1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Σχετικά έγγραφα
1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Die genade gawes Van God:

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Die krag / vuur van God:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 TESSALONISENSE 1:3

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Die Sendbrief van Jakobus

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

VOLUME AUGUSTUS 2007

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

ישוע. familieboom van Jesus

Deur Christus Alleen

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

REFORMASIE. Martin Luther

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

deur CARIKA DU PLESSIS

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Transcript:

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie woorde gebruik, hoe beter, gebruik asseblief baie Bybelverse, en lees al die onderstaande Bybel tekste, hardop, in u eie Bybel. Bly God herinner aan al sy beloftes, moet asseblief nie ophou, rus of moedeloos word nie, hou aan totdat Hy antwoord Lk.18:1-8 & Jes62:6,7. Rig al jou versoeke, aan God die Vader in die outoriteit van sy Verheerlikte Seun. Jh.16:23 Pasop! vir die ydele herhaling van woorde, deur woorde, frases of sinne oor en oor te bid. Moet groot asseblief nie, Jesus, Pappa, Here of selfs Vader as soort van n stopwoord gebruik nie (in begin middel en einde van elke sin) Let asseblief op wanneer jy bid! Noem sy Naam eenmaal, en spreek Hom daarna as U aan, uit respek en vrees vir die EWIGE ALMAGTIGE HEILIGE God, spreek jy Hom nooit as jy of jou aan nie, maar altyd as U, hoewel Hy jou intieme pappa is, bly Hy die heiligste God almagtig. Onthou, God kyk na die gesindheid van jou hart, so jy moet alles waarlik, met jou hele wese bedoel in gesprek met Hom. Mooi woorde beïndruk Hom glad nie, maar eerder n eerlike, opregte hart wat bedoel wat jy bid. Jy moet ook gedurende elke gebed God genoeg tyd gee om ook met jou te praat, luister net, Hy wil met jou praat. LW Moet asseblief nooit sondes wat jy klaar mee gebreek het, en met berou bely het, weer bely nie, in God se oë bestaan dit nie meer nie, sy vergifnis is onvoorwaardelik, indien jy daarmee gebreek het en waarlik berou getoon het, is jy waarlik vry daarvan, en God dink nooit ooit weer daaraan nie, dit is amper asof jy dit nooit dan of voorheen gedoen het nie. Bid nou die volgende gebed met geloof in jou hart. Hemelse Vader, ek kom nou na U in die Naam van U verheerlikte Seun, dit is die gesag, mag en outoriteit van die Lewende Christus. Die Naam, verteenwoordig alle mag in die hemel asook al die op die aarde. U het hierdie naam (dit is die mag, gesag, outoriteit) deur U verheerlikte Seun aan al die ware weergeborenes, wat die groot opdrag in Mt. 28:17-20, in U liefdesgebod Mt.22:36-40 gehoorsaam is, gedelegeer na sy opstanding uit die dood, net voor sy hemelvaart, kort na sy triomf oor satan Kol.2:15 gedurende sy 3 dae in die graf. Ek kom dus nou na U op dié enigste weg, wat net Hy, vir elke mens na U is, sonder Hom kan niemand tot U kom nie. Jh.14:6. Daarom gaan ek nou deur Hom U poorte binne, met lof in my hart, U voorhowe met lof liedere, ek wil U Naam ewigdurend, sonder ophou, loof en prys, want daar is niemand, ja, geen ander een, naasteby soos U nie. U, en U alleen is waardig, om so geloof en geprys te word. Ek weet dat U, die Here ons God, n getroue God is, wat U Woord en U goedertierenheid onvoorwaardelik hou, en dat U, U Woord, die Bybel, altyd waar wil maak Jer. 1:12. Daar is nie eers n gedagte by U om van gedagte te verander nie Jk.1:7 wanneer U so sê dan is dit so want U kan nie lieg nie Tit. 1:2; Num. 23:19. U Woord leer ons dat die gebed van die opregtes vir U welgevallig is, en dat U die gebed van elke regverdige 1Jh. 3:7 hoor en dit verhoor. Spr. 15:8,29. Open nou asseblief my geestelike oë en ore sodat ek al U werke kan sien, en U stem baie duidelik kan hoor, en maak my ook ultra sensitief vir U influistering, sodat ek altyd alles, op U tyd, sal doen dit wat U van my verlang. Ek begeer om alles te doen wat U vir my voorsê of wys. Wees asseblief geduldig met my en wys my duidelik wat U van my verwag. Is ek tans in U plan vir my lewe, soos U dit bepaal het voor die grondlegging van die wêreld, waar ek bly, werk en aanbid en of bedien? Indien nie, help my om n verskuiwing te maak, en om myself sodoende te bekwaam om in die senter van U wil vir my lewe, te kan wees. Ek wil van nou af totdat ek voor die regterstoel van U Seun, om loon te ontvang, gaan staan 2 Kor. 5:10, U groot opdrag Mt. 28:19 in U groot gebod Mt. 22:36vv, op die plek waar U dit vir my bepaal het, uitvoer. Leer my asseblief om alles wat U van my as U kind verwag om dit te doen volgens al U voorskrifte in U Woord, nie uit gewoonte of uit enige verpligting nie, nee slegs omdat ek U so innig baie opreg lief het. Ek wil nou elkeen, wat teenoor my oortree het, onvoorwaardelik vergeef, en heeltemal vry spreek, Jh. 20:23. Help my asseblief wanneer ek, satan, of enige mens, die verlede, wat ek behoort te vergeet het, vir my opdis, om dan die versoeking te weerstaan, en nie weer aan enigiets daarvan te dink, of te praat nie, maar om op n beskaafde manier hul daarop te wys dat wanneer U en ek vergeef, die bloed van Jesus dit heeltemal weg gewas het, selfs uit ons gedagtes, en dan het ons dit

