Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Die genade gawes Van God:

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

1 TESSALONISENSE 1:3

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die krag / vuur van God:

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Geseënd is dié wat rein van hart is!

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Die Sendbrief van Jakobus

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Deur Christus Alleen

Die Vesperdiens vir Palmsondag

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

VOLUME AUGUSTUS 2007

ישוע. familieboom van Jesus

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

REFORMASIE. Martin Luther

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

deur CARIKA DU PLESSIS

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: n openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παροσζία

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Transcript:

Julie 2016 Mark 13:9-13 Jesus se dissipel-onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waar die Tempel verwoes word en die finale koms van die Koninkryk op pad is (c). Ps 72: 1, 2 - vooraf Ps 96: 1, 2 - lofpsalm Ps 22: 1, 3, 11 na wet Ps 46: 1, 3, 6 as antwoord op die Woord Ps 87: 1, 3, 5 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 72: 6, 7, 10 slotpsalm Lees: Mark 13:9-13 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes wanneer ons in vers 9-13 lees dan's Jesus besig met dissipel-onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waarin-ie Tempel verwoes word en-ie finale koms van-ie koninkryk op pad is. Jesus is al van vers 5 af hiermee besig. Dit het alles begin by Jesus se oordeelsprofesie in vers 2 oor-ie Tempel en-ie Godsdiens-leiers en hulle volgelinge met hulle skyn-godsdiens en hulle verwerping van Jesus as-ie Messias. Die dissipels vra toe in vers 4 oor wanneer-it gaan gebeur en wat die teken sal wees wat wys: 'hier-sit nou'. Terugblik A. Nou belangrike van wat ons so ver kon leer is-at Jesus se Tempel-verwoesting-profesie nie los staan van sy wederkoms en-ie finale koms van die Koninkryk nie. Verduidelik 1 Tempel-verwoesting en wederkoms gebeur beslis-ie saam-ie. Dit was waar-ie dissipels verkeerd gedink het. Maar-it het beslis met mekaar te doen. Want Tempel-verwoesting is deel van God se groot eindtyd-plan wat uitloop op-ie finale koms van God se koninkryk. Maar nou-sit juis omdat Jesus se dissipels verkeerd dink oor Tempel-verwoesting en-e finale koms van-ie Koninkryk dat Jesus van vers 5 af dissipel-onderrig gee. 2 1 Vgl Mark 13,1-4.pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 2 Vgl Mark 13,5-8.pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Toepassing En dan-sit onderrig wat ook ons brood nodig het. B. 3 Nou ons het al klaar stil gestaan by Jesus se onderrig in vers 5-6 en vers 7-8. Verlede week het ons by vers 9-13 aan gekom. 4 En toe't Jesus ons veral vanuit vers 9 en ook vers 12-13 onderrig oor hoe belangrik-it is om reg te dink oor hoe 'n dissipel-lewe nou in-ie wêreld op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk. Jesus leer ons dis 'n lewe van ly soos Jesus gely het. Jesus leer ons dis 'n lewe van selfverloëning en kruis-dra. Hoekom? Wel omdat God dit al reeds by die eerste verkondiging van-ie Evangelie in Gen 3:15 Jesus gaan op-ie pad van lyding Satan oorwin verlossing bewerk en-ie koninkryk bring. vas gemaak het: En uit genade alleen deel ons daarin maar dan altyd op daai selfde pad van lyding. Nou ons kon verlede week in meer diepte daarop ingaan. So ek gaan nie nou weer nie. Maar juis omdat Jesus ons laat deel in sy verlossing en oorwinning altyd op-ie pad van lyding is Jesus se waarskuwing van vers 9 so belangrik: wees julle vir julleself op die hoede... Of: wees teen julleself op julle hoede. Verduidelik Want dissipels sit so baie maal vas in-ie sonde van om self-gesentreerd mens-gesentreerd te dink oor Jesus en sy verlossing en sy Koninkryk. Ons dink Jesus moet hier-en-nou alles maklik maak vol voorspoed vol sukses vol geluk soos ons daaroor dink. Ons dink Jesus moet ons op 'n pad van oorwinning en voorspoed by die finale koms van die Koninkryk bring. Maar God het in Gen 3:15 anders bepaal. Dit gebeur op-ie pad van lyding. En dan? Wel dan-sie gevaar dat ons teleurgesteld moedeloos Jesus gaan los. Omdat Hy nie die Jesus is wat ons in ons mens-gesentreerdheid en self-gesentreerdheid uitgedink het nie. 3 Vgl Mark 13,5-8.pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 1

