Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Σχετικά έγγραφα
Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die genade gawes Van God:

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

1 TESSALONISENSE 1:3

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die krag / vuur van God:

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Die Sendbrief van Jakobus

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Deur Christus Alleen

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

REFORMASIE. Martin Luther

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

ישוע. familieboom van Jesus

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

deur CARIKA DU PLESSIS

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

VOLUME AUGUSTUS 2007

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Transcript:

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7 Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a). Januarie 2012

Ps-vooraf Ps 95:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 62:1,4,5 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 24:2,3 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 25:2,3,4,6 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:1-7 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes... Hand 2:37-41... vertel van die ontstaan... van eerste plaaslike kerk in die NT... die kerk van Jerusalem. Dit vertel vir ons... hoe daardie kerk ontstaan het... deur die prediking van die Woord... en die werking van die Heilige Gees. Opmerking Nou... by hierdie wonderlike gebeure kon ons... verlede jaar... in ons prediking oor die kerk stilstaan. En in verlede week se Basuin kon u weer daaroor lees. **************** Wat nou belangrik is... is dat Hand 2:42 sê dat die verloste lidmate van die kerk in Jerusalem... toe volhard (het) in die leer van die apostels... Toepassing En geliefdes... dit is wat ware kerke deur die eeue doen... Dit is wat die kerk in Daspoort sal doen... as ons waarlik n kerk van Jesus Christus is. 1 Ons sal volhard... ja... biddend sal ons bestudeer en leer en vashou... aan leer van die apostels. 1Vgl Calvyn se Hand Komm bl 127. 3

Ons lewens sal ons daarvolgens wil inrig. ****************** En daarom... moet ons ook volhard in die leer van die apostels... wanneer dit kom by die orde... en regering van die kerk. En hieroor gaan ons leer... in res van Januarie... en ook Februarie. Terugblik Nou... soos ons reeds gesê het... kon ons verlede jaar ook stilstaan... by wat die Skrif ons leer oor die kerk. Uit Openb 12 kon ons meer leer... oor die algemeenheid van die kerk. Hand 2:37-41 het ons geleer oor wie die ware lidmate van die kerk is. Uit Hand 2:42-47 kon ons leer oor die lewe van die kerk. En hoe Christus deur sy Gees werk in die kerk... en deur die kerk in die wêreld. Opmerking tov Basuin En verder kon ons uit 1Tim 4 en 1Kor 5 en 11 leer oor die kenmerke van die ware kerk. **************** Maar nou sit ook belangrik... geliefdes... dat ons meer oor die regering... en die orde in die kerk leer. Bevinding En dis belangrik... Want in 1Kor 14:33 sê Paulus: God is nie n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. 4

En net n entjie verder... in vers 40... sê Paulus: Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. Maar net so belangrik is dit... dat wanneer ons leer oor die regering... en die orde van die kerk... ons nie ons eie uitdinksels sal navolg nie. Nee!... Ook wanneer dit kom by orde... en regering moet ons volhard in die leer van die apostels. ***************** Daarom is it so belangrik... as dit kom by die orde en regering van die kerk... dat ons stilstaan by 1Tim 2-3. Want... sê die apostel Paulus vir Timoteus in 1Tim 3:15... met dit wat ons leer uit 1Tim 2-3... weet ons hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God... ******************** En weet u... dan kan it nie anders nie... Dit tref jou. Wanneer Paulus... geïnspireerd deur die Gees... begin leer oor die orde in die kerk... sê hy in 1Tim 2:1... In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word... Bevinding Hoor u dit? Paulus begin nie by die erediens of by die ampte nie... Nee! Paulus begin met gebed. 5

Dit staan eerste... Dis die belangrikste. 2 Die kerk van Jesus moet n biddende kerk wees. 3 ****************** Nou... hieroor gaan ons meer begin leer. Oor Paulus se eerste orde-reëling dat... Die plaaslike kerk... n biddende kerk moet wees. Vanuit vers 1-6 gaan ons meer leer oor:... Die situasie waarbinne ons bid. Die bevel om te bid. Vir wie ons moet bid Wat ons moet bid En die rede waarom ons moet bid. Opmerking Nou... die tyd gaan ons toelaat om vandag uit te kom by die eerste twee punte. Die situasie waarbinne ons bid. En die bevel om te bid. As die HERE wil... sal ons volgende Sondag aangaan met hierdie ontsettende belangrike orde-reël... naamlik dat... Die plaaslike kerk... n biddende kerk moet wees. ********************* 1. So... kom ons begin by die situasie... waarin Paulus die eerste orde-reëling gee. En vers 1 vat ons daarheen... as Paulus sê: In die eerste plek vermaan ek dan... 2 πρω τον dui op die prioriteit in orde. Van alles is dit die eerste en belangrikste. Alle ander dinge is afhanklik hiervan (NIDNTT vol 1 bl 664; Bouma se 1Tim komm bl 54; Knight se 1Tim komm bl 114). 3 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 70. 6

