οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Die genade gawes Van God:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 TESSALONISENSE 1:3

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Die krag / vuur van God:

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Die Sendbrief van Jakobus

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

ישוע. familieboom van Jesus

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

deur CARIKA DU PLESSIS

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Deur Christus Alleen

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

REFORMASIE. Martin Luther

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

Hoofstuk 15 Ossillasies

Transcript:

1a και οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie Met και word nog 'n gedagte aan die voorafgaande 10:52 gevoeg (vgl Greek grammer beyond basics bl 671). οτε = bw van tyd (Baljon bl 701) en lei 'n tyd-bysin in by αποστελλει. Dus: 'toe...' 1a is dus 'n tydbysin wat ons wys op die tyd/ konteks/ agtergrond waarteen gebeure wat nou gaan volg verstaan moet word. εγγιζουσιν = praes ind akt van ε γγι ζω. Die praes is hier histories en word gebruik, so meen ek, om 'n historiese gebeure lewendig voor te stel (Greek grammer beyond basics bl 526-527). => In kostruk met εις + akk het εγγιζουσιν hier die betekenis van 'hulle kom nader aan...' (Baljon bl 258). => Hierdie 'hulle' is as gevolg van και, wat 1a aan die voorafgaande (10:52) bind, ten minste Jesus en Bartemeus wat blind was maar nou kan sien en vir Jesus begin volg het. Die verbinding aan 10:52 bind my egter ook aan 10:46 wat my help om hierdie 'hulle' te verstaan as Jesus, sy dissipels (die twaalf en dalk 'n groter dissipel-kring) en 'n skare volgers (vgl Mark 10,32-34-struktuur.odt; Stein se Mark komm bl 493; Edwards se Mark komm bl 329; Van Bruggen se Mark komm bl 240). εις ιερουσαλημ εις βηθφαγη και βηθανιαν Grammatika + Woordstudie Beide βηθφαγη και βηθανιαν is dorpe wat aan die ooste kant van το ορος των ελαιων is, en ook naby geleë aan Jerusalem. βηθανιαν is omtrent 'n halfuur se stap van Jerusalem af (vgl Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79; Van Bruggen se Mark komm bl 245). Van hierdie dorpies beweeg jy oor die top van die Olyfberg na Jerusalem vgl Luk 19:29,37 (Van Bruggen se Mark komm bl 245). In Mat 21:1 waar hierdie selfde geskiedenis vertel word, skryf Matteus as volg: και οτε ηγγισαν εις ιεροσολυμα και ηλθον εις βηθφαγη (vgl ook Luk 19:28-29). Dit lei my daartoe om εις βηθφαγη και βηθανιαν te verstaan as 'n nader verklaring van εις ιερουσαλημ. Dus: 'hulle kom nader aan Jerusalem, maar vooraf het hulle eers nader gekom aan Betfage en Betanië, wat digby Jerusalem is' (vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 195; Evans se Mark komm bl 141). προς το ορος Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase προς το ορος των ελαιων gee inligting oor waar βηθφαγη και βηθανιαν is (vgl Greek grammer beyons basics bl 380; Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79), en het dan die betekenis van 'by die Olyfberg'. των ελαιων

1b αποστελλει δυο των μαθητων αυτου Verklaring Vraag is hier: Waarom stuur Jesus die twee dissipels? Waarom gaan haal Hy nie self die πωλον nie? Ek dink Jesus is hier besig met voorbereiding sodat Hy iets aan sy dissipels en ons kan openbaar (Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 447; English se Mark komm bl 186). My eksegese veral by vers 3 bevestig hierdie gedagte van my. 2a και λεγει Grammatika 2b Met και word nog 'n gedagte by αποστελλει δυο των μαθητων αυτου van 1b voeg (vgl Greek grammet beyond beasics bl 671). Dit sê vir my dat Jesus nie net αποστελλει δυο των μαθητων αυτου nie, maar ook iets vir hulle gesê het. αυτοις Grammatika αυτοις = pers vnw dat ml mv van αυ το ς. Die datief wys hier vir wie Jesus 2b-3e sê. Dus: 'vir hulle'. Die 'hulle' wys terug na die twee dissipels van Jesus (vgl Greek grammer beyond basics bl 324). υπαγετε Grammatika + Woordstudie υπαγετε = praes emperat 2de mv van υ πα γω. In konstruk met die voorsetsel εις, soos hier, het υπαγετε dan hierdie betekenis van 'julle moet gaan' (Baljon bl 1009) εις την κωμην Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase εις την κωμην wys my waarheen Jesus die twee dissipels stuur en waarheen hulle moet gaan (vgl Greek grammer beyond basics bl 369; Baljon bl 1009). Dus: 'in die dorp/ nedersetting in' (Baljon bl 548). την κατεναντι υμων Grammatika + Woordstudie κατεναντι + gen het die betenis van 'teenoor...' κατεναντι υμων het dan die betekenis van 'teenoor julle' (Baljon bl 509). Die lw την in die frase την κατεναντι υμων wys dat κατεναντι υμων spesifiek την κωμην nader verklaar. Jesus wys dus duidelik uit na watter κωμην die twee dissipels moet gaan. Verder beklemtoon Jesus ook dat dit hierdie spesifieke κωμην moet wees en nie 'n ander een nie (vgl Greek grammer beyons basics bl 213-214). Verklaring In Mat 21:1 word net gepraat van Betfage. As Jesus dan in Mat 21:2, net soos in Mark 11:2, sê πορευθητε εις την κωμην την απεναντι υμων dan lyk dit vir my, vanuit Mat 21:1-2, die heel waarskynlikste dat hierdie κωμην Betfage is (vgl Evans se Mark komm bl 142; Van Leeuwen se Mark komm bl 196; Stein se Mark komm bl 504). Stein se Mark komm bl 504 wys my egter hier op iets belangriks. Die feit dat die dorpie se naam nie genoem word nie, sê juis dat dit nie belangrik is nie. Wat wel belangrik is, is wat die twee dissipels daar moet gaan doen en wat dit alles vir ons sê. 2c και ευθεως εισπορευομενοι Grammatika + Woordstudie εισπορευομενοι = praes part dep van ει σπορευ ομαι. Ek meen dat die praes part hier tyd-aanduidend is (Greek grammer beyond basics bl 625). Dus: 'wanneer julle ingaan' (Baljon bl 281). εις αυτην Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase εις αυτην dui hier op die plek waar die twee dissipels van Jesus ingaan (vgl Greek grammer beyond basics bl 369; Baljon bl 281). Dus: 'in haar in'. Die 'haar' wys hier terug na την κωμην (2b) wat ook vl is, soos

