Mattheus 7:1-5 Breek radikaal met n lewe van god-en-regter-wees oor ander en leef radikaal nuut vir God. Dit moet uitkom in nederig-sagmoedige dien van mekaar in die stryd teen ons sonde. Oktober 2018 Ps 70: 1, 2 vooraf Ps 71: 1, 9, 14 lofpsalm Ps 32: 2, 3 na wet Ps 51: 5, 6 as antwoord op die Woord Ps 18: 1, 12, 13 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 slotpsalm Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 1-5 Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie... Verduidelik 1 En dan-sit nes in Mat 6:19. Jesus sê daar: Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie. Dis nes in Mat 6:25. Jesus sê daar: Moenie julle kwel oor... wat julle sal eet en wat julle sal drink... (en) wat julle sal aantrek nie. Want daai Moenie... bymekaarmaak... nie en Moenie julle kwel... nie en Moenie oordeel nie... kan ons ook vertaal met: Hou op om bymekaar te maak Hou op om julle te kwel Hou op om te oordeel. So wat sê Jesus hiermee? Wel dat skatte-op-aarde versamel en bekommernis en oordeel sondes is waarmee ons besig is. En ons moet ophou daarmee. B. So nou was ons al by Mat 6:19 se Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie en by Mat 6:25 se Moenie julle kwel... nie. 1 μη κρινετε = μη + praes imperat κρινετε. Met hierdie soort konstruksie bevel Jesus ons om op te hou met iets waarmee ons besig is (Jordaan, Die Binnewerk van die Griekse Taal, bl 35).
Maar wat beteken-it as Jesus in Mat 7:1 vir ons sê: Moenie oordeel nie... Verduidelik 2 Wel as jy oordeel dan-t jy hierdie standaard hierdie wet. En dan doen iemand iets. En dan meet jy daai ou en wat hy gedoen het met jou wet. Jy toets hom. En dan? Wel as hy hy oortree dan bevind jy hom skuldig en jy vonnis hom. Jy spreek n oordeel oor hom uit. En nou sê Jesus in vers 1: Luister hou op daarmee. Nou vir baie ouens pas dit wat Jesus hier sê perfek in hulle kraal in. Want as jy my nie mag oordeel nie dan kan ek my lewe nogal heel gemaklik inrig soos ek wil. Verduidelik 3 En in ons tyd werk ons baie maal met hierdie ding. I Ek sal iets sê soos: Ons familie praat-ie oor kerk en politiek nie. Ons dink te verskillend. Elkeen het sy eie opinnie. En dis oraait. Want Jesus sê mos: Moenie oordeel nie... III 4 Of ons sal by die sinodes hoor: Nou is-ie die tyd om te verskil oor goed soos vrou-in-die-amp nie. Eenheid is nou belangriker en goed soos armoede en so. En regtig ons kan mos maar vesrkil. Jesus het mos gesê: Moenie oordeel nie... IV Dis wa-die gay-ouens ook sê. Ek hou van my self soos ek is. En Jesus het gesê: Moenie oordeel nie... V 5 Nog ander ouens sal sê: Solank jy net opreg is dan maak waarheid nie so baie saak nie. 2 Vgl NIDNTT vol 2 bl 361; Nolland se Mat komm bl 318; Van Bruggen se Mat komm bl 125. 3 Vgl Nolland se Mat komm bl 318. 4 Vgl Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 475 5 Vgl Carson, Telling the Truth Evangelizing postmoderns, bl 58 1
En Jesus het mos gesê: Moenie oordeel nie... VI 6 Party ouens trek dan-ie lyn konsekwent deur. En as jy dan sê: (Jesus) is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur (Hom) nie. 7 En: En die saligheid is in niemand anders nie... 8 dan sê hulle: jy-s liefdeloos. Jy-s n fundamentalis. Jy-s eintlik niks anders as-aai Alkaida-en-ISIS-ouens met hulle baarde en AK 47 s nie. Mense soos jy is n bedreiging vir vrede. Want jy s te vas in jou dink-en-doen. En het jou Jesus nie gesê: Moenie oordeel nie... C. Maar nou-sie vraag: Is-it die ding wat Jesus in Mat 7:1 bedoel as Hy sê: Moenie oordeel nie... Wel nee! Verduidelik 9 I As Moenie oordeel nie... beteken ons mag nooit wat iemand doen beoordeel en selfs ook veroordeel nie dan sou Jesus nie net n bietjie verder aan in Mat 7:15 kon sê nie: Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Opmerking Nou hierdie is nie nie oordeel nie. Hier spreek Jesus n baie sterk oordeel uit. Hy noem ouens valse profete. Wrede wolwe wat lieg en bedrieg. II En as ons nooit mag oordeel nie hoe gaan-it moontlik wees om Jesus se bevel in Mat 18:15-17 uit te leef. Want daar praat Jesus van jou broer wat teen jou sondig. En jy wat na hom toe moet gaan en hom moet gaan bestraf. Opmerking Nou weereens dis nie nie oordeel nie. 6 Vgl Carson, Telling the Truth Evangelizing postmoderns, bl 47 7 Joh 14:6 8 Hand 4:12 9 Vgl Nolland se Mat komm bl 318; Van Bruggen se Mat komm bl 124; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 345 2
