Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Die genade gawes Van God:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Die krag / vuur van God:

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

1 TESSALONISENSE 1:3

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Geseënd is dié wat rein van hart is!

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die Sendbrief van Jakobus

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

ישוע. familieboom van Jesus

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

VOLUME AUGUSTUS 2007

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Deur Christus Alleen

Die Vesperdiens vir Palmsondag

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

REFORMASIE. Martin Luther

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

deur CARIKA DU PLESSIS

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Transcript:

Junie 2015 Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. Ps 75: 1, 2 - vooraf Ps 75: 4, 5, 6 - lofpsalm Ps 99: 1, 4 na wet Ps 97: 6. 7 na gebed Ps 2: 3, 6 as antwoord op die Woord Ps 93: 1, 2, 3, 4 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 89: 6, 7 slotpsalm Lees: Mark 11:27-33 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes vers 27 sê: En hulle (en dis Jesus met sy twaalf dissipels 1 ) het weer in Jerusalem gekom. Verder aan in vers 27 hoor ons dat Jesus-hulle weer in'ie Tempel is. 2 Maar hoekom? Wat maak Jesus nou weer daar in die Tempel? Verduidelik I 3 Want sjoe! 4 In vers 11 het die Tempel-owerhede of'ie Godsdiens-leiers by die Tempel vir Jesus verwerp. Opmerking Dit nadat Jesus Homself by die intog in Jerusalem vir'ie soveelste maal geopenbaar het as die Messias-koning wat kom in die Naam van die HERE as'ie Here self die Seun van God onder wie se voete Jahwe al sy vyande sal onderwerp. as die Seun van die mens van Dan 7:13-14 wat gaan ontvang heerskappy en eer en koningskap... 1 Die 'hulle' verwys hier na Jesus en sy twaalf dissipels. Waarom sê ek so? Wel και verbind die gebeure wat nou volg aan die vorige perikoop (vers 20-26) (Greek grammer beyons basics bl 671; Stein se Mark komm bl 523). In die vorige perikoop was Jesus en sy dissipels by die verdroogde vyeboom op die oggend net na die gebeure by die Tempel die vorige dag. Daar het Jesus aan sy dissipels, teen die agtergrond van sy oordeel oor die Tempel en die boodskap wat die verdroogde vyeboom gee, onderrig gegee oor geloof in God, gebed en vergifnis. Omdat Markus niks sê oor ander mense wat intussen op die toneel verskyn het nie, neem ek dit dus dat ek in die 'hulle' steeds te doen het met Jesus en sy twaalf dissipels (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 253; Evans se Mark komm bl 198). 2 Vers 27 - και verbind Jesus se εν τω ιερω περιπατουντος αυτου-handeling aan Jesus-hulle se ερχονται παλιν εις ιεροσολυμα-handeling (27a) (Greek grammer beyond basics bl 671). Dit sê vir my dat Jesus nie net in Jerusalem in gegaan het nie, maar ook in die Tempel in en nou in die Tempel is (εν τω ιερω) (Edwards se Mark komm bl 350). 3 Vgl Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_mp3.php 4 Vers 27 - παλιν = bw wat dui op 'n herhaling van 'n vorige handeling (Baljon bl 723). παλιν sê dus vir my dat Jesus-hulle die ερχονται... εις ιεροσολυμα-handeling al tevore gedoen het. Dit was op die vorige dag toe Jesus by die Tempel al die skyn-godsdiens-handelinge stop gesit het en sy oordeel oor die Tempel uitgespreek het (11:15-19). So kom daar 'n baie nou band tussen die gebeure by die Tempel op die vorige dag en dit wat nou gaan volg (vgl Stein se Mark komm bl 523, 525)

