Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Die genade gawes Van God:

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

1 TESSALONISENSE 1:3

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Die krag / vuur van God:

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Geseënd is dié wat rein van hart is!

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Sendbrief van Jakobus

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

ישוע. familieboom van Jesus

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Deur Christus Alleen

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Die Vesperdiens vir Palmsondag

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VOLUME AUGUSTUS 2007

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

REFORMASIE. Martin Luther

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

deur CARIKA DU PLESSIS

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

Transcript:

Dan 7:1-28 Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a). Januarie 2015

Ps-vooraf Ps 57: 1, 5; Ps 18: 1, 14 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 104: 1, 2, 4, 5, 6 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 40: 6, 8 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 54: 1, 2, 3 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Dan 7:1-28. Psalm as antwoord op die Woord Ps 93: 1, 2, 3, 4 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes 2014 is verby. ons staan aan die begin van 'n nuwe jaar. 2015 het met 'n spoed begin. En wie weet wat lê vir ons voor? Voorbeelde I In ons land waar dinge maar net nie lekker wil gaan nie? Misdaad bly 'n probleem. Mense is arm. En ons word nog armer. Dit terwyl ons parlement baie maal in 'n sirkus ontaard. Met groot mense wat op mekaar skree en mekaar uitjou terwyl hulle veronderstel is om ons land te regeer. II Kyk ons na die groter wêreld-prentjie het ons verlede week nogal rowwe goed gesien gebeur. Rus en vrede is skielik iets van die verlede in Wes Europa met Moslem terroriste wat mense in Frankryk doodskiet. En in Nigirë, Irak en Sirië word ontsaglike wrede oorloë gemaak. III En dan's daar nog ons elke dag se lewe van swoeg. En dan voel'it so baie maal: 'Vir wat?' 'Is'it alles die moeite werd?' 3

Baie maal voel nog 'n jaar wat op ons afstorm so sinloos. So verniet. Dis baie maal asof mens wil vra: 'Maar wat'sie doel van'it alles?' Waarom is ons hier? Hier in Afrika? In Daspoort? Weet u: Ons kan net weet wat'sie sin en'ie doel van'it alles as ons die regte wêreldbeskouing het. Sonder 'n regte wêeldbeskouing word alles een groot moeras van sinloosheid en moedeloosheid sodat ons soos die Prediker in Pred 1:2-3 sê: Alles tevergeefs... alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? Maar wat presies is 'n wêreldbeskouing? Verduidelik 1 Wel 'n wêreldbeskouing is soos daai brille wat jy opsit as jy 'n 'three-d' fliek kyk. Daai bril maak dat jy die fliek in 'three-d' kan kyk. Sonder die bril maak niks sin nie. Kan jy nie in three-d kyk nie. En nou'sit presies hieroor oor 'n regte wêreldbeskouing dat die HERE een nag aan Daniël sy groot en wonderlike plan vir sy wêreld gewys het. 2 Bewys Daniël vertel daarvan as hy in vers 1 sê: 1 Vgl oor wêreldbeskouing De Klerk in Roeping en werklikheid, bl 11. 2 1a חלם het die betekenis van 'droom waarmee God openbaar' (TWOT vol 2 bl 1020; NIDOTTE vol 2 bl 154). Hierdie openbaring word dan gesien חזה (NIDOTTE vol 2 bl 58). 4