2 permanent vergeet, en nooit weer daaraan sal of wil dink nie, al vra iemand my ook daarna. U Woord leer ons dat indien ons terugkyk, na enige gebeurtenis in die verlede, ons nie geskik is vir U Koninkryk is nie. Lk. 9:61 Vergeef my asseblief indien daar in my verlede, of selfs nou nog, enigiets is of was wat my van U en U seëninge skei, ek wil nou vir ewig, daarmee breek, en dit nooit ooit weer doen nie. Sal U my nou asseblief help om waarlik in U plan te kom en die verlede vir ewig te vergeet. Suiwer asseblief al my drome en gedagtes. Help my om nooit weer, as gevolg van ledigheid, enige verkeerde gedagtes te vertroetel nie, maar dat ek eerder elke oomblik, U Woord sal bedink soos Josua 1:8 leer. U Woord, Hy is U Verheerlikte Seun, Jh. 1:1,14 is my behoud sonder Hom, is ek tot niks in staat en is ek totaal verlore, Hy is en bly die antwoord op al my probleme en my daaglikse handelinge. Ek proklameer Hom dus nou weer, as Koning, Here en Meester oor my hele wese, asook alle omstandighede en alle moeilikhede vir vandag, by my en of by my gesin, daarom gee ek Hom nou weer totale beheer van my hele wese. Baie dankie aan U o, Verheerlikte Seun van God, ek waardeur U uit my hart, vir alles wat U namens my met die kruis gebeure gedoen het, asook dit wat U vandag nog vir my doen, ek verheug my daarin dat ek deur U bloed en my getuienis oorwinning oor satan en al sy demone het. Open. 12:11. Vader, U het my ook mag gegee oor al die krag van die vyand en niks sal my ooit skade doen nie, Lk.10:19. Baie dankie dat U my as U kind aangeneem het, op grond van dit wat Jesus vir my, moes verduur, en dat ek U volkome versoening kon ontvang het, en daagliks daarin kan volhard, nie uit enige iets wat ek kon doen, om dit verdien het nie, nee, slegs deur U oneindig grote liefdevolle genade. Ek wil van vreugde uitbars omdat U, op grond van Jesus se bloed, en sy soendood, my uit satan se mag bevry het deur dat U al my sonde en al my ongeregtighede vergeef het, en nooit ooit weer daaraan wil dink nie. 1Jn. 1:9, Hb. 8:12; Ek is nou vir U soos een wat nog nooit iets verkeerd gedoen het nie, skoon gewas, gereinig en geheilig. Heilige Gees, sal U asseblief elke oomblik my hele wese ten volle beheer, soos U dit wil, en dat sodoende 1Jh. 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. vir altyd in my lewe waar kan kom en so kan bly, totdat ek eendag na my ewige tuiste gaan verhuis. Dankie dat U my help om my verstandelike beheer van my lewe ten volle aan my gees, en my hele wese aan die U oor te gee, dat U sodoende my, gees, siel en liggaam, vier en twintig uur elke dag, kan beheer. Halleluja, prys die enigste Almagtige Skepper God, Jahweh ( יה וֹה ). Dankie ook aan U o, Heilige Gees van God, U wat elke dag so geduldig by my staan, en nooit ongeduldig word nie, en my altyd net wil help, terwyl ek U baie kere sommer net ignoreer, my doof hou vir dit wat U sê. Vader vergewe my nou asseblief vir die ongehoorsaamheid, en help my om baie sensitief, vir U stem te wees en altyd, wanneer U so wil, en soos U dit verlang, alles te doen wat U van my, as U kind verwag. Sal U asseblief nou weer ons blyplekke, werkplekke, ons gesin, en al ons familielede, al ons besittings, ons finansies en alle bronne van ons inkomste as ook al die voertuie wat enige een van ons mag gebruik, verseël in die outoriteit, van U Verheerlikte Seun. Ek bid en vra mooi dat U asseblief die bevelvoerder van die dienende beskermings engele, mooi sal vra, om ons eiendom, al ons bronne van inkomste en ons finansies te bewaak, en om ons, as lyfwag, te vergesel waar ons ook mag gaan Ps. 91:11; Hb.1:14, dra ook asseblief my dank en waardering teenoor hulle oor. Dankie vir U liefde en genade, so oneindig groot is, ek is baie lief vir U. Sal U my

