Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Σχετικά έγγραφα
Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Die genade gawes Van God:

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

1 TESSALONISENSE 1:3

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Die krag / vuur van God:

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die Sendbrief van Jakobus

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

Deur Christus Alleen

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

ישוע. familieboom van Jesus

deur CARIKA DU PLESSIS

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

VOLUME AUGUSTUS 2007

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

REFORMASIE. Martin Luther

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

1. Bybelse agtergrond tot die verstaan van die Heilige Gees.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Hoofstuk 28 Magnetiese Velde

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

Transcript:

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid Joh 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Wedergeboorte 1. God doen dit. Wedergeboorte is n werk van God se Gees waarby jou gees nuutgemaak word en weer of van bo af gebore word (Griekse woord: α νωθεν). Wedergeboorte is dus nie iets wat jy self kan doen nie: God doen dit. Daar is n natuurlike geboorte (gebore uit vlees ) en n bonatuurlike geboorte (wedergeboorte uit gees ). Joh 1:12-13 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (13) wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van n man nie, maar uit God gebore is. Wedergeboorte is dus n geskenk. 1 Pet 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, (4) sodat ons n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons (5) wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. 2. Dit is n vrug van die werking van die lewende Woord. 1 Pet 1:22-25 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit n rein hart; (23) want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. (24) Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, (25) maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

3. Wedergeboorte is eenmalig. Jy kan nie in en uit wedergeboorte val nie. As God jou gees wederbaar het, bly sy lewende Woord vir ewig in jou (1 Pet 1:25 hierbo). 4. Geloof gaan wedergeboorte vooraf. Joh 1:12-13 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (13) wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van n man nie, maar uit God gebore is. Geloof is nie n kragtoertjie nie, maar dit is om te erken dat jy nie jouself kan red nie. Elke mens het geloof. Want ongeloof is ook n geloof. Al verskil is dat jy jou vertroue in ander dinge stel. Mense wat sg. twyfel in die waarheid van die Bybel, twyfel nie werklik nie. Hulle het net hulle vertroue in iets anders gestel, bv. skeptici, ateïstiese wetenskap, kritici van die Bybel. Meer subtiel: Jy hoef nie noodwendig in God se bestaan te twyfel nie, maar jy kan dalk glo God gaan jou nie help nie; God wil jou nie help nie; of God is nie lief die jou nie, omdat jy jou eie gevoelens vertrou; omdat jy jou omstandighede vertrou; omdat jy jou gesonde verstand vertrou; omdat jy jou eie diskresie vertrou. Geen kennis is sonder vertroue nie. Want jy kan nie alles wat jy weet eerstehands verifieer nie. Bv., jy lees dit op die internet. Vertrou jy die mense wat die Wiki artikel geskryf het? Is hulle volkome objektief? Jy moet ander mense vertrou. Wie vertrou jy? Die media? Die koerante? Die sekulêre wetenskap? Kritici van die Bybel? Of vertrou jy in die geopenbaarde Woord in die Bybel en in jou lewe? Die geloof waarvan die Bybel praat is dus nie dit wat ons vandag van geloof gemaak het nie. Dit het niks te doen met of jy glo God bestaan, of of jy glo die Bybel is die waarheid nie. Dit het alles te doen met vertroue! Dit het te doen met in wie of in wat jy jou vertroue stel, en aan wie of in wat jy jouself toevertrou. So wat is Bybelse geloof? [Dis belangrik om geloof reg te verstaan t.o.v. geloofsekerheid] Dit is om geen vertroue in jouself en jou eie vermoëns te stel om by God uit te kom nie. Dit is om geen vertroue in jou eie heiligheid of jou eie pogings om vir God te lewe, te stel nie. Bybelse geloof is om alle vertroue om jouself te red, pryse te gee, neer te lê en volledig op God te vertrou en jou op God se volkome werk in Christus te verlaat. As jy voel dat jou geloof een of ander werk of prestasie is, gaan jy ook nooit geloofsekerheid hê nie, wat jou eie pogings gaan altyd te kort skiet. Die gedagte van vertroue kom baie meer voor in die OT as geloof (bv. Ps 4:6; 9:11; 13:6; 21:8; 26:1; 31:7,15). In die Nuwe Testament word geloof dikwels beskryf as iets met bepaalde inhoud, byvoorbeeld geloof dat die Vader in Jesus is en hy in die Vader (Jh 10:38; 14:10-11), geloof dat Jesus die Christus is (Jh 11:42; 20:31; 1 Jh 5:1) of dat Hy die Seun van

