September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Σχετικά έγγραφα
Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Die genade gawes Van God:

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Die krag / vuur van God:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

1 TESSALONISENSE 1:3

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Die Sendbrief van Jakobus

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

ישוע. familieboom van Jesus

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Deur Christus Alleen

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VOLUME AUGUSTUS 2007

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

REFORMASIE. Martin Luther

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

deur CARIKA DU PLESSIS

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Elektriese Aandryfstelsels 324

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

( ) ( ) BYLAE A Metode om presiese vertrouensinterval vir. enψ te bepaal. A.1 Twee onafhanklike groepe: Dit geld dat indien x 1

Transcript:

2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld? September 2017 Ps 68: 1, 2 vooraf Ps 149: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 72: 1, 6, 7 na wet Ps 86: 6 as antwoord op die Woord Ps 12: 1, 5, 6, 7 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 9: 1, 6, 7, 8 slotpsalm Lees: 2Kon 9:1-13 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes ons land is vol politieke-onrus. In-ie ANC is-aar binne-gevegte. Die oposisie-partye sukkel met koalisies teen-ie ANC. In tussen woed n teroriste-oorlog teen-ie boere. Misdaad is hoog. Ekonomie laag. Die gaping tussen rykes en armes word al groter. Die middelklas wat die ekonomie met hulle belasting-geld aan-ie gang hou word al kleiner en-ie belasting-las op-ie ouens wat oorbly al groter. Kenners sê dis n resep vir n oorlog. Beweeg ons in-ie res van-ie wêreld in sien ons-ie selfde ding. Bewys Ek lees nou-ie dag n artikel wat sê dat in Afrika sedert die 1960 s by-die 40 suksesvolle staatsgrepe was. Nog meer onsuksesvolles. Elke keer n bloedige afêre. 1 In 2Kon 9-10 is-aar ook politieke-onrus daar s revolusie daar s staatsgreep daar s bloed en dood. Want dit gaan oor Jehu die hoof van die Israeli-weermag 2 se magsoorname in Israel met staatsgreep en revolusie. Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus. Nou in 2Kon 9:1-13 waarby ons vanoggend stilstaan gaan ons meer hieroor begin leer. 1 Vgl https://hartlander.org/2012/04/02/blik-na-buite-demokrasie-en-staatsgrepe-in-afrika/; https://www.afriforum.co.za/selfdoenfederalisme-die-antwoord-vir-lande-soos-suid-afrika/ 2 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 139; Davis se 2Kon komm bl 146.

Want dit gaan hier oor: Jehu se oorname in Israel en wat die HERE deur hierdie Openbaringsgeskiedenis wys oor Wie Hy is en waarmee Hy besig is in n wêreld vol onrus. En dan s hier in 2Kon 9:1-13 uiteindelik vier lesse oor Wie die HERE is en waarmee Hy besig is. En dan moet hierdie lesse ons aanspreek bekering bring. Maar ook troos en bemoedig. 1. Die eerste les is-at die HERE absoluut getrou is. Wat Hy sê doen Hy. In n wêreld vol politieke-onrus vol staatsgrepe vol geweld vol oorlog vol revolusie moet ons-it weet. Opmerking Nou om hierdie waarheid raak te sien moet ons begin by 2Kon 9:1-13 se Konteks. A. Vers 1 begin ons vertel oor-ie Konteks. Dis waar ons Elisa en-ie profete-seuns ontmoet. Opmerking 3 Die profete-seuns is mos Elisa se leerlinge. En daar in-ie Goddelose tyd van Agab se seun Joram wat op-ie oomblik regeer is hulle ware gelowiges waarlik dissipels van-ie HERE. B. Maar nou s Elisa en-ie profete-seuns nie al Konteks nie. Nog iets baie belangriks by-ie konteks is-at die HERE op hierdie einste oomblik sy oordeel oor Israel en-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. Ons sien-it in vers 1: Toe roep die profeet Elísa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe so maak jou gereed om op n belangrike missie te gaan 4 en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead. Opmerking Nou op-ie kruik met olie sal ons net-nou dieper op ingaan. Vir nou: Sien julle waarheen stuur Elisa hierdie ou? Dis na Ramot in Gilead toe. Opmerking In-ie Basuin is n kaart wat wys waar Ramot-Gilead is. 3 Vgl 2Kon 4 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php; NIDOTTE vol 4 bl 1073 4 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 22, vol 3 bl 1150; Van Gelderen se 2Kon komm bl 137; Hobbs se 2Kon komm bl 114 1

