April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Σχετικά έγγραφα
Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Die genade gawes Van God:

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

1 TESSALONISENSE 1:3

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Deur Christus Alleen

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Die krag / vuur van God:

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Geseënd is dié wat rein van hart is!

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Die Sendbrief van Jakobus

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

ישוע. familieboom van Jesus

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

REFORMASIE. Martin Luther

VOLUME AUGUSTUS 2007

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

deur CARIKA DU PLESSIS

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Ned Geref Kerk Waterkloof Geloof Hoop Liefde Sewe doopbakkies by ons deure

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Transcript:

April 2010 Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Ps-vooraf Ps 5:4,6 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen. Seëngroet Geliefdes: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 42:1,4,7 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet - Ps 139:1,2,3 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 77:1,7,10 2

Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Openb 2:1-7. Psalm as antwoord op die Woord - Ps 139:10,11,12 Ons Fokus val op al 7 verse Skrifverklaring Inleiding. Geliefdes... ons kon dit laas Sondag-aand beleef... Saam met Johannes... is ons op die eiland Patmos... So 60 km suid-wes van Efese... Dis n klipperige tronk eiland. Jy word daarheen gestuur... as jy die Romeinse staatveiligheid bedreig. 1 En daar... was Johannes nou. Hy is daar want hy het Christus... vanuit God se Woord verkondig. 2 En as daar nou Een is... wat die Romeinse staatsveiligheid bedreig het... en vandag nog die vrede van die sondige wêreld bedreig... dan is dit Christus... Daarom dat Johannes op Patmos moet sit. Hy saam met sy prediking... moet uit die samelewing verwyder word... ******************** Maar... toe terwyl hy daar was dit was op n Sondag... op die dag van die Here toe het hy agter hom n groot stem gehoor, soos van n basuin... 1 Vgl Openb 1:9-20 preek. 2 Vgl Openb 1:9 3

Ons hoor daarvan in Openb 1:10. En toe hy omdraai... om te sien... watter stem met hom praat... het hy sewe goue kandelaars gesien. Sewe kandelaars... wat die sewe kerke in Asië voorgestel het die kerke in Éfese, Smirna, Pérgamus, Thiatíre, Sardis, Filadelfía en Laodicéa. En tussen die kandelaars... Een soos die Seun van die mens... wat niemand anders is nie... as Christus... die Here... die Koning-Priester van die kerk. 3 En so begin Johannes die Openbaring... van God af ontvang... n Openbaring... waarmee God sy kerk... vermaan... en bemoedig... en vertroos... om te volhard... met hulle oë vasgenael op Christus... Om te volhard in n bose wêreld... wat die kerk vervolg... wat die kerk wil verlei... weg van haar Here af... vandag nog... Ja, om te volhard... om in hierdie bose wêreld... waarlik... kerk te bly. Dis daarom dat Johannes ook vir Christus hoor praat... Daar tussen die kandelaars uit... praat Christus. 4 In hoofstuk 2 en 3 hoor ons sy stem... weer en weer. Hy praat met elkeen van sy sewe kerke in Asië. 3 Vgl Openb 1:12-13, 20 4 Vgl Openb 1:17vv 4

En dit wat Hy vir hulle sê... moet Johannes in n brief aan hulle skryf... Briewe wat vertroos... bemoedig... en vermaan om te volhard... om waarlik kerk te wees. *********************** Maar nou is daar n baie belangrike ding wat ons moet raak sien van hierdie sewe briewe. En ons kry dit aan die einde van elke brief. Aan die einde van elke brief staan daar: Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Hoor u dit, geliefdes?... Daar staan nie... Al die lidmate van Efese... of Smirna... of watter gemeente ook al... let nou mooi op... wat die Gees net vir julle gesê het nie. Nee!... Daar staan: Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Al die gemeentes van ons Here Jesus... moet dus luister na hierdie sewe briewe. 5 Daaruit moet ons leer. Daar moet ons die woorde van Christus... ook vir ons hoor... 5 Vgl Gardner se Openb komm bl 29. 5

Toepassing En dis so belangrik... geliefdes... want in hierdie sewe briewe... hoor ons Christus se troos, Christus se bemoediging... en Christus se vermaning... ook aan ons hier in Daspoort... om te volhard... om waarlik kerk te wees... in die sondige wêreld waarin ons leef. *********************** Daarom... dat ons vandag gaan luister na... Christus se brief aan die gemeente van Efese. En in hierdie brief hoor ons van... Die Here van die kerk Die lewe van die kerk Die bekering van die kerk En die belofte aan die kerk... 1. Ons leer... van die Here van die kerk... in vers 1. In vers 1 is Christus aan die woord... en dan sê Hy aan Johannes: Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese. Hierdie engel... is die ouderling-raad in Efese... Opmerking. Nou... om dit te verduidelik... gaan ons vir te lank op n syspoor laat afdraai. So ek het n stukkie daaroor in die Basuin geskryf... En u kan daar gaan lees waarom die engel van die gemeente... die ouderling-raad is. 6

Maar goed... kom ons kom terug by wat Christus in vers 1 sê. Hy sê aan Johannes: Skryf aan die ouderlinge van die gemeente in Éfese. Maar dan praat Christus verder... En as Hy in vers 1 verder praat... sê Hy twee baie belangrike dinge oor Homself. Twee dinge... wat ons as plaaslike kerk van ons Here moet ken... en moet glo! A. Christus sê: Skryf aan die ouderlinge van die gemeente in Éfese. En die eerste ding... wat ons hoor... as Hy dan verder praat is: Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou... Christus hou die sewe sterre in sy regterhand... En hierdie sewe sterre... is mos die sewe engele... van die sewe gemeentes... Christus sê dit vir ons in Openb 1:20. Met ander woorde: Christus sê... dat Hy die ouderlinge van sy kerke... in sy regterhand hou... Maar waarom nou... in sy regterhand?... Geliefdes... Christus se regterhand... is sy regeerhand. 7

Dis sy hand van almag en gesag. 6 En nou is die ouderlinge van Christus se kerke in hierdie regterhand van Christus. Ouderlinge staan dus... onder Christus... se mag en gesag. Hulle is herders van die kudde... Maar Christus is die Opperherder. 7 Ouderlinge is alleen maar bedienaars van Christus se boodskap. Toepassing Daarom dat ouderlinge so nougeset moet waak om nie af te wyk... van wat Christus... ons enigste Here vir ons ingestel het nie. Daarom moet ons alle menslike versinsels en alle wette wat die mens wil invoer om God daarmee te dien... verwerp. 8 Christus is die Here van die kerk... Hy alleen. En sy ouderlinge... moet net bedienaars... van sy Koninklike Woord wees. En daaronder... onder daardie Koninklike woord moet ons buig... en gehoorsaam wees Ook in tye wat die wêreld wil verlei wanneer daar soveel druk op die kerk is 6 Vgl NIDNTT vol 2 bl 146; Mounce se Openb komm bl 59. 7 Vgl 1Pet 5:4 8 NGB art 32. 8

om aan te pas by die mens en wat die mens graag wil hê... B. Skryf aan die ouderlinge van die gemeente in Éfese. Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou Maar dan sê Christus n tweede ding oor Homself. Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou en dan... wat (ook) wandel tussen die sewe goue kandelaars... Christus wandel... tussen sy kerke... Soos die HERE eens in die Paradys gewandel het... by Adam en Eva. 9... Wandel... Dis Verbondstaal... Wandel... Dit is wat die HERE doen... as Hy verbondsgemeenskap met sy volk beoefen... soos ons daarvan hoor in Lev 26:12... as die HERE sê: En Ek sal in jul midde wandel en vir julle n God wees, en júlle sal vir My n volk wees. 10 Toepassing Christus is die Here van sy kerke... Maar Hy is ook ons Verbondshoof. Hoof van die nuwe genade verbond... in sy Hoë-Priesterlike bloed ewiglik gegrond. 11 9 Gen 3:8 10 Vgl NIDNTT vol 3 bl 943-944; Gardner se Openb komm bl 30-31; Morris se Openb komm bl 59. 11 Sondag 12 v/a 31 9

Ja, tussen sy kerke is Hy Immanuel... God met ons... tot aan die voleinding. 12 En elke plaaslike kerk is sy volk... wat leef... met die lewe... wat Christus vir ons in oorvloed gee... in die nuwe-verbond. 13 2. Ja, ons leef in die nuwe verbond... En nou kom ons by ons tweede punt... wat gaan oor die lewe van die kerk... in die verbond... ********************** Weet u... lank terug het Abraham dit gehoor hy was ook in die verbond. Die HERE het vir hom gesê: Wandel voor my en wees opreg. 14 Ja, die kerk leef... soos Abraham... uit genade om Christus wille in die verbond... Maar in die verbond is daar verbondseise... Lewe voor my... en wees opreg. Daarom dat Christus in vers 2 tot 4 praat... oor die lewe van die kerk. Dis asof Christus n visitasie rapport kom gee. En daarin hoor ons goeie dinge... maar ook van iets slegs. In vers 2 en 3 hoor ons van die goeie dinge. 12 Mat 28:20 13 Joh 10:10 14 Gen 17:1 10

A. Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid... sê Christus... En dan gaan Hy verder: jy kan slegte mense nie verdra nie... En vir Christus is dit goed... want: Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie... Hulle kan slegte mense nie verdra nie. Daarom dat die gemeente ook... die werke van die Nikolaïete haat, wat (Christus) ook haat. ons hoor daarvan in vers 6. Opmerking Nou as ons gaan kom by die brief... aan die gemeente van Pergamus... sal ons in meer detail ingaan op die Niokolaïte... want daar praat Christus in meer detail oor hulle. Toepassing Wat ons nou hier moet leer... uit dit wat Christus hier sê... is dat die heiligheid van die kerk... vir Efese belangrik was. Christus het ons geheilig in sy bloed... Sy kosbare bloed skei ons van die wêreld af. 15 Daarom mag die kerk... ook hier by ons, geliefdes... nie slegte mense verdra nie... 15 1Pet 2:24; 1:1-2, 15-16 11

Sulke mense verwoes die heiligheid van die kerk 16... Daarom dat die ouderlinge die christelike tug moet toe pas. 17 ************************* B. jy kan slegte mense nie verdra nie... So sê Christus. En... jy het dié op die proef gestel wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind. Efese het gedoen... wat die apostel Johannes beveel het... toe hy gesê het: Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 18 Toepassing Nie net heilige lewenswandel is belangrik nie... Ook die suiwerheid in leer is belangrik... Ook vir ons... Waar staan ons... broeders, ouderlinge? Ons moet daaroor waak. Predikante moet getoets word. As n teologiese professor praat... kan jy hom nie maar net glo nie. Dis juis hulle wat uit hulle universiteite se teologiese fakulteite... die dwaalleer in die kerk in laat kanker. 16 Vgl NIDNTT vol 1 bl 561, 563-564 17 Vgl Greijdanus se Openb komm bl 108 18 1Joh 4:1 ******************* 12

C. Vers 3 sê: jy het verdra en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword nie.... Heilig in hulle lewenswandel... suiwer in die leer... opofferings vir Koning Jesus. Dis die dinge wat vir Efese belangrik was... En dis vir Christus ook belangrik... en goed... ********************* D. Maar daar was iets... fout... Daar was n groot fout... Ons hoor daarvan in vers 4... daar waar Christus sê: Maar Ek het teen jou... dat jy jou eerste liefde verlaat het. Êrens in die verlede het dit gebeur. 19 Hulle het hulle eerste liefde verlaat... En van toe af het die gemeente sonder liefde voort gegaan. Hulle het dit agter gelos. 20 Die liefde het koud geword. Daar in Efese het dit gegaan... soos in die tyd van Jeremia... net voor die ballingskap... Toe die HERE gekla het: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd... Maar nou was dit verby... Die liefde het afgekoel. 19 α φη κας = aor ww 20 Vgl Morris se Openb komm bl 60 13

En so sonder liefde is alles tevergeefs... Want die apostel Paulus... leer ons dat al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis... en ek het nie die liefde nie... dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie... dan sou dit my niks baat nie. 21 Toepassing Ja, dan help ons heilige lewenswandel nie... want sonder liefde is daar nie heiligheid nie. 22 Dan help ons suiwerheid in leer ook nie... want in 1Kor 13:6 leer ons... dat die waarheid bly is saam met die liefde. Dan help al ons arbeid en opofferings vir Christus niks nie... want al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie... dan sou dit my niks baat nie. ********************* Hoe staan dit met ons... geliefdes?... Het ons lief? En weet u... dis een van die merktekens wat die Here Jesus vir sy kerk gee... Hy sê: 21 1Kor 13:2-3 22 Vgl Sondag 2 v/a 5 14

Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. En daardie liefde beteken dat ons... ons lewens... ons tyd... ons alles... vir mekaar moet op-offer... want die apostel sê: Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. 23 En n bietjie verder aan sê hy: En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê. Selfondersoek Geliefdes, as ons onsself hier eerlik ondersoek... dan moet ons erken:... Ons staan skuldig. Ons is nie anders as Efese nie. Ja, daar is ywer ook maar nie altyd genoeg nie vir die heiligheid van die kerk. Daar is ook... by baie van ons... die wil om die leer suiwer te hou... Maar is daar liefde? Geliefdes... Hier staan ons skuldig. 23 Vgl 1Joh 3:16 15

Daar moet heiligheid by ons wees. Daar moet leersuiwerheid by ons wees. Daar moet arbeid en opoffering vir Jesus wees... Maar dan bo alles: Dit moet alles... soos n rivier uit die fontein van liefde vir God en ons naaste vloei. 3. Daarom dat ons moet ag slaan... op Christus se bekeringsoproep aan die kerk. Ons hoor dit in die eerste deel vers 5: Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Dis genade... Christus los nie maar net sy kerke nie. Hy roep ons tot bekering. En verduidelik vir ons... hoe kom ons tot bekering. A. Dit begin by onthou. Dis die eerste ding wat ons moet doen. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het... Ons moet dit voortdurend doen. 24... Onthou. Toepassing Efese se bekering van hulle sonde van liefdeloosheid... begin by onthou... Deur die loop van die kerk se geskiedenis... is dit die Here se oproep: 25 Onthou... 24 μνημο νευε = praes imperat 25 Vgl Jer 6:16; Luk 15:17 16

Dis ook wat ons moet doen... Onthou waarvandaan ons uitgeval het. Nie ons eie slim planne nie... Nee... Onthou... En onthou het alles te doen met... geskiedenis... Die oplossing vir ons probleme lê nie hier rondom ons in die moderne lewe van vandag nie... Nee, dit lê by onthou. Daarom moet ons gaan lees... oor daardie tye... toe die hard van die kerk warm geklop het... met liefde vir Jesus. Gaan koop Jansie Van der Walt se boek oor Calvyn wat hier buite... op die aansteek bord geadverteer word... En gaan lees dit! Gaan lees van Luther... wat n genadige God gevind het. Gaan lees oor die tye daar in 1836 in Nederland toe gelowiges in klein groepies bymekaar gekom het rondom die Skrif... die NGB... die Kategismus... en die Dordtse leerreëls... en weer lief geword het vir Jesus. Gaan lees oor daardie tye... en onthou. Maar bo alles gaan lees Bybel... Lees daar in Handelinge 2 van die eerste gemeentes wat volhard het in die leer van die apostels 17

en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.... wat dag vir dag... eendragtig volhard het... en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet het... 26 En onthou. Kom ons onthou van die tye in ons eie lewens... toe ons vas gegryp was deur die liefde vir Christus. B. Ons moet onthou... Die tweede ding wat Christus vir ons sê is:... bekeer jou... Vir Efese... en vir ons... beteken dit dat ons ons sonde van liefdeloosheid moet bely... En dan doel bewus ons rug moet draai... op ons sonde. 27 C. Ons moet onthou... ons bekeer... Die derde ding wat Christus sê is: en doen die eerste werke. Vanuit die fontein van liefde... vir God... en vir mekaar... moet ons heilig lewe... suiwer wees in leer... en op-offer vir Jesus. ************************ En wee ons as ons dit nie doen nie... Wee ons! Want dan sal Christus gou kom... en ons kandelaar van ons plek verwyder. 26 Hand 2:42 en 46 27 Vgl Baljon bl 606; VerwysingsBybel bl 1614. 18

Christus sê dit in die laaste deel van vers 5... En daarvan kan ons dood seker wees. 28 Dit wat Christus sê staan vas... Hy het een maal gesê: die poorte van die doderyk... sal sy kerk nie oorweldig nie. 29 En dit is so... geliefdes. Die kerk... die heilige algemene Christelike kerk... sal altyd bestaan... want Christus is n ewige Koning wat nooit sonder onderdane kan wees nie. 30 Maar dit beteken nie... dat n plaaslike kerk... wat volhard in haar liefdeloosheid... nie deur Christus self vernietig kan word nie... Dis wat Christus hier vir ons sê. En dit het met Efese gebeur... Hulle het hulle nie bekeer nie... En hulle is nie meer nie. Al wat oorgebly het in Efese daar in vandag se Turkye is die valse skemer lig van die Moslems se sekelmaan. 31 Oproep Daarom: As jul vandag sy roepstem hoor, verhard jul nie, maar neig jul oor, merk op die roep van sy ontferming. 32 ****************** 28 ει + ind dui op n seker voorwaarde (Binnewerk bl 66). 29 Mat 16:18 30 Art 27 NGB 31 Vgl Greijdanus se Openb komm bl 112. 32 Ps 95:4 berym 19

4. Maar dan kom Christus aan die einde... van sy brief aan Efese. En daar in vers 7 hoor ons... die belofte aan die kerk. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. Aan hom wat oorwin... nie aan die ander nie. Aan hom wat oorwin... hulle sal die belofte ontvang. En die oorwinnaars, geliefdes, is hulle... wat Christus se bekeringsoproep hoor... en dit doen. 33 Toepassing Dis hulle wat onthou... en bekeer... en doen. Dis hulle wat terug wil keer... deur hulle hele lewe na die eerste liefde. En uit daardie liefde... heilig wil leef... suiwer in leer... in toegewyde diens aan Jesus. 34 Dis ons wat ons bekeer... omdat HERE ons bekeer... en ons dan die vrugte van die bekering begin dra. 35 Vir ons is die belofte... Dis ons wat oorwin. En die belofte is: Christus sal vir ons gee... ********************** om te eet van die boom van die lewe wat in die paradys van God is. 33 Vgl Gardner se Openb komm bl 35 34 Dis die ware lidmate van die kerk (NGB art 29) 35 Vgl Reymond, A New Systematic theology of the Christian faith, bl 767; Klaagl 5:21; Joh 17:17 20

Christus sal dit doen... Hy sal ons gee van die boom van die lewe. En Hy kan dit doen... omdat Hy eenmaal op Golgota aan die boom van vervloeking gehang het 36... Dit is daar dat Hy uitgeroep het: Dit is volbring 37 Dit was toe... dat die voorhangsel voor die allerheiligste geskeur het... en die pad vir ons oopgegaan het... tot in die paradys van God. 38 Dit was toe dat Christus ons sonde... in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sonde kan afsterf... en vir die geregtigeheid kan leef. 39 Slot Ja, sodat ons ons van ons liefdeloosheid kan bekeer... en in liefde... en heiligheid... en leersuiwerheid... kan leef voor Christus in die verbond... tot ons eendag in die paradys van God... van die boom van die lewe sal eet... Deur Christus... wat die sewe sterre in sy regterhand hou... en wandel tussen die sewe kandelaars... Amen. 36 Vgl Gal 3:13 Χριστο ς η μα ς ε ξηγο ρασεν ε κ τη ς κατα ρας του νο μου γενο μενος υ πε ρ η μω ν κατα ρα γε γραπται γα ρ ε πικατα ρατος πα ς ο κρεμα μενος ε πι ξυ λου. 37 Joh 19:30 38 Mat 27:51. Die voorhangsel met sy Gerubs op het heengewys na die Gerubs wat die ingang na die tuin in Eden en die boom van die lewe bewaak het. 39 1Pet 2:24 ὃς τα ς α μαρτιάς η μω ν αυ το ς α νη νεγκεν ε ν τω σω ματι αυ του ε πι το ξυ λον 21

Antwoorddiens. Gebed Barmhartigheidsdiens Ps-kollekte Ps 41:1,5 (sittende) Slotpsalm Ps 84:1,3,4,6 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 22