III En as Jesus hier in Mat 7:1 leer dat ons nooit mag oordeel nie dan kon die Heilige Gees nie vir Paulus in 1Kor 6:10 geïnspireer het om te skryf: Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete (omeseksueles) of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Opmerking Nou hierdie is regtig om n oordeel oor hierdie soorte van lewe uit te spreek. Dis om te sê jy gaan hel toe as jy aanhou hiermee. So nee. As Jesus in Mat 7:1 sê: Moenie oordeel nie... dan beteken-it nie: Nooit enige oordeel nie. Of: Hou op om te oordeel Nee! Daar s situasies en tye waarin ons moet oordeel. Maar wat beteken-it dan Moenie oordeel nie...? as Jesus sê: * * * * * Verduidelik Wel dit het alles te doen me-daai belangrike waarheid daai groot tema van ons nuwe dissipel-lewe waarmee Jesus in-ie tweede deel van sy Berg-predikasie besig is. Daar van Mat 5:13 af. Dit het alles te doen me-daai belangrike waarheid daai groot tema van ons nuwe dissipel-lewe moet lewens wees van radiakle God-gesentreerdheid radikale oorgawe aan God radikale Koninkryk-soek. Dit waarmee Jesus veral van Mat 6:1 af besig is. 1. So kom ons gaan in op-ie Konteks van Mat 7:1-5 want dan gaan ons-it sien. A. En dan-sie eerste ding by die Konteks die manier waarop Jesus begin praat in Mat 7. Daai Moenie oordeel nie... 3
Verduidelik 10 Dis Jesus se derde moenie. In Mat 6:19 was-ie eerste een: Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde... nie. Die tweede een was in Mat 6:25 Moenie julle kwel... nie. En nou gee Jesus sy derde moenie in Mat 7:1 Moenie oordeel nie... So wat sê-it? Wel hierdie moenies pas by mekaar. En al Jesus se moenies pas in by dit waarmee Hy van Mat 6:1 af en spesifiek van Mat 6:19 af besig is. Daai groot waarheid van: dissipels leef radikaal God-gesentreerd. Ons breek met alles wat nie daarmee saam gaan nie. B. Hier-s nog iets van-ie Konteks. Van Mat 6:19 af wys Jesus ons dat wanneer jou lewe sonder God-gesentreerdheid is wanneer jy leef sonde radikale oorgawe aan God dan-sit omdat jy n oog-krisis het n kyk-probleem n sien-probleem. Ons kan ook sê: Dis omdat jy n lewensbeskouing-krisis het. Verduidelik 11 Wat-s lewensbeskouing nou weer? Dis hoe jy die wêreld sien en verstaan. Dis hoe jy God sien en verstaan. Dis hoe jy jouself sien en verstaan. En as hierdie lewensbeskouing van jou nie reg is-ie dan kom jy nie uit by n radikaal nuwe dissipel-lewe van God-gesentreerdheid nie. Dis wat Jesus van Mat 6:19 af wys. Bewys 12 I Kyk-aar in Mat 6:22-23 sê Jesus: Die lamp van die liggaam is die oog. Jou lewensbeskouing. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees... 10 Vgl Turnur se Mat komm bl 203; Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 477; Hendriksen se Mat komm bl 356 11 Vgl De Klerk, Duvenage, Van Wyk, Roeping en Werklikheid, bl 11. 12 Vgl Turnur se Mat komm bl 203; Nolland se Mat komm bl 321 4
II In Mat 6:26&28 kry ons-it weer. Daar s weer n kyk-krisis. n Verkeerd-kyk-krisis. Daarom-at Jesus sê: Kyk na die voëls van die hemel... Let op die lelies van die veld... III En hier in Mat 7:1-5 is-it weer so. Hier-s weer n lewensbeskouing-krisis n oog-probleem n sien-krisis. Kyk-aar in vers 3 sê Jesus: En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? So wat sê-it? Wel-it wys: Mat 6:19-24 en Mat 6:25-34 en Mat 7:1-5 pas by mekaar. Daai lewensbeskouing-ding bind hierdie gedeeltes bymekaar. Jesus wys ons elke keer hoe belangrik lewensbeskouing is vir n nuwe dissipel-lewe van God-gesentreerdheid van radikaal oorgee aan God van Koninkryk-soek. n Regte lewensbeskouing laat jou breek met alles wat nie hiermee saamgaan nie. Oorgang In Mat 6:19-24 was-it breek met n lewe vir aardse-skatte. In Mat 6:25-34 was-it breek met n lewe vir basiese behoeftes. Hier in Mat 7:1-5 is-it Breek radikaal met god-en-regter wees oor ander se lewens. Breek daarmee en leef radikaal vir God. n Lewe van dien-mekaar in-ie stryd teen ons sonde. 2. So kom ons gaan nou hierop in. Eerste op-aai: Breek radikaal met God-en-regter wees oor ander se lewens. Wan-it het niks te doen met n nuwe dissipel-lewe van radikaal vir God nie. Kyk in vers 1 sê Jesus: Moenie oordeel nie... Of: Hou op oordeel. Opmeking En nou-t ons mos gesien Jesus bedoel belis nie dat ons nooit ooit mag oordeel nie. Maar hoe pas hierdie nou in by Breek radikaal met God-en-regter wees oor ander se lewens. 5
