Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord SLEGS die vrae van die drama tekste wat jy bestudeer het. 2. Leestyd van 15 minute word toegelaat voor die begin van die eksamen. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: 30 punte AFDELING B: 60 punte AFDELING C: 60 punte 4. AFDELING A: VRAAG 1 is verpligtend: Realisme 5. AFDELING B bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs TWEE van die DRIE VRAE. VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE TEATER (30) VRAAG 3: ELIZABETHAANSE TEATER (30) VRAAG 4: AMERIKAANSE TEATER (30) 6. AFDELING C bestaan uit VYF vrae. VRAAG 5 en 6 is VERPLIGTEND. In VRAAG 7, 8 en 9 is daar ʼn keuse tussen drie vrae. Beantwoord EEN van die drie. 7. Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat gebruik word in die vraestel. 8. Gee aandag aan die hoeveelheid punte wat toegeken is vir elke vraag om die tyd wat jy aan elke antwoord moet spandeer te bepaal. 9. Gebruik jou klaskamer kennis, sowel as eie-en kreatiewe denke om die vrae te beantwoord. 10. Skryf netjies en leesbaar.
(NOVEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1: REALISME Na aanleiding van ʼn veranderde samelewing het nuwe vorme van teater in die middel van die 1800 s ontstaan. Die eerste hiervan, Realisme was deur Eugene Scribe (1791 1861) gelei. Wat vir die Scribe die belangrikste was, is die plot (storielyn). Hy het ʼn formule gestruktureer wat bekend is as ʼn well made play, ʼn stap-vir-stap formule vir die skepping van toneel enige genre komedie, melodrama, farce, of ernstige drama. Realisme vereis sekere konvensies (riglyne of reëls). [Bron: UGO VOO Dramatiese Kunste Graad 11] Skryf ʼn opstel waarin jy die Realisme toneelstuk wat jy bestudeer het, ontleed en bespreek. Verwys na die volgende: Konvensies Voorbeelde vanuit die toneelstuk Verduidelik en motiveer die toepassing van hierdie konvensies TOTAAL AFDELING A: 30
4 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2012) AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit drie vrae. Beantwoord slegs TWEE van die DRIE vrae. VRAAG 2: SUID-AFRIKAANS TEATER (30) VRAAG 3: ELISABETAANSE TEATER (30) VRAAG 4: AMERIKAANSE TEATER (30) VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE TEATER 2.1 Noem die toneelstuk en die skrywer van die Suid-Afrikaanse toneelstuk wat jy bestudeer het. (2) 2.2 Suid-Afrikaanse teater span wyd oor verskeie teater genres soos; swart protes teater ens. Watter genre is die toneelstuk wat jy bestudeer het? Motiveer jou antwoord met voorbeelde (verwysings) uit die toneelstuk. (6) 2.3 Verwys na ʼn spesifieke toneel in die toneelstuk in VRAAG 2.1 genoem. Skep ʼn stel ontwerp deur gebruik te maak van ʼn skets met byskrifte of gee ʼn omskrywing. (5) 2.4 Noem waar die toneel inpas in die toneelstuk en waarom jy op die stelontwerp het besluit in VRAAG 2.3 (5) 2.5 Verduidelik die term, gemeenskapsteater. (2) 2.6 Verduidelik die proses van werkswinkel ( workshop ) soos algemeen gebruik in Suid-Afrikaanse teater om ʼn nuwe produksie of toneelstuk te skep. (10) [30] VRAAG 3: ELISABETAANSE TEATER EN/OF 3.1 Noem die toneelstuk en die skrywer van die toneelstuk wat jy bestudeer het. (2) 3.2 Noem die DRIE belangrikste teater genres van die Elizabethaanse tyd en gee ʼn voorbeeld van elk. (6) 3.3 3.3.1 Verwys na ʼn spesifieke toneel in die toneelstuk genoem in VRAAG 3.1 en ontwerp ʼn kostuum vir ʼn karakter deur gebruik te maak van byskrifte of gee ʼn omskrywing daarvan. (5) 3.3.2 Noem die karakter in VRAAG 3.3.1 en motiveer jou kostuumontwerp. (5) 3.4 Wat is die naam van die beroemde teater in London wat in 1598 gebou was? (2) 3.5 In Elizabethaanse tye is daar sekere vereistes waaraan akteurs aan moes voldoen, om toneel te kon speel. Bespreek hierdie vereistes en hoe jy dit toegepas het in jou Shakespeariaanse optrede wat jy opgevoer het. (10) [30]
(NOVEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE 5 VRAAG 4: AMERIKAANSE TEATER EN/OF 4.1 Noem die toneelstuk en die skrywer van die toneelstuk wat jy bestudeer het. (2) 4.2 Verduidelik die, Amerikaanse Droom en hoe dit teater realisme beïnvloed. (6) 4.3 4.3.1 Verwys na ʼn spesifieke toneel in die toneelstuk en skep ʼn grimerings-ontwerp deur gebruik te maak van ʼn skets met byskrifte of om ʼn omskrywing daarvan te gee. Dit moet van toepassing op ʼn spesifieke toneel wees. (5) 4.3.2 Benoem die karakter en beskryf die toneel van die toneelstuk in VRAAG 4.3.1 en motiveer jou grimerings-ontwerp. (5) 4.4 Verduidelik die term, Tradisionele Amerikaanse-Musiekblyspel. (2) 4.5 Stanislavski het ʼn groot invloed gehad op Amerikaanse Teater en die Actors Studio met Lee Strasberg en method toneelspel. Hoe sou jy die tegnieke aanwend met die skep van jou karakter in die Amerikaanse toneelstuk wat jy bestudeer het? (10) [30] TOTAAL AFDELING B: 30