3 asseblief help om alle mense, ongeag van wat hulle aan of teenoor my gedoen het, of moes doen, of sou gesê het, of al is hulle ook skynbaar n bedreiging vir my, dat ek hul waarlik opreg en innig lief sal hê, soos U my altyd onvoorwaardelik liefhet. Stroop my nou asseblief heeltemal van enige vorm van jaloesie. Trek die verlore gaande mensdom, elkeen, nader na U, deur U liefde wat deur my na hulle vloei. U Seun, die Lewende Woord, leer ons dat alles wat ons U, ons Vader, in sy Naam (dit is die gedelegeerde mag aan ons met sy hemelvaart) sal vra, U dit vir ons sal gee. Jh. 16:23,24; Jh. 15:7; Jh. 14:12-14; Jh. 15:16; Mt. 7:7 & Mk. 11:23,24 Help my asseblief om noukeurig aan al die voorwaardes, wat in hierdie gedeeltes genoem word, letterlik te voldoen, sodat elke belofte, opgeteken in die Woord, sowel as al die profetiese woorde, deur enige van U kinders aan my, asook die wat U persoonlik aan my beloof het, van nou af, in my lewe waar sal raak. Ek loof en prys ons komende Koning wat beslis eersdaags weer gaan kom, om ons te kom haal Jh. 14:1vv. Help my asseblief om elke dag waardig U ewige roeping op my, wat nooit verander nie Rm. 11:29, te wandel en in U wee te volhard. Bevestig nou asseblief U Woord in my lewe deur die vervulling daarvan, deur dit te doen net soos U dit aan ons, wat geen volk was nie maar nou U eiendoms volk is, 1Pet. 2:9&10, uit genade beloof het. Dankie Vader, verheerlikte Seun van God en Heilige Gees, ek loof en prys U die enigste ware skepper God. Help my asseblief om my gedagtes daagliks, te suiwer, en volgens U Woord, te vernuwe Rm12:1,2, verlig ook asseblief my oë en verstand, sodat ek die ware diepe betekenis van U Woord kan waarneem, en dit soos U dit voorskryf het te kan uitvoer, ek wil elke oomblik altyd deur tot U beskikking wees. Omdat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die onsigbare duistere mag van satan, hou ek niks meer teen enige mens nie, maar ek haal dit uit teen satan, die bron van alle kwaad, hoewel hy die outeur is van alles wat boos is, moet ek dit egter eers in my lewe toelaat maar ek besef ook indien ek niks doen om sy planne te keer nie, ek hom eintlik reg gee om my met die verkeerde te teister, daarom wil ek hom nou gedurigdeur hom weerstaan voor sy verkeerde gedagtes n uitwerking op my sal hê. Ek neem dan nou al U wapens op Ef. 6:10-20. Ek weet dit is geestelik en nie fisies nie, maar dit is baie kragtig deur U om vestings neer te werp, terwyl ek planne verbreek, en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van U, asook om elke gedagte gevange te neem tot die gehoorsaamheid aan U, 2 Kor. 10:4. Geklee in U wapen uitrusting, moet ek ook altyd deur, WAAK EN BID en sodoende myself dan te volle aan U, en U Woord, te onderwerp, en alles te gehoorsaam en te doen soos U dit van my verlang, en om elke demoon te weerstaan deurdat ek hulle geen geleentheid, in my lewe sal gee nie, nie eers in my gedagtes nie. Help my asseblief dat ek nooit ooit probleem of duiwel bewus sal wees nie, maar dat ek eerder U oplossing, en dit wat U in U Woord daaroor sê, in geloof sal sien, en dan volgens dit, U uitkoms daaroor te dink en te handel deur dit in geloof aan te neem, en sodoende U Grootheid en Goedertierenheid te kan waarneem. Ek glo, met my hele wese, waaragtig in U Enigste Ware Lewende Woord, U Seun, die Verheerlikte Christus, wat nooit kan lieg nie. Tit.1:2b Num. 23:19. U is in alle gevalle wakker om U Woord te volbring, Jer. 1:12. daarom omgord ek nou my lendene met hierdie Waarheid, dit is die verpersoonliking van alle waarheid, Grieks die α α. Help my asseblief om alles in U Woord te glo, en te doen, net soos U dit van my verwag. Ek wil U Woord nou in beheer van my hele wese plaas, beheer my lewe asseblief net soos U wil, U Woord