Hoe pas Moenie oordeel nie... in by daai groot waarheid waarmee Jesus van Mat 6:1 af besig is. Daai waarheid van radikaal vir God? Kom ons kyk. A. Nou as ons Skrif met Skrif vergelyk sien ons Jesus praat oor hierdie Moenie oordeel nie... ook in Luk 6:37. Net vooraf in Luk 6:35-36 sê Jesus: Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees, want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes. Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. Net daarna in Luk 6:37 sê Jesus dan: En julle moet nie oordeel nie... Verduidelik 13 So sien julle? Jesus se julle moet nie oordeel nie... maak jy nie los van Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. Dis goed wat net altyd saamgaan. So wat sê-it? Wel da-die oordeel waarmee ons moet ophou n oordeel is waarin daar nie barmhartigheid is-ie. Dis n oordeel sonder omgee-liefde sonder genade. En dis wat Jesus hier verbied. Hou op om te oordeel oor ander ouens met n oordeel waarin daar geen barmhartigheid geen omgee-liefde geen genade is nie. B. En by dit: Oordeel sonder barmhartigheid sonder omgee-liefde sonder genade is ook n oordeel waarin niks van vergewe is nie. 14 13 Vgl Ridderbos se Mat komm bl 147; Morris se Mat komm bl 164-165; Hendrikse se Mat komm bl 356-357 14 Vgl TDNT vol 4 bl 634; NIDNTT vol 3 bl 402; Turnur se Mat komm bl 205; 6
Bewys Want barmhartig-wees gaan altyd saam. en vergifnis gee Ons sien-it in Mat 18 as Jesus daar vertel van n ou wat nie wou vergewe nie. In Mat 18:33 word daar vir-aai ou gesê: moes jy nie... ook barmhartig (ge)wees... het nie? So ja dis waaroor-it gaan as Jesus in Mat 7:1 sê: Moenie oordeel nie... Oorgang Wat Jesus hier sê is-at ons radikaal moet breek met ons sonde-lewens van oordeel sonder barmhartigheid. Ons moet regtig radikaal daarmee breek. Want dit het absoluut niks te doen met n nuwe dissipel-lewe van God-gesentreerdheid nie. Dit het niks te doen met n lewe radikaal vir God nie. 3. Kom ons gaan dieper hierop in. Jesus roep ons op om radikaal te breek met oordeel sonder barmhartigheid. Want dit het niks te doen met n nuwe dissipel-lewe radikaal vir God nie. Hoe so? Wel Jesus wys-it deur Jakobus in Jak 4:11-12. Opmerking Julle kan soontoe blaai as julle wil. Kyk-aar staan: Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel en dan gaan-it hier ook oor-aai oordeel sonder barmhartigheid en vergifnis 15 spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie n dader van die wet nie, maar n regter. Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat n ander oordeel? 15 Vgl Grosheide se Jak komm bl 398-399 7
Verduidelik 16 Sien julle wat doen jy as jy oordeel Me-daai oordeel sonder barmhartigheid. Jakobus sê jy oordeel God se wet. So op-aai oomblik as jy besig is met jou onbarmhartige oordeel sê jy me-daai daad van jou: God jou wet is sleg. Ek soek-it nie. Hoekom nie? Wel omdat Jesus/God in Luk 6:36 beveel: Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is en in Efes 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. Maar nou-sek nie tevrede hiermee nie. Ek verwerp-it. Want ek wil n lewe leef van oordeel sonder barmahartigheid en vergifnis. Maar nou gaan Jakobus verder. Hy sê: Dié wat... sy broeder oordeel... oordeel die wet. En kyk wat sê Jakobus nou: en as jy die wet oordeel, is jy nie n dader van die wet nie, maar n regter. Verduidelik 17 Sien julle? Wanneer ek leef met hierdie onbarmhartige oordeel dan verwerp ek God en sy wet. En ek maak van my self n regter. Ek doen wat God alleen veronderstel is om te doen. 18 Ek wil self God en regter wees. Sien julle watter afskuwelikheid ons aanvang wanneer ons leef met oordeel oor ander sonder barmhartigheid. Ons verwerp God en Jesus en sy wet. Ons maak van ons self gode en regters en wetgewers. Dis verskriklik! Dis om kant te kies teen God vir Satan. Dis om te leef met Satan se leuen daar in Gen 3:5. Daai leuen van julle sal soos God wees... 16 Vgl Grosheide se Jak komm bl 398-399; Verklarende Bybel bl 334; Macarthur se Mat komm bl 433. 17 Vgl Grosheide se Jak komm bl 398-399; Verklarende Bybel bl 334; Macarthur se Mat komm bl 433. 18 Gen. 18:25 8
