Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers 25-26. Mei 2016 Ps 104: 1, 19, 20, 21 - vooraf Ps 8: 1, 3, 4, 5, 7 - lofpsalm Ps 2: 4, 6 na wet Ps 146: 1, 3 as antwoord op die Woord Ps 65: 4, 6, 7 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 72: 2, 4 slotpsalm Lees: Mat 11:25-30 Fokus: vers 25-26 Skrifverklaring. Geliefdes hoe wonderlik is-it nie dat Jesus eenmaal in Galilea en vanoggend weer deur sy Gees met sy Woord vir ons sê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Die woorde van Mat 11:28. Toepassing En weet julle iets daarvan wys-ie Nagmaal ook vir ons. Vir elkeen wat waarlik glo en na Jesus toe bekeer met jou vermoeidheid en belastheid wys Jesus verseker Hy ons met die nagmaal: By Hom en deur sy liggaam-en-bloed aan-ie kruis het ons rus en lewe in-ie Koninkryk van God bevry van Satan dood sonde. En nou wil ons vanoggend hierby stilstaan. By Mat 11 nie net by vers 28 nie. Nee ook by die wonderlike en belangrike lering wat ons by Jesus kry hier van vers 25 af. Opmerking En dan gaan ons vanoggend eers net stil staan by vers 25-26. As die HERE wil sal ons volgende Sondag by vers 27-30 stilstaan. So ons fokus vanoggend op vers 25-26. En Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers 25-26. En dan-sit lering waarin Jesus ons meer leer oor Wie Hy is die koninkryk van God wat Jesus bring en wie daarin deel.
1. So kom ons begin by vers 25 waar Mattheus skryf: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê... En in hierdie woorde kry ons belangrike konteks waarvan ons moet weet voor ons by die lering van vers 25-26 kan kom. A. So kom ons staan by hierdie konteks stil: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê... Nou In daardie tyd... is-ie tyd van alles wat in Mat 11 gebeur. 1 Verduidelik En in Mat 11 is Jesus nog in Galilea. Dis eers in Mat 16 dat Jesus die pad vat Jerusalem toe na die kruis toe. Nou baie belangrik van Jesus se tyd in Galilea was-at Hy deur die hele Galiléa rondgegaan het en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. Mat 4:23 vertel daarvan. Ons lees-it ook in Mat 9:35 En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. En hier in Mat 11 is-it nie anders-ie. 2 Kyk in vers 1 staan daar: En toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee (ons lees daarvan in Mat 10), het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede. Verduidelik 3 En dan gaan hierdie lering en prediking van Jesus oor-ie Koninkryk van God en dat Jesus die Messias is die Christus. Die Een oor wie die HERE in Ps 2:6 sê: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Die Een deur Wie die HERE sy Koningsheerskappy in hierdie wêreld in bring. Opmerking Dis ook waaroor ons gaan leer as ons by vers 25-26 gaan stil staan. 1 25a Die voorsetsel-frase εν εκεινω τω καιρω is hier tyd-aanduidend en plaas vers 25-30 in die selfde tyd-sfeer as vers 20-24 (vgl Greek grammer beyond basics bl 372; Morris se Mat komm bl 291; Van Bruggen se Mat komm bl 202). 2 Vgl Van Bruggen se Mat komm bl 186; Ridderbos se Mat komm bl 211; Bybel in Praktyk bl 1369 3 Vgl Bybel in Praktyk bl 1369 1