In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël n droomgesig gesien... Verduidelik En dan kry ons hierdie droom-gesig in vers 2-27 waar ons lees van vier monsteragtige diere. En van allerhande horings en van die Oue van Dae en van Een soos die Seun van die mens en van die volk van die heiliges van die Allerhoogste. En dit alles klink sommer baie vreemd. Maar nou'sit juis met hierdie vreemde goed dat die HERE vir ons die regte wêreldbeskouing gee. Ja met Dan 7 gee die HERE vir ons daai bril om alles wat in hierdie wêreld gebeur reg te verstaan en ons eie situasie en doel en betekenis reg te verstaan sodat ons hier-en-nou in hierdie rowwe moeilike sondige werklikheid bemoedig kan word en kan volhard om voluit vir die HERE te leef. 3 Daarom ook dat Daniël verder aan in vers 1 sê: Toe het hy die droom opgeskrywe... Hoor u? Daniël het die droomgesig opgeskryf. Verduidelik 4 En as hy Dan 7 se droomgesig opskryf of neerskryf dan skryf hy dit neer 3 Vgl The Expositor's Bible commentary, vol 8 bl 131-132 4 1c כתב = peal perf 3de ml ev van.כתב Die subjek, vanuit die konteks is steeds Daniël. Deur sy droom/ visioen neer te skryf, kan dit bewaar word, onveranderd en vas bly om later weer gelees te word en lering daaruit te put (NIDOTTE vol 4 bl 1288, 1294; Calvyn se Dan komm vol 2 bl 9; The Expositor's Bible comm vol 8 bl 132; Baldwin se Dan comm bl 153). Die 'profesie' van Dan 7 is dus bedoel om gelees te word... Die HERE se ware volk/gelowiges moet lering daaruit put Rom 15:4 (vgl K&D se Dan komm bl 222; Calvyn se Dan komm vol 2 bl 9; The Expositor's Bible comm vol8 bl 132). 5

daar in die eerste jaar van Belsasar van Babilon dis so in 554 vc 5 sodat ons dit op die 11de Jan 2015 kan lees en die HERE dan daarmee vir ons lering kan gee oor hoe 'n regte Bybelse wêreldbeskouing lyk. 6 Ja vir ons lering kan gee oor hoe ons alles wat in die wêreld gebeur moet verstaan. Lering wat vir ons nou-en-hier rigting moet gee en doel en hoop. En daarom gaan ons tema wees: Die HERE se lering in Dan 7 oor 'n regte wêreldbeskouing Nou as die HERE wil gaan ons volgende week biddend in detail luister na hierdie lering. Maar om dit regtig goed te kan doen moet ons vandag eers net stil staan by: Die tyd en die konteks van Dan 7 Die plek van Dan 7 in die boek Daniël. Die doel van Dan 7. En dan heel laaste: 'n toepassing wat ons gaan terugbring by die HERE se lering in Dan 7 oor 'n Bybelse wêreldbeskouing. 1. So kom ons begin by die tyd en konteks van Dan 7. En hieroor leer ons meer vanuit vers 1 wat sê: In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël n droomgesig gesien... 5 Vgl Reformation study Bible bl 1220; Verwysings Bybel 1983 vertaling, bl 1094 6 Vgl Young se Dan komm bl 150; The Expositor's Bible commentary bl 35-36; Harman se Dan komm bl 19, 28; Fyall se Dan komm bl 17-18; Baldwin se Dan komm bl 66-67; Berkhof, Christus de zin der Geschiedenis, bl 41,48-50,66-67 6

A. So dis'ie tyd. 7 Hierdie droomgesig wat Daniël gesien het en toe neergeskryf het gee die HERE in'ie eerste jaar van Belsasar, die koning van Babel. Opmerking En ons het netnou gesien dat die eerste jaar van Belsasar hier rondom 554 vc is. Maar wie presies was hierdie Belsasar van wie vers 1 praat? En wie en wat is die Babel waaroor hy koning was? B. En met hierdie vrae kom ons by die konteks van Dan 7. Nou as ons hoor dat Belsasar koning van Babel was dan moet ons uit ons vorige prediking uit Dan 1-6 8 onthou dat Babel 'n wêreld-moontlikheid was. Ons kan ook praat van die Babiloniese wêreld-ryk. En dit was Nebukadneser 'n voorvader van Belsasar 9 wat hier rondom 605 vc met groot militêre mag en oorwinnings van Babel 'n wêreld-ryk gemaak het. 10 En dan vertel Dan 1 dat dit hierdie Nebukadneser was wat die volk Juda waarvan Daniël deel was uit Kanaän in ballingskap na Babel weggevoer het. 11 So as ons in Dan 7:1 hoor van die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel 7 1a ב by בשנת חדה dui op 'n tyd-aanduidende frase (A Grammer of Biblical aramaic, bl 34; BHNG bl 228). Die Lxx verstaan dit ook so wanneer hulle met 'n genitivus absolutus vertaal, wat gewoonlik temporeel verstaan moet word (Greek grammer beyond basics bl 655) ἔτους πρώτου βασιλεύοντος... Dus: 'in die eerste jaar...' 8 Sien http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 9 Vgl Danl 5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 10 Vgl Reformation study Bible bl 1212 11 Vgl Dan 1,1-2&21.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 7

