Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Σχετικά έγγραφα
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Die genade gawes Van God:

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

1 TESSALONISENSE 1:3

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Die krag / vuur van God:

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Sendbrief van Jakobus

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

ישוע. familieboom van Jesus

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Deur Christus Alleen

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

deur CARIKA DU PLESSIS

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

VOLUME AUGUSTUS 2007

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

REFORMASIE. Martin Luther

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Transcript:

KERSFEES 2017 EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! DESEMBER 2017 ~ JANUARIE 2018 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS Teks & Vers: Gestuurde Liefde ONS GESELS MET: DS. GEVERS VAN DIE BYBELGENOOTSKAP RIEËTTE VENTER VAN MOOIRIVIER KERSMARK PRYSE: SELF-AFHAAL: R 17-82 GROEPE (POS): R 26-00 INDIVIDU (POS): R 28-00 ELEKTRONIES: R10-37 www.gksa.org.za/tydskrifte/vroueblad-inteken

PRYSE: SELF-AFHAAL: R 17-82 GROEPE (POS): R 26-00 INDIVIDU (POS): R 28-00 ELEKTRONIES: R10-37 Gereeld 3 Redakteursbrief 4 Vrouwees... n Lofgedig! 5 Sodat my huis kan vol word In-diepte Kersfees 6 Ek is gestuur... om die Vader se werk te voltooi 8 Ek is gestuur... om mense te red 10 Ek is gestuur... sodat mense die enige ware God ken Leefdinge Kersfees 12 Kersprogram vir Oukersaand 16 Teks & Vers: Gestuurde Liefde 17 Teks & Vers: Dagboek 18 Boekeblad: Boeke vir Kersvakansie 21 Advertensie: Lux Verbi 22 Bybelse berading: Christus is die kern van Kersfees 24 Fokus op die gelowige vrou van vandag: Die alleenvrou in die gemeente (2) 26 I sell 28 Rieëtte Venter vertel van Mooirvier Kersmark 30 Resepte: Vrugtekoek & Roly Poly REDAKTEUR ASSISTENTREDAKTEUR GRAFIESE ONTWERP EN UITLEG SEKRETARESSE WEBREDAKTEUR ADDISIONELE LEDE Inhoud Desember 2017 ~ Januarie 2018 REDAKSIEKOMMISSIE: Leefdinge Algemeen 32 Die E100-leesplan: n Arendsvlug deur God se Woord 56 Ons gesels met Ds. Gevers, die Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap 58 Ontdek die Bybelgenootskap se leesstof Leefdinge Gemeente-Mosaïek 52 Gemeente-mosaïek: Kameeldrift se Damestee 2017 54 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 2017 55 Gemeente-Mosaïek: Bybelstudie Saamtrek & wenke In Diepte Nuwejaar 34 God stuur die ander Trooster... om bý ons te wees ook in 2018 36 Ek gee my Heilige Gees aan julle as lewenslange Gids ook in 2018! 38 Jesus stuur ons die nuwe jaar in om te gaan verkondig! Cobie Steyn Griet Swanepoel Karien Brink Marlette van Rooyen Grietjie Prinsloo Ds. Johan Botha & Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad, Posbus 178, Lydenburg 1120, Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2017 TOT 30 JUNIE 2018. (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor. Leefdinge Nuwejaar 40 n Geween en n gekners van tande 42 Teks & Vers: God met ons 43 Teks & Vers: Dagboek 44 Boekeblad: Boeke vir Nuwejaar 47 Advertensie: Cum-boeke 48 Bybelse Berading: Angsbevange vir 2018! 50 Fokus op die gelowige vrou: Maak jy die Koninkryk van God sigbaar by jou werkplek? 60 Resepte: Bederfhappie vir Oujaarsaand 61 Lees in Februarie 2018 61 Gemeentedagboek 62 Hartskatte: Ek is deur die Vader gestuur... 63 Die mens geskape verhoudingswese: Die gelowige vrou en haar tieners 64 Kaleidoskoop Desember 2017/Januarie 2018 N PUBLIKASIE VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SUID-AFRIKA Bied ook verrykende DESEMBER 2017 ~ JANUARIE 2018 KERSFEES 2017 geestelike DIE HEILIGE GEES EK IS LEWENSLANGE DEUR GIDS DIE VADER GESTUUR! GESTUUR OM TE VERKONDIG Teks & Vers: ONS GESELS MET: DS. GEVERS VAN DIE Gestuurde BYBELGENOOTSKAP Liefde RIEËTTE VENTER VAN MOOIRIVIER KERSMARK www.gksa.org.za/tydskrifte/vroueblad-inteken leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986. Ander Publikasies van die Gksa: SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB) E-pos: cobiesteyn@live.com Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad Slakkepos: Posbus 178 Lydenburg 1120. (Hierdie besonderhede is nie vir administratiewe soos inskrywings of kansellasies bedoel nie skakel die Administratiewe Buro in Potchefstroom: (018) 297 3986) Besoek ons Facebookblad en gesels saam oor wat dit vir jou persoonlik beteken dat Jesus Christus aarde toe gestuur is om jou te kom verlos. JAARGANG 72 NOMMER 7 2 Desember 2017 ~ Januarie 2018

