Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Σχετικά έγγραφα
Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Die genade gawes Van God:

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

1 TESSALONISENSE 1:3

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Die krag / vuur van God:

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Sendbrief van Jakobus

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Deur Christus Alleen

ישוע. familieboom van Jesus

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

REFORMASIE. Martin Luther

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Die Vesperdiens vir Palmsondag

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

deur CARIKA DU PLESSIS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VOLUME AUGUSTUS 2007

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORD, DIE IMPLIKASIE VAN HEB 5:12 VIR KERK EN TEOLOGIE

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Transcript:

Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d) Oktober 2013

Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 98:1, 2, 4 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 99: 4, 5 Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 76: 1, 4, 5 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Rom 14:1-12 (sê iets oor reeks uit Romeine 14-15) Psalm as antwoord op die Woord na verklaring en toepassing Ps 72: 1, 2 2

Ons fokus op vers 10-12. En ons vertrekpunt is Rom 14:10a Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer Paulus in vers 10 sê: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? dan kom Paulus terug by sy eerste twee opdragte in vers 3. Bewys 1 Want hoor wat sê Paulus in vers 3. Hy sê: Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie... Hoor u die ooreenkoms? In vers 3 en vers 10 gaan it daaroor dat ons mekaar nie moet oordeel nie en verag nie. ************* So nadat Paulus in vers 5 waar ons verlede week was die derde opdrag gegee het van: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees en toe in vers 6-9 die maatstaf gegee het 1 Συ δε τι κρι νεις το ν α δελφο ν σου; ἢ και συ τι ε ξουθενει ς το ν α δελφο ν σου Wat is hier die funksie van δε? Dit kan bloot 10a nog n gedagte koppel aan wat vooraf gesê is (Greek grammer beyond basics bl 657, 671). Dit kan wys op n oorgang na n volgende gedagte (Greek grammer beyond basics bl 658,674). Dit kan wys dat Paulus hier n fokus-punt inlei (Greek grammer beyond basics bl 670). Gevolgtrek: Ek meen dat Paulus hier na n volgende gadagte oorgnaan. Dis egter nie n totaal nuwe gedagte nie. Want met κρινεις (10a) en εξουθενεις (10b) keer hy terug na sy opdragte in vers 3, waar Paulus hierdie optrede verbied (vgl Moo se Rom komm bl 846). Na die opdrag en leer van vers 5-9 is die μη εξουθενειτω en μη κρινετω opdragte van vers 3, waarheen vers 10a-b my terug neem, net soveel meer verstaanbaar en dwingend (vgl ook Ridderbos se Rom komm bl 308). Waar vers 5-9 in waaragtigheid uitgeleef word in die besef dat Christus ons Here is en dat ons vanuit die Skrifte sy wil moet soek en vir Hom alleen moet leef... ja, daar geld soveel te meer dat ek nie mag verag en veroordeel nie (vgl Jonker se Rom komm bl 181). 3

van hoe elkeen oortuig moet word kom hy nou in vers 10-12 terug by opdrag een en twee van moenie mekaar veroordeel en verag nie. Opmerking 2 En nou het ons dit al baie keer gesê. Maar kom ons doen it weer. Hierdie twee opdragte van vers 3 is onontbeerlik vir die baie belangrike saak van Rom 14-15. Die saak van eenheid tussen ware gelowiges en hoe ons ons verskille moet hanteer. En hier in vers 10-12 kom Paulus nou weer by hulle uit. *************** Maar nou sie vraag natuurlik: Hoekom? En dis waaroor ons vanoggend meer gaan leer in die verklaring en toepassing van vers 10-12. En dan gaan ons tema wees. Weereens die opdragte van moenie oordeel en verag nie. En dan gaan ons stilstaan by: Waarom Paulus na vers 3 se opdragte terugkom. Hoe hy hierdie opdragte met vers 10-12 beklemtoon En wat dit vir elkeen van ons sê. **************** 1. So kom ons begin by die rede waarom Paulus in vers 10 terugkom 2 Vgl Rom 14,1-2&5.docx; Rom 14,3-4.docx; Rom 14,5-9.docx 4