dan weet ons nou dat Belsasar koning is oor die Babiloniese wêreld-ryk. Ons weet dat Nebukadneser Babel so 50 jaar te vore tot 'n wêreld-ryk gemaak het. Ons weet ook uit Dan 1 wat Juda in ballingskap weggevoer het. dat dit die Babiloniërs was En dis'ie konteks van Dan 7. Opmerking Maar net om hierdie konteks 'n bietjie meer volledig te kry moet ons net nog twee goed vanuit ons vorige prediking uit Dan 1-6 onthou. C. Die eerste gaan oor waarom Juda in ballingskap sit. Nou Juda is in ballingskap omdat die HERE in sy almag die Babilonërs gebruik om Juda te straf. 12 Omdat Juda aangehou en aangehou het om in liefdeloosheid hulle rug op die HERE te draai. Opmerking Ons lees daarvan in die Konings-boeke. Veral in 2Kon 23-25. En toe ons by Dan 1 was kon ons meer hieroor leer. Maar nou moet ons oor hierdie hele ballingskap-ding darem net dit ook sê: En dis dat daar in Juda altyd ook die HERE se ware gelowige kinders was die HERE se ware kerk sy ware verbondsvolk. Daniël was een van hulle. 12 Bv Jer 27:5-6 8

Nou vir hulle was die ballingskap nie die HERE se vernietigende strafgerig nie. Verduidelik 13 Nee! Die ballingskap en daarmee saam al die ontsettende moeilike omstandighede was vir hierdie ware kinders van die HERE 'n tyd waarin die HERE hulle gelouter het Dit was 'n tyd waarin die HERE besig was met hulle heiligmaking. Dit was 'n tyd waarin die HERE hulle voortdurende bekeer het. D. Maar nou hier in Dan 7:1 sit hierdie ware gelowiges van die HERE nou al 'n hele lange tyd in Babilon. Nebukadneser is lankal dood. Een uit sy nageslag Belsasar regeer op sy troon. En lees ons Dan 5 sien ons dat Belsasar die laaste koning van die Babiloniese wêreldryk was. Bewys Want Dan 5 vertel hoe die ryk van die Meders-en-Perse die Babiloniërs verslaan het en toe die volgende wêreldryk geword het. 14 Opmerking En dis'ie tweede ding wat ons moet raaksien om 'n mooi volledige prentjie van die konteks van Dan 7 te kry. 13 Vgl Robertson, The Christ of the Prophets, bl 356-358; Danl 1,1-2&21.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 14 Vgl Danl 5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 9

Ja na die Babiloniese wêreldryk sou daar nog 'n goddelose wêreldryk op die toneel verskyn. Die wêreldryk van die Meders-en-Perse. Toepassing En dink nou net 'n bietjie wat moes daardie ware kinders van die HERE beleef het. 'Een goddelose wêreldryk op die ander. So wat het nou geword van die HERE se beloftes aan Abraham en Dawid.' 'Wat het geword van die belofte van die land Kanaän en die belofte van die Messias uit Dawid wat die ewige vrederyk sal bring.' 'Ja is alles nog die moeite werd? Maak dit nog sin om die HERE te bly dien?' En is'it nie die selfde soort vrae waarmee ons ook baie maal worstel nie? Vra ons nie ook nie in 'n land met 'n goddelose regering en 'n wêreld vol geweld vrae soos: 'Hoe lank HERE? Wanneer kom Jesus dan die Messias uit Dawid en sy ryk van vrede. Wanneer sal Hy dan kom om reg en geregtigheid te doen in die land?' En as dit so gaan met ons is'it nog die moeite werd? Maak'it sin om die HERE te dien? 10