CHRISTUS DEUR DIE VADER GESTUUR redakteursbrief God is Liefde! juig ons harte, en bedink wat liefde doen: Dat Hy ons sy Seun gestuur het om ons sonde te versoen (Lied 334:1). Liewe Medegelowiges, En so het ons aan die einde van nóg n jaar gekom. n Jaar wat sy opdraandes gehad en sy afdraandes, sy hartseer en sy vreugdes. En nou nader ons Kerstyd: dié tyd wanneer ons weer terugdink aan die baie bekende woorde van Johannes 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het... Bestudeer n mens dan die evangelie van Johannes, hoor n mens herhaaldelik hoedat Jesus sê dat Hy deur die Vader na die wêreld gestuur is. Desember is juis n wonderlike geleentheid om deur hierdie kosbare evangelie te lees en self uit te vind hoeveel keer Jesus dit sê soek ook sommer na die ander Ek-is -uitsprake van Jesus, sommige van hierdie uitsprake het deel uitgemaak van ons jaartemas van 2017. Die feit dat God sy Seun aarde toe gestuur het om ons van ons sondes te kom verlos, bevestig dat Hy n getroue God is wat nooit sy beloftes verbreek nie, want so vroeg as Gen. 3:15 word die Verlosser alreeds belowe. Hierdie belofte van n Messias wat sou kom weerklink dwarsdeur die Ou Testament en uiteindelik gaan hierdie belofte in vervulling wanneer God sy enigste Seun aarde toe stuur. In hierdie sending van die Vader sien ons sy groot, onmeetbare liefde: Híérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Joh. 4:9). Maar by die stuur van God se Seun om ons te kom verlos, bly dit nie. Wanneer Jesus weggaan, belowe Hy dat die Vader die ander Trooster sal stuur, die ander Voorspraak: die Heilige Gees. En met die toerusting en gawes waarmee die Heilige Gees ons begenadig, word ons ook nou gestuurdes mense wat elke dag moet verkondig met ons lewens, maar wat ook met die Woord van God in die hand moet gaan om sy blye evangelie aan die wêreld uit te basuin. Mag ons hierdie Kerstyd die boodskap met vreugde uitjubel: God het sy Seun uit liefde gestuur na n sonde-stukkende wêreld om te kom red wat verlore was. Geseënde Kersfees en n mooi Nuwejaar vir elkeen. Cobie Steyn Voorbladfoto: Met erkenning aan Anlé Pelster van Amoia Photography. Anlé neem pragtige troufoto s en kan gekontak word by: 084 516 2173 of skryf vir haar: info@amoia.co.za of besoek haar webwerf: www.amoia.co.za Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons! Desember 2017 ~ Januarie 2018 3