4 maak my nou vry van alle bindinge Jh. 8:32,36. Ek beklee my nou ten volle, en omgord my lende, met hierdie Waarheid, en neem ook die borswapen van geregtigheid op, dit is die volkome stand wat ek in Hom voor U het, U die enigste lewende God. Op grond daarvan is ek nou tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee Fil. 4:13. Dan trek ek ook die skoene aan my voete, wat my bereidheid is om vir elkeen van U Verrese Verheerlikte Seun, Jesus, te vertel en dat Hy waarlik uit die dood opgestaan het, en dat Hy beslis, vandag nog leef, en by U vir ons intree. So neem ek ook die skild van die geloof op om die vurige pyle van die bose af te keer, die skild is my geloof, daardie waaragtige vertroue in U, my versekering dat U wat dit beloof het, in staat is om alles, nou in ons lewe vandag, te kan doen, ja, alles wat U belowe het, en nog baie meer. Eff. 3:20. Ek sit ook die helm van verlossing op, wat my gedagtes beskerm, teen die influistering van die bose, ek dwing nou al my gedagtes, in lyn met U Woord, en beveel myself om net die edele gedagtes te bedink. Plaas asseblief n wag voor my mond, en help my om nooit ooit enigiets, van enige iemand anders, AL IS DIT OOK DIE WAARHEID, te dink of te praat nie, maar dat ek slegs, in my binnekamer, opreg vir hul sal bid, en daarop sal let dat ek ook nie deur n demoon of begeerlikheid verly sal te word nie. Leer my asseblief om baie meer te luister, veral wat U oor die saak te sê het, voor ek enigiets praat, doen of iemand raad wil gee. Ek neem nou die Swaard van die Gees op, U Woord, en omdat Hy tweesnydende is, sny ek eers my eie lewe in lyn met U Woord, deur alles te doen, net soos U wil, en dan haal ek eers die balk uit my eie oog, voor ek probeer om die splinter uit iemand anders se oog te kry. Want U as God dek my agterhoede Jes.52:12. In die outoriteit van U verheerlikte Seun is ek nou gereed vir enige aanval, van enige gees, wat n verkeerde invloed op my het, of gaan hê, en of wat my pad verkeerdelik gaan kruis, en met U Seun se outoriteit vandag te verjaag. In sy outoriteit, bind ek hulle, vir die nodige tydperk vandag, en beveel hul vir ewig van my af weg. Ek is totaal en al van U afhanklik, en kan niks sonder U doen nie. My oorwinning oor elke aanval, is in die outoriteit van U verheerlikte Seun en in ons beskermings engele gesetel. Baie dankie vir U wapens, en help my asseblief om dit, elke oomblik korrek, soos U dit bedoel het, te hanteer, en om sodoende elke keer saam met U Lewende Seun, as oorwinnaar, te triomfeer. Bevestig asseblief U Woord in my lewe, deur tekens en wonders, alles wat Jesus vir ons belowe het (Jh.14:12-15). Dankie ek ontvang nou elke belofte in geloof, neem dit in besit om hoofsaaklik vir my dienswerk waartoe U my geroep het, maar ook vir my eie gebruik daarvan. Ek loof en prys U, die Almagtige Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, halleluja, U Seun leef en het waarlik uit die dood opgestaan, en terwyl Hy vir ons plek berei Jh.14:1vv tree Hy nou ook vir ons in by U. Open asseblief my oë en ore (geestelike en fisiese) sodat ek die werke en werkers van satan sal kan raaksien, waar hulle lokvalle, bindinge, en verleidings vir my stel, wys my asseblief duidelik wanneer ons paaie gaan kruis. Ek neem ook al my gedagtes gevangene in gehoorsaamheid en eerbetoon aan die Verheerlikte Christus. Verander en hervorm asseblief my gedagtes deur die vernuwing daarvan, laat U Woord asseblief altyd die enigste basis daarvan wees. Groter en sterker is U Seun en die beskermings engele, as satan en al sy demone en al sy besete menslike werkers. Ek loof en prys U vir U geweldige tere liefde, so oneindig groot, en sonder verdienste, teenoor my bewys. Ek verdryf nou ook elke gees en of vloek wat deur die televisie, myself, familie, of enige ander mens, waar ek werk, bly of enige toevallige besoeker aan my eindom wat sodoende dan vloeke of geeste oorgedra het. Ek ontneem nou ook alle mag en reg