Oorgang En dit het net mooi niks te doen met n nuwe dissipel-lewe van radikale oorgawe aan God nie. Daarom dat Jesus hier in Mat 7:1 sê: Moenie oordeel nie... 4. En dis so belangrik! So dringed. Ons sien-it daar in-ie res van vers 1. Kom ons fokus daarop. A. Kyk Jesus sê: Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Verduidelik 19 Sien julle hoekom is-it so belangrik om op te hou me-daai oordeel sonder barmhartigheid? Wel gaan aan. Probeer-it En-ie gevolge gaan verskriklik wees. Want ek en jy wat gaan aanhou om so te oordeel gaan ook geoordeel word. Deur wie? Verduidelik 20 Wel deur God. God is-ie die Regter van die ganse aarde... sê Gen 18:25. En God sal hierdie oordeel deur Jesus doen. Bewys In Hand 10:42 staan daar dat dit Jesus is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. En dis verskriklik as Jesus nie meer jou Verlosser is nie maar jou Regter wat jou gaan veroordeel. B. Kyk bietjie in vers 2 hoe Jesus-it gaan doen. 21 Jesus sê daar: Want met die oordeel waarmee julle oordeel, 19 ινα by ινα μη κριθητε (1b) is hier doel en gevolgaanduidend (vgl Greek Grammar beyond basics bl 472-473; Turnur se Mat komm bl 204) 20 Die Agent by die passiewe ww κριθητε (1b) is God (vgl Greek Grammar beyond basics bl 437; Turnur se Mat komm bl 204; Grosheide se Mat komm bl 88; Morris se Mat komm bl 165). Dat Jesus die Een is deur Wie God sy oordeel voltrek, vgl ook Grudem, Systematinc Theology An Introduction to Biblical Doctrine, bl 1143. 21 Met γαρ (2a) lei Jesus n sin in waarmee Hy verduidelik hoe die oordeel van 1b gedoen gaan word (vgl Greek Grammar byond basics bl 673; Hendriksen se Mat komm bl 357). 9
sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. Verduidelik 22 So met watter soort oordeel oordeel ons? Met watter soort maatstaf meet ons? Wel me-daai oordeel wat alle barmhartigheid alle omgee-liefde alle genade alle vergifnis uitsluit. En nou sê Jesus: met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word... Sien julle hoe Jesus vir my en jou wat leef me-daai oordeel sonder barmhartigheid gaan oordeel? Net soos ons geen barmhartigheid en vergifnis in ons oordeel gehad het nie so sal Jesus ook-ie barmhartigheid en vergifnis hê nie. Dis verskriklik. Om die minste daarvan te sê. Hierdie moet mens regtig bang maak. C. En wat daarby kom is-at hierdie oordeel van Jesus nou al reeds oor ons kom. 23 Bewys I Openb 6 vertel van Jesus se oordeel in goed soos oorloë siektes swak ekonomie werkloosheid te min kos. II In 1Kor 11 vertel Paulus van Jesus se oordeel in-ie kerk van Korinte. En dan sê hy in 1Kor 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en n aantal het (dood gegaan). III In 1Pet 3:12 vertel Petrus dat Jesus in sy oordeel nie ons gebede verhoor nie. En dan kom alles tot een verskriklike hoogtepunt in Jesus se eindoordeel by sy wederkons as Hy die Koninkryk finaal laat kom. En-ie straf van Jesus se eindoordeel is-ie hel. 24 22 Die datiewe van vers 2 κριματι μετρω is datiewe van standaard (vgl Greek Grammar beyond basics bl 157-158; Morris se Mat komm bl 165). 23 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 4 v/a 10; Grudem, Systematinc Theology An Introduction to Biblical Doctrine, bl 1141. 24 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 4 v/a 10; Grudem, Systematinc Theology An Introduction to Biblical Doctrine, bl 10