Kyk hoe goed gaan dit dan baie maal met die goddeloses! Nou weet u: op al hierdie vrae van die HERE se ware volk deur die eeue kry ons antwoord net as ons 'n regte Bybelse wêreldbeskouing het. 'n Bybelse wêreldbeskouing wat vir ons die HERE se groot en wonderlike plan met sy wêreld wys. En dan vir ons nou-en-hier rigting en geloof en hoop gee. Oorgang En presies so 'n wêreldbeskouing gee die HERE in Dan 7. Daarom geliefdes moet ons Dan 7 biddend deeglik bestudeer. En juis daarom is dit belangrik om mooi te weet oor die tyd en die konteks van Dan 7. 2. Maar ook oor die plek van Dan 7 in die Daniël-boek. En dis ons tweede punt. Nou oor'ie plek Van Dan 7 in die Daniël-boek leer ons ook vanuit vers 1 as daar staan: In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël n droomgesig gesien... En nou'sit belangrik dat ons moet raaksien dat juis Daniël hierdie droomgesig gesien het. 15 Want dis'ie eerste keer in die Daniël-boek dat Daniël self 'n droomgesig ontvang. Bewys 16 Te vore was'it nog net Nebukadneser in Dan 2 en Dan 4 15 1a Belangrik hier is dat דניאל die subjek van חזה is vgl ook die Lxx wat dit so verstaan en vertaal met δανιηλ ὅραμα εἶδε (Harman se Dan komm bl 159). 16 So ver in die boek Daniël was dit nog net Nebukadneser (Dan 2:26, 31, 34, 41, 43; 4:5, 9, 10, 13, 18, 20, 23) en Belsasar (Dan 5:5) wat drome/ gesigte/ visioene gesien (חזה) het. Van hier af is dit egter Daniël wat drome/ gesigte/ visioene sien (Dan 8:1-4,15; 9:21; 10:7-8, 12:5) vanaf hfst 8 kry ek veral die woord ראה wat saam met חזה gebruik word vir die 'sien' van drome/ gesigte/ visioene (vgl NIDOTTE vol 2 bl 56; Harman se Dan komm bl 159). 11

en Belsasar in Dan 5 wat droomgesigte ontvang het. En elke keer was'it Daniël wat die droomgesigte vir hulle verklaar het. Maar hier in Dan 7 gee die HERE nou vir Daniël self 'n droomgesig. En so bly dit in die res van die Daniël-boek. Verduidelik Want hier van Dan 7 af tot by Dan 12 kry ons droomgesigte of ons kan ook praat van profesieë in die vorm van droomgesigte 17 wat die HERE direk en net vir Daniël gee. En dan gaan hierdie droomgesig-profesieë oor die verloop van die wêreld se geskiedenis en die HERE se soewereine regering daarin en alles wat die HERE se volk daarin beleef. En dit gaan ook oor die HERE se uiteindelike oorwinning oor die bose en die koms van sy vrede-ryk. 18 So dis'ie goed wat ons kry in Dan 7-12. In Dan 1-6 was dit anders. Daar het dit meer gegaan oor die lewe van Daniël en sy drie vriende Sadrag, Mesag en Abednego in die goddelose Babiloniese wêreld-ryk. en ook later in die goddelose wêreldryk van die Meders-en-Perse. Dit gaan oor hulle lewe waarin ons baie duidelik die soewereine almag van die HERE sien skitter 17 Vgl The Expositor's Bible commentary, vol 8 bl 131-132; Harman se Dan komm bl 157-158 18 Vgl The Expositor's Bible commentary, vol 8 bl 25-26, 128; Baldwin se Dan komm bl 66-69. 12

en hoe die HERE sy ware kinders krag gee om te volhard om vir Hom te leef. 19 Maar nou in Dan 7:1 met Daniël self wat 'n droomgesig sien kom daar 'n verandering in die Daniël-boek. Van hier af tot by Dan 12 gaan dit nou oor die droomgesig-profesieë wat die HERE aan Daniël gegee het. So dis'ie plek van Dan 7 in die Daniël-boek. In Dan 7 gaan ons nou oor na die profesie-gedeelte van die Daniël-boek. Ja dis'ie plek van die Dan 7. 3. Maar wat's die doel van Dan 7? En dis ons derde punt. Opmerking Ons kon nou net leer dat Dan 7 die punt is of die merker is wat vir ons wys dat ons nou oorgaan na die profesie-deel van die Daniël-boek. Maar dit is nog nie die groot doel van die Dan 7 nie. Nee, die groot doel van Dan 7 is om vir die HERE se volk 'n Bybelse wêreldbeskouing te gee. Ons het dit reg aan die begin ook al gesê. Maar hoe weet ons dit nou? Hoe kan ons sommer net so iets sê? Wel ons kan'it sê vanuit dit wat ons uit die gedagtegang of die gedagtestruktuur in Dan 7 leer. 19 Vgl The Expositor's Bible commentary, vol 8 bl 25-26, 128; Baldwin se Dan komm bl 151; Harman se Dan komm bl 155. 13