2d 2e αγαγετε die lw my wys (vgl Greek grammer beyons basics bl 324). ευρησετε Grammatika + Woordstudie ευρησετε = Fut ind akt van ευ ρι σκω, met die betekenis van 'julle sal vind' (Baljon bl 389). πωλον Woordstudie πωλον het die betekenis van 'n 'vul' van 'n perd of 'n donkie (Baljon bl 853). δεδεμενον Grammatika + Woordstudie δεδεμενον = perf part pas ml ev akk wat die akk ml ev πωλον verder beskryf. Dus: '... wat vas gemaak is' λυσαντες αυτον εφ ον Grammatika + Woordstudie ον by εφ ον is 'n relatiewe vnw en wys terug na πωλον waarmee dit ooreenstem in getal en geslag (Greek grammer beyond basics bl 335-336). Die voorsetsel-frase εφ ον lei daarom nog 'n verdere beskrywing van die πωλον in, en het die betekenis van 'op wie' of 'waarop'. ουδεις ανθρωπων Grammatika + Woordstudie ανθρωπων = partitiewe gen sodat ουδεις ανθρωπων die betekenis het van 'niemand uit die mense'. Dus: 'geen mens' (Baljon bl 705-707). κεκαθικε Grammatika + Woordstudie κεκαθικε = perf ind akt van καθι ζω, met die betekenis van 'hy het gesit'. => Die perf ww dui hier, so meen ek, baie sterk op die toestand in die hede. Hierdie toestand is dat niemand nog ooit op hierdie πωλον gesit het nie (Greek grammer beyond basics bl 579-580). Dit hou in dat die πωλον ook nie ry-baar was nie. Hy was nog nie ingebreek nie. Normaalweg sou mens nie op hom kon ry nie (vgl Grogan se Mark komm bl 195-196; Gill se Mark komm http://biblehub.com/commentaries/mark/11-2.htm). 3a και εαν τις Grammatika 3b εαν + aor subj + aor imperat dui hier op 'n voorwaarde wat iets van 'n onsekerheid tov vervulling in hou maar tog baie waarskynlik. Jesus sê dus hier wat heel waarskynlik gaan gebeur... alhoewel daar nie absolute sekerheid daaroor is nie (Greek grammer beyons basics bl 696; Groenewald se Mark komm bl 274). => Jesus maak dus hier voorsiening vir iets wat heel waarskynlik gaan gebeur en sekerlik vrae en onsekerheid by die dissipels moes bring... Jesus neem hierdie onsekerheid weg deur voorsiening te maak (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246; Groenewald se Mark komm bl 274; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 449). υμιν ειπη τι ποιειτε Grammatika + Woorstudie