Ook in vers 27-30. B. Maar kom ons gaan in so bietjie meer detail in op wat in Mat 11 gebeur. In vers 2-6 het daar dissipels of leerlinge of volgelinge van Johannes-ie doper na Jesus gekom met 'n vraag oor of Jesus waarlik die Messias is. 4 In vers 7-19 gee Jesus lering oor Johannes-ie doper. En-ie belangrike werk wat die HERE hom gegee het. Kom ons by vers 20-24 kry ons Jesus se oordeelsverkondiging oor die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het... (maar) hulle hul nie bekeer het nie. 5 C. En nou-sit direk daarna dat ons by vers 25 kom en by dit waarby ons vandag gaan stil staan. En dan skryf Mattheus: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê... Verduidelik 6 En dan's hierdie Jesus het gespreek en gesê... 'n spesiale manier van skryf waarmee Mattheus vir ons wys dat Jesus met wat hy nou gaan begin sê in vers 25 gaan reageer op wat Hy net vooraf in sy oordeelsverkondiging in vers 20-24 gesê het. En gaan ons bietjie in op vers 25-26 dat Jesus hier besig is met lofprysing. dan sien ons Bewys Kyk daar staan: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde... Verduidelik 7 En dan gaan hierdie lofprysing daaroor dat die ongeloof en die bekering-loosheid van die stede wat hulle nie bekeer het nie en die oordeel wat Jesus oor hierdie stede verkondig in vers 20-24 nie losstaan van God se soewereine verlossingsplan nie. Oorgang En dis-ie konteks van Mat 11:25-26 en Jesus se lofprysing. 4 Vgl Bybel met verklarende aantekeninge vol 3 bl 28 5 Vers 20 6 25a Die konstruk αποκριθεις... ειπεν is 'n vaste formule wat 'n frase inlei waarin iemand nou iets gaan sê of gaan reageer op iets wat net vooraf gesê is. Hier lei dit 'n gedeelte in waarin Jesus aan die Woord kom (Greek grammer beyond basics bl 649-650; Lange se Mat komm bl 213; Ridderbos se Mat komm bl 223). 7 Vgl Lange se Mat komm bl 213; Grosheide se Mat komm bl 140; Hendriksen se Mat komm bl 497; Van Bruggen se Mat komm bl 202; Verklarede Bybel bl 17 2
2. En kom ons gaan nou bietjie daarop in. Op Jesus se lofprysing in vers 25-26 en die lering daarin oor Jesus en die Koninkryk van God en wie daarin deel. Nou in vers 25 staan daar: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. En nou-sit veral as Jesus hier praat van hierdie dinge wat God verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het dat ons hier lering kry oor Jesus en die Koninkryk wat Hy bring. Hoe so? Verduidelik 8 Wel omdat Jesus met hierdie dinge praat oor die kragtige dade wat Hy in die onbekeerlike stede van vers 20-24 gedoen het. En hierdie kragtige dade is in die Mattheus-Evangelie een van die maniere waarop daar gepraat word oor Jesus se wonderwerke. 9 Maar nou'sie vraag: Waarom doen Jesus wonderwerke? Wel omdat Jesus daarmee verkondig het. Verduidelik 10 Met sy wonderwerke het Jesus gewys dat in Hom en deur Hom wat wonderwerke doen die koninkryk van God nou gekom het. Ja met sy wonderwerke het Jesus verkondig: 'Ek is die Messias die Christus wat die koninkryk bring.' En die Koninkryk is die tyd van verlossing. Dis die tyd van die vernietiging van Satan en sonde en dood en die Godddeloses. Dis die tyd van die uiteindelike aanbreek van die ewige vrede-ryk op die nuwe aarde. Hoe weet ons dit? Hoe weet ons dat Jesus hierdie boodskap met sy wonderwerke verkondig? 8 25a ταυτα = aanwysende vnw 'naby' ons mv akk van ου τος. Ek meen dat die onsydige ταυτα hier terug wys na 'n voorafgaande frase of paragraaf (Greek grammer beyons basics bl 333). Ek meen dan dat Jesus praat oor die Evangelie van die Koninkryk van God soos dit na vore kom in sy δυναμεις (vers 20-24) en τα εργα του χριστου (vers 2-6) (vgl Grosheide se Mat komm bl 140; Lange se Mat komm bl 213; Van Bruggen se Mat komm bl 203; TDNT vol 4 bl 922). 9 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 72 10 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 72-74 3