So kom ons kyk bietjie daarna. Struktuur I Daar's vier skrikwekkende diere in vers 1-7. Vers 17 sê hulle beeld vier konings of wêreld-koninkryke 20 uit. In vers 7-8 hoor ons dat die vierde dier 'n spul horings het. En vanuit vers 19-25 leer ons dat hierdie horings Goddelose koninkryke uitbeeld wat deur die geskiedenis van die wêreld daar sal wees. 21 Terwyl die HERE steeds en altyd oor alles soewerein heers. II Vers 9-12 en vers 22 en vers 26 vertel hoe die HERE in sy oordeel 'n einde sal maak aan al hierdie bose koninkryke. III En vers 13-14 en vers 22 en vers 27 waar ons ook hoor van Een soos die Seun van die mens en die volk van die heiliges van die Allerhoogste vertel hoe die HERE sy ewige vrede-ryk laat aanbreek. So sien u: Ons kry hier in Dan 7 oorsig of 'n prentjie van die wêreld se geskiedenis. Ons kry hier 'n beskouing van die wêreld. 'n Wêreldbeskouing. 22 Opmerking En ons sal as die HERE wil volgende week in meer detail hierop ingaan. 20 Vgl Aalders se Dan komm bl 150, 158-159; K&D se Dan komm bl 238, 240; Berkhof, Christus de zin der Geschiedenis, bl 54 21 Vgl Young se Dan komm bl 150; Robertson, The Christ of the prophets, bl 332-333 22 Vgl Young se Dan komm bl 150; The Expositor's Bible commenatry, vol 8 bl 25-26, 35-36; Harman se Dan komm bl 19, 28; Fyall se Dan komm bl 17-18 14

Maar dis'ie groot doel van Dan 7. Dit gee vir ons 'n wêreldbeskouing. En ons sien'it uit die gedagtegang of die gedagtstruktuur. Ons kry hier 'n beeld van die wêreld se geskiedenis van die HERE se beheer daaroor en die oorwinning wat die HERE uiteindelik bring. Oorgang En weet u: Dan leer ons hoe hierdie Dan7-wêreldbeskouing op ons nou-en-hier van toepassing is as ons sien hoe hierdie Dan 7-wêreldbeskouing in die boek Daniël werk. 4. En nou's ons by ons laaste punt. Die toepassing vir ons. En soos ek gesê het leer ons hoe die Dan 7-wêreldbeskouing op ons van toepassing is as ons sien hoe dit werk in Daniël-boek. Nou as ons wil leer hoe die Dan 7-wêreldbeskouing in die boek Daniël werk moet ons raaksien dat ons hierdie Dan 7-wêreldbeskouing ook in Dan 2 kry. 23 Opmerking 24 Dan 7 het wel meer detail. Maar behalwe vir die detail kry ons die Dan 7-wêreldbeskouing net so ook in Dan 2. 23 Vgl Robertson, The Christ of the Prophets, bl 329-330 24 Vgl baldwin se Dan komm bl 67 15

Kom ons maak gou ons Bybels daar oop dan wys ek u. Bewys In Dan 2 het Nebukadneser 'n droom van 'n groot beeld van 'n man. En die beeld bestaan uit vier dele. Daar van Dan 2:31 af lees ons daarvan. Ons kry ook van daar af Daniël se verduideliking van Nebukadneser se droom. As ons by Dan 2:36-43 wys Daniël vir Nebukadneser dat die vier dele van die beeld wat Nebukadneser in sy droom gesien het vier koninkryke uitbeeld. Net soos die vier diere van Dan 7 ook vier Koninkryke uitbeeld. In Dan 2:34-35 lees ons dat daar 'n klip los gekom het wat hierdie beeld plat gerol het en toe so groot geword het dat dit oor die hele aarde gestrek het. En dan wys Daniël vir Nebukadneser in Dan 2:44-45 dat daardie klip die koningsheerskappy van die HERE uitbeeld waarmee die HERE 'n einde maak aan alle wêreldryke en sy Koninkryk van ewige vrede laat kom. Net soos in Dan 7 waar die HERE ook 'n einde maak aan die vier diere en sy Koninkryk van vrede laat kom. 16