God is (1 Jh 5:5), geloof dat Jesus gesterf en opgestaan het (1 Tess 4:14), geloof dat Hy [God] n beloner is van die wat Hom soek (Heb 11:6) of geloof dat God één is (Jak 2:19). Maar baie van hierdie geloofsinhoude hang saam met vertroue in Christus se eie aansprake of vertroue in die betroubaarheid van die evangelie. Geloof in Christus kom dus heelwat meer voor in die Nuwe Testament en is veral prominent in die Evangelie volgens Johannes (Jh 3:16,18,36; 6:29,35,40,47; 7:38,39, ens.). Geloof in Christus hang saam daarmee om Hom te vertrou en jouself volledig aan Hom toe te vertrou. Die komponent van vertroue is dus integraal deel van die Griekse werkwoord vir geloof (pisteuô). Volgens die groot Bauerleksikon wat deur F. W. Danker hersien en opgedateer is (Danker 2000:816-818), kom pisteuô in die volgende betekenisse voor (klem bygevoeg): (1) om iets as waar te beskou en daarom waardig te ag om vertrou te word, (2) om jouself met volle vrymoedigheid toe te vertrou aan n entiteit, (3) toevertrou, (4) om oortuig te wees van, en (5) om iets (as moontlik) te beskou. By al die betekenismoontlikhede lys die Bauer-leksikon feitlik al die tekse waar hulle meen n woord in daardie betekenis gebruik word. Daar is slegs een teks wat gelys word onder betekenis (4), Romeine 14:2, maar dis onseker, want dieselfde teks word ook onder betekenis (5) gelys saam met slegs twee ander tekste (Jh 9:18 en Hd 9:26). Pisteuô word egter verreweg die meeste gebruik in betekenisse (1) tot (3), met die meeste teksverwysings wat lê onder betekenis (2). Dieselfde tendens is te bespeur in Louw en Nida (1988) se leksikon. Hulle lys 4 semantiese subdomeine onder die werkwoord pisteuô waarvan slegs een (31.102) nie n eksplisiete komponent van vertrou of toevertrou bevat nie. Die Bybelse pisteuô het dus baie meer met vertroue te doen as met dit wat ons vandag onder glo vertstaan. 5. Bekering is n voorvereiste vir wedergeboorte Hand 2:38-39 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (39) Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. (vgl. Hand 3:19; Mat 3:2) Bekering = μετανοε ω (ww.) = om jou gedagtes te verander ( to change your mind ). of μετα νοια (nw.) = n verandering van gedagtes ( a change of mind ). Bekering gaan saam met ware geloof (geloof wat vertroue is). 2 Kor7:10 Want die droefheid volgens die wil van God werk n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood. Dit is n ander soort droefheid as wêreldse droefheid. Wêreldse droefheid is op jouself gemik: jou probleme, jou seer, jou verlies (= pity party of dronkverdriet) Droefheid volgens die wil van God is wat God se Gees in jou werk om jou eie verdorwenheid, sondigheid en verwydering van God te besef. Dit gaan dus saam met n openbaring van wie God werklik is en om jouself te sien vir wie en wat jy werklik is in die lig van God se lig.