En nou-sit net hier as ons lees dat Elisa hierdie ou Ramot-Geliad toe stuur dat ons by baie belangrike Konteks kom. Verduidelik 5 Die konteks van-ie HERE se oordeel wat begin het. Die HERE se oordeel oor Israel. Die HERE se oordeel teen-ie Goddelose huis van Agab waarvan koning Joram mos deel is. Want by Ramot-Gilead veg Israel teen Aram. En Aram staan onder bevel van Hasael. In 2Kon 8:12-13 het Elisa aangekondig dat Hasael koning oor Aram sou word. En dan nie om maar net koning oor Aram te wees nie. Nee die HERE se doel met Hasael is om sy oordeel oor Goddelose Israel te bring en oor-ie Goddelose koningshuis van Agab. En hier by Ramot-Geilead waarheen Elisa hierdie ou uit die profete-seuns stuur is-ie HERE se oordeel besig om te gebeur. Want in 2Kon 8:28-29 lees ons dat hier by Ramot-Gilead Hasael met Aram teen Israel veg. Koning Joram is al klaar gewond vertel 2Kon 8:29. So wat is besig om te gebeur? Wel-ie oordeel van-ie HERE deur Hasael. C. En nou s hierdie belangrik. Teen Israel en teen-ie Goddelose koningshuis van Agab het hier by Ramot-Gilead die HERE se oordeel begin. En hier-sie eerste les in 2Kon 9:1-13 oor Wie die HERE is. Hierdie hele oordeel-ding gebeur omdat die HERE absoluut getrou is. Wat die HERE sê doen Hy dit gebeur. Ons sien-it as ons aanbeweeg van vers 1 na vers 2-3. Elisa praat nog steeds met die ou uit die profete-seuns wat hy Ramot-Gilead toe stuur: As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in n binnekamer; 5 Vgl The Expositor s Bible ommentary vol 3 bl 850; K&D se 2Kon komm bl 339; Van Gelderen se 2Kon komm bl 136; The Expositor s Bible ommentary vol 3 bl 850; Olley se 2Kon komm bl 257 2

neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel... Verduidelik 6 En net hier as ons lees-at Elisa hierdie ou Ramot-Gilead toe stuur om Juhu te salf as koning oor Israel moet ons-ie HERE se absolute getrouheid sien. Bewys Want hier gebeur presies wat die HERE so tussen 12-20 jaar terug 7 vir Elia in 1Kon 19:15-17 gesê het. Dis-aar waar-ie HERE vir Elia gesê het: gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat... moet jy salf as profeet in jou plek. En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu doodmaak... En hier doen-ie HERE-it nou. 8 Dis tussen 12 en 20 jaar later. Maar die HERE doen-it. Die HERE is absoluut getrou. Wat Hy sê doen Hy dit gebeur. 9 Israel en ons moet dit weet. Die politieke-onrus die oorlog wat Israel beleef is-ie maar sommer net politiek en onrus en geweld nie. Nee dis-ie HERE se oordeel oor Goddelose Israel en-ie Goddelose huis van Agab soos-ie HERE gesê het. Num 23:19 is reg: God is geen man dat Hy sou lieg nie... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Dis hoe ons God is. Hy is absoluut getrou. Wat die HERE sê doen Hy. * * * * * 6 Vgl House se 2Kon komm bl 286; NIDOTTE vol 2 bl 502, 520, 1125, vol 3 bl 1016; Reformation Heratige study Bible bl 526; Hobbs se 2Kon komm bl 114 7 Vgl Reformation study Bible bl. 473 8 Die HERE doen-it deur Elia wat vir Elisa as profeet aanstel. Die HERE doen dit deur Elisa wat vir Hasael as koning or Aram aanstel. Die HERE doen dit deur Elisa wat hierdie ou uit die profete-seuns afvaardig om vir Jehu as koning oor Israel aan te stel (vgl The Expositor s Bible commentary vol 3 bl. 850) 9 Vgl Grudem, Systematic Theology An introduction to Biblical doctrine, bl 196 3

D. Ons sien hierdie waarheid van-ie HERE se absolute getrouheid weer as ons aan lees na vers 7-10. Gedagtestruktureel 10 In vers 4-6 gaan-ie ou uit die profete-seuns toe na Ramot-Gilead toe. Vers 4 praat oor hom as-ie jong-man. 11 Hy voer-ie HERE se opdrag deur Elisa stiptelik uit. Hy salf Jehu as koning en verkondig aan Jehu die HERE se Woord wat die HERE deur Elisa in vers 1-3 aan hom gegee het. Maar dan in vers 7-10 praat die jong-man verder. Hy bring nog n stuk Woord van-ie HERE waarvan ons nog nie in vers 1-3 gelees het nie. Verduidelik 12 In vers 1-3 gee die HERE se boodskap net kort. In vers 7-10 lees ons-ie res van-ie boodskap. Opmerking Julle kan kyk in-ie Basuin het ek iets daaroor geskryf. En dan-sit in vers 7-10 dat ons weereens-ie waarheid sien van-ie HERE se absolute getrouheid. Bewys Want kyk in vers 7-10 sê-ie HERE deur-ie jong-man vir wie Elisa na Jehu gestuur het: En jy sal die huis van Agab... verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte... op Isébel kan wreek; en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía. Hulle was twee vorige konings in Israel wat totaal en al deur die HERE vernietig is 13 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie... Verduidelik 14 So deur Jehu gaan-ie HERE sy oordeel oor-ie Goddelose koningshuis van Agab laat kom. 10 Vgl House se 2Kon komm bl 286; K&D se 2Kon komm bl 339; Van Gelderen se 2Kon komm bl 140; Hobbs se 2Kon komm bl 111. 11 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 139 12 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 141, 142; Hobbs se 2Kon komm bl 111; Wiseman se 2Kon komm bl 233; The Expositor s Bible commentary vol 3 bl 850; Davis se 2Kon komm bl 148. 13 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 141 14 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 527; Van Gelderen se 2Kon komm bl 141-142 4