τι lei hier 'n vraag in wat vra na die rede vir die handeling van 2e. Hier het dit dan die betekenis van 'waarom' (Baljon bl 981). τουτο; Grammatika + Woordstudie Die onsydige aanwysende vnw verwys hier terug na 'n hele frase (vgl Greek grammer beyond basics bl 333) in die geval λυσαντες αυτον αγαγετε van 2d (vgl Groenewald se Mark komm bl 274). 3c ειπατε 3d οτι ο κυριος Woordstudie κυριος het die betekenis van 'eienaar'/ 'besitter' of 'gebieder'/ 'heerser' of κυριος word vir God of Jahwe gebruik of van Jesus as die Messias (Baljon bl 546-547). Vraag is: Na wie verwys ο κυριος hier? Die antwoord kry ek wanneer Lukas hierdie geskiedenis oorvertel. Wanneer die twee dissipels die πωλον gaan losmaak gebeur die waarskynlike die eienaars van die πωλον vra waarom die dissipels dit doen (vgl vers 5; Luk 19:33). Die dissipels antwoord dan soos Jesus hulle voorgesê het (vgl vers 6). In Luk 19:34 hoor ons hoe die dissipels die presiese woorde van Jesus herhaal: οι δε ειπον ο κυριος αυτου χρειαν εχει. Wat opmerklik is, is dat die eienaars van die πωλον in Luk 19:33 οι κυριοι αυτου genoem word. Dus, vanuit Luk 19:33-34 leer ek dat die eienaars van die πωλον met οι κυριοι benoem word. ο κυριος hier in 3d kan dus nie sien op die eienaar van die πωλον nie. Nee, soos duidelik blyk uit Luk 19:33-34 is ο κυριος hier 'n manier waarop Jesus oor Homself praat (vgl ook Baljon bl 547; Ladd, A Theology of the NT, bl 171; Edwards se Mark komm bl 335; Stein se Mark komm bl 504). Vraag is: Waarom praat Jesus hier oor Homself as ο κυριος? Sedert Mark 8:31 praat Jesus deurgaans oor Homself as ο υιος του ανθρωπου (vgl 8:31; 9:31; 10:33-34, 45). Wel, omdat ο κυριος en ο υιος του ανθρωπου albei maniere is om te praat oor Jesus as die verheerlikte almagtige Koning oor die koninkryk van God. As ο κυριος en ο υιος του ανθρωπου is Jesus op-weg na die regterhand van God (Ps 110:1-2; Dan 7:13; Mark 12:35-37; 14:61-62) waar Hy die Koninkryk ontvang (Dan 7:14) en as Koning heers te midde van sy vyande tot hulle almal gemaak is 'n voetbank van sy voete (Ps 110:1-2; 1Kor 15:25). Verder wys ο κυριος en ο υιος του ανθρωπου daarop dat terwyl Jesus waarlik die seun van Dawid en Aadam is, die Seurn van die mens, is Hy ook veel meer as hulle. Hy is hulle κυριος (Mark 12:35-37), want Hy is ook die Seun van God (Mark 1:1) (vgl Bayer, A Theology of Mark, bl 55-56; Groendewald se Mark komm bl 277). Gevolgtrek: Die sekerheid wat Jesus gee en die voorsiening wat Jesus maak (vgl eksegese by 3a) lê dus in Hom as ο κυριος, die Oorwinnaar Koning wat die koninkryk van God laat kom. => Dus: al is Jesus hier op weg na Jerusalem waar Hy gaan ly en sterf vestig Jesus met hierdie opdrag en gesprek sy dissipels se aandag op die feit dat Hy waarlik die Oorwinnaar Koning is, wat God se koninkryk laat kom en sy dissipels daarin gaan laat deel (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 247). αυτου Grammatika αυτου = pers vnw gen mle ev van αυ το ς en wys

3e και ευθεως Gedagtestruktureel terug na πωλον waarmee αυτου ooreenstem in geslag en getal (vgl Greek grammer beyond basaics bl 324). χρειαν εχει Grammatika + Woordstudie Baljon bl 1097 wys my dat wanneer ek χρειαν εχει het, die genitief die saak/ding/persoon aan wys waaraan die subjek behoefte het (vgl Groendewald se Mark komm bl 277). => Dus: by ο κυριος αυτου χρειαν εχει wys αυτου waaraan ο κυριος behoefte het. Ek kan ο κυριος αυτου χρειαν εχει dan as volg vertaal: 'die Here het behoefte aan hom' of: 'die Here het hom nodig'. Vraag is: bind και 3e aan die οτι-sin waarmee Jesus begin in 3d, of voeg dit nog 'n nuwe gedagte by 3a-d wat wys op die 'uitkoms' wanneer die dissipels vir die eienaars van die πωλον sou sê: ο κυριος αυτου χρειαν εχει? => In eersgenoemde geval sal dit dan Jesus wees wat die πωλον hierheen (ωδε), na die eienaars, terugstuur. So verstaan die ESV dit. => In die tweede geval sal dit die eienaars wees wat die πωλον hierheen (ωδε), na Jesus toe stuur. So verstaan die OAV dit. Die manier waarom Mattheus hierdie woorde van Jesus weergee hy doen dit sonder die ωδε laat dit baie sterk klink asof dit hier gaan om die eienaar wat die πωλον na Jesus stuur. Mattheus se weergawe laat my daarom kies vir hierdie verstaan (vgl ook Morris se Mat komm bl 520)... Ek is egter nog nie doodseker nie. Gevolgtrek: My onsekerheid vat egter nog niks weg van die openbaring waarmee Jesus in hierdie opdrag en gesprek met sy dissipels besig is nie. Die openbaring naamlik dat Jesus, al gaan Hy in Jerusalem ly en sterf steeds die Almagtige Oorwinnaar Koning is. αυτον αποστελει Grammatika + Woordstudie ωδε Grammatika + Woordstudie ωδε = bw van plek. Saam met ww'de van beweging, soos hier, het ωδε dan die betekenis van 'hierheen' (Baljon bl 1119-1120). 4a απηλθον δε 4b και ευρον Grammatika + Woordstudie ευρον = aor ind akt van ευ ρι σκω, met die betekenis van 'hulle het gevind' (Baljon bl 389). τον πωλον δεδεμενον προς την θυραν Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase προς την θυραν is hier plek aanduidend (Binnewerk bl 90). Dit sê waar die πωλον vasgemaak is (δεδεμενον). Hy is vasgemaak by την θυραν. την θυραν is hier 'n deur van 'n huis (TDNT vol 3 bl 173). εξω Grammatika + Woordstudie εξω = bw van plek en beskryf nog verder waar die πωλον vasgemaak is (Baljon bl 333). Hy is by die deur van 'n huis vasgemaak en dan wel aan die buitekant (Baljon bl 333). επι του αμφοδου Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase επι του αμφοδου is hier plek aanduidend (Greek grammer beyond basics bl