Hand 9 = Paulus se Damaskus-ervaring. Bekering is dus die openbaring wanneer jy vertroue in jouself tot niet verklaar en jou verlaat op God se soenverdienste en Sy genade in Christus. As jy vertroue in jou eie menslike vermoëns neerlê, gaan dit daarmee saam dat jy nie primêre vertroue stel in jou eie denke en jou eie insig nie, maar toelaat dat God se Gees jou gedagtes voortdurend vernuwe. Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. (2) En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. (3) Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4 elemente in bg. teks: Vernuwing van denke. Nie my wil nie, maar God se wil. Ek steun op God se genade, nie my prestasie nie. Om nie meer te dink van jouself as wat jy behoort te dink nie. Jy kan nie jou denke laat vernuwe as jy steun op jouself, jou eie vermoëns, talente, gawes, intellek, prestasies of goeie werke nie. Jy moet breek voor God! Jy moet toelaat dat God jou bring tot droefheid volgens die wil van God, sodat jy alle vertroue in jouself kan neerlê deur Sy genade! Dit lei tot onberoulike bekering. α μεταμε λητος = unrepentant ; waarvan jy jouself nie kan bekeer nie! Onomkeerbaar! Vernuwing van denke is dus nie n soort positive thinking nie. Dit is nie n tegniek waarby jy jouself breinspoel om al beter te dink nie. Dit is juis om negatief oor jou eie denke te dink, dit voortdurend neer te lê, en God te vertrou om jou gedagtes voortdurend te vernuwe. Dit is om self minder te word dat Hy kan meer word. Bekering, hoewel dit n voorvereiste vir wedergeboorte is, hoef nie n eenmalige gebeurtenis te wees nie. Want mens word telkens in jou geestelike lewenswandel gekonfronteer met jou eie hart en jou eie motiewe. God bring mens dikwels tot n besef van jou eie gebrokenheid en afhanklikheid. Soms gaan ons voort om ons eie denke en ons eie planne voorop te stel, al is ons wedergebore. Dan moet God jou telkens bring tot by n punt van droefheid en afhanklikheid dat jy kan breek voor die Here, jy alles weer kan neerlê, dat die dood van Christus deur jou kan werk om die vrug van nuwe lewe te dra.

Vgl. Joh 12:24-25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. (25) Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. Bekering is n lewens-ingesteldheid en manier van lewe waarin jy jou eie lewe (jou eie belange, planne, jou self-lewe) haat en volledig jouself op God se getrouheid, Sy genade en Sy werk in jou verlaat. Geloofsekerheid? Geloofsekerheid is nie n kwaliteit wat jy in jouself moet soek nie. Want jy gaan teleurgesteld in jouself wees. Jy gaan nooit goed genoeg wees nie. Dis een van die grootste probleme met geloofsekerheid. Geloofsekerheid kom wanneer jy vertroue in jouself en jou eie vermoëns en prestasies neerlê. Dis wanneer jy sterf in jouself, of te wel, wanneer jou kruisiging saam met Christus n realiteit word in jou lewe, sodat jy nie meer leef nie, maar Christus in jou (Gal 2:20). As jy sukkel met geloofsekerheid, moenie bid vir n soort bestanddeel wat God in jou lewe moet byvoeg nie. Bid vir droefheid volgens die wil van God. Bid dat jy jou eie gebrokenheid en afhanklikheid kan raaksien. Bid vir n openbaring van wie God werklik is, en vir wie jy werklik is. Geloofsekerheid ontspring uit leegheid, gebrokenheid en afhanklikheid. Want dan kan jy nie enige vertroue in jouself stel nie, dan moet jy al jou vertroue in God en sy Gees stel. Lees geloof as vertroue : 1 Joh 5:10-13 Wie in die Seun van God glo [vertrou], het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie [nie sy vertroue in God plaas nie en by implikasie in homself vertrou], het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo [vertrou] het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. (11) En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. (12) Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. (13) Dit het ek geskrywe aan julle wat glo [julle vertroue stel] in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo [julle vertroue kan stel] in die Naam van die Seun van God. Geloofsekerheid is dus die teenoorgestelde van vertroue in jouself, maar volledige vertroue in God. As jy dus sukkel met geloofsekerheid, bid vir meer wantroue in jouself en groter vertroue in God.

Jy sal weet waar jou vertroue lê. Jy sal weet as jy afhanklik van God is (arm van gees). Jy hoef dan nie vir geloofsekerheid te soek of daarvoor te werk nie. Jy sal bewus wees van jou eie afhanklikheid en jou vertroue volledig op God stel. Geloofsekerheid is dus nie bloot n kaartjie wat jy kry hemel toe nie. Geloofsekerheid gaan saam met voortdurende wantroue in jouself en vertroue op God wat God se Gees in jou werk as jy Hom toelaat.