IN DIEPTE KERSFEES EK IS GESTUUR......SODAT MENSE DIE ENIGSTE WARE GOD KEN DEUR DR. ALBERT COETSEE As iemand jou sou vra om die ewige lewe te definieer, wat sou jy antwoord? Dalk sal jy die ewige lewe beskryf as iets wat vir gelowiges voorlê; die lewe hierna; die toestand van lewe wat aanbreek wanneer Christus weer kom of wanneer ons sterwe. Of dalk sal jy die ewige lewe beskryf as n lewe sonder einde; n lewe vir altyd; n onsterflike lewe. 10 Desember 2017 ~ Januarie 2018

IN DIEPTE KERSFEES Waarskynlik sal die meeste van ons die ewige lewe só beskryf. Indien wel is ons gedeeltelik reg. Maar die ewige lewe is nie net iets wat vir gelowiges voorlê nie; dit is ook nie iets wat ons bloot besit nie. Dit is tegelykertyd iets wat ons nou reeds het, en iets wat ons doen. Dit hoor ons in Johannes 17. Die hele Johannes 17 is n gebed. Dit is die langste gebed van ons Here Jesus wat in die Bybel opgeteken is. Nog meer opmerklik as die lengte van hierdie gebed is die tyd wanneer ons Here Jesus hierdie woorde bid. Hy bid dit op die vooraand van sy kruisiging. Oor enkele ure sal Hy gearresteer, valslik verhoor en wreed tereggestel word. En wat doen Hy? Hy bid. Hy bid vir Homself (Joh. 17:1-5), vir sy dissipels (Joh. 17:6-19) en vir sy kerk (Joh. 17:20-26). Met die laaste woorde van hierdie gebed bid Jesus ook vir dié wat deur hulle [die dissipels] se woorde tot geloof in My sal kom (Joh. 17:20). Met ander woorde, Hy bid vir hulle wat dwarsdeur die eeue tot geloof sou kom. Is dit nie aangrypend nie? Hy bid onder andere vir my en jou. Die aand voor sy kruisiging het ons Here Jesus vir my en vir jou gebid. Wat n troos! Hy bid vir ons eenheid as kerk en dat ons sy heerlikheid sal sien. In die heel eerste woorde van hierdie gebed verwys ons Here Jesus na die ewige lewe. Hier hoor ons hoe Hy die ewige lewe definieer: EN DIT IS DIE EWIGE LEWE: DAT HULLE U KEN, DIE ENIGSTE WARE GOD, EN JESUS CHRISTUS, WAT DEUR U GESTUUR IS (JOH.17:3; VGL. 1 JOH. 5:20). Hoe meer ons hierdie woorde lees en daaroor nadink, hoe meer kry ons perspektief oor wat ons Here hier sê. Hy definieer die ewige lewe as volg: Die ewige lewe is intieme gemeenskap met die enigste ware God op die enigste manier wat Hy geopenbaar het, naamlik deur sy Seun. Intieme gemeenskap Ons Here Jesus sê die ewige lewe is om God te ken. Die ewige lewe kom neer op kennis. Maar dan, soos kennis meermale in die Bybel gebruik word, verwys dit nie na blote abstrakte kennis nie. Nee, om die Here te ken beteken veeleer gemeenskap... vertroue... n persoonlike verhouding... geloof. Die ewige lewe is om in n intieme verhouding met God te wees. Indien ons dit so verstaan is die ewige lewe nie soseer n lewe sonder einde nie, maar eerder intieme gemeenskap met Hom wat eindeloos lewe. Die ewige lewe gaan nie soseer oor n oneindige bestaan nie, maar n persoonlike verhouding met Hom wat oneindig bestaan. Dit is hoekom ons meermale in die Johannes-Evangelie lees dat ons as gelowiges nou reeds die ewige lewe het. Dit is nie iets wat ons nog in die toekoms moet ontvang nie. Deur die geloof deur n intieme verhouding met die Vader het ons nou reeds die ewige lewe. Met die enigste ware God Maar die ewige lewe is nie maar net kennis van enige god nie. Dit is nie kennis van n god nie. Dit is kennis van dié God. Dit is kennis van die enigste ware God. Daar is net een God, en dit is die Here. Soos dit gestel word in die bekende woorde van Deut. 6:4: Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here (vgl. Joh. 5:44; 1 Tess. 1:9). Jesus se woorde is in skreeuende kontras met soveel vreemde godsbeskouings. Die ewige lewe is nie om n magdom verskillende gode te ken nie (politeïsme), want daar is maar net een ware God. Die ewige lewe is nie om te ontdek dat jy soos alles anders in die heelal God/god is nie (panteïsme), want daar is net een ware God. Die ewige lewe is nie om geen god te bely nie (ateïsme), want daar is een ware God. Die ewige lewe is om intieme gemeenskap te hê met die enigste ware God. Deur Jesus Christus Maar dan moet ons die enigste ware God ken op die enigste manier wat Hy geopenbaar het, naamlik deur sy Seun. Ons kan die Vader alleen reg ken deur sy Seun. Jesus is immers die weg en die waarheid en die lewe (Joh. 14:6). Alleen deur Hom kan ons die Vader nader en ken. Dit is juis hoekom Hy gekom het. Hy het gekom om die Vader bekend te maak (Joh. 1:18). En dit is wat ons elke jaar met Kersfees gedenk: Jesus Christus is deur die Vader gestuur sodat mense die enige ware God kan ken. Die ewige lewe is om U te ken As iemand jou nou weer sou vra om die ewige lewe te definieer, kan jy antwoord: Die ewige lewe is intieme gemeenskap met die enigste ware God op die enigste manier wat Hy geopenbaar het, naamlik deur sy Seun. Ek ervaar en geniet nou reeds hierdie gemeenskap, maar eendag, in die bedeling hierna, sal ek dit nog soveel te meer ervaar. Die ewige lewe is om God te ken. Desember 2017 ~ Januarie 2018 11