wat nie sal vergaan nie, en... nie vernietig sal word nie. En Jesus se dissipels en'ie skare het dit erken en Jesus daarvoor geëer. Maar nie die Godsdiens-leiers nie. Nee! Hulle het Jesus verwerp. Daarvan kon ons leer toe ons by Mark 11:11 was. II 5 En toe? Wel op'ie dag daarna het Jesus weer tempel toe gegaan. Ons lees daarvan in vers 15-19. En met alles wat Jesus daar gedoen en gesê het het Jesus sy oordeel laat klink oor'ie Godsdiens-leiers se korrupte skyn-godsdiens en hulle weerstand teen God en sy Messias. III 6 En'ie vyeboom van vers 12-14 en vers 20-21 wat Jesus vervloek het en toe heeltemal verdor het het net een boodskap gehad. En dit is dat Jesus se oordeel 'n skrikwekkende werklikheid sou word. IV 7 En met Jesus onderrig in vers 22-26 by die vyeboom oor geloof en gebed en vergifnis het Jesus ons baie ernstig gewaarsku om'ie self besig te wees nie met die sonde van skyn-godsdiens en'ie verwerping van Jesus. Opmerking En as julle in meer detail wil ingaan hierop: Die preke oor Mark 11:1-26 is op ons webwerf. So julle kan weer daarna gaan kyk. Maar vir nou bly die vraag. Na dit alles. Na Jesus verag is deur die Godsdiens-leiers en Jesus sy komende oordeel aangekondig het waarom is Jesus nou weer terug by die Tempel? Wat maak Jesus nog steeds daar? Verduidelik 8 Wel geliefdes in vers 27-33 en eintlik ook in die hele Mark 12 is Jesus by die Tempel om vir laas nog sy hand van genade uit te steek. Ja ons sien hier Jesus se genade-tyd. Ons sien hier hoe Jesus besig is om sy ware volk tussen die skare en'ie Godsdiens-leiers by die Tempel maar ook hier by ons in groot genade uit sy komende toorn uit te lei. 5 Vgl Mark 11,12-21.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl Mark 11,12-21.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 7 Vgl Jesus se dissipel-onderrig oor geloof, gebed en vergifnis by die verdorde vyeboom by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_mp3.php en Mark 11,24-26.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 8 Vgl Van der Walt, Openbaringsgeskiedenis van die NT, bl 152; Van der Walt, Die Messias het gekom, bl 247 1

En dis ook ons tema vanoggend. Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red. En Jesus doen'it in die openbaring van sy genade in die openbaring van sy Messiaanse Goddelike gesag en in die openbaring van die skrikwekkendheid van harde ongelowige harte. Opmerking En nou gaan ons vers vir vers deur Mark 11:27-33 gaan en sien hoe Jesus sy genade en Messiaanse Goddelike gesag openbaar en die gevaar van harde ongelowige harte. Toepassing En dan moet hierdie dinge met ons praat. Want Jesus se oordeel het toe gekom. Die Tempel is tot vandag toe nog verwoes. Maar Jesus se oordeel kom nog steeds. Daarom sê die apostel vir ons in 1Pet 4:17 dat die tyd daar is dat die oordeel moet begin by die huis van God. Maw by die kerk by ons. So kom ons luister gelowig sodat ons deel kan wees van Jesus se gelowige volk wat Hy uit sy komende oordeel uit lei en red. 1. So kom ons begin by Vers 27. Nou vers 27 sê: En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl (Jesus 9 ) in die tempel rondwandel... En nou moet ons dit raaksien. Jesus was besig om in'ie Tempel te wandel. Dis iets wat Markus wil hê ons moet raaksien. Bewys Want kyk hoe vertel Mattheus hierdie selfde geskiedenis in Mat 21:23. Mattheus vertel dat Jesus-hulle in die tempel gegaan het... (en dat Jesus) besig was om te leer... Lukas vertel in Luk 20:1 dat Jesus besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig... Maar Markus praat net van Jesus wat in die tempel rondwandel So dis vir'ie Heilige Gees belangrik dat Markus net dit sê. 9 Vers 27 - Vanuit die konteks kan dit nie anders nie as dat αυτου na Jesus verwys vgl verloop van gesprek tot by 29a waar αυτου en αυτον (27b) en αυτω (28a) en σοι (28c) geïdentifiseer word as Jesus (vgl Evans se Mark komm bl 199; Van Leeuwen se Mark komm bl 207; Stein se Mark komm bl 525). 2

En net hier moet ons Jesus se genade raaksien. God se genade in Jesus. Net die vorige dag in vers 15-17 het Jesus sy oordeel oor'ie Godsdiens-leiers by die Tempel aangekondig. Maar as Jesus in vers 27 in die Tempel wandel dan moet ons iets van God se genade raaksien. Hoe so? Verduidelik 10 Wel omdat wandel 'n woord is wat veral in die OT vertel van God wat by ons wil wees en met ons 'n verbondsverhouding wil hê. Bewys Dis wat God in die paradys in die laat middae gedoen het. Hy het daar in die paradys kom wandel. Gen 3:8 vertel daarvan. En in Lev 26:12 sê God vir sy volk: Ek sal in jul midde wandel en vir julle n God wees, en júlle sal vir My n volk wees. En hier in Mark 11:27 is Jesus die Seun van die mens maar ook die Seun van God besig om in'ie Tempel te wandel. So sien julle? Terwyl Jesus sy oordeel aangekondig het is Jesus steeds besig om met sy wandel in'ie Tempel te sê: 'God soek 'n verbondsverhouding met julle. En Ek is Imanuel God met julle.' Dis mos hoe Jesus in Mat 1:23 genoem word. 'So ja My oordeel kom verseker. Maar daar's nog genade-tyd. Want Ek wandel nog tussen julle. Kom dan na My toe. Aanvaar My as Koning en Messias en Verlosser.' Toepassing En weet julle: So is Jesus op hierdie oomblik besig om ook by ons te wandel. Bewys Openb 2:1 vertel daarvan. Dis waar ons hoor van'ie verheerlikte Jesus wat wandel 11 tussen die sewe goue kandelaars. 10 Vers 27 - περιπατεώ is in die Lxx die vertaling van die hitpael van הלך (TDNT vol 5 bl 942), met die betekenis van 'wandel'. Wandel is egter ook iets wat God wat soewerein mag uitoefen doen. Die 'wandel' handeling is 'n uitdrukking van sy mag en soewereiniteit vgl Gen 3:8; Ps 104:3; Job 22:14 (NIDOTTE vol 1 bl 1034; TWOT vol 1 bl 216). περιπατεώ kan egter ook nie los gemaak word van verbondsgemeenskap nie vgl Gen 3:8; Lev 26:11-12; Openb 2:1; 21:3 (NIDOTTE vol 1 bl 519, vol 2 bl 981). 11 Die Griekse woord is in Openb 2:1 net soos hier in Mark 11:27 περιπατεώ. 3