376). Dit gee nog verdere inligting oor waar die πωλον vasgemaak is. Hy is by die deur van 'n huis vasgemaak, en dan wel aan die buitekant van die huis. Daarby is dit by die α μφοδον. α μφοδον het die betekenis van 'die straat wat om 'n blok huise gaan' (Baljon bl 51). Dus: Die mm was vasgemaak by die deur van 'n huis, aan die buitekant. Verder was hierdie huis aan die straat wat om 'n blok huise loop geleë. Die huis lê dus op die buite rant van die dorp waarheen Jesus sy twee dissipels gestuur het. So sou die dissipels die πωλον sien sodra hulle in die dorp ingaan vgl 2c (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246),. Verklaring/Toepassing Die dissipels vind dus alles net soos Jesus vir hulle in vers 2 beskryf het (vgl Stein se Mark komm bl 504). So is alles besig om in plek te kom vir die openbaring van wat dit inhou as Jesus ο κυριος is. 4c και λυουσιν αυτον 5a και τινες των εκει εστηκοτων ελεγον αυτοις 5b 6a 6b τι ποιειτε λυοντες Grammatika + Woordstudie Ek meen dat die praes part ml mv nom λυοντες die subjek by ποιειτε verder beskryf (vgl Greek grammer beyond basics bl 617). Ek vertaal τι ποιειτε λυοντες τον πωλον dus as volg: 'wat doen julle, julle wat die donkie-vul losmaak' => Die KJV vertaal met: What do ye, loosing the colt? τον πωλον Verklaring/Toepassing Die waarskynlike, waarvoor Jesus in vers 3 voorsiening gemaak het, gebeur nou. Alles kom dus in plek vir die openbaring van wat dit inhou as Jesus ο κυριος is. οι δε ειπον αυτοις καθως ενετειλατο Grammatika + Woordstudie ενετειλατο = aor ind dep van ε ντε λλομαι, met die betekenis van 'Hy het beveel' (Baljon bl 321). Die καθως by καθως ενετειλατο ο ιησους sê dan vir my dat daar 'n ooreenstemming is in dit wat die twee dissipels gesê het aan die wat daar gestaan het, en dit wat Jesus hulle beveel het om te sê in 3d (Greek grammer beyond basics bl 675). => Dat daar presiese ooreenstemming was word bevestig in dit wat Lukas vertel oor hierdie geskiedenis. By hom hoor ons dat hierdie twee dissipels gesê het: ο κυριος αυτου χρειαν εχει (Luk 19:34) presies die selfde woorde as wat Jesus hulle in 3d voorgesê het. ο ιησους

