ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

Μέγεθος: px
Εμφάνιση ξεκινά από τη σελίδα:

Download "ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1"

Transcript

1 ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, twee datavelle en n vel grafiekpapier. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord Vraag 7.2 op die grafiekpapier. 4. Jy mag nieprogrammeerbare sakrekenaars gebruik. 5. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word. 6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Datavelle word vir jou gebruik aangeheg. 8. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar dit vereis word.

2 Afdeling A Vraag 1: Eenwoord-antwoorde Gee EEN woord of term vir ELKEEN van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord of term langs die betrokke vraagnommer ( ) op die aangehegte ANTWOORDVEL neer. 1.1 Verandering in momentum (1) 1.2 Die meeteenheid van klankintensiteit (1) 1.3 Ruimtegebied waarin n elektriese lading n krag ervaar (1) 1.4 Die arbeid wat verrig word om n lading tussen twee punte in n stroombaan te beweeg. (1) 1.5 Tempo van verandering van magnetiese vloed (1) [5] Vraag 2: Onwaar stellings Elke stelling hieronder is ONWAAR. Skryf die korrekte stelling langs die vraagnommer ( ) neer. Moenie die stellings met n negatiewe stelling regstel nie, bv. HET NIE/IS NIE, sal nie as n korrekte antwoord aanvaar word nie. 2.1 n Stilstaande voorwerp het geen kragte wat daarop inwerk nie. (2) 2.2 Tydens n onelastiese botsing word slegs kinetiese energie behou. (2) 2.3 Heelgetalveelvoude van die fundamentele frekwensie word oktawe genoem. (2) 2.4 n Konvergerende lens vorm slegs werklike (reële) beelde. (2) 2.5 Wanneer resistors parallel verbind word, word hulle potensiaalverdelers genoem. (2) [10] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 2 van 15

3 Vraag 3: Meerkeusevrae Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae gegee. Elke vraag het EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter van die korrekte antwoord langs die vraagnommer ( ) neer. 3.1 n 5 kg-boks is in rus op die vloer. Die boks se oppervlakarea wat in kontak met die vloer is, is 0,5 m 2. Wanneer n krag F op die boks uitgeoefen word, beweeg dit teen n snelheid v. Dieselfde boks word op sy sy gekeer, sodat die oppervlakarea wat in kontak met die vloer is, nou 0,25 m 2 is. Vir die boks om teen dieselfde snelheid v te beweeg, moet die krag wat uitgeoefen word, verander na: A 2F B ½ F C 4F D F (2) 3.2 n Leerder besluit om haar radio se volume harder te stel. Watter een van die volgende kenmerke van klank sal toeneem as die volume toeneem? A golflengte B amplitude C frekwensie D snelheid (2) 3.3 Die versnelling weens n planeet se swaartekrag is A direk eweredig aan die kwadraat van die planeet se radius. B direk eweredig aan die planeet se massa. C omgekeerd eweredig aan die planeet se radius. D omgekeerd eweredig aan die planeet se massa. (2) Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 3 van 15

4 3.4 n Kapasitor word aan n battery verbind, soos hieronder getoon word. Watter een van die volgende grafieke illustreer ten beste die verandering in die ammeterlesing oor die tydperk vanaf die oomblik dat die ongelaaide kapasitor verbind word, totdat dit ten volle gelaai is? A B I (A) I (A) t (s) t (s) C D I (A) I (A) t (s) t (s) (2) Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 4 van 15

5 3.5 Bestudeer die elektriese stroombaan hieronder. As gloeilamp Y uitbrand, hoe sal die ammeter- en voltmeterlesing verander? Ammeterlesing Voltmeterlesing A word nul word nul B neem toe neem toe C neem af neem af D word nul neem toe (2) [10] Totaal Afdeling A: 25 Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 5 van 15