LEEFDINGE KERSFEES Fokus op die gelowige vrou van vandag Die alleenvrou in die gemeente (2) Joh. 17:3. En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is. Hoe wonderlik vat hierdie paar woorde die kern van ons geloof saam! Tog veroorsaak dit ook hartseer in die hart van die vrou wie se man ongelowig is n alleenvrou in ons gemeentes wat op n ander manier eensaam is. Deur Hannatjie Vorster Die innige verbintenis met God en Christus, dit wat vir haar die kosbaarste is, kan sy nie met die mens wat die naaste aan haar is deel nie. Dinge soos n preek wat besonder tot haar spreek, Bybelstudie wat nuwe insigte vir haar oopmaak, n diep geloofsbelewenis en besondere gebedsverhoring wat ander egpare deel, al is dit soms sonder woorde, moet sy maar in haar hart bêre. Worsteling oor man se redding Die worsteling met die wete dat haar man nie sonder Christus gered kan word nie, stel besondere eise aan haar geloof, en kan selfs oomblikke van twyfel aan haar eie geloof meebring. Dikwels leef die vraag in so n vrou se hart: Hoekom verhoor God my nie as ek smeek dat my man tot bekering moet kom nie? Totdat sy daarby uitkom om te verstaan dat sy die saak in kinderlike vertroue heeltemal aan God moet oorgee. 1 Petr 3:1 se woorde As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is, en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om n woord te sê nie, word dan vir haar van besondere belang en sy besef dat God in sy alwysheid ook die dinamika van haar huwelik 24 Desember 2017 ~ Januarie 2018