6c και αφηκαν Grammatika + Woordstudie και voeg die gebeure van 6c direk aan 6a-b (Greek grammer beyond basics bl 671). Ek hoor dus hier wat gebeur het toe die dissipels vir die wat daar gestaan het en wou weet waarom die dissipels die donkie-vul los maak, gesê het: ο κυριος αυτου χρειαν εχει. Wat toe gebeur het is dat αφηκαν αυτους. => αφηκαν = aor ind akt van α φιήμι, met die betekenis van 'hulle (τινες των εκει εστηκοτων) het hulle (die dissipels) toegelaat/ laat gaan' (Baljon bl 137). Die KJV vertaal met and they let them go ; Die Statevertaling met en zij lieten ze gaan αυτους Verklaring/Toepassing Hier sien ek wat die feit en openbaring van Jesus as ο κυριος inhou: Sy wil geskied! By die aanhoor van ο κυριος αυτου χρειαν εχει buig die eienaars onder die wil van Jesus en laat die dissipels toe om die donkie-vul vir Jesus te neem. Ja, ek leer Jesus hier ken, nie as slagoffer van omstandighede wat in Jerusalem ly en sterf nie. Nee! Hy is ο κυριος, die Soewereine Koning, wie se wil in alles geskied... Hy het die mag om dit te laat geskied... Ook hier in Jerusalem met sy lyding en sterwe (vgl Edwards se Mark komm bl 336; Van Bruggen se Mark komm bl 247; English se Mark komm bl 186; Bybel met verklarende aantekeninge vol 3 bl 120). 7a και ηγαγον τον πωλον προς τον ιησουν 7b και επεβαλον Grammatika + Woordstudie επεβαλον = aor ind akt 3de mv van ε πιβα λλω, met die betekenis van 'hulle het gegooi'. Vraag is: Na wie verwys 'hulle'? => In 7a is die 'hulle', so meen ek vanuit die konteks, die twee dissipels wat τον πωλον gaan haal het en nou na Jesus bring. Maar wie is nou die 'hulle' wat, nadat die twee dissipels by Jesus gearriveer het, επεβαλον αυτω τα ιματια αυτων? => Ek meen dat dit die selfde 'hulle' is wat saam met Jesus van Jerigo af gekom het en nou digby Jerusalem naby aan Betfage en Betanië is. Ek is immers nou, saam met die twee dissipels, weer terug by Jesus en die res by Hom. By 1a het ek geleer dat hierdie 'hulle' Jesus se dissipels is + 'n groot skare (vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 197). => Dit kan egter ook wees dat dit hier steeds net die twee dissipels is wat handel let op Evans se Mark komm bl 143 se vertaling; OAV vertaling; ESV (vgl Stein se Mark komm bl 505). Dis veral Mattheus se vertelling wat my in hierdie rigting laat dink. Hy vertel dat die 'skare' eers in vers 8 betrokke raak (vgl ook Van Bruggen se Mark komm bl 247). αυτω τα ιματια αυτων Woordstudie + Verklaring τα ιματια = mv van ι μα τιον met die betekenis van 'bokleed'. So waarom gooi die dissipels hulle bo-klede op die donkie-vul? Wel, dit moet dien as 'n saal, wat die dissipels nie het nie (vgl NIDNTT vol 1 bl 317; Evans se Mark komm bl 143; Stein se Mark komm bl 505). 7c και εκαθισεν επ αυτω Verklaring In vers 2 het Jesus met verwysing na sie donkie-vul, op wie niemand nog ooit gery het nie en waarop Hy nou sit, gewys dat Hy waarlik die Seun van die mens is onder wie se voete die HERE alles onderwerp. In vers 3-6 het Jesus met sy opdrag aan twee van sy dissipels en sy gesprek met hulle en die gebeure daarna geopenbaar dat Hy die Here is, die almagtige Koning wat in almag sy wil laat geskied en so die Koninkryk laat kom. Bo genoemde was gefokus op twee van Jesus se dissipels. Tog met Jesus hier op die ongeleerde donkie-vul, kalm onder Hom, openbaar Jesus ook aan die res van die dissipels en die skare dat Hy die Seun van die mens is, die Here en almagtige Koning. Verder laat hierdie gesig die dissipels en die skare sekerlik dink aan 1Kon 1:38-40 waar daar staan: Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring. En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die

8a 8b ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe! Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid. Ja, dis weer soos toe Salomo koning geword het. Hier is egter meer as Salomo. Hier is die ware Vors van vrede (Jes 9:6) (vgl Evans se se Mark komm bl 143; Stein se Mark komm bl 505). 1 Nou is die vraag na al hierdie openbaring wat uit basuin dat Jesus die Seun van die mens van Dan 7:13-14 is, die Here van Ps 110:1, die Seun van God van Ps 2:7, ja dat Jesus die Messias is (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 247)... wat gaan die dissipels en die skare se reaksie wees? πολλοι δε Grammatika + Woordstudie Met δε word die gebeure van 8a verbind met dit wat net vooraf in vers 7 gebeur het (Greek grammer beyond basics bl 671). Die πολλοι en ook die αλλοι van 8b bestaan uit skare (vgl Mat 21:8) maar ook uit Jesus se dissipels (vgl 10:46). => Hier is dus twee groepe wat optree. Die 'skare' en Jesus se dissipels (vgl ook Van Leeuwen se Mark lomm bl 198; English se Mark komm bl 186). τα ιματια αυτων εστρωσαν Grammatika + Woordstudie εστρωσαν = aor ind akt 3de mv van στρω ννυμι, met die betekenis van 'hulle het uitgesprei' (Baljon bl 915). εις την οδον Grammatika + Woordstudie εις την οδον is 'n voorsetsel-frase wat sê in watter rigting of waarna toe die skare en die dissipels hulle bo-klede uitgesprei het (vgl Greek grammer beyond basics bl 369). αλλοι δε στοιβαδας Grammatika + Woordstudie στοιβαδας = akk mv van στοιβα ς met die betekenis van 'blare' (Baljon bl 908-909). εκοπτον Grammatika + Woordstudie εκοπτον = imperf ind akt van κο πτω, met die betekenis van 'hulle het afgesny/ afgekap' (Baljon bl 533). εκ των δενδρων 8c και εστρωννυον εις την οδον Verklaring Vraag is: waarom hierdie optrede van die skare en die dissipels? Waarom gooi party hulle bo-klede op die pad, en waarom kap party blare af en gooi dit op die pad? => 2Kon 9:13 wat sê: Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!... sê vir my dat ek hier met 'n gebruik te doen het wat saamgaan met die erkenning en verklaring van iemand as Koning. Die dissipels en die skare erken en eer Jesus met hierdie gebaar dus as Koning. Jesus het Homself so geopenbaar en die dissipels en die skare erken dit en eer Jesus daarvoor (vgl Reformation study Bible bl 1436; Stein se Mark komm bl 505; Evans se Mark komm bl 143). 9a και οι προαγοντες και οι ακολουθουντες Verklaring Vanuit die konteks meen ek dat οι προαγοντες και οι ακολουθουντες steeds uit twee groepe bestaan, nl die skare en die dissipels van Jesus (vgl Evans se Mark komm bl 144). εκραζον λεγοντες Grammatika λεγοντες = praes part mv ml van λε γω en tree hier op soos לאמר om 'n direkte-rede in te lei (Baljon bl 557). 9b ωσαννα Woordstudie 1 Salomo is 'n naam wat kom uit die Hebreeuse woord vir 'vrede' vgl 1Kron 22:9 (Reformation study Bible bl 443)

