Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die genade gawes Van God:

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 TESSALONISENSE 1:3

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Die krag / vuur van God:

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Die Sendbrief van Jakobus

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

ישוע. familieboom van Jesus

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

REFORMASIE. Martin Luther

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Deur Christus Alleen

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

deur CARIKA DU PLESSIS

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Transcript:

Mark 10:17-31 Fokus: vers 23-31 Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels. Februarie 2014

Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 47: 1, 3, 4 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 143: 1, 2 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 62: 5, 7, 8 2

Ons gee nou geleentheid vir vir twee broeders en s'n suster van ons om hulle geloof te bely. Psalm na geloofsbelydenis Ps 20:1, 2, 4, 5, 7 Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 10:17-27. Psalm as antwoord op die Woord Ps 34: 5, 8, 9 Ons Fokus op vers 23-27 (lees vers 23) Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes in die verte stap die ryk-jong-man van Jesus af weg. 1 Hy wil nie vir Jesus volg nie. Opmerking 2 En verlede week kon ons meer daaroor leer. Ja die ryk-jong-man stap van Jesus af weg. En dan's hy treurig. Want in vers 17 het hy vir Jesus gevra: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En toe Jesus vir hom in vers 21 sê:... gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... 1 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 229 2 Vgl Mark 10,17-22.odt 3

kom dan hier, neem die kruis op en volg My het hy treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Vertel vers 22. En dis dan dat Jesus in vers 23 om Hom na sy dissipels kyk het en vir hulle sê het: Hoe beswaarlik (of: hoe moeilik 3 ) sal hulle wat goed (of: rykdom 4 ) besit, in die koninkryk van God ingaan! **************** Verduidelik En net hier gaan Jesus voort met sy dissipel-onderrig oor ons almal se ingang in die Koninkryk van God. Jesus het daarmee begin in vers 13-16 toe daar pa's was wat hulle kindertjies na Jesus toe gebring het dat Jesus die kindertjies kon seën. Opmerking 5 Daaroor kon ons voor verlede week meer leer. En toe verlede week by vers 17-22 het Jesus voortgegaan met sy onderrig oor ons ingang in die Koninkryk toe Jesus die ryk-jong-man se vraag geantwoord het 3 Vgl Baljon bl 252, 855; Stein se Mark komm bl 741 4 τα χρηματα = akk mv van χρη μα, met die betekenis van 'die eiendomme' /'die rykdomme'. χρη μα en κτη μα (22b) is sinoniem, alhoewel χρη μα meer algemeen is as κτη μα dit gaan dus steeds om die selfde saak, maar nou meer oor rykdom in die algemeen (NIDNTT vol 2 bl 845, 846; Van Leeuwen se Mark komm bl 184; Edwards se Mark komm bl 313-314). 5 Vgl Mark 10,17-22.odt 4

oor wat hy moes doen om die ewige lewe te erf. 6 En nou in vers 23 aangekom met die ryk-jong-man wat in vers 22 die pad gevat het gaan Jesus nog steeds aan met hierdie onderrig oor ons ingang in die Koninkryk. Maar hierdie keer fokus Jesus spesiaal op sy dissipels. Bewys 7 Want die ryk-jong-man is mos nou weg. En van vers 23 af praat Jesus spesifiek met sy dissipels. **************** En dit gaan dan ook ons tema wees vanoggend. Ja: Jesus sit weer 'n keer sy dissipel-onderrig oor in-gaan in die Koninkryk voort. Die keer in sy gesprek met sy dissipels. En dan gaan ons stilstaan by... die aanleiding tot die gesprek die aanvang van die gesprek die voortgang van die gesprek die dieptepunt daarvan die hoogtepunt daarvan Opmerking Kom ons laat die troos en die waarskuwing wat in die Basuin se preek-skets is eers oorstaan na volgende week toe. 6 Want verlede week kon ons leer dat die ewige lewe en die koninkryk nie totaal verskillende goed is nie. Nee! Die ewige lewe is daardie lewe by God in die komende koninkryk op die nuwe aarde... sonder sonde en Satan en dood (Vgl Mark 10,17-22.odt) 7 Vgl vers 23 wat sê: ο ιησους λεγει τοις μαθηταις αυτου 5