En in'ie boek Openbaring is hierdie kandelaars 'n beeld van alle plaaslike kerke deur die eeue van die NT. 12 En Jesus wandel by ons. Hy wandel ook by Kerke wat sy gesag verag soos by die Tempel gebeur het. Ja Jesus wandel ook by die Kerke waarvan Petrus in 1Pet 4:17 sê dat die oordeel moet begin by die huis van God. Ja Jesus wandel ook by ons vanoggend. En wat sê Jesus daarmee? Wel geliefdes: Jesus sê: 'Daar's nog genade-tyd. Kom na my toe. Vlug vir'ie oordeel. Kom buig onder by. Kry verlossing en vergifnis by My.' 'Maar erken ook dat Ek Here en Christus is. Erken My Koninklike gesag in jou lewe in jou gesin se lewe in julle as plaaslike Kerk se lewe. Rig julle doen-en-dink in volgens My wil.' 'Ja kom buig onder My en kom leef in ware verbondsverhouding met My.' So wat doen ons met Jesus wat by ons wandel? Oorgang Kom ons kyk wat die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge die Tempel-owerhede die Godsdiens-leiers 13 met Jesus gemaak het wat daar by hulle wandel. 2. Kom ons lees daarom verder in Vers 27 en ook Vers 28. Nou vers 27 sê: En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom. Verduidelik 14 Nou belangrik van hierdie ouens is dat dit hulle is deur wie Jesus gaan ly en sterf in Jerusalem. Bewys Jesus het dit al in Mark 8:31 gesê. En in vers 18 het ons gehoor hoe hulle beplan om Jesus dood te maak. Opmerking Dit was toe Jesus die vorige dag hulle skyn-godsdiens 12 Vgl Reformation study Bible bl 1848 13 Vgl TDNT vol 3 bl 271, 272; Stein se Mark komm bl 525; Van Leeuwen se Mark komm bl 207; Evans se Mark komm bl 200 14 Vgl Stein se Mark komm bl 525 4