Bewys 11 Wel ons sien-it byvoorbeeld in vers 2-5. Kom ons gaan bietjie soontoe. Kyk daar in vers 2 staan daar: En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus (en dis nog 'n manier om te praat oor Jesus se wonderwerke 12 ), en twee van sy dissipels gestuur. In vers 3 lees ons van die boodskap wat Johannes-ie doper saam met sy twee dissipels gestuur het: Is U die Een wat sou kom, of moet ons n ander een verwag? Verduidelik 13 En nou kan mens hierdie vraag van Johannes verstaan hê. Hy sit op-ie oomblik in die tronk. Mat 14 vertel meer oor hoekom. Dis heeltemal onregverdig. Hy's daar want hy verkondig: 'Die Messias is hier. Die Koninkryk het naby gekom.' En dit laat hom in die tronk beland. En dan begin hy wonder En sy dissipels begin twyfel. Is Jesus die Messias? Bring Hy die nuwe tyd van verlossing en oorwinning oor die bose? Want kyk hoe gaan-it met Johannes. Dit lyk so asof-ie bose oor hom die oorhand het. En daarom-ie vraag aan Jesus: Is U die Een wat sou kom, of moet ons n ander een verwag? En kyk nou hoe antwoord Jesus. Kyk daar in vers 4-5: En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien: blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig. Verduidelik 14 Sien julle hoe moet Johannes en sy dissipels en ons agterkom dat Jesus die Messias is? Wel ons moet dit agterkom uit Jesus se wonderwerke: 11 Vgl Riddeerbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 73 12 Vgl Grosheide se Mat komm bl 140; Lange se Mat komm bl 213; Van Bruggen se Mat komm bl 203; TDNT vol 4 bl 922 13 Vgl Ridderbos se Mat komm bl 212-213; Van Bruggen se Mat komm bl 189 14 Vgl Riddeerbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 73, 77; Ridderbos se Mat komm bl 212 4
Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien: blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig. So hoekom? Hoekom moet ons nou juis uit Jesus se wonderwerke agterkom dat hy die Messias is? Wel omdat die Profete so verkondig het. Hulle het verkondig dat die tyd van die koms van die Messias 'n tyd van wonderwerke gaan wees. Dit gaan 'n tyd wees van herstel van verlossing uit die mag van die Sonde uit die mag van die bose uit die hartseer gevolge van die sonde Dit gaan 'n tyd wees van die finale betaling van die HERE se volk se sondeskuld. En die Messias se wonderwerke gaan-it wys. Openbaringshistories Hoor hoe kry mens hierdie wonderwerke waarvan Jesus praat in vers 4-5 in-ie verkondiging van-ie profeet Jesaja. I Hoor Jes 29:18 in dié dag (as-ie Mesias kom) sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien. En Jesus doen-it hê? II En in Jes 35:4-6 staan daar: Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos. Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos n takbok, en die tong van die stomme sal jubel... En Jesus doen-it hê? III In Jes 42:6-7 praat die HERE met sy Kneg sy Messias en dan sê die HERE: Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as n verbond van die volk, 5
as n lig van die nasies, om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei... En dis wat Jesus doen. En sy wonderwerke wys-it. En nou in Mat 11:2-5 as Johannes van sy dissipels stuur om te hoor of Jesus regtig die Messias is dan sê Jeus: 'Wel kyk die wonderwerke. Dis waaroor die profete geprofeteer het. Dis wat hulle gesê het die Messias gaan doen. En hier is Ek daarmee besig. Dis Ek!' Oorgang Maar nou'sit net hier dat ons moet terug gaan na vers 25. Hier waar ons vandag besig is. Kyk daar staan: In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. En nou kon ons ingaan op hierdie dinge. En dan's hierdie dinge propvol lering oor Wie Jesus is dat Hy die Messias is dat Hy die nuwe tyd van God se Koninkryk bring en dat Jesus dit verkondig ook met sy wonderwerke. 