5 wat ek of enigiemand anders, namens my, nou of in my voorgeslagte wetend of onwetend, aan satan gegee het, en gee nou die totale beheer van my huis en al my besittings asook my hele wese aan U, die enigste Ware Lewende God, om dit te beheer net soos U wil. Sal U asseblief U engele opdrag gee om in hierdie dag voor my uit te beweeg, en my weg voor te berei sodat ek guns kan vind in die oë van almal met wie ek deel, mag hul my ook betyds waarsku teen naderende gevaar. Dankie dat ek deur Jesus se wonde, al klaar volkome genees is, 1 Pet. 2:24 & Jes. 53:5 en dat ek nou in perfekte gesondheid kan wandel (3Jh.1:2), ek glo U Woord, en nie die leuenaar wat die siekte, simptome en pyne na maak nie. Ek beveel nou elke siekte, pyn, virus en of kwaal in die Naam van U verheerlikte Seun, om my nou, vir ewig, van my af weg te gaan, en vir ewig weg te bly, en neem nou my volmaakte gesondheid, wat Jesus vir my gekoop het, in besit, want deur Jesus wonde is ek klaar met die kruisgebere genees, lank voor ek nog bestaan of siek en ongesteld geword het, U is die Here my God wat my genees Eks15:26. Deur Jesus wonde is ek dus volkome genees, Hy het mos verklaar, DIT IS VOLBRING, alles wat nodig is vir my en elke mens se genesing is klaar gedoen, dit is klaar daar, ons moet dit net deur genade in besit neem. Maak my asseblief nou weer vol van U Heilige Gees, vrede, liefde en vreugde. Ek bid ook dat U, U gawes, krag, en vrug van die Gees in my sal vermeerder. Help my om, te midde van baie versoekinge, wat die duiwel soos hinder lae voor my stel, nie toe te gee of te val nie, maar dat ek n waardige ambassadeur van U in hierdie korrupte misdaad volle wêreld sal wees. Mag die mense altyd, in alle omstandighede, U Seun in my raak sien. Omdat ek in U Seun en Hy in U verborge is, het die vyand geen vat op my nie. Ek wil U, elke oomblik, van elke dag, loof en prys want U alleen is waardig. Sal U my asseblief help sodat ek nooit ooit skade aan U Naam, of werk hier op die aarde, sal doen nie, maar dat ek dit altyd met die nodige respek en eerbied sal hanteer. Help my dat ek niemand sal mislei nie. Ek verlang om n vertoonvenster van dit, wat U kan en wil doen, te wees. Ek bid en smeek U met danksegginge, Fil. 4:6 dat U die God, en Vader van onse Here Jesus Christus, asseblief aan my die Gees van wysheid en openbaring in kennis van U verheerlikte Seun mag gee, verligte oë van my verstand, sodat ek kan weet wat die hoop van U roeping en wat die rykdom van al die heerlikheid van U erfdeel onder ons, die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van U krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van U sterkte wat U gewerk het in Christus, toe U Hom uit die dode opgewek het, en Hom laat sit het aan U regterhand, bo elke owerheid naam of mag, nou en tot in ewigheid. Ef. 1:17-21. Sal U asseblief aan my gee, na die rykdom van U heerlikheid om met krag versterk te word deur U Gees in die innerlike mens, (my gees) sodat Christus deur die geloof in my hart kan woon, help my asseblief om in U liefde gewortel en gegrond te bly, en dat ek in staat kan wees om saam met al die heiliges, ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat ek vervul kan word tot al die volheid van U, en om te wandel waardig die roeping waarmee U my geroep het, in alle nederigheid, opregtheid en sagmoedigheid, met alle lankmoedigheid. Ek weet dat U mag het om te doen ver bo alles wat ons bid, of dink volgens U Heilige Gees krag wat in my werk. Ef. 3:16-20; Help my asseblief om ten alle tye waardig U roeping te wandel, terwyl ek my medemens in liefde verdra, en dat ek ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Ef. 4:1-3 Help my asseblief so dat, terwyl ek met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid, in die