1. So kom ons begin by die aanleiding tot Jesus se gesprek met sy dissipels. En vers 23 vertel daarvan as'it sê: Toe kyk Jesus rond... Verduidelik 8 Nou Jesus se 'rond-kyk' is ''n rondom-hom-kyk' na hier waar sy dissipels is. En in al die ander plekke in Markus waar Jesus so rondom Hom kyk doen Jesus dit om die situasie rondom Hom te evalueer net voor Hy begin praat. ************* Terugblik Maar nou'sie vraag: Wat is die situasie daar rondom Jesus? Wel vers 22 waarby ons verlede week gestop het vertel iets daarvan. Want vers 22 vertel van die ryk-jong-man wat treurig geword het oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. So dis die situasie. 8 Markus gebruik περιβλε πω 6 x. Lukas net 1x (Luk 6:10). Verder kry ons die woord nie in die NT nie. Wanneer Jesus die subjek is (5x) 3:6,34; 5:32; 10:23; 11:11, dan doen Hy περιβλε πω net voor Hy iets sê. Edwards se Mark komm bl 313 wys my daarop dat hierdie περιβλε πω van Jesus 'n manier is hoe Hy die situasie gade slaan... Jesus kyk hier rondom Hom en sien die dissipels se reaksie op wat nou net gebeur het... Hierdie hartseer tragiek... En dan begin Jesus dissipel onderrig (vgl ook Van Bruggen se Mark komm bl 229; Groensewald se Mark komm bl 255; Edwards se Mark komm bl 313 vgl ook voetnoot 36). 6

'n Ryk-jong-man wat treurig wegloop van Jesus af nadat Jesus vir daardie einste ryk-jong-man die blye boodskap verkondig het oor hoe hy die ewige lewe in die komende Koninkryk van God op die nuwe aarde kan hê. **************** A. 9 En in hierdie verkondiging so kon ons verlede week leer het Jesus vir die ryk-jong-man met groot omgee gewys op sy groot sonde-krisis. Ja Jesus het vir die ryk-jong-man gewys dat sy god Mammon is, die geldgod wat hom in die verderf sonder ewige lewe stort Bewys En dit het Jesus gedoen toe Hy in vers 21 gesê het: Een ding kom jy kort gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... kom dan hier... en volg My. So... dit was sy sonde. Sy rykdom het eerste gestaan. **************** B. 10 En toe het Jesus die ryk-jong-man gewys dat ware-bekering die antwoord op sy sonde-krisis is. Verduidelik Want as Jesus in vers 21 sê:... gaan verkoop alles wat jy het, 9 Vgl Mark 10,17-22.odt 10 Vgl Mark 10,17-22.odt 7

en gee dit aan die armes... kom dan hier... en volg My dan sê Jesus daarmee: 'breek radikaal met Mammon! En kom na My toe! Want Ek is in Mark 10 op-pad na Judea en Jerusalem en die kruis sodat elkeen wat My gelowig volg nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe in die Koninkryk van God sal hê.' **************** C. 11 Maar weet u: Met die woorde van vers 21 het Jesus ook baie duidelik gesê: My Evangelie vertel van verlossing en lewe in die Koninkryk uit genade alleen. Maar My Evangelie is nie goedkoop nie. Want Ek is op-pad Jerusalem toe om met My bloed dissipels van mense te maak.' Verduidelik En 'n dissipel is iemand wat by Jesus al meer stry teen die sonde van selfgesentreerdheid. Al meer bid 'n dissipel: 'Here, ek wil nie meer leef nie maar laat Christus in my leef. Christus met sy volmaakte selfopofferende liefde vir God en sy naaste.' 11 Vgl Mark 10,17-22.odt 8