by die Tempel stop gesit het en sy oordeel aangekondig het. Nog iets belangrik oor'ie owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge was dat soos ek net-nou gesê het hulle die Godsdiens-leiers van die dag was. So toe Jesus hulle skyn-godsdiens by die Tempel stop gesit het het Hy hulle reguit aangevat. Veral'ie Owerpriesters. Want hulle het by die tempel die septer geswaai. 15 En hulle was nie ouens wat daarvan gehou het om so aangevat te word nie. Bewys 16 Want lees ons deur die Evangelies sien ons dat die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge harde ongelowige harte gehad het. Hulle was hoogmoedig. Hulle was self-gesentreerd. Hulle harte was vol haat. In Joh 8:44 sê Jesus dat hulle vader die duiwel is. Daarom ook dat hulle so vyandig teenoor Jesus was. En ons sien hierdie vyandigheid sommer al vroeg in Markus. 17 En dan was daar in hulle vyandigheid veral een ding wat hulle nie kon vat nie. En dit was Jesus se Messiaanse Goddelike gesag. Hulle wou nie daarvoor buig nie. 18 15 Vgl vgl TDNT vol 3 bl 271, 272; Stein se Mark komm bl 525; Van Leeuwen se Mark komm bl 207; Evans se Mark komm bl 200 16 Vers 27 - οι αρχιερεις: Die οι αρχιερεις was priesters of die priesterlike aristokrasie wat saam met οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι deel was van die Sanhedrin... waarskynlik die mees prominente lewer van die 71 lede van die Sanhedrin vgl Mark 15:1-3 waar daar eers gepraat word van οι αρχιερεις μετα των πρεσβυτερων και γραμματεων en dan net van οι αρχιερεις wat beskuldigings inbring, en so wys op hulle prominente rol; vgl ook Joh 18:35; 19:6, 15, 2112:10 (TDNT vol 1 bl 741, vol 3 bl 271, vol 6 bl 659; NIDNTT vol 1 bl 198, vol 3 bl 480, 481; Edwards se Mark komm bl 350-351; Stein se Mark komm bl 525).Die οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι was ook die Godsdienstige leiers van die dag... en speel 'n belangrike leiding-gewende rol hier by die Tempel hier in die konteks van Mark 11 vgl vers 18; Mat 21:15-16; Luk 19:47... Hier by die Tempel het veral die οι αρχιερεις die voortou geneem (vgl TDNT vol 3 bl 271, 272; Stein se Mark komm bl 525; Van Leeuwen se Mark komm bl 207; Evans se Mark komm bl 200). οι γραμματεις: Die οι γραμματεις was geleerde Teoloë in die Wet-profete-geskrifte. Hulle was hoofsaaklik deel van die Fariseër party en leraars (Mat 7:29; Mark 1:22) hoog in aansien by die mense (Mat 23:6; Mark 12:38vv). Hulle het ook groot invloed gehad (TDNT vol 1 bl 741; NIDNTT vol 3 bl 480, 481). Hulle was vol hoogmoed... wat mense van hulle dink is belangrik (Mat 23:5-7; Mark 12:38-39; Luk 20:46); Daar was nie ware selfopofferende liefde by hulle nie... Hulle eie voorspoed en rykdom was vir hulle belangriker as hulle ouers en weduwees se wel-wese (Mark 7:9-13; 12:40; Luk 20:47); Hulle doen nie wat hulle self leer nie (Luk 11:46); Belangrikste van alles; hulle verklaring van die wet was oppervlakkig... Hulle mis die diep kern dat die wet gedoen word vanuit 'n hart wat waarlik God en jou naaste selfopofferend lief het (Mat 5:20-48)... so lei hulle die HERE se volk weg van die ware Godsdiens wat Hy van ons vra (TDNT vol 1 bl 741-742; NIDNTT vol 3 bl 481, 482)... En daarby baseer hulle hulle diens aan God op self-uitgedinkte gebooie wat hulle ope die selfde vlak plaas as God se Woord (Mark 7:6-7) (NIDNTT vol 3 bl 481). οι πρεσβυτεροι: Die οι πρεσβυτεροι was afkomstig uit invloedryke families veral uit Jerusalem en omgewing en was gewoonlik saam met die οι αρχιερεις Sadduseërs alhoewel hulle nie regtig geleerd was in die teologie nie (TDNT vol 6 bl 659; NIDNTT vol 1 bl 198). 17 Mark 3:6 18 Vgl Edwards se Mark komm bl 351; Van Bruggen se Mark komm bl 254-255 5

Bewys Ons sien'it bv in Mark 2:6-11. Dis waar hulle nie Jesus se gesag om sondes te kan vergeef wou aanvaar nie. In Mark 3:22 rebelleer hulle teen Jesus se mag waarmee Hy die Koningsheerskapppy van God kragtig laat deurbreek. En dan demone uitdryf. Dit was toe dat die Godsdiens-leiers vir Jesus gesê het: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. So hierdie ding dat die die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge nie Jesus se Messiaanse Goddelike gesag aanvaar nie kom al van vers af. En nou sien ons'it ook as ons van vers 27 aan lees na vers 28 toe. Want kyk net wat vra hulle vir Jesus in vers 28. Hulle vra: Deur watter gesag doen U hierdie dinge... Verduidelik 19 En dan's hierdie dinge heel eerste Jesus se optrede die vorige dag daar by die Tempel. Dis daarom dat hulle nou vir Jesus vra: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié gesag gegee om dit te doen? Verduidelik 20 En dan'sie belangrike van hierdie vraag dat dit nie opreg is nie. Dis nie vrae waarmee die Godsdiens-leiers regtig meer wil leer oor Jesus se Messiaanse Goddelike gesag nie. Dis nie vrae waarmee hulle regtig wil uitvind of Jesus die gesag of die mag of die reg waarmee Hy optree bv van God af gekry het of so nie. Nee dis eintlik vrae waarmee hulle sê: 'Jesus ons buig nie onder jou nie. En Jesus wie dink Jy is Jy? En wie gee jou die reg om so op te tree hier waar ons die septer swaai?' 21 19 Vers 28 - ταυτα verwys terug na gebeure wat Jesus gedoen het (ποιεις) (Greeek grammer beyond basics 333). Ek meen dat ταυτα nie terug verwys na Jesus se dissipel-onderrig by die verdroogde vyeboom nie. Daarvan weet οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι immers nie. Daarom wys ταυτα terug na Jesus se optrede in die Tempel die vorige dag en die oordeel wat Hy daaroor uitgespreek het omdat dit nie die vrugte dra van ware Godsdiens wat God soek nie vgl vers 15-19... Daarmee het Jesus reguit ingegaan teen die inrigting van die Godsdiens en die skyn-godsdiens van die Godsdienstige leiers, die οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι, daar by die Tempel... Veral οι αρχιερεις wat die septer daar by die Tempel geswaai het (vgl Edwards se Mark komm bl 351; Stein se Mark komm bl 525-526; Van Leeuwen se Mark komm bl 207; Evans se Mark komm bl 200; Grogan se Mark komm bl 206). 20 Vgl Stein se Mark komm bl 525; Van Bruggen se Mark komm bl 255 21 Vgl Stein se Mark komm bl 525; Van Bruggen se Mark komm bl 255 6