Verduidelik Want met die woordjie dan bind Paulus dit... wat hy nou gaan praat vas... aan dit... wat hy vooraf in hoofstuk 1 gepraat het. 4 En dis hoofstuk 1 veral vers 3... wat ons vertel van die situasie... waarin ons die eerste orde-reëling van gebed ontvang. 5 Dis daar waar Paulus vir Timoteus sê: 6 Soos ek jou versoek het... moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie... ***************** Hoor u wat sie situasie? Timoteus is in Efese... Daar moet hy bly... Daar moet hy die Woord bedien... En teen dwaalleraars preek. 7 Paulus is op reis... besig om die Evangelie te verkondig... Skrif met Skrif En vergelyk ons Skrif met Skrif... kom ons agter dat wanneer Paulus vir Timoteus skryf... ons in die tyd na die geskiedenis van die boek Handelinge is... 4 οὖν (dan) dui aan dat daar n logiese verband bestaan tussen 2:1vv en voorafgaande (Baljon bl 707-708; Ridderbos se 1Tim komm bl 69-70; Oosterzee se 1Tim komm bl 27 (Lange); Calvyn se 1Tim komm bl 49). 5 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 69 6 Vgl Bouma se 1Tim komm bl 54; Calvyn se 1Tim komm bl 42-43; Knight se 1Tim komm bl 107 7 Vgl Reformation study Bible bl 1749,1751 7

Ons is met ander woorde so in die jaar 63 nc. 8 *************** Bevinding En gryp dit u nie ook in die hart nie?... In daardie vroeë-tyd van die kerk se geskiedenis... is daar dwaling. En nou moet ons dit raaksien... Dwaalleer in die kerk is nie iets nuuts nie. En hoekom?... Wel... omdat daar mense is wat anders leer. 9 En Timoteus moet hulle beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie... ******************* Nou... waaroor hierdie dwaalleer gegaan het... Leer ons meer wanneer ons Skrif met Skrif vergelyk. Skrif met Skrif Want 1Tim 1:4 wys ons... dat dit bestaan het... uit fabels en eindelose geslagsregisters. 10 2Tim 4:4... op sy beurt... leer dat hierdie fabels altyd wegdraai van die waarheid. 8 Vgl Reformation study Bible bl 1749. 9 om nie n ander leer te leer nie. Hierdie ander leer is dan dwaalleer (NIDNTT vol 3 bl 766, 768). Gal 1:6 sê dat dit in stryd is met die Evangelie. Dis n ander Evangelie (Knight se 1Tim komm bl 72). 10 Die en (μηδε ) van 1:4 spesifiseer vir ons waaruit die anders leer van vers 3 bestaan (Greek grammer beyond basics bl 670; Ridderbos se 1Tim komm bl 46) 8

Tit 1:10 en 14 en Tit 3:9 leer dat hierdie dwalinge veral van die kant van die Jode gekom het. 11 En dan... baie belangrik... leer ons ook uit 1Tim 6:3 dat die wat hierdie dwaalleer verkondig... se leer... nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus... nie. En verder leer ons... ook uit 1Tim 6:3... dat valse-leer ons wil verlei... weg van n lewe van kinderlike gehoorsaamheid... uit liefde vir die HERE... soos Hy in sy Woord beveel. 12 En by dit alles sê 1Tim 1:4 13... dat dwaalleer altyd lei... tot twiste en stryd in die kerk. 14 ****************** Toepassing 15 En beleef ons dit nie vandag nie?... Kyk maar net na die GKSA. Daar s twiste... En doen ons verder ondersoek... dan sien ons: Daar s probleme met die leer... Of daar s ongehoorsaamheid aan die ware-leer. 11 Vgl ook NIDNTT vol 2 bl 36; Knight se 1Tim komm bl 73; Baljon bl 627. 12 Vgl Knight se 1Tim komm bl 250 wat aanton dat κατ ευ σε βειαν die betekenis het van lei tot Godsvrug (en Godsvrug het die betekenis van vrees vir die HERE wat inhou liefdevolle gehoorsaamheid aan die HERE) 13 Vgl ook 1Tim 6:4 14 Vgl Clarc se 1Tim komm bl 7 15 Vgl Clarc se 1Tim komm bl 7 9