En ook oor Isebel Agab se bose vrou. Opmerking Dis sy wat Agab verlei het om sy rug finaal op-ie HERE te draai en Baäl-alleen te begin dien. Dis sy wat hordes van die HERE se profete uitgemoor het en ook baie van die HERE se gewone gelowige-dissipels. Een van hulle was Nabot. Ons lees hoe Isebel hom laat vermoor het in 1Kon 21. Dis ook daar in 1Kon 21:21-23 dat ons-ie HERE se oordeelswoord deur Elia aan Agab lees. Dis waar-ie HERE deur Elia vir Agab se: Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía... En ook oor Isébel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël. En presies dit gaan Jehu nou doen hê? Dis wat die HERE in 2Kon 9:7-10 deur Elisa se gestuurde jong-man vir Jehu sê hy moet doen! Sien julle ons God? Hy s absoluut getrou. Dis tussen 12 en 20 jaar later. Maar hier gebeur-it nou. Wat die HERE gesê het doen Hy dit gebeur. Israel moet dit weet. Ons moet dit weet. Die oorlog teen Aram en Jehu se staatsgreep en revolusie Is-ie maar net die verloop van geskiedenis nie. Nee dis-ie HERE se oordeel oor Goddelose Israel en-ie Goddelose koningshuis van Agab. En-ie HERE bring hierdie oordeel in absolute getrouheid. Net soos-ie HERE vir Elia gesê het in 1Kon 19:15-17 en net soos-ie HERE deur Elia vir Agab gesê het in 1Kon 21:21-23 net so gebeur-it nou. Dis hoe ons God is. 5

Ook nou in ons tyd in SA en in Afrika en in-ie res van-ie wêreld vol politieke-onrus en oorlog en staatsgrepe en bloed en dood. Die HERE is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur. Bewys Die HERE het gesê Hy gaan sy oordeel deur Hasael en Jehu laat kom. En in 2Kon 9 gebeur dit nou. Jesus het gesê bv in Mark 13:8 die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe... wat alles wys-at Jesus se finale koms en oordeel op pad is. En hier rondom ons ook in Daspoort gebeur-it. Die HERE is absoluut getrou. God is geen man dat Hy sou lieg nie... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Oorgang Maar nou-saar n tweede les oor-ie HERE hier in 2Kon 9:1-13. Dit gaan saam met die les van-ie HERE se absolute getrouheid en-at wat die HERE sê Hy ook doen. 2. En dis-at die HERE in Israel in-ie wêreld in ons land in ons volk in alle volke se geskiedenis van politieke-onrus oorloë staatsgrepe en revolusies almagtig-soewerein in beheer is en alles regeer deur sy Profetiese-Woord. En-is belangrik dat ons-it moet raaksien. Want politieke-onrus geweld misdaad ooloë revolusies gebeur rondom ons maar-an gee ons allerhande verklarings daarvoor. Ons pluis uit waarom-it gebeur en wat ons moet doen sodat dit nie weer gebeur-ie. Maar ons mis die HERE wat almagtig-soewerein in elke politieke-onrus in elke oorlog in elke staatsgreep en revolusie almagtig-soewerein regeer en alles beheer. Voorbeeld 15 Party ouens skryf byvoorbeeld dat ons in Jehu se staatsgreep en revolusie op Agab se liberaal-linkse regering. n nasionalistes-regse reaksie het 15 Vgl Bright, The Kingdom of God, bl 54-55; Hobbs se 2Kon komm bl 114 6