3. Maar nou's hier nog iets wat ons moet raaksien. Jesus sê hier in vers 25 dat God hierdie dinge hierdie dinge dat Jesus die Messias is en dat in en deur Hom die Koninkryk kom. Ja Jesus sê dat God hierdie dinge verberg (toe gehou 15 ) het (sodat hulle dit nie agterkom nie) vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Opmerking En net hier kry ons lering oor wie deel in die wonderlike verlossing van die Koninkryk van God. Die wyse en verstandige mense gaan-it mis. Want God verberg vir hulle Jesus. Jesus deur Wie alleen ons deel in-ie verlossing van die koninkryk. 15 25a απεκρυψας = aor ind akt 2de ev van α ποκρυ πτω met die betekenis van 'U het verberg/ toegehou' (Baljon bl 99). Saam met die voorsetsel-frase απο σοφων και συνετων het απεκρυψας... απο σοφων και συνετων dan die betekenis van 'U het weggeneem uit die gesig van σοφων και συνετων sodat hulle nie kon sien nie' (Baljon bl 542). 6
Daarenteen gaan die kindertjies daarin deel. Want God openbaar vir hulle Jesus. En bring hulle so by Jesus uit. Toepassing So hei waar pas ek en jy? By die wyses en verstandiges of by die kindertjies. Wel om-it agter te kom moet ons meer leer hê? En dan eers oor hierdie wyses en verstandiges. A. Nou binne die konteks van-ie Mattheus-Evangelie is-ie wyses en verstandiges in-ie eerste plek die fariseërs en-ie Skrifgeleerdes en die in Israel wat hulle volg. 16 Opmerking 17 Natuurlik as ons bv na 'n boek soos 1Korintiërs toe gaan dan lees ons in 1Kor 1-2 van-ie wyses en verstandiges by die Grieke. En ook vir hulle verberg God vir Jesus. Sodat hulle nie by Jesus kan uitkom nie. Maar kom ons fokus vir nou eers net op-ie wyses en verstandiges in-ie Mattheus-evangelie. Die Fariseërs en die Skrifgeleerdes. So ja hoe was hulle? Verduidelik 18 Wel hulle het nie geglo soos Paulus ons leer in Efes 2:1-3 dat ons van nature totaal verdorwe is nie geestelik dood is nie. Hulle het nie geglo soos Paulus leer in Rom 8:7 dat wat die vlees bedink (die natuurlik totaal verdorwe mens), vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. Nee hulle het geglo jy kan kies vir die goeie. Vir die wet van die HERE. En so kan jy die HERE se genade verdien. So kan jy God en die Messias beïndruk So kan jy ingaan in die Koninkryk van God. Hulle guns wen Nou dit alles het van hierdie wyses en verstandiges verskriklike self-gesentreerde mense gemaak. 16 Vgl Baljon bl 898; TDNT vol 3 bl 581, 973; Grosheide se Mat komm bl 140; Riddertbos se Mat komm bl 224; Hendriksen se Mat komm bl 499; Calvyn se komm op die sinop Evang vol 2 bl 37 17 Vgl NIDNTT vol 3 bl 1031 18 Vgl Duvenage, Die dekor van die NT bl 156-160 7
Die fokus was op EK en wat EK kan doen en nie op my krisis en my hulpeloosheid nie. Nee EK was belangrik. Dit het ook van hierdie wyses en verstandiges aaklige hoogmoedige mense gemaak. Bewys In Joh 7:49 hoor ons bv hoe hulle neerhalend uit die hoogte praat oor-ie gewone mense in Palestina as hierdie skare wat die wet nie ken nie, (hulle) is vervloek! B. En nou sê Jesus in Mat 11:25 Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense... Verduidelik So vir hierdie hoogmoedige self-gesentreerde wyses en verstandiges wat self met hulle eie goedheid die Koninkryk wil ingaan verberg God vir Jesus. God maak