1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Σχετικά έγγραφα
Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Die genade gawes Van God:

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

1 TESSALONISENSE 1:3

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die krag / vuur van God:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Die Sendbrief van Jakobus

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Die Vesperdiens vir Palmsondag

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

ישוע. familieboom van Jesus

Deur Christus Alleen

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

VOLUME AUGUSTUS 2007

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

REFORMASIE. Martin Luther

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

deur CARIKA DU PLESSIS

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

bab.la Φράσεις: Προσωπική Αλληλογραφία Ευχές ολλανδικά-ολλανδικά

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORD, DIE IMPLIKASIE VAN HEB 5:12 VIR KERK EN TEOLOGIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Jy weet mos dat, om n vergelyking te kan oplos, moet jy ontslae raak van alles wat nie die veranderlike is nie, aan die linkerkant.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Transcript:

Tema: Wedergeboorte Skrifgedeelte: Johannes 3:1-18 - Teksverse: 3,16 1 Petrus 1:1-9 - Teksvers: 3 Prediker: Ds. Joop van Schaik Datum: 14 Augustus 2011 Johannes 3:1-18 1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode. 2 3 4 5 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. 9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? 10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? 11 12 13 14 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, 15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16 17 18 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. Bladsy 1

1 Petrus 1:1-9 1 2 3 4 5 6 7 8 PETRUS, n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië, uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. Daarin verheug julle jul, al word julle nou as dit nodig is n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. So ongeveer 17 jr. gelede het ek Tannie Anna Schutte in die hospitaal in Welkom besoek. Sy moes n baie groot operasie ondergaan. Ongeveer n uur voor die operasie, kom daar 7 mense by haar bed in die hospitaal staan. Hulle vra vir Tannie Anna: is jy n wedergebore Christen en het jy n datum van jou wedergeboorte? Tannie Anna was n gelowige soos u/jy en ek en sy sê dat sy n kind van die Here is en nie oor datums besorg is nie. Hulle sê vir haar, dat as sy nie wedergebore is nie en as sy nie n dag en datum het nie, en as sy onder die operasie sou sterf, sy nie hemel toe kan gaan nie. Oom Flip het my gebel en ons het vir haar gelees en gebid, haar rustig gemaak en sy is na die teater vir die operasie. Sy is onder die operasie oorlede. Ek weet Tannie Anna ís in die hemel by ons hemelse Vader, en nie in die hel soos wat daardie mense beweer het nie. Gaan kyk bietjie op die internet en tik by die Afrikaanse google die woord wedergeboorte in, jy gaan honderde duisende inskrywings kry. Die een persoon sê: die Calviniste en die sg. Susterskerke hou hulle lidmate in n tronk van leuens en halwe waarhede. Hulle sê dat die wedergeboorte elke bekeerde mens se tweede of gees- Bladsy 2

telike geboorte is. Dis die belangrikste ondervinding wat n mens ooit kan hê. Eers word jy na die vlees gebore, en dan, as jy aan die Heilige Gees se roepstem gehoorsaam is om jou hart en lewe aan God te gee, word jy deur die Heilige Gees gewederbaar om n nuwe skepsel in Christus te wees. Verder sê die persoon ook: Die persoon wat dus nooit n geestelike geboorte gehad het nie, is verlore en gaan hel toe. Mense is vir dekades deur predikante gebreinspoel met leuens. Dis die oorsaak dat miljoene mense uit die drie susterskerke al reeds in die hel is en meer is nog op pad hel toe. As jy n wedergebore Christen is, kan jy nie in jou kerk aanbly nie. Jy moet jou kerk verlaat om sy oorgelewerde tradisies en leuens te verlaat. Hoor jy hoe maak hulle mense bang en beangs oor ons Gereformeerde Christene? Geliefdes, volgens hierdie mense gaan u/jy en ek hel toe en is daar geen kans vir redding vir ons nie. Hulle sê dit dalk in hulle opregtheid, bid vir hulle wat so sê. Ek bid dat ons nou deur die Woord en Gees gelei word om die waarheid oor die wedergeboorte te ken, te glo en uit te lewe. Die heel eerste teks oor wedergeboorte wat altyd in my gedagtes opkom is 1 Petr. 1:3 en 23. 3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, (AFR1953.) 23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. (AFR1953) Die 1953 vertaling gebruik spesifiek die woord wedergeboorte. Wat is die woord se betekenis? Die woord (ἀναγεννάω -anagennaō) beteken twee dinge: om nuwe geboorte te gee, en om te veroorsaak dat jy weer gebore word. Dit verwys natuurlik nie na n weer gebore word met jou liggaam nie. Dit is presies wat die Fariseër Nikodemus juis vir Jesus sê, dat dit tog nie moontlik vir n ou man is om weer terug te kom in sy ma se skoot nie - Joh. 3:4. Geliefdes, hierdie weer gebore word, dui op n geestelike weer gebore word. Iets gebeur met n mens sodat jy met jou gees anders begin dink en anders begin optree en anders begin lewe. n Radikale verandering vind plaas met jou. Dis die ou lewe Bladsy 3

van jou wat nie ooreenstem met God se wil nie, wat moet afsterwe sodat n nuwe lewe in jou kan opstaan, en in dié sin weer gebore word. In Ef. 4:22 (Kol. 3:9) word juis gesê dat n mens met die ou sondige mens moet breek. Lewe eerder volgens die wil van God (Ef. 4:24). Kom ons kyk net ook wat in Joh. 3:3 staan oor die wedergeboorte. 3 Daarop sê Jesus vir hom: Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (AFR1983). Die Griekse woord hier, is nie presies dieselfde woord as wat in 1 Petr. 1:3 gebruik is nie, alhoewel die stamwoord dieselfde is. Wedergeboorte (παλιγγενεσία - palingenesia) hier beteken ook om weer gebore te word of om n nuwe geboorte te ervaar. Dit beteken verder dat jou lewe ook moet terugkeer na dit soos wat dit was voordat dinge verkeerd geloop het. Wat die woord ook beteken, is van bo of van God, of uit God. Dit is inderdaad ook wat in Joh. 1:13 staan Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van n mens of die besluit van n man nie, maar hulle is uit God gebore. Geliefdes, iemand wat wedergebore is, is dus gebore van bo, dit wil sê, om die wedergeboorte te beleef, is uit en uit n daad van God af. Die mens se gees moet deur die Heilige Gees aan die hand gevat word. Nou wil u/jy ek alreeds vra: maar wat moet ek dan doen om die wedergeboorte te ervaar, om weer van bo gebore te word? Weet u/jy, jy kan vanuit jouself absoluut net mooi niks doen om wedergebore te word nie. Luister weer na 1 Petr. 1:3: 3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,. Hoor u/jy wat word gesê: die wedergeboorte is n geskenk aan u/jou deur Jesus Christus. Die oomblik toe Jesus uit die dood uit opgestaan het, het Hy die wedergeboorte, die nuwe gebore word van bo, geskenk. Jy as sondaar is sonder Jesus Christus net eenvoudig verlore en jy moet die geskenk van genade en verlossing ontvang en aangryp. Jy ontvang dit sonder dat jy n aandeel het daarin of dat jy dit enigsins verdien. Dit is n geskenk aan jou. Bladsy 4

Maar hoe word hierdie geskenk van die wedergeboorte dan deel van jou lewe, van jou geestelike lewe? Die antwoord hierop, kry ons in die geliefde Joh. 3:15,16: want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Die antwoord oor hoe ons die geskenk van die wedergeboorte ontvang, is om te glo in Jesus Christus as jou enigste Verlosser (sien ook Rom. 1:16,17). Geloof beteken dat jy aanvaar wat reeds vir jou bewerk is en vir jou geskenk is. Geloof is iets wat jy nog nie gesien het nie, maar wat jy weet beslis joune is (Hebr. 11:1). Boonop is geloof ook nie iets wat jy sommer besluit jy nou wil hê nie. Jy kan nie self op n dag besluit: ek glo nou in Jesus Christus nie. Net soos wat die wedegeboorte n geskenk van God is, is geloof ook n geskenk van God aan elkeen van sy uitverkore kinders wat Hy wedergebore maak. Hoor wat sê Johannes 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. (vgl. Ef. 2:8). Die Heilige Gees oortuig en lei jou om te glo dat Jesus jou Verlosser is en dat Hy aan jou die ewige lewe skenk. Die Heilige Gees lei jou om te glo en te bely dat jy ook n wedergebore Christen is. Geliefde, U/Jy ís n wedergebore Christen en die datum van jou wedergeboorte, is die dag toe Jesus Christus uit die dood uit opgestaan het. Op daardie Sondagoggend, die eerste dag van die week, het Jesus opgestaan en die oorwinning gegee, die weer geboorte van bo af, jou wedergeboorte. Is dit nie wonderlik nie? Nou kom ons elke Sondag as kerk bymekaar omdat ons wedergebore Christene is! Hier kan ons egter nie stop nie, want om n wedergebore kind van God te wees, hou in dat jy n besondere verantwoordelikheid het. Jy kan nie maar net nou aangaan met die wêreldse lewe nie. Jy moet jou bes doen om elke dag nuut te wees en elke dag weer te probeer om nog gehoorsamer en nog dankbaarder te lewe. God het dit so beskik, dat die vonkie van die sonde in ons as mense hier op aarde oorbly. Jy word wel as wedergeborene van die slawerny/heerskappy van die sonde vrygemaak, maar die vonkie is altyd hier op aarde nog in jou teenwoordig. Die Here het die Satan oorwin, maar laat steeds toe dat hy jou versoek en aanhits om te sondig. Gelukkig, geliefdes, ons vorder elke dag nog so stukkie vir stukkie op hierdie pad. Deur die Bybel en die Heilige Gees word ons op die pad gelei. Verseker is daar se- Bladsy 5

kere dinge wat gebeur en wat jou geloof verdiep en verryk, dinge wat uitstaan. Dis dinge wat jy sal onthou en van sal getuig. Maar jou geloof tref soms ook weer n laagtepunt, maar dan beteken dit nie jy moet nou weer n wedergeboorte ondergaan nie. So sal dit met ons gaan tot ons eendag by ons Vader in die hemel is. Die lewe op aarde bly n voortdurende stryd. Geliefdes, die groot, Groot wedergeboorte vind plaas met die wederkoms van Jesus Christus, dán sal alles nuut gemaak word. So sê Jesus in Matt.19:28 dat Hy met sy wederkoms, alles nuut sal maak. Dis presies dieselfde woord vir wedergeboorte! Die finale koms van Christus is die Groot wedergeboorte van die hele skepping. Daarom sê Jesus in Openbaring 21:5: kyk Ek maak alles nuut. Amen. (Joop van Schaik VDM) Bladsy 6