Die krag / vuur van God: Mt. 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Hd. 1:8 maar julle sal krag (dunamus)ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. Uit bogenoemde twee tekste kom dit duidelik na vore dat saam met die Heilige Gees doping ons ook die krag / vuur van God ontvang. Weens onkunde, 'n gebrek aan kennis, was ons nie bewus van hierdie krag / vuur aandoening nie, en omdat jy nie daarvan geweet het nie, ignoreer jy dit, en verloor jy dit later. Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Of jy wil glo of nie ons is in 'n oorlog betrokke, ja 'n geestelike oorlog. Die ware kerk van Jesus Christus hier op aarde, met ander woorde, elke ware weergebore, Gees gevulde kind van God, is in n geweldige geestelike oorlog gewikkel. Terwyl die ander sogenaamde kinders van God nie eers van die oorlog bewus is nie. Hierdie sogenaamde kinders van God is die wat in godsdiens beoefening vasgevang is, en nie 'n persoonlike verhouding met die lewende verheerlikte Woord van God het nie. Veral nou in die laaste dae kom hulle meer en meer te vore. Let op hoë haarfyn beskryf twee Timoteus die mense vandag. 2 Tim. 3:1-5. Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 5 mense wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. U weet, in enige oorlog situasie beplan die generaals hoe hul vyand kan uitoorlê, hulle bestudeer hul teenstanders en probeer hul bes om hul van versterkings en voorrade af te sny, en alles van hulle wapens te wete te
kom. Die duiwel, hoof generaal van vyand, weet dit ter goed indien hy ons kan weerhou van die krag, die dunamus wat Jesus ons beloof het (Hd. 1:8) kan hy ons beheer net soos hy wil. Die stryd teen kragtelose mense verg nie baie nie, of hoe? So terloops hierdie oorlog stryd is reeds gewen, in Jesus Christus het ons alreeds die oorwinning behaal, Hy het dit alreeds aan die kruis van Golgotha vermag, maar slegs 'n ware weergebore Heilige Gees gevulde kind van God het volkome oorwinning oor satan. Om hierdie rede, is daar so Babelse verwarring tussen bykans al die gelowige kinders van God, aangaande die doping in die Heilige Gees en vuur. Onthou die duiwel het net een plan, vir bykans 7000 jaar al, en omdat sy plan nog altyd goed werk het hy nie eers n gedagte aan n nuwe plan nie. By Adam en Eva in Paradys al is sy plan as korrek bewys en sedertdien werk dit nog fantasties. Is dit nie so nie. Dan gebruik hy Skrif, waarby hy net so klein bietjie twyfel voeg. Gee ek die duiwel nou eer? Nee, ek wys u duidelik sodat u nie so maklik vir sy leuens val nie, wees gewaarsku, moet asseblief nie alles wat enige predikant vir jou voorhou as die waarheid aanvaar nie. Maak eers baie seker dit is wat God in sy woord beveel nie enige kerklike tradisie nie. Ek maak u net attend sodat u die belangrikheid en noodsaaklikheid v/d boodskap, die doping in die Heilige Gees moet tewe moet kom-- u moet besef sonder die doping in die Heilige Gees is dit onmoontlik om in eie krag in die lewe vandag, te volhard. Die Heilige Gees verheerlik Jesus Jh. 16:7-14 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: 9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; 10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; 11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. 12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Hemelse Vader ek bid nou vir die leser hiervan en vra dat U asseblief sy eie gedagtes sal orden en dat die persoon nou met 'n leerbare gees tot u sal nader en dat die Heilige Gees nou U Woord aan ons sal openbaar