Jesus vir hulle toe. God laat hulle vir Jesus mis. Hoekom? Verduidelik Wel om-it agter te kom moet ons weer bietjie teruggaan die hierdie dinge waarvan Jesus praat in vers 25. Die wonderwerke van Jesus waarmee Jesus wys: 'Ek is die Messias wat die koninkryk bring verlossing bring die bose oorwin. Want dis as ons nou nog dieper ingaan op hoe Jesus Hom openbaar met sy wonderwerke dat ons gaan agterkom hoekom God hierdie dinge maw vir Jesus verberg het vir wyse en verstandige mense... So kom ons doen-it en dan blaai ons ons Bybels net so bietjie terug na Mat 8 toe. Kom ons kyk na Mat 8:16-17. Daar staan: En toe dit aand geword het, het hulle baie na (Jesus) gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. 8
Verduidelik 19 Nou net hier wys Jesus ons met sy wonderwerke dat Hy as Messias wat die Koninkryk bring en die verlossing en ons sonde en die gevolge van sonde soos siekte wegneem dat Hy dit doen nie net as Messias nie maar ook as die HERE se nederige lyende Kneg. Bewys Want as Jesus hier un Mat 8:16-17 wonderwerke doen sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. dan kom hierdie gedeelte van Jesaja wat Jesus vervul uit Jes 53. En in Jes 53 gaan-it oor-ie HERE se Messias wat tegelyk ook die HERE se lyende nederige Kneg is. Maar nou en dis belangrik Hierdie Kneg van die HERE is nie gewild nie. 20 Bewys Hoor bietjie hoe sê Jes 53:3 dit. Dis nou die gedeelte net voor Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. wat Jesus hier in Mat 8:16-17 vervul. Nou net voor dit in Jes 53:3 staan daar oor die HERE Messias en Kneg: Hy was verag en deur die mense verlaat... Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte dié het Hy gedra... Joh 1:11 praat ook oor hierdie ongewildheid van-ie Messias as daar staan: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. En dan'sit veral die wyses en verstandiges wat Jesus nie aanneem nie Hom verag. Hoekom? Verduidelik Wel omdat Jesus net-ie by jou pas as jy so wys en verstandig is nie as jy so hoogmoedig is nie 19 Vgl Van Bruggen se Mat komm bl 145, 190-191 20 Vgl Van Bruggen se Mat komm bl 145, 190-191 9
Want dan soek jy nie 'n Messias wat 'n nederige Kneg is nie. En as jy meen dat jy regtig nie so sleg is nie en vir die HERE eintlik aanvaarbaar is met wat jy doen. Waarom soek jy 'n Messias wat 'n Kneg is wat jou uit jou sonde moet bevry? Jy't dit nie nodig nie want jy's nie so sleg nie. Of so dink jy in elk geval. En dan? Wel as jy op hierdie pad volhard dan kom-ie oordeel van God oor jou. Verskriklik. 21 Dit waarvan Jesus hier in Mat 11:25 praat as hy sê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense... Openbaringshistories Dis-ie oordeel waaroor die HERE al deur Jesus in Jes 6:9-10 geprofeteer het. Hoor hoe praat die apostel Johannes daaroor in Joh 12:37-40. Hy sê: En alhoewel (Jesus) so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Toepassing 22 So geliefdes wie deel in die wonderlike verlossing van die Koninkryk wat Jesus bring? En wat Jesus in sy wonderwerke verkondig en wys? Wel nie die verstandiges en wyses nie. Want in Mat 11:25 sê Jesus: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense... En dadelik wil mens sê: 'sjoe ek is darem nie soos hulle nie.' Regtig nie? Ons moet mooi dink geliefdes. 21 Vgl Young se Jes komm vol 1 bl 256, 258; Comm on the NT use of the OT bl 151-152, 154-158 22 Vgl Keller, Center Church, bl 48-49, 50-51, 65 10