LEEFDINGE KERSFEES verstaan. Meer as enige iemand anders kom sy tot die begrip van die kleinheid en onmag van die mens en dat jy God onvoorwaardelik moet vertrou. Alleen verantwoordelik vir Christelike opvoeding n Ander eensame pad wat sy stap is om alleen verantwoordelik te wees vir die Christelike opvoeding van haar kinders. Wanneer hulle groter word begin die kinders noodwendig vrae vra oor hulle pa se ongeloof, en sy het nie altyd antwoorde nie. In die huis is die kerk-kultuur en die sekulêre kultuur heeltyd in kompetisie. Terwyl ander gesinne mekaar ondersteun en aanmoedig, vat dit soveel meer dissipline om kerk toe te gaan as pa by die huis bly. As die kinders groter word mag dit ook wees dat haar man voel dat hulle toegelaat moet word om rasioneel te besluit om n Christen te wees of nie, terwyl die Christenvrou haar kind se geloof koester en dit vir haar bitter is as die kind Christus verwerp. Vandag verklaar mense baie meer openlik dat hulle ongelowig is as selfs twintig jaar gelede. Geloof word in die media bevraagteken en n ongelowige vind baie vriende wat soos hy dink. Mense wat kerklik grootgeword het, het as volwassenes die vrymoedigheid om hulle bevraagtekening uit te spreek en hulle rug op die kerk te draai. Nie vir alle vroue was dit van die begin af duidelik dat haar man ongelowig is nie. Hy het miskien aanvanklik aan n kerk behoort, maar soos dit meer aanvaarbaar geword het in die samelewing meer openlik geloof in Christus verwerp. Die vrou moes dan ook nog hierdie ommeswaai verwerk en leer aanvaar. Hoe ondersteun ons as medegelowiges hierdie vrou wat in haar huwelik en in die opvoeding van haar kinders alleen staan in haar geloof? Fyn aanvoeling vir alleenvrou se situasie Elkeen van hierdie vroue beleef hulle situasie verskillend, afhangende van haar man se sienings en houding. Glo hy aan God, maar nie aan Christus nie? Is hy agnosties maar gun haar geloof? Neem hy genoeë daarmee dat sy die kinders Christelik opvoed, of probeer hy aktief sy sieninge aan die kinders oordra? Is hy aggressief ateïsties? Spot hy of sy vriende met die naïwiteit van gelowig wees? Respekteer hy God se naam? Is hy negatief teenoor die kerk omdat hy êrens in sy lewe te na gekom gevoel het? Hoe voel hy daaroor as sy in die week aan kerklike aktiwiteite deelneem? Ons moet n fyn aanvoeling hê vir die vrou se omstandighede. Tog moet ons ook nie druk op haar uitoefen om te verduidelik hoekom haar man ongelowig is nie, of n vorderingsverslag oor sy geloofslewe van haar verwag nie. Die vers in 1 Petrus geld ook vir gelowiges wat naby aan die vrou beweeg. Aanvaarding van haar man en n voorbeeld van geloof en omgee spreek meer tot so n man as pogings om hom te probeer bekeer, wat meer kere teenproduktief is. Die hartsverandering kan net God teweeg bring. Ons moet begrip hê daarvoor dat sy haar man liefhet, dat n ongelowige man n goeie man en pa kan wees, dat hulle n lewe deel en mooi dinge saam beleef, dat sy ongeloof nie sy ander goeie eienskappe uitwis nie en dat dit nie beteken dat hy op ander gebiede vrysinnig is, of immoraliteit goedkeur nie. Ons moet dus ook nie toelaat dat ons medelye met haar swaarkry ons negatief teenoor haar man instel nie, maar ons moet juis in ons binnekamer vir hom bid. Dikwels bemoeilik die vrou se situasie dit vir haar om aan die versterkende geloofsgemeenskap van kleingroepe of Bybelstudiegroepe deel te neem. Ons moet begrip hê daarvoor dat die ritme in so n gesin anders is as die ritme van n gesin waar almal ingestel is op die kerklike program. Al is haar man nie negatief oor haar deelname nie, voel hierdie vrou soms nog meer blootgestel as ander alleenvroue wanneer sy op haar eie aan kerklike aktiwiteite deelneem omdat sy elke keer weer moet kies om haar man by die huis agter te laat. Alhoewel deelname aan n kleingroep vir hierdie vrou besonder baie kan beteken, bring dit soms ook tweespalt in haar gemoed omdat sy diep dinge, en ook die feit van haar man se ongeloof, met hierdie groep deel, wat dan eintlik voel asof sy hom op n manier verraai. Die besoeke van die ouderling en die predikant is van besondere belang en dit is nodig dat dit sinvolle besoeke moet wees wat geleentheid bied vir ernstige geloofsgesprekke. In baie gevalle is dit gemakliker as die huisbesoek by n ander plek as by haar huis kan plaasvind, waar dit weer dadelik die uitsluiting van haar man beklemtoon en ongemak veroorsaak. Dit verskil natuurlik van situasie tot situasie, maar die ouderling en predikant moet daarvoor sensitief wees. Individuele gesprekke met groter kinders kan ook waardevol wees. Verder is die opregte vriendskap van n gelowige vriendin amper onmisbaar. Kom ons bid hierdie Kersfees vir hierdie vrou dat haar diepste versugting, dat haar man ook die Christuskindjie in geloof sal omhels, mag waar word. *Hiermee n ruikertjie blomme aan die vroue wat hulle diepste gevoelens gedeel het om die twee aflewerings (verlede maand en hierdie maand s n) oor die alleenvrou moontlik te maak. Desember 2017 ~ Januarie 2018 25