En dan? Wel dan's ons sonder Jesus vir altyd verlore. Terug by vandag Maar weet julle: Nou-saar nog 'n gevaar nog iets wat ons gaan los as ons mens-gesentreerd en self-gesentreerd oor Jesus dink. Ons het verlede week so vinnig daaraan geraak. En dis-at ons die baie belangrike roeping die baie belangrike werk wat Jesus ons gee van om getuies vir Hom te wees net heeltemal gaan los. En dis waarby ons vandag gaan stil staan. Jesus se dissipel-onderrig waarmee Hy ons in 'n wêreld waarin-ie Tempel verwoes word en-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is uitbring by ons dissipel-roeping van selfverloëning, kruis-dra, ly, en getuie-wees-vir-hom. 1. So kom ons kyk hoe Jesus ons in vers 9-13 leer dat 'n dissipel-lewe nou nie net 'n lewe is saam-met-jesus-ly nie maar ook 'n lewe is van getuie-wees-vir-jesus. A. Jesus praat daaroor in vers 9: hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings Of wêreldse owerhede 5 gebring word (om veroordeel te word 6 ) om My ontwil... Verduidelik 7 Sien julle? Jesus sê: dissipels se veroordeling en lyding voor owerhede is om My ontwil. Of: as gevolg van My. En waaroor Jesus hier praat is oor sy dissipels wat in liefde aktief openlik in hierdie wêreld kant kies vir Jesus en daarom getuig. En dan? Wel Jesus sê in vers 9 dan sal julle oorlewer word aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil... Sien julle? Dissipel-lewe gelowig by Jesus in 'n wêreld op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk is 'n lewe van ly-saam-met-jesus 5 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 7 9d ενεκεν εμου gee die rede vir waarom die dissipels voor goewerneurs en konings tereg staan om geoordeel te word. Dit is as gevolg van Jesus (Baljon bl 317). Ek dink ons moet dit so verstaan dat die dissipels, as volgelinge van 'n ander Koning, en die verkondiging van Hom, 'n bedreiging inhou vir die goewerneurs en die konings van hierdie wêreld met hulle koninkryke. Daarom dat die dissipels dan ook veroordeeld voor hulle staan (vgl France se Mark komm bl 515; Van Bruggen se Mark komm bl 301). 2

maar ook 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. B. Ons sien-it ook in Jesus se onderrig in vers 12-13. Gedagtegang 8 Verlede week kon ons sien-at Jesus in vers 12-13 na sy bemoediging van vers 11 weer terug-kom by ons dissipel-lewe van saam-met-jesus-ly. Maar dan staan-it weereens-ie los nie van 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. Bewys Jesus sê-it spesifiek in vers 13: En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Of as gevolg van my Naam. 9 Verduidelik 10 En dan gaan Jesus se Naam oor Wie Jesus is oor wat Jesus doen oor-ie werklikheid dat Hy-ie Messias is die enigste Verlosser-Koning. En dis vir hierdie Jesus dat dissipels openlik in hierdie wêreld kant kies en getuig. En dan? Wel Jesus sê in vers 13: En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Skrif met Skrif 11 Ek dink-ie boek Handelinge is vir ons 'n voorbeeld hiervan. Die kerkgeskiedenis ook. Sien julle? Dissipel-lewe gelowig by Jesus in 'n wêreld op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk is 'n lewe van ly-saam-met-jesus maar ook 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. C. Maar belangrik: Nou gebeur ons lewe van getuie-wees-vir-jesus nie sommer maar sommer net-ie. Nee! Dis Jesus se wil. Hoe so? Wel om dit agter te kom moet ons terug na vers 9, waar Jesus sê: hulle sal julle oorlewer aan regbanke... En nou-saai oorlewer weer baie belangrik. Ons het verlede week ook gesien. Jesus vat mos sy dissipels hiermee terug na sy onderrig oor sy eie lyding. 12 8 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 9 13a Die voorsetsel-frase δια το ονομα μου gee die rede waarom dissipels deur almal gehaat word (Greek grammer beyond basics bl 369). Dit is as gevolg van die Naam van Jesus. 10 Vgl NIDNTT vol 2 bl 654; France se Mark komm bl 518; Stein se Mark komm bl 601). 11 Bv Hand 4:1-21; 5:17-40; 6:11-7:55; 16:19-24; 21:29-40; 24:1-9; 25:1 vv 12 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3

Bewys In Mark 10:33-34 praat Jesus daaroor: Kyk... ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word... en hulle sal... Hom doodmaak... Jesus sê-it ook in Mark 9:31 en Mark 8:31. Verduidelik So met Mark 13:9 as Jesus sê: hulle sal julle oorlewer aan regbanke... onderrig Jesus ons in-ie waarheid van 'n lewe van saam-met-jesus-ly. En dis-nie die eerste keer-ie. 13 Jesus het hierdie onderrig al gedoen in Mark 8:34-38. Verduidelik Dis net nadat Jesus in Mark 8:31 vir-ie eerste keer gesê het dat Hy gaan ly. Toe't Jesus veral in Mark 8:34 baie reguit geleer dat dissipel-lewe 'n lewe is van saam-met-hom-ly 'n lewe is van selfverloëning van kruis-dra. Maar ook van getuie-wees-vir-jesus. En dat dit Jesus se wil vir ons is. Bewys Hoor hoe sê Jesus-it in Mark 8:38. Hy sê: elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. Verduidelik 14 So dis Jesus se wil. Ons moet ons-ie skaam vir Hom en sy Evangelie-woord nie. So wat moet ons dan? Wel kies openlik doelbewus aktief met liefdevolle onverskrokkenheid kant vir Jesus. Waar? In Mark 8:38 sê Jesus: In hierdie wêreld wat Hom haat. Hier moet kant kies vir Jesus en vir Hom getuig. Dis wat Jesus se wil is vir sy dissipels. En dan? Gaan alles sommer maklik gaan? Wel nee. Saam met 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus gaan ook 'n lewe gaan van saam-ly-met-jesus. 13 9b - Dis belangrik dat Jesus met παραδι δωμι die selfde woord gebruik as toe Hy gepraat het oor sy eie lyding (vgl Mark 9:31; 10:33-34). Jesus wys dus nou dat die dissipels se lewe soos syne lyding in gaan hê... Jesus neem sy dissipels se gedagtes dus ook hiermee terug dan sy dissipel-onderrig in Mark 8:34-38 (vgl France se Mark komm bl 514; Grogan se Mark komm bl 225-226). 14 Vgl NIDNTT vol 1 bl 482-483, 489-490 4