Bewys I Want sien ons nie ook die selfde gesindheid van die wyses en die verstandiges ook by ons as ons baie klem lê op regte liturgie en leer nagmaal met beker en geen vrouens in die amp nie. Wat reg is. Maar in tussen leef ons sonder ware selfopofferende liefde vir mekaar en dien van mekaar want ek is te belangrik en my tyd is te min. II En sien ons nie die hoogmoed van die wyses en die verstandiges by ons as ons hierdie siek dopper trotsheid het waarin net ons reg is en ons kerk die regte een is. In plaas daarvan dat ons fokus op die ware eienskappe van die Kerk en ons eie krisis besef III En as ek altyd probeer in wees? En altyd probeer om deur almal rondom my aanvaar te word al moet ek die verkeerdste goed doen? Is-it nie die selfde as die wyses en die verstandiges wat dink dat hulle by God in is oor dit wat hulle doen nie. IV En as ek die heeltyd met skuldgevoelens rondloop? My self maar net nie kan vergeef nie? Is-it nie omdat ek maar nes die wyses en verstandiges is wat met my goeie regte lewe God se genade wil verdien nie? Maar dit dan nie reg kry nie. V Of as jy heeltyd dink jys' 'n mislukking? Hoekom? Omdat jy dink soos die wyses en die verstandiges dat jy eers iets is as jy jou self daar in gepresteer het? VI En is daardie selfde hoogmoed van die wyses en die verstandiges nie ook by ons as ons dink dat ons as Afrikaners beter is as die ander volke in hierdie land bv die Kôsas of die Sotho volke want wat het hulle nou al tot stand gebring Niks!! En kyk net na die Afrikaner se prestasies. So asof dit wat ons is en het 11
nie net mooi alles genade is nie. Opmerking En genade is nou maar een maal iets wat jou trots van jou af weg vat en van jou 'n dienaar maak. So ja geliefdes waar staan ek en jy? Weet jy ons kan baie vroom sê ons glo in Jesus en ons is in die Kerk en allerhande sulke goed. Maar ken ons Jesus werklik. Of ken ons Hom maar net soos die fariseërs en die Skrifgeleerdes die wyses en die verstandiges wat geleef met met ek in die middelpunt van my lewe en ek is eintlik nie so sleg nie en ek kan vir God aanvaarbaar wees 'n bose gesindheid wat op allerhande maniere manifesteer en maak dat ons nooit werklik by Jesus uitkom nie. Al sit ons in die kerk. Oorgang Ons moet mooi dink ons self ondersoek. En luister na Jesus se lofprysing hier in vers 25 waar Hy sê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja dis wie sal deel in die verlossing en die Koninkryk wat Jesus bring. Die kindertjies want God sal Jesus aan hulle openbaar en hulle so na Jesus toe bring. Maar wie is hierdie kindertjies en hoe is hulle? 4. Wel kom ons gaan nou daarop in. Op wie hierdie kindertjies is. Verduidelik 23 Die Griekse woord is νη πιος (neepios). En 'n νη πιος is regtig sommer 'n klein kindjie. Eintlik nog 'n babatjie. En hoe is babatjies? Wel in hulself hulpeloos hulpbehoewend swak totaal afhanklik. 23 25a νηπιοις = nw mv ml van νη πιος, met die betekenis van 'aan kinders' (TDNT vol 4 bl 920, 922). Hierdie kinders is nog baie klein... so klein dat hulle dalk nog nie eers kan praat nie (Baljon bl 639). Die basiese betekenis van νη πιος is babatjie en wys figuurlik op totale hulpeloosheid, hulpbehoewendheid en swakheid (NIDNTT vol 1 bl 281) 12