Bevinding En sien dit tog raak... geliefdes! Kyk... hoe belangrik is dit om eenvoudig gelowig te bly by die ware-leer. Wyk daarvan af... en daar kom twiste en onenigheid. Niks is meer opbouend nie. 16 Daarom... is dit vir ons almal... en veral vir julle... broeders ouderlinge... so belangrik... om te waak oor die suiwer-leer... en die gehoorsaamheid daaraan... in die kerk. Want daar waar ons afwyk kom twiste... En dan s die eenheid daarmee heen! En dan kan ons maar allerhande planne en strategieë hê... sonder die ware leer... en gehoorsaamheid daaraan... kan daar nie eenheid wees nie. Want Paulus leer ons... geïnspireerde deur die Heilige Gees... dat dwaalleer... en ongehoorsaamheid aan die ware-leer... twiste veroorsaak. ******************* Maar goed... kom ons gaan eers weer terug na ons teks toe. 16 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 46 10

Timoteus is in Efese. Daar moet hy die Woord bedien... En dit... in n situasie waar mense dwaalleer in die kerk verkondig. Maar weet u: Nou sit in hierdie situasie... vir Paulus baie belangrik... dat Timotius nie net teen die dwaalleer sal preek nie. Maar ook dat daar goeie orde in die kerk sal wees. 17 Daarom gee Paulus... in hierdie situasie... sy eerste orde-reël... 1Tim 2:1. In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word... ******************** 2. En dit bring ons nou by ons tweede punt... wat gaan oor Paulus se bevel... dat die plaaslike kerk n biddende kerk moet wees. Opmerking En nou s daar sewe dinge van hierdie bevel... of kerk-orde-reël... wat ons moet raaksien. Bevinding En laat dit ons tog in die hart gryp... geliefdes! Moet dit nie maar net verby u laat gaan nie. ****************** A. Die eerste ding is... dat hierdie orde-reël baie belangrik is. Want... sê Paulus in vers 1... In die eerste plek vermaan ek dan... 17 1Tim 3:14-15 11

Ons kan ook sê:... Eerste van alles vermaan ek dan... 18 Verduidelik 19 Ja... heel eerste... voor Paulus kom by die orde-reël... vir die manne... in vers 8; en vir die vroue in vers 9-15; en die orde-reël oor die vereistes vir ouderlinge in hoofstuk 3:1-7; en die vereistes vir diakens in hoofstuk 3:8-13... sê Paulus... reg aan die begin... eerste van alles: In die eerste plek vermaan ek dan dat... (gebede) gedoen moet word... *************** B. Die tweede ding wat ons moet raaksien... is dat hierdie orde-reël vir gebede... n orde-reël is vir wanneer ons as kerk saamkom. Verduidelik 20 Want 1Tim 3:15 vertel van die doel van 1Tim 2-3 se orde-reëls. En dan sê dit... dat ons met hierdie orde-reëls kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God... So... Paulus se baie belangrike eerste orde-reël... vir gebed... sê hoe ons... ons moet gedra as ons as kerk... 18 Die State vertaling vertaal Παρακαλω οὖν πρω τον πα ντων as volg: Ik vermaan dan voor alle dingen... ; Die ESV vertaal met: First of all, then, I urge... 19 πρω τον dui op die prioriteit in orde. Van alles is dit die eerste en belangrikste. Die ander dinge is afhanklik hiervan (NIDNTT vol 1 bl 664; Bouma se 1Tim komm bl 54; Knight se 1Tim komm bl 114). 20 Wie is die bidders in vers 1? Ridderbos se 1Tim komm bl 70 noem dat dit nie hier gaan om opdrag aan die enkeling tot binnekamer gebed nie. Hierdie opmerking kan gestaaf word uit 3:14-15 wat wys dat dit in hfst 2-3 gaan oor optrede in die huis van God /in die byeenkoms van die kerk (vgl ook Knight se 1Tim komm bl 113). Verder dui 1:18-19 ook daarop dat dit wat volg gaan oor Timoteus se arbeid in die midde van die kerk in Efese (Bouma se 1Tim komm bl 54). 12