En dis waaroor Jesus onderrig as Hy in Mark 13:9 sê: julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil... En in vers 12-13 sê:... En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. D. Sien julle? Dissipel-lewe gelowig by Jesus in 'n wêreld op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk is 'n lewe van ly-saam-met-jesus maar ook 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. Openbaringshistories 15 Hoekom? Wel ons het-it eintlik al verlede week gesien. God het-it so bepaal in Gen 3:15. God het daar direk na-ie sondeval vir-ie eerste keer die Evangelie van verlossing uit genade alleen en oorwinning oor Satan en-ie koms van-ie Koninkryk verkondig. Nou ek gaan nie weer in detail daarop in nie. Belangrik vir nou is-at God in Gen 3:15 bepaal het dat Jesus dit alles werklikheid maak. Maar dan op-ie pad van lyding. En dan? Wel as God dan uit genade alleen wedergeboorte geloof en bekering in ons harte werk en ons dan dissipels word en ons in en deur die krag van Jesus ons-ie skaam-ie maar kant kies vir Jesus en getuig wat dan? Wel dan deel ons by Jesus in sy lyding. Bewys Jesus sê-it ook in Joh 15:19-20. omdat... Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg... Oorgang En dis Jesus se onderrig in Mark 13:9 en vers 12-13. Dissipel-lewe nou in 'n wêreld waarin-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is is 'n lewe van openlik kant kies vir Jesus dis 'n lewe van saam-met-jesus-ly en dis getuie-wees-vir-jesus. 15 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 5

En weet julle: Hierdie ding dat Jesus se wil is dat ons dissipel-lewe ook 'n getuie-lewe moet wees is ontsaglik belangrik. Jesus wys-it in vers 10. 2. So kom ons fokus hierop. Op-ie belangrikheid van getuie-wees. Jesus sê in vers 10: En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. Verduidelik 16 Nou wat Jesus hier sê is-at dissipel-lewe met alles wat ons nou so ver-aar oor geleer het net nooit los kan wees van vers 10 se moet nie dat die evangelie eers aan al die nasies verkondig moet word. En dan's hier twee belangrike goed in vers 10. Die moet dat die Evangelie aan al die volke verkondig moet word. En dan die woordjie eers. A. So kom ons kyk na die moet dat-e Evangelie aan al-ie volke verkondig moet word. Verduidelik 17 Nou hierdie moet is ons vertaling van-ie Griekse woord δει. En in-ie NT gaan δει oor God se moet. So wat Jesus in vers 10 sê is-at dit God se moet is dat die Evangelie aan al-ie volke verkondig moet word. Openbaringshistoiries 18 I En hierdie moet van God kom van ver af. Dit het al begin toe God vir Abraham in Gen 12:3 gesê het: in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. II Die Psalms is ook vol van hiervan. Ons hoor-it bv in Ps 22 Pd 72 Ps 87 Ps 96 Ps 117. 16 Die plek van vers 10 hier is vreemd. Dit onderbreek die gedagtegang. Vers 11 pas eintlik pragtig logies as trooswoord net na vers 9. Dit word verder bevestig wanneer vers 11 die παραδι δωμι-tema van vers 9 voort sit deur die herhaling van die παραδι δωμι (vgl TDNT vol 6 bl 869; Stein se Mark komm bl 600; France se Mark komm bl515-516; Groendewald se Mark komm bl 323). So, nou is die vraag: Waarom onderbreek Jesus sy eie gedagtegang so? Wel, ek meen dat Jesus op die manier, omdat dit so vreemd oorkom, juis die waarheid van vers 10 beklemtoon... So wys Jesus dat dissipels se dissipel-lewe van lyding in navolging van Jesus (vers 9) dan as hoofsaak het, die verkondiging en die voortdurende verkondiging van die Evangelie tot voordeel van al die volk soos die OT profete geprofeteer het... Dit kan ook wees dat Jesus met die voegwoord και vir ons wys dat vervolging en lyding wat nou deel is van dissipels se lewe tot en met die voleinding net altyd saam gaan met die verkondiging van die Evangelie aan al die volke, of dalk eerder anders om. Dissipel-lewe nou tot die voleindig kom is 'n lewe van Evangelie voortdurende verkondiging en daarmee saam gaan vervolging en lyding (vgl France se Mark komm bl 516; Van Bruggen se Mark komm bl 302-303). 17 10a - δει πρωτον κηρυχθηναι το ευαγγελιον het dan die betekenis van 'dit is noodsaaklik om die Evangelie te verkondig'/ 'dis 'n moet dat die Evangelie verkondig word' (Baljon bl 198-199). Belangrik van hierdie 'moet' is dat God se 'moet' of God se 'wil' is sy geopenbaarde wil, of sy plan vir eskatologiese gebeure (vgl eksegese by vers 7; TDNT vol 2 bl 22, 23; NIDNTT vol 2 bl 664-665; Stein se Mark komm bl 599; Evans se Mark komm bl 307; Van Leeuwen se Mark komm bl 231). 18 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk bl 327, 328 6