Hulle is net so totaal anders as die wyses en verstandiges dink hulle is. Wyses en verstandiges kan self. Kindertjies babatjies kan niks. Toepassing En weet julle dis vir ons wat op daai punt gekom het van ek kan nie. Ek is verlore. Ek is niks Ek kan nie uit my verlorenheid kom nie. Ek kan nie vir God op enige manier tevrede maak nie. Glad nie. Ek kan nie self God se genade verdien nie. Ek kan nie self in die Koninkryk van God ingaan nie. Dis vir ons dat God ook vanoggend Jesus kom wys. Ons oë oop maak om Jesus te sien Jesus aan ons openbaar Dis wat Jesus hier in vers 25 sê. En Jesus kan Hy kom doen in ons plek wat ons nie kan nie. Hy kom verlos uit genade alleen. En Hy kan want hy's God. Opmerking As die HERE wil sal ons dit volgende week in vers 27 mooi raaksien. Oorgang En dis-ie lering wat ons hier uit vers 25 vanuit Jesus se lofprysing moet kry. Met sy wonderwerke wys Jesus: 'Ek is die Messias. Ek is die HERE se lydende Kneg wat kom verlos en jou laat deel in die koninkryk wat Ek bring.' En hierdie waarheid openbaar God aan kindertjies. Maar God hou dit toe vir hoogmoedige self-gesentreerde mense wat self probeer om God tevrede te stel. Dis wat ons in vers 25 by Jesus moet leer. Maar dan gaan Jesus aan en Hy sê in vers 26: Ja, Vader, want so was dit u welbehae. 5. En kom ons staan tenslotte gou hierby stil. Want hier kry ons nog meer lering oor wie deel in die koninkryk van God. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Verduidelik 24 En dan's hierdie welbehae van God 24 26a ευδοκια = nw vl ev met die betekenis in hierdie konteks van 'soewereine wil/ besluit/ raadsplan'. Hierdie besluit is dan dit wat Jesus in 25c-d gesê het (Baljon bl 385; TDNT vol 2 bl 744, 747; Grosheide se Mat komm bl 140; Morris se Mat komm bl 293). 13
God se soewereine onveranderlike wil. Ons kan ook sê dis God se raadsplan. Van wat? Wel dit wat Jesus God voor loof en prys in vers 25: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Verduidelik 25 So sien julle wat is God se wil. God se raadsplan. God se verlossingsplan. Dis verlossing en deel hê aan die Koninkryk nie uit ons eie werke nie. Nie uit onsself nie. Nie uit dit wat ek is of doen nie. Nee God se wil is verlossing vir hulpeloses verlorenes uit genade alleen deur Jesus alleen wat God alleen aan ons openbaar. Ja die lering wat ons hier by Jesus in vers 25 kry is die selfde as waarvan Paulus praat as hy in Rom 3:28 sê: Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Want geloof laat jou bekeer jou doelbewus breek hoe langer hoe meer van elke stukkie selfvertroue om jou dan te laat vasgryp te laat vertrou op Jesus alleen om jou te verlos en te laat deel in die Koninkryk van God. Ja dit is God se welbehae sy onveranderlike plan van verlossing. Toepassing Daarom geliefdes dis so belangrik. Jesus het dit gesê in Mat 18:3 Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! En hier in Mat 11:25-26 sê Hy: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. 25 Vgl Grudem, Systematic Theology An Introsuction to Biblical doctrine, bl 201; Beeke&Jones, A Puritan Theology, bl 515. 14
Slot So dis-ie Lering van Jesus in Mat 11:25-26. I Hy alleen is die Messias. Wat ons verlos en ons laat deel in die koninkryk wat hy bring. II En God openbaar Hom Jesus alleen aan kindertjies. Aan ons wat ons hulpeloosheid en verlorenheid besef. III Dit is God se onveranderlike raadsplan. Daarom laat ons tog verander en soos die kindertjies word... En dan as ons dit doen? Weet jy ook dan het God ons in ons hulpelose hoogmoed uit genade alleen in kindertjies verander. Bewys 26 Hy't dit beloof in Sef 3:11-12. Dis waar die HERE sê: Op dié dag... sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. En Ek sal tussen jou in laat oorbly n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek. Amen. 26 Vgl Beeke&Jones, A Puritan Theology, bl 511 15