sodat ons werklik U wil aangaande die doping in die Heilige gees deelagtig sal word. Teks vir oordenking: Jh 16:14a Hy sal My verheerlik Grootste redes waarom kinders van God nie met HG gedoop word nie. 1. On-beleide sonde in jou lewe, veral met vergifnis. MK 11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. 2. Ongeloof. Dit is nie vir my nie, ek is nog te onwaardig. Hb11:6 Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. 3. Nie ten volle oorgegee nie. 100% of niks nie. 4. Dubbele standaarde en lewenswyse. 5. Skewe/Wanopvattings Ek wil nou so paar skewe opvattinge regstel: 1. Ons moet eers wag tot ons toegerus kan word (Hd.1:4,5) En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Petrus in die huis van Cornelius terwyl hy nog preek doop Jesus hulle, so terloops Jesus is die alleen doper met die Heilige Gees. 2. Wanneer jy Jesus aanneem ontvang jy mos die Heilige Gees, wat wil ek nog meer hê (Hd. 8 Filipus Hd.19 Paulis) Hd. 8:14,15 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. 15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, Hd.19:1-3 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar n Heilige Gees is nie. 3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
3. Die Heilige Gees doping was net vir die eerste kerk toe daar nie 'n Bybel was nie. (Hd2:39 Peterus & Jh14:16 (Jesus om by julle te bly tot in ewigheid) 4. Dit is n eenmalige gebeurtenis: Johannes die doper Mt 3:11b Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Duratiewe tyd, amper soos die ing in Engels behalwe dat die ω aan die einde van die werkwoord aandui dat die handeling oor en oor gebeur. 5. Die kandidate se verwagtinge is verkeerd, hulle soek tale of verwag selfs meer van die Heilige Gees. 6. Almal spreek mos nie in tale nie. 1 Kor. 12:29,30 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Dit is reg, almal spreek nie in tale nie Net hulle wat aan Jesus behoort (bekeerde ) spreek volgens Mk 16:17 in (nuwe) vreemde tale. Kom ons kyk so bietjie na talespraak 4 verskillende tale uitings in Bybel. 1. Tale as enigste eerste bewys van beheer v/d H G in jou lewe. Herkenbaar by hoorders Hd.2:8 in ons eie taal (+17Tale) waaroor praat hul v11b die inhoud van die talespraak is die groot dade van God. 2. Tale en uitleg van tale.1kor.14:5 3. Tale boodskap (gawe) 1Kor.12:10 4. Tale gebed Niemand verstaan nie, selfs die bidder nie, net God 1Kor.14:2 Waarom nou juis tale? Rm.3:13 Hul keel is n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Jk 3:1-8 :6 Die tong is ook n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. :8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Omdat geen mens sy eie tong kan tem nie gebruik God juis dit as die enigste eerste bewys vir die doping met die Heilige Gees. Let wel dit is woorde wat jy spreek nie n gebrabbel, geluide of klanke nie.
Waarom moet ek gedoop word met die Heilige Gees? Die doping is nie om ons vir die hier namaals gereed te kry of voor te berei nie, nee slegs om ons nou hier op aarde te help om daagliks te volhard. Vereistes (Kwalifikasies) om vervul te word Hd2:38 1 Bekering 2 Sondevergifnis 3 Doop in water Wat is die doping dan en hoe kan ek dit deelagtig word? Baie wil die Godsdiens en godsdienstige handelinge te moeilik maak, terwyl dit eindelik eenvoudig is. By wedergeboorte ontvang ons die Heilige Gees, en omdat Hy n persoon is ontvang ons Hom in sy volheid, met al sy bagasie om by jou woning te maak. By doping in die Heilige Gees ontvang die Heilige Gees jou. Met ander woorde Hy neem beheer van jou lewe oor Omdat die mens wispelturig is kan die Gees seker tye meer in beheer wees as ander tye, dit behoort nie so te wees nie, ons hele lewe behoort elke oomblik 100% aan Hom geweie te wees. Onthou, die Heilige Gees verheerlik Jesus. Indien jy voel om Hom te loof en prys begin maar in jou moedertaal en wanneer daar snaakse woorde in jou gedagtes opkom spreek dit maar net uit. Omdat die H G n Gentleman is forseer of hijack Hy jou nooit nie, Hy plaas slegs die woorde in jou gedagtes, jy moet jou tong gebruik en dit uitspreek. Onthou Hy verheerlik altyd, m.a.w. elke oomblik Jesus so die begeerte behoort ook by jou op te kom. Al begin jy dit ook in jou moedertaal te doen, gee jouself net oor aan die H. G. Onthou die doping met die Heilige Gees en die aandoening van die krag / vuur is geestelik en kan nie uitgeredeneer word nie. Om dit te verstaan moet jy dit eers ondervind het, anders gaan dit nie vir jou sin maak nie. 1Kor. 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Die natuurlike mens verwys na een wat nog nie die Heilige Gees doop ervaar het nie.