6 Afdeling B Instruksies en inligting 1. Beantwoord Vraag 8.3 op die grafiekpapier. 2. Toon formules en substitusies in AL jou berekeninge. 3. Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af. Vraag Stel die beginsel van behoud van momentum. (2) 4.2 n Koeël met n massa van 20 g neem s om by n geweer se loop uit te kom nadat dit afgevuur is. Die geweer se massa is 7 kg. As die krag wat op die koeël uitgeoefen word, N is, bereken: die snelheid van die koeël, die oomblik wanneer dit by die loop uitkom. (5) die geweer se terugslagsnelheid. (4) [11] Vraag Die uitwerking van wrywingskragte kan dikwels ongewens wees, en tog is wrywing in baie gevalle wenslik. Hoekom is die uitwerking van wrywing onwenslik (2) wenslik? (2) 5.2 n 50-kg-boks word op n skuins vlak geplaas, wat n hoek van 30 met die horisontaal maak. Die koëffisiënt van glywrywing is 0, Teken n vryeliggaamdiagram (kragdiagram) van al die kragte wat op die boks inwerk. Gee byskrifte vir die kragte. (5) Bereken die resulterende krag wat op die boks inwerk. (10) [19] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 6 van 15

7 Vraag 6 n Verwer staan op n horisontale, uniforme steier wat by sy punte aan twee loodregte toue, A en B, hang. A en B is 5 m van mekaar af. Die steier weeg 20 kg. Die spanning in tou A is 600 N en dié in tou B is 200 N. 6.1 Bereken die gewig van die verwer. (5) 6.2 Hoe ver van tou A af staan die verwer? (6) [11] Vraag 7 n Voorwerp wat 3 mm lank is, word deur n eenvoudige vergrootglas met n brandpuntafstand van 20 mm bekyk. Die voorwerp is 10 mm van die lens af. 7.1 Omskryf die begrip brandpuntafstand van n konvekse lens. (1) 7.2 Teken n akkurate straaldiagram om die posisie van die beeld wat deur die vergrootglas gevorm word, te bepaal. (6) 7.3 Skryf drie eienskappe van hierdie beeld neer. (3) 7.4 Bereken die vergroting. (3) [13] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 7 van 15

8 Vraag Bestudeer die posisie tyd-grafieke (A, B, C, D) wat verskillende klankgolwe voorstel Watter soort golf is n klankgolf? (1) Watter klankgolf het die hoogste frekwensie? Wat is hierdie klankgolf se frekwensie? (3) Watter grafiek stel die hardste klank met die laagste toonhoogte voor? (1) Bereken die spoed van die klank in grafiek A. (4) 8.2 n Speelgoedsirene maak trillings van n konstante frekwensie. Die sirene stuur golwe van 10 cm lank deur medium A en golwe van 15 cm lank deur medium B. Die golf se snelheid in A is 90 cm s 1. Bereken die golf se snelheid in B. (5) [14] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 8 van 15

9 Vraag 9 n Kitaarsnaar tril met die staande golf wat hieronder getoon word. 9.1 Omskryf die begrip fundamentele frekwensie van die snaar. (1) 9.2 Wat is hierdie staande golf se golflengte? (2) 9.3 Skryf n uitdrukking vir die frekwensie van hierdie botoon met verwysing na die lengte L en snelheid. (3) [6] Vraag 10 Twee gelaaide vlierpitballetjies, A en B, word soos hieronder getoon deur n vakuum omhul. Balletjie A hang bo balletjie B. Elke balletjie se massa is 2 g. Balletjie B het n lading van 6 µc Wat is die lading op balletjie A? Gee n rede vir jou antwoord. (2) 10.2 As balletjie A 5 cm bo die middelpunt van balletjie B is, wat is die lading op A? (6) [8] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 9 van 15

