Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Σχετικά έγγραφα
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Die genade gawes Van God:

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

1 TESSALONISENSE 1:3

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Geseënd is dié wat rein van hart is!

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Die krag / vuur van God:

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

ישוע. familieboom van Jesus

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Die Sendbrief van Jakobus

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

REFORMASIE. Martin Luther

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

deur CARIKA DU PLESSIS

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Deur Christus Alleen

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

VOLUME AUGUSTUS 2007

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Transcript:

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2 Vir enige Christengelowige, en vir enige gemeente, is niks meer belangrik as jou kennis van die Drie-enige God nie. Die rede hiervoor is tog voor die handliggend. Dit is die God wat ons aanbid, maar nog meer, die God wat Hom in die Skepping, in die Woord en in Jesus aan ons gewys het. Die feit van die saak is dat wanneer iemand gebrekkige kennis van God het, of skeefgetrekte kennis van God het, dit die oorsaak van dwalinge en geestelike onvolwassenheid is. Dit is ook die oorsaak waarom gemeentes op die ou einde sterf, en waarom kerk in leer en Skrifhantering begin dwaal. Gebrekkige kennis van God is die rede waarom die Kerk, en Christengelowiges kragteloos is. Daarom is die heilige kennis van die Drie-enige God alleen uiters belangrik vir enige Christengelowige om deur die lewe te gaan. Ons lees: So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here....Jer. 9:23-25 n Gemeente wat in n jaar die Jaartema In die Kragveld van die Heilige Gees het, kan alleen in die kragveld van die Heilige Gees leef en bedien, indien daardie gemeente God reg ken, dien en aanbid sal God ook Sy seën en genade oor so n gemeente gee. Oor so n gemeente sal groei kom. Dit is waarom die geestelike leiers dit goedgedink het om n reeks oor die Drie-enige God te hou. Daarom begin ons met die eerste Persoon van die Drie-eenheid, God die Vader. Beide die Onse Vader -gebed en die Die Ekumeniese Geloofsbelydenisse verwys na God as God die Vader. Ons lees dat Jesus oor die Vader sê: So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; Mat 6:9 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; Luk. 11:2 Oor God die Vader bely al die Christengelowiges wêreldwyd: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde Art 1 Apostoliese Geloofsbelydenis Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, en van alle sienlike en onsienlike dinge Art 1 Geloofsbelydenis van Nicea Vir elkeen wat wil salig word, is dit voor alle dinge nodig dat hy die algemene geloof hou; dat ons die één God in die drievoudigheid en die drievoudigheid in die eenheid eer, (mag nie ligsinnig na God verwys, of omgaan nie) want die persoon van die Vader is n ander, van die Seun n ander en die Heilige Gees n ander Geloofsbelydenis van Athanasius Art 1, 3, 5 Inhoud van belydenis: Dit is dus duidelik dat ons in God die Vader elemente van liefde, heiligheid, Heerskap, versorging, kreatiwiteit, maar ook van Almagtigheid, onverstaanbaarheid en eer bely. Bladsy 1 of 8