Verduidelik I In Mat 25:30 praat Jesus oor die hel as die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. II In Mat 25:41 praat Jesus oor die hel as die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. III In Mat 25:46 sê Jesus dis die ewige straf... D. Nou hierdie is erg. Dis verskriklik. So waar staan ek en jy? Hoe lyk ons lewe? Leef ons me-daai oordeel van niks barmhartigheid niks vergifnis? Weet julle hoe maklik doen ons-it? Kom ons kyk na n paar voorbeelde om ons te help met self-ondersoek. Want hierdie is regtig baie belangrik. I Hier-sie eerste voorbeeld: Ek en hierdie ou verskil met mekaar. Nogal ernstig. Ons kom-ie oor-ie weg-ie. En dan? Wel ek dink al hierdie aaklige goed oor hom in my kop. Ek lees allerhande motoewe in-it wat hy doen. Al kan ek-it nie bewys nie. En dan-saar hier in my kop Dis al. Daar-sie barmhartigheid nie. Daar-sie vergifnis nie. daai veroordeling. Jesus sê: Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Jesus sê: met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word... II 25 Of ek sal iets sê soos: Mens doen-ie Evangeliesasie by swart mense nie. Hulle kan nie gered word nie. Sien julle die oordeel wat ek hier uitspreek? 1141. 25 Vgl Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 485 11
Dis sonder barmhartigheid sonder omgee-liefde. Vir my part kan n hele klomp mense maar hel toe gaan. Dit gaan my nie pla nie. Jesus sê: met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word... III 26 Of ek sien hierdie ou by die kerk. Hy lyk-ie goed nie. Lang hare. Sy klere lyk na my mening ok-ie reg vir erediens nie. En dan? In my kop veroordeel ek hom sonder barmhartigheid as iemand wat nie respek het vir-ie HERE nie. Maar het ek al na hom toe gegaan? Het ek al met hom gepraat? Het ek al uitgevind oor sy verhouding me-die HERE? Het ek al gaan hoor hoe ek hom kan dien? Jesus sê: met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word... IV 27 Of: Wat doen ek as ek watsapp s vir n ou skryf waarin ek hom afkraak en sleg sê? Of: wat doen ek as-ie eerste ding wat ek dink as ek n bedelaar sien is: Ja dis jou luiheid wat jou hier het. En al wat jy soek is geld vir drugs. Wat het ons in hier gedoen? Wel geoordeel uit hoogmoedigheid sonder barmhartigheid. Jesus sê: met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word... V Of daar s hierdie spesiale goed waarvoor ek net nie genade het nie. Ek praat nie met n gay-ou nie ook-ie met n ou wat HIV-positief is nie of so iets. So hoekom? Om met n gay-ou te praat is mos-ie om te sê ek keer jou sonde goed nie. 26 Vgl Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 485 27 Vgl Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 483; Keller, Center Church, bl 49, 65 12
Wat daai ou juis nodig het is-at iemand in nederige-liefde sy sonde uitwys en Jesus aan hom verkondig. Oorgang Nou hierdie is net n paar voorbeelde om te wys hoe manifesteer hierdie oordeel sonder barmhartigheid. Hierdie sonde-lewe van my eie god-en-regter wees. Hierdie lewe wat net mooi niks te doen het met n nuwe dissipel-lewe nie van radikaal oorgee aan God. En tog doen ons-it so ontsettend maklik. Hoekom? Wel dit wys Jesus as ons nou aangaan na vers 3-4. 28 5. So kom ons staan stil by vers 3-4 en hoekom ons so maklik leef met god-en-regter wees van my eie lewe so maklik leef met oordeel sonder barmhartigheid. A. Kyk na vers 3. Jesus sê daar: En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Verduidelik 29 Sien julle wat wys Jesus hier? Ons sien nie reg nie. Ons merk nie reg op nie. Ons sien n klein splinter in iemand anders se oog. Maar ons sien nie hierdie reuse balk in my eie oog nie. So ons sien-ie reg nie. En nou gaan hierdie sien oor ons lewensbeskouing. So dis net soos by Mat 6:19-24 en by Mat 6:25-34. Jesus wys ons ons lewensbeskouing-krisis. Terugblik I 30 Ons lewensbeskouing-krisis in Mat 6:19-24 is-at ons die wêreld nie reg sien nie. Ons dink-ie wêreld kan ons vol maak met lewe met vreugde met rykdom. En dan leef ons daarvoor. 28 Met δε by τι δε βλεπεις το καρφος το εν τω οφθαλμω του αδελφου σου... (3a) lei Jesus n verduidelikende sin in. Jesus verduidelik in vers 3-4 waarom ons so sonder barmhartigheid en sonde vergewensgesindheid oordeel (vgl. Greek Grammar beyond basics bl. 671, 673; Morris se Mat komm. bl. 166; Grosheide se Mat komm. bl. 86-87; France se Mat komm. bl. 275). 29 Vgl. Turnur se Mat komm. bl. 203; Nolland se Mat komm. bl. 321 30 Vgl Mattheus 6,19-24.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php. 13