IN DIEPTE NUWEJAAR Ek gee my Heilige Gees aan julle as lewenslange Gids ook in 2018! DEUR PROF. BEN DE KLERK Ons sing met oorgawe die pragtige Skrifberyming van Esegiël 36: Ek gee my Heilige Gees aan julle. Dit is n belofte van God en Jesus belowe weer tydens sy aardse lewe dat Hy en die Vader die Gees aan ons sal gee (Joh. 14:26). Nadat Hy opgestaan en opgevaar het, lê Hy sy versoeningswerk aan die Vader voor. As vrug van sy kruis en opstanding, sy herstel van ons verhouding met God, stuur die Vader en Seun die Heilige Gees vir almal wat in Christus glo. Die belofte is vervul: Ons het die Heilige Gees ontvang... ook vir 2018 en vir alles wat in die nuwe jaar vir ons voorlê. 36 Desember 2017 ~ Januarie 2018

IN DIEPTE NUWEJAAR Christus die Waarborg Jesus is besig om afskeid van sy dissipels te neem. Hy doen dit met ontsaglike trooswoorde. Hy verklaar dat Hy die dissipels (en daarmee ook ons) liefhet tot die uiterste toe voordat Hy die dissipels se voete was as begin van die Paasfees, die fees waartydens Hy gekruisig is (Joh. 13:1). Sy kruisdood is die oorsaak daarvan dat ons die Heilige Gees kon ontvang. Ons het die sekerheid dat God sy Gees gegee het as vrug van Jesus se offer en van sy gebed vir sy kerk (Joh. 14:16). Wat beteken hierdie versekering dat God sy Gees gee, ook vir 2018? Wanneer ons in die nuwe jaar lewe in verhouding met God soms in ons swakheid in ons liefde vir die Here verslap en verkoel, dan het ons n Voorspraak. Dit is Iemand wat ons saak by God behartig, Iemand wat vir ons pleit by God. Soos Jesus ook ons Voorspraak is (1 Joh. 2:1) tree die Gees ook vir ons in. Meer nog, Hy is ons Helper, Hy stort liefde in ons harte, Hy neem ons nietige gebede en bring dit in aanvaarbare vorm voor die Vader, Hy bind ons aan Christus, Hy troos ons met die Woord wat Hy geïnspireer het. Leer In Johannes 14:26 verklaar Jesus dat die Heilige Gees ons alles sal leer en sal herinner aan alles wat Jesus geleer het. Dat die Gees ons alles sal leer wat Jesus met sy optrede, woorde, gesindheid en offer gedoen het, beteken nie dat die Gees nou elke dag nuwe openbaringe aan ons sal bring nie. Hy sal dit wat in die Woord openbaar is vir ons dowwe verstand verduidelik, Hy sal ons Gids wees wanneer ons met die Woord besig is. Die Heilige Gees sal ons begelei om die Woord prakties in ons lewe toe te pas, veral ook in die nuwe jaar waarin daar om ons so baie onsekerhede is. Herinner Die Gees sal ons ook herinner. Dit beteken nie net dat ons sal terugdink en onthou wat Jesus gedoen en gesê het nie. Herinner beteken dat die Gees ons verstand en emosies sal wil rig op wat Jesus geleer het, maar meer, dit beteken die Gees sal ons wilslewe ombuig om gehoorsaam te wees aan wat Jesus geleer het. Ons wil is so belangrik. Ons hoor al by klein kleutertjies van twee tot drie jaar gereeld die woorde: Ek wíl (byvoorbeeld lekkers hê) of ek wíl nie (byvoorbeeld gaan slaap). Ons grootmense sal dit dalk nie so sê nie, maar dikwels wil ons liefhê wie ons wil, of ons wil nie iemand groet nie omdat ons griewe opgebou het teen so n persoon. Wanneer ons bid om die vervulling met en leiding van die Heilige Gees