III Die profeet Jesaja praat ook baie hieroor. In Jes 49:6 byvoorbeeld profeteer God deur Jesaja oor Jesus. En dan sê Hy: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob... Ek het U gemaak tot n lig van die nasies, om my heil (verlossing) te wees tot aan die einde van die aarde. So ja dis God se moet. Die OT roep dit uit. Die Evangelie moet na die volke toe. Hoe? Verduidelik 19 Wel Jesus bind hierdie moet van God in vers 10 vas aan sy onderrig in vers 9 oor ons dissipel-lewe van saam-met-hom-ly en getuie-wees-vir-hom. En dis hoe-ie verkondiging van vers 10 gaan gebeur. Dit gaan gebeur deur dissipels wat op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk nie net gerieflik in hulle huise sit nie maar saam-met-jesus-ly en vir Hom kant kies en getuig waar-ie HERE ons in sy voorsienigheid in die volke laat leef. B. Ons sien-it ook in die woordjie eers van vers 10. En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. Nou hierdie woordjie eers is diep en reik en ons gaan onmoontlik nie tyd hê om in detail en met Skrif met Skrif vergelyking daarop in te gaan nie. So ek het vir julle 'n stukkie in die Basuin daaroor in gesit. So ek gaan probeer om nou net saam te vat. Verduidelik 20 Met hierdie eers sê Jesus dat die Evangelie eers aan al die volke verkondig moet word voor-ie Koninkryk finaal sal kom. So wat Jesus in vers 10 vir ons sê is dat die tyd waarin ons nou leef verkondiging-tyd is. Dis hoe-ie tyd lyk op pad na die finale koms van die Koninkryk. Dis hoe dissipels-lewe moet lyk nou in 'n wêreld waarin-ie Tempel verwoes is 19 Vgl France se Mark komm bl 516; Van Bruggen se Mark komm bl 302-303 20 10a πρωτον = bw van tyd-orde met die betekenis van 'eers'... voor iets anders gebeur (TDNT vol 6 bl 868). Dus: eers... voor iets anders is dit God se moet dat die Evangelie verkondig word. Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 411 meen dat dit vanuit die konteks van die dissipels se vraag in vers 4 en vers 7-8 se vermelding van 'einde' en 'geboortepyne' duidelik blyk dat die 'iets anders' die voleinding of die volkomenheid van die Koninkryk is, vgl ook Mat 24:14 (vgl ook Van Bruggen se Mark komm bl 302; Evans se Mark komm bl 310). 7

en-ie finale koms van die Koninkryk op pad is. Dis 'n tyd waarin dissipels saam-met-jesus-ly Dis 'n tyd van getuie-wees-vir-jesus Dis 'n tyd van God se moet dat die Evangelie verkondig moet word En dit gebeur as dissipels getuie-lewens begin leef. Toepassing So wat Jesus nie in vers 10 doen nie is om vir ons 'n presiese tyd-merker te gee wat vir ons gaan wys wanneer Hy nou weer gaan kom nie. Wat Jesus in vers 10 sê beteken dus nie dat as ons nou bepaal het dat die Evangelie aan die laaste volk verkondig is ons maar kan ophou verkondig en-ie heeltyd net leef met ons oë wat na die hemel staar en wag dat Jesus nou moet kom nie. 21 Nee dis-ie wat Jesus met vers 10 doen nie. Nee wat Jesus sê is-at die tyd voor Hy weer kom ook 'n tyd is van God se moet dat daar verkondig moet word aan al die volke. En daarom is 'n dissipel-lewe van saam-ly-met-jesus en getuie-wees-vir-jesus dit wat Jesus leer in vers 9 en in vers 12-13 so ontsettend belangrik want so gebeur-ie verkondiging van vers 10. Dit wat God se moet is sy wil is. 3. Nou-sie vraag: Wat sê-it vir Jesus se dissipels? Wat sê-it vir ons? Wat-sie toepassing? Wel ek dink daar's drie groot goed. A. Die eerste is: Ons moet-it doen. As getuie-wees-vir-jesus en verkondiging aan-ie volke nou in 'n wêreld waarin-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is Jesus se wil is en God se moet is dan moet ons-it mos doen. En daarby: As getuie-wees-vir-jesus en verkondiging aan-ie volke 'n merkteken is van dissipel-wees nou in die tyd voor die finale koms van die koninkryk dan sal ons mos daarmee wil besig wees as ons dissipels van Jesus is. Selfondersoek So waar staan ons? Is ons besig om te leef in lyn met Jesus se wil vir sy dissipels? 21 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 303; NIDNTT vol 3 bl 56 8