En Agab wat in sy linkse liberalisme alles wat Israelities volkseie is by die deur uitgooi. Veral toe hy Isebe wat nie n Israeliets is nie getrou het en die Baäl-godsdiens aangeneem het. So hier in Jehu se staatsgreep en revolusie gebeur regse nasionalistiese politiek wat regaeer teen linkse liberale politiek. Nou-it kan wees. Maar as-it al is wat ons sê dan gaan ons verkeerd. Want dan het ons van die HERE vergeet. Die HERE wat binne in politieke-onrus ooloë staatsgrepe revolusies steeds soewerein-almagtig in beheer is en deur sy profetiese-woord regeer. En presies dit sien ons in 2Kon 9:1-13. A. Want kyk weer na vers 1. Elisa word daar die profeet Elísa genoem. En wat s n profeet? Verduidelik 16 Wel in Deut 18:18 sê-ie HERE oor sy profete: Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy (die profeet) sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 17 So Elisa is-ie een of ander ver-regse ou wat vir Jehu opstook teen-ie liberaal-linkse koningshuis van Agab nie. Nee Elisa is n profeet van-ie HERE. Vir Elisa gee die HERE sy Woord. En met daai Profetiese-Woord heers-ie HERE in hierdie staatsgreep in hierdie revolusie van Jehu. Dis-ie HERE se profetiese-woord deur Elisa wat Jehu se staatsgreep en revolusie aan-ie gang sit! Die HERE begin-it deur sy Woord. En so laat die HERE sy oordeel kom. B. Ons sien hierdie waarheid ook as ons aanlees vers 3 toe. Ons lees daar die Woord of Boodskap van-ie HERE aan Jehu. Dis-ie boodskap wat die jong-man wat Elisa na Jehu toe stuur moet bring. 16 Vgl TWOT vol 2 bl 544. 17 En in 2Pet 1:21 staan daar dat geen profesie is ooit deur die wil van n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het (profete) gespreek. 7

Dis-ie boodskap van: So spreek die HERE: Ek salf jou (Jehu) tot koning oor Israel. Verduidelik 18 Dis-ie jong-man wat die salf-olie op Jehu se kop moet uitgooi. Maar eintlik is-ie HERE aan-ie werk. Want dis wat-ie boodskap van-ie HERE sê: Ek salf jou (Jehu) tot koning oor Israel. Nie Elisa nie. Nie die jongman-ie. Nie een of ander nasionalisties-regse groep in Israel nie. Nee die HERE. Dis die HERE wat met Jehu as sy Gesalfde koning sy oordeel oor-ie Goddlose huis van Agab gaan bring. Dis duidelik hê? Die HERE is hier in beheer. Soewerein-almagtig deur sy profetiese-woord. C. Ons sien hierdie waarheid ook in die laaste deel van vers 3 waar Elisa vir-ie jong-man sê wat hy moet doen na hy Jehu gesalf het en vir hom-ie Boodskap van-ie HERE gebring het: Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie. So hoekom? Verduidelik 19 Wel omdat daar na Jehu se salwing en na Jehu die Boodskap van-ie HERE gekry het niks anders moet oorbly nie. Net die HERE en sy profetiese-woord moet bly. Nie Elisa nie. Nie die jong-man wat die HERE se boodskap bring nie. Want die HERE is hier in beheer. Soewerein-almagtig deur sy profetiese-woord. Dis wat moet uitstaan vir Jehu en vir ons. Niks anders nie. Daarom dat hierdie jong-man net moet verdwyn as hy klaar gepraat het. D. Kyk na vers 7. Ook daar sien ons-ie waarheid dat dit die HERE is wat in hierdie staatsgreep en revolusie van Jehu soewerein-almagtig regeer en alles beheer deur sy profetiese-woord. 18 Vgl TWOT vol 1 bl 530 19 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 138; Lange se 2Kon komm bl 94-95 8

In vers 7 bring-ie jong-man die verdere Woord van-ie HERE aan Jehu en dan sê hy vir Jehu: En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte... op Isébel kan wreek. Opmerking Ons sal net-nou dieper in gaan op hierdie ding dat die HERE die bloed van sy knegte wreek. Maar vir nou: Sien julle Wie s in beheer? Verduidelik 20 Dis-ie HERE. Jehu sal-ie huis van Agab verwoes. Maar in-it alles is-ie HERE in beheer. Want in Jehu wat die huis van Agab verwoes gaan-ie HERE sy doel bereik. Want so gaan die HERE die bloed van sy knegte wreek. Ons sien-ie selfde ding in vers 8-9: en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam... en soos die huis van Baésa... Verduidelik 21 Sien julle Wie is aan die werk? Dis Jehu wat die huis van Agab uitwis. Maar deur Jehu is-ie HERE aan-ie werk. Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel... Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam... en soos die huis van Baésa... En van-ie huis van Jerobiam en Baesa het niks oorgebly nie. 22 Die HERE het dit verwoes. Sien julle: Die HERE is in beheer. Soewerein-almagtig deur sy Profetiese-Woord 20 7a Die waqatal והכיתה het dan die betekenis van en jy sal tref/verslaan of en jy moet tref/verslaan... in hierdie konteks gaan tref of verslaan dan om tref of verslaan met die doel om te vernietig vgl Deut 7:2; Jos 10:26,28,35 (NIDOTTE vol 3 bl 103). 7b Vraag: Wat is die verband tussen die waqatal van 7b en die van 7a? Dit kan wees dat (a) die waqatal aantoon dat 7b in tyd op die handeling van 7a volg. Dus: Jehu, na wie die 2de ml ev ww verwys, gaan die huis van Agab tref (7a). Daarna gaan die HERE, na Wie die 1ste ev ww verwys, die bloed van sy knegte, die profete, en al die knegte van die HERE op Isebel wreek (7b) (BHNG bl 128). Dit kan egter ook wees dat (b) die waqatal van 7b aantoon dat die handeling van 7b logies voortvloei uit die handeling van 7a. Dus: Jehu, na wie die 2de ml ev ww verwys, gaan die huis van Agab tref (7a). En so deur die optrede van Jehu sal die HERE, na Wie die 1ste ev ww verwys, dan die bloed van sy knegte, die profete, en al die knegte van die HERE op Isebel wreek (7b) vgl Eseg 25:14; Rom 13:4 (BHNG bl 128; Joüon&Muraoka, A Grammer of Biblical Hebrew, bl 368; Van Gelderen se 2Kon komm bl 135; Olley se 2Kon komm bl 258; TWOT vol 2 bl 598). OAV, KJV en ESV kies vir (b). Van Gelderen se 2Kon komm bl 135 sê ook dat tussen 7a en 7b consecutieve samehang is (vgl ook Olley se 2Kon komm bl 258; NIDOTTE vol 4 bl 1147). 21 Vgl Davis se 2Kon komm bl 147 22 1Kon 14:10 en 1Kon 15:29 en 1Kon 16:3 en vers 11-12 vertel daarvan. 9