En dit het Jesus verkondig toe Hy in vers 21 gesê het: gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... kom dan hier, neem die kruis op en volg My. Verduidelik Want kruis vertel van selfverloëning. Dit vertel van jou eie dood terwyl jy jou in dissipel-wees oorgee aan Jesus by Wie jy uit genade alleen die ewige lewe in die Koninkryk het. **************** En toe die ryk-jong-man hierdie boodskap hoor? Wel vers 22 sê dat hy treurig geword het oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. En nou net na dit sê vers 23: Toe kyk Jesus rond(om Hom)... En dan begin Jesus praat. Oorgang En dit is die aanleiding tot Jesus se onderrig in vers 23-27 oor ons ingang in die Koninkryk van God. 2. Maar so kom ons dan ook by die aanvang van Jesus se onderrig. Of die begin daarvan. En ons hoor daarvan as Jesus in vers 23 Opmerking Net nadat Hy vir die ryk-jong-man gewys het op sy sonde-krisis naamlik dat Mammon sy god is. 9

En net nadat Jesus die ryk-jong-man opgeroep het tot bekering na Jesus toe en opgeroep het tot ware dissipel-wees by Jesus. En net nadat die ryk-jong-man toe sy rug op Jesus gedraai het. sê: Hoe beswaarlik (of moeilik) sal hulle wat goed (of rykdom) besit, in die koninkryk van God ingaan! Verduidelik 12 En as Jesus sê: Hoe moeilik sal hulle wat rykdom besit, in die koninkryk van God ingaan! dan vra Jesus nie in die eerste plek 'n vraag nie. Nee! Hierdie woorde van Jesus in vers 23 is meer iets van 'n uitroep. En met hierdie uitroep wil Jesus ons vertel van die ontsettende krisis wat ryk-mense het soos die ryk-jong-man wat nou-nou nog hier by ons was. Ja sulke ryk-mense het regtig 'n krisis om in die komende Koninkryk op die nuwe aarde te kom. **************** En dis die aanvang van Jesus se onderrig aan sy dissipels. 12 Vgl Baljon bl 252, 855; Stein se Mark komm bl 741 10

Oorgang En as ons dan van vers 23 na vers 24 gaan 13 sê vers 24: En die dissipels was verbaas oor (Jesus se 14 ) woorde... Verduidelik Ja hierdie woorde van Jesus oor die krisis wat ryk-mense het het die dissipels heeltemal in 'n toestand van verbasing gebring. 15 Maar ook van bangheid. Want die woord het ook 'n stuk bangheid by. 16 wat ons vertaal met verbaas So dis die aanvang van Jesus se onderrig in vers 23 waarin Jesus vertel van die ontsettende krisis wat ryk-mense het om in die Koninkryk in te gaan. En dit het die dissipels heel verbaas gehad. En daarby ook bang. *************** Maar waarom hierdie verbaasdheid en bangheid? Verduidelik Wel op die oomblik weet ons nog nie. 13 Met δε gaan die narratief nou voort (Greek grammer beyond basics bl 671), en hoor ek in 24a van die reaksie van die dissipels op Jesus se woorde in 23b. 14 τοις by τοις λογοις αυτου is hier, so meen ek, anafories (Greek grammer beyond basics bl 217-219 ). τοις λογοις αυτου gaan dus oor wat Jesus gesê het in 23b dit is die naaste referent (vgl ook Evans se Mark komm bl 101; Van Bruggen se Mark komm bl 229). 15 Die imperf ww εθαμβουντο dui hier op 'n gebeure/toestand in die verlede wat duratief was (Greek grammer beyond basics bl 543). Die imperf kan egter ook dui op die begin van 'n handeling/toestand wat daarna duratief was. Ek meen lg is hier van toepassing (Greek grammer beyond basics bl 544-545). Dus: Jesus se woorde van 23b het die toestand van verbaasdheid by die dissipels begin en toe het hierdie toestand voortgeduur. 16 Vgl TDNT vol 3 bl 6 11