So sien u: Die Dan 7-wêreldbeskouing van Goddelose wêreldryke wat daar is deur die wêreld se geskiedenis terwyl die HERE steeds absoluut in beheer is en uiteindelik 'n einde maak aan hierdie wêreldryke en sy koninkryk van vrede laat kom kry ons net so ook in Dan 2. Hoekom? Wel omdat dit die werk of die doel is van die Dan 7-wêreldbeskouing wat ons ook in Dan 2 kry om die hele tyd reg deur die Daniël-boek die bril te wees die wêreldbeskouing te wees wat ons moet help om ons alles wat in die Daniël-boek gebeur reg in te sien en reg te verstaan. 25 Dan 2 het hierdie werk veral in Dan 1-6 waar'it gaan oor Daniël-hulle se lewe. En Dan 7 het hierdie werk veral in die profesie-deel van die Daniël-boek in Dan 7-12. 26 Verduidelik Kom ons vat 'n voorbeeld. I As Daniël se drie vriende, Sadrag, Mesag en Abednego in Dan 3 in Nebukadneser se vuuroond beland omdat hulle nie die goue-beeld wat Nebukadneser gemaak het wil aanbid nie; En as Daniël in Dan 6 in die leeukuil beland omdat hy nie vir koning Darius van die Meders-en-Perse wil aanbid nie 25 Vgl Fyall se Dan komm bl 17-18 noem Dan 2 en Dan 7 die meta-narratief in die lg waarvan ons al die ander narratiewe en profesieë in die boek Daniël moet verstaan. 26 Vgl Fyall se Dan komm bl 17-18 17

dan sien ons die goddelose wêreldryke wat die Dan 7-wêreldbeskouing ons wys aan die werk. Maar vanuit die Dan 7-wêreldbeskouing weet ons dat die HERE steeds in beheer is. En dat Daniël en sy vriende in hulle haglike omstandighede meer as oorwinnaars is omdat die HERE 'n einde sal maak aan hierdie bose wêreldheersers en Daniël-hulle sal laat deel in sy oorwinning en die ewige vrede-ryk. II Kom ons vat nog 'n voorbeeld. As die HERE sy straf gerig oor koning Nebukadneser laat kom in Dan 4 en in Dan 5 Belsasar se koningskap beëindig en die Babiloniese wêreldryk laat val dan sien ons net soos die Dan 7-wêreldbeskouing ons wys die soewerein-almagtige regering van die HERE al lyk dit so baie maal asof wêreldheersers en wêreldryke nou-en-hier sonder enige teenstand net voortgaan en maak wat hulle wil. III Nog 'n voorbeeld. As ons in die profesieë van Dan 8-12 lees hoe die volk van die HERE in die toekoms nog swaar gaan ly onder bose wêreldheersers 18

dan wys die Dan 7-wêreldbeskouing ons dat alles nie net verlore is nie. Nee die Dan 7-wêreldbeskouing gee troos en hoop en oorwinning. So sien u hoe werk die Dan 7-wêreldbeskouing in die Daniël-boek? Dit gee reg deur die Daniël-boek die bril die wêreldbeskouing waarmee ons alles wat in die boek Daniël gebeur reg kan sien en reg kan verstaan. Toepassing En weet u: Net so werk die HERE met sy Dan 7-wêreldbeskouing hier-en-nou in 2015 in elkeen van sy ware kinders se lewe. 27 I As ons hier in SA onder 'n goddelose regering leef en die wêreld is vol geweld dan wys die Dan 7-wêreldbeskouing vir ons dat alles gebeur net soos die HERE vooraf gesê het. Maar'it wys ons ook meer. Dit wys ons die HERE sal 'n einde aan al hierdie goddeloosheid maak. En by dit alles gee die Dan 7-wêreldbeskouing ons hoop. Want dit wys ons dat die HERE sy ryk van ewige vrede sal laat kom. II En dan? Wel dan verander ons lewens nou-en-hier radikaal. Ons breek met wat verkeerd en sondig is en ons wil al meer vanuit die Woord vir die HERE leef 27 Vgl Duguid se dan komm bl 118-121; Berkhof, Christus de zin der Geschiedenis, bl 17-20. 19