6 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2012) AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae. VRAAG 5 en 6 is VERPLIGTEND. In VRAAG 7, 8 en 9 is daar ʼn keuse tussen drie vrae. Beantwoord EEN van die drie. VRAAG 5: VERPLIGTEND Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Staal Magnolias deur Robert Harling 1. M lynn Vir nagereg het hul ʼn oorspronklike skepping genoem Dago pastei voorgesit. Ek dink dit sê alles. Jackson is van ʼn goeie ou Suidelike familie met goeie Suidelike waardes. Jy skiet dit, stop dit op of trou dit. 2. Shelby Hulle is plein weg buiteluglik, dis al. 3. Truvy Het jul almal enige iets spesiaals romanties gedoen? 4. Shelby Ons het af gery na Frenchman s point en daar geparkeer. 5. M lynn Shelby, regtig. 6. Truvy Ag, nee. Die romantiese gedeelte. Dis wat nou regtig my botter smelt. 7. Shelby Toe gaan ons kaal swem en het goed gedoen wat tot die visse bang gemaak het. 8. M lynn Shelby. 9. Clairee Ons het lank laas ʼn jonger persoon in die plek gehad, is dit nie. 10. Shelby Ons het gepraat en gepraat en gepraat... 11. Truvy Ek hou van daardie soort praatjies... in die arms van die man wat jy lief het. 12. Shelby Eintlik het ons meeste van die tyd baklei. 13. Truvy Wat? 14. Shelby Omdat ek vir hom gesê het dat ek nie met hom kan trou nie. (Almal is geskok) 15. M lynn Wat? 16. Clairee Hoekom sou jy ʼn ding soos dit doen? 17. Shelby Dis O.K. nou. Ons het alles uitgewerk. 18. Truvy Dit was net een van daardie laaste bibberasies. 5.1 Wat is die hoofkaraktereienskap van Truvy in hierdie uittreksel? (2) 5.2 Beskryf die verhouding tussen Shelby en Truvy. (5) 5.3 Hoe sal Shelby die lyn: Ons het gepraat en gepraat en gepraat, sê in spreekbeurt 10? (3) 5.4 In spreekbeurt 1 verduidelik M lynn. Dui die frasering aan deur die pousering te merk met ʼn skuinsstreep (/). (5) [15]
(NOVEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE 7 VRAAG 6: VERPLIGTEND Verwys na die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.1 Kies die gepaste teater genre vir die bygaande bron: A B Protes Teater Dans Drama C Fisieke Teater (2) 6.2 Beskou jy die foto as ʼn tipiese bewegings-opvoering? Motiveer jou antwoord. (5) 6.3 Bestudeer die foto noukeurig en skep ʼn storielyn wat dit sou verduidelik (50 100 woorde). (5) 6.4 As regisseur sou jy die rolstoel en die bad as rekwisiete, όf as deel van die storielyn gebruik? Motiveer jou antwoord. (3) 6.5 As jy ʼn bewegingsaanbieding moes skep, hoe sal jy te werk gaan om dit te ontwikkel? Gebruik die volgende aspekte en verduidelik: musiek/klank en bewegings (choreografie). (5)
8 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2012) 6.6 Skryf notas wat die aspekte sal beskryf waaraan jy persoonlik moet werk ten opsigte van jou probleme/tekortkominge/ ontwikkelingsbehoeftes as aanbieder/ akteur. Gee aanduidings van korrektiewe ontwikkelingstegnieke of oefeninge. (10) [30] By VRAAG 7, 8 en 9 is daar ʼn keuse tussen drie vrae. Beantwoord EEN van die drie. VRAAG 7 LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG) Alle aksies het sekere omstandighede wat dit beïnvloed. Ons moet ons self vra; wat, waar, hoekom en wanneer? [Bron: UGO VOO Dramatiese Kunste Graad 11] In paragraaf vorm bespreek hoe jy die uittreksel toegepas het in die opvoering van jou monoloog. Gebruik verwysings uit jou monoloog. [15] OF/EN VRAAG 8: MEDIA STUDIES (KEUSEVRAAG) Akteurs wat in die film industrie werk berei hulself op baie dieselfde manier voor as vir die verhoog. [Bron: UGO VOO Dramatiese Kunste Graad 11] In paragraaf vorm bespreek die verskille in toneelspel vir verhoog en film. [15] OF/EN VRAAG 9: KULTURELE OPVOERINGS (KEUSEVRAAG) Die politiese geskiedenis van Suid-Afrika het skeiding en verwydering van mense veroorsaak. Vandag moet teater oor die grense van taal en kultuur praat [Bron: UGO VOO Dramatiese Kunste Graad 11] In paragraaf vorm bespreek of Suid-Afrikaanse teater daarin slaag om die uittreksel waar te maak. Gebruik verwysings uit die toneelstukke wat jy bestudeer het. [15] TOTAAL AFDELING C: 60 GROOTTOTAAL: 150