6 Gees, (in tale) en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges, U kinders hier op die aarde, en dat ek ALMAL VAN HULLE, ongeag wie hulle is, altyd hoër as myself sal ag. Gee asseblief, ook aan my, en al u ander dienaars n woord, sodat wanneer ons ook al ons mond sal oopmaak, ons met alle vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie aan die ganse mensdom bekend sal maak. Ef. 6:18&19 Omdat ek ernstig is om U werk, te doen, volgens U roeping, Mt. 20:16 en uitverkiesing Jh. 3:16 op my, vra ek dat U asseblief U Heilige Gees krag, wat Jesus uit die dood opgewek het, meer in my sal laat werk sodat U Woord, bevestig kan word deur die tekens en wonders, wat op U Woord sal volg. Dankie Vader ek ontvang dit nou, in hierdie aardse uur, en begin om dit te gebruik. Wys asseblief die mense, rondom my, dat U Verheerlikte Seun waarlik leef, dat Hy waarlik uit die dood opgestaan het en dat die Bybel waar is, deur my doen en late. Ek wil elke oomblik van elke dag saam met Christus in U verborge bly Kol. 3:3. Verberg my agter die kruis sodat mense altyd U verheerlikte Seun sal waarneem. Ek neem nou weer my standpunt op die rots, dit is die belofte dat U Seun die Christus is, in en sluit elke poort (inkom plek) van die vyand in my lewe, en weet dat die poorte (bewoners) van die doderyk (satan en sy demone) my nie sal oorweldig nie. Prys die Enige Ewige Almagtige Skepper God, Jahweh. Ek neem nou die sleutels van die koninkryk van die hemele op, en wat ek nou op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat ek nou op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Mt. 16:19 & 18:18. Ek bind nou elke verwarring, van die duiwel, in ons lewe of gedagtegang, wat keer dat die mens die evangelie verstaan en sodoende gered te word en vir oorsaak dat mense dwaal leerstellinge beoefen, en ontbind nou die reddende krag in Jesus ewige bloed, wat nog steeds vir elkeen wat in eerlikheid en opregtheid bid, beskikbaar is. Ek ontbind en maak dit nou los, al die beloftes en seëninge wat U vir ons U kinders beloof het, dankie ons ontvang dit nou en neem dit in geloof in besit. Ek verkies om gedurigdeur in U seën te leef en verwerp nou elke vloek, in ons lewe, asook die in ons bloedlyne, ek bind en sny dit vir ewig af, in U verheerlikte Seun se Naam, die mag wat aan ons gedelegeer, Mt.28:18-20, en beloof is, Mt.16:18,19 Lk.10:19, Mk. 16:17 en 2Kor. 10:4vv, daarom onderwerp ek my nou onvoorwaardelik aan U ons Vader en weerstaan ek nou die duiwel, en verbreek ek nou alle sataniese, bose, planne teen my, en my familie, en bind ek die sterkman oor al die probleme, lank genoeg om daarvan te ontsnap, as ook elke demoon en of enige menslike gees, wat in hierdie dag, op my en of my gesin se lewe en of finansies of eiendom of werk, n verkeerde uitwerking het, of sal hê of enige aandeel daarin. Ek spreek nou die weer houer van die oes aan, en beveel hom in die verheerlikte Seun van God se Naam, om nie my finansies, seëninge en of enige iets, van my te steel, te weerhou en of te vertraag nie. Ek beveel nou elke demoon, wat armoede by ons wil of al reeds bewerk het, weg van ons af, en maak hulle werke kragteloos in ons lewe, in die verheerlikte Seun van God se gesag, en verwelkom die oorvloed, wat Jesus vir ons gebring het, Jh10:10b, ek vat die oorvloed nou in die geloof, dit is nou myne. Ek bind en weerstaan nou, in U verheerlikte Seun se Naam (outoriteit), enige gevolge en invloede van die bose soos verslawing, vuil en verkeerde gedagtes, leuens, skinder, buite huwelik of perverse of homo seksuele praktyke, en of gedagtes, prostitusie, pornografie, masturbasie, owerspel, hoerery, kompetisie en of wedywer geeste, jaloesie, armoede, bedrog ongehoorsaamheid, doofheid, hardnekkigheid, laksheid, ongetrouheid, trans meditasie (passiewe denke, nie meditasie van God se woord nie), demoniese