Nou, lyk dit seker op die oog-af asof ons God dan as Vader ken, Hom so beleef, en in so n vaderkind-verhouding met Hom leef. Tog is dit my aanvoeling dat ons nog min, indien enigsins daaroor gedink, of vir onsself uitgemaak het hóé dit gebeur het dat ons in so n verhouding met die Almagtige Skepper van die hemel en aarde en een Persoon van die Drie-eenheid kon kom wat ons God die Vader noem. Dat ons in n Vader-kind-verhouding met Hom staan, én wat die impak en implikasies vir ons lewens is. 1. God is Vader, omdat Hy Jesus se Vader is Vader was die gunsteling wyse waarop Jesus God aangespreek het. Die Sinoptiese Evangelies (Matt, Mark en Luk.) plaas Vader 65 keer op Jesus se lippe, en Johannes se 121 keer. Matteus en Johannes verwys die meeste daarna dat Jesus na God as die Vader verwys, en dat God ook ons Vader is. a) Die Vader seën en oordeel In Matt 22:2-14 word God uitgebeeld as n koning (pa) wat n bruilof vir sy seun (Jesus) hou. Ons lees: Hy het gesê: Met die koninkryk van die hemel (vgl Matt 3:2) gaan dit soos met 'n koning wat vir sy seun 'n bruilofsfees voorberei het. Hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie kom nie. Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: Sê vir die genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed. Kom na die bruilof toe. Maar die genooides het hulle nie daaraan gesteur nie, en die een het na sy stuk grond en 'n ander een na sy werkplek toe gegaan. En party het sy slawe gegryp en mishandel en doodgemaak. Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek. Toe sê hy vir sy slawe: Alles staan klaar vir die bruilofsfees, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan nou uit na die straathoeke en nooi soveel mense as wat julle teenkom, na die bruilofsfees toe. Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die feessaal vol gaste geword. Toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar 'n man wat nie bruilofsklere aan het nie, hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder bruilofsklere aan? Maar die man kon niks antwoord nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en sy voete vas en gooi hom uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Baie is immers geroep, maar min is uitverkies. Matt. 22:2-14 In die gelykenis leer ons God as Vader ken, maar ons sien twee belangrike eienskappe van hom. Dit is: Hy is n liefdevolle en seënende God (Hy roep, en wil bruilof gee Hy roep self hulle wat nooit deel van die genade was nie goeies en slegtes), en Hy is ook die God wat nie skroom om te straf nie (Hy straf omdat daar net een manier van doen is, en dit is Sy manier van doen. Die bruilofsklere dui op getrouheid, gehoorsaamheid en regverdigheid.). 2016: Dit is belangrik om hiervan kennis te neem in die jaar 2016. Die rede hiervoor is dat ons deesdae aan God dink net as die seënende en liefdevolle God, maar nie ook aan Hom as die God van die Koninkryk (Matt. 3:2; 13) wat gehoorsaamheid vra vir die reëls van die Koninkryk, en daarom ook ongehoorsaamheid straf, nie. Dit is per slot van rekening God die Vader wat op die laaste dag die finale oordeel sal voltrek (1 Joh. 2:18vv). Dit is per slot van rekening ook God die Vader wat as Familiehoof die reëls, waardes en etos van Sy familie bepaal. Almal wat hulle nie hou by die reëls, waardes en etos van hierdie familie nie, hoort nie by God se gesin nie God se geloofsfamilie. Bladsy 2 of 8

b) Die Vader sorg ook Die Vader van Jesus gee dinge deur Jesus: En dan deurgaans verwys Jesus na God as My Vader. God is dus Jesus se Pa. Dit gebeur gewoonlik wanneer Jesus wil aantoon dat die dinge wat God vir Sy kinders op aarde wil gee, Hy dit Homself gee. Ons lees: Daardie tyd het Jesus gesê: Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. Matt. 11:25-27 Die Vader van die dissipels: Maar so lees ons ook dat Jesus duidelik aantoon dat God nie net Sy Vader is nie, maar ook die Vader van die Christengelowiges is As die dissipels Hom gevra het om hulle te leer bid (Lukas 11:2 & Matteus 6:9) dan lees ons dat Jesus gesê het: So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word... Mat 6:9 Hierdie Vader wat in nood uitkoms gee: Ook wanneer Jesus in Getsémané in die moeilikheid is, gaan Jesus na Sy Vader toe om by Hom hulp te kry. Daar staan: Abba (Aramees vir pa), Vader πατήρ - Grieks vir pa) (ἀββᾶ ὁ πατήρ), alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil. Mrk 14:36 Spesiale verhouding: God het alles vir Jesus gegee, en Jesus het alles weer vir Sy kinders gegee. Daarom is God ook ons Vader. Dit gaan dus om n spesiale verhouding van liefde tussen God en die kinders van Hom. 2. In Jesus is God ook ons Vader a) Identiteit van Jesus: Jesus is God se Seun, en God is Jesus se Vader Konteks van die Johannesevangelie en briewe kerkskeuring oor Jesus se identiteit: Die Johannesevangelie het oor n baie lang tydperk tot stand gekom (ongeveer 40 jaar) en is eers rondom die jaar 90 nc klaar geskryf. Die Evangelie was bedoel vir n groep Christene in die gemeentes in en rondom Efese. Daar het n stryd in hierdie gemeentes uitgebreek of Jesus werklik die Seun van God was, én of Hy nie dalk net soos n mens gelyk het nie (Hy was dus God, maar in die vorm van n spookbeeld ). Dit het tot skeuring in die gemeentes gelei. Die Johannesevangelie wys vir ons dat dit verder ook n tydperk van groot konflik tussen die Christengelowiges en die Jode was. Ons sien die spanning veral in Johannes 9 en 16. Dit het oor die identiteit van Jesus gegaan, en daarom ook ons identiteit. Die Christengelowiges is self uit die sinagoges verban omdat hulle geglo het dat Jesus God se Seun is. Lees gerus: Bladsy 3 of 8

