:1-4 16
Hulle het die kerk... soos die wêreld laat word. 29 ******************** En presies hiermee was die Bileamiete... en die Nikolaiete... in die gemeente in Pergamus besig... Hulle het die gemeente verlei... om te hoereer en afgodsoffers te eet... Opmerking En hoererey en afgodsoffers was dinge wat volop in Pergamus was... Onthou die Romeinse owerheid het afgodsdiens... deur wetgewing beskerm. En so het hulle n leer verkondig... wat die grens tussen die kerk en die wêreld uitgewis het. Hulle het vir Petrus geïgnoreer wat vanuit Lev 19:2 in 1Pet 1:15 en 16 verkondig het: Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. Toepassing En so is die Bileamiete en die Nikolaiete vandag nog besig... hulle wil hê die kerk moet dinge doen wat die HERE se grens van heiligheid verwoes... dinge wat die kerk soos die wêreld laat word... 29 Vgl Greijdanus se Openb komm voor de gemeente uit geleg, bl 129. 17
Ons hoor dit as hulle vir ons sê: Daar is niks fout as julle diakonie lotto geld wil gebruik vir barmhartigheidswerk nie. Ons hoor dit as hulle sê:... Pas julle erediens aan... daar waar God en sy Woord sentraal moet staan... sodat julle die jeug kan trek. Ons hoor hulle as hulle sê:... Die Bybel leer nie eintlik... dat homoseksualisme sonde is nie... Ons hoor die Bileamiete en die Nikolaiete praat as iemand sê: Vrouens staan hulle plek vol in die beroepswêreld... Waarom kan hulle nie ook in die amp dien nie? Ons hoor dit... waar mense leer... dat saambly nie eintlik sonde is nie. Alles dinge... geliefdes... waarmee die moderne Bileamiete en Nikolaiete die kerk soos die sondige wêreld wil laat wees... ************************** Maar nou was die sonde van die gemeente... dat hulle hierdie Bileamiete en Nikolaiete in hulle midde verdra het... Van tug... wou die ouderlinge niks weet nie... En dis dan... dat Christus se bekerings-roep in vers 16 in hulle ore klink: Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer 18
met die swaard van my mond. Verduidelik Hoor u die skrikwekkendheid... geliefdes? Christus kom... om teen hulle oorlog te voer. En die hulle is niemand anders nie as die gemeente nie. 30 Dis die lidmate... die ouderlinge... wat maar die sonde en die sondaars toegelaat het. En so het hulle van die gemeenskap van die heiliges... n gemeenskap van onheiliges gemaak... hulle het die kerk soos die wêreld laat word. En as hulle hul nie bekeer nie... sal Christus kom... en oorlog teen hulle maak... Toepassing O gemeente van ons Here... laat ons tog nie in hierdie sonde verval nie... Hierdie sonde... om sonde toe te laat... en nooit daarteen op te tree nie. Broeders... ouderlinge... laat ons daarom waak met n liefdevolle heilige ywer... oor die heiligheid van die kerk. Verstaan u nou... geliefdes... waarom ons hier in die gemeente tug-gevalle het... Ons kan nie anders nie... 30 Want die gemeente het net soos die Bileamiete en die Nikolaiete geword... Want net soos die Bileamiete en die Nikolaiete die kerk soos die sondige wêreld wil laat wees... het die gemeente dit sommer self laat gebeur deur die sondige Biliamiete en die Nikolaiete by hulle toe te laat... sonder om ooit teen hulle op te tree nie (Vgl Greijdanus se Openb komm KV, bl 44; Mounce se Openb komm bl 82; Eseg 18:24). 19
want ons het die roeping van ons Here Jesus om te waak oor die heiligheid van sy gemeente... Laat ons tog oppas... om nie in die sonde van Pergamus te verval nie... Want wat n verskrikking is dit nie as Christus teen ons uittrek... om oorlog te voer teen ons... met die swaard... wat ons moes troos... hier waar ons by Satan woon. Laat ons daarom gedurig bid: Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer... ************************* 4. En dan... Ja, dan kan elkeen... wat in nederigheid voor Christus... in heiligheid wil leef... omdat Christus ons tot bekering roep... om heilige te kan leef... Sy heerlike belofte in vers 17 hoor. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee n wit keursteen, en op dié steen is n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. Christus sal ons gee van die verborge manna... en n wit keursteen... Opmerking Wat n wonder geliefdes... 20
n Wonder wat bo-kant my verstand uitstyg... Daarom dat ek nie vir u kan sê... wat die belofte van die wit keursteen inhou nie 31... En dit nadat ek Skrif met Skrif vergelyk het... sewe kommentare gelees het... en na Griekse-Teologiese woordeboeke gekyk het... Al wat ek weet... is dat dit iets wonderliks is. ********************* Die keursteen... en die verborge manna. Manna... waarmee die HERE vir Israel op hulle trekpad na Kanaän 40 jaar lank kos gegee het. Manna... wat Ps 78:24 die brood uit die hemel noem. 32 Maar die manna... wat Christus vir ons beloof is anders... want Hy sê dis verborge manna. Verborge brood... wat aan ons die ware lewe sal gee... Want... geliefdes... Christus is hierdie manna. Hy is die ware brood... uit die hemel... Hy is die ware brood... van die ewige lewe... Hy sê dit mos vir ons in Joh 6. 33 En dan leer Paulus vir ons in Kol 3:1 en 3 dat ons lewe... ons manna... daar bo is waar Christus regeer aan die regterhand van God... 31 Vgl Morris se Openb komm bl 68 32 Vgl LXX: καὶ ἔβρεξεν αὐτοῖς μαννα φαγεῖν καὶ ἄρτον οὐρανοῦ ἔδωκεν αὐτοῖς 33 Joh 6:48 onder andere 21
met sy skerp tweesnydende swaard... Ja, daar is ons manna... ons lewe... verborge saam met Christus in God. Slot. Daarom dat ons nie afgodsoffers hoef te eet nie. Ons het Christus... geliefdes... Hy gee ons die lewe. Daarom hoef ons nie die Bileamiete en die Nikolaiete se slagspreuk te volg... as hulle vir ons sê: pas aan of sterf nie. Nee, Waarna ons... moet... luister... is na Christus... as Hy vir ons sê: Bekeer jou; anders kom Ek gou... En weet u... as ons... ons tot Christus bekeer... is ons by die ware lewe... en ons sal tot in ewigheid nie sterf nie. 34 Daarom kan ons by Christus volhard... al woon ons baie keer... in moeilike omstandighede... by die troon van Satan... Want ons lewe is saam met Christus verborge in God. Totdat dit een maal in al sy volheid ons deel sal word by die openbaring van Jesus Christus. 35 Op die dag as Christus kom... om die finaal oorlog te voer... met sy skerp tweesnydende swaard. Amen. 34 Joh 11 35 1Pet 1:13 22
Antwoorddiens. Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 49:1,6 (sittende) Slotpsalm Ps 93:1,2,4 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 23