7 verwarring, misleiding, verstand beheer, selfkastyding, misdaad, louheid, verdeeldheid, diefstal, bekommernis, angs, enige vorm van vrees, skeuring, afskeiding, ongeloof, onbetrokkenheid, onvegewens gesindheid, haat, woede, eiewysheid, alle siekte, bose kwale, weerwraak, louheid en of stagnasie, vergelding, manipulering, aaneen skakeling en alle aspekte en bydraes van enige bose gees, deur die outoriteit in die Naam van die verheerlikte Seun van God. Hierdie demoniese invloed/e is nooit weer op enige manier by my, en of my gesin, welkom nie. Ek beveel nou in die U Seun se Naam dat daar geen kommunikasie tussen die geeste hier en enige iemand anders (demonies of menslik) sal wees nie. Slegs U Heilige Gees het vrye toegang, en volmag oor my en my hele wese. Ek kom teen enige vorm van astrale projeksie, na my of my gesin. In die Naam van U Seun, breek en vernietig ek elke vloek (in bloedlyn al dan nie), van towery, ouer, familie en of enige seksuele bindinge, bose wesens, bose begeertes en oorerflike verbonde en kom ek teen alle sataniese geloftes, sameswerings, offerandes voodoo praktyke, ens. Ek verblind nou elke oog wat enigiemand anders in my huis, werkplek of enige ander plek het, om op ons te spioeneer. In die Naam verbreek ek nou alle skakels en alle verbintenis met geheime organisasies soos die Vrymesselaars, Broederbond, Illuminate valse profete en Oosterse godsdienste, veral die bystand oproepe van geeste (krete) in Oosterse godsdienste soos beoefen in karate, judo ens. godsdiens geeste, sektes en kultusse, geeste sieners, spiritisties mediums, goëlery, afgode, ESP, fortuin vertellers, new-age leerstellinge en of gedagtes in alle denominasies, waarsêers, toordokters, astrologie, wit en swart magie, séances, tarot kaarte, Ouija borde of met enige okkultiste bedrywighede en of speletjies van enige aard, deur myself, en of enige iemand anders namens ons, en of in ons bloedlyne Hos.4:6b, Ek.20:5b. Ek bely nou al hierdie ongeregtighede en verbintenisse namens ons almal, vergeef ons, ek vat ook nou enige reg wat die vyand op enige wyse bekom het terug, en gee dit aan U Seun, en bid bevry ons asseblief van die vloek daarvan, ek bind en weerstaan die uitwerking daarvan, en sny dit vir ewig af, en gee U nou weer die volle beheer van my hele wese. Ek kom in die Naam van U verheerlikte Seun teen elke, vesting, stronghold, van die vyand, in my, en of my gesin se lewe, en vernietig dit deur die mag en outoriteit wat U aan elke gelowige gee. Verlos my asseblief van al my swakhede. Ek verbreek ook nou al die verkeerde planne wat demone en of enige mens, teen my en my gesin beplan het, en sny dit vir ewig af, en saai totale verwarring, op sulke gebiede, in die vyand se kamp. Ek vra dat U my lewe asseblief elke oomblik deur die Heilige Gees ten volle sal beheer. Ek maak ook nou, in die outoriteit van die Naam van die verheerlikte verrese Jesus, elke negatiewe woord, wat ek en of enige iemand anders, teen my en of my gesin gespreek het, of vloek, gedagte of gebed wat teen U wil is, wat teen my, en of my gesin gespreek is, kragteloos deur die outoriteit van U Seun, en draai dit nou om in seën. In sy Naam verbreek ek ook elke toor mag teen my of my gesin, selfs al het ons toorgoed (doepa) ingekry, en of al is daar enige versteekte toorgoed, maak ek dit kragteloos en sien dit in geloof vas aan die kruis van Jesus met sy bloed wat dit neutraliseer. Vergeef my asseblief indien ek bewustelik of onbewustelik met enige toordery, goëlery okkultiese bedrywighede, speletjies en manipulering besig was of is, ek wil nou vir ewig daarmee breek vergeef my asseblief. Ek trek ook nou elke negatiewe woord, wat ek teen enige iemand anders gespreek of gedink het, terug. Bewaar asseblief my deur van my mond en laat U Woord die inhoud van al my gedagtes en gesprekke wees. Vader ek smeek U om genade, vergeef nou asseblief