as huis van God... byeen is. Ja... dan is die orde... wat Christus deur sy apostel gee... dit... naamlik dat daar gebede gedoen moet word. ***************** C. Die derde ding van hierdie orde-reël is... dat die kerk... gedurig... of aanhoudend gebede moet doen. Bewys Want die Griekse woord... wat Paulus gebruik... as hy sê dat gebede... gedoen moet word... is die woord ποιει σθαι... wat praat van aanhou doen... of gedurig doen. 21 Dis iets waaroor Paulus al... by n vorige geleentheid... in Efes 6:18 met die kerk in Efese gepraat het. Toe hy gesê het... dat die kerk by elke geleentheid (moet) bid... Saamvat Sien u dit? Die heel eerste... en heel belangrikste orde-reël vir die kerk... in ons samekoms... is dat gebede gedoen word. En hierdie gebede moet gedurig gedoen word... By elke geleentheid. ****************** 21 Praes infin med/pas lei hier n indirekte bevel of rede in. Die praes infin dui op n voortdurende of aanhoudende handeling (Binnewerk bl 23, 36). 13

D. En dis so ontsaglik belangrik... Daarom staan dit vir Paulus eerste in die kerk se orde-reëls. En nou word hierdie belangrikheid vir ons nog meer gemaak... wanneer ons Skrif met Skrif vergelyk... en ons Bybels oop maak by Openb 8:3-4. Opmerking En dit bring ons by die vierde ding... van Paulus se orde-reël dat gebede gedoen moet word. ****************** Nou... in Openb 8:3-4 sien ons... deur die oë van Johannes... in n visioen... die hemelse heiligdom... en n engel... wat gekom het en met n goue wierookbak by die altaar gaan staan (het), en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges (of die ware kerk van Jesus) op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. Toepassing 22 En net hier... met die kerk se gebede voor God... in die hemelse heiligdom... moet ons die wonder van Christus se verlossingswerk raaksien. Want in Openb 5:9-10 hoor ons dat Christus... geslag is en... ons vir God met sy bloed gekoop het... 22Vgl Commentary on the NT use of the OT bl 1111 14

en ons... priesters vir onse God gemaak het... 23 Priesters... wat saam as Priester-kerk... ons gebede as dankbaarheids-offer aan God bring. 24 **************** Kan u sien... waarom hierdie eerste orde-reël van Paulus... so belangrik is? Dis omdat die ware... verloste... gelowige kerk van Christus... sy priester-volk is... wat deur Hom na God toe kan gaan. En dan ons gebede aan God kan en moet offer... as die vernaamste deel van ons dankbaarheidslewe. Ja... ons gebede is dankbaarheidsoffers!! Daarom is hierdie orde-reël dat gebede gedoen moet word... in die samekoms van die kerk... so ontsaglik belangrik. ******************* E. En net hier kom ons by n vyfde ding... van Paulus se orde-reël vir gebede... in vers 1. Weereens sien ons dit raak... in Openb 8. Want nadat Openb 8:3-4 gesê het dat ons gebede n dankbaarheidsoffer is... sê Openb 8:5... En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; 23Vgl ook 1Pet 2:9 24Sondag 45 v/a 116 15

en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Verduidelik En wat Openb 8:5 vir ons wys... is hoe God deur sy kerk se gebede... werk. 25 Opmerking God hoef nie... want Hy is almagtig. Maar in sy soewereine genadige raadsplan het God dit bepaal dat Hy deur sy kerk se gebede wil werk. 26 En Openb 8:5 wys dit vir ons... wanneer die engel die wierookbak neem en dit met vuur van die altaar volmaak. En daarom ook volmaak met ons gebede wat ook mos daar op die altaar is... Openb 8:3-4 sê dit mos. En dan word ons gebede saam met daardie vuur... op die aarde uitgegooi... sê Openb 8:5. En dan?... Wel dan kom daar stemme en donderslae en weerligte en aardbewing. 27 En hierdie stemme en donderslae en weerligte en aardbewing vertel in Openb 8:5... dat God deur ons gebede... 25 Vgl Morris se Openb komm bl 118 26 Vgl Reymond, A new systematic theology bl 975 27 Vgl Morris se Openb komm bl 118 16