II 31 Ons lewensbeskouing-krisis in Mat 6:25-34 is-at ons God nie reg sien nie. Hy is-ie vir ons werklikheid nie. Ons leef-ie me-die werklikheid dat God almagtig-soewerein in beheer is nie en ons versorg nie. En dan? Wel as ons God nie reg sien nie dan sien ons net basiese-behoeftes kos klere. En dan leef ons daarvoor. B. So wat wys Jesus in Mat 7:3-4 oor ons lewnesbeskouing-krisis? Terugblik Wel ons sien en verstaan die wêreld nie reg nie. Dis Mat 6:19-24. Ons sien God nie reg nie. Dis Mat 6:25-34. Hier in Mat 7:3-4 wys Jesus ons: Ons sien ons self nie reg nie. Opmerking Kom ons gaan bietjie dieper hierop in. Kyk weer na vers 3. Jesus sê: En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Verduidelik I 32 Nou die eerste ding is: Dit gaan-ie hier oor n letterlike splinter en balk nie. Jesus vertel ons hier n klein gelykenissie. n Storetjie met n les. II 33 Waaroor? Wel die En aan die begin van vers 3 wys ons. En bind vers 3-4 aan vers 1-2. Met daai En sê Jesus: luister Ek gaan nou met hierdie storetjie vir julle iets leer oor-aai sonde-lewe van julle van ek is my eie god-en-regter van ek oordeel sonder barmartigheid. 31 Vgl Mattheus 6,25-34.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php. 32 Vgl. NIDNTT vol 1 bl. 118, vol 2 bl. 749; France se Mat komm. bl. 275 33 Vgl. voetnoot 28 14
III 34 En wat Jesus ons dan leer is: Julle het n lewensbeskouing-krisis. Julle sien julle self nie reg nie. Want julle sien nie julle eie sonde nie. IV 35 So daai balk waarvan Jesus in vers 3 praat wat ek-ie sien nie is my sonde-lewe waarin ek my eie god-en-regter is en oordeel sonder barmhartigheid. En hierdie sonde-krisis sien ek nie. So sien julle wat doen Jesus? Jesus wys ons ons lewensbeskouing-krisis. Dis-ie krisis van: Ek sien myself nie reg nie. Ek sien nie my eie sonde nie. Ek-s blind daarvoor. C. Maar nou-saar nog iets. Ek-s blind vir my eie sonde. Dis vers 3. Maar my sonde maak my ook blind. 36 En dit wys Jesus ons in vers 4. Kyk Jesus sê daar: Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Verduidelik I 37 Wel dis net totaal absurd stupid. Hoe kan jy daai delikate operasie doen van splinter-verwydering terwyl hierdie reusagtige balk in jou eie oog jou verblind. II 38 Nou daai balk is my sonde van my eie god-en-regter wees. Dis my sonde van oordeel sonder barmhartigheid. En-it maak my blind. Openbaringshistories 39 Weet julle dis presises wat Ps 115:4-8 sê. Jy word soos jou god. 34 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 319; Turnur se Mat komm. bl. 205-206; Hendriksen se Mat komm. bl. 338; MacArthur se Mat komm. bl. 435. 35 Vgl. Van Bruggen se Mat komm. bl. 125-126 36 Vgl. Morris se Mat komm. bl. 166-167; Van Bruggen se Mat komm. bl. 125-126; Turnur se Mat komm. bl. 205; Lloyd- Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl. 495-496. 37 Vgl. Morris se Mat komm. bl. 166-167; Van Bruggen se Mat komm. bl. 125-126; Turnur se Mat komm. bl. 205; Lloyd- Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl. 495-496. 38 Vgl. Van Bruggen se Mat komm. bl. 125-126 39 Vgl. Beale, We become what wê Worship, 41-70, 166. 15
Opmerking As julle wil kan julle gou soontoe blaai. Blaai Kyk daar staan: Hulle afgode is silwer en goud, n werk van mensehande. Hulle het n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word elkeen wat op hulle vertrou. Verduidelik En nou-t ek met my oordeel sonder barmhartigheid my eie god-en-regter geword. En dan word ek al meer soos ek. En hoe is ek? Wel van nature geestelik-blind. Van nature totaal verdorwe. Van nature geestelik dood sê Paulus in Efes 2:1-3 Van nature iemand wat leef met die leuen van Satan in Gen 3:5. Daai leuen van julle sal soos God wees... En dan? Wel dan is ek blind vir my sonde van oordeel sonder barmhartigheid. Dan-s ek blind vir my sonde van my eie god-en-regter wees. En hierdie sonde maak my net nog meer blind. Oorgang Sien julle hoe goed is Jesus? Hy wys ons ons lewnesbeskouing-krisis. Hy wys ons: Julle sien julself nie reg nie. Julle sien nie julle sonde van ek is my eie god-en-regter wat n lewe leef van oordeel sonder barmhartigheid. Jesus wys ons hoe hierdie sonde ons net al meer blind maak. 16