stuur-ie HERE vir Jehu as sy instrument van oordeel teen-ie huis van Agab uit. * * * * * E. Kyk na vers 11-13. Gedagtestruktureel In vers 11-13 is-ie jong-man wat vir Jehu kom salf het so pas weg. By Jehu bly nou alleen die Boodskap van-ie HERE oor. En dan? Wel vers 11 vertel-at Jehu by sy mede-ofisiere aan kom. Die jong-man het vir Jehu een-kant in n kamer tot koning gesalf. En dan as Jehu nou weer by sy mede-ofisiere aankom vra een van hulle vir Jehu. Eintlik vra hy sommer namens almal. Hy vra vir Jehu: Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? Verduidelik 23 Sien julle hoe sien hierdie ofisiere die jongman wat die Woord van die HERE bring. Vir hulle is hy kranksinnig mal. Beslis hoef jy hom nie ernstig op te vat-ie. Maar kyk nou wat gebeur. In vers 12 sê Jehu vir sy mede-ofisiere wat hierdie mal-man by hom kom maak het: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel. En toe? Wel kyk vers 13: Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning! Verduidelik 24 Is-it nie vreemd nie? Vir-ie ofisiere is hierdie ou wat by Jehu aangekom het mal. Wat hy sê neem jy nie ernstig op-ie. Maar dan aanvaar hulle ewe-skielik met entusiasme sonder om twee keer te dink wat hierdie mal ou oor Jehu gesê het. hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning! 23 11d Jehu se mede-offisiere noem Elisa se dienaar-profeet הזה,המ שגע met die betekenis van mal-man. Hierdie is n spottende verkleinerende manier van praat oor Elisa se dienaar-profeet vgl ook Jer 29:26; Hos 9:7 (NIDOTTE vol 4 bl 46; Reformation Heratige study Bible bl 527; Lange se 2Kon komm bl 95). 24 Vgl Konkel se 2Kon komm bl 476 10

Hoekom? Is-it omdat hulle ook siek-en-sat was vir-ie huis van Agab se linkse liberalisme? Is-it omdat hulle siek-en-sat was vir koning Joram se regeer-styl. En toe hierdie profetiese woord oor Jehu kom om hulle eie begeertes werklikheid te maak? dit aangryp Ons weet-ie. Al wat ons weet is-at die HERE in Jes 55:11 gesê het: so (is) my woord wat uit my mond uitgaan: dit sal... doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. En hier gebeur-it. Die HERE stuur sy profetiese-woord Die Woord van: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. deur hierdie jong-man. En daai Woord werk almagtig. Daai Woord doen wat die HERE wil hê moet gebeur. Want Jehu word koning. Sy offisiere aanvaar-it dadlik. Al het hulle net te vore gedink die ou wat die boodskap gebring het is mal. 25 Sien julle ons God?! Hy is-ie Een wat in Jehu se staatsgreep en revolusie soewerein-almagtig in beheer is. Alles rig en bepaal-ie HERE. Dis-ie HERE wat hierdie staatsgreep en revolusie begin om so sy oordeel oor-ie huis van Agab te laat kom. En-ie HERE doen-it deur sy profetiese-woord. * * * * * So wat sê-it vir ons hier-en-nou in SA? Wel hier s troos. Elkeen wat regtig bekeer en in Jesus glo en Hom aanneem as Verlosser-en-Koning moet uit hierdie waarheid wat die HERE in 2Kon 9:1-13 wys troos kry. Hierdie waarheid Hierdie waarheid dat die HERE absoluut getrou is. dat die HERE soewerein-almagtig regeer 25 Vgl Bridges, Trusting God even when it hurts, bl 78, 79, 81, 82, 84, 85-88. Vgl ook Dan 2:21; 4:17, 32; Jes 40:23-24; Spr 16:33; 21:1,31; 2Kon 5:1 11