by vers 3 se opdragte van: moenie oordeel en verag nie. Nou Paulus kom terug in vers 10 na vers 3 se twee opdragte juis oor die leer van vers 5-9 waar ons verlede week was. Verduidelik 3 Ja vers 5-9 maak vers 3 se opdragte net so ontsaglik belangrik dat Paulus ons in vers 10 net daarnatoe moet terugvat met: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Woorde waarmee Paulus eintlike sê: Met wat ons nou geleer het in vers 5-9 kan jy so iets gewoon net glad nie doen nie. 4 ************** Terugblik Maar wat het Paulus nou weer in vers 5-9 gesê? Kom ons kyk gou weer. A. In vers 5 sê Paulus: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. En dis sy derde opdrag. Ja in plaas daarvan dat ons mekaar oordeel en verag die twee opdragte van vers 3 moet elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Verduidelik 3 Vgl Jonker se Rom komm bl 181 4 Vgl Jonker se Rom komm bl 180; Ridderbos se Rom komm bl 304-305 by vers 4. 5

En dit beteken jy s regtig op jou eie en in jouself in jou hart oortuig. En om so oortuig te wees gaan nie gebeur as mense jou dwing en druk nie. 5 Voorbeeld Byvoorbeeld: Vers 2 vertel van ie swakkes in die geloof in die kerk van Rome wat nog nie die geloofskennis-en-oortuiging gehad het dat Christus die OT-wette oor rein-en-onrein-kos vervul het nie. En dat ons nou in die NT bevry is van die onderhouding van daardie wette. Nou die swakkes sou beslis nie ten volle oortuig word as die sterkes in die geloof hulle sou dwing om alles te eet nie. Nee! Al wat so n gedwing gaan veroorsaak is dat dit die eenheid tussen ware gelowiges gaan verwoes. Daarom dat Paulus in vers 5 sê Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. ************* B. Maar nou sit baie belangrik En ons het dit verlede week ook gesien dat om ten volle oortuig te wees niks maar niks uit te waai het met hoe ek voel nie. 6 5 Vgl Rom 14,5-9.docx 6 Vgl Rom 14,5-9.docx 6

Voorbeeld So om nou n voorbeeld te noem: Die swakkes in die geloof wat net groente eet soos vers 2 vertel kan nie sê: Ek is werklik in my gemoed oortuig dat ek net groente moet eet. En weet julle waarom? Wel dis omdat ek so voel. Ek voel net soveel gemakliker om die Here so te dien. Dit werk vir my. Opmerking Nou dit het absoluut niks te doen met vers 5 se opdrag van: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. ************** So dis baie belangrik. Ek en hoe ek voel het niks te doen met Paulus se opdrag dat ons elkeen ten volle oortuig moet word nie. C. En hoekom nie? Wel omdat Paulus in vers 6-8 n maatstaf gee van hoe ware gelowiges meer-en-meer oortuig moet word. 7 Want in vers 6-8 sê Paulus: Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons vir die Here; en as ons sterwe, sterf ons vir die Here 7 Vgl Rom 14,5-9.docx 7

Verduidelik 8 En dit sê vir ons net een ding. En dit is dat dit in my ganse lewe net nooit meer oor myself gaan nie. In my ganse lewe moet ek radikaal ophou om selfgesentreerd te wees. Ek en hoe ek voel is nie meer waaroor dit in my lewe gaan nie. Ek en my gevoel mag net nooit meer die maatstaf wees van hoe ek ten volle oortuig raak nie. Nee! In lewe en in sterwe moet ek al meer Christusgesentreerd word. In my hele lewe moet alles vir my gaan om: Vir die Here vir Christus en tot sy eer. Ja die Here Christus moet die maatstaf wees van hoe ek ten volle oortuig word. *************** D. En dit is so omdat vers 8 sê dat ons aan die Here behoort. En ons behoort aan die Here omdat vers 9 sê dat Christus gesterwe en opgestaan en weer lewend geword het... 9 Verduidelik 10 8 Vgl Rom 14,5-9.docx 9 Vgl Rom 14,5-9.docx 10 Vgl Rom 14,5-9.docx 8