Toepassing 22 En net hier moet ons die gevaar van harde ongelowige harte raak sien. Want 'n harde ongelowige hart maak dat jy net nie die openbaring van Jesus se Messiaanse Goddelike gesag gelowig wil aanvaar nie. Al openbaar Jesus dit so baie en so duidelik met sy wonders met sy demoon-uitdrywings met sy prediking met sy intog in Jerusalem in net drie dae te vore. Ja 'n harde ongelowige hart maak jou blind en doof vir'ie duidelike openbaring van Jesus se Messiaanse Goddelike gesag sodat jy nie buig voor God se Messias-Koning nie. Maar aanhou om nietige dinge te bedink in jou hoogmoed en in jou valse geloof in Satan se leuen dat jy self soos God kan wees. Bevinding En nou moet ons as ons hierdie harde ongelowige harte van die Godsdiens-leiers sien ons self ondersoek geliefdes. Want van nature is ons net so. Daarom dat Jesus sy dissipels so ernstig hierteen waarsku veral in Mark 7-8. Ja ook gelowige dissipels worstel met hierdie sonde. So daarom moet ons baie ernstig selfondersoek doen. Voorbeeld 23 Net om 'n voorbeeld te noem. Ek lees nou die dag in 'n boek van Timothy Keller iets wat ek dink nogal baie waar kan wees. Hy vertel dat ons baie van 'n Jesus kan hou wat vol liefde is en nederig is die dienskneg Jesus. Maar sodra ons hoor dat Jesus ook Here is Koning is met gesag ja dat Hy nie net sê: 'Ek gee rus' nie maar ook sê: 'Neem My juk op julle' dan hou ons nie meer so baie van Hom nie al is sy juk sag. Want van nature het ons harde ongelowige harte wat in hoogmoed nie Jesus se gesag oor ons lewens wil erken nie. Opmerking En dis 'n skrikwekkende sonde. 22 Vgl Bayer, A Theology of Mark, bl 69-72 23 Vgl Keller, Center Church 7

Veral as ons vers 27 wat vertel van Jesus wat daar in die Tempel wandel en so wys dat Hy God met ons is en 'n verbondsverhoudiung met ons soek en genade tyd gee. En oor'ie skrikwekkendheid van hierdie sonde sal ons net-nou nog meer leer as ons by vers 31-33 kom. Maar laat ons solank regtig ernstig selfondersoek doen. Ja waar staan ons? Hoe lyk ons harte? Onthou ongelowige harde harte manifesteer baie aaklig daar waar ek en jy net soos hierdie Godsdiens-leiers nie wil buig onder die absolute Messiaanse gesag van Jesus oor my lewe oor my gesin se lewe oor ons plaaslike Kerk se lewe nie. Dit terwyl Jesus alle mag alle gesag in'ie hemel en op aarde het. 24 En dit baie duidelik openbaar. 3. En weet julle: Nou doen Jesus presies dit nog 'n keer as ons van vers 28 na Vers 29 gaan. Ja in'ie gesig van'ie Godsdiens-leiers met hulle harde ongelowige harte openbaar Jesus weereens sy absolute Messiaanse Goddelike gesag. Want kyk nou wat gebeur in vers 29. Dis nou na die Godsdiens-leiers se vrae in vers 28 oor waar Jesus aan sy gesag kom. Dan sê Jesus in vers 29: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen. Verduidelik 25 Nou dit kan nogal lyk asof Jesus besig is met 'n slim truuk om die vraag van die Godsdiens-leiers te ontwyk (te dodge). Maar nee. Dis glad nie wat Jesus doen nie! Nee wat Jesus doen is om beheer oor te neem. Die Godsdiens-leiers wil hulle self op Jesus af dwing. Hulle wil Jesus onder hulle duiwelse gesag bring. Maar Jesus laat dit nie toe nie. Want Jesus is die Here van Ps 110. Hy is die Seun van God van Ps 2. Hy is die Seun van die mens van Dan 7:13-14 met absolute Messiaanse Goddelike gesag. En dan neem Jesus met hierdie vraag van vers 29 beheer oor. 24 Mat 28:18 25 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 22-23 8