Maar verder aan by vers 26 gaan ons begin agterkom. 3. Maar juis daarom moet ons nou aangaan na die voortgang van Jesus se onderrig in vers 24-25. Opmerking En kom ons staan eers stil by vers 24 A. waar Jesus voortgaan 17 met sy onderrig. En dan vir sy dissipels sê: Kinders... Verduidelik 18 En as Jesus in vers 24 sy dissipels kinders noem dan is kinders 'n woord waarmee Jesus wys hoeveel Hy omgee. So wanneer Jesus in vers 24 met sy onderrig voortgaan dan'sit regtig met omgee en liefde. ***************** Maar wat sê Jesus in vers 24? Wel Jesus sê: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! Gedagtestruktureel En net hier wys Jesus ons in meer detail 17 Alhoewel Jesus herhaal (παλιν) (Baljon bl 723-724), verduidelik Hy tog ook dit wat Hy in 23b gesê het verder met τους πεποιθοτας επι τοις χρημασιν (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 229). 18 Vgl NIDNTT vol 1 bl 286; Van Leeuwen se Mark komm bl 184; Stein se Mark komm bl 471-472; Groenewald se Mark komm bl 256 12

wat ryk-mense se krisis is. In vers 23 het Jesus ons gewys dat ryk-mense 'n krisis het om die Koninkryk van God in te gaan. Nou in vers 24 leer Jesus ons wat daardie krisis is. En dan'sit die krisis van vertrou op rykdom. 19 ******************** Verduidelik 20 Ja rykes se sonde-krisis is dat hulle baie geld vir hulle mag gee om vir hulle self te sorg en vir hulle self 'n goeie lewe hier-en-nou te waarborg. En dan? Wel dan word daardie mag daardie baie geld later nie net iets wat jy gebruik nie. Nee! Dit word meer. Dit word iets waarop jy vertrou. En die moment as dit gebeur dan word daardie geldmag jou god. Ja dan word Mammon jou god. En Hy word al meer die een wat jou hele lewe beheer jou dink jou besluit jou doen. Toepassing 21 En weet u: **************** Wanneer Mammon my god is 19 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 229 20 Wanneer πεποιθοτας in konstruk met επι staan, soos hier, gaan dit altyd oor 'vertroue op'. Dit waarop jy dan vertrou rig en bepaal jou hele optrede (NIDNTT vol 1 bl 591). vgl ook Sondag 34 v/a 95; Bob Goudzwaard, Idols of our time, bl 13-14,15; 21 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 229 13

waarop ek vertrou kan ek net nie meer daarby kom om vir Jesus die arm Kneg van Jahwe op pad na Judea en Jerusalem en die kruis gelowig te volg nie. Ek kan dit net nie meer aanvaar dat hierdie Kneg vir my die rykdom van die Koninkryk van God kan gee nie. Opmerking Ja die Evangelie van onse Here Jesus Christus... wat alhoewel Hy ryk was, ter wille van (ons) arm geword het, sodat (ons) deur sy armoede ryk kan word 22 kan ek net nie aanvaar nie. En by dit alles walg dit my as hierdie Kneg vir my sê: Volg My in 'n lewe dissipel-wees in 'n lewe van kruis-dra en selfverloëning waarin Jesus se Dienskneg-lewe al meer werklikheid word in my. Nee! As ek hierdie woord hoor draai ek my rug op Jesus. En volg ek vir Mammon terwyl Mammon my lewe al meer beheer tot ek uiteindelik totaal verslaaf opeindig in die hel. **************** B. Daarom dat Jesus in vers 25 wys op die skrikwekkende uiteinde van rykes 22 2Kor 8:9 14