Ja Christus het met sy verlossingswerk van sterf aan die kruis en opstaan uit die graf en weer lewe aan die regterhand van God die Vader ons bevry van die slawernyvan Sonde en Satan en Dood. sodat ons nou aan Christus behoort. En sodat ons nou vir Christus kan leef. En sodat ek en my gevoel net al hoe minder saak maak. En ek al hoe meer begin vra: Here wat wil U. En Here leer my U wil vanuit u woord. Terug by vandag En dit is vers 6-8 se maatstaf vir hoe ons ten volle oortuig moet word. En nou geliefdes as Christus en n lewe vir Christus en die wil van Christus al meer my oortuiging word hoe op dees aarde kan ons mekaar oordeel en verag! Dit kan mos net nie!! Daarom dat Paulus in vers 10 sê En nou s ons weer by vers 10. Ja daarom dat Paulus in vers 10 sê: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Ja dit kan nie! Dit mag nie! **************** 9

A. Want as ek sê: Ek behoort aan Christus. Hy is my Here. En ek wil nuut leef vir Hom alleen soos Hy beveel dan moet die swakkes in die geloof in die kerk in Rome maar ook elkeen van ons wat besig is met daardie verkeerde oordeel wat Paulus in vers 3 verbied mos ophou daarmee. Verduidelik Want as ek aan Christus behoort en Christus is my Here en ek leef vir Hom soos Hy beveel dan sit mos net onmoontlik dat ek kan oordeel. En met my oordeel myself in die plek van Christus stel. En met my oordeel myself n here maak wat oor ander oordeel met my eie self-uitgedinkte wette van: eet-net-groente of hou-allerhande-feesdae of watter self uitgedinkte wet ook al terwyl ons Here Christus dit nooit beveel het nie. Dit kan mos nie! Dit mag mos nie! *************** B. En as ek sê: Ek behoort aan Christus. Hy is my Here. En ek wil nuut leef vir Hom soos Hy beveel dan moet die sterkes in die geloof in die kerk in Rome maar ook elkeen van ons wat besig is om my mede-broeder of suster te verag 10

met n liefdelose hoogmoed wat verkleineer en uitskuif 11 dit wat Paulus so ernstig in vers 3 verbied mos ophou daarmee. Verduidelik Want as Christus ons Here is en Hy heers in ons deur sy Gees dan kan ek mos nie in liefdelose hoogmoed my mede-broeder-of-suster wat met my standpunt verskil verag nie. Dit kan mos nie! Dit mag mos nie! ************** Toepassing 12 Nee as Christus ons Here is en Hy in ons heers deur sy Gees I dan sal ons biddend vra: Here laat my al meer leef vir U alleen volgens U gebod van: julle mot mekaar liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 II dan sal ons vra: Here, maak Rom 12:10 n werklikheid in my waar U apostel sê: die een moet die ander voorgaan in eerbetoning. III En: Here, maak Fil 2:3-4 n werklikheid in my waar U apostel sê: Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, 11 Vgl Rom 14,3-4.docx 12 Vgl Wison se Rom komm bl 203 13 Bv Joh 15:12 11

maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself... IV Ja dan begin ek al meer verstaan dat n lewe vir die Here Christus n lewe is alleen soos Hy beveel. En daarom n lewe is van liefde vir my broeder en suster. 14 Opmerking En daarom ook n lewe waarin ek nie oordeel nie met my eiewillige wette en moets en moenies wat Christus nooit beveel het nie Dis dan ook n lewe waarin nie in liefdeloosheid verag nie. Ook iets wat Christus nooit beveel het nie. **************** En dan? Wel dan neem ons mekaar aan soos Christus ons aangeneem het en soos Paulus ons oproep in Rom 14:1 en Rom 15:7. En dan kom daar oplossings vir ons verskille. Nie omdat ons nou maar sê: ag wat alles kan maar gaan nie. Of: solank jy net gemaklik voel nie. Nee! Omdat ons al meer oortuig en verenig raak in die een wil van ons Here Christus. En ons al meer n lewe leef vir ons Here onder die heerskappy van ons Here. 14 Vgl De vrijheid van een christen, in Luters werken, bl 136, 165 12