10 Vraag 11 Die diagram hieronder toon n stroombaan met n 2,5 µf-kapasitor wat in serie met n 12 V-battery met n 280 Ω-weerstand verbind is. Ná n spesifieke tyd, t, het die potensiaalverskil oor die kapasitor tot 2 V gestyg. Jy kan die battery se interne weerstand buite rekening laat. Skakelaar S word nou toegemaak Bereken die aanvanklike laaistroom. (3) 11.2 Wat is die potensiaalverskil oor die weerstand ná tyd t? (2) 11.3 Bereken die stroom wanneer die potensiaalverskil oor die kapasitor 2 V is. (2) 11.4 Teen watter tempo neem die potensiaalverskil oor die kapasitor toe? (4) [11] Vraag 12 n Sirkelvormige spoel draad met n radius van 2 cm het 50 draaie. n Magneet wat n magnetiese veld van 0,05 T skep, word vinnig van binnekant die spoel uitgetrek totdat dit ver genoeg is vir die veld om binne 0,2 s nul te word Stel Faraday se Wet van elektromagnetiese induksie. (1) 12.2 Bereken die e.m.k. wat gedurende t = 0 s tot t = 0,2 s in die spoel geïnduseer word. (6) [7] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 10 van 15

11 Vraag In die stroombaan hieronder word n 12 V-battery van onbeduidende interne weerstand aan n reeks resistors gekoppel. R x Bereken die waarde van R x as die stroombaan se totale weerstand gelyk is aan R x. (5) Bereken die stroom wat deur die 20 Ω-resistor vloei. (5) 13.2 n Transformator met onbeduidende kragverlies word aan n 120 V-toevoer gekoppel. Die sekondêre spoel is aan n lading van 2, Ω gekoppel. Die primêre spoel het 600 draaie en die sekondêre spoel het draaie Bereken die uitgangspotensiaalverskil. (3) Bereken die krag wat aan die lading gelewer word. (3) 13.3 Watter soort besoedeling kan naby n kernkragstasie soos Koeberg voorkom? Watter uitwerking sal dit op die omgewing hê? (2) [18] Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 11 van 15

12 Vraag 14 Die eienskappe van halfgeleiers soos silikon het die ontwikkeling van rekenaars moontlik gemaak Wat is halfgeleiers? (1) 14.2 Die diagram hieronder toon n diode Identifiseer die soort diode wat hierbo geïllustreer word. (1) Wat is die diode se funksie? (2) n Leerder sê bogenoemde is n diode met teenvoorspanning. Stem jy saam? Gee n rede vir jou antwoord. (3) [7] Totaal Afdeling B: 125 Groottotaal: 150 Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 12 van 15

13 DATA VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11 FISIKA: Vraestel 1 TABEL1: FISIESE KONSTANTES NAAM SIMBOOL WAARDE Swaartekragversnelling g 9,8 m s 2 Spoed van lig in n vakuum c 3, m s 1 Swaartekragkonstante G 6, N m 2 kg 2 Coulomb se konstante k 9, N m 2 C 2 Lading op elektron e 1, C Elektronmassa m e 9, kg Permittiwiteit van n vakuum ε 0 8, F m 1 TABEL 2:FORMULES BEWEGING v e = v b + aδt v e 2 = v b 2 + 2aΔx Δx = v b Δt = 1 2 aδt2 ) Δt 2 Δx = ( v e + v b KRAG F net = ma p = mv F = Gm m 1 2 FΔt = Δp = mv mu r 2 μ s = f s(maks) N μ = f k k N GEWIG EN MEGANIESE ENERGIE F g = mg U = E p = mgh K = E k = 1 2 mv2 Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 13 van 15

14 GOLWE, LIG EN KLANK v = f λ of v = v λ T = 1 f of T = 1 v ELEKTROSTATIKA F = kq Q 1 2 ( k = 9,0 10 r 2 9 N m 2 C-2 ) E = F q E = kq r 2 ( k = 9, N m 2 C -2 ) E = V d V = W Q W = QEs U = kq Q 1 2 r (k = 9,0 109 N m 2 C -2 ) C = Q V C = e 0 A d ELEKTROMAGNETISME e = N ΔΦ Δt V s V = N s p N p Φ = BA F = qvb ELEKTRIESE STROOMBANE I = Q Δt e.m.k. = I(R + r) R = V I R = r 1 + r 2 + r R = 1 r r r 3 + Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 14 van 15