wat op hulle rykdom vertrou. En hierdie uiteinde is dat hierdie rykes net nooit die Koninkryk sal kan ingaan nie. 23 Bewys En ons sien dit as Jesus in vers 25 sê: Dit is makliker vir n kameel om deur die oog van die 24 naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Verduidelik 25 En as Jesus praat van die oog van die naald dan'sit regtig 'n gewone naaldwerk naald. Kultuur histories So die oog van die naald is nie een of ander bekende poort in bv die muur van Jerusalem nie. En daar was wel so 'n poort wat die 'naaldpoort' genoem is maar die 'naaldpoort' is eers gebou hier in die tyd van die middeleeue baie jare na Jesus. En daarom het Jesus nie 23 Vgl Baljon bl 252, 855; Stein se Mark komm bl 741-472; Evans se Mark komm bl 101. 24 Albei oog en naald is in die TR bepaald - ευκοπωτερον εστι καμηλον δια της τρυμαλιας της ραφιδος 25 Wat sê die lidwoord by της τρυμαλιας της ραφιδος vir my? Die lidwoord kan daarop dui dat της τρυμαλιας της ραφιδος 'n wel bekende objek is dalk 'n soort poort? Of dalk net gewoonweg daardie naaldwerk naald wat ma altyd gebruik? (Greek grammer beyond basics bl 225). Evans se Mark komm bl 101 wys my daarop dat dit nie gaan om 'n poort in die muur van Jerusalem nie. Die sg naald-poort dateer uit die middeleeue Edwards se Mark komm bl 314praat van die 9de eeu nc. Dus, baie lank na Christus. Christus sou dus nie na so 'n wel bekende poort verwys nie, want die het nog nie bestaan nie. Jesus praat dus gewoonweg oor daardie wel bekende naald wat ma gebruik om klere te maak (vgl ook Edwards se Mark komm bl 314; Stein se Mark komm bl 472). 15

na so 'n bekende poort verwys het nie. So as Jesus in vers 25 praat van die oog van die naald dan'sit 'n gewone naald in ons ma's se spelde-en-naalde-kussingtjie. En as Jesus dan in vers 25 sê: Dit is makliker vir n kameel om deur die oog van n naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. dan's Jesus eintlik besig om vir ons te sê: 26 'luister dit kan nie. Kamele gaan nie deur die oog van 'n naald nie. So rykes wat op hulle rykdom vertrou wie se god Mammon is sal verseker nie in die Koninkryk in gaan nie. Vergeet dit net heeltemal' Ja dit is die ontsettende uit-einde van rykes. Skrif met Skrif En dis geen nuwe leer wat Jesus bring nie. Want reeds in die OT in Spr 11:28 sê die HERE: Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val... 26 As Jesus dan hier oor 'n gewone naald praat dan is Hy besig met die hiperbool-spraakvorm (vgl Stein se Mark komm bl 472; Kaiser & Silva, An introduction to Biblical hermeneutics, bl 95). Wat Jesus dan in 25a-b doen is om met 'n oordrywing te sê dat dit net so onmoontlik is vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan, so onmoontlik is dit vir mense wat op hulle rykdom vertrou om in die kk in te gaan (TDNT vol 3 bl 593). Dus: waar Jesus met πως δυσκολως gewys het dat daar 'n krisis bestaan vir iemand wat op sy rykdom vertrou om in te gaan in die kk... sien ek nou met 25a-b se hiperbool wat die krisis is. Dit is ontsaglik. Dit is die krisis van onmoontlikheid!!! 16

En deur sy profeet Sefanja sê die HERE in Sef 1:18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie... ***************** Oorgang En toe? Wel gaan ons van vers 24-25 en die voortgang van Jesus se onderrig aan na vers 26 dan hoor ons in vers 26 van die dissipels se reaksie op Jesus se onderrig: En hulle was uitermate verslae... Verduidelik 27 So daardie bange verbaasdheid van vers 24 net na die aanvang van Jesus se onderrig in vers 23. gaan nou 'n stappie verder. Want by die bange verbaasdheid het daar nou 'n uitermatige verslaendheid by gekom. Ja die dissipels is deur hierdie onderrig van Jesus oorweldig. Hulle is geskok Hulle is bang. **************** Hoekom? Wel ons kom agter as ons hoor wat die dissipels vir mekaar in vers 26 sê. 27 εξεπλησσοντο = imperf ind med/pas van ε κπλη σσω, met die betekenis van 'hulle was getref'. Met die afgeleide betekenis van 'hulle was verbaas-geskok/ oorweldig/ 'totaal verslae' (Baljon bl 295; NIDNTT vol 1 bl 529-530; Van Bruggen se Mark komm bl 229). Wat is die ooreenkoms tussen εθαμβουντο (24a) en εξεπλησσοντο nou hier in 26a? Edwards se Mark komm bl 314 wys my dat die dissipels se vlak van verbasing nou nog 'n stap verder gaan. Van bevreesde verbasing in 24a gaan hulle nou oor na 'n toestand van skok. 17