En nog verder: Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het toe al klaar met mekaar afgespreek dat iemand wat openlik verklaar dat Jesus die Christus is, uit die sinagoge geban sal word. Joh 9:22 Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys. Joh 16:2 Vaderskapdispuut: Hierdie onsekerheid oor die identiteit van Jesus het skeuring in sommige gemeentes veroorsaak. Daarom skryf Johannes in sy Evangelie oor wie Jesus regtig is Hy is God se Seun. God is Sy Vader, en Jesus is God se Seun. Dit gaan dus in die Johannesevangelie oor n Vaderskapdispuut wie is Jesus se Pa nou eintlik? Liefdesverhouding Pa en Seun: Ons merk op dat daar n baie intieme liefdesverhouding tussen God die Vader, en God die Seun is soos in n gesonde gesinsverhouding. Ons lees: Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het. Joh 10:17-18 Grense vervaag: Hierdie verhouding tussen Jesus en God die Vader is so n intieme gesinsverhouding, dat die grense tussen die twee as te ware amper verdwyn (vandaar dan onder andere die Drie-eenheid - Drie Persone, Een Wese), hoewel nie heeltemal verdwyn nie. Ons lees: En Jesus sê vir hom: Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: Wys vir ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. Joh 14:8-11 Hoe? Maar die dringende vraag bly, Hoe het dit gebeur dat ons God kan aanspreek as Vader; Hom kan ken as Vader; en in n vader-kind-verhouding met Hom kan staan? b) Die nuwe gesin God se gesin: Deur aanneming en wedergeboorte Jy word in n aardse familie in gebore: Die feit van die saak is dat ons in sonde gebore en ontvang is (Ps. 51:7). Daarom is ons van nature kinders van die Satan en nie kinders van God nie. Ons kies van nature teen God en nie vir God nie. Vir die Jode wat tradisioneel die Verbondsvolk was sê Jesus baie duidelik dat mens nie-outomaties n kind van God is nie, maar dat kinders van God aan God se wil gehoorsaam is. Hy sê in dieselfde konteks dat Hy n die Seun van God is. Ons lees: Maar Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur... Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Joh. 8:42, 44 Bladsy 4 of 8