************ Oorgang En weet u: Hierdie waarheid van n lewe vir Christus omdat ons aan Hom behoort en Hy ons Here is en ons daarom al meer gehoorsaam leef aan vers 3 se opdrag van nie-oordeel-nie en nie-verag-nie is vir Paulus ontsettend belangrik. Want kyk net hoe ernstig beklemtoon hy dit in vers 10-12. Ja vir Paulus kan dit net nie anders nie. Ons moet lewe vir die Here sonder oordeel en veragting van mekaar want sê Paulus in die laaste deel van vers 10: ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. 15 2. En nou s ons by ons tweede punt waar it gaan oor hoe Paulus hierdie opdragte van nie-oordeel-nie en nie-verag-nie beklemtoon. A. Ja dis ernstig. Baie. Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Verduidelik So sien u wat doen Paulus? In vers 6-9 het hy ons gewys dat Christus ons Here is. En dat ons al meer oortuig moet word van sy wil. 15 Vgl Moo se Rom komm bl 846-847; Jonker se Rom komm bl 181; Calvyn se Rom komm bl 501; Haldane se Rom komm bl 600 13

En al meer moet leef vir Hom. Maar nou as ons van vers 6-9 na vers 10 gaan en Paulus wil beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons al meer oortuig moet word van Christus se wil en al meer moet leef vir Christus en dat ons daarom moet ophou om mekaar te oordeel en te verag dan wys Paulus ons dat Christus nie net ons Here is nie soos vers 6-9 leer nie. Nee! Hy wys ons daarby dat Christus ook Regter is. 16 Opmerking Daarom dat vers 10 praat van Christus se regterstoel. Ja Christus het n regterstoel want Hy is die Regter wat weer kom om te oordeel. 17 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee Sê Christus self in Joh 5:22. En Hand 10:42 vertel dat Christus deur God bestem is as Regter van lewende en dode. ************** B. So sien u Paulus se erns. Sien u hoe lewensbelangrik dit is 16 Sien voetnoot 15 17 τω βηματι του χριστου wys op die waarheid dat Christus as ons Here ook die Regter is wat sal regspreek en sal oordeel ook oor ons wat gelowig is (vgl ook Rom 2:12-16) (NIDNTT vol 2 bl 369-370; comm on teh NT use of the OT bl 684-685). 14

om vir Christus te leef en nie soos ons wil nie. soos Christus wil Sien u hoe belangrik dit is dat ons moet ophou om mekaar te oordeel en te verag. Dis belangrik Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Daar sal geen uitsondering wes nie. Almal elke lidmaat in die kerk in Rome elke lidmaat in die kerk in Daspoort. Ja elke mens sal voor die Regter Jesus verskyn. Bewys Want Paulus praat in vers 10 van ons almal. 18 En Paulus bevestig dit 19 wanneer hy van vers 10 na vers 11 gaan en dan aanhaal uit Jes 45:23 en sê: Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. **************** C. En wat gaan dan daar voor Regter Jesus gebeur? Wel Paulus sê in vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 18 πα ντες γα ρ παραστησο μεθα Die subjek = 1ste mv. παντες het dus die doel om almal in die kerk in Rome Paulus in kluis in te sluit (Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 597) 19 γε γραπται γα ρ Met γαρ begrond Paulus die waarheid dat ons almal ook ons as gelowiges voor die regterstoel van Christus gaan staan in die OT Jes 45:23 (Moo se Rom komm bl 847; comm on the NT use of the OT bl 685; Ridderbos se Rom komm bl 309; NIDNTT vol 2 bl 369). 15

Verduidelik Hoor u dit? Ons sal rekenskap moet gee. Of ons kan ook sê: Ons sal verantwoording moet doen. Ons sal moet sê wat ons gedoen het en hoekom ons dit gedoen het. 20 Ja ek sal moet rekenskap gee oor wat my maatstaf was van hoe ek ten volle oortuig geword het. Was it ek en hoe ek voel. Of was it die Here Christus en sy wil. 21 Ek sal moet rekenskap gee oor of my lewe n lewe geword het soos Christus beveel. Verder verduidelik Met ander woorde: n lewe van liefde vir my broeder en suster I sonder daardie aaklige oordeel met my eiewillige moets en moenies II en ook sonder daardie aaklige liefdelose veragting van n mede-broeder of suster. *************** Ja dis wat dit beteken as Paulus in vers 12 sê: 20 Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 599 wys my dat die betekenis van λογον in hierdie konteks rekenskap is, of verantwoording (vgl ook Moo se Rom komm bl 848). 21 Vgl Moo se Rom komm bl 848; Ridderbos se Rom komm bl 309 16