in oordeel in die wêreld aan die werk gaan... en in bewaring en verlossing van sy kerk... aan die werk gaan... en sy koninkryk laat kom. 28 ***************** Toepassing Sien u hoe belangrik is Paulus se orde-reël... dat aanhoudende gebede gedoen word... by elke geleentheid? Dis belangrik... geliefdes... want God gaan so aan die werk in die kerk en in wêreld. Voorbeeld 29 Een van die kommentatore op Openb 8:5, Leon Morris, sê dat ons baie maal dink dat allerhande magte agter die skerms... soos die Vryemesselaars... of die ou Afrikaner Broederbond... of watter geheime organisasie ook al... in laat nag-vergaderings... en met duister agendas... die loop van die wêreld-geskiedenis bepaal. Maar dis verkeerd, sê Morris in sy kommentaar op Openb 8:5. Ons mag miskien so voel... Hierdie organisasies mag so dink... Dit mag selfs partykeer regtig so lyk. Maar die eintlike Een... wat die wêreldgeskiedenis bepaal is God. En God doen dit deur daardie vuur van Openb 8:5... en die gebede van die kerk... 28 Vgl Morris se Openb komm bl 118 29 Vgl Morris se Openb komm bl 118 17

wat gelowig bly by Paulus se eerste orde-reël van: In die eerste plek vermaan ek dan dat... (gebede) gedoen moet word... **************** Selfondersoek En net hier moet ons selfondersoek doen. Ek en u... en ek... en die ouderlinge. Besef ons die belangrikheid... van hierdie kerk se gebede... in ons samekomste? Hou ons werklik by hierdie orde-reël wat Christus... die Koning van die kerk... deur sy apostel gee? Bid ons genoeg... as kerk... in ons samekomste? Besef ons... dat God aan die werk gaan deur ons as kerk se gebede? Ja... besef ons die belangrikheid... van Paulus se eerste orde-reël vir die kerk? **************** F. En nou word hierdie belangrikheid nog n keer in gehamer... met n sesde ding oor Paulus se orde-reël dat gebede gedoen moet word. En nou moet ons weer oplet na die teks van vers 1. Paulus sê: In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word... 18

Verduidelik 30 Hoor u dit?... Paulus reël nie net... een... gebed nie. Nee!... Daar moet smekinge gedoen word... meer as een. Daar met gebede gedoen word... meer as een. Daar moet voorbedes wees... meer as een. Daar moet danksegginge wees... meer as een. Toepassing So... wanneer Paulus hierdie belangrike orde-reël gee... is dit vir hom baie belangrik... dat daar gebede moet wees... nie net een nie! So... ons as God se verloste priester-volk moet gebede... ja... meer as een... as dankbaarheidsoffers vir God bring... Daardie gebede... waardeur God dan ook aan die werk gaan... in die kerk... en in die wêreld. Daarom moet ons ook ernstig gaan nadink en leer wat dit prakties beteken... om as kerk-saam ons gebede voor God te bring... Ja... ons moet weer gaan leer... wat dit beteken... as ons in Hand 1:14... hoor dat almal eendragtig volhard het in gebed en smeking... En in Hand 4:24 hoor... dat die hele kerk in Jerusalem... eendragtig die stem tot God verhef (het)... En in Hand 12:12 hoor van hulle wat in die gebed bymekaar was... 30 Die feit dat hier telkens die mv gebruik word wil sê dat daar meer as een gebed is (Knight se 1Tim komm bl 115). 19

En ook in 1Tim 2:8 hoor... dat Paulus wil hê dat die manne (nie net een nie) 31 op elke plek moet bid... Opmerking En as die HERE wil... en ons kom by die verklaring en toepassing van 1Tim 2:8... sal ons meer hieroor leer. *************** Maar wat nou belangrik is... is om te besef hoe belangrik hierdie eerste orde-reël van Paulus is. Daar moet gebede gedoen word... gereeld... aanhoudend... by elke geleentheid... Gebede... nie net een nie. Want so offer ons dankbaarheidsoffers aan God. So gaan God hier in die wêreld aan die werk. So laat hy sy koninkryk kom... bewaar Christus sy kerk... ook van dwaalleer en twiste... waarvan ons hoor in 1Tim 4:3-4 en van die dwaalleer en twiste in ons tyd. En so... deur ons gebede... laat Christus sy kerk groei. Oproep Daarom... geliefdes... laat ons... ons bekeer... altyd weer... terug na Christus se eerste orde-reël vir sy kerk... naamlik dat daar gebede gedoen moet word. Ja... laat ons biddend vanuit die Skrifte meer leer wat dit vir ons as kerk inhou... as Paulus sê: In die eerste plek vermaan ek dan 31 Vgl Knight se 1Tim komm bl 115, 128 20

dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word... ******************** G. En met dit gesê... kom ons nou by die laaste ding... van Paulus se orde-reël... dat gebede gedoen moet word. En dit is... dat Paulus ook wys op watter soort gebede ons moet doen... want, sê Paulus... in vers 1, smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge moet gedoen word. 32 Verduidelik Ja... smekinge moet gedoen word... Ons kan ook sê: smeekgebede. En in smeekgebede smeek ons... in ons nood... vir God se uitkoms en verlossing. 33 *************** Ons moet ook besig wees met gebede... En die woord gebede... is ons vertaling vir die Griekse woord προσευχα ς. En wanneer ons besig is met hierdie προσευχα ς gebede... dan is ons in aanbidding en eerbetoon voor die HERE. 34 32 Hier het ons vier aspekte van die kerk se gebede (Knight se 1Tim komm bl 115; Bouma se 1Tim komm bl 54; Ridderbos se 1Tim komm bl 69). 33 δεήσις - Dit gaan hier om gebede waarin God se hulp vir n spesifieke saak, maar veral vir nood, gevra/gesmeek word. Dit is dus n smeekbede (Baljon bl 198; NIDNTT vol 2 bl 860-861; Bouma se 1Tim komm bl 54). 34 Wanneer δεήσις en προσευχα ς saamgebruik word het προσευχα ς die betekenis van gebede in die algemeen en eerbetoon en δεήσις die van smeekbede (NIDNTT vol 2 bl 861). 21

En dan moet daar ook voorbedes... of voorbiddinge wees. En in ons voorbid-gebede fokus ons... weg van onsself af... op ander mense... En ons bid vir hulle. 35 En dan... sê ons dankie. Want... sê Paulus... In die eerste plek vermaan ek dan dat (daar ook) danksegginge gedoen moet word... Want God verhoor ons... Altyd. Bewys Omdat Christus een maal in Joh. 16:23 gesê het: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Al is die antwoord wat God gee... partykeer... Nee. Soos die keer in 2Kor 12:8 toe Paulus die Here drie maal gebid (het), dat (daardie doring in die vlees) van (hom) sou wyk. Slot En die Here toe geantwoord het met: My genade is vir jou genoeg... Geliefdes... kom ons vat saam. ****************** Die ware plaaslike kerk... is altyd n kerk met lidmate wat volhard in die leer van die apostels. 35 voorbedes vir ander se nood en moeilikhede... nie vir jouself nie (Baljon bl 322; Knight se 1Tim komm bl 114-115) 22

Juis daarom moet ons ook volhard in wat die apostel Paulus in 1Tim 2-3 leer oor die orde en die regering van die kerk. **************** Vanoggend kon ons begin met die eerste orde-reël... naamlik dat die plaaslike kerk... altyd n biddende kerk moet wees. Ja... gedurig moet ons n biddende kerk wees... in al ons samekomste... by elke geleentheid. En dis so belangrik... geliefdes. Daarom noem Paulus dit heel eerste... voor al die ander orde-reëls van 1Tim 2-3. Ja... dis so belangrik... want ons gebede is ons kerk se dankbaarheidsoffer. Dis so belangrik... want deur ons gebede gaan God aan die werk in die kerk... en in die wêreld. **************** Daarom moet ons bekeer... altyd weer... terug na Christus se eerste orde-reël vir sy kerk. En daarom moet ons ook meer leer oor wat dit prakties beteken... om as kerk gebede te doen. As die HERE wil... sal ons volgende week vanuit 1Tim 2... voortgaan daarmee. Antwoorddiens Amen 23

Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 72:1,2,5,6 (sittende) Slotsang Ten slotte sing ons Ps 67:1,2,3 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 24