want sê die apostel in 1Joh 3:3 elkeen wat hierdie hoop (ook die hoop van die Dan 7-wêreldbeskouing) op (die Here) het, reinig homself soos (die Here) rein is. III En as ons dan omdat ons vir die HERE leef in hierdie bose wêreld ly en swaarkry? Wel dan kan ons volhard. Want saam met die hoop van die Dan 7-wêreldbeskouing kom daar ook volharding. Voorbeeld Jesus is vir ons hierin die volmaakte voorbeeld. Hy het by uitstek geleef met die Dan 7-wêreldbeskouing. En toe? Wel Jesus het gely en is gekruisig onder die tirannie van 'n bose wêreldryk waaroor die Dan 7-wêreldbeskouing praat Maar dit alles het Jesus in gehoorsaamheid gedra vanuit volmaakte selfopofferende liefde aan die HERE. Want in Heb 12:2 hoor ons dat Jesus vir die vreugde (waarvan die Dan 7-wêreldbeskouing praat) wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het. Slot Kom ons sluit af deur dit te sê: Dis met die Dan 7-wêreldbeskouing deur die werk van die heilige Gees in ons harte dat ons mense word met rigting met doel met hoop. 20

So alleen kan ons volhard. In 'n wêreld met Goddelose regerings. In 'n wêreld vol armoede en swaarkry In 'n wêreld vol onreg en misdaad en geweld Ja so alleen word ons nie totale wanhopige soekers sonder rigting en doel nie. Of mense wat net leef vir die hier-en-nou genot nie. Voorbeeld 28 Ek dink nogal die blanke Westerling is vandag baie so. Ons het ons rug gedraai op die HERE en op die HERE se Dan 7-wêreldbeskouing. En verlede week het ons iets van die krisis daarvan begin sien in Europa toe Moslem terroriste uit 'n al hoe groter en groter wordende Moslem gemeenskap Frankryk in 'n bloedbad verander het. En die mense van Europa sonder die rigting en sonder die doel en sonder die hoop van die HERE se Dan 7-wêreldbeskouing het nie 'n antwoord op daardie krisis nie. Behalwe uiteindelik die antwoord van selfvernietigende vrees en haat. Of om jou hoop en doel en rigting soek in een of ander valse sondige wêreldbeskouing. 28 Berkhof, Christus de zin der Geschiedenis, bl 21-32 21

Voorbeeld 29 Soos bv om te dink dat die mens met ons eie krag en slimmigheid die wêreld 'n beter plek sal maak. Of om 'n kommunis te word wat dink dat ons met revolusie op revolusie sal sorg dat almal uiteindelik in vrede gelykop in die rykdomme van hierdie wêreld sal kan deel. Of om al my hoop op 'n handves van menseregte stel as die groot uitkomsgewer wat alles reg sal laat verloop. Of om ons oplossing te soek goeie en effektiewe regering wat op elke lewens terrein alles vlot laat verloop. Of in een of ander valse godsdiens. Alles dinge wat ons uiteindelik deel maak van die goddelose wêreldryke onder die oordeel van die HERE waarvan die Dan 7-wêreldbeskouing ons vertel. Daarom geliefdes kom ons bid dat die HERE ons oë sal oop maak vir die belangrikheid van die Dan 7-wêreldbeskouing. Kom ons bid dat die HERE 'n ywer in ons sal opwek om te leer wat in Dan 7 staan. 29 Berkhof, Christus de zin der Geschiedenis, bl 21-32 22

Kom ons bid dat die HERE se lering in Dan 7 oor 'n regte Bybelse wêreldbeskouing al meer deel van ons lewe sal word Kom ons bid dat ons al meer daaruit sal leef vir die HERE in hierdie wêreld. Kom ons bid daarvoor. Ook vir volgende week Antwoorddiens Amen. as ons verder uit Dan 7 gaan leer. Psalm as antwoord op die Woord Ps 93: 1, 2, 3, 4 Gebed 23

Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 30: 1, 3, 8 Slotsang Ten slotte sing ons Ps 104: 19, 20, 21 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 24