en alles beheer deur sy profetiese-woord. Ja hierdie waarheid moet vir gelowige-dissipels troos gee. Hoekom? Wel omdat dit vir ons sê: Ons is nie maar net oorgegee aan sinlose-geweld en politieke-onrus en chaos nie. Nee deur Jesus is hierdie God my Vader. Daarom dat ons ook vir die toekoms 'n vaste vertroue in ons getroue God en Vader kan stel dat geen (mens geen koning geen regering geen politieke-onrus) ons van sy liefde sal skei nie, aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie. 26 Dis wat ons in 2Kon 9:1-13 moet sien. * * * * * Maar as jy vanoggend nog nie in sonde-besef en-ie besef van-ie HERE se oordeel bekeer het en na Jesus toe gegaan nie dan s hier geen troos vir jou in 2Kon 9:1-13 nie. Regtig! En geliefde dan sê ek-it met n dringendheid en n omgee in my hart. Vir jou is-aar geen troos in 2Kon 9:1-13 nie. In teendeel elke stukkie politieke-onrus elke stukkie geweld elke stukkie misdaad moet jou herinner aan-ie waarheid oor-ie HERE wat ons in 2Kon 9:1-13 leer. Die waarheid dat die HERE soewerein-almagtig met sy profetiese-woord volmaakte beheer het oor elke stukkie politieke-onrus elke stukkie geweld elke stukkie misdaad en daardeur besig is om sy oordeel oor jou te bring. Nou al. Dit sal finaal en ewig wees in die hel. 3. En dan-saar nog les wat ons uit 2Kon 9:1-13 leer oor hoe-ie HERE sy oordeel oor jou bring. En dis-at die HERE sy oordeel deur sy Gesalfde Koning laat kom. Opmerking Dis-ie derde les in 2Kon 9:1-13. In politieke-orus geweld misdaad oolog moet ons weet: 26 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 10 v/a 28. 12

I Die HERE is absoluut getrou. II Soewerein-almagtig regeer Hy en beheer Hy alles deur sy profetiese-woord. III En dan laat die HERE sy oordeel kom deur sy Gesalfde Koning. Kom ons fokus nou daarop. Ons sien-it in vers 3 waar Elisa vir-ie jon-man sê: neem dan die kruik met olie en giet dit op (Jehu se) hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel... Ons sie-it in vers 6 waar-ie jong-man die opdrag van-ie HERE uitvoer: En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel. Ons sien-it in vers 12 waar Jehu vir sy mede-ofisiere vertel wat die jong-man vir hom kom sê het: En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel. Dit staan uit hê? Die HERE salf vir Jehu as koning. So wat beteken-it as-ie HERE Jehu tot koning salf? Verduidelik I 27 Wel-it beteke die HERE stel Jehu spesiaal in sy diens. II 28 En dan is-aai salf-olie wat die jong-man oor Jehu se kop uitgooi n teken dat die HERE sy Heilige Gees oor Jehu uit-stort om so Jehu te bekragtig om spesiaal vir-ie HERE te werk. So dis wie Jehu nou is. Jehu is-ie Gesalfde van-ie HERE. 29 Hy s bekragtig deur ie Heilige Gees. Jehu staan nou spesiaal in diens van-ie HERE. Om wat te doen? 27 Deur hierdie salwing plaas die HERE Jehu spesiaal in sy diens. Jehu is nou afgesonder vir diens an die HERE. Jehu staan nie in die sentrum nie maar die HERE vgl Eks 29:36; Lev 8:12 (TWOT vol 1 bl 530). 28 Vgl 1Sam 10:6; 16:13; Jes 61:1 (TWOT vol 1 bl 530; NIDOTTE vol 2 bl 1125). 29 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1125, 1126 13

Verduidelik 30 Wel in 2Kon 9:7-10 sê die HERE dat Hy sy oordeel oor-ie Goddelose huis van Agab deur Jehu gaan laat kom. Jehu as Gesalfde Koning van die HERE gaan die huis van Agab totaal en al uitwis. Christus-prediking 31 En nou moet ons dit leer: Die HERE laat sy oordeel oor-ie Goddeloses van hierdie wêreld deur sy Geslafde Koning. kom So doen-ie HERE ook as Hy uit eindelik in hierdie wêreld vol politieke-orus en oorlog en gewel die mees Godddelooste koning van alle tye en almal saam met hom gaan uitwis. Paulus noem in 2Tes 2 32 hierdie Goddelose koning die mens van sonde... die seun van die verderf... die ongeregtige... Johannes noem hom in 1Joh 2:18 die Antichris. Openbaring 13:1 praat van hom as die dier uit die see. Die HERE sal hom en sy magte verwoes deur sy Gesalfde Koning deur die Gesalfde Koning deur Jesus. Jes 11:2 sê: op Hom sal die Gees van die HERE rus omdat die HERE (Hom) gesalf het sê Jes 61:1. En dan sê Jes 11:4 dat Jesus die Gesalfde van-ie HERE die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. Paulus sê in 2Tes 2:8 dat Jesus die HERE se Geslafde die ongeregtige... met die asem van sy mond sal verdelg... En Openb 19:15-16 staan daar: En uit sy mond gaan daar n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan... En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. Sien julle ons God? In n wêreld vol politieke onrus onder beheer van Godeloses deur sy Gesalfde Koning. vol Godeloosheid bring-ie HERE sy oordeel 30 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1125 31 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1126; Reformation Heratige study Bible bl 526 32 2Tes 2:3-4,8 14