15 GRAFIEKPAPIER VRAAG mm L Maskew Miller Longman, Verken Natuur- en Skeikunde Graad 11 Fisika: Vraestel 1 Bladsy 15 van 15

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme KLASTOETS GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae.. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika KLASTOETS GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels KLASTOETS GRAAD FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels PUNTE: 45 TYD: uur INSTRUKSIES EN INLIGTING. Beantwoord AL die vrae. 2. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 3. Toepaslike

Διαβάστε περισσότερα

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK 1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK NASIEN MEMORANDUM : September 014 V.1 VRAAG 1 1.1 C 1. D 1.3 C 1.4 D 1.5 B 1.6 D 1.7 B 1.8 B 1.9 D 1.10 B [0] VRAAG.1.1 Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n voorwerp

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur - - GRAAD FINALE ASSESSERING ERING VRAESTEL NOVEMBER 06 TOTAAL: AL: 50 TYD: 3 uur - - INSTRUKSIES:. Hierdie vraestel bestaan uit 0 vrae.. Beantwoord alle vrae. 3. Toon alle stappe in die berekenings. 4.

Διαβάστε περισσότερα

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1 MEMORANDUM GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Leeruitkomste en Assesseringstandaarde LU1 LU2 LU3 AS 11.1.1: Beplan en voer n ondersoek uit om data stelselmatig te versamel

Διαβάστε περισσότερα

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika Graad 11 Fisika Kennisarea: Meganika 1.1 Skalare en vektore Skalaar: n Fisiese hoeveelheid met grootte en eenheid, maar wat nie rigting het nie. Skalaar Voorbeelde: massa (6 kg); tyd (5 s); afstand (2

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10

NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10 Updated January 2015 NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10 Vak: Fisiese Wetenskappe Punte: 125 Onderwyser: S. Bouwer Datum: 12 Nov 2015 Moderator: M. Aspeling Tyd: 2 ure Vraestel No.: Vraestel

Διαβάστε περισσότερα

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 014 FISIESE WETENSKAPPE 1/ MEMORANDUM GRAAD 1 Stuur na : Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Posbus 1513 Lyttelton 0140 E-pos : assessment@impak.co.za Tel. nr. : 087 150 33 Faks : 086 556 8595

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad en data blaaie. 2 FISIESE WETENSKAPPE

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150 Wiskunde Graad 1 Vraestel 01 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit: 'n vraestel van

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 9 TOTAAL: 120 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 9- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *Iwis2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die

Διαβάστε περισσότερα

KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018

KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018 KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018 GRAAD 12 TYD: 3 UUR EKSAMINATORE: KWOD PLC TOTAAL: 150 MODERATORS: A WESSELS & MZ MOERAT INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

Fisiese Wetenskappe Vraestel 1. Afdeling A. Vraag 1: Eenwoorditems

Fisiese Wetenskappe Vraestel 1. Afdeling A. Vraag 1: Eenwoorditems Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 Afdeling A Vraag 1: Eenwoorditems Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die korrekte woord/ term langs die vraagnommer (1.1 1.5) in die ANTWOORDBOEK

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10 PUNTE: 150 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye saam met inligtingsblad INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIORSERTIFIKT-EKSMEN FISIESE WETENSKPPE: FISIK (V1) 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie. Fisiese Wetenskappe/V1 DE/016 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.. 3.