9c 10a In die OT het ωσαννα is afkomstig van Ps 118:25 se הושיעה נא met die betekenis van 'verlos tog' en dan is hierdie gebed gerig tot Jahwe ((NIDNTT vol 1 bl 100; Baljon bl 1125-1126; Evans se Mark komm bl 144-145). => Sommiges meen dat teen die tyd van die NT ωσαννα egter 'n kultiese lof/jubel-uitroep betekenis gekry het wat nie meer die smeek-gebed om verlossing betekenis het nie (NIDNTT vol 1 bl 100; Stein se Mark komm bl 505; Van Bruggen se Mark komm bl 248). => Ander soos bv Evans se Mark komm bl 145 meen egter dat ek hier steeds te doen het met 'n smeekbede tot Jahwe om verlossing 2 wat Hy dan moet bewerk deur die Messias, die Here, die Seun van die mens op die donkie-vul (vgl ook Comm on the NT use of the OT bl 206; Cole se Mark komm bl 255). => Gevolgtrek: Ek kies veral ogv eksegese by 10b vir laasgenoemde verstaan (vgl ook Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 451-452) ευλογημενος Grammatika + Woordstudie ευλογημενος = praes part pas van ευ λογεώ, met die betekenis van 'geseënd is...' Hiermee word 'n lofprysing en verering teenoor iemand uitgespreek. So onderwerp jy jou ook aan hierdie iemand... Verder sê jy hiermee dat hierdie iemand ook deur Jahwe geseën is (TDNT vol 2 bl 758-759, 762). (is) ο ερχομενος εν ονοματι κυριου Grammatika + Woordstudie εν ονοματι κυριου is die Lxx se vertaling van בשם יהוה wat die betekenis het van 'op gesag van Jahwe' en 'as gevolmagtigde van Jahwe' en 'wat optree met die almagtige krag en gesag van Jahwe' (TDNT vol 5 bl 260-261; NIDOTTE vol 4 bl 150). Verklaring In Ps 118 kan ο ερχομενος εν ονοματι κυριου die Dawidiese Koning wat deur die HERE verlos is in sy stryd teen die vyande en toe oorwin het, en nou op weg is na die Tempel om daar sy dank aan die HERE te betoon (vgl Belcher, The Messiah in the Psalms bl 188-189, 190-191). Belangrik egter is dat hy nie nader verklaar word nie. Daar is 'n doelbewuste stilswye, wat ons verder moet laat soek na die identifikasie van ο ερχομενος εν ονοματι κυριου (vgl Belcher, The Messiah in the Psalms bl 190-191). Deur Jesus se openbaring tot dusver erken die dissipels en die skare Hom as die Dawidiese Koning deur Wie die HERE die uiteindelike verlossing bring waarvoor hulle bid in Ps 118:25 (vgl Belcher, The Messiah in the Psalms bl 191; Van Bruggen se Mark komm bl 247; Groenewald se Mark komm bl 275; Ladd, A Theology of the NT, bl 143; Gragan se Mark komm bl 197). ευλογημενη Gedagtestruktureel In 10a het ek te doen met 'n progresiewe paralelisme, waarmee ευλογημενος ο ερχομενος εν ονοματι κυριου van 9c verder verduidelik word (NH Ridderbos se Ps komm vol 1 bl 35; Van Leeuwen se Mark komm bl 198; Stein se Mark komm bl505). Ek meen dat ek hier leer dat ο ερχομενος εν ονοματι κυριου van 9c die Een is wat βασιλεια εν ονοματι κυριου του πατρος ημων δαβιδ bring en laat kom (vgl Van 2 Hierdie bede om verlossing deur Jahwe in Ps 118:25 word opgewek deur die HERE se wonderlike verlossing van die 'Enkeling' van Ps 118. Van sy wonderlike verlossing hoor ons in vers 5-18 en vers 22-24 (vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 188).