Bewys 26 Want kyk mooi wat sê Jesus in vers 29. Hy sê: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen. Hoor julle hoe neem Jesus beheer oor? Jesus gee vir hierdie Godsdiens-leiers wat dink hulle is in beheer 'n bevel. Hulle moet vir Jesus antwoord. En eers dan eers daarna as Jesus meen dat hulle bevredigend geantwoord het sal Jesus met hulle praat oor sy gesag. 4. En as ons dan by Vers 30 kom. En ons kyk na wat Jesus die Godsdiens-leiers toe gevra het sien ons net nog verder hoe Jesus sy Messiaanse Goddelike gesag openbaar. Want kyk wat vra Jesus in vers 30. Hy vra: Die doop van Johannes, was dit uit die hemel maw van God af sodat jy gehoorsaam daarna moet luister. 27 of uit mense? maw iets eiewillig. Iets waaraan jy jou nie hoef te steur nie. 28 Verduidelik 29 Nou met hierdie vraag vat Jesus die die owerpriesters en die skrifgeleerdes 26 Vers 29 - αποκριθητε = aor imperat 2de mv van α ποκρι νομαι, met die betekenis van 'julle moet antwoord'. Wanneer die imperat in konstruk staan met και + Fut indikat (ερω), soos hier, dan het ek te doen met 'n voorwaarde imperat. Dus, Jesus sal eers antwoord op οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι se vraag (vers 28) wanneer hulle sy opdrag na gekom het (Greek grammer beyond basics bl 489-490; Stein se Mark komm bl 526; Evans se Mark komm bl 204). Met hierdie manier waarop Jesus οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι antwoord, neem Hy die situasie oor... en οι αρχιερεις και οι γραμματεις και οι πρεσβυτεροι buig daaronder. So wys Jesus steeds... net soos op die vorige dag (vers 15-19) en met περιπατεώ van vers 27 sy Koninklike/Messiaanse gesag (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 255; Evans se Mark komm bl 204). 27 Vers 30 - Hierdie voorsetsel-frase sê vir my vanwaar/ van watter bron af die το βαπτισμα ιωαννου kom (Greek grammer beyond basics bl 371). Dus το βαπτισμα ιωαννου kom vanaf ου ρανο ς. Ek meen dat ου ρανο ς hier die betekenis het van die 'woonplek van God' of daar waar God is. Dit is hoe ου ρανο ς in die nabye konteks van vers 30 verstaan word vgl vers 25: ο πατηρ υμων ο εν τοις ουρανοις (Baljon bl 709). ου ρανο ς kan egter ook plaasvervangend vir God gebruik word vgl bv Luk 15:18,21 en Mat 3:17 met Mark 1:15 waar onderskeidelik gepraat word van die Koninkryk van die hemele en die Koninkryk van God (Baljon bl 709; NIDNTT vol 2 bl 193). Dit was 'n gebruik onder die Jode in die tyd toe Jesus op aarde was uit respek en eerbied vir die Naam van God. Dit kan wees dat Jesus by hierdie gebruik aansluit hier waar Hy in gesprek met die Joodse Godsdienstige leiers is (vgl NIDNTT vol 2 bl 191; Edwards se Mark komm bl 351-352). Gevolgtrek: Vanuit bg het 30a dan vir my die betekenis van: 'was die doop wat deur Johannes bedien is en daarmee saam die boodskap daarvan, komende van af God of van af God wat in die hemel woon en daarom ook in ooreenstemming met die wil van God?' (vgl Edwards se Mark komm bl 352; Stein se Mark komm bl 526) 28 Vers 30 - Hierdie voorsetsel-frase stel vir my die alternatief vanwaar/ van watter bron af die το βαπτισμα ιωαννου kan kom (Greek grammer beyond basics bl 371). Dus το βαπτισμα ιωαννου kom alternatiewelik vanaf ανθρωπων. Vanuit die konteks verstaan ek Jesus se εξ ανθρωπων dan so dat as το βαπτισμα ιωαννου vanaf die mense kom dit nie van God kom nie en dan, saam met die boodskap daarvan, ook nie in lyn met God se wil is nie, maar eiewillig vanuit die mens opkom (vgl Stein se Mark komm bl 526; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 23). 29 Vers 30 - Ek meen dat die lw το by το βαπτισμα anafories is en terugwys na Mark 1:4-5,8 (Greek grammer beyons basics bl 217-218) waar daar gepraat word van: εγενετο ιωαννης βαπτιζων εν τη ερημω και κηρυσσων βαπτισμα μετανοιας εις αφεσιν αμαρτιων. και εξεπορευετο προς αυτον πασα η ιουδαια χωρα και οι ιεροσολυμιται και εβαπτιζοντο παντες εν τω ιορδανη ποταμω υπ αυτου εξομολογουμενοι τας αμαρτιας αυτων... εγω μεν εβαπτισα υμας εν υδατι αυτος δε βαπτισει υμας εν πνευματι αγιω (vgl ook Van Bruggen se Mark komm bl 256; Edwards se Mark komm bl 352; Van Leeuwen se Mark komm bl 207-208; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 22). 9