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IPHSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende gegewensblasye. 2 FISIESE WETENSKAPPE V1

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com Wiskunde

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 216 WISKUNDE V2 PUNTE: 15 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn spesiale antwoordeboek. 2 WISKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 216) INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 1 SEPTEMBER 018 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye insluitend ʼn -bladsy gegewensblad. FISIESE WETENSKAPPE V1

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GRD 1 FISIESE WETENSKPPE: FISIK (V1) NOVEMBER 008 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n 3 bladsy-gegewensbylae en 'n antwoordblad. Fisiese Wetenskappe/V1

Διαβάστε περισσότερα

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se EamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1) GRAAD 12 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1) GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT EKSMEN FISIESE WETENSKPPE: FISIK (V1) GRD 1 SEPTEMBER 014 PUNTE: 150 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en inligtingsblaaie Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/September

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye insluitend 2 gegewensblaaie. 2 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER

Διαβάστε περισσότερα

Graad 11 Fisiese Wetenskappe. Meganika. Hersieningsoefening. Vrae

Graad 11 Fisiese Wetenskappe. Meganika. Hersieningsoefening. Vrae 1. Definieer: Graad 11 Fisiese Wetenskappe Meganika Hersieningsoefening Vrae 1.1. Krag 1.2. Resultante krag 1.3. Ewewig 1.4. Normaalkrag 1.5. Wrywingskrag 1.6. Traagheid 1.7. Gravitasieveld 1.8. Gewig

Διαβάστε περισσότερα

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 014 10841 FISIESE WETENSKAPPE EERSTE VRAESTEL PUNTE: 150 Bladsye 3 TYD: 3 uur 1. (Eerste Vraestel) 10841/14 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

Διαβάστε περισσότερα

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 203 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS PUNTE: 40 TYD: 2 2 uur PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 9A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM

Διαβάστε περισσότερα

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde Wes-Kaap Onderwys Departement Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules Graad 12 Wiskunde Razzia Ebrahim Senior Kurrikulumbeplanner: Wiskunde E-pos: Razzia.Ebrahim@wced.info / Razzia.Ebrahim@westerncape.gov.za

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM Province of the ETERN CAPE EDUCATION NIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool M MA CA A C S RT / RG / RM F SF J/O P R Verduideliking

Διαβάστε περισσότερα

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10-jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Hoofstuk 13 -Transformatorwerking Die transformator word gebruik om die spanning en stroom van n WS-sein te verander. Dit bestaan uit twee of meer windings wat op n gemeenskaplike kern gedraai is. Een

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 017 WISKUNDE: VRAESTEL I Tyd: 3 uur 150 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n Inligtingsblad

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MODEL 2007 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om assebleif Wiskundige Geletterdheid/V1 2 VRAAG 1 1.1.1

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GRD 1 FISIESE WETENSKPPE: FISIK V1 VOORBEREIDENDE EKSMEN 008 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 'n 3 bladsy-gegewensblad en 1 antwoordblad. Fisiese

Διαβάστε περισσότερα

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika Meestes vi tanspaante 5.1 Meganika KENNISAREA: MEGANIKA Meganika Vektoe in twee dimensies Newton se bewegingswette Newton se univesele gavitasiewet EENHEID 1 VEKTORE IN TWEE DIMENSIES Skalae en vektoe

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor n Tipiese induktor bestaan uit n draadspoel wat selfondersteunend of om n spoelvorm gedraai mag wees. Wanneer n stroom deur n geleier vloei, ontstaan n magnetiese

Διαβάστε περισσότερα

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PUNTE: 75 TYD: 1½ uur PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 6A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM

Διαβάστε περισσότερα

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is.

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is. 1 AFDELING A Antwoord SLEGS op die spesiale ANTWOORDBLAD. As jy die lyntjiespapier van die eksamenboek gebruik vir hierdie afdeling gaan die vraag nie gemerk word nie en jy verbeur jou punte vir die vraag.

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 15 Ossillasies

Hoofstuk 15 Ossillasies Hoofstuk 15 Ossillasies Na voltooiing van die hoofstuk, moet die student die vlg kan doen: (i) Eenvoudige harmoniese beweging (EHB) kan beskryf en formules kan aflei en toepas om die verplasing, snelheid

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MODEL 2014 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DBE/2014

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe. Wanneer stroom deur n weerstand vloei, sal die weerstand krag verbruik en hitte opwek. Hierdie eienskap word in baie elektriese toestelle toegepas, byvoorbeeld