Jy word deel van God se familie: Joh 1 en 3 is sekerlik die bekendste en duidelikste om aan te toon hoe gewone sondaarmense dan n kind van God word. Jesus gebruik die beeld van n fisiese geboorte op aarde om dit te verduidelik: Elke kind word tog in n gesin in-gebore; en waar daar n vader en kinders is, moet ons oor geboorte praat. Nou, fisiese geboorte dié ken ons almal, maar Hoe werk geestelike geboorte? Om n kind van God die Vader te word, vereis dus n geestelike geboorte ons noem dit die wedergeboorte. Hieroor lees ons dat Jesus gesê het: Daarop sê Jesus vir hom: Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie ( om van bo weer gebore word te word Joh 3:3 Direkte Vertaling 2014), kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus vra Hom toe: Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie? Jesus het geantwoord: Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is... Joh. 3:3-10... maar soms gebeur dit dat ouers ook kinders as hulle eie aanneem: Maar aan almal wat Hom aangeneem het (geestelike aanneming), dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore (geestelike geboorte). Joh 1:12-13 Die tweede teks toon dit ook duidelik. Ons is nie outomatiese kinders van God nie, maar aangenome kinders van God. Ons was kinders van die Satan, maar God het ons aangeneem as Sy eie kinders geestelike aanneming. Van ons as Christengelowiges is dit natuurlik waar dat ons die wedergeboorte ook het. Ons is reeds deur die Heilige Gees gebore. Daarom is ons God se kinders. Die Bybel leer dus twee sake oor hoe ons kinders van God geword het: God neem ons as Sy kinders aan want ons eers kinders van die Satan was, het Hy ons as Sy eie kinders aangeneem (ons is uit die kloue van die Satan weggeruk), maar ook Ons is die eie kinders van God die Vader omdat ons n geestelike wedergeboorte het. Dit is die geheimenis van God Ons is dus dubbeld kind van God. Ons verstaan dit nie. Wat egter wel waar is, is dat dit ons identiteit heeltemal verander het. Dit beteken dat die manier hoe jy leef ook heeltemal anders moet wees. Jy moet so leef dat mense kan sien dat jy n kind van God is. c) Identiteit: Ons is nou ook kinders van God Johannese geskrifte: Hoewel die Johannesevangelie nie baie daarvan maak dat die Christengelowiges ook kinders van God die Vader is nie, sien ons dit wel in die Johannesbriewe. Later meer hieroor. Wat egter in die Johannesevangelie gebeur is dat Johannes die feit dat God ons Vader is, en dat ons Sy kinders is, doelbewus terug hou tot aan die einde van die boek. Ons lees heel aan die begin: Bladsy 5 of 8

En aan die einde: Maar aan almal wat Hom aangeneem het (geestelike aanneming), dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore (geestelike wedergeboorte). Joh 1:12-13 Jesus sê toe vir haar: Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is. Joh 20:17 Verhoging: Die feit dat ons dus God as Vader kan aanbid, is direk op Jesus se verhoging gebaseer. Omdat Jesus verhoog is, is God nie meer net Sy Vader nie, maar ook ons Vader. Die drie Johannesbriewe is net na die skeuring in die gemeentes rondom Efese geskryf, en was bedoel om die Christengelowiges spesifiek by die waarheid te hou dat God, die Vader is, en dat Jesus sy Seun is en ons die kinders van die Vader. Ons lees hieroor: Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.... 1 Joh 3:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is.... 1 Joh 5:1 Heilige Gees: Paulus brei ook daarop uit uit dat ons God die Vader se kinders is. Hy skryf in Romeine 8 (:14-16) dat die Heilige Gees, die Gees wat die wedergeboorte in ons bewerk het, die Gees is wat veroorsaak dat ons God as Vader aangeneem het, ons van die slawerny van sonde bevry het, en die rede is waarom ons nie meer bang is nie. Paulus gee dan ook die rede hiervoor: Omdat ons as kinders van God uit die vryheid van die genade God aanbid as Vader (ABBA). Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: Abba! Dit beteken Vader. Rom 8:14-15 - NAV Daarom getuig die Heilige Gees dat ons God se kinders is: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Rom 8:16 Jesus self: Daarom se Jesus dat elke Christengelowige Sy broer en suster is: Hy is ons oudste broer. Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: Wie is my moeder, en wie is my broers? Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder. Matt. 12:48-50 Nuwe manier van optrede as kinders van God: Dit is egter baie belangrik om te weet as jy deel is van n spesifieke gesin, jy jou ook gedra soos daardie gesin optree. As jy deur die wedergeboorte deel van God se gesin geword het, beteken dit dat jy ophou om volgens jou eie manier van lewe optree, maar in alles jou optrede toets aan die wil van God. Bladsy 6 of 8