Voorbeelde Kom ons kyk na 'n paar praktiese voorbeelde. I God laat ons op die oomblik tussen Afrikaners leef. Ons is self Afrikaners. So leef ons as plaaslike Kerk 'n getuie-lewe na Afrikaners toe hier om ons? Ek dink met iets soos Koningskinders het ons 'n wonderlike geleentheid om-it te doen. So hoe's ons betrokke? II Nog iets wat met ons gebeur is-at onder God se goeie almagtige soewereine regering ons 'n slegte regering het wat toelaat dat ons oorstroom word met volke uit omtrent die hele Afrika. Jy kan maar opnoem: Die kans is omtrent 100% dat jy hulle in Pretoria sal kry. Nou ek dink-ie dis goed-ie. Regtig nie. Maar weet julle: Nou laat God op-ie oomblik iets anders gebeur as wat ek dink goed is. Onder God se almagtige regering 22 leef ons-ie meer onder net een volk nie. Nee hier's nou baie. En dan sê Jesus: Dis sy wil dat ons 'n lewe moet leef van getuie-wees-vir-hom. In vers 10 beklemtoon Hy-it as Hy sê: En die evangelie moet eers aan al die volke verkondig word. Dis hoe-ie tyd is waarin God ons nou laat leef. Dis verkondiging-tyd. Selfondersoek So hoe is ons as plaaslike-kerk besig om getuies te wees om te verkondig na ons eie volk toe en na die volke toe? Onthou: Dis wat dissipels doen nou terwyl die finale koms van die Koninkryk op pad is. Dis wat Jesus ons leer in vers 9-10 en vers 12-13. III Hier's nog 'n voorbeeld. Ek en jy as pa en ook die ma's. 22 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 9-10 9

Ons moet 'n lewe leef van getuie-wees-vir-jesus en verkondig. Waar? Wel seker heel eerste in ons gesinne. Hulle is tog ook deel van-ie volke aan wie verkondig moet word of hoe? Ja ons kinders moet in ons lewe Jesus ontmoet. en in ons woorde Selfondersoek So hou ons huisgodsdiens? Dis 'n maklike geleentheid vir getuie wees. Ons kan-it net onmoontlik laat verby gaan. IV Maar wat van ons as gesin-saam? Ons moet dissipel-gesinne wees. En ons het bure. Mense langs ons oorkant ons. So kom ons leer hulle ken. Kom ons wees daar vir hulle. Kom ons leef by ons bure 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. V En ek en jy op ons eie? Kom ons bid dat God die hordes kanse wat Hy ons gee daar waar ons elke dag leef en werk om 'n getuie-lewe te leef sal aangryp. So ja dis-ie een ding. As getuie-wees-vir-jesus en verkondiging aan-ie volke nou in 'n wêreld waarin-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is Jesus se wil is en God se moet is soos ons uit vers 9-10 en vers 12-13 leer dan moet ons dit mos doen. En daarby: As-it 'n merkteken is van ware dissipel-lewe dan sal ons mos daarmee besig wees as ons dissipels van Jesus is. B. Maar nou-saar nog 'n toepassing. 'n Tweede een. En dis-at ons-ie heeltyd moet onthou dat getuie-wees-vir-jesus nou in-ie wêreld waarin-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is baie-maal saamgaan met saam-met-jesus-ly. So leer Jesus ons mos in vers 9 en in vers 12-13. En net hier's 'n gevaar. Ons het-it verlede week ook gesien. Verduidelik 23 Ons as dissipels is so baie-maal vas gevang in-ie sonde van om self-gesentreerd en mens-gesentreerd te dink 23 Vgl Mark 13,9-13(a).pdf by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 10

oor Jesus en sy verlossing en sy Koninkryk. Ons dink Jesus moet hier-en-nou alles maklik maak vol voorspoed vol sukses vol geluk soos ons daaroor dink. Ook as ons 'n getuie-lewe leef vir Jesus. Ons dink Jesus moet ons op 'n pad van oorwinning en voorspoed by die finale koms van die Koninkryk bring. Maar God het in Gen 3:15 anders bepaal. Dit gebeur op-ie pad van lyding. En dan? Wel as ons dan 'n getuie-lewe leef en ons kry teenstand dan wil ons ophou. C. Daarom en dis-ie derde toepassing daarom moet ons Jesus se waarskuwing aan-ie begin van vers 9 regtig aanneem. Jesus sê daar: wees julle vir julleself op die hoede... Ja hierdie waarskuwing van Jesus moet ons laat bekeer van-aai self-gesentreerde en mens-gesentreerde dink oor Jesus. Hierdie waarskuwing van Jesus moet ons laat bekeer van ons sonde van om vanuit ons eie sondige-dink oor getuie-wees-vir-jesus te begin doen. Ons moet bid dat Jesus ons met sy onderrig van vers 9-10 en vers 12-13 sal bekeer en regeer al meer sodat ons kan reg dink-en-doen oor getuie-wees-vir-jesus en verkondiging aan die volke en daarmee kan volhard as ons in-aai situasies van vers 9 en vers 12-13 kom. Daai situasie van: hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil... En: die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam... Ja dat ons hier binne in sal weet: Jesus is aan die werk. Hy laat ons deel in-ie oorwinning wat Hy reeds behaal het en-ie Koninkryk wat Hy bring maar dan op-aai selfde pad van lyding waarop Hy gegaan het. 11