Jesus is-ie finale en volmaakte Gesalfde Koning wat die HERE se eind-oordeel bring en finaal n einde aan Goddelooses en Goddelose heersers maak. * * * * * So waar staan jy? Aan Jesus se kant of teen Hom? Onthou Jesus het in Mat 12:30 gesê: Hy wat nie met My is nie, is teen My... So het jy al daai besluit gemaak? Is Jesus die HERE se Gesalfde Koning wat die HERE se eind-oordeel oor-ie Goddeloses bring al jou Verlosser-Koning? Of is jy nog deel van die Goddeloses wat Jesus met die asem van sy lippe (gaan) doodmaak.? Dis belangrik. Waar staan jy? Kies vandag! Kies vir Jesus! 33 Oorgang Maar kom ons gaan eers weer terug na 2Kon 9:1-13. Hier s nog n laaste les wat ons oor die HERE moet leer. 4. En dis-at die HERE n God is wat altyd n einde maak aan onreg van sy gelowige dissipel-volk. Ons sien-it in vers 7 en vers 10. en-ie onderdrukking In vers 7 bring-ie jongman wat Elisa gestuur het die HERE se Woord vir Jehu: En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek. Verduidelik 34 Nou die HERE se knegte 33 Vgl. Deut. 30:19 34 7b עבדי het die betekenis van die dienaars/ knegte van My. As profete dienaars van die HERE is dan staan hulle spesiaal in diens van die HERE. Hulle maak die HERE se Woord en Wil bekend. Hulle roep Israel en die volke rondom Israel tot bekering (NIDOTTE vol 3 bl 306, vol 4 bl 1192). Verer as 7b praat van יהוה,עבדי dan is dit ouens soos Kaleb wat n ander gees in hom het (as afvallige ongelowige Israel) en hy volhard het om My te volg (Num 14:24); Dis ouens soos Sadrag Mesag en Abednego wat wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God. (Dan 3:28); dis ouens soos Daniël wat wat God gedurigdeur vereer (Dan 6:21); Dis ouens soos Job n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad (Job 1:8); Dis die wat op die HERE vertrou en Hom lief het (Ps 34:23; 69:37) (vgl NIDOTTE vol 4 bl 1192-193); Dis die wat hulle eie wil prys gee en die HERE se wil alleen soek en dit begin doen (Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 106). In die Lxx word עבדי יהוה vertaal met οἶ δούλοἶ κυρίου (vgl ook Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 105). Hierdie Griekse vertaling van עבדי יהוה lei ons na die NT waar ons leer dat ons van nature almal slawe van sonde is (Spr 5:22; Joh 8:34; Rom 6:16-17; Tit 3:3). Dis alleen wanneer Jesus ons vry maak dat ons uit hierdie sonde-slawerny bevy word (Joh 8:36; Rom 6:6)... Jesus is die Gesalfde van die HERE wat sy volk uit ons sonde slawerny verlos (Jes 42:7; 61:1)... Dis eers dan dat ons vrygemaak van die sonde diensbaar word aan God (Rom 6:18,22) (NIDNTT vol 3 bl 596). 15