Maar nou doen Jesus nog iets. Ons sien-it as ons van vers 3-4 aangaan na vers 5 toe. Jesus wys ons nie net ons lewensbeskouing-krisis nie. Nee Hy roep ons ook op om daarmee te breek. 6. So kom ons staan daarby stil. By vers 5 en Jesus se oproep om radikaal te breek met ons lewensbeskouing-sonde. A. Kyk na vers 5. Jesus sê daar: Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit... Opmerking Nou onsgaan nie nou tyd hê om in te gaan op daai Geveinsde... nie. Kom ons fokus net op Jesus se opdrag sy oproep. haal eers die balk uit jou oog uit... Verduidelik 40 So dis waarmee ons radikaal moet breek. Daai balk. I My sondige lewensbeskouing van om nie my sonde te sien en te besef nie. II Breek met daai leuen van Satan dat ek soos god kan wees. Dis dit wat my blind maak vir my sonde. III Breek met daai ek god-en-regeter van my lewe wat oordeel sonder barmhartigheid. B. Hoe? Verduidelik 41 Wel ons kan nie uit ons eie nie. Daarom gee Jesus nie net opdrag om te breek met ons sonde nie. Nee in vers 7-11 gee Hy ook vir ons gebed. Opmerking En as ons by vers 7-11 kom sal ons weer op daai gebed in gaan. Maar vir nou: Sien-it raak. Jesus roep ons nie net op om te bekeer nie. Nee Hy gee ook vir ons gebed. 40 Vgl. Morris se Mt komm. bl. 167; Nolland se Mat komm. 321 41 Vgl. Heidelbergse Kategismus Sondag 45 v/a 116; Dordtse Leërreels 5:2; Vgl. Ridderbos se Mat komm. bl. 148-150; Van Bruggen se Mat komm. bl. 127; Morris se Mat komm. bl. 169; Turnur se Mat komm. bl. 208-209. 17
Verduidelik Sodat ons kan bid soos daar in Klaagl 5:21 Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd. Sodat ons kan bid soos Dawid daar in Ps 51: Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit... Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde... was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Skep vir my n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my n vaste gees. En weet julle God sal verhoor: Bewys 42 As ons by vers 7-8 kom gaan ons by daai wonderlike beloftes weer sien: elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Christus verkondiging Weet julle as dit gebeur dat ons so begin bid dan-sit Jesus se werk in ons. Bewys I Joh 5:25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. Verduidelik 43 Deur woord en Gees maak Jesus geestelik lewend. Sy Woord wat sonde uitwys Sy Woord wat oproep tot bekering. II Sag 12:10 oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge... sodat ons kan bid vir bekering. Oorgang Dan kan ons ook werklik n nuwe dissipel-lewe begin leef. Daai lewe van radikaal vir God. Daai lewe van koninkryk-soek. 7. Kom ons staan ten slotte daarby stil. A. Kyk Jesus praat daaroor in di laaste deel van vers 5: 42 NIDNTT vol 2 bl. 857; Turnur se Mat komm. bl. 209; Ridderbos se Mat komm. bl. 148; France se Mat komm. bl. 280. 43 Vgl. Reformation Heratige study Bible bl. 1519 18
haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. Verduidelik I Kyk hoe anders is dit nou nadat 44 ons gebreek het met daai sonde van my eiegod-en-regter wees Hier-s nie meer oordeel sonder barmhartigheid nie. Hier-s nou dien. II Mat 5:3-5 het gebeur. Ek is nou deel van die saliges wat wat arm van gees is... wat treur... (wat) sagmoedig... geword het. Gaan in op betekenis III Daarom kan ek in sagmoedigheid my mede-dissipel help in sy worstelstryd teen sy sonde. Terwyl ek in sagmoedigheid hom vertel van my eie. En dan help hy my. IV Dis waarvan Paulus praat in Gal 6:1 as iemand... deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Toepssing Dis hoe ons as gemeente moet word! Dis waarheen ons moet bekeer. Dis waarvoor ons moet bid. Ons Vader Jesus sal dit gee!! B. Dan word ons dissipels n dissipel-gemeente wat God se koninkryk soek of radikaal vir God leef. Hoe so? Verduidelik 45 I Paulus help ons om dit raak te sien. In Gal 6:2 sê hy: Dra mekaar se laste Dis ons sonde, dis ons stryd teen die sonde waarvan Paulus in Gal 6:1 gepraat het. en vervul so die wet van Christus. 44 Met πρωτον... τοτε in εκβαλε πρωτον την δοκον εκ του οφθαλμου σου και τοτε διαβλεψεις εκβαλειν το καρφος εκ του οφθαλμου του αδελφου σου (5a-b) wys Jesus ons baie duidelik dat my nuwe optrede van splinter-uit-haal gebeur nadat ek bekeer het en ek die balk uit my eie oog gehaal het (vgl. Baljon bl. 989; Grosheide se Mat komm. bl. 87; Morris se Mat komm. bl. 167; Hendriksen se Mat komm. bl. 358). 45 Vgl. Ridderbos se Gal komm. bl. 213; Greijdanus se Gal komm. bl. 148; Ridderbos, Paulus Ontwerp van zijn Theologie, bl. 314-316; Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 249-251. 19