3. God die Vader gee om / ontferm God die Vader is die outeur van die Nuwe Lewe deur Jesus Christus. Die Vader se omgee en ontferming vir sondaarmense is so groot dat Hy ons as Sy kinders gered het om nie hel toe te gaan nie, maar die nuwe lewe die ewige lewe vir ewig by Hom in die hemel te kry. Dit is hierdie Lewe deur Jesus Christus wat Hom ook ons Vader maak. Petrus skryf: Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In Sy groot ontferming het Hy ons nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. 1 Pet 1:3 Die Psalmskrywer sê verder ook dat God ook vir ons nie net oor geestelike dinge omgee nie, maar ook oor aardse dinge (soos ons vroeër gesien het waar Jesus bid dat die Vader Hom sal verlos van die pyn en vernedering van die kruisdood). Ons lees: Soos n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here hom oor dié wat Hom dien. Psalm 103:13 Laastens dan, wat is die implikasie hiervan op ons? 4. Implikasie / Reaksie: Ons eer reaksie teenoor die Vader 1 Petrus 1:3 het weggespring met Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Lof is voorwaar die gepaste reaksie aan Hom wat aan ons nuwe lewe geskenk het! Maar ek wil graag die profeet Maleagi nader-trek vir nog n reaksie op die feit dat God ons Vader is - Maleagi 1:6 n Seun eer sy vader en n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? Mal 1:6 Mediterreense mense: Om God te eer moet verstaan en gedink word binne die konteks van die destydse Mediterreense mense in hierdie reeks gaan ek dit baie herhaal sodat ons dit goed kan verstaan: In daardie dae was die gesinslede absoluut lojaal aan die familie, en veral dan ook aan die Familiehoof (in ons geval, God die Vader). Hy het gesorg dat hulle kos en klere het. Hy het hulle kultuur, etos en optrede bepaal ja hulle tradisie. Ja, dit was amper soos in die dae van ons oupas en oupagrootjies waar daar groot gesinne was en ook die patriarg wat bepaal her hoe almal maak. Dit is soos die gesinne wat ons steeds vandag nog in die ooste onder die Moslem-lande vind. Hulle lojaliteit het gemaak dat hulle gedoen het wat die Familiehoof bepaal het gedoen moet word. Hulle was lojaal aan hom, omdat hulle bly was vir die feit dat hy vir hulle identiteit en kos en klere verskaf het dankbaarheid dus. As jy so leef dan eer jy die Familiehoof, en dan bring jy eer aan die familie. As jy dit nie doen nie, bring jy skaamte en skande oor die familie. Dit is dus nie gedeelde lojaliteit nie maar absolute lojaliteit aan God en die groep aan wie ek behoort. Dit gaan dus daarom dat ek my lewe uit liefde aan God die Vader as die Hoof van my familie / gesin gee. Dan sal ek al die ander dinge ook offer. Dit gaan oor eeren-skaamte. Omdat God nie net die Vader van Jesus Christus is nie, maar ook my Vader en ons Vader, daarom doen ek ook alles in my lewe om absolute eer en lojaliteit aan God God en se gesin, Sy familie te bring. Vandag het ons begin om spatseltjies van die Drie-eenheid te leer ken. Maak erns met die reeks, maak erns met die groepmateriaal. Leer God Drie-enig beter ken. Hoe beter jy God Bladsy 7 of 8

ken, hoe meer sal jou verhouding met God groei. Hoe beter jy God leer ken, hoe meer sal Lynnwoodrif Gemeente in die Kragveld van die Heilige Gees leef. Daarom wil ek die volgende vrae aan jou vra: Ken jy God as Vader? Ken jy God as Vader van Jesus Christus, maar ook as jou eie Vader en leef jy as n wedergeboorte kind van God? Hoe lyk jou lewe? Eer jy God die Vader in jou lewe? Bladsy 8 of 8