Διαβάστε περισσότερα

Hoofstuk 28 Magnetiese Velde

Hoofstuk 28 Magnetiese Velde Hoofstuk 28 Magnetiese Velde Uitkomste Nadat hierdie hoofstuk voltooi is, moet die student: (i) Magnetiese veld kan definieer en die grootte daarvan bereken; (ii) Vergelykings kan aflei om die radius,

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WISKUNDIGE GELETTERDHEID WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL GRAAD 2-REKORDEKSAMEN 04 September 207 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 0 bladsye. SACAI WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL KOPIEREG VOORBEHOU 207 GRAAD 2-REKORDEKSAMEN

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE)

FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE) VOORBEREIDENDE EKSAMEN GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (EMIE) SEPTEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 UUR ierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 4 inligtingsblaaie en 'n grafiekpapier. Fisiese Wetenskappe

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: EMIE (VR2) MARKS: 150 VOORBEREIDINGSEKSAMEN SEPTEMBER 2014 TOTAAL: 150 TYD: 3 URE ierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Tyd: 3 ure 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit 19 bladsye, 'n

Διαβάστε περισσότερα

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse Week 1 n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender Platinum is gevind in n landelike area wat aan n stam behoort. Platinum is n baie waardevolle metaal. Grondmonsters wys dat platinum slegs 500 m onder

Διαβάστε περισσότερα

Elektriese Aandryfstelsels 324

Elektriese Aandryfstelsels 324 Elektriese Aandryfstelsels 324 Stappermotors Dr. P.J Randewijk Universiteit Stellenbosch Dep. Elektriese & Elektroniese Ingenieurswese Stephan J. Chapman Hoofstuk 9 (5 de Uitgawe) 1 / 24 Raamwerk 1 Stappermotors

Διαβάστε περισσότερα

1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2. GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM

1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2. GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM Page 1 10 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM M KA A SLEUTEL Punt vir metode Deurgaans akkurate bewerking Akkuraatheid 1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1 C 1.2 C 1.3 B

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 1 JUNIE 017 WISKUNDE V PUNTE: 150 TYD: 3 uur *JMATHA* Hierdie vraestel bestaa uit 14 bladsye, isluited 1 bladsy iligtigsblad, e ʼn SPESIALE ANTWOORDEBOEK. WISKUNDE V (EC/JUNIE

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: EMIE (V2) NOVEMBER 2017 PUNTE: 150 TYD: 3 uur ierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 4 gegewensblaaie. Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n 4 bladsy-gegewensbylae en 1 antwoordblad.

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende vier

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE PUNTE:: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ʼn formuleblad. 2 ELEKTRIESE

Διαβάστε περισσότερα

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2014 10842 FISIESE WETENSKAPPE TWEEDE VRAESTEL PUNTE: 150 Bladsye 19 TYD: 3 uur 12 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit 14 bladsye, 'n

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 015 WISKUNDE: VRAESTEL I Tyd: 3 uur 150 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 1 bladsye en 'n Inligtingsblad

Διαβάστε περισσότερα

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel OpenStax-CNX module: m3060 Ontdek die eienskappe van 'n sirkel Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 WISKUNDE 2 Graad

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS

FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 INHOUD 1. Inleiding...3 2. Doelstellings...3

Διαβάστε περισσότερα

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V2 CHEMIE PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende 4 gegewensbladsye en 1 antwoordblad. 2 FISIESE

Διαβάστε περισσότερα

WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 12 VRAESTEL 2 AUGUSTUS TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR

WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 12 VRAESTEL 2 AUGUSTUS TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR - 1 - CAMI Education (PTY) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, North Cliff Posbus 1260 CRESTA, 2118 TEL: +27 (11) 476-2020 Faks: 086 601 4400 Web: www.camiweb.com e-pos: info@camiweb.com

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 1 SEPTEMBER 017 WISKUNDE V PUNTE: 150 TYD: 3 uur *MATHA* Hierdie vraestel bestaa uit 15 bladsye isluited 1 iligtigsblad, e ʼn SPESIALE ANTWOORDEBOEK. WISKUNDE V (EC/SEPTEMBER

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye insluitend 2 datablaaie. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2016)

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HODIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 1 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V2 CHEMIE MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2013) RIGLYNE VIR NASIEN

Διαβάστε περισσότερα

Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak.

Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak. Eksamen vraestel 1 Fisika Vektore Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak. Voeg die ko-lineêre vertikale vektore en die ko-lineêre horisontale vektore

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 TEGNOLOGIE

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 TEGNOLOGIE Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2012 TEGNOLOGIE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. 2 TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN WISKUNDE V1 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaa uit 9 bladsye e 1 iligtigsblad. Wiskude/V1 DBE/016 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgede istruksies aadagtig

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GAAD 12 NASIONAE SENIO SETIFIKAAT GAAD 12 EEKTIESE TEGNOOGIE FEBUAIE/MAAT 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 1 formuleblad. Elektriese Tegnologie 2 DBE/Feb. Mrt. 2012

Διαβάστε περισσότερα

GEOGRAFIE VR 1 JUNIE EKSAMEN

GEOGRAFIE VR 1 JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 GEOGRAFIE VR 1 JUNIE EKSAMEN 2016 DATUM: 9 JUNIE 2016 PUNTE: 225 TYD: 3 URE Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae wat op 10 bladsye gedruk

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde. Wiskunde- kurrikulum: FOKUS AREA NOMMER.

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde. Wiskunde- kurrikulum: FOKUS AREA NOMMER. Die hooffokus areas in die VOO- - kurrikulum: NOMMER FOKUS AREA 11 Funksies 22 Getalpatrone, rye en reeks 33 Finansies, groei en interval 44 Algebra 55 Differensiaal rekene 66 Waarskynlikheid 77 Euklidiese

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye, insluitend 4 gegewensblaaie. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER

Διαβάστε περισσότερα

GEOGRAFIE VRAESTEL 2/2 KAARTWERK GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014

GEOGRAFIE VRAESTEL 2/2 KAARTWERK GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 GEOGRAFIE VRAESTEL 2/2 KAARTWERK GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL: 75 TYD: 1½ ure Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk Bladsy 1 van 11 GEOGRAFIE VRAESTEL 2/2: KAARTWERK GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

METRO OOS ONDERWYS DISTRIK

METRO OOS ONDERWYS DISTRIK METRO OOS ONDERWYS DISTRIK GRAAD 1 WISKUNDE VRAESTEL SEPTEMBER 014 PUNTE: 150 TYD: 3 ure Hierdie eksamevraestel bestaa uit ttaal va 0 bladsye. Wiskude Vraestel MOOD-September 014 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

MEMORANDUM VRAESTEL 2

MEMORANDUM VRAESTEL 2 MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Die memorandum dien om moontlike oplossings vir die probleme in die vraestel duidelik te maak aan die leerders. Leerders moet bewus

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 Mathematical Literacy/P2 1 DBE/November 2012 NSC GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MODEL 2014 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 3

Διαβάστε περισσότερα

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR NSIONLE SENIORSERTIFIKT-EKSMEN 2015 FISIESE WETENSKPPE: VRESTEL II Tyd: 3 uur 200 punte LEES SSELIEF IE VOLGENE INSTRUKSIES NOUKEURIG EUR 1. ie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n ntwoordblad van 1 bladsy

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 4 inligtingsblaaie. 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT 1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT LEWENSWETENSKAP JUNIE EKSAMEN JUNIE 2015 GRAAD 10 PUNTE: 150 TYD: 2½ URE Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Διαβάστε περισσότερα

PracMaths. Trigonometrie is Maklik Graad 10 & 11. Seeliger ~ Mouton. Set by / Opgestel deur

PracMaths. Trigonometrie is Maklik Graad 10 & 11. Seeliger ~ Mouton. Set by / Opgestel deur PracMaths Trigonometrie is Maklik Graad 0 & Set by / Ogestel deur Seeliger ~ Mouton Trigonometrie is Maklik Graad 0 & ~ PS JNM PULISHERS (Pty) Ltd 07 PO ox 955 WTERKLOOF 05 Tel: (0) 60 907 Fax: (0) 60