Want in vers 26 staan daar: En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word? Verduidelik Ja Wie kan dan gered word? En hierdie vraag is eintlik 'n manier waarmee die dissipels sê: 28 'Luister daar's net mooi niemand wat gered kan word nie. Niemand wat die ewige lewe in die Koninkryk sal ingaan nie.' En dan sê die dissipels dit op grond van wat Jesus nou in vers 23-25 geleer het. 29 ************* So sien u wat hier gebeur? Die dissipels verstaan Jesus se onderrig so dat dit van toepassing is op ons almal. dat dit eintlik sê dat ons almal ook ons wat maar arm is rykes is wat op ons rykdom vertrou en daarom net nooit in die Koninkryk sal kan ingaan nie. Daarom dat hulle so verbaas is en bang is en geskok is oor wat Jesus ons leer. 28 Vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 185 29 και wys my dat die vraag van 26b direk volg uit wat Jesus nou net in 24c-25b geleer het oor die onmoontlikheid vir 'n mens wat op sy rykdom vertrou om die kk in te gaan (Baljon bl 475; Van Leeuwen se Mark komm bl 185). 18

Bevinding En hierdie moet ons nou aangryp geliefdes! Elkeen van ons. 4. Want net hier in vers 26 is ons by die dieptepunt van Jesus se onderrig. Net hier waar die dissipels besef dat Jesus se onderrig nie net vir die ryk-jong-man van vers 17-22 is nie en nie net vir die baie ander rykes van hierdie wêreld nie. Maar eintlik vir ons almal bedoel is. Ook vir ons wat hier in Daspoort bly en in Claremont en in Booysens waar ons baie keer maar regtig baie arm is. Toepassing Ja ook vir ons wat arm is kom sê Jesus met vers 23-25: 'Weet julle wat: Julle is ryk En julle vertrou op julle rykdom. En as julle so aangaan gaan julle die Koninkryk en die ewige lewe mis.' *************** Die dissipels het dit verstaan. Hulle het hulle krisis begin verstaan. En toe in vers 26 gesê: Wie kan dan gered word? Mag die HERE tog gee dat ons dit ook in hierdie oggend begin verstaan!!! 19

Maar hoe? Hoe kom die dissipels daarby uit dat Jesus se onderrig oor rykes sommer ook vir ons almal is. Skrif met Skrif 30 Wel omdat die dissipels in Mat 6 die bergpredikasie bygewoon het. En daar het Jesus in Mat 6:31-32 gepreek en gesê: julle moet jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene... Verduidelik 31 En wat Jesus hiermee gesê het is dit: Al is jy arm kan jy nog steeds op rykdom vertrou. Want as jou lewe beheer word deur bekommernisse en jou eie gesoek in eie krag na kos en klere en bly plek dan vertrou jy op jou eie krag en die bietjie rykdom wat jy self bymekaar kan skraap. En as jy in jou armoede vertrou op Kalafong waar jy darem nog verniet hospitaal toe kan gaan 30 Vgl TDNT vol 6 bl 327. 31 Vgl NIDNTT vol 2 bl 843; Van Leeuwen se Mark komm bl 185; Edwards se Mark komm bl 314; Van Bruggen se Mark komm bl 229 20

en op daardie subsidietjie waarmee jy doeke vir jou kind kan koop en op jou mediese-fonds as jy een het. Ja as jou vertroue daarop is dan's jou vertroue op rykdom. *************** Toepassing En weet u: Ons almal het hierdie krisis. Party meer ander minder. Maar ons sit almal met hierdie krisis dat ons self wil sorg en op ons eie krag en rykdom vertrou. Kom ons noem nog een voorbeeld. Dis harde een. En ek noem dit in nederigheid. As ons base vir ons sê: 'werk in erediens-tyd. Of vat die pad' Opmerking En ek praat nou nie hier van mense soos polisiemanne en verpleegsters nie wat noodsaaklike diens-werk op Sondae moet doen nie. Wie gaan ons dan vertrou? Vir God wat in Heb 10:25 gesê het: laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie... 21