sal ons wilslewe ten goede verander. Ons roep God se wonderlike werk in die verlede in herinnering om nuwe betekenis daarvoor in ons eie lewe in die hede en in die toekoms te skep. Die Gees herinner ons só aan God se wonderlike skeppingswerk dat ons ook verwonderd staan vir die skoonheid van elke seisoen, maar meer, dat ons ons inspan om besoedeling en vermorsing van waterbronne teen te werk en ons tuine en lewe te versier met skoonheid wat God ons in die skepping bied. Die Gees herinner aan Christus se liefde tot die uiterste deur sy lewe vir ons te gee, nie net om telkens te onthou wie ons in Christus is nie, maar om te strewe om Christus in sy opofferende liefde na te volg. Om die gesindheid van Christus te onthou en daarom ons gesindheid te verander om ander hoër te ag as onsself. Om in ons dade te wys dat dit ook vir ons beter is om te gee, selfs aan ander soveel weg te gee dat dit ons seermaak, as om te ontvang en bymekaar te maak. Die Gees herinner en begelei ons om God in alles wat ons dink of sê te verheerlik. Die Gees bedroef Die Heilige Gees is n Persoon en ons kan op grond van die Skrif se openbaring dat die Gees bedroef kan word, ons indink dat die Gees sensitief is vir ons gesindheid, woorde en optrede, omdat Hy in ons woon. Ons kan die Gees bedroef met liefdelose optrede: met woorde wat onnodig skerp is, met n gesindheid van dat ons beter is as ander, met selfsugtige toehou van n hand wat sou kon help. Ons kan die Gees bedroef deur nie aan ander te doen wat ons graag aan onsself gedoen wil hê. Mag die Here gee dat ons biddende ons aan die leiding van die Heilige Gees in 2018 sal oorgee. Dan sal ons Jesus kan navolg wat ons tot die uiterste toe liefhet deur God met alles en ons naaste soos onsself lief te hê. Desember 2017 ~ Januarie 2018 37

LEEFDINGE NUWEJAAR Fokus op die gelowige vrou van vandag Maak jy die Koninkryk van God sigbaar by jou werkplek? Johannes 20:21: Vrede vir julle! sê Hy weer vir hulle. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. 2 Korintiërs 3:3a: Dit is tog duidelik dat julle n brief van Christus is deur ons diens geskrywe, nie met ink nie maar met die Gees van die lewende God. Deur Hannatjie Vorster Dink jy bewustelik aan jou werkplek as n terrein waar jy ook die koninkryk van God moet help sigbaar maak? Is jy ook hier besig om koning, profeet en priester te wees? n Brief van Christus om gelees te word Die Vader het Christus gestuur, en Christus het jou gestuur. Jy is n brief van Christus af wat ook in jou werkplek gelees moet kan word en wat Christus se liefde en God se grootheid moet verkondig. Ons het in ons werkplek meer of minder geleentheid om die omgewing waarin ons werk, die reëls en etiese kodes wat geld en die gesindheid van die mense om ons te beïnvloed en so ons koninklike roeping uit te leef. Leef jou Christelike waardes onbeskaamd uit Op n keer het n werkgewer in n werksonderhoud sy beleid so uitgedruk: As jy by die werk is verwag ek van jou om deeglik en hard te werk, maar as jy huis toe gaan mag jy geen werk saamneem nie, want dan is dit jou gesin se tyd. Hierdie beleid was gegrond 50 Desember 2017 ~ Januarie 2018