So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 22 Toepassing So sien u Paulus se erns? En laat dit ons tog aangryp! Moet tog nie dat wat Paulus in vers 10-12 sê net verby ons gaan vanoggend nie. Ja wat Paulus hier sê moet ons laat vra: Here wat sê dit alles? Ek verstaan ook nie alles so mooi nie? Dit maak my bang. Hoe gaan ek daarby uitkom? Want in my lewe sukkel ek so Here om vir u te leef. Ek sukkel so dat U wil my wil word. ************** 3. Nou geliefdes hierdie worsteling van elke ware gelowige bring ons by ons derde punt waar it gaan oor wat vers 10-12 nou-en-hier vir elkeen van ons sê. Opmerking En dan s daar drie dinge wat ons moet raaksien. A. Die eerste is dat wanneer Paulus in vers 10 sê: Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word en in vers 12 sê: 22 In 2Kor 5:10 stel Paulus dit so bietjie anders... as Hy sê: ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy... verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. 17

So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee dan beteken dit nie dat Regter Jesus vir my gaan sê: jy kan maar in gaan in my ewige koninkryk van vrede omdat jy volmaak gehou het by my maatstaf wat Ek deur my apostel Paulus in Rom 14:6-8 gegee het nie. Daar waar hy gesê het: niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons vir die Here; en as ons sterwe, sterf ons vir die Here Bewys 23 Hoekom nie? Wel omdat Christus vooraf in die boek Romeine in Rom 3:20 deur sy apostel geleer het dat uit die werke van die wet geen vlees voor (God en voor Christus) geregverdig sal word nie... En in Rom 3:28 leer Christus deur sy apostel: Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. En in Rom 4:13 sê Christus deur sy apostel: Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy (gelowige 24 ) nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. 23 Vgl Beale, A New Testament Biblical theology, bl 516 24 Gal 3:7 18

En in Efes 2:8-9 sê Christus deur sy apostel: Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. En dan het ons nog nie eers begin aanhaal uit Paulus se brief aan die Galasiërs nie. So geliefdes wanneer ons voor die regterstol van Christus gaan verskyn en rekenskap sal moet gee soos Paulus leer in vers 10-12 dan gaan Christus ons beslis nie vryspreek op grond van ons lewe vir Hom nie. Nee as dit so moes wees dan was ons almal vir ewig in die hel. Bewys 25 Want as ons op grond van ons lewe vir die Here regverdig voor die Christus se regbank wil staan dan sal ons lewe heeltemal volmaak moet wees. Want dis wat Christus eis. Hy eis volmaaktheid. En dan leer Jes 64:6 dat ons beste werke nog soos n besoedelde kleed is. ************* Christus verkondiging 25 Sondag 24 19

Daarom dat ons vir Christus nodig het. Christus wat nooit geoordeel het nie. Christus wat nooit verag het nie. Christus wat volmaak vir God geleef het. Christus wat gekom het om in selfopofferende liefde te dien en nie om gedien te word nie. Soos Christus self sê in Mark 10:45. Ja dis alleen op grond van Christus se volmaakte werke wat ons sin word uit genade alleen deur die geloof alleen dat gelowiges voor die regbank van Christus vryspraak sal ontvang. Niks anders nie geliefdes Niks nie! *************** B. Maar waarom is Paulus dan so ernstig in vers 10-12? Opmerking En nou kom ons by die tweede ding wat ons moet raaksien Ja waarom sê Paulus in vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. Waarom is dit vir Paulus so belangrik dat ons moet leef vir die Here soos hy leer in vers 6-8? 20

Waarom is dit vir Paulus so belangrik dat hy ons in vers 10-12 wys op die werklikheid dat ons voor Regter Jesus gaan moet staan en rekenskap gee. Verduidelik 26 Wel geliefdes omdat ons lewe vir die Here volgens die Here Christus se gebod van: julle moet mekaar lief hê soos Ek julle lief gehad het... 27 Ja omdat ons lewe vir die Here waarin ek nie meer wil oordeel met my eiewillige moets en moenies terwyl Christus dit nooit beveel het nie. Ja omdat my lewe vir die Here waarin ek nie meer in liefdelose hoogmoed wil verag nie. n bewys is dat ek alreeds in Christus alleen regverdig is en in Christus vryspraak het en in Christus toegang tot sy Koninkryk het. Bewys Want geliefdes toe Christus gesterwe en opgestaan en weer lewend geword het soos Paulus daaroor praat in vers 9 het Christus sy gelowiges se Here geword. En dan Heers Christus in ons deur sy Gees. 28 26 Vgl Beale, A New Testament Biblical theology, bl 508 vv 27 Joh 15:12 28 Rom 8:9 21