8 elkeen, ook die in my bloedlyne, vir enige bewustelike en of onbewustelike handelinge wat enige uitwerking op my of my nageslag het. Ek spreek nou die spreker en of bewerker daarvan vry en vergeef hul soos U my in Christus vrygespreek en vergeef het. Ek seën hulle met al U keur seëninge in die hemel. Ek smeek U in die gesag van U Seun, wees ons asseblief genadig, hoor my hulp geroep, en verhoor my gebede, ek het U nodig, en is totaal in alles van U afhanklik, help my om U wil altyd deur te doen, veral dit wat die Bybel van my verwag om te doen. Vader hier is ek, gebruik my (en my gade saam), asseblief tot U eer en heerlikheid, waar, wanneer, en so dikwels as U wil. Wees asseblief die ganse mensdom baie meer genadig, gee almal nog baie meer geleentheid sodat hulle Jesus en sy saligheid plan sal kan aanneem, en sodoende met ongeregtighede en sonde kan breek. Verlos asseblief almal uit die mag van satan en maak die se oë en ore oop wat met valse godsdiens besig is, asook die wat deur n dwaal godsdiens gees, en nie U Heilige Gees, beheer word nie. Ruk asseblief die wat godsdiens beoefen maar wat nie n verhouding met U Seun het nie, uit hul gemaksone sodat hulle hul godsdiens kan verander na n persoonlike verhouding met U. Vir die baie wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het, smeek ek om genade, sodat hulle by U kan uitkom, sodat U hulle kan verander. Ek wil nou in die outoriteit van U Verheerlikte Seun, na die vyand se kamp gaan en alles, wat die vyand, van my vorige besoek aan hom tot nou, asook die ander uitstaande, wat hy van my gesteel of vertraag het, met rente, terug te eis, en dit nou, en neem alles nou in besit. Help my, om U altyd, elke oomblik, ten volle, in Gees (U Gees deur my gees) en Waarheid (U Woord), te dien soos U dit verlang. Verlos my asseblief van alle aangeleerde, menslike, onbybelse, kerklike en of godsdienstige handelinge en dogma, wat U Woord in ons lewe, kragteloos maak, (Mk.7:13; Mt.15:6), ek wil nou vir ewig daarmee breek, sodat my hele Godsdiens die uitvloeisel van my persoonlike verhouding met U kan wees, soos verantwoordbaar in U Woord. Help my asseblief om my kruis, ongeag van wat dit is, elke dag op te neem, en dat ek te midde van n stukkende en misdaad volle wêreld nooit ooit sal murmureer nie. Help my asb. om nie enige dwaalleer, veral new age, te aanvaar of te beoefen nie, maar om altyd letterlik in U Woord te bly, en alles te doen soos U dit van my verwag. Ek herinner U nou weer aan elke onvervulde belofte, aan my, of die in U Woord, of die persoonlik aan my, of die deur profesieë aan my, vervul dit nou asseblief, net soos U dit belowe het. Ek sal ooreenkomstig Jes. 62:6b&7 U gedurigdeur, aan elke onvervulde belofte herinner. Ek doen dit van nou af, totdat U dit letterlik vervul, sonder om moedeloos te word. Ek herinner U nou weer aan elke uitstaande belofte, (noem dit nou) en profeteer hardop oor dit, en beveel dit in die outoriteit van die verheerlikte Seun van God om nou te gebeur. (Esg. 37). Wys my asseblief duidelik indien daar enigiets is wat ek doen of nie doen nie, wat hierdie beloftes teëhou, sodat ek nou permanent daarmee kan breek, of begin om dit te doen, sodat ek elke belofte, aan my gemaak, kan ontvang. Ek wil ook nou vir my familie, mede pelgrims, mense by my werk asook die bure en die wat in ons omgewing woon, (noem elkeen wat jy ken by die naam) intree, en om genade by U smeek, sodat U hulle lewens kan verander tot U lof en eer, en n begeerte by hul sal skep om met enige sonde te breek na belydenis, sodat sal U hulle, as U kinders, kan aanneem. Sal U asseblief aan hou pleit by alle ongeredde mense, totdat hulle hul bekeer. Herinner my asseblief aan enige uitstaande gelofte aan U, en help my om dit elkeen te doen.

9 Onthou nou die wat jy beloof het om voor te bid. Noem nou al u versoeke, leer van Job en bid meer vir u ander, as vir u eie behoeftes, onthou die redding van siele, bring dan weer eer en lof hoe meer ons Hom loof en prys, hoe nader aan Hom kom ons. Moet asb. nie dink dat God nie na jou sal luister nie, slegs on beleide sonde maak skeiding tussen jou en God maar Hy hoor altyd wanneer jy met ware berou na Hom kom. Die vyand wil jou laat twyfel deur jou aan jou verkeerde dade te herinner, onthou God het jou die eerste keer gehoor toe jy met berou om vergifnis gevra het, indien jy dieselfde daad meer as een keer bely is dit ongeloof, wat God nie behaag nie. Moet ook nie dink jou geloof is te klein nie, n mosterd saad grote geloof verskuif berge. Bring dan eer en lof aan God, hoe meer u dit doen hoe nader aan Hom kom jy, en hoe groter word jou geloof. Bid ook in tale. Gee dan vir Hom genoeg geleentheid om met jou te praat, deur biddend u Bybel te lees totdat jy in sy teenwoordigheid kom. In elke gebed wat jy bid moet jy ongeveer 50 tot 60 present van gebedstyd stil word en luister vir wat God jou wil te kenne gee. Moet asb. nooit die frase ter wille van Jesus bid nie, want jy bid nie ter wille van Hom nie maar eerder ter wille van jouself. Moet ook nie vra as dit U wil is nie vind eerder uit wat sy wil, die Bybel, leer en herinner hom dan daaraan. Bid asseblief in die Naam outoriteit van U verheerlikte Seun (Jesus). Amen, laat dit nou so wees. Hersien 18/11/2012