10b (is) η Leeuwen se Mark komm bl 198) ερχομενη βασιλεια Woordstudie βασιλεια gaan hier veral om Koningsheerskappy (Baljon bl 150). εν ονοματι κυριου του πατρος Grammatika + Woordstudie Vanuit die konteks van 10a kan dit nie anders nie as om hierdie gen konstruk te verstaan as beskrywend van βασιλεια (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 247-248). Deur hierdie gen konstruk te skei van βασιλεια deur εν ονοματι κυριου daar tussen in te plaas en die konstruk reg aan die einde van die sin te plaas, het ek te doen met 'n hiperbaton wat die klem baie sterk op hierdie kostruksie geplaas (Binnewerk bl 116). Die gen του πατρος ημων δαβιδ sê vir my dat ek hier te doen het met: => 'n gen van oorsprong. Dus: Dit gaan hier om die koningsheerskappy wat sy oorsprong het by Dawid (Greek grammer beyond basics bl 104-105, 109). => subj gen. Dus: Dit gaan hier daarooor dat Dawid die een is wat die koningsheerskappy uitoefen (Greek grammer beyond basics bl 113). => Gevolgtrek: Ek meen dat ek hier met eergenoemde te doen het, en dan in die sin dat dit in die mm gaan om diie beloftes van 2Sam 7:12-16; Jes 9:6; 11:1-9; Jer 23:5-6 (vgl Ladd, A Theology of the NT bl 61).; ημων δαβιδ Verklaring Wanneer die skare en die dissipels Jesus toeroep met mm dan beteken dit dat hulle Jesus eer en prys en erken dat Hy die Koning is wat met die mag en krag en gesag van Jahwe die beloftes aan Dawid van ewige heerskappy waarin die HERE se heerskappy sal skitter 'n werklikheid kom maak (bv 2Sam 7:12-16; Jes 9:6; 11:1-9; Jer 23:5-6; Ps 72; 89) en dat hulle hul daaraan onderwerp en dit aanneem (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 248; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 452). ωσαννα εν τοις υψιστοις Grammatika + Woordstudie τοις υψιστοις = dat mv van υ ψιστος en het in die mv, soos hier, die betekenis van 'die hoogste hemele' (Baljon bl 1031). Belangrik dan is dat die hoogste hemele ook die woonplek van God/ Jahwe is (TDNT vol 8 bl 619) Die voorsetsel-frase εν τοις υψιστοις wys dan op die plek waar God/ Jahwe is tot wie met ωσαννα uitgeroep word. Dus: 'verlos tog, o HERE wat in die hoogste hemele is' (Greek grammer beyond basics bl 372; TDNT vol 8 bl 619; Stein se Mark komm bl 505).

11a και εισηλθεν Gedagtestruktuur Met και word die gebeure van 11a gekoppel aan wat nou net vooraf gebeur het (Greek grammer beyond basics bl 671). Net vooraf was Jesus besig om Jerusalem in te gaan onder luide gesang van Ps 118:25-26... met skare en dissipels wat Hom erken as die Messias. εις ιεροσολυμα Grammatika + Woordstudie Die voorsetsel-frase εις ιεροσολυμα wys my waar Jesus nou εισηλθεν (Greek grammer beyond basics bl 369). Dis in Jerusalem in. Jesus gaan egter nie net in Jerusalem in nie. Met και εις το ιερον word daar baie pertinent bygevoeg dan Jesus ook in die Tempel in gegaan het. ο ιησους και εις το ιερον 11b και περιβλεψαμενος παντα οψιας ηδη ουσης της ωρας εξηλθεν εις βηθανιαν μετα των δωδεκα Verklaring Wat hier opval is 11a se εισηλθεν εις το ιερον en 11b se εξηλθεν εις βηθανιαν. En alles is ewe skielik so stil!! Die geroep en gesing en geskreeu met Ps 118:25-26 het ewe skielik net stil geword (vgl Edwards se Mark komm bl 337). Dis vir my asof Markus hierdie stilte beklemtoon. In Mat 21:10 hoor ek hoe Jerusalem vra: Wie is hierdie man? Hier is geen erkenning van Jesus as die Messias nie. Geen Ps 118 nie. Net 'n negatiewe vraag... 'n Vraag waarmee Jerusalem op 'n afstand weg van jesus bly staan (vgl Van Bruggen se Mat komm bl 378-379). Hiervan maak Markus nie melding nie. So laat Markus die stilte in ons ore dawer (vgl Edwards se Mark komm bl 338). Dit terwyl daar nie stilte moet wees nie. Nee, Ps 118:26 wys dat daar vanuit die tempel vir ο ερχομενος εν ονοματι κυριου en sy gevolg gesê moet word: Ons seën julle uit die huis van die HERE (vgl Belcher, The Messiah and the Psalms, bl 188). Hier in die Tempel is daar egter niks daarvan nie. Daar is net stilte... 'n Stilte wat Jesus as Messias verwerp (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 248-249). En dan sien ons hoe Jesus uitgaan na Betanië... Wat 'n anti-klimaks!! (vgl Edwards se Mark komm bl 337; Stein se Mark komm bl 506-507). Toepassing Daar waar die materialisme en politieke pragmatisme van die hoëpriester (en Saduseërs) leef saam met die Skrifgeleerdes se tradisie wat hulle hoër gestel het as Gods Woord en hulle eiewillige Godsdiens hulle wettisisme (die fariseërs)... daar word mense onder bewind van Satan addergeslag (Mat 3:7; 12:34; 23:33) en word die Seun van die mens, die Messias verag... iets wat hier in die Markus-evangelie al in Mark 3:6 begin het (Duvenage, Die dekor van die NT, bl 156-161, 163-164, 202). En tog... Jesus se wil geskied ook hierin. Want waarom het Hy Jerusalem toe gekom? Hy het mos in Mark 8:31 gesê: Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan. Maar ju so bereik Jesus sy doel om as Seun van die mens die ware mens te wees wat nie gekom het om te dien nie maar te dien en so sy lewe te gee as losprys vir baie (Mark 10:45) en juis so die oorwinning te behaal oor Satan, die dood en die sonde (Kol 2:15; Heb 2:14).

Gedagtestruktuur Eerste episode Tyd van eerste episode 1a και οτε εγγιζουσιν εις ιερουσαλημ εις βηθφαγη και βηθανιαν προς το ορος των ελαιων Die gebeure van die eerste episode 1b αποστελλει δυο των μαθητων αυτου 2a και λεγει αυτοις 2b υπαγετε εις την κωμην την κατεναντι υμων 2c και ευθεως εισπορευομενοι εις αυτην ευρησετε πωλον δεδεμενον 2d εφ ον ουδεις ανθρωπων κεκαθικε 2e λυσαντες αυτον αγαγετε 3a και εαν τις υμιν ειπη 3b τι ποιειτε τουτο; 3c ειπατε 3d οτι ο κυριος αυτου χρειαν εχει 3e και ευθεως αυτον αποστελει ωδε Die verskil/ooreenkomste tussen Markus, Mattheus en Lukas In Mat 21:4-5 gee Mattheus 'n verduideliking vir Jesus se opdrag aan die twee dissipels (Mark 11:1-3; vgl ook Mat 21:1-3). In Mat 21:4-5 staan daar dan: En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op n esel, ja, n jong esel, die vul van n pakdier. Die vraag is nou: Waarom laat Markus hierdie verduideliking weg? Ek dink Markus doen dit, geïnspireerd deur die Heilige Gees, omdat hy so ons aandag meer wil fokus op die inhoud van vers 1-3 self en wat dit vir ons sê (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246). Mat 21:1-6 Mark 11:1-6 Luk 19:28-34 1 En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle: 1 En toe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit 28 En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem. 29 En toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur 2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle n eselin vind wat vasgemaak is, en n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. 2 en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. 30 en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. 3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur. 4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: 5 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op n esel, 3 En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur. 31 En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.

ja, n jong esel, die vul van n pakdier. 6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het 4 En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak. 5 Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak? 6 En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan. 32 En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het. 33 En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los? 34 En hulle antwoord: Die Here het hom nodig. Uit bo genoemde is dit duidelik dat die Heilige Gees deur Markus die klem plaas op die feit dat (a) geen mens nog op die eselsvul gery het nie (vers 2) en dat (b) alles gebeur presies soos Jesus dit vooraf gesê het (vers 4-6) Dis dinge wat Mattheus, terwyl hy wys op die vervulling van profesie, uit gelaat het (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246). Wat verder opval, veral by vers 6, is dat Markus iets vertel wat nie Mattheus of Lukas mee deel nie. En dit is die woorde: Toe laat hulle hul begaan. Markus lê dus ook hiermee 'n belangrike klem. Tweede episode 4a απηλθον δε 4b και ευρον τον πωλον δεδεμενον προς την θυραν εξω επι του αμφοδου 4c και λυουσιν αυτον 5a και τινες των εκει εστηκοτων ελεγον αυτοις 5b τι ποιειτε λυοντες τον πωλον; 6a οι δε ειπον αυτοις 6b καθως ενετειλατο ο ιησους 6c και αφηκαν αυτους Derde episode fokus op Jesus 7a και ηγαγον τον πωλον προς τον ιησουν 7b και επεβαλον αυτω τα ιματια αυτων 7c και εκαθισεν επ αυτω Fokus op die mense 8a πολλοι δε τα ιματια αυτων εστρωσαν εις την οδον 8b αλλοι δε στοιβαδας εκοπτον εκ των δενδρων 8c και εστρωννυον εις την οδον 9a και οι προαγοντες και οι ακολουθουντες εκραζον λεγοντες 9b ωσαννα 9c ευλογημενος ο ερχομενος εν ονοματι κυριου 10a ευλογημενη η ερχομενη βασιλεια εν ονοματι κυριου του πατρος ημων δαβιδ 10b ωσαννα εν τοις υψιστοις

Die verskil/ooreenkomste tussen Markus, Mattheus en Lukas Mat 21:1-6 Mark 11:7-10 Luk 19:35-38 7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit. 7 En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit. 35 Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit. 8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi. 8 Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad. 36 En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad. 9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! 9 En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! 37 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, 38 terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, 10 Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele! Hosanna in die hoogste hemele! vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! Vierde episode 11a και εισηλθεν εις ιεροσολυμα ο ιησους 11b και εις το ιερον 11c και περιβλεψαμενος παντα 11d οψιας ηδη ουσης της ωρας εξηλθεν εις βηθανιαν μετα των δωδεκα