II Hier in Bergpredikasie noem Jesus sy wet ook die geregtigheid. Bewys i Byvoorbeeld Mat 5:20 en vers 21-48. ii Alles wat Jesus in Mat 6 leer. iii Ook die een van Mat 7:5 Van dien mekaar in stryd teen ons sonde. III As ons hierdie geregtigheid doen hierdie gebooie van Jesus doen dan soek ons ook die Koninkryk van God. Verder verduidelik 46 Dis hoekom Jesus daar in Mat 6:33 daai geregtigheid by sit as Hy sê: Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid... Want om die koninkryk van God te soek maw om dit jou lewe-oornemende lewe-beheersende passie te maak om te leef onder die goeie wonderlike heerskappy van God wat Jesus bring beteken ook dis jou jou lewe-oornemende lewe-beheersende passie om die gebooie van Jesus of die wil van God te leef. En weet julle so kom ons by n dissipel se nuwe lewe uit. Daai lewe van radikale oorgawe aan God. 46 και τοτε διαβλεψεις εκβαλειν το καρφος εκ του οφθαλμου του αδελφου σου (5b) = n nuwe dissiepel-lewe van radikael Koninkryk soek of oorgawe aan God. Hoe? Wel, omdat και τοτε διαβλεψεις εκβαλειν το καρφος εκ του οφθαλμου του αδελφου σου niks anders is as Gal 6:1 se Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. In Gal 6:2 noem Paulus dit die vervulling (van) die wet van Christus. (Ridderbos se Gal komm bl 213; Greijdanus se Gal komm bl 148). Wat nou belangrik is, is dat die wet van Christus niks anders is as die wet/wil van God nie, soos dit nuut verstaan en gedoen word in die koms van die Koninkryk deur Jesus (vgl 1Kor 9:21; Mat 5:17) (vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 254; Ridderbos, Paulus ontwerp van zijn Theologie, bl 314-316). Verder: Jesus self vat sy gebooie saam onder die term δικαιοσυνη bv Mat 5:20-48 (vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 249). Dus: διαβλεψεις εκβαλειν το καρφος εκ του οφθαλμου του αδελφου σου (5b) is dus deel van Jesus se gebooie, dis deel van die wil van God, dis deel van δικαιοσυνη. As Jesus dan in Mat 6:33a sê: ζητειτε δε πρωτον την βασιλειαν του θεου και την δικαιοσυνην αυτου, dan is βασιλεια, δικαιοσυνη en Jesus sinonieme terme (vgl Mat 5:10&11; Luk 18:29; Mark 10:29; Mat 19:29) (Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 250). In die frase την βασιλειαν του θεου και την δικαιοσυνην αυτου (Mat 6:33a) verduidelik δικαιοσυνη ook vir βασιλεια verder (Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 250). Dit alles sê dan dat in την βασιλειαν του θεου και την δικαιοσυνην αυτου Jesus en sy gebooie, God en sy wil, wat Jesus in die bring van την βασιλειαν του θεου nou en hier al meer werklikheid maak, voorop staan. As Jesus dan in Mat 6:33a sê: ζητειτε δε πρωτον την βασιλειαν του θεου και την δικαιοσυνην αυτου, dan sê daai mm dat Jesus en sy gebooie, God en sy wil, wat Jesus in die bring van την βασιλειαν του θεου nou en hier al meer werklikheid maak, nou in dissipels se lewe n radikale lewensbeheersende werklikheid moet wees. Jesus en sy gebooie, God en sy wil, moet ons disnk, praat en doen radikaal verander en bepaal. En deel hiervan is Mat 7:1 & 5 μη κρινετε ινα μη κριθητε... εκβαλε πρωτον την δοκον εκ του οφθαλμου σου και τοτε διαβλεψεις εκβαλειν το καρφος εκ του οφθαλμου του αδελφου σου. 20
Want as dit ons lewe-oornemende lewe-beheersende passie is om die gebooie van Jesus of die wil van God te leef dan leef ons radikaal vir God dan verheerlik ons Hom. Soos Jesus wat in Joh 4:34 sê: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. Slot Kom ons bid daarvoor, sodat ons dit kan leef. Jesus het ons sy gebed gegee: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; U eerste staan die belangrikste is verheerlik word. Daarom laat u koninkryk kom; in my hart in my gesin in hierdie plaaslike kerk. Bring ons onder U Vader se Heerskappy laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. Sodat ons mekaar in n nuwe dissipel lewe kan dien in sagmoedigheid in plaas daarvan om mekaar sonder barmhartigheid te veroordeel en sodeur U veroordeel word. Amen. 21