en die ouderlinge die Godsdiens-leiers se gedagtes terug na Johannes-die-doper se doop en prediking. Bewys En nou het die Godsdiens-leiers in Jerusalem en by die Tempel baie goed geweet van'ie doop van Johannes. Mark 1:5 vertel bv dat die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem uitgegaan het na (Johaanes) toe... Mat 3:7 vertel dat ook die Farisees en die Sadduseër na Johannes toe gekom het. En die Godsdiens-leiers was almal Fariseërs of Sadduseërs. 30 So as Jesus hier in vers 30 praat oor die doop van Johannes dan praat Jesus oor iets baie bekend vir'ie Godsdiens-leiers. Maar hoekom? Hoekom vat Jesus die Godsdiens-leiers se gedagtes terug na Johannes die doper toe? Wel daar's twee redes. A. Die eerste is omdat Johannes se doop-prediking ook gewys het op Jesus se absolute Messiaanse en Goddelike gesag. Bewys 31 En ons sien'it in Mark 1:7-8. Daar is Johannes die doper aan die woord en dan sê hy ook vir die Godsdiens-leiers: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. En dan praat Johannes hier oor Jesus wat na hom kom. Verduidelik 32 En hoekom is Jesus dan sterker en groter as Johannes? Wel omdat Jesus met die Heilige Gees doop. En dan het die Godsdiens-leiers wat Johannes gehoor het en die OT baie goed geken het geweet dat die OT profete bv Jesaja en Esegiël en Joël wat oor'ie doop met die Heilige Gees geprofeteer het 33 baie duidelik geprofeteer het dat dit die HERE self is God self is wat met die Heilige Gees sou doop. So Johannes het baie duidelik verkondig dat Jesus wat met die Heilige Gees sou doop waarlik ook God is. 30 Vgl TDNT vol 1 bl 741, vol 6 bl 659; NIDNTT vol 1 bl 198, vol 3 bl 480, 481 31 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 7; Van Bruggen se Mark komm bl 256 32 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 6-7; Ladd, A Theology of the NT bl 37-38; Ridderbos, De komst van het Konionkrijk, bl 44-45 33 Jes 32:15; 44:3; Eseg 36:27; Joël 2:28-29 10

Dat Hy die Seun van God is dat Hy die Messias is vir wie Jesaja in Jes 9:5 noem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors... En daarom ook die Een met absolute Messiaanse en Goddelike gesag. Die eintlike septer-swaaier in'ie Tempel. So sien julle? As Jesus in vers 30 vir die Godsdiens-leiers vra: Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? dan vat Hy hulle gedagtes terug na Johannes se prediking waarmee Johannes vir Jesus baie duidelik uitwys as die Een met absolute Goddelike gesag-en-mag. B. Maar nou doen Jesus ook 'n tweede ding met sy vraag in vers 30. Hy wys ons ook God se genade en genade-tyd. Want kyk mooi wat vra Jesus in vers 30: Hy vra: Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? En nou'sit veral hierdie laaste woorde belangrik: was dit uit die hemel maw van God af of uit mense? maw iets eiewillig Verduidelik Want dis in hierdie woorde dat Jesus weereens God se genade wys. Want met hierdie woorde bring Jesus die Godsdiens-leiers by selfondersoek. 34 Dis asof Jesus met hierdie woorde vir hulle sê: 'Luister Ek is die Een met absolute Goddelike gesag. Want Ek doop met die Heilige Gees. Soos Johannes verkondig het.' 'Maar dit beteken ook dat Ek kom oordeel. Want Johannes het mos in Mat 3:11-12 gesê: Ek doop julle wel met water... maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek... Hy sal julle doop met die Heilige Gees... Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand..' 35 'En nou het ek gister My oordeel oor julle aangekondig. En dit gaan verseker kom. Maar nou: Daar's nog genade-tyd.' 'So gaan dink mooi oor Johannes. Van waar het sy boodskap gekom? 34 Vgl Reformation study Bible bl 1438. 35 Vgl Ladd, A Theology of the NT bl 37-38; Ridderbos, De komst van het Konionkrijk, bl 44-45 11