Of die rykdom wat elke maand van ons base af kom. En ons ander? Wat gaan ons doen as ons broeder meer gehoorsaam is aan God en dan bedank of sy werk verloor? Gaan ons vir hom sorg? En sy huis paaiement vir hom betaal? Of gaan ons sê: Ek kry jou jammer. Maar ek het net genoeg vir my eie huis. Ek sorg vir myself en vertrou op my rykdom. *************** En dan? Wel dan sê Jesus in Mark 10:23-25: Dis onmoontlik vir jou om die Koninkryk van God in te gaan. En dan sê die dissipels in vers 26 Wie kan dan gered word? uitermate verslae: Want almal van ons is op een of ander manier besig met hierdie ding van om op ons self en ons kragte en ons rykdompies te vertrou. *************** Ja Wie kan dan gered word? Wel die antwoord is: Niemand nie! Net mooi niemand nie!! 22

En Jesus bevestig dit as Hy in die eerste deel van vers 27 sê: By mense is dit onmoontlik... So daar's net geen kans nie. 32 Geen kans dat ons gelowig sal luister as Jesus sê: gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes... kom dan hier... en volg My. Opmerking Ja... daar's geen kans dat ons gelowig-gehoorsaam sal bekeer en breek met ons vertroue op ons rykdom. Om by Jesus alleen die Koninkryk te ontvang nie. Daar's ook geen kans dat ons gelowig-gehoorsaam sal luister as Jesus sê:... neem die kruis op en volg My in 'n lewe van ware-dissipel-wees waar Jesus eerste staan en nie ek nie. *************** En hoekom nie? Verduidelik 33 Wel omdat Jesus in vers 27 sê: By mense is dit onmoontlik... En dis onmoontlik omdat Efes 2:1 sê 32 αδυνατον het die betekenis van 'onmoontlik' (Baljon bl 21). αδυνατον staan direk teen oor δυνατον (NIDNTT vol 2 bl 606). 33 Met παρα ανθρωποις αδυνατον sê Jesus vir my dat wanneer 'wie-kan-gered-word' (26b) by die mens of in die sfeer van die mens gelaat word, die antwoord inderdaad 'niemand' is. Dis 'n saak van onmoontlikheid, dit kan nie. En dis van toepassing op rykes en armes (Van Leeuwen se Mark komm bl 185; Edwards se Mark komm bl 315; Van Bruggen se Mark komm bl 229; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 402). 23

dat ons van nature dood is deur die misdade en die sondes al loop ons perd-fris en gesond hier rond. 34 En vir 'n mens dood deur die misdade en die sondes is dit onmoontlik om gelowig-gehoorsaam na Jesus te luister. Dis onmoontlik!! Net so onmoontlik soos dit vir 'n lyk is om uit sy kis te klim en van die graf af weg te loop. ******************* Nee, in plaas daarvan om gelowig te bekeer maak ons in ons geestelike doodsheid en verdorwenheid soos die ryk-jong-man en loop weg van Jesus af. En dan sê die dissipels uitermate verslae in vers 26: Wie kan dan gered word? Toepassing En ons? Het ons al by hierdie punt gekom geliefdes dat ons ons krisis so besef? Weet u: Die ryk-jong-man het in vers 17 gesê: wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? Maar 'n mens wat sy sonde-krisis werklik besef wat werklik besef dat ek sonder die lewe buite die Koninkryk in my totale verdorwenheid en geestelike doodsheid vas gevang sit 34 Vgl DL 3/4:1-5 24