Διαβάστε περισσότερα

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1 ONDERWERP Eksponente en wortelvorme Vergelykings en ongelykhede Getalpatrone Analitiese Meetkunde GRAAD 11_Kwartaal 1 INHOUD 1. Vereenvoudig uitdrukkings en los vergelykings op deur van die eksponentwette

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAA 12 FISIESE WETENSKAPPE: EMIE (V2) FERUARIE/MAART 2015 PUNTE: 150 TY: 3 uur ierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 4 gegewensblaaie. Fisiese Wetenskappe/V2 2 E/Feb.

Διαβάστε περισσότερα

SEPTEMBER-EKSAMEN 2008

SEPTEMBER-EKSAMEN 2008 WISKUNDIGE GELETTERDHEID (VRAESTEL 2) TYD/TIME: 3 UUR/ HOURS PUNTE/MARKS: 150 SEPTEMBER 2008 onderwys Wes-Kaap Onderwysdepartement NASIONALE STRATEGIE VIR LEERDERPRESTASIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Διαβάστε περισσότερα

WETENSKAP GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS

WETENSKAP GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS TEGNIESE WETENSKAP GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS TEGNIESE WETENSKAP GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS TechSci G10_Afr_Cover TG-spine.indd 1-3 2016/02/24 12:26 PM TEGNIESE WETENSKAP Graad 10 ONdErwySErSGIdS Ontwikkel

Διαβάστε περισσότερα

Vraestel 1 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae.

Vraestel 1 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD WISKUNDE V NOVEMBER 00 PUNTE: 50 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaa uit 9 bladsye, diagramvelle e iligtigsblad. Wiskude/V DBE/November 00 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees

Διαβάστε περισσότερα

GR 12 FISIESE WETENSKAPPE EKSAMENVRAESTELLE & MEMO'S

GR 12 FISIESE WETENSKAPPE EKSAMENVRAESTELLE & MEMO'S G FSESE WETENSKAPPE EKSAMENAESTELLE & MEMO'S Eksamenvraestelle raestel (Fisika)... raestel (Chemie)... 4 Eksamenmemo's Memo (Fisika)... 8 Memo (Chemie)... Formulebladsye... 4 Ons vertrou dat die deurwerk

Διαβάστε περισσότερα

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER CAMI Sagteware gekoppel aa KABV: Wiskue Die hooffokus areas i ie VOO-Wiskue- kurrikulum: NOMMER FOKUS AREA 1 Fuksies Getalpatroe, rye e reeks 3 Fiasies, groei e iterval 4 Algebra 5 Differesiaal rekee 6

Διαβάστε περισσότερα

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD WISKUNDE V MODEL 007 PUNTE: 50 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaa uit 9 bladsye, ' vel grafiekpapier e ' bladsy-formuleblad. Wiskude/V DoE/Model 007 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Διαβάστε περισσότερα

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Διαβάστε περισσότερα

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 11

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 11 - 1 - Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER FOKUS AREA 1 Funksies 2 Getalpatrone, rye en reeks 3 Finansies, groei en interval 4 Algebra 5 Differensiaal rekene 6 Waarskynlikheid 7

Διαβάστε περισσότερα

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer KWARTAAL 1 LESPLAN 4 FISIESE WETENSKAPPE CHEMIE GRAAD 11 TOTALE TYD: KENNISAREA MATERIE EN MATERIALE 23 DAE Kwartaal 1 Atoomverbindings: Molekulêre struktuur n Chemiese

Διαβάστε περισσότερα

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwyskompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X003 Bhisho 5605 REPUBLEK VAN SUD-AFRKA HOOFDREKTORAAT KURRKULUM BESTUUR GRAAD LEERDER ONDERSTEUNNGSPROGRAM

Διαβάστε περισσότερα