As'it van God af kom kom dan tog tot bekering.' 'En bekeer na My toe. Want Ek het ook gesag-en-mag om sondes te vergeef.' Toepassing En weet julle: So kom praat Jesus ook vanoggend met ons. Ons leef in 'n land vol krisisse. Eskom werk nie. Die water is besig om op te raak. Ons regering verval. En dit lyk nie of hulle die wil het om sake in orde te bring nie. Dis die een korrupsie skandaal op die ander. Ons gesondheidsdiens is pateties. En arme ou mense sonder mediese fondse moet dit ontgeld. Ja ons beleef daagliks 'n klomp krisisse. Maar daar's nog iets. Petrus sê: die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En Jesus sê: Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My. En wat antwoord ons dan? Ja Wie's Jesus vir jou en my? Aanvaar ons Hom as ons Koning? Neem ons Hom aan? En word dit sigbaar in ons lewens van gelowige kinderlike gehoorsaamheid en navolging van Jesus? Dis so belangrik! Want Jesus is Koning. Hy is die Here. Hy is die Messias. En Hy het absolute Messiaanse en Goddelike gesag. Oorgang Daarom is'it so verskriklik om Hom met 'n harde ongelowige hart te verag. Want dan bly jy onder sy oordeel. En nooit ooit word Hy jou Verlosser-Koning wat jou laat deel in'ie vergifnis wat Hy gee nie. In'ie losprys wat Hy met sy lewe in Jerusalem betaal nie. 5. En oor die skrikwekkendheid van so 'n harde ongelowige hart leer ons meer as ons van vers 30 aangaan na Vers 31-33. Dis waar ons hoor hoe die Godsdiens-leiers toe op Jesus se vraag gereageer het. 12

So kom ons kyk daarna. Kyk hier staan in vers 31-32: En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie? Maar as ons sê: Uit mense dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik n profeet was. Nou wat hier gebeur is skrikwekkend. Want hier sien ons wat 'n harde ongelowige hart doen. Daar's net mooi geen erns met die Waarheid nie. Niks opregtheid nie. 36 Verduidelik Want in bv Luk 7:30 en Mat 21:32 lees ons dat die Godsdiens-leiers Johannes se prediking nie aanvaar het nie. En daarom het hulle ook nie Jesus se Messiaanse en Goddelike gesag aanvaar nie. 37 Maar dan sê hulle dit nie reguit vir Jesus nie. Hoekom nie? Wel omdat die publiek-opinie vir hulle baie belangrik was. Ja hulle eie reputasie by die volk het voor-op gestaan. 38 Vers 32 sê dit: hulle was vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik n profeet was. So hulle wou nie daar in die openbaar op'ie Tempelplein met almal rondom hulle vir Jesus sê dat hulle nie Johannes se prediking aanvaar nie. Want dan sou hulle naam weg gooi. Of dalk 'n paar klappe van 'n 'Johannes-ondersteuner' af kon kry. So sien julle wat hier gebeur? Met harde ongelowige harte is die Godsdiens-leiers se eie-ekke hulle gode. Daarom wil hulle nie buig onder Jesus se gesag nie. En daarom is hulle bang vir die volk en vir wat die volk dalk van hulle kan dink en aan hulle kan doen. 39 En dan? Wel dan kom die Godsdiens-leiers se antwoord in vers 33. Hoor wat sê hulle: Ons weet nie. Ja Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Ons weet nie. 36 Vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 208, 209; Edwards se Mark komm bl 353 37 Vgl Evans se Mark komm bl 206 38 Vgl Stein se Mark komm bl 527; Van Bruggen se Mark komm bl 256; Van Leeuwen se Mark komm bl 208; Evans se Mark komm bl 206 39 Vgl Evans se Mark komm bl 207; Stein se Mark komm bl 527; Edwards se Mark komm bl 353; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 24 13

Verduidelik 40 En hoe skrikwekkend tragies! Want dis 'n antwoord waarmee hulle wegbly van Jesus. Jesus het spesiaal weer kom wandel in die Tempel. Hy het weer kom wys: 'Ek is Imanuel God met julle. Ek wil verbondsverhouding met julle hê. Ek is julle Koning. Aanvaar My. Neem My aan. En leef by my in 'n verbondsverhouding.' En die Godsdiens-leiers? Hulle bly weg. Met hulle Ons weet nie bly hulle met harde ongelowige harte ver weg van Jesus. En Jesus? Wel in vers 33 sê Hy in antwoord op die Godsdiens-leiers se Ons weet nie : Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. Verduidelik 41 En so bly Jesus ver vir die Godsdiens-leiers. En los en ver van Jesus bly die Godsdiens-leiers alleen maar onder die oordeel van Jesus. Slot So geliefdes Jesus sê vanoggend vir ons: Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My. So hoe antwoord ons? Kom ons antwoord met: 'Here dis uit die hemel'. En kom ons bekeer dan na Jesus toe. Kom ons aanvaar Hom as Verlosser-Koning van ons lewens van ons gesinne van hierdie plaaslike Kerk elke dag. En kom ons bly by Jesus dan beloof Hy in Joh 15:5 Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug ook die vrug van gelowige gehoorsaamheid aan My Koninklike gesag want sonder My kan julle niks doen nie. Amen. 40 Vgl Edwards se Mark komm bl 353; Bayer, A theology of Mark bl 69-72 41 Vgl Edwards se Mark komm bl 353; Bayer, A theology of Mark bl 69-72 14