En deur sy Gees maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe. 29 Toepassing 30 En weet u: Wanneer ek dan voor die regterstoel van Christus gaan staan. ************ En Hy as God sê: Gee rekenskap! Wat is die bewys van jou vryspraak? dan sal ek sê: Here U is dit. Want die gewilligheid om vir u te leef kom nie uit myself nie Dis U deur U Gees. ************* C. Selfondersoek Maar dadelik geliefdes as ons hierdie Evangelie hoor moet Paulus se ontsettende erns in vers 10-12 ons soveel meer aangryp. Opmerking En dis ie derde ding wat ons moet raaksien Verduidelik 31 Want as ek aanhou en aanhou met n lewe van oordeel met my eiewillige wette en moets en moenies wat Christus self nooit beveel het nie. 29 Sondag 1 v/a 1 30 Vgl comm on the NT use of the OT bl 685-686 31 Sondag 32 v/a 87 22

En as ek aanhou en aanhou met n lewe van liefdelose veragtig van my mede-broeder-en-suster wat van my verskil iets wat Christus nooi beveel het nie. Ja as ek met ander woorde aanhou en aanhou met n lewe vir myself n lewe waar ek en my gevoel in die middelpunt staan en nie die Here Christus nie. Wat sê dit van my? **************** Wel net een ding. En dit is: Christus is nie Here in my lewe nie. Christus Heers nie in my deur sy Gees nie. Daarom dat ek ook nie vir Hom lewe nie. Ja dan beteken dit ek behoort nie waarlik aan die Here nie. Dit beteken ek is nog nie waarlik deur die geloof aan Christus verbind nie. Dit beteken ek is nie regverdig voor Christus se regbank nie. En dan? Wel dan sal ek eendag voor die regbank van Christus met geen bewys van my geregtigheid 23

uit genade alleen voor Hom staan nie. En dan? Wel dan sal ek die woorde van Mat 7:23 uit die mond van Jesus hoor. Daardie woorde wat sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! *************** Slot So sien u waarom dit so ontsaglik belangrik is dat ons oortuig sal word met die maatstaf van vers 6-8. En daarom ook sal ophou met n lewe van oordeel en verag. Dis ontsettend belangrik want dit is die bewys dat ons reeds uit genade alleen in Christus alleen regverdig is en voor die regbank van Christus vryspraak het. Ja dis ontsettend belangrik: Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. Sê Paulus in vers 10-12. *************** Selfondersoek So geliefdes hoe staan dit met u en met my? Wie staan sentraal in ons lewe? 24

Ek met my eiewillige moets en moenies? Ek en my gevoel? Ek met my hoogmoed en liefdelose veragting van elkeen wat met my te verskil? Of behoort ons waarlik aan Christus? En Heers Christus waarlik as Here in ons deur sy Gees? En word dit sigbaar in n lewe vir die Here wat ek in n lewe van liefde in my naaste uitleef. ************ Troos Ja hoe staan dit met ons? Weet u: Kom ons gaan in hierdie oggend weereens na Christus toe. 32 Want sonder Christus kan ons niks doen nie En glad nie vir Hom lewe nie. Christus leer ons so in Joh 15:5. Ja kom ons doen dit! En weet u: Christus het eenmaal in Joh 6:37 gesê dat elkeen wat so na Hom toe kom al voor die grondlegging van die wêreld in die uitverkiesing aan Hom gegee is en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Sê Christus Amen. Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord Ps 72: 1, 2 Gebed 32 Sondag 31 v/a 84 25

Barmhartigheidsdiens Psalm tydens kollekte : Ps 9: 1, 3, 4, 5, 6 Slotpsalm : Ps 149: 1, 2, 4 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 26