En dis ook Hy Jesus wat ons op hierdie pad gaan laat aanhou laat volhard. Dis mos wat ons verlede week ook geleer het. Oorgang En nou-sit juis hieroor oor-ie waarheid dat Jesus ons op hierdie pas sal laat volhard dat Jesus vir ons wonderlike bemoedigende lering gee in vers 11 en vers 13. 4. So kom ons fokus nou op hierdie bemoediging. A. Ons kyk eerste na vers 11 sin. 24 Gedagtegang 25 Jesus haak in vers 11 aan by-ie krisis-situasie van vers 9 Daai vervolging en lyding juis omdat sy dissipels 'n lewe leef van getuie-wees-vir-jesus. En dan sê Jesus in vers 11: En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel of met angs bekommerd wees nie 26 oor wat julle sal spreek nie bekommerd wees dat julle dalk net heeltemal 'n 'blank' sal slaan nie 27 en moenie daaroor dink nie of iets inoefen nie 28 maar wat julle in dié uur gegee word (deur God 29 ), dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, 24 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 303 25 11a Met δε koppel Jesus wat nou volg aan wat Hy vooraf in vers 9-10 gesê het... veral aan vers 9 (Greek greammer beyond basics bl 671; France se Mark komm bl 517; Stein se Mark komm bl 600; Van Bruggens se Mark komm bl 303). Verder: παραδιδοντες = praes part ml mv van παραδι δωμι. Die part het hier 'n bywoordelike funksie by αγαγωσιν. Die funksie is dan om die doel te gee van die αγαγωσιν handeling (Greek grammer beyond beyond basics bl 635-636). Dit is om die dissipels oor te lewer (TDNT vol 2 bl 169). Met παραδι δωμι neem Jesus ons dus nou weer terug na die vervolging-en-lyding tema van vers 9 (vgl France se Mark komm bl 517). Hierdie oorlewer waarvan Jesus hier praat is dus oorlewering in die vyandige hande van ongelowige Jode en Romeinse owerhede (vgl France se Mark komm bl 517; Stein se Mark komm bl 600; van Bruggen se Mark komm bl 303). 26 11b Met μη + aor imperat akt 2de mv van προμεριμνα ω, beveel roep Jesus sy dissipels op om nie te vooraf angstig te wees nie of vooraf bekommerd te wees nie (NIDNTT vol 1 bl 276), wanneer hulle weg gelei word om oor gegee te word aan vyandige Joodse en Romeinse/ wêreldse owerhede. 27 11c - λαλησητε = aor subj 2de mv van λαλεώ. Die subj word hier aangewend om hierdie vraag van die dissipels die nuanse te gee van 'n werklike bekommernis oor of daar enige iets sal wees wat hulle kan sê. So Jesus roep sy dissipels op om nie vooraf angstig te wees oor die inhoud en of hulle enige iets gaan hê om te sê in die regbanke van hulle vervolgers nie... Hulle moet hul dus nie bekommer nie... Hulle gaan verseker nie 'n 'blank' slaan nie... Hulle sal kragtig kan getuig vgl Hand 4:13 (vgl Greek grammer beyond basics bl 466; France se Mark komm bl 517; Stein se Mark komm bl 600-601; Van Bruggen se Mark komm bl 303). 28 11d μηδε μελετατε = μηδε wat hier die imperatief negativeer (Binnewerk bl 111) + aor imperat 2de mv van μελετα ω, met die betekenis van 'ook moet julle dit nie oordink nie' of julself oefen in wat julle gaan sê nie (Baljon bl 592, 614; Van Bruggen se Mark komm bl 303-304). Die objek, so meen ek vanuit die konteks, is weer τι λαλησητε (11c) (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 303-304). 29 11e δοθη = aor subj pass van δι δωμι, met die betekenis 'dit gegee word'. Die agent word nie hier eksplisiet genoem nie. Ek meen egter dat on shier met die Goddelike passief te doen het... God is hier die Almagtige Gewer (Greek grammer beyond basics bl 437-438). 12

maar die Heilige Gees. So sien julle wat doen Jesus? Verduidelik 30 Hy's besig om ons te wys: Dis altyd genade alleen! Dit moet 'n lewenswyse word by dissipels. Genade alleen. Daarom moet-ie dissipels in-aai krisis-situasie van vervolging en verskyning voor regters in howe nie angstig raak-ie. Hulle moet ook-ie self allerhande planne uitdink om hierdie krisis self te hanteer-ie. Nee! wat julle in dié uur gegee word (deur God), dit moet julle spreek 31 En in-ie Grieks kan mens regtig sien dat Jesus hierdie beklemtoon. So dissipels moet weet. Nie ons nie. Nee! Jesus God. Hy sal-it doen vir ons. Toepassing 32 En ons moet dit onthou. Ons gaan agter Jesus aangaan. Dissipel-lewens begin leef. Getuie-lewens begin leef. En dan? Wel dan gaan-aar teëstand kom krisisse kom. Baie. En dan? Wel ons is so geneig om-an beheer oor te vat en self te probeer. En-it het net mooi niks te doen met die groot waarheid van genade-alleen wat ons hele lewe al hoe meer moet beheers nie. Maar nou kom leer Jesus ons Hy kom vertroos ons bemoedig ons in vers 11. Dis altyd genade-alleen. Dissipel-lewe getuie-lewe saam-met-jesus-ly-lewe 30 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 125 31 11e ο εαν lei hier 'n akkusatief pendens in (Greek Grammer beyond basics 198). Met hierdie akkusateif pendens lê Jesus baie sterk klem daarop dat dissipels gegee sal word wat hulle moet sê wanneer hulle voor vyandige Joodse en Romeinse owerhede moet verskyn in tye van vervolging en lyding (Greek Grammer beyond basics bl 198; Binnewerk bl 114). Ja, dan moet hulle nie oefen om iets te sê nie. Hulle moet ook nie met angs hulself vooraf bekommer of hulle in hulle eenvoudigheid iets gaan kan sê nie. Nee... woorde gaan aan hulle gegee word... deur God, die Heilige Gees vgl 11g (Van Bruggen se Mark komm bl 303). 32 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 125 13