LEEFDINGE NUWEJAAR op sy Christelike siening oor die belangrikheid van die huisgesin. Hierdie woorde bly my altyd by as n voorbeeld van hoe n werkgewer sy eie belang op die agtergrond geskuif het vir Christelike waardes. Dit is dus moontlik om ook in die werksomgewing die logistiek so te beplan dat die werkers geleentheid het om saam met hulle gesin te verkeer, nie oorwerk te wees nie, en dat hulle spesifieke behoeftes in ag geneem word. Partykeer kan klein verskuiwings en buigbaarheid n groot verskil aan die werksomgewing maak. Kweek regte gesindhede n Ander insident wat my bybly is die keer toe n nuwe kollega aggressiewe en negatiewe opmerkings gemaak het oor n klein onbedagsaamheid van iemand wat haar verontrief het. Met n paar positiewe woorde oor die oortreder het een van die ander dames hom verdedig. Sy het dit op n mooi maar ferm manier tuisgebring dat die gesindheid van die personeel teenoor mekaar gewoonlik so goed is dat die insident nie opsetlik sou wees nie. Die nuwe personeellid se aggressie is dadelik ontlont. Sy het nooit weer so opgetree nie en die besonderse goeie verhoudinge tussen ons groep kollegas is weer onder ons almal se aandag gebring. Deur haar optrede het hierdie kollega ongemerk leiding gegee oor hoe Christelike menseverhoudinge behoort te lyk. So kan informele of formele bestuurshandelinge op mikro- en makrovlak die beginsels van die Koninkryk van God in die werkplek sigbaar maak. Leef en werk eerlik en opreg Vandag is die profetiese taak meer belangrik as ooit, maar ook moeiliker as ooit. Hoe belangrik het dit nie in ons korrupte samelewing geword om onkreukbaar eerlik te wees en om oneerlikheid en korrupsie onverskrokke te beveg nie. Die effektiefste verkondiging van die evangelie in die werkplek bly seker jou voorbeeld van eerlikheid, regverdigheid, goeie gesinswaardes, goeie menseverhoudinge, nederigheid, en veral ook dat jy nie skaam is daarvoor om n toegewyde Christen te wees nie. Soms gee die Here ons die geleentheid om iemand aan die hand te vat en nader aan Hom te bring, en ons oë moet ook oop wees om dit raak te sien. Bedienaars van liefde by die werk Ons priesterlike taak mag nooit verwaarloos word nie. Ons moet veral ingestel wees daarop om die liefde van Christus uit te dra. Hoe maklik is ons ergerlik, onverdraagsaam, onvergewensgesind of naywerig? Hoe maklik vergeet ons die genade wat God aan ons betoon het, en vergeet ons om genadig te wees teenoor ander? As jy skoolhou, behandel jy die kinders met begrip? Is jy genadig teenoor hulle? Doen jy moeite om hulle onsekerhede en angstighede te verstaan en te help ontlont? As jy n werkgewer is, klein of groot, ontferm jy jou oor jou werkers en sien jy na hulle belange om? As jy n werknemer is, is jy getrou in jou werk? Het jy ook begrip vir jou werkgewer? Dra en ondersteun jy hom? Soos ons predikant dit so mooi uitgedruk het: Is jy soos n kelner wat rondgaan en die liefde van God aan almal om jou bedien? Wat gaan die mense by jou werk in die nuwe jaar in die brief van Christus lees wat hulle in jou ontvang? Desember 2017 ~ Januarie 2018 51