is-ie HERE se ware gelowige dissipels-volk. Isebel het hulle wreed verdruk en uit gemoor. 35 En nou kom-ie HERE in 2Kon 9:7 en Hy sê-at wanneer Jehu die huis van Agab gaan verwoes dit ook die manier is hoe-ie HERE die bloed van (sy) knegte... op Isébel (sal) wreek. Maar wat beteken-it as-ie HERE die bloed van sy knegte wreek? Verduidelik 36 Wel-it beteken dat die HERE Isebel gaan inhaal Sy t verdruk sy t gemoor. en gaan uithaal. En die HERE was-ie blind nie. En die HERE los-it nie. Hy t gesien. Hy gaan Isebel terug betaal. Isebel het sy knegte sy gelowige-dissipels se bloed laat uitloop. Die HERE gaan-it met Isebel ook doen. Dis wat dit beteken as-ie HERE in vers 7 sê dat Hy die bloed van (sy) knegte... op Isébel (sal) wreek. En dan gaan-ie HERE dit ordentlik doen. Kyk vers 10: En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Verduidelik 37 Dis verskriklik. Dis wreed. En dis so uiters goed! Want dis wat Isebel verdien wat gelowige-dissipels verdruk en uitgemoor het. Honde vreet haar op. En daar s niemand om haar te begrawe nie. Want jy kan nie Isebel begrawe nie as sy in-ie pense van honde is nie. Sien julle ons God? Hy maak n einde aan onreg aan verdrukking aan die uitmoording van sy gelowige-dissipels. Dis wie ons God is. 35 1Kon 18 vertel daarvan. Ons lees ook daarvan in 1Kon 19. In 1Kon 21 ontkoet ons een van die knegte van die HERE. Nabot. Hy was ook een van Isebel se slagoffers. 36 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 154; TWOT vol 2 bl 599 37 10a Dat הכלבים Isebel gaan op eet is deel van die HERE se oordeel oor haar vgl 1Kon 21:19; Jer 15:3 (NIDOTTE vol 2 bl 640). 10b wanneer ons hier lees dat daar nie iemand is wat Isebel begrawe nie, קבר,ואין dan wys die feit dat sy nie begrawe word nie, op die skande waarin sy sterf. Dit wys ook op die HERE se oordeel. Isebel sterf onder die oordeel van die HERE totaal en al sonder eer vgl 9:34-37; Pred 6:3; Jer 8:2; 14:16; 16:4-7; 25:33 (NIDOTTE vol 3 bl 866; Van Gelderen se 2Kon komm bl 142; Hobbs se 2Kon komm bl 115). 16

Dis hoekom Moses in Deut 32:43 sê: Jubel, o nasies, oor sy volk, want (die HERE) sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders... Dis hoe ons God is. En dis wonderlik. Want deur die eeue word ie die HERE se gelowige-volk bespot uit geskuif teen gediskrimieer vervolg verdruk uitgemoor deur Goddelose wêreld-mense. Mense soos Isebel. Openbaringshistories 38 Maar nou het ons n God wat die bloed van sy knegte wreek, en... wraak oefen op sy teëstanders... Ons het n God wat n einde maak aan onreg. En daar kom n dag dat die HERE-it finaal sal doen. Hy sal finaal n einde maak aan-ie Goddelose wêreld-mens wat sy gelowige-dissipel-volk bespot uitskuif teen ons diskrimineer vervolg verdruk uitmoor. Openb 19:1-2 vertel daarvan. Daar word die Goddelose wêreld-mens die groot hoer genoem omdat hierdie Goddelose wêreld-mens soos Isebel is. n Hoer wat mense weg van die HERE af verlei en die HERE se gelowige dissipels-volk verdruk en dood maak. En dan staan daar in Openb 19:1-2 Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel... en Hy het die bloed van sy knegte op haar gewreek. Opmerking Hoor julle? Dis soos in 2Kon 9:7 waar die HERE sê: Ek sal die bloed van my knegte... op Isébel (die groot hoer) wreek. Hier in Openb 19:2 het dit finaal gebeur: Hy het die bloed van sy knegte op haar gewreek. Is dit nie troos nie? Ja dit is! Bewys Jesus sê so in Jes 61:1-2. Hy sê daar: Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, 38 Vgl Beale se Openb komm bl 927, 928; NIDNTT vol 3 bl 97 17

om vir die gevangenes n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis. om uit te roep n jaar van die welbehae van die HERE en n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos. Verduidelik En Jesus gaan waarlik troos. Want Hy gaan nie net op die dag van wraak van ons God die bloed van sy knegte wreek nie. Hy gaan nie net n einde maak aan Goddelooosheid en onreg nie. Nee Hy gaan ons ook laat opstaan uit die dood. Jesus gaan ons laat opstaan in n nuut-gemaakte wêreld sonder Agabs sonder Isebels sonder Antichriste sonder Satan en sonder dood. * * * * * Slot Geliefdes in 2Kon 9-10 neem Jehu die mag in Israel oor. Hy word die nuwe koning met staatsgreep en Revolusie. So laat die HERE sy oordeel kom oor-ie Goddelose koningshuis van Agab. In n land en wêreld vol politieke-onrus geweld misdaad oorlog bloed dood wys-ie HERE ons met 2Kon 9:1-13 I Hy is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur. II Hy s soewerein-almagtig in beheer. Met sy profetiese-woord is die HERE besig om te regeer. III Hy is die God wat uiteindelik sy oordeel bring deur sy Messias deur sy Gesalfde Koning Jehu wat heen wys na Jesus die volmaakte Mesias wat die HERE se eind-oordeel bring. IV En dan: Die HERE is n God wat n einde maak aan onreg. Hy sal die bloed van sy knegte wreek. So wat maak jy met hierdie God? Het jy al sy Messias aangeneem? Het jy die HERE as die Een wat jou bloed sal wreek in n wêreld vol misdaad moord oorlog. Of gaan Hy jou bloed laat uitloop Amen. en jou in die hel werp? 18