sê anders. Jy sê soos die dissipels in vers 26: Wie kan dan gered word? Want jy't begin verstaan dat dit by die mens onmoontlik is. 5. En nou'sit op hierdie dieptepunt van Jesus se onderrig dat ons kom by vers 27 en die hoogtepunt van Jesus se onderrig as Jesus in vers 27 sê: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik. Openbaringshistories 35 Soos daardie keer in Gen 18 toe Sara dis nou Abraham se vrou wat nie kon kinders kry nie en in daardie stadium al oor die 90 jaar oud was net nie die belofte van die HERE kon glo dat sy 'n seun sou hê nie. Dis toe dat die HERE in Gen 18:14 gesê het: Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? 35 Waar Jesus in 27b sê dat 'wie-kan-gered-word' in die sfeer van die mens 'n saak van onmoontlikheid is, sê Jesus in 27c dat 'wie-kan-gered-word' in die sfeer van God net die teenoorgestelde is. Wanneer die verlossing van die mens en die ingang in die kk in die sfeer van God is, is verlossing en ingang in die kk nie onmoontlik nie. Die rede hiervoor gee Jesus in 27d παντα γαρ δυνατα εστι παρα τω θεω. Hierdie woorde van Jesus is nie nuut nie. Dit kom uit die OT (Evans se Mark komm bl 102): Gen 18:14 μὴ ἀδυνατεῖ παρὰ τῷ θεῷ ῥῆμα. Hierdie is die parafrase van: ה י,ר פ י ל א י מ י ה,ר ו ה,ר ד,ר ב,ר, wat die betekenis het van: 'is die saak ekstraordinêr/ wonderbaar meer as Jahwe?' Of: 'is die saak te ekstraordinêr/ wonderbaar vir Jahwe?' Hier word vermoëns vergelyk en met 'n retoriese vraag stel die HERE self dat die saak om Sara 'n seun te laat hê nie te groot vir Hom is nie (Holladay bl 291; BHNG bl 236). ἀδυνατεῖ παρὰ τῷ θεῷ se betekenis is dus dat hierdie saak vir die HERE onmoontlik is om te doen nie. 25

En 'n jaar later is Isak gebore. *************** En weet u: In die volheid van die tyd staan Jesus voor ons. Jesus uit die geslag van Abrham en Isak en Jakob en Dawid. Die ware Messias... Die Seun van die mens wat tegelyk ook die Seun van God is. want by God is alle dinge moontlik. *************** En as die apostel Paulus oor Jesus praat in 1Kor 1:24 dan noem Paulus vir Jesus: die krag van God... En dit is deur Hom deur Jesus dat ons almagtige God mense wat totaal verdorwe is dood in ons misdade en sonde bekeer. Want Hand 3:26 vertel dat God sy Kind Jesus... gestuur het om (ons) te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer. Sodat Petrus in Mark 10:28 kan sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Ons het tot bekering gekom en dissipels geword. Want by God is alles moontlik. 36 ******************* 36 Vgl Stein se Mark komm bl 473; Van Bruggen se Mark komm bl 229-230 26

Toepassing Is dit nie net absoluut wonderlik nie!!!! Maar nou'sie vraag: Het God se wonderwerk al in u en in my gebeur? Opmerking En dis belangrik! Want onthou: Dis alleen die wat gelowig na Jesus bekeer en Hom volg in 'n lewe van dissipel-wees wat by Jesus uit genade alleen die Koninkryk ontvang en ingaan. So geliefdes het dit al gebeur? God se wonderwerk van bekering in ons? Geloofsekerheid 37 Weet u: Wanneer God hierdie wonder deur Jesus doen doen Hy dit deur die Heilige Gees wat Jesus op pinksterdag uitgestort het. Hand 2 vertel daarvan. Maar belangrik dan: In Sag 12:10 profeteer die HERE oor sy Gees wat Jesus uitgestort het en dan sê die HERE: Ek sal (op julle) uitgiet die Gees van genade en smekinge... Slot En weet u: dan kan'it net nie meer anders nie. Want by God is alle dinge moontlik. 37 Vgl Berkhof, Systematic theology bl 490 27

Dan bid ons deur die Gees van genade en smekinge die woorde van Jer 31:18 Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. Opmerking En dan kan ons as dissipels luister na ons Here se troos en waarskuwing in vers 28-31. As die HERE wil kom ons volgende week daarby. Amen. Antwoorddiens Psalm as antwoord op die Woord Ps 34: 5, 8, 9 Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 61: 4, 5, 6 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 147: 1, 2 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 28