nou in 'n wêreld waarin-ie finale koms van-ie Koninkryk op pad is is nooit ooit los nie van-ie waarheid dat God dat Jesus uit genade alleen in ons krisisse kom in breek verlossend en uitkoms-gewend. Dis wat ons moet leer as Jesus in vers 11 sê: En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek... B. Kom ons kyk na-ie bemoediging wat Jesus in vers 13 gee. Gedagtegang 33 Nou ons het dit al gesien. Na Jesus sy dissipels in vers 11 bemoedig het gaan Jesus in vers 12-13 eers weer terug na-ie hele ding dat 'n dissipel-lewe en 'n getuie-lewe nou in 'n wêreld op pad na-ie finale koms van-ie Koninkryk baie maal ook 'n lewe is van saam-met-jesus-ly. En dan wys Jesus in vers 12-13 hoe erg-it kan raak. Tot jou eie gesin kan teen jou draai. Maar 34 dan aan-ie einde van vers 13 bemoedig 35 Jesus weer as Hy sê: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Verduidelik So hoor julle? Jesus bemoedig met 'n belofte: 36 wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En dan-sit veral uit Jesus se dissipel-onderrig in Mark 10:17-26 37 dat ons leer-at hierdie sal gered word die selfde is as om te deel in-ie finale koms van-ie koninkryk en in-ie vrede en ewige-lewe daarvan. So sien julle hierdie wonderlik belofte wat Jesus gee. 33 Vgl Stein se Mark komm bl 601; Evans se Mark komm bl 311; Van Bruggen se Mark komm bl 304; Van Leeuwen se Mark komm bl 235; Edwards se Mark komm bl 394 34 13b Met δε koppel Jesus wat nou volg aan wat Hy vooraf in vers 12-13a gesê het (Greek greammer beyond basics bl 671). 35 Vgl Calvyn se komm op die sinop Evang vol 1 bl 456 36 13b σωθησεται = Fut ind pas 3de ev van σω ζω, met die betekenis van 'hy sal gered word' (Baljon bl 948). Ons hier dus hier van Jesus af 'n belofte aan elkeen wat volhard (vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 235; Stein se Mark komm bl 601; Van Bruggen se Mark komm bl 304). 37 Vgl TDNT vol 7 bl 991; France se Mark komm bl 519; Stein se Mark komm bl 602 14

Sy dissipels wat nou 'n lewe leef van selfverloëning kruis-dra saam-met-jesus-ly sal uiteindelik deel in die wonder van-ie ewige Koninkryk van vrede en lewe op-ie nuwe aarde. C. Maar nou-sit nogal belangrik: En in-ie Grieks kom mens agter dat Jesus-it beklemtoon. 38 Hierdie belofte is net vir dissipels wat volhard tot die einde toe. Dis-ie vir iemand anders-ie. Dis wat Jesus in vers 13 sterk beklemtoon. Verduidelik 39 En wat Jesus bedoel met volhard tot die einde toe is 'n lewe van aanhou om Jesus te volg aanhou om 'n dissipel-lewe van getuie-wees en saam-met-jesus-ly. Nie op te hou nie. Nie in te gee nie. Nie te sê dis te erg en hiermee hou ek nou finaal op-ie. So nou-sie vraag: Hoe? Hoe gaan ons so volhard? Hê geliefdes? Verduidelik 40 Wel Jesus het ons nou-net by vers 11 geleer dat 'n dissipel-lewe 'n getuie-lewe 'n saam-met-jesus-ly-lewe nooit ooit los is van-ie waarheid dat God dat Jesus uit genade alleen verlossende en uitkoms-gewend in ons krisisse kom in breek nie. En dis hoe ons gaan volhard. Uit genade alleen. Ons gaan ons oorgee aan Jesus aan God. En uit genade alleen sal Hy ons laat volhard. Skrif met Skrif Ons sien hierdie selfde wonderlike waarheid as ons net so bietjie verder af gaan na vers 19-20. 38 13b ο... υπομεινας lei hier 'n nominatief pendens in (Greek grammer beyond basics bl 51-52). Met hierdie nominatief pendens bekemtoon Jesus baie sterk dat net ο... υπομεινας εις τελος gered sal word... hulle en hulle alleen... niemand anders nie (Greek grammer beyond basics bl 51-52; France se Mark komm bl 519). 39 13b Omdat τελος nie die lw neem soos by vers 7 nie, hoef τελος nie hier ook te gaan om die voleinding van die wêreld nie, soos dit die geval is met το τελος van vers 7 (vgl Grosheide se Mat komm bl 285). εις τελος het dan die betekenis van 'tot die einde toe' en dan gaan dit hier oor oor 'n volledige volharding, deur jou lewe tot aan die einde daarvan... sonder ophou die heeltyd (NIDNTT vol 2 bl 773; Grosheide se Mat komm bl 285-286; France se Mark komm bl 519; Van Bruggen se Mark komm bl 304). 40 Vgl Beeke&Jones, A Puritan theology- Doctrine for life, bl 601-602; Ladd, A thology of the NT bl 277; Camenga & Hanko, Saved by grace bl 148; Cole se Mark komm bl 282 15

41 As-ie HERE wil sal ons volgende week in meer detail daarop ingaan. Jesus praat in vers 19-20 oor-ie erge verdrukking wat saam gaan met die verwoesting van-ie Tempel. En dan sê Jesus: daardie dae sal daar n verdrukking wees soos daar nie gewees het... nie. En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort. Verduidelik 42 Nou hierdie uitverkorenes van wie Jesus hier praat is dissipels. Dis ons wat in ons lewe in Jesus begin glo het en Hom aangeneem het gelowig na Hom toe gegaan het en Hom nou volg. Nou wanneer ons so dissipels geword het dan-sit omdat God ons voor-ie grondlegging van-ie wêreld uitverkies het om van ons dissipels te maak en ons te red. Bewys Jesus praat daaroor in Joh 6:37. Hy sê daar: Al(mal) wat die Vader My gee in die uitverkiesing 43 sal na My toe kom... In Joh 6:44 sê Jesus: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie... En dan sal ons wat na Jesus toe gegaan het omdat God ons uit genade alleen uitverkies het en uit genade alleen na Jesus toe gebring het ook kan volhard. Hoe? Nee Uit ons self? uit genade alleen. 41 Vgl France se Mark komm bl 532 42 20d Die betreklike vnw ους ml mv akk lei hier 'n sin in wat εκλεκτους, waarmee dit in getal en geslag ooreenstem, verder beskryf (Greek grammer beyond basics bl 335-336). εξελεξατο = aor ind med van ε κλε γομαι (NIDNTTvol 1 bl 539), met die betekenis van 'Hy het uitverkies' (Baljon bl 291). Vanuit die konteks blyk dit duidelik dat die 'Hy' κυριος van 20a is (vgl NIDNTT vol 1 bl 540). Vanuit 20b se ουκ αν εσωθη πασα σαρξ blyk dit dat die HERE se uitverkiesing hier uitverkiesing tot saligheid is (Baljon bl 292). Hierdie uitverkorenes van die HERE is dan ook Jesus se ware gelowige dissipel volk (Baljon bl 292; NIDNTT vol 1 bl 539, 541; France se Mark komm bl 528). Hierdie uitverkiesing is die Goddelike grond/ rede vir die feit dat mense ware gelowige dissipels word en ook kan volhard tot die einde. Dit alles lê begrond in die verlossing-feit van die HERE wat uit vrye genade uitverkies... en bewaar vgl Mat 20:16; 22:14; Rom 8:30, 33; 11:4-6 (NIDNTT vol 1 bl 540; France se Mark komm bl 528). 43 DL 1:7 16

En in Mark 13:20 vertel Jesus van een van-ie maniere hoe ons daai genade aan die werk sal sien. God sal die dae van die verdrukking korter maak sodat sy dissipels-it kan uithou. En daar-s nog 'n hele klomp sulke voorbeelde in-ie Bybel. 44 Ja ons sal kan volhard uit genade alleen. En dan word dit 'n wonderlike bemoediging en aanmoediging en belofte as Jesus in Mark 13:13 sê: wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Slot En dis Jesus se dissipel-onderrig in Mark 13:9-13. Dis onderrig vir reg dink-en-doen in 'n wêreld waarin-ie Tempel verwoes word en-ie finale koms van die Koninkryk op pad is. Dis onderrig waarin Jesus ons leer dat Hy uit genade alleen vir ons verlossing bewerk het oorwinning behaal het en-ie Koninkryk laat kom. Maar dit alles op-ie pad van lyding wat God al in Gen 3:15 vir Hom vas gemaak het. En uit genade alleen laat Jesus ons in-it alles deel. Maar dan altyd ook saam met Hom op hierdie pad van lyding. Daarom is 'n dissipel-lewe nou 'n lewe saam met Jesus 'n lewe van selfverloëning kruis-dra ly soos Jesus gely het. En dan baie belangrik saam met dit alles is-it ook 'n lewe van getuie-wees-vir-jesus. En vir Jesus is hierdie getuie-lewe baie baie belangrik. Ons kon-it veral in vers 10 sien. So kom ons bid dat Jesus ons al meer met sy onderrig sal bekeer en daarmee ons dink-en-doen sal beheer. En geliefdes kom ons leef Jesus se onderrig dan prakties elke dag. Kom ons lewe 'n getuie-lewe. Kom ons leef 'n saam-met-jesus-ly-lewe. Kom ons volhard daarin omdat die HERE ons laat volhard daarin. Ja dis-ie pad waarop Jesus ons na sy Koninkryk van lewe en vrede vat. Amen. 44 Vgl Jes 49:15; Luk 22:32; Joh 6:37-39, 44; 10:27-20; Rom 8:30, 35, 38-39; Efes 1:13-14; 4:32; Fil 1:6; 1Pet 1:3-5; Judas 1. vgl ook Beeke&Jones, A Puritan theology- Doctrine for life, bl